3 minute read

TLU SA Kongres

Next Article
Redaksiebrief

Redaksiebrief

TLU KONGRES 2022 Die Scribantes!

Advertisement

’n Posduif sou De Wildt dalk oorgesteek het sonder om die nuus af te lewer, maar te voet sou jy nie anders kan as om De Wildt en sy mense raak te kyk nie. ‘n Ongewone plek met gewone mense, maar ook met sy buitengewone mense. So is die Scribantes! Beide Wannie en Hanna, inboorlinge maar ook staatmakers van formaat wie se getuienis nuuswaardig is. Hulle is daarvoor bekend: hulle slaan self die hand aan die ploeg en doen. Wannie is nie net vir ‘n derde termyn as Visie-President van die TLU SA verkies nie, maar is ook bekroon met die toekenning as TLU se Landboupersoonlikheid van die Jaar. Hanna daarenteen is die toonbeeld van ‘n vrou agter elke man, wat ook haar man kan staan en dinge laat gebeur om sodoende ‘n blywende verskil te maak. Deur haar toedoen is De Wildt Boerevereniging bekroon met die toekenning vir die uitdra van TLU SA se beeld in die media, plaaslik en verder. Salomo het gesê: “Wie sy grond bewerk, sal met brood versadig word”. Ons beker loop oor van trots en dankbaarheid vir sulke toewyding onder ons mense. Veels geluk!!

TLU SA-wenners 2022

Die jaarlikse wenners van die verskeie uitdagings en kompetisies is aangekondig tydens die kongres:

Goliat van Gat Pampoenkompetisie Trofee: Wikus Lambrecht van Meyerton, 846kg ;

Kiepersol Trofee vir die Boere-unie van die jaar:

Roedtan-Suid-boerevereniging;

Willie Marais Trofee vir die beste kommunikasie oor

TLU SA se boodskap en landbou: De Wildt Boerever- eniging;

TLU SA Landelike Veiligheid Trofee: Individuele wenner:

Jaco Taute van Losberg-boereunie;

Commondale Trofee vir Beste Boerevereniging:

Roedtan-Suid-boerevereniging ; Presidentsbeker vir Jongboer-betrokkenheid: Neels Uys van Suikerbos-boereunie; Isaac Greenberg Beker vir die Beste Streek: Sentraal-streek met Derick Kuün as Streekvoorsitter en Lynette du Plessis as streekbestuurder;

Die Nico Kilian Trofee vir die Landboupersoonlik-

heid van die Jaar 2022: Wannie Scribante, TLU SA Adjunk-president. Jongboer van die Jaar: Daniël Opperman van Naboomspruit.

SAKELIGA KRAGDAG 2022

Van 11 tot 13 Augustus 2022 is die 13e Sakeliga Kragdag op die Diamantvallei Landgoed-terrein sowat 20 km oos van Pretoria aangebied. Die Kragdag-ekspo se getal uitstallers het sedert verlede jaar se Ekspo met 23 % gegroei, van 470 ondernemings tot 580 vanjaar. Soortgelyk het die bywoningsyfer met 47% gegroei van 21 000 tot 30 900 vanjaar. Die meting van sukses in die wêreld waarin ons leef, word te dikwels gereduseer tot getalle. Veel belangriker vir Kragdag is die impak wat die ekspo maak om binne die konteks van ons Skepper se kultuuropdrag mense te inspireer om met kreatiwiteit self verantwoordelikheid te neem vir hulle gesinne se lewens, hulle toe te rus met oplossings om ‘n lewe van selfbevrediging en staatsbestandheid te leef en om deur entrepreneuriese transaksies beide verkopers van tegnologie en die kopers beter toe te rus. Vanjaar se ekspoleuse was “Soms vlug, soms ingrawe... maar altyd bou!” Soos die Kragdag se leuse sê: “Doen jou eie ding! – dit is ‘n leefstyl.

DIE LANDBOU SUBEKSPO IN SAMEWERKING MET TLU SA :

Die landbou subekspo is vanjaar die derde keer aangebied en het tot meer as 100 uitstallers gegroei. Daar was ‘n arena en skouprogram, asook ‘n hoenderuitstalling. As gevolg van die uitbraak van bek-en-klouseer kon geen beeste tentoongestel word nie. In samewerking met Soldariteit Helpende Hand is die eerste Kou- en Kunsmark aangebied waar ‘n groot verskeidenheid handgemaakte produkte verkoop is. Volgende jaar se Kragdag word DV na 4 dae verleng en sal plaasvind van 9 tot 12 Augustus 2023. Hou solank hierdie datums oop.

This article is from: