1 minute read

VLU Nuus

Next Article
Grondgesondheid

Grondgesondheid

Elma Human - Skakelbeampte

Green Olive Kwekery – Bome van die jaar

Advertisement

Gerrit Lategan, bestuurder van Green Olive Kwekery, het vir ons die bome van die jaar nl. die Kannabas of ook bekend as die Pompom tree en die Afrikaanse wattle gewys en ook vertel hoe om groot bome vir spesifieke tuine te kies en hoe om hulle te plant. Hy het ook genoem watter bemesting- en gifstowwe gebruik kan word. ‘n Goeie boereraat was om 1 eetlepel Pinegel op 5liter water te meng en dit op plantluise, krieke en wurms te spuit. Dit kan ook op die Clivias gebruik word. Teesakkies en melk is goed vir varings en pers spirits kan op cochineal gespuit word. Beenmeel, sowel as bloedmeel kan by die kwekery aangekoop word.

Foto: Mary Ann du Preez, Gerrit Lategan en Petrina van Niekerk, wat ‘n Kannabas vir haar tuin aangekoop het.

Pratley-uitstappie

‘n Groep dames van die omliggende VLU takke het in Julie 2022 ‘n heerlike en leersame uitstappie na die Pratley fabriek in Krugersdorp onderneem. Dames het kennis gemaak met die Kraft-produkte en geleer om daarmee te werk. ‘n Voltooide skinkbordjie en plekmatjies was gemaak. Wat ‘n wonderlike dag, wat absoluut gratis aangebied was!

Groepsfoto van dames uit verskeie takke

This article is from: