2 minute read

Wat om te sien in De Wildt

Rina Bester

Mystical Woods

Advertisement

Een van die venues in ons omgewing waar jy letterlik enige dag jou funksie kan hou, is Mystical Woods by afrit 100 op die R513. Op hulle Facebook blad staan die volgende: “On the Northern slope of the majestic Magalies mountain is a mystical place hidden away, where dreams and fairytales come together.” Tienie Louw en haar bekwame span maak seker dat elke bruid se drome bewaarheid word op haar groot dag. Daar is n keuse tussen twee kapelle en ook akkommodasie beskikbaar op die terrein. Gaste word bederf met n 3-gang maaltyd en geen moeite word ontsien met die dekor en tafel versierings nie. Hulle kan van 30 tot 300 gaste hanteer met n funksie. Hulle maak ook van die dienste van plaaslike entrepreneurs gebruik soos bv fotograwe en koekbaksters. Behalwe vir troues bied Mystical Woods ook gereeld musiek vertonings aan wat goed ondersteun word deur plaaslike inwoners. Die terrein is rolstoel vriendelik. Kontak Mystical Woods gerus op info@mysticalwoods.co.za of 065 1689926 vir kwotasies of meer inligting. Besprekings vir 2023 is reeds oop

Binary Brew Worx

Binary Brew Worx hier op die R513 afrit 23H is bekend vir hulle ongewone craft bier en lekker kos oor naweke. Jakes en Elbie Louw se belangstelling om bier te brou het al ‘n hele klompie jare gelede begin en het tot gevolg gehad dat hulle ‘n pragtige venue met n verhoog ontwikkel het wat baie gewild is onder 4x4 entoesiaste en motorfietsryers. Hulle stal hul produk ook gereeld uit op landswye craft bierfeeste. Hulle het gereeld bekende sangers wat optree en is baie betrokke met projekte wat hulle ten bate van liefdadigheid aanbied. In Maart op International Women’s Brew Day het n klompie plaaslike vrouebrouers n bier gebrou by Black Horse wat hulle laat verouder het en op 9 Augustus op Nasionale Vrouedag op tap gesit vir Vrouemaand. BBW het maar R25 per pint gevra en met donasies en die verkope R3000 uit een keg gemaak wat hulle skenk aan POWA (People Opposing Women’s Abuse). Op Saterdag 3 September was BBW deel van die SPAR’s Petals Project, in samewerking met verskeie liefdadigheidsinstansies. Met hierdie “beer walk” het Melisha van Staden en Suzette Pëterson elkeen met ‘n prys weggestap. Daar was n spesiale halfwegstasie om deelnemers te verkwik en seker te maak almal voltooi die afstand. Die geleentheid sal beslis weer in 2023 plaasvind. Besoek hulle gerus op naweke of gaan loer op Facebook of besoek https:// binarybrewworx.co.za vir n plaaslike brouery met ‘n verskil

This article is from: