Rapport InRat 29 Junie 2014

Page 1

InRat

5

Infiniti Q50 bring hope truuks

Is die WRX goed genoeg om die Golf R te klop?

4

3

Bylae tot Rapport

29 Junie 2014

Jaguar F­Type­koepee

Die Hyundai i10 het mooi grootgeword

V­Strom 1000 – lekker toerfiets versigtig vir gruis

8

Rykes het ’n nuwe kuur 5


2 InRat

29 Junie 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

InRat Redakteur Justus Visagie E­pos: justus.visagie @media24.com Tel: 021 406 3226 @ryveilig & @Rapport InRat

Hou dop

Advertensies Rowan Williams E­pos: rowan.williams @media24.com Tel: 011 713 9383 facebook. com/Inrat

Ou motors vra deeglike huiswerk N

amate ons ouer word, verlang ons al hoe meer terug na die rygoed van ons jeug. Diegene wat met hope geld aftree se oë dwaal na Britse, Italiaanse en Amerikaanse heldemotors van weleer. InRat is onlangs deur ’n prokureur geraadpleeg nadat haar kliënt Ben ’n klassieke Austin Healey vir R270 000 by ’n handelaar gekoop het. Toe hy eindelik besit van die motor neem, was als nie pluis nie. Daar was onder meer ’n “vibrasie teen hoë spoed” en afwesige onderdele soos die seiltjie. Ná vyf maande van beloofde herstelwerk wil Ben hof toe as hulle nie sy geld teruggee nie. InRat het gaan kers opsteek by Gareth Crossley van Crossley & Webb, ’n Kaapse onderneming wat skaars en eksotiese motors verkoop en kliënte ad­ viseer wat sulke rygoed as beleggings wil aanskaf (nee, die 2012­model BMW 335i wat jy wil koop, is nie ’n belegging nie). “Dis jammer, maar as Ben ’n Healey in ’n beter toestand wou gehad het, moes hy meer betaal het,” sê Crossley. Hy sê die handelaar by wie Ben gekoop het, verkoop die meeste van sy motors sonder ’n padwaardigheidsertifikaat. Volgens Cross­ ley word ’n Austin Healey soos Ben s’n wat in ’n goeie toestand is, vir tussen R500 000 en onge­ veer R900 000 verkoop. Die R270 000 is dus markverwant vir die (onpadwaardige) toestand waarin Ben s’n is. Gevolglik het Ben enkele opsies. Een van hulle is om hof toe te gaan, met die gepaardgaande koste en frustrasie. ’n Ander is om die motor te gaan haal en deur ’n spesialis te laat herstel. Dit mag Ben dalk R100 000 kos, maar dan het die motor potensieel heelwat waarde en sy droom om so ’n Healey te besit, het waar geword. Die storie het later gelukkig geëindig toe die handelaar Ben se geld teruggegee het. Crossley het die volgende wenke vir voornemen­ de eienaars van klassieke motors: Doen navorsing daaroor, al is dit dan net om vas te stel wat jy behoort te betaal. Die Amerikaanse webtuiste Hagerty.com is net een van talle nuttige bronne. Ry die motor voordat jy hom koop – iets wat Ben nie gedoen het nie. Daarby voeg InRat: Moenie die verkoopsman se woord vat as hy sê die motor is padwaardig nie. Dring aan op die sertifikaat. Leer ken die lede van die relevante eienaarsklub. As jy byvoorbeeld ’n klassieke Benz wil koop, maak vriende met die Benz­klub of sluit aan. Moenie dat verliefdheid op ’n motor jou blind maak nie. Luister na jou verstand. ; In die vorige uitgawe van InRat het ons die verkeerde leidrade by die blokraaisel gepubliseer. Om te vergoed daarvoor is daar dié maand twee pryse: ’n pragtige baadjie van Suzuki en die Medibox­noodhulptas. ; Sara Walters en Alwyn Carstens het elk ’n eksemplaar van die motorfiets­avontuurboek Ridders van die grondpad gewen.

Lekker kompetisie kom! Omdat die Hilux binnekort sy 45ste jaar in Suid­Afrika gaan vier, beplan Toyota ’n spul aktiwiteite, feesvierings en verras­ sings. InRat werk aan ’n digitale kompetisie waarmee lesers lekker pryse kan wen. Ons sal jou volgende maand meer hier­ van vertel. Lees en bêre die Hilux­artikel op bladsy ses, want jy gaan dit nodig kry om ons digitale Hilux op ’n wêreldreis te neem.

KopKrap lSuzuki­blokkiesraaisel #6

Gebruik die letters in die gekleurde blokkies om die naam van een van Suzuki se motors te vorm

Leidrade Dwars 3 – Haastige voertuig met ’n sirene en soms ook ’n rooi kruis (8) 7 – Beste prestasie (wat soms deur die Guinness­mense ge­ meet word) (6) 8 – Arabiese prins of regeerder (4) 10 – As dit na drank ruik ter­ wyl jy bestuur, soek jy moeilik­ heid! (4) 11 – Stukkie materiaal (6) 13 – Al is daar ’n asbakkie, laat min mense jou toe om dit 1

2

Verskaf deur XWord.co.za

in hulle motor aan te steek! (7) 15 – Met geweld teen iets stamp (4) 17 – Met so ’n tenk sal jy nie ver kom nie (3) 18 – Ná ’n motorongeluk moet dit bepaal word (5) 19 – Ontevredenheid kenbaar maak (3) 21 – Dit hou jou nek warm as jy in ’n oop sportmotor ry (4) 22 – Gewigseenheid (afk.) (2) 25 – Ergernis (6) 27 – Skielike drang (6) 28 – Nie af nie (3) 29 – Weskoppies of Valkenburg (6)

3

4

5

30 – So beskryf ’n mens ’n man wat die motordeur vir sy geliefde oopmaak (6) Af 1 – Britse rockgroep wat kultus­ status bereik het, __ Heep (5) 2 – Smal opening (7) 3 – Voortreflikheid of uitmun­ tendheid (4) 4 – Ronde, dik maag (4) 5 – Geluid van ’n sirene (4) 6 – Amper mis (6) 9 – Kort nota (4) 12 – Wyk (4) 13 – Motors se afslaankappe was vir baie jare hiervan ge­ maak (4)

14 – As jy in hierdie Amerikaan­ se staat ry, moet jy maar seker maak jou verkoeler het ’n anti­ vriesmiddel in! (6) 15 – Om weer in Port Elizabeth te kan swem . . . (4) 16 – Deur krag uit te oefen laat beweeg (4) 18 – Vinnig na bo beweeg (6) 19 – As jy hier gekuier het, moet ’n vriend eerder huis toe bestuur (5) 20 – Inhegtenisneming (5) 23 – Plomp (5) 24 – Brett Murray het hom met sy gulp oop geskilder (4) 26 – Byna onhoorbaar (3)

6

7 8 10

11

13

9

12

14

15

Wen! Wen!

16

G

17 18 19

20

21

22

23

24 25

26

27

28 29

Die nuwe SX4, met die grootste laaispasie in sy klas.

30

NOW THA T’S

SX4life

Bespreek jou toetsrit www.SuzukiAuto.co.za

ebruik die letters in die gekleurde blokkies om die naam van een van Suzuki se motors te spel. SMS jou antwoord, jou naam en van voor of op Woensdag 2 Julie na 073 575 1774 (net een SMS per telefoonnommer). Deelname impliseer aanvaarding van die voorwaardes wat op aanvraag beskikbaar is van justus.visagie@media24.com. Die wenner ontvang ’n Explorer 4x4 Medibox (foto’s bo), wat ideaal is vir 4x4-geesdriftiges en motoriste. Dié sterk, kompakte, stofdigte noodhulptassie bevat eenvoudige noodhulpinstruksies en die inhoud is in netjiese kompartemente verpak. Daar sal ook ’n tweede wenner wees wat ’n lekker warm Suzuki-baadjie (foto bo) ontvang. Vir meer besonderhede bel J. Pretorius by 082 793 7174 of stuur ’n e-pos aan hom by info@medhealthkits.co.za. Besoek die webwerf medhealthcarekits.co.za vir meer inligting.


29 Junie 2014

InRat 3

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

Een vir kop en een vir hart ubaru WRX. Die naam skep herinneringe van blou tydrenmotors met goue wiele en reuse-drukvlerke wat uit ’n stofwolk gebrul kom, want tydrenne is in die WRX se gene. Die padmotors was amper net so stout en oordadig as die tydrenmotors, met luide uitlaatstelsels en ’n onbehoorlike vermoë om met ’n bergpas af te reken, danksy Subaru se simmetriese 4x4-stelsel. Vooruitgang is egter nimmereindigend. Subaru het jare laas amptelik aan tydrenne deelgeneem. Ook het kopers se verwagtings verander danksy motors soos die Volkswagen Golf R. Hierdie super-blitsbuks het bewys ’n vierwielaangedrewe verrigtingsmotor hoef nie ongerieflik of dors te wees nie. Die geheel nuwe WRX, wat pas plaaslik bekend gestel is, moet dus inpas by hierdie moderne behoeftes, maar sonder om te veel van die WRX se tradisionele waansin prys te gee. Die eerste groot verandering is in die WRX se neus, waar sy nuwe tweeliterbokserenjin danksy ’n turbo en direkte inspuiting glad en lief vir hoë enjintoere is. Hy gebruik 12% minder brandstof as sy voorganger, deels danksy ’n nuwe sesgang-handratkas. Die enigste nadeel van hierdie enjin is die afwesigheid van daardie klassieke platvier-geroggel: Die meeste wat die WRX laat hoor, is ’n bedeesde “wah-wroemp” tydens ratwisselings. Die Golf R is luidrugtiger as die WRX danksy vier uitlate wat brom soos ’n VR6 van ouds. Sy verrigting doen die uitlaatklank gestand, want hy loop dat dit klap. Sy wegspringbeheer, 206 kW en 380 Nm uit sy tweeliter-turbo-FSI-enjin en ’n sesgang-dubbelkoppelaar-outokas laat die Golf R in vyf sekondes verby die 100 km/h-merk blits. Die Subaru se 197 kW en 350 Nm kan eenvoudig nie byhou nie, maar 0-100 km/h in ses sekondes is beslis nie stadig nie. Die Subaru wen egter deur die draaie alles terug wat hy op reguit stukke pad verloor. Die WRX verander heelwat gretiger van rigting en op ’n renbaan dans hy vinniger as die Golf deur die draaie. Hy voel lig op sy voete en sy stuurwiel vertel duidelik hoeveel greep die bande beskikbaar het. Die Golf voel veilig en stabiel en gaan waarheen ’n mens hom stuur, maar kan nie die ratse WRX se atletiese gedrag

VW Golf R

Citroën C4 Picasso

is nie. Sy interessantste kenmerke is die sitplekgordel wat saggies aan die bestuurder pluk as ta bane verwissel sonder om die flikkerlig te gebruik. Dis irriterend, maar dalk is dit die bedoeling. Dis deel van ’n opsionele veiligheidspakket van R30 000 en kan gelukkig afgeskakel word.

S

Boeiende stilering én veiligheid N

oem die naam Citroën aan ’n karentoesias oor 50 en hy raak nostalgies oor die DS, die 2CV en die Traction Avant. Dis rygoed wat die motorwêreld oorrompel het met lugvering, lae boukoste, voorwielaandrywing en ’n bakwerk wat een is met die onderstel. Hierdie innoverings het beteken André Citroën moes groot risiko’s neem, maar hy is met enorme sukses beloon. Citroën (die maatskappy) probeer al lank om hierdie glorie te laat herleef. Gelukkig besef hy uiteindelik die bou van hoofstroom-motors is nie waar sy heil lê nie en sy DS3 is reeds ’n groot tree in die regte rigting. Ry die C4 Picasso ook in dié rigting? Miskien. Hy’s vernuwend, maar nie so dat daar ’n uitskietstoel of laserkopligte

Subaru WRX

Het die nuwe Subaru WRX (regs) die skietgoed om die VW Golf R (links) te laat hensop? | FOTO: JUSTIN JACOBS

Wat is ’n bokserenjin? In ’n bokserenjin, ook bekend as ’n platenjin, beweeg die suiers horison­ taal (links en regs) in die silinders pleks van vertikaal (op en af) soos in die meeste viersilinderenjins. Die silinders staan ook nie in ’n ry nie, maar lê teenoor mekaar. In die Subaru se geval is daar twee silinders aan die linkerkant van die krukas (crank shaft) en twee aan die regterkant. Omdat die suiers voortdurend na mekaar beweeg, lyk dit of hulle boks. ewenaar nie. Sy rekenaarbeheerde 4x4stelsel reageer ook stadiger as die Subaru se meganiese stelsel. Die Subaru is net so tuis op die oop pad as op die renbaan, want danksy betreklik nederige 17-duim-bande is sy ritgehalte verbasend glad – veral vir ’n motor met sulke ferm vering. Die Golf met sy pragtige 19-duim-allooi-

Is dit . . . al? Nee, daar’s ook twee groot vertoonskerms wat jou laat voel of jy in Men in Black of een van James Bond se motors ry. Die boonste een vertoon hoofsaaklik die snelheid en toereteller en die onderste een bemoei hom meestal met die klankstelsel en navigasie. Dit klink dalk taamlik gewoon, maar die manier waarop die inligting en keuses vertoon en beheer word, wek die indruk dat dit uit ’n motor van R1,5 miljoen kom. Dit beteken ook dat daar net sowat drie knoppe op die paneelbord is. Al die ander funksies word op die onderste skerm beheer asof dit ’n tablet of selfoon is, maar die stuurwiel het ook heelwat skakelaars vir snelheidsbeheer ensomeer. Terloops, die snelheidsbeheer kan met ’n funksie bestel word wat die C4 Picasso van snelheid laat verminder as die voertuig voor hom stadiger ry en weer versnel as daar-

vellings kan, ondanks sy (opsionele) elektronies beheerde skokbrekers, net-net nie so gemaklik oor agterpaaie se ongelykhede seil nie – en sy uitlaatklank is alomteenwoordig. Die Subaru se stil enjin en gladde rit sorg dus dat hy gemakliker op die langpad sal wees, terwyl die outomatiese Golf in die stad die linkerbeen sal laat rus. Daar is ’n outomatiese WRX beskikbaar, maar sy palwisselratkas maak hom heelwat stadiger. Die handrat-weergawe van die Golf R behoort binnekort plaaslik te land. Die Golf se kajuit is ’n lekkerder “hok” as jy in ’n verkeersknoop sit, want die uitleg, gerief en bougehalte sorg vir ’n baie luukse binneruim. Die WRX kan, selfs met sy rooi stikwerk en drukknoppie-aansitter, nie by die Golf kers vashou nie. Dieselfde geld die buite-aansig, want die Golf R lyk werklik intimiderend met sy breë skoene en dramatiese bakstilering. Die Subaru vertoon veel konserwatiewer, veral sonder die reuse-drukvlerk van sy voorgangers. Selfs die luginlaat op

sy snoet is kleiner om te pas by sy nuwe, meer volwasse karakter. Die Golf R se weergalose binneruim en blink wiele gaan egter gebuk onder ’n stywe prys van R498 000. Die Subaru WRX se rigprys van R449 000 sluit ’n sondak en volledige instandhoudingsplan (teenoor die Golf se goedkoper versienplan) in en laat hom dus amper na ’n winskoop lyk. Die Golf R se hoër prys word egter geregverdig deur sy monsteragtige versnelling, gladde ratkas en uitstekende bougehalte. Dit beteken hy sal moontlik in meer kopers se smaak val. Geen Golf R-koper sal ooit ongelukkig wees met hierdie uitsonderlike motor nie. Maar vir geesdriftige bestuurders is daar net een keuse en dit is die goedkoper Subaru WRX. Danksy sy meganiese 4x4-stelsel, lewendige stuuraksie en geweerslot-ratskakeling bied die WRX ’n ervaring wat enige geesdriftige sal laat glimlag omdat hy die Subaru se tydrenmalligheid kan ervaar, met die bonus dat dié motor nou gerieflik en brandstofdoeltreffend is. – Martin Pretorius

ne wat steeds snoetbussies verkies. Dis nou rygoed soos die Renault Scénic, Toyota Verso en hierdie Citroën C4 Picasso. So ’n bussie weeg gewoonlik minder as ’n veldryer, maar die bestuurder sit tog hoër as in ’n sedan. Omdat die sitplekke plat kan vou en die agterluik groot en wyd oopmaak, kan die eienaar ook reusagtige goed laai.

Die C4 Picasso. Net die Fiat 500L kan by hom kers vashou as dit by interessante stilering kom. | FOTO: QUICKPIC die voertuig afdraai of versnel. Die enjin is ook indrukwekkend. Dis ’n kragtige maar fluisterende 1,6-liter-turbodiesel wat volgens Citroën in ideale omstandighede 4 liter/100 km gebruik. In die wêreld waarin ek en jy leef, kom dit neer op omtrent 6 liter/100 km as jy langpad soos ’n ouma ry. Die turboaanjaer is nie traag nie en die koppelaar en sesgang-handratkas werk mooi saam. Koop enigiemand nog bussies? Dis waar dat omtrent almal deesdae ’n veldvoertuig (of kamma-4x4) wil hê, maar Citroën Suid-Afrika sê daar is gesin-

Sal jý hom koop? Die kar se rit was soms effe swewend en ek het nie daarvan gehou nie, maar dalk het ek te vinnig gery. As ek en my vrou ’n tweeling verwag en dus hope plek nodig het, sou ek hom gekoop het omdat hy die meeste veiligheidseienskappe in sy klas bied en werklik interessant gestileer is. Daar is ook ’n gevoel van gehalte wanneer jy in hom sit. Maar daardie gesofistikeerde veiligheidstoerusting is nie goedkoop nie en as ’n mens al daardie pakkette kies, gaan jy jou gordel styf moet trek. My (fiktiewe) vrou sal dalk van die Picasso droom, maar met die puik Suzuki Ertiga (bl. 4) moet ry. Soos my ma altyd sê: “As drome perde was, sou die boemelaars lekker kon ry.” – Justus Visagie PRYS R326 900 vir die C4 Picasso e-HDi 115 Seduction en R345 900 vir die Intensive.


4 InRat

29 Junie 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

Suzuki Ertiga

Hyundai Grand i10

i10 word Grand E

en van die bevredigendste motors wat plaaslik te koop is, is die gewilde Hyundai i10, wat in 2008 hier aangeland het. Van dié rakker se uitstaan-kenmerke is sy bougehalte en dat hy rats bestuur – nes ’n knortjor. Nou wat is ’n Grand i10? ’n Luukser weergawe? Nee, dis die heeltemal nuwe i10, wat die bestaande model vervang in heelwat van die lande waar Hyundai sy motors verkoop. In Suid-Afrika word die huidige i10 behou en die nuwe een word die Grand i10 genoem. Hy skuif in tussen die “gewone” i10 en die i20 en Hyundai sê hy vervang die gewilde, afgetrede Getz. Dan is hy seker duurder. Hoekom sal iemand hom bo die i10 verkies? Dis korrek. Die i10 kos tussen R118 500 en R144 900 en die i10 Grand van R139 900 tot R159 900. Vir dié frisser prys kry jy meer beenruimte voor en ook meer ruimte in die breedte voor en agter. Die bagasiebak sal een tassie meer vat as die i10 s’n. Verder voel die Grand ’n bietjie meer volwasse, veral op die oop pad, waar hy minder soos ’n stadsmotortjie voel as die i10. Die Grand behoort sy bestuurder meer langpad-stamina te gee as sy kleinboet. Wat kry ek nog vir my geld? ’n Wakker enjintjie van 1,25 liter wat tog ’n bietjie harder moet werk omdat die Grand sowat 150 kg swaarder as die i10 is (gelukkig bied die Grand se glibberige bakvorm minder windweerstand). Daar is lugsakke vir die bestuurder en voorpassasier, asook ABS-remme vir gelyktydig stuur en rem. Hyundai was nie te snoep toe hy die Grand i10 met geriefseienskappe toegerus het nie. Die klankstelsel met vier luidsprekers het ’n USB-poort, kan musiek van ’n selfoon via Bluetooth speel en kan ook met knoppies op die stuur beheer word. Die stuur kan net vir hoogte verstel word. Die Grand wat die minste kos, het

Suzuki se Ertiga, presies wat Suid­Afrika nodig het. | FOTO: SUZUKI

Goeie nuus vir gesinne, saamryklubs B Die Grand i10­handrat verbruik volgens Hyundai 5,9 liter/100 km. Dié van die outo­ weergawe is teen 6,9 liter/100 km sowat 17% meer. | FOTO: DEON SONNEKUS elektriese vensters voor en die ander het hulle voor en agter. Met die intree-i10 moet jy die sleutel in die deurhandvatsel draai om die motor sentraal te sluit; die duurderes het afstandbeheer. Almal het hoogteverstelbare kopstutte agter en daar is nuttige bêreplek onder die passasiersitplek voor. Dan kry jy ook Hyundai se waarborg, wat ’n hele vyf jaar of 150 000 km geld. Wie is sy mededingers? Hyundai sê dis motors soos die VW Polo Vivo, Toyota Etios en Ford Figo. Die i10 Grand troef hulle wat toerusting betref, maar die Renault Sandero Dynamique (R141 500) is ’n vlieg in die salf: hy bied die meeste toerusting in dié klas. Daaronder tel glybeheer, wegtrekhulp teen steiltes, ’n effens kragtiger enjin, vier lugsakke, snelheidsbeheer, allooiwiele, elektriese ruite voor en agter, dieselfde lang waarborg as die Hyundai s’n én twee gratis versienings. Al wat in die guns tel van die Sande-

Honda Ballade

Nuutste Ballade het hope byt V

olgende jaar sal Honda eindelik sy begeerlikste voertuig aan kopers lewer: die HondaJet. Dis Honda se eerste private straler en sal sowat R60 miljoen kos. Intussen kan jy solank die splinternuwe Ballade koop, vir heelwat minder. Dié Ballade behoort beter te vaar as sy voorganger: Produksie van die ou Ballade is gestaak toe die fabriek in Thailand in 2011 oorstroom is. Krokodille het glo langs die produksielyn geswem, want daar was ’n krokodilplaas langs die fabriek. Dit het tot ’n groot tekort aan Ballades gelei en daarom kon die kar nie vastrapplek in die plaaslike mark vind nie. Maar nou is die nuwe een op ons bodem en hy verdien sukses. Hy is langer as sy voorganger, met meer plek vir bene uitskop en ’n yslike laairuim van 536 liter. Sommige kritici was ontevrede met die gehalte van die plastiek in die ou Ballade se kajuit, maar daar’s nou feitlik niks om oor te kla nie. Die lys toerusting is omvattend.

Die nuwe Honda Ballade. Krokodilleer­ bekleedsel is ongelukkig nie beskikbaar nie. | FOTO: HONDA Die interessantste daarvan is die raakskerm in die Elegance-variante waarmee die klankstelsel, ritrekenaar en telefoonkoppeling beheer word. Die motor se eienaar kan apps soos vir satellietnavigasie met sy selfoon daarvoor aflaai. Op veiligheidsgebied skitter die Ballade ook. Daar’s glybeheer (VSA), wat die bestuurder help om beheer oor die voertuig te behou wanneer hy vir iets uitswaai. Daar’s ook ses lugsakke, kopstutte wat in ’n botsing vorentoe beweeg, gevorderde sitplekgordels en wegtrekhulp teen steiltes. Die nuwe Ballade het so te sê dieselfde enjin as voorheen, maar dié 1,5-literviersilinder se binnegoed is ligter en veroorsaak minder wrywing. Verder ontwikkel die enjin sy maksimum

ro se teenstanders is vrese oor Renault se gehalte, klantediens en die beskikbaarheid en prys van onderdele. Hy’s ook haastiger aanmekaargesit as die Hyundai. Is hy beter as hulle? Die Grand voel meer soos ’n eerstewêreldmotor as die Sandero en die ander maatjies. Hy’t al die gesogte Red Dot-produkprys ontvang en sy ontwerp is meer hedendaags as die res s’n. Of hy beter is, word bepaal deur wat jy van ’n motor verwag. Waarvan hou jy? Die goeie gehalte, ruim kajuit, bakontwerp, die lang waarborg en padbystand (wat so lank soos die waarborg geld). Waarvan nie? As jy aan ’n sesde rat gewoond is, gaan jy dit mis, want die Grand het net vyf. – Justus Visagie PRYS Van R139 900 vir die Grand i10 1.25 Motion met ’n handratkas tot R159 900 vir die Grand i10 1.25 Fluid met ’n outomatiese ratkas.

wringkrag teen laer enjintoere en die kar is ook meer lugdinamies as die oue. Die Ballade versnel dus vinniger as voorheen en gebruik minder brandstof. Die ou Ballade se tradisionele, outomatiese ratkas moes plek maak vir ’n neulende, dreunende CVT of “palwisselratkas”. In die duurder Ballade Elegance kan dit beheer word met ratwissel-spane agter die stuur – nogal nuttig vir bestuurders wat onlangs ophou rook het en na iets soek om met hul hande te doen. Druk die Econ-knoppie vir meer gedempte versnelling en laer verbruik (plak hom met supergom vas as jy tieners het wat al bestuurder). Honda sê die outo-Ballade gebruik 5,8 liter per 100 km en die handrat 5,9 liter/100 km. Die nuwe Ballade deel sy onderstel met die nuwe Jazz, wat later vanjaar sy opwagting maak. Hy ry dus vir seker nie op ou tegnologie nie en daarom is die rit sag en die hantering goed. Al wat gelol het, was ’n zoemgeluid in die kajuit. So of ’n klein plastiekpaneel in die motor begin saamsing wanneer die enjin teen ’n spesifieke frekwensie dreun. Ons vermoed die ou by gehaltebeheer wat dit moes voorkom, is deur ’n krokodil gebyt en het toe ’n pakket gevat. – Justus Visagie PRYS Van R195 900 vir die Ballade 1.5 Trend tot R235 900 vir die 1.5 Elegance CVT. → Lees meer oor die HondaJet by hondajet.com

egrotingsbewuste gesinne, saamryklubs en hotel-pendeldienste het nou ’n alternatief tot die effens primitiewe Toyota Avanza en FAW S80. Die nuwe Suzuki Ertiga-sewesitplekwaentjie het pas in Suid-Afrika geland en sal gemaklik al daardie rolle vervul. Suzuki het die Ertiga in 2011 in Indië en Oos-Asië bekend gestel en het sedertdien al meer as ’n miljoen verkoop. Dit is juis die Indiese weergawe wat nou in Suid-Afrika beskikbaar is, soos duidelik blyk uit die roomkleurige kajuitafwerking. Die ander Indiese eienskap is ’n hoë penshoogte, want dié land se paaie lyk nog slegter as ons s’n. Dit is te betwyfel of die beige kajuitkleur hier gewild gaan wees, maar daardie sagte veerstelsel is ’n treffer, want in die Ertiga geniet almal ’n heerlik gemaklike rit. Die bakwerk leun ook minder deur draaie as wat ’n mens sou verwag van so ’n smal bussie met ’n hoë dak, danksy ’n onderstel wat hy by die sportiewe Suzuki Swift leen. Daardie Swift-vloerpan bevoordeel ook sy kajuitruimte. Terwyl die Avanza met sy agterwiele stoot en dus ’n tonnel in die vloer en plek vir ’n ewenaar onder sy bagasieruim benodig, is die voorwielaangedrewe Ertiga se kajuit groter en sy vloer byna plat om ekstra ruimte vir sewe passasiers te skep. Die kajuit is ook taamlik stil, met min wind- en enjingeruis. Met al sewe sitplekke regop is die bagasieruimte beperk, maar die middelste en agterste rye se rugleuning kan platvou. Daarby kan die middelste ry se bank vorentoe en agtertoe skuif om die ruimtebenutting na behoefte te verander. Daar is dus volop plek vir vyf volwassenes en twee kinders, of ’n groot pakkasie, of enige kombinasie tussenin. Die Ertiga het ook sy enjin en ratkaste van die Swift gekry. Die 1,4-liter-petrolenjin gee allermins vurige verrigting en sy ratkierie moet behoorlik geroei word om momentum te behou teen opdraandes. Sy 70 kW en 130 Nm is darem genoeg om hom bevredigend aan die gang te hou. Die Ertiga behoort lig op brandstof ook te wees, want Suzuki reken hy drink gemiddeld net 6,6 liter elke 100 kilometer – heelwat minder as die Avanza. Die Ertiga is in drie spesifikasievlakke beskikbaar. Die basiese GA-variant is net met ’n handratkas te kry en kos R159 900. Hy is toegerus met lugversorging, kragstuur, twee lugsakke, sluitweerremme en ’n versienplan vir vier jaar of 60 000 km, maar nie veel meer nie. Die GL kry ook ’n radio, sentrale sluiting, elektriese vensters en ekstra luginlate vir die agtersitplekke by. Die Ertiga is dalk nie die kragtigste of glansrykste ryding wat vanjaar sy buiging maak nie, maar sy veelsydigheid, gehalte en prys in ’n tyd van vinnig stygende motorpryse laat hom ’n plek op kopers se kortlys verdien. – Martin Pretorius PRYS Van R159 900 tot R207 900.


29 Junie 2014

InRat 5

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Merc en Infiniti neem hul klas op horings D

ie nuwe en vyfde geslag van die Mercedes-Benz C-klas wil hom hervestig as die leier in die kompakte luukse sedan marksegment. Hy gee ekstra aandag aan die ou Mercedes-beginsels van gerief en gehalte, is die kleinste Merc met agterwiel-aandrywing (die CLA trek met sy voorwiele) en sy stilering na-aap die S-klas s’n. Hy mik reguit vir die slagare van die BMW 3-reeks en Audi A4 en vryf hulle neuse op ’n paar gebiede in die stof. Die nuwe C-klas ry so glad soos ’n limousine, spog met al die S-klas se veiligheidstelsels (en ’n paar splinternuwes), en die swetterjoel hulpmiddels in sy kajuit beteken hy kan homself amper bestuur. Hy is boonop slimmer ontwerp as die vorige geslag, wat beteken hy weeg sowat 100 kg minder, selfs al is hy effens groter. Hy drink deur ’n dunner strooitjie ook, want die enjinreeks en ratkaste is verder verfyn. Maar net soos Mercedes-Benz die speelterrein oorneem, kom soek ’n nuweling skoor agter die fietsloods. Die nuwe outjie het self ’n paar karate-moves in sy arsenaal en sy naam is Infiniti Q50. Kan hierdie Japanse mededinger die pyp rook teen die nuwe hoofseun in die vorm van die C-klas? Die Q50 se fronsende gesig daag die Mercedes onmiddellik uit. Waar die C-klas se vloeiende lyne druipstert terugkyk na die art deco-ontwerpe van die 1930’s, het die kleine Infiniti breë skouers, skerp hoeke en diep kepe langs sy flanke. Sy lang neus en interessante agterste dakpilaar-ontwerp wil-wil hom na ’n koepee laat lyk, en hy hurk laag oor sy vet tekkies. Dié twee knape is sowaar verlangs familie, want Infiniti het onlangs ’n samewerkingsooreenkoms met Mercedes gesluit en dit bring ’n spul nuwe enjins en ander tegnologie tot Infiniti se beskikking. Die intreevlak-Q50 2.2d se turbodieselenjin en ratkaste (’n sesgang-hand-

Infiniti Q50

Die Q50 het ’n lang neus omdat die enjin amper agter die voor­as sit. | FOTO: NEWSPRESS

Mercedes­Benz C­Klas

Die C­klas is die enigste motor in sy seg­ ment waarvoor kopers lugvering kan be­ stel. | FOTO: MBSA rat en ’n sewegang-outo) is die C220 Bluetec s’n en ’n 155 kW-2,0-liter-turbopetrol uit die C250 sal binnekort diens doen in die Q50. Die C180 met sy 115 kW-1,6-liter-enjintjie vul die onderkant van die C-klas se ranglys, terwyl die enigste ander Q50 ’n hibried is wat ’n agtgang-outo gebruik om sy 3,5-liter- petrol-elektriese kombinasie se 261 kW en 536 Nm na die agterwiele te stuur (vierwielaandrywing is ook beskikbaar). Die Q50S Hybrid se grootste

teenstander is die BMW ActiveHybrid 3 – die enigste ander hibried in hierdie klas. Die Q50 en C-klas se benaderings tot veiligheid is ook eenders, met hulpmiddels wat onder meer die remme aanslaan om ’n botsing te vermy en kameras wat die pad en ander voertuie dophou. Die C-klas se stuur sit hom teë as die bestuurder van baan wil verwissel terwyl daar ’n voertuig in sy blindekol is waarteen hy kan bots. Op sy beurt hou die Q50 se elektriese stuurstelsel die motor in die middel van sy baan. Die Q50 se stuurstelsel is ’n nuutjie. Infiniti noem dit “Direct Adaptive Steering” (DAS) en dit is die eerste aanwending van dié tegnologie in ’n produksiemotor. Die stelsel vervang die meganiese stang tussen die stuurwiel en die voorwiele met ’n klomp rekenaars, sensors, elektriese motors en toordery. Daar is steeds ’n stuurstang vir geval die rekenaars se koppe deurmekaar raak, maar hy is normaalweg ontkoppel. Elektriese motors bepaal nou in watter rigting die voorwiele moet wys, terwyl nog ’n motortjie weerstand teen die stuurwiel se beweging verskaf. Hierdie elektriese stuurstelsel lei tot ’n vreemde bestuurservaring, want ’n mens kan sy reaksies en weerstand verstel tussen gemaks- en sportiewe modusse, maar dit is aanvanklik moeilik om gewoond te raak aan die kunsmatige stuurgevoel. Die DAS hou ook hande met ’n klompie kameras en radarsensors om die motor altyd na die middel van sy baan te stuur. Dié kombinasie werk meestal goed, maar op die bekendstellingsrit het die bestuurders by geleentheid meningsverskille met die rekenaars gehad oor waarheen die voorwiele moes gaan, gewoonlik wanneer daar skielik vir slaggate uitgeswaai moes word. DAS is standaardtoerusting vir die Q50-hibriede en ’n R12 000-opsie in die 2,2-liter-diesels. Die C-klas het egter ’n troefkaart van sy eie in die vorm van lugvering. Dis die

Jaguar F­Type­koepee

Rykes kan ouderdom al brullende terugdraai D

it is maklik om van ’n beeldskone oopdak-sportmotor te hou, veral as daar ’n bielie van ’n enjin en agterwielaandrywing onder sy dop wegkruip. Met dié resep het Jaguar se F-Type Roadster in slegs een jaar die meerderheidsaandeel in sy marksegment gevat. Nou is die reeks aangevul deur ’n koepee-weergawe om Porsche se 911 en Cayman die stryd aan te sê. Die harde aluminium-en-glasdak bring vele verbeterings. Dit verstewig die bakwerk, wat rygerief en padgedrag verbeter, en verminder ook windgeruis. En omdat die wegvou-dak nie meer in daardie plat stert wegkruip nie, het die FType-koepee ’n bruikbare bagasieruim, anders as die Roadster, wat sukkel om ’n skootrekenaar te sluk. Daar is ook ander juwele onder die nuweling se verruklike bakwerk weggesteek. Die V8-koepee heet V8-R, wat be-

Jaguar se F­Type­koepee . . . Beter en vinniger as die lapdak. teken sy 5,0-liter- drukaangejaagde kernreaktor ontwikkel 405 kW en 680 Nm, teenoor die afslaankap-V8-S se 364 kW en 625 Nm. Sy werkverrigting is gevolglik boosaardig, met die 0-100 km/h-lopie wat in 4.2 sekondes afgevuur word (terwyl die stabiliteitsbeheer sy tollende agterwiele in bedwang probeer hou). Terwyl sy bestuurder oopbek sit en kyk hoe die spoedmeter se naald komieklik vinnig rondswaai (want sy nuwe, opsionele koolvesel-en-keramiek-remme

| FOTO: NEWSPRESS

laat hom net so gou stop soos hy versnel), lawaai die vier uitlaatpype soos ’n Nascar-renmotor danksy ’n uitlaatstelsel wat met die druk van ’n knoppie verander van redelik hard na oorverdowend. Sy sportiewe uitlaatklank pas by sy padgedrag, want hoewel hy verbete aan die pad klou om vinnige draaie, veroorsaak daardie vet 20-duim-tekkies ’n harde rit. Dis ook nie die enigste tol wat mens betaal vir die V8-R se skrikwekkende ver-

Nuut eerste keer dat dit in ’n kompakte, luukse sedan aangebied word en teen R13 000 is dit nie eens vreeslik duur nie. Die lugvere gee aan die bestuurder ’n keuse tussen ’n sagte rit of sportiewe padgedrag met harder vering. Die gehalte van die Benz se binneruim is ook ’n tree of wat voor die Infiniti s’n, al het die C-klas minder standaardtoerusting as die Q50. Alle Q50’s het onder meer ’n baie nuttige InTouch-multimediastelsel met twee raakskerms waarvoor ’n mens apps oor die internet kan aflaai om hom soos ’n slimfoon te beheer. Hy kan selfs jou Facebook-, e-posse en teksboodskappe oopmaak en hardop lees. Die C-klas gebruik ’n verfynde weergawe van die S-klas se COMAND-draaiknopstelsel, maar het ’n nuwe metode om met sy navigasiestelsel of foonboek te koppel: Jy kan met jou vinger op ’n vierkantjie in die middelkonsole letters “skryf”. Dit vereenvoudig die taak om ’n bestemming te kies. Die Q50 sal ook teen die einde van die jaar ’n (opsionele) navigasiestelsel ontvang sodra die Suid-Afrikaanse kaarte beskikbaar is. Al hierdie slim speelgoed kos natuurlik ’n stewige hopie geld, want die C220 Bluetec kos in handratgewaad R459 000, terwyl die Q50 2.2d presies R60 000 goedkoper is. Die Q50S Hybrid kos R559 900 (heelwat goedkoper as ’n BMW ActiveHybrid 3 en omtrent dieselfde as ’n Audi A4 3.0T Quattro). Albei het volledige instandhoudingsplanne van 100 000 km, geldig vir ses jaar in die Benz se geval en vyf jaar vir die Infiniti. Die Q50 se volgepropte spesifikasieblaaie, slimraakskerms en relatief goeie waarde vir geld beteken dat veral die 2.2d-variante baie aanloklik is en sal byval vind by motoriste wat ’n unieke ryding wil hê. Die C-klas sal steeds die eerste keuse onder tradisievaste kopers en statusbewustes bly danksy sy eersteklasrygerief, stil en ruim kajuit en die aantrekkingskrag van daardie driepuntster op sy neus. Albei keer die klas op sy kop. – Martin Pretorius PRYSE Die Infiniti Q50 kos tussen R399 000 (2.2d-handrat) en R584 000 (Hybrid AWD). Die Mercedes-Benz C-Klas kos tussen R415 900 (C180-handrat) en R502 600 (C250-outomaties).

rigting nie, want hy kos amper ’n halfmiljoen rand meer as die V6-S-middelvlak-variant – en sy brandstofdors sal ’n oliesjeik se oë laat rek. Die V6-S boet op die oog af heelwat in teenoor die V8-R, want sy drukaangejaagde V6-enjin lewer “net” 280 kW en 460 Nm, maar die bestuurservaring vertel ’n ander storie. Omdat sy enjin ligter is as die V8, het die V6-S ’n groter lus vir vinnige rigtingveranderings en kan hy sagter vering en kleiner allooiwiele gebruik, wat ’n gemakliker rit meebring. Hy is ook vinnig en versnel van 0 tot 100 km/h in net 4.9 sekondes. Die kleiner enjin geniet dit om hoog te toer en sy uitlaatpype sing, in teenstelling met die V8 se gebulder. Hy werk selfs verbasend suinig met brandstof, want op die deurpad het die ritrekenaar verbruiksyfers van om 7,6 liter/100 km gewys. Met sy lewendige werkverrigting en hope bestuurspret lewer die F-Type-koepee ’n uitbundige alternatief tot Porsche se wetenskaplike perfeksionisme. Boonop laat sy stilering oral die koppe draai. Die koepee se bruikbare bagasieruim en stiller kajuit maak hom heelwat praktieser as die lapdak-weergawe en sy bestuurservaring is gewaarborg om die grootste suurknol te laat skaterlag. Die roepstem van ’n tweede jeug was nog nooit so aanloklik nie. – Martin Pretorius PRYSE F-Type Coupe: R843 400, F-Type S Coupe (V6): R982 400, F-Type R Coupe (V8): R1 534 200.


6 InRat

29 Junie 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Promosie

In Hilux se diep wielspore... S

edert die Toyota Hilux 45 jaar gelede sy verskyning in Suid-Afrika gemaak het, het plaaslik-vervaardigde weergawes van dié legendariese eenton-bakkie diep spore getrap – nie net in Suider-Afrika nie, maar sommer wêreldwyd. Van die Arktiese sirkel tot in Antarktika, van Madagaskar tot in die Moremi, van Livingstone tot in Lima, van Port Nolloth tot Ponta do Ouro en van Atlantis tot die Atacama lê daar spore van Suid-Afrikaans-geboude Hiluxe. ’n 4x4-model Dit was eintlik in 1979, tien jaar ná sy debuut in die land, toe ’n 4x4-model saam met die derdegeslag-Hilux sy verskyning hier gemaak het, dat die Hilux werklik wyd begin spore trap het. Met ’n 2,2 liter-dieselmodel wat ook ingesluit is, het al hoe meer plaasboere, maar ook safari-toerleiers en wildbewaarders, die waarde van hierdie bakkie begin besef. Kort voor lank is Hiluxe in al wat ’n Suider-Afrikaanse land is, gebruik. In 1984, toe ’n 4x4-dubbelkajuit as deel van die vierde geslag Hilux in Suid-Afrika bekend gestel is, het ’n beduidend nuwe mark in die eenton-bakkiemark ontstaan: Die baanbreker-ryding het dit vir “gewone” gesinne moontlik gemaak om die boendoes in te vaar. Raider vier 21 jaar Die ontspanningsvoertuig-konsep is in 1991 verder versterk toe weelderiger Raider-modelle die lig gesien het om die Hilux se 21 jaar in Suid-Afrika te vier. Enige private eienaar kon nou dié goed-toegeruste bakkies gebruik om saam met hul gesinne te reis en uit te span, en menige Raider het spore in Botswana, Mosambiek, Zimbabwe, Malawi en Namibië gelos. Teen hierdie tyd het die Hilux hom reeds as ’n uiters betroubare en duursame ryding bewys. Tog, om dit nog verder te beklemtoon, het Toyota SA in 2003 ’n unieke aanslag geloods – altesame agt petrol- en diesel-Hiluxe het vir drie dae lank rubberstrepe op die Gerotek-toetsbaan buite Pretoria getrek om ’n reeks Suid-Afrikaanse snelheids- en afstandsrekords vir bakkies op te stel. Ná 72 uur was 89 rekords langs die Hilux se naam geskryf. Die agt voertuie het saam 84 887 km afgelê – in dagtemperature wat soms by 37ºC gedraai het. Dié rekords is eers sewe jaar later geslaan. Legend 35 Om 35 jaar van Hilux in Suid-Afrika te gedenk, is ’n spesiale model in 2004 bekend gestel, en dié Legend 35-weergawe het tydens die mediabekendstelling spore op die eiland Madagaskar getrap. Die volgende jaar, met die bekendstelling van die sewende geslag Hilux, die sogenaamde IMV-model, is ’n nuwe era ingelui, want nie net sou dié model plaaslik vervaardig word nie, sy bandspoor sou nog verder verbreed word met uitvoere na verskeie ander lande. Dié uitvoerkontrakte het vinnig gegroei, en teen 2008 is plaaslik-vervaardigde Hilux-bakkies na sowat 40 lande, waaronder Algerië, Angola, Oostenryk, België, die Kanariese Eilande, Tsjeggiese Republiek, Denemarke, Egipte, Ethiopië, Finland, Frankryk, Gaboen, Duitsland, Ghana, Griekeland, Hongarye, Ierland, Israel, Italië, Kenia, Malawi, Mauritius, Marokko, Nederland, Nigerië, Noorweë, Pakistan, Pole, Portugal, Réunion, Slovenië, Spanje, Soedan, Swede, Switserland, Tanzanië, Tunisië, Turkye, Brittanje en Zambië uitgevoer. Intussen het die Hilux in 2006 saam met die 4x4 Eko-Uitdaging ook in Mosambiek gaan draai, en in opvolgende jare daarna onder meer in Namibië, Zambië en Zimbabwe. In 2008 is ’n Hilux deur die mega-atle-

Toyota Hilux

Die spesiaal­omgeboude Hilux voor die baie aktiewe vulkaan, Vatnajoekull, in Ysland. | FOTO’S: QUICKPIC EN NEWSPRESS

Altesaam 495 Hilux 4x4’s is op die Atlantis­duine buite Kaap­ stad byeengebring om sy veertigste jaar in SA te vier. te Braam Malherbe en David Grier as steunvoertuig gebruik terwyl hulle binne 100 dae ’n “glimlag” van 3 278 km om Suid-Afrika – van Oranjemund tot by Ponta do Ouro – gehardloop het ter steun van Operation Smile se “miles for smiles”-insamelingsprojek. Noordpool toe… Die Britse TV-program Top Gear het gesorg dat die immergroen Hilux by die noordpool gaan draai toe aanbieders Jeremy Clarkson en James May met ’n spesiaal-omgeboude Hilux teen Richard Hammond in ’n hondeslee-ren meegeding het om te kyk wie die pool eerste kan bereik. Nodeloos om te sê, die Hilux was die onbetwiste wenner. Die rooi Arctic Truck Hilux wat in die program genaamd Top Gear: Polar Special gebruik is, is volgens alle aanduidinge vanaf Suid-Afrika na Brittanje uitgevoer, maar dit kon nog nie bo alle twyfel bewys word nie. Die program het egter wêreldwyd belangstelling in dié spesiale Arctic Trucks (AT) Hiluxe aangewakker. In 2010 is ses van dié voertuie – twee massiewe Hilux 6x6 AT44’s, drie normale AT44’s (so genoem vanweë hulle 44 duim-bande), asook een AT38 (met 38 duim-bande) spesifiek vir Suid-Afrika se Antarktikabasis SANAE IV – in Toyota Suid-Afrika se werkswinkel in Sandton gebou. Voordat dié voertuie Antarktika toe gestuur is, het van hulle in Oktober 2010 aan nóg ’n Hilux-wêreldrekordpoging deelgeneem. Altesame 495 Hilux 4x4’s is op die Atlantis-duine buite Kaapstad byeengebring om Suid-Afrika se ryke Hi-

Vier Hilux’e het 4600 km oor Alaska afgelê om die Suidpool te bereik. Twee van hulle was van die 6x6­soort.

Die avonturier Braam Malherbe by die Hilux AT44, op pad na die Suidpool. lux-geskiedenis en die legendariese ryding se veertigste jaar as dominante bakkie in die land te vier. Dié rekord word deur die Guiness-Wêreldrekordboek erken. ... en Suidpool toe... In November het die eerste Arctic Truck-Hilux wat plaaslik gebou is ná ’n tog van van agt dae en meer as 2 000 km as oor die Antarktiese yswoenstyn in temperature so laag as -58°C sy breë bandspoor op die Suidpool gelos. Kort daarna het die plaaslik-geboude blou Hilux AT38, wat in Desember 2010 op die SA Agulhas na Antarktika verskeep is, sy opwagting by die Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese program (SANAP) se SANAE IV-basis gemaak. Die volgende jaar, ook die eeu-gedenkjaar van die Suidpool-ren tussen Roald Amundsen en Robert Scott, het die

Suid-Afrikaans geboude rygoed weer hul staal gewys deur nog ’n paar Antarktika-rekords op te stel; onder meer vir die die vinnigste reis na die Suidpool, asook die langste tog in die Antarktika (die Hilux-voertuie het altesame 5 805 km oor die mees onherbergsame terrein op aarde afgelê), wat ’n dubbelbesoek aan die Suidpool ingesluit het. Dakar en die Atacama-woestyn Terwyl hierdie voertuie in temperature van so laag as -50ºC in die Antarktika gewerk het, het ’n Hilux V8 gebou deur Toyota se motorsportspan in Suid-Afrika dié bakkiereeks se veelsydigheid in temperature van so hoog as 48ºC in die Atacama-woestyn in Suid-Amerika getoon. Die geleentheid was die Dakar-Marathonren van 2012 (deur Argentinië, Chili en Peru) waaraan die Imperial Toyota Suid-Afrika-span, met die Dakar-kampioen Giniel de Villiers aan die voorpunt, deelgeneem het. Die span het uitmuntend in hul vuurdoop-Dakar gevaar met De Villiers wat in die derde plek algeheel op die podium in Lima geëindig het. Die volgende jaar was die Suid-Afrikaanse Hilux tweede in dié uitmergelende marathonren, en vanjaar het De Villiers die ren in die vierde plek in sy Hilux V8 voltooi. Dis duidelik dat die Hilux, ná meer as 40 jaar as Suid-Afrika se topverkoperbakkie (en ook heel gereeld die land se topverkoper-voertuig), omtrent elke afgeleë, onherbergsame en godverlate plek op aarde besoek het. Die enigste vraag nou is: Waarheen volgende? – Ferdi de Vos


29 Junie 2014

InRat 7

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Hardebaard 4x4

Trailblazer kry méér skop C

hevrolet se netjiese Trailblazer het onlangs meer dieselskop gekry, asook ’n aantal ander verfynings vir die 2014-modelreeks. Dié verbeterings is daarop gemik om dié sewesitplek-ryding nog mededingender in die bakkie-gebaseerde sportnutsmark te maak, waar dit teen Toyota se Fortuner, die Mitsubishi Pajero Sport en Nissan Pathfinder meeding. Die Trailblazer-reeks se 2.5 liter en 2.8 liter Duramax-turbodiesels is nou kragtiger, met die 2.5D LT wat nou 120 kW ontwikkel (9% meer krag) terwyl sy wringkrag nou 380 Nm is (8.5% beter). Die LTZ-weergawes, wat met 4x2- en 4x4-aandrywing beskikbaar is, se 2.8Denjins lewer nou 144 kW, ook ’n verbetering van 9%, terwyl die outo-weergawes se wringkraglewering met 30 Nm tot ’n stewige 500 Nm verhoog is. Behalwe vir verhoogde kraglewering is die enjins se brandstofverbruik ook verbeter, en volgens Chevrolet is die 2.5D LT se gemiddelde verbruik nou 8.0 liter/100 km terwyl die verfynde 2.8D LTZ nou tot 8.5 liter/100 km kan gee. Die gevorderde Duramax-enjins, met dubbelbonokasse, aluminium-silinderkoppe en tussenkoelers, kan egter steeds 500 ppm-diesel gebruik, synde hulle aangepas is om Euro 2-standaard brandstof te kan gebruik. Die jongste Trailblazers se reeds omvattende toerustingvlak is verder uitge-

Die ’Blazer se enjins is getoor vir meer krag en laer verbruik. | FOTO’S: QUICKPIC

Die nuwe klank­ en inligtingstelsel, MyLink, laat o.a. die speel van internetradio toe.

Die derde ry sitplekke vou sonder moeite heeltemal plat. Die jongste pryse vir die Trailblazer-reeks is: Trailblazer 2.5D LT 4x2 MTR 398 100 Trailblazer 2.8D LTZ 4x2 ATR 470 100 Trailblazer 2.8D LTZ 4x4 MTR 504 500 Trailblazer 2.8D LTZ 4x4 ATR 521 600 Trailblazer 3.6 LTZ 4x4 ATR 532 300

Chevrolet Trailblazer 4x4

Hy lyk miskien so skoon en stemmig hier op die dorp, maar hy’s ’n egte veldryer met ’n laestrekratkas. | FOTO: QUICKPIC brei met die LTZ-modelle wat nou met ’n nuwe trukamera as standaardtoerusting toegerus is. Goeie nuus vir diegene wat altyd moet sukkel om klein handjies se vuilwerk in die binneruim skoon te maak, is dat die Trailblazer nou ook met ’n donkergrys binnekleur beskikbaar is, tesame met sykant-lugsakke in die sitplekke.

Die sentrale veelfunksie LCD-uitleespaneel is vernuwe met twee nuwe spyskaarte wat onder meer battery-lading, ratvloeistof-temperatuur (belangrik in veldrytoestande), enjin-ure en olielewe aandui. Bykomende inligting sluit in versnellerposisie-aanduiding wat wys wanneer ekonomies gery word, en ’n historiese ver-

bruik-grafiek wat jou brandstofverbruik oor die laaste 50 km aandui. Chevrolet maak ook groot gewag van die MyLink-vermaak- en inligtingstelsel wat nou standaard in al die Trailblazermodelle beskikbaar is. Dié stelsel, wat sy debuut vroeër vanjaar in die Chev Sonic RS gemaak het, bring slimfoon-tegnologie na dié sewesitplek-sportnutsryding. Met dié mediategnologie kan video’s en foto’s op ’n groot 7 duim-raakskerm teruggespeel word, terwyl musiek en klank deur USB- of aux-poorte, of Bluetooth-handevrye klankstroming na ses luidsprekers gelei word. Met MyLink se aflaaibare toepassings kan toegang tot ’n wye verskeidenheid geïntegreerde media, insluitende Internet-radioprogramme, verkry word. Tot soveel as 35 vooraf-verstelde en vyftien outo-gebergde AM- of FM-radiostasies kan geprogrammeer word, wat die Trailblazer omtrent in ’n aanlyn-vermaaklikheidsentrum omskep. Die Trailblazer word met ’n standaardwaarborg van 5 jaar of 120 000 km verkoop – ’n sterk aanduiding van GMSA se vertroue in die voertuig. Hierdie waarborg sluit ’n gratis padbystandsdiens en ’n diensplan van 5 jaar/90 000 km ook in. Diensintervalle vir die dieselmodelle is ook 15 000 km (5 000 km meer as dié van sommige van sy dieselmededingers), danksy die unieke tegnologie van die tweede-geslag Duramax-enjins. – Joe Vosloo


8 InRat

29 Junie 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

MotorSport

Rosberg wys sy staal, Audi vier nóg ’n sege F

ormule Een: Rosberg oorwin Spielberg Lewis Hamilton het dalk die eerste aantal Grands Prix vanjaar oorheers, maar sy Duitse Mercedes-Benz F1-spanmaat Nico Rosberg het nou sy staal begin wys. Met twee seges in die laaste drie renne – in die strate van Monte Carlo en op die draaierige Spielberg, tuiste van Red Bull, in Oostenryk – asook ’n naaswenner-plek in Kanada, loop hy nou met 29 punte voor in die kampioenskap. In Monaco het Rosberg se bestendigheid die deurslag gegee, terwyl sy beter kwalifiserings-prestasie in Oostenryk hom uiteindelik die oorwinning besorg het. Tog, waar die Mercedes-jaers sake tot met die Monaco-GP oorheers het, het daar in Kanada en Oostenryk klein krake in die span se mondering verskyn. Tot by die driekwart-merk van die Kanadese ren op die hoëspoed-Gilles Villeneuve-baan was Rosberg en Hamilton myle voor hul teenstanders, maar toe het enjinhitte- en remprobleme begin kop uitsteek en skielik was hulle rondtetye meer as 2 s stadiger as dié van hul mededingers. Dit het die jong Aussie Daniël Ricciardo (Red Bull) kans gegee om hulle in te haal, en op die voorlaaste rondte (nadat Hamilton met verkoolde remme uit is) is hy by Rosberg verby om sy eerste F1oorwinning aan te teken. Dit was ’n welkome veranderingsbries in ’n andersins voorspelbare seisoen. Ook op Spielberg het die Williams-span sy latente potensiaal (wat nog net nie in ren-formaat kon uiting vind nie) gewys deurdat die Brasiliaan Felipe Massa en Fin Valtteri Bottas konstant vinniger in die oefenrondtes én in kwalifisering was. In die ren kon die Williams-jaers netnet nie die pas volhou nie, maar Bottas het uitmuntend vertoon om sy eerste F1-

Nuut

Porsche en Toyota het gedugte motors ingeskryf, maar die Audi’s het weereens by Le Mans koning gekraai. | FOTO: QUICKPIC

podiumplek los te ry, met Massa vierde. Die Spanjaard Fernando Alonso was vyfde vir Ferrari (wat steeds sukkel in vanjaar se reeks). Ná Ricciardo se goeie vertoning in Kanada was Oostenryk ’n nagmerrie vir Red Bull. Die heersende kampioen Sebastien Vettel is vroeg uit met meganiese probleme, wyl Ricciardo net ’n agste plek kon vermag. Die Meksikaan Sergio Perez (Force India) het fantasties gejaag om sesde te eindig nadat hy 14de weggespring het, wyl die Deen Kevin Magnussen welkome punte vir McLaren met ’n sewende plek ingebring het. Met Rosberg nou die gunsteling, is die druk vierkant op Hamilton om die bordjies in sy tuisren aanstaande week op Silverstone te verhang... Dit lyk egter of Williams wees ’n faktor op dié Britse baan kan wees. Le Mans: ’n Taai driestryd Vanjaar se Le Mans-uithouren in Frankryk was een van die opwindendste renne nóg op die lang, uitmergelende La Sarthe-baan. Dit was ’n driestryd soos min tussen

die tegnologiese hibriede-monsters van Audi, Porsche en Toyota, maar ná 24 uur se ren-marteling was dit Audi wat ’n een-twee formasie oor die wenstreep kon vorm. Die Audi R18 e-tron van Marcel Fässler, André Lotterer en Benoît Tréluyer het die geruite vlag ontvang met die herboude Audi van Lucas di Grassi, Marc Gené en Tom Kristensen tweede. Vir Toyota was daar troos met ’n derde plek vir Anthony Davidson, Nicolas Lapierre en Sebastien Buemi in hul TS040 Hybrid, maar vir Porsche was dit hartbreek toe die 919-hibried van Romain Dumas, Neel Jani en Marc Lieb in die 22ste uur moes kuipe toe terwyl hulle sterk voorgeloop het. Hulle is eindelik elfde algeheel geklassifiseer. Audi was beslis nie die gunsteling vir vanjaar se Le Mans nie, en in die eerste aantal ure het Porsche en Toyota sake oorheers. Toyota het tot die 15de uur ’n goeie voorsprong met hul no. 7-motor in die hande van Alexander Wurz, Stephané Sarrazin en Kazuki Nakajima gehandhaaf,

Suzuki V­Strom 1000

Avontuur roep so ver teerpad strek W

at die wêreld nodig het, is avontuurfietse. Met so ’n dierasie kan jy pendel, in gemak toer en as die teerpad ophou, ry jy verder – na plekke sonder Pam Golding en ’n Spur. Daar was ’n verwagting dat die nuwe 1 000 cc-Suzuki V-Strom ’n avontuurfiets sou wees, veral as jy na sy voorvaders kyk – die “Desert Express”-tydrenfietse met hul enorme 750cc- en 800cc-enkelsilinder-enjins. Baie van die regte bestanddele is daar: ’n regop sitposisie, ’n hoë windskerm wat maklik verstel en ’n enjin wat dié dier oor klippe laat kruip, maar ook met lang hale op die oop pad laat stap. Maar “avontuur” beteken nie dieselfde in Afrika as Europa nie. Om in twee dae 400 km teerpad te ry is vir ons mense nie veel van ’n ervaring nie. Die V-Strom 1000 begin goed: Elektroniese glybeheer monitor onder meer die spoed waarteen die agterwiel draai. As die blikbrein daaruit aflei dat die wiele onder die ryer gaan padgee, word die

Eerder teer, asb. Suzuki se V­Strom. Sy V2­enjin verplaas 1 034 cc en is aan ’n ses­ gangratkas gekoppel. | FOTO: SUZUKI krag verminder. Dié vlak van “inmenging” kan verstel en heeltemal afgeskakel word. Dit werk goed en ons hou daarvan. Maar dan kom ons by die ABS-remme. Dis nie vir grondpaaie ontwerp nie, maar vir teer. Dit sou nie ’n nadeel gewees het as dit ook afgeskakel kon word nie, maar dit is nie die geval nie. By die mediabekendstelling in Gauteng het ek ’n klomp keer hard gerem op ’n

gruispad en dan was die remme nie besonder doeltreffend nie. Op teerpad rem die V-Strom of sy lewe (en joune) daarvan afhang, maar hy het terselfdertyd so ’n bietjie gebokspring. Ons sal meer tyd op hom moet deurbring om te sien of dit sy verstekgedrag is. Nog iets wat die motorfietsryers op Bikeroutes.co.za se Facebook-blad pla, is dat die DL1000 allooiwiele het en nie speekwiele nie. Laasgenoemde kan die

maar toe dié met elektriese probleme onttrek was dit Porsche wat die voortou geneem het. Dit was Audi se dertiende sege in sestien Le Mans-renne. Porsche is steeds die susesvolste Le Mans-vervaardiger met 16 seges, wyl Toyota nog nie dié wêreldbekende ren kon wen nie. SA Veldrenne: Dis Hilux voor Die strawwe Nkomazi 450, derde ronde in die nasionale veldrenreeks, in die suikerrietlande van Natal, is deur die heersende kampioene Anthony Taylor en Dennis Murphy (Castrol-Toyota Hilux) gewen. Dit was egter die plaaslike helde Johan en Werner Horn wat vir ’n opskudding veroorsaak het deur tweede in hul Malelane-Toyota Hilux te eindig. Taylor se sege beteken dat hy nou saam met die Ford Ranger-jaer Manfred Schröder in die kampioenskapsreeks voorloop, met die Horn-broers in die tweede plek. Toyota het ook in Klas S met Deon Venter/Ian Palmer (4x4 Megworld-Hilux) geseëvier. Hoewel Quintin and Kallie Sullwald (Elegant Fuel BAT Venom) die spesiale voertuig-kategorie gewen het, is hulle steeds 9 punte agter Gerhard en Hardus du Plessis ( Jimco), terwyl Daniel Brookes/Gavan Gray (Ducatus Property BAT) derde op die punteleer is – 20 punte agter die Sullwalds. Die spanne spook hierdie naweek sake uit in die Toyota Kalahari Botswana 1000-Woestynren, en met dubbelpunte op die spel, is dit ’n uiters belangrike ren vir al die spanne. SA Tydrenne: Ford-sege vir Cronjé Mark Cronje and Robin Houghton (Ford Handelaarspan-Fiesta) het die Pretoria Motorklub Gauteng-Tydren verlede maand gerieflik met 49 s bo die jongelinge Henk Lategan en Barry White (Volkswagen Sasolracing Polo S2000) gewen. Derde was die Nederlander Hans Weijs en Belg Bjorn Degandt in ’n tweede Sasolracing-Polo met Hergen Fekken/Carolyn Swan (Castrol-Toyota Yaris S2000) vierde. Fekken en Swan is na drie rondes voor in die kampioenskapsreeks, op 59 punte, net twee punte voor hul spanmaats Leeroy Poulter en Elvéne Coetzee, met Lategan en White derde, 13 punte agter die Toyota-paar. – Ferdi de Vos

impak van ’n gat of ’n klip beter hanteer as die stewiger allooiwiele. Die V-Strom sal goed vaar op mooi grondpaaie, maar as jy jou innerlike Chuck Norris wil loslaat, kies liewer ’n fiets met speke. Op teer voel die V-Strom lig, rats en kragtig. Dit voel of ’n mens ure aaneen kan ry. Die brandstoftenk hou 20 liter en die ritrekenaar wys onder meer hoe ver die fiets kan ry voordat die tenk leeg is. Die vierkantige spieëls lyk outyds, maar gee ’n groot beeld van wat jy agterlaat. Die skerm kan in drie posisies meer skuins of regop gestel word deur dit bloot met die hand te druk. Dis doeltreffend en langer ryers kan selfs ’n hoër skerm bestel. Die hele fiets is netjies en stewig gebou. Daar is ’n spul bykomstighede soos tasse, hoë en lae sitplekke, pensplate en handskerms. Daarsonder kos die fiets R134 750. Sy prys sal by omtrent R175 000 draai as jy die meeste van die ekstras bestel. In die arena van die avontuurfietse is die BMW GS kampioen, met gedugte KTM’s en Yamaha’s wat na sy achilleshiel hap. Suzuki het lank gewag . . . en toe met een voet in die kryt geklim. As jy meestal op teer gaan ry, is die DL1000 ’n heerlike fiets om te besit. Maar as jy na die skelm, skurwe paadjies loop soek en ’n Suzuki móét hê, wag dat die Japanners hom met speekwiele en verstelbare ABS-remme toerus. – Justus Visagie PRYS R134 750


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.