
5 minute read
Grondgesondheid
Die kwaliteit van alle lewe op aarde, ingesluit onsself, hang af van die kwaliteit van die bogrond. Alle lewe begin by die son. Chemiese kunsmis bevat meestal geen koolstof en geen energie nie. Die energie wat reeds in die grond is moet dus gebruik word om voedsel beskikbaar te stel aan plante. Plante wat onnatuurlik gevoed word het tot die gevolg dat dit dramaties swak weerstandig is teen insekte en siektes. Hoe swakker die plante is hoe meer chemiese middels moet gebruik word, hoe meer word die organismes in die grond vernietig. Gevolglik sterf die grond (Slaan toe) Die aarde bestaan uit 30% droë grond waarvan 11% geskik is vir landbou. Vrugbare bo-grond is die resultaat van ontbinde organiese materiaal wat koolstof tot die grond byvoeg Die kwaliteit van die grond bepaal die kwaliteit van die lug wat ons inasem, die water wat ons drink en die kos wat ons eet. ‘n Studie het bewys dat gemeenskappe uitgesterf het as gevolg van grond wat uitgeput raak. Landbou is vandag in die moeilikheid omrede meeste grond se organiese inhoud ver onder volhoubare vlakke is. Organiese vlakke behoort 3 tot 5 persent en tot so hoog as 8 persent van die gewig van die grond te wees. Grond verswak as gevolg van: • Sonlig op ontblote grond. • oor gebruik van hoë hoeveelhede N-P-K kunsmis. • die omploeg van grond het veroorsaak dat die mikrobes en organiese materiaal verlore geraak het. • Kunsmis bevat kalk en soute wat die organismes in die grond vernietig. Wanneer die plante deur insekte aangeval word, gebruik ons insekdoders, dit beland in die grond en vernietig alle lewe waarmee dit in aanraking kom. Plante versamel koolstof dioksied uit die lug en stel suurstof vry. Dit laai of verbind dan die koolstof met ander elemente en energie van die son om sodoende koolhidrate te produseer. Die koolhidraat energie wat deur plante vervaardig word is die enigste manier wat die son energie deur mens en dier benut kan word. Data wat oor ‘n langtermyn deur die Rodale Instituut in die VSA versamel is het bewys dat organiese boerdery baie meer suksesvol is om koolsuurgas uit die lug te versamel en neer te lê in die grond. Organiese boerdery het dus die gevolg dat koolstof spoedig in die grond op gebou word. Landbougrond met ‘n hoë organiese inhoud kan 100 – 150 mm reën per uur absorbeer terwyl chemiese landerye slegs 18 – 25 mm kan absorbeer. Hoekom skakel meer boere nie oor na organiese boerdery nie? Die antwoord is “verandering” ons is bang vir verandering. Sê nou net dit gaan nie werk nie. Dit is ‘n nuwe veld vir my wat ek nou eers sal moet bestudeer. Wie gaan my raad gee? Waarom is dit noodsaaklik om oor te skakel na organies toe. 1. Dit verbeter grond gesondheid en die algemene produksie van die plante wat verbou word. Die feit dat dit nie giftig is nie of dat die minimum gifstowwe gebruik word bevoordeel die goeie insek- te, voëls, akkedisse, paddas, erdwurms en mikro organismes in die grond. Onthou, slegs een tot twee persent van insek spesies is skadelik. 2. Dit is koste effektief. Ons doen graag verslag oor ‘n gesprek wat ons met ‘n boer van Thabazimbi gehad het gedurende 2018. Hy is ‘n besproeiings boer wat 2,700 hektaar lande bewerk waarop hy koring, sojabone en mielies verbou. Hulle was toe in hulle vierde seisoen van organiese bemesting. Niks behalwe die oes self naamlik die koringkorrels, boontjie en mieliepitte word van die lande verwyder nie. Alle plantreste word terug geploeg verder voeg hy twee m³ kompos per hektaar by. Hy het reeds agter gekom dat dit nie die ideale resep is nie, aangesien die ontbindingsproses stikstof bind en eers na die plantdele klaar afgebreek is word dit weer vrygestel. Hy beplan nou om eers kompos van die plant reste te maak voor dit op die lande ingeploeg word. Ongeag die foute wat gemaak is kon hy na slegs drie seisoene die volgende aanteken; • Die kompos deurlug die grond, plante het ook in die grond suurstof nodig. • Die bewerking van die grond is baie makliker. • Die water houvermoë van die grond het soveel verbeter dat die besproeiing met soveel as 15 tot 20% verminder is, gevolglike groot besparing. • Die toediening van Natrium is verminder van 140 na 100 kilogram per hektaar. ‘n Besparing van 40 Kg @ R 12.00 per kilogram = R 480.00 X 2700 hektaar = R 1,296,000.00. • Diesel verbruik het verminder van 65 liter na 12 liter per hektaar per seisoen. Dit is die gevolg van ander implemente wat gebruik kon word (sagter grond), minder kunsmis toedienings (daar word nog steeds wel kunsmis toegedien). Die trekker werk nie so hard nie aangesien die grond sagter is. Minder onkruid en siekte bestryding word gedoen aangesien die plante meer bestand is. Hierdie besparing beloop 53 liter per hektaar @ huidig ± R 13.37 per liter = R 708.61 X 2700 = R 1,913,247.00 per seisoen. Elke jaar wat organies geboer word behoort die besparing te verbeter. 3. Dit bespaar tyd. Aangesien minder gif bespuitings nodig is word tyd bespaar. 4. Minder siek en insek besmette plante kom voor. Nitraat en sout bevattende chemiese kunsmis en insekdoders is skadelik vir die omgewing veral vir die organismes in die grond. 5. Plante is meer stres bestand. Plante wat in humus ryke grond groei is meer stres bestand soos bv. Hitte, koue, te veel of te min water of ander ongewone weersomstandighede. Mikro elemente kom in groot getalle voor in humus ryke grond en dit help met stres beheer. Organies gekweekte plant het groter en dieper wortel stelsels. 6. Dit verbeter die smaak van voedsel soorte. Dit is dood eenvoudig, eet van die organies verboude voedsel en proe self. 7. Die ekosisteem baat daarby. Alle plant materiaal word ge- hersirkuleer en die natuur en die boer baat daarby. Natuurlike organiese kompos stimuleer mikro organismes, wat op hul beurt weer gifstowwe soos insekdoders, oortollige soute en swaar metale in die grond verwerk en neutraliseer.
Organiese boerdery is ‘n nuwe avontuur. Die rede hoekom mense weerstand bied teen verandering is omdat hulle fokus op dit wat hulle moet prysgee, in plaas van op wat hulle gaan wen.- Rick Godwin
Advertisement
Hierdie notas is ‘n uittreksel uit die boek: “Organic Management for the Professional” by Howard Garrett, John Ferguson, and Mike Amaranthus