InRat 15 Desember 2013

Page 5

4 InRat

15 Desember 2013

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuus Motoriste wat dieselkarre ry, kan gerus ’n bietjie moeite doen om vulstasies te vind wat die nuwe 10 ppm ­diesel verkoop. Dit verleng enjins en inspuiters se leeftyd en maak enjins dus betroubaarder. Dit laat ouer enjins ook soggens makliker vat en verminder besoedeling | FOTO: SASOL

Sasol eerste met superskoon diesel

S

asol het vir ’n aangename verrassing gesorg met sy aankondiging dat Suid-Afrikaners binnekort hul dieselvoertuie met nuwe Sasol turbodiesel 10 ppm Ultra-Lae Swael (ULS) kan vol maak. Die verskaffing van hierdie superskoon dieselbrandstof het reeds begin en 78 Sasol-vulstasies in Gauteng en Mpumalanga het reeds hul 50 ppm- met nuwe ULS 10 ppm-diesel vervang. Oor die volgende vyf maande sal dié getal tot ongeveer 245 vermeerder, gevolg deur landwye beskikbaarheid. Maar waaroor die bohaai? Tot dusver het die skoonste diesel wat vrylik in ons land verkoop word, ’n maksimum van 50 partikels swael per miljoen partikels brandstof bevat, vandaar die partikels-per-miljoen (ppm of gram per liter) -telling. Dit was reeds ’n groot verbetering op diesel met 500 ppm, wat ons sedert 2002 plaaslik kon kry, op sy beurt weer ’n enorme verbetering op die 3 000 ppm diesel wat voor 2002 die norm was. In die verlede was die hoeveelheid swael in ons diesel nie van groot belang uit ’n enjinvervaardiger se oogpunt nie. Die oormaat swael het selfs gehelp om die inspuiter-pompe se smering te verbeter – ’n funksie wat in laeswael-diesel deur bymiddels vervul word. Die nadeel van ’n hoë swaelinhoud is dat swael in die enjinolie beland waar dit sure laat vorm wat die enjin se binnegoed vreet. Verder het swael se teenwoordigheid (en die primitiewe inspuitstelsels van ouer enjins) die uitlaatgasse so besoedel dat daar geen hoop was dat partikel-filters en katalitiese omsetters die uitlaatgasse skoner sou kon maak nie. Dit is hoekom ou dieselenjins meestal deur ’n rookwolk gevolg word. Gelukkig het moderne dieselenjins tegnologie wat hul uitlaatgasse al hoe skoner maak, hul werkverrigting verbeter, hulle stiller en gladder laat loop en al hoe minder brandstof gebruik. Partikel-filters, katalisators, drukbuis-inspuiterstelsels en elektroniese enjinbeheer sorg vir ingrypende verrigtingsverbeterings. Die presiesheid (toleransie) waarop die inspuitstelsel se onderdele staatmaak, vereis egter die skoonste moontlike brandstof vir ’n lang enjinlewe en optimale verrigting. Dit het gelei tot die beskikbaarheid van ULS- (Ultra Lae Swael) diesel. Die implikasies van wye ULS 10 ppm-beskikbaarheid is verreikend. Selfs al sou die belofte van dieselenjins wat soggens makliker vat en skoner uitlaatgasse uitblaas, moeilik wees om te bewys, baan ULS ook die weg na SuidAfrika vir die jongste generasie dieselenjins. Dit beteken dat ons vinnige, brandstofdoeltreffende glansmodelle soos die BMW 125d, Golf GTD en MINI Cooper D op ons paaie kan sien, terwyl ons ouer dieselmodelle langer en beter sal kan aanhou draf. Maar wees gewaarsku: omdat die dieselprys nie gereguleer word nie, sal kopers steeds daarby baat vind om vulstasies se pryse vir ULS 10 ppm te vergelyk. Boonop wou Sasol nie sê hoeveel meer hulle die vulstasies vir 10 ppm as die ou 50 ppm gaan vra nie. – Martin Pretorius


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.