
3 minute read
Redaksiebrief
REDAKSIELEDE Hanna Scribante - Voorsitter 083 417 4699 Suzette Pëtersen - Sekretaresse 081 780 0426
De Wildt Helpmekaar Maatskappy Adéle du Toit - 071 843 8185 Douw van Wyk - 079 424 7411 Elmien Botha - 082 899 7417 Suzette Pëterson - 081 780 0426
Advertisement
De Wildt Boerevereniging Hanna Scribante - 083 417 4699 Phil Louw - 082 335 5910
De Wildt VLU Elma Human - 082 500 4066
Addisionele lede Jan Lemmer - 083 256 8266 Rina Bester - 071 110 6907
Laerskool Vissershoek Lee-Ann Rossouw - 073 817 0323
Drukker: Brits Drukkery 012 252 1370/7148 Epos orders@britsprint.co.za
Bankbesonderhede: ABSA spaarrekening 9235498972 Verwysing: DWN + advertensienaam
. Epos betalingsbewys info@dwn.dwhm.co.za
Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite.
De Wildt Nuus
Kontakpersone vir advertensies en grafiese ontwerp: Suzette Pëterson - 081 780 0426
Advertensie-ontwerp: R100 Veranderings op bestaande advertensies: R50 ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR
Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie.
Liewe lesers Hierdie uitgawe bring ons alweer nader aan die einde van nog ‘n jaar. ‘n Jaar wat so vining hardloop soos ‘n veldbrand. Die somer is op hande en hopelik word ons geseën met vroeë en baie reën. Intussen is dit nog brandseisoen met ‘n brandverbod. Daarom doen ons asseblief ‘n beroep op alle inwoners om nie asgate te brand nie. Brandpermitte word tans glad nie deur die BBV toegestaan nie.
In die verlede was daar selfs gedurende Oktober en November maande verwoestende brande – selfs huise het in die slag gebly. Dankie sover aan die BBV en die WOF span asook bereidwillige inwoners vir die harde werk met die blus van hierdie seisoen se brande. Julle word waardeer.
Ons wil ons lesers daarop wys dat die De Wildtnuus-redaksie nie joernaliste is nie. Ons ontvang bydraes, verwerk dit soms en proeflees dit, maar plaas dit sover moontlik soos ontvang. Dit is dus ook nie in ons vermoë om ondersoekende bydraes te lewer of om werklik in diepte op te volg wanneer daar in sulke bydraes of briewe vrae gevra word nie. Ons nooi egter mede-inwoners uit om, waar u weet wat die antwoorde is, dit in ‘n eie bydrae aan ons te stuur vir plasing
‘n Woord van dank aan almal wat bydraes gelewer het vir plasing in hierdie uitgawe asook aan al die adverteerders.
Die volgende De Wildtnuus verskyn die begin van Desember en die keerdatum vir artikels en advertensies is Vrydag 18 November.
Groete tot volgende keer. Hanna Scribante, namens die redaksie
Organisasies span kragte saam vir alternatiewe elektrisiteitverskaffing
Groep organisasies in die landbou-, werkgewers-, kleinsake- en burgerlike spasies, het saamgespan om die spesiale ruimte wat President Cyril Ramaphosa aangekondig het om alternatiewe elektrisiteitverskaffing te stimuleer en die belas- tingintensiewe wat vir die doel geskep is, gekoördineerd te benut. TLU SA, SAAI, Neasa en Agri X gaan die massa-projek fasiliteer. Dit bevorder nie ‘n spesifieke diens, finansiering of hardeware verskaffer nie, maar stel ‘n spyskaart van opsies voor wat elk sy unieke geleentheid bied. Die opsies is aanlyn beskikbaar en word verbreed namate meer geakkrediteerde leweransiers beskikbaar word. Onbetroubare elektrisiteitsvoorsiening van Eskom is een van die grootste struikelblokke in die mededingendheid, volhoubaarheid en winsgewendheid van boere, ondernemings en bedrywe in Suid-Afrika. Suid-Afrika se ekonomie kreun onder die ondoeltreffendheid van Eskom. Dit is egter moontlik om teen mini- mum, of self geen eie kapitaal nie, binne die raamwerk van die staat se insentiewe sonkrag op groot skaal uit te rol en aan huishoudings, besighede, nywerhede en plase te verskaf. - www.sonsa.co.za
Dankie aan ons adverteerders en hul ondersteuners
Voorblad in kleur R1265.00 Agterblad in kleur R1125.00 Volblad binne in kleur R 950.00 Volblad binne in swart en wit R 665.00 Halfblad binne in swart en wit R 385.00 Kwartblad binne in swart en wit R 290.00 Agste blad binne in swart en wit R 200.00
Nuwe De Wildt Nuus Bankbesonderhede:
ABSA spaarrekening 9235498972 Verwysing: DWN + advertensienaam