Rapport InRat 23 Maart 2014

Page 1

“Like” ons op Facebook: InRat

Dis die Sonic teen die Swift en die vere wat waai

InRat Bylae tot Rapport

Nuwe Renault Sandero bied weergalose waarde

Audi S3& VW Golf R

Suzuki se oulike Swift­sedan is hier

Die ‘bike’ waarteen mamma jou gewaarsku het

Wie’s baas?

23 Maart 2014


2 InRat

23 Maart 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

InRat Redakteur Justus Visagie E­pos: justus.visagie @media24.com Tel: 021 406 3226

Advertensies Brendon Staniforth E­pos: brendon.staniforth

@media24.com Tel: 012 485 9266

Hyundai ix35

@ryveilig & @Rapport InRat facebook. com/Inrat

Dink tog aan die arme motor­ vervaardigers D

ie skuld vir aardverwarming en ander ontstellende klimaatsverskynsels word tog so maklik voor die kar­ bouers se deur gelê. Dis selfs hulle skuld wanneer ’n tsoenami ons tref, redeneer sommige onkundiges. Die rede dat hulle so maklik die sondebok gemaak word, is omdat hulle so sigbaar is, sê ’n kollega. As daar­ die ou dieselbakkie voor jou rookbolle uitblaas, wil jy mos sommer die hele spul wegwens en jy droom van ’n uto­ pia waar ons almal fiets ry. (Dink net hoe goed sal jy dán in die Argus­fietswedren vaar.) Dis egter maklik om van die ander besoedelaars te ver­ geet. Soos die Airbus A380 wat jou soms na Europa neem vir ’n ski­vakansie. Of die vragskip wat jou nuwe televisie van Korea bring en in die proses brandstof ge­ bruik wat vuiler as diesel is. Die artikels op bladsy 12 en 13 vertel dat die motorin­ dustrie in der waarheid vrek hard werk om minder skade­ lik vir die omgewing te wees, en dit sonder om die genot van motorry te laat verdwyn. Wie sou kon raai dat die opwindendste (hiper)motors wat vandag beskikbaar is – die Porsche 918, McLaren P1 en die Ferrari F70 – almal hibriedrygoed sou wees? En dat die ou garde van motor­ vervaardigers nou van woede ontplof omdat Tesla, ’n on­ derneming wat net tien jaar oud is, opwindende, vinnige en praktiese elektriese motors bou wat stof in hul oë skop. Elektriese motors is nie sonder omstredenheid nie, maar daar word kliphard gesoek na oplossings vir proble­ me soos die gebruik van grafiet in herlaaibare batterye. Gelukkig is die ouens wat die oplossings moet vind net so mal oor karre soos ek en jy. – Justus Visagie

KopKrap

Koreaanse kalant nou nóg beter D

ie nuwe, opgegradeerde Hyundai ix35 het in die afgelope week sy plaaslike buiging gemaak, met splinternuwe toerusting en subtiele kosmetiese veranderings, asook ’n verbeterde, tweeliter-petrolenjin en nuwe sesgang-handratkas. Hoe straf het die nuwe ix35 onder die skalpel deurgeloop? Nie ingrypend nie, maar daar’s nuwe kopligte (met dagryliggies en LEDliggies agter vir Executive- en Elitevariante) en die fatsoen van die agterligte is ook effens verander. As jy mooi kyk, sal jy oplet dat daar deur die bank nuwe allooiwiele is en dakrelings vir die duurder weergawes. Die Elite kry ook ’n panoramiese glas-sondak. Die kajuit is ook verfraai en ver-

lSuzuki­blokkiesraaisel #3

Gebruik die letters in die gekleurde blokkies om die naam van een van Suzuki se gewilde motors te vorm

Verskaf deur XWord.co.za

beter. Bluetooth-koppeling is nou standaardtoerusting en daar’s klankknoppies op die hoogte- en diepteverstelbare stuurwiel. Die Executive en Elite kry spoedbeperker-knoppies op die stuur by. As jy ’n Elite-variant ry, kan jou boonop die ix35 sleutelloos aansit. Ander veranderings sluit ’n nuwe klankstelsel in (met iPod- en AUXpoort asook USB-sok), ’n raakskerm (in alle modelle) met truratkamera (in Executive- en Elite-variante) en groter bekerhouers met blou agterbeligting. Hyundai se FLEX STEER-stelsel, wat jou toelaat om die stuur se weerstand te verstel, is Executiveen Elite-eienaars nou beskore. Die nuwe, tweeliter “NU Multiport”-petrolenjin wat die tweeliter “Theta II”-enjin vervang, het my

soms koud gelaat. Ek moes omtrént die tweelitertjie opwen om teen die Franschhoekpas uit te kom. Met ’n louerige 116 kW en 192 Nm tot my beskikking, het ek na meer woema gesmag. Tot my spyt het ek nie ’n kans gekry om die fris vierwielaangedrewe turbodiesel te ry nie. Die iX35 se nuwe sesspoed-handratkas is ’n plesier en dra daartoe by dat hierdie Koreaan nou meer soos die Europese premiumklas-kalante (soos die Audi Q3) begin voel. Die Hyundai ix35-pakket bied ’n vyfjaar- of 150 000 km-waarborg, ’n vyfjaar- of 90 000 km-diensplan en vyf jaar of 150 000 km se padbystand. Pryse strek van R319 900 tot R449 900. – Ané Theron

Wen met Suzuki G

ebruik die letters in die gekleurde blokkies om die naam van een van Suzuki se motors te vorm. SMS jou antwoord en jou naam en van voor of op Woensdag 26 Maart 2014 na 073 575 1774. Net een SMS per telefoonnommer. Deelname impliseer aanvaarding van die voorwaardes, wat

Die leidrade

www.SuzukiAuto.co.za

Dwars 3. Räikkönen, wat 2007 se F1­wê­ reldkampioen was (4) 6. Omstrede Fransman Alain __, wat vier F1­wêreldtitels gewen het (5) 7. Kultusheld van die silwerdoek, Ja­ mes __, wat in 1955 in ’n Porsche 550 Spyder verongeluk het (4) 8. Die Russiese Grand Prix vind van­ jaar hier plaas (dink aan die Olim­ piese Winterspele!) (5) 11. Die F1­kampioen die jaar voor Jo­ dy Scheckter, __ Andretti (5) 12. Brittanje se Hamilton (5) 13. Die Britte se man van 31 oorwin­ nings en 32 ongelukke, __ Mansell (5) 14. Houtsoort wat baie lig in gewig

op aanvraag beskikbaar is van justus.visagie@media24.com. Die wenner ontvang ’n Explorer 4x4 Medibox, wat ideaal is is (5) 16. Plek waar diere gras vreet (7) 19. Kleurryke blondekop­wedrenheld van die 1970’s, __ Hunt (5) 21. Snel beweeg (2) 22. Die beroemde renbaan in Baden­ Württemberg is naby dié Duitse dorp (10) 24. Uitroep van pyn (4) Af 1. Snelheid kan met dié afkorting aangedui word (3) 2. Die Kanadese Grand Prix is al meer as 30 keer op dié plek aange­ bied (8) 3. In die rigting om ’n renbaan soos die wysers van ’n horlosie loop (10) 4. Uganda se Amin (3) 5. Formule 1­wêreldkampioen in 1969, 1971 en 1973, __ Stewart (6)

Die nuwe, opgegradeer­ de Hyundai ix35. | FOTO: QUICKPIC

vir viertrekgeesdriftiges en ander motoriste. Dié sterk, kompakte, stofdigte noodhulptassie bevat eenvoudige noodhulpinstruksies en die inhoud is in netjiese kompartemente verdeel. Vir meer besonderhede, bel J. Pretorius by 082 793 7174 of stuur e-pos aan hom by info@medhealthkits.co.za. Gaan na www.medhealthcarekits.co.za vir meer inligting. ;Die wenner van Februarie se 4x4 Medibox is A.G. van der Westhuizen. 9. Drie van hulle (Phil, Graham asook Damon) was al wêreldkampi­ oen! (4) 10. Dié stad het sinoniem geword met die Italiaanse Grand Prix (5) 11. Australiese stad waar digby 20 Grand Prix­wedrenne al aangebied is (9) 15. Genesende waterbron (3) 17. Tele­TV is ’n anagram vir hierdie Sebastian! (6) 18. Bo die grond hou (3) 19. Die enigste wêreldkampioen op sowel twee as vier wiele, __ Surtees (4) 20. Bome in Stellenbosch se lanings (4) 21. Skotland se __ Clark, wat twee keer wêreldkampioen was voordat hy in 1968 verongeluk het (3) 23. Onder andere (afk.) (2)


23 Maart 2014

InRat 3

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

VW Golf R en Audi S3 Sportback

Roofvoëls van eenderse vere G

eesdriftige bestuurders kla gereeld dat moderne motors hulle al hoe meer van beheer, en dus bestuursgenot, ontneem. Motorvervaardigers glo egter dat veiligheid en werkverrigting verbeter word deur doeltreffende beheerstelsels, en daarom sal ons maar vrede moet maak met motors wat beter weet as ons. Die silwer randjie aan dié wolk is dat al hierdie stelsels soms in harmonie saamwerk en uitsonderlike motors oplewer. Ek het onlangs die voorreg gehad om twee sulke motors te leer ken, albei uit die Volkswagen-groep. Die nuwe Golf R is die vinnigste produksie-Golf nóg en draf net soos die Audi S3 Sportback binne vyf sekondes tot by 100 km/h, met ’n topsnelheid wat elektronies beperk word tot 250 km/h. Hul verrigtingsyfers is so eenders omdat hulle ’n onderstel deel en dieselfde twee liter-viersilinderenjin (met 206 kW en 380 Nm), viertrekstelsel en sesgang-dubbelkoppelaar-outoratkas gebruik. Hulle kos ook byna dieselfde: R486 200 vir die Golf, R500 500 vir die Audi. Die ooreenkomste eindig egter op papier, want op die pad verskil die twee motors verbasend baie. Albei het oënskynlik nimmereindigende padgreep en beter verrigting as wat ’n verantwoordelike bestuurder ooit op openbare paaie sal kan ontgin, maar waar die Golf bedaard en onverstoord voel, is die Audi se padgedrag merkbaar lewendiger. Dis waarskynlik te danke aan die Sportback se effens fermer vering.

Die nuwe Golf R is die vinnigste produksie­Golf nóg. | FOTO’S: MOTORPICS Geeneen van die twee raak egter ooit stamperig of ongemaklik nie – aan dié front is die Golf R/S3-nefies beslis ’n paar stappe voor al die ander super-blitsbukse soos die Mercedes-Benz A45 AMG en Opel Astra OPC. Die S3 Sportback en die Golf R spog ook met beter standaardtoerusting as hierdie opponente. Items soos Xenonhoofligte en dubbelsone-lugversorging is opsioneel by die AMG, maar standaard in die S3, R en OPC. Die Golf se klankstelsel het ’n volkleurraakskerm, terwyl die Opel met ’n enkelkleur skermpie oor die weg moet kom. Voorts is die materiaalkeuses en bougehalte in hul binne-

Die Audi S3 Sportback het sterk padgreep, nes die Golf R, maar sy stywer vering hou ’n groot voordeel in.

ruim eersteklas – beslis beter as die ander twee s’n. Die elektroniese stelsels is egter ’n openbaring. Dit maak nie saak watter eise die bestuurder stel nie, want die Golf R en Audi S3 vergoed selfs ’n uiters onbehendige bestuurstyl of slegte weerstoestande. Hulle bly geplant op die pad, en rits deur draaie asof ’n reuse-hand hulle vasdruk en rondstuur. Met die lepel plat en die stuurwiel hardhandig rondgepluk, kon ek duidelik voel hoe die rekenaars die wringkrag tussen al vier wiele rondskuif om my so vinnig en sekuur moontlik om die draaie te help – gedrag wat groot vertroue in die motors se padhou-

vermoë by die bestuurder inboesem. Dit het gevoel asof slegs ’n landery vol vars geploegde teflon hierdie twee motors se padgreep kan verminder, want ongelyke en nat paaie kon dit hoegenaamd nie regkry nie. Terwyl ek aanvanklik gewonder het hoe op aarde ’n Golf (of ’n Audi S3) ’n halfmiljoen rand werd kan wees, het ek ná die dag gewonder hoe enigiemand dit kon regkry om motors van dié kaliber vir net ’n halfmiljoen te bou. Ek kan nie aan motors dink wat meer gebalanseerde verrigting op alledaagse paaie bied nie. In hul prysklas is hulle eenvoudig sonder gelyke. – Martin Pretorius


4 InRat

23 Maart 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

Sinlose nutskar?

Audi Q3 RS

T

wee dekades gelede het Audi die motorwêreld verras het met ’n skokkend vinnige, Porsche-getoorde stasiewa – die RS2 Avant. Dié blitswa het gelei tot quattro GmbH, die Audi-ekwivalent van BMW se M- en Mercedes se AMG-afdeling. En nou het quattro GmbH nog ’n ongewone RSryding in sy reeks bekend gestel – ’n rooiwarm sportnutsvoertuig geskoei op daardie melkbaard veldryer, die Q3. Hoort dié opgewarmde Q3 (R696 500, sonder opsies) in Audi se RS-familie, of is dit eintlik net ’n slim bemarkingstruuk? Wel, gegewe die wêreldwye vraag na vinniger sportnutsvoertuie, asook Audi se soeke na nuwe marknisse, het dié model moontlik bestaansreg. Tog kan dit wees dat Audi ook nog ’n platform vir sy briljante turbo-vyfsilinderenjin (die TT RS s’n) gesoek het. In die RS Q3 lewer die 2,5 liter 20klep-enjin 228 kW en 420 Nm, genoeg volgens Audi om hom in net 5,2 s tot 100 km/h voort te stu. Gee hom gas, en sy vyfsilinder-meul se klankbaan herinner sterk aan dié van die oorspronklike quattro-karre . . . Ai, dis hemels. Tog voel dit half onvanpas in ’n sportnutsvoertuig, selfs met onberispelike padmaniere, danksy RS-vering en vet tekkies. Sy sewegang-S-tronic-ratkas is net soms ’n aks te stadig, en in kronkels werk dit beter in handrat-modus. Is die spesiale Q3 die RS-kenteken waardig? Myns insiens nie. Goed, met veranderde markbehoeftes sal daar dié wees wat die andersheid van dié half sinlose woelwa en die RS-kenteken sal waardeer. Tog, met byna R40 000 vir onmisbare 20-duim-skoeisel bygevoeg (vir ’n prys

van digby R750 000) teenoor net duskant R800 000 vir ’n S Q5 met standaard-20-duimers, is daar nog sin in ’n

Nuut

Audi SQ5

RS Q3? Veral as die groter dieselgedrewe S die kleiner RS se gat in ’n reguit lyn gaan skop? – Ferdi de Vos.

Audi se über-RS7

Die RS Q3 gebruik die TT RS se bekroonde enjin | FOTO: MOTORPRESS

Audi RS7

Nuut

A

Die SQ5 is Audi se eerste diesel­S­motor

| FOTO: MOTORPRESS

Spoed sonder dors D

ink net aan die voordele van ’n baie kragtige, maar ekonomiese dieselenjin in ’n luukse middelslagsportnutsvoertuig. Dis presies wat Audi gebou het: die verbasende nuwe Audi SQ5 TDI. Onder sy kap lê ’n dubbelturbo-V6paraffienstoof wat brul soos ’n petrolV8. Hierdie gladde drieliter ontwikkel 230 kW en 650 Nm, en met ’n agtgangkoppelomsetter-outoratkas (met ratspane) en Audi se quattro-viertrekstelsel wip hy binne 5,1 sekonde van stilstand tot 100 km/h en kan hy 250 km/h haal. Sy verrigting sal ook nie jou bankrekening leegmaak nie, want hy beloof om net 6,8 l/100 km te drink. Dis dalk

wensdenkery van Audi, maar die SQ5 is die soort ryding wat by ’n Jeep Grand Cherokee SRT sal kan byhou terwyl hy omtrent ’n derde van die SRT se brandstof gebruik. Audi se eerste diesel-S-motor kry boonop stywer vering wat hom 10 mm laer laat hurk en sy 20-duim-laeprofielbande klou verbete aan die pad, maar ten koste van ’n bietjie rygerief. Nuwe kantspieëls en -sierroosters skep saam met die S-line stileringspakket ’n treffende, maar stemmige voorkoms. Teen R794 500 vereis die Audi SQ5 TDI egter ’n vet bankrekening, maar dit maak hom net meer eksklusief, en dus meer gesog. – Martin Pretorius

udi se RS-verrigtingsreeks was nog nooit juis gematig nie en versnellopies van onder 5 s (0-100km/h) is algemeen. Maar dit was duidelik nie vinnig genoeg nie, want Audi het onlangs 560 wilde perde in sy koepeeagtige vierdeur-RS7 Sportback ingespan om met die CLS 63 AMG, M6 Gran Coupé en Porsche Panamera Turbo S te baklei. ’n Stewige 412 kW en ’n volle 700 Nm gelewer deur sy vierliter-V8 TFSi-kragbron met dubbele turbo’s laat die RS7 volgens Audi in ’n skamele 3,9 s tot 100 km/h blits. In standaardvorm is sy topspoed tot 250 km/h beperk, maar met die opsionele dinamiese pakket word die grens tot 280 km/h verhoog, en met die dinamiese plus-pakket is dit 305 km/h – wat die ongeskrewe reël tussen die Duitsers om topsnelheid te beperk tot 250 km/h, belaglik maak. Dis egter van minder belang, want hóé die RS7 daardie snelhede bereik, is wat saak maak. Plant jou regtervoet, en die groot basterkoepee vlieg onthutsend vinnig uit die blokke. Danksy quattro-drywing en vinnige dubbelspoel-turbo’s flits 120 km/h in ’n oogwink verby, en die grootste uitdaging in dié weeldeblits is om by die snelperk te hou. Sy borrelende V8 se grom kan met die druk van ’n knop nóg dieper gemaak word danksy ’n sport-uitlaatstelsel met klank-kleppe. Volgens Audi verseker sy silinder-opaanvraag (COD)–tegnologie, wat vier van die agt silinders teen laer snelhede

Die RS7 is die kragtigste motor in Audi se RS­klub | FOTO: MOTORPRESS de-aktiveer, asook outo-aan-/afskakel- en hittebestuurstelsels dat die vuurwa amptelik minder as 10 liter/100 km gebruik. Die krag van die supergladde kragbron word deur ’n soomlose agtgangtiptronic-ratkas na al vier wiele (40% na voor en 60% na agter) gestuur. Elektroniese wring-vektorsteun verseker dat die dryfstelsel en lugvering (wat die bakwerk met 20 mm laat sak) ’n mate van sywaartse beweging toelaat, wat dit selfs nóg makliker maak om die groot koepee in die draaie te plant. ’n Sportveerstelsel met dinamiese ritbeheer (DRC) en ’n sport-ewenaar is opsioneel beskikbaar, asook 420 mmkoolstofvesel- en keramiek-remskywe as deel van die dinamiese pakket. Die normale 290 mm-skywe doen hul werk uitmuntend, maar die keramiek-stelsel gee dodelike stilhoukrag. In die draaie is die RS7 uiters padvas. Sy stuurgevoel is akkuraat en sekuur, dog effens dood, en selfs met dinamiese ritbeheer is sy padgedrag ferm, maar nie stamperig nie. Vir byna R1,5 miljoen is hy duur, maar mededingend teen die CLS 63 AMG S en BMW M6 Gran Coupé, en beslis ’n goeie opsie om te oorweeg in hierdie klas. – Ferdi de Vos


23 Maart 2014

InRat 5

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut Die Swift­sedan – die DZire – het ’n kleiner, goedkoper enjin en is dus binne die bereik van meer mense. | FOTO: SUZUKI

Die Swift DZire en 1.2 liter­luikrug is ook gebou om Suid­Afrikaanse padtoestande (en slaggate) te hanteer deurdat hy ’n bietjie hoër van die grond af is en hoëprofiel­bande het.

DZire is stylvol en parmantig D

ie Suzuki Swift is ’n begeerlike motortjie, maar sy prys lê deesdae by die R200 000-kerf, wat hom buite vele van sy aanhangers se bereik plaas. Hy’s dit werd, maar wat van ons ouens wat nader aan die R125 000-kerf koop? Suzuki se oplossing is ’n kleiner, 1.2 literenjin en minder toerusting. Maar hy vat nie net weg nie, hy voeg ook by: Vir die eerste keer is daar nou ’n Swift-sedan beskikbaar, en hy noem hom DZire. Die intreevlak-1.2 liter-Swift GA-luikrug kos net R126 900 en die Swift DZire GA R128 900, met lugreëling, kragstuur en twee lugsakke, maar sonder sluitweerremme. As jy daardie belangrike ABS-remme wil hê, moet jy R136 900 uithaal vir die Swift GL of R138 900 vir die Swift DZire GL, wat elk ook ’n vierluidspreker-radio/CD-speler het waardeur jy musiek op ’n geheuestokkie of iPod kan speel, met klankbeheerknoppies aan die stuurwiel. Ander bykomende toerusting wat die GL bied, is onder meer elektriese vensters, ’n afstandbeheerde sluitstelsel en misligte. Allooiwiele kos R4 000 ekstra. Die nuwe “junior” Swifts is so stylvol en duursaam binne soos hul duurder gesinslede. Die Swift DZire lyk boonop parmantig met die langer, stomperige stertjie. Daar is ook ’n volgrootte noodwiel in die 300 liter-kattebak, wat ’n derde groter is as die luikrug se eina 210 liter. Al wat verklap dat daar geld gespaar is, is die goedkoop oortreksel van die sonflappies. Dis jammer dat die DZire ligte bekleedsel het wat gou vuil sal lyk. Ek sou dadelik sitplekoortreksels koop. Die bekendstellingsroete het ons oor die Helshoogtepas gelei tot in Stellenbosch en deur Gordonsbaai tot in Pringlebaai. Hoewel die Swifts se vae stuurgevoel veel te wense oorlaat, het hul hantering ons beïndruk. Ons Swift DZire GL het hom besonder goed gedra oor Clarenceweg se wilde kronkels. Die Swift DZire en 1.2 liter-luikrug is ook gebou om Suid-Afrikaanse padtoestande (en slaggate) te hanteer deurdat hy bietjie hoër van die grond af is en hoëprofiel-bande het. Die enjin se 65kW en 113Nm sukkel nie om die mas op te kom nie, solank jy jou reghou om die ratkierie te roer. Gelukkig is die vyfgang-handratkas se skuiwe so glad soos ’n gebruiktemotor-verkoopsman. Die viergang-outoratkas-Swifts was ongelukkig nie op die bekendstelling nie. Die nuwe Swifts maak dié ryding se deugde – soos sy rygerief en verfyndheid – vir soveel meer kopers bekombaar. ’n Diensplan van twee jaar of 30 000 km is ingesluit. – Ané Theron


6 InRat

23 Maart 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

Mercedes­Benz SLK Die AMG­pakket is nou standaardtoerus­ ting vir die SLK­reeks. Dit verbeter sy stuur en hantering asook sy voorkoms en binneruim. | FOTO: ANÉ THERON

Kitsgelukbringer s die vorige generasies van die Benz SLK meestal opgeraap is deur welgestelde vroue en suksesvolle haarkappers, is die jongste weergawe beslis meer T-been as vroue-lendeskyf. Met atletiese lyne wat neig na die peperduur SL-klas, het Mercedes-Benz nou heelwat meer mannekopers in sy visier. Hy het ook onlangs ’n nuwe weergawe tussen die SLK 200 en die SLK 350 op die spyskaart gevoeg: die SLK 250. Sy aandrywing kom van dieselfde 1.8 literviersilinder wat in die SLK 200 sit, maar die ingenieurs het aan die 250 se enjinsagteware gepeuter sodat hy meer woema as die 200 het. Binne-in lyk dit soos jy sou verwag van

A

’n R648 500 Duitse sportmotor: Recarosportsitplekke in leer (standaard) en ’n geordende, klassieke uitleg. Maar die oomblik as jy die handvatseltjie lig om sy (harde) dakkie oop te maak, vlieg alle logiese denke daarby uit. My mondhoeke strek verby my ore en vir ’n oomblik vergeet ek van hongersnood, geweld en die gat in die osoonlaag. Die eerste rit in die SLK neem ons van Hermanus, deur Napier en Bredasdorp na Arniston se turkooisblou see. Hoewel dit nog koel is buite, het die SLK ’n standaardfunksie genaamd Airscarf. Dit gelei warm lug deur die sitplek na ’n opening by die bestuurder se nek – die passasier s’n ook. Die sitplekke is

Slim enjins bied hope krag en besparing

Volvo­enjins

ook verhitbaar. Die Harman Kardon Logic 7-surround sound-klankstelsel (R9 600) klink so diep en suiwer dat selfs die kwaai Suid-Ooster nie met die klank kon inmeng nie. Ons kon ook teen 130 km/h met mekaar gesels sonder om harder te praat om bo enige windgeruis hoorbaar te wees. Ons toetsmotor was toegerus met die COMAND aanlyn- stembeheerbare GPS (R23 500!) wat jou blykbaar net verstaan as die dak toe is, maar ’n mens kan ook die beheerknop wat onder jou linkerpols sit, gebruik. Terwyl ek stadiger voertuie verbysteek (en alles gee wanneer ek dit doen) trap my vriendin Nina langs my viervoet teen

die SLK vas. Die 1.8 liter-turbo-enjin is vurig: jy hoef net jou groottoon teen die versneller te laat rus, dan trek die SLK weg soos ’n skrikgemaakte springhaas. Die sewespoed outo’kas haal uit en wys sonder dat jy dit kan hoor. As die turbo ’n oomblik nodig het om aan die gang te kom, gebeur dit so gou dat ek nie daarvan bewus is nie. Met sulke warm verrigting sou ’n mens verwag dat die SLK petrol vreet, maar 7.9 liter/100 km op die oop pad is heel skaflik. In die stad kan jy jou reghou vir 10 tot 12 liter/100 km. Die ECO-knoppie was te alle tye ingedruk, wat beteken die enjin vrek met die stilhouslag en vat (geluidloos) wanneer jy wegtrek. ’n Week later is dit tyd vir die SLK om terug te gaan Kaapstad toe en dié keer is ek alleen. Om Clarence Drive (die prentjiemooi roete tussen Gordonsbaai en Rooi-Els) dakloos in ’n nuwe SLK te ry, was nog altyd bo-aan my wenslys. Wanneer ek Rooi-Els nader en die wind deur my hare voel, verstaan ek waarom ’n mens jou swaarverdiende geld binne een impulsiewe oomblik kan blaas op hierdie kalant. Die SLK wil een wees met die pad en die kronkels en draaie is sy kos. Ek het verwag dat die suspensie fermer sou wees, maar my stopsels sit nog net so stewig as voorheen. Nadat ek die SLK terugbesorg het, speel The Ballad of Lucy Jordan (gesing deur Marianne Faithfull) deur my kop: At the age of 37, she realised she’d never ride through Paris in a sports car, with the warm wind in her hair So, as jy beplan om dit te doen, kan jy nie ’n fout begaan met die SLK nie. En al was dit nou nie Parys nie, is ek darem nou eers net-net aan die verkeerde kant van 35. – Ané Theron PRYS R648 500

Nuut

D

inge is aan die roer by Volvo. Eers laat hulle ons mond water met pragtige konsepmotors om sy toekomstige ontwerpsrigting bekend te stel (en aan te dui hoe die nuwe XC90 gaan lyk), en nou het hy ’n kraakvars enjinreeks begin vervaardig. Die nuwe enjins heet Volvo Drive-E en gaan stelselmatig sy hele petrol- en dieselreeks vervang. Almal is tweeliter-viersilinders met drukaanjaging. Die T6 het ’n drukaanjaer én ’n turbo om 224 kW te ontwikkel, terwyl die ander enjins slegs turbo’s gebruik. Daar is ook ’n nuwe agtgang-koppelomsetter-outoratkas wat minder weeg as die ou sesgang-eenheid en vinniger en gladder ratte wissel. Die motivering vir ’n nuwe enjinreeks is tweeledig. Vir eers ontwikkel Volvo ’n nuwe onderstel vir sy toekomstige motors. Dit berus op gedeelde onderdele

Volvo se Drive­E­enjins is nou in sy 60­reeks te kry | FOTO: QUICKPIC tussen die verskillende modelle en maak dit sinvol om die bestaande wye reeks enjins te rasionaliseer. Om die produksieproses te vereenvoudig, gebruik al die nuwe enjins dieselfde enjinblokke en krukasse, met slegs die brandstofinspuiting, silinderkoppe, suiers en suierstange wat verskil tussen die petrol- en dieselenjins. Die hoofrede vir Drive-E handel egter oor die CO2-inhoud van die uitlaatgasse. Die nuwe enjins is ontwerp om minder daarvan vry te stel, sonder om verrigting in te boet. Die verbetering is dramaties: Die S60 T6 het byvoorbeeld voorheen 231 g/km CO2 die atmosfeer in-

geblaas, terwyl die nuwe enjin net 149 g/ km vrystel. Die hele reeks toon soortgelyke verbeteringe en is nou die nuwe klasleiers op dié gebied. Suid-Afrika se eerste blootstelling aan die nuwe enjin is in Volvo se 60-reeks: Die S60, V60 en XC60 se T5-variante kry die nuwe enjin in 180 kW- en 350 Nmpetrolvorm, en die D4-variante se ou vyfsilinder word vervang deur die dieselviersilinder met 133 kW en 400 Nm. Met die bekendstellingsrit kon ons die ou enjins direk met die nuwelinge vergelyk en die resultaat is oorweldigend positief. Die Drive-E-eenhede is stiller en lewen-

diger en verbeter selfs die motors se padhouvermoë danksy ’n massabesparing van tot 30 kg bokant die voorwiele. Hulle werk dus nie net versigtiger met die voggies en doen minder skade aan die omgewing nie, maar hulle maak die motors ook aangenamer om te ry. Hierdie eerste blik op Volvo se planne beloof groot verbetering vir sy toekomstige modelreeks. Volvo-entoesiaste sal breed glimlag, maar ek vermoed daar is ’n klomp enjin-ingenieurs oor die wêreld heen wat bekommerd toekyk hoe Volvo die tegnologiese leierskap by hulle oorneem. – Martin Pretorius


23 Maart 2014

InRat 7

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Oral tuis, maar meer op teer D

aar’s net een ryding waarin popsterre, oliesjeiks, James Bond en Mafiabase almal tuis voel. Van onherbergsame woude waar getuies kan “wegraak”, tot die luuksste hotelle oor die wêreld heen kan geen ander motor meer rolle suksesvol vertolk as die Range Rover nie. Die vierde generasie Range Rover, wat groter en duurder as die Range Rover Sport is, is onlangs bekend gestel. Twee enjinkeuses is in die Reënboognasie beskikbaar, naamlik ’n vyfliter-drukaangejaagde petrolenjin en ’n 4,4 liter-turbodieselenjin. Ons toetsmotor was die dieselweergawe met die duurder Autobiography-spesifikasievlak (waar Land Rover sommer al die opsie-blokkies namens jou afmerk). Die nuwe Rangie is die eerste sportnutsvoertuig wat in ’n aluminiumbaadjie toegevou is. Dit beteken hy het ’n hele Stormer-voorry, of 350 kg, in die proses verloor. En die resultaat van sy dieet is merkbaar sodra jy die souslepel trap. Ek het onlangs ’n Discovery 4 gekoop en met my eerste ontmoeting met die Rangie gee ek toe vet met dieselfde oorgawe as wat ek in my Disco doen. My verbasing was groot toe die nuweling soos ’n windhond wegspring en versnel sonder ’n teken van uitasem raak. Dit het my genoop om gou ankers te gooi. Weer eens was die voordele van die drastiese dieet duidelik, want die Range Rover stop beslis gouer as my Discovery van bykans 2,6 ton. Die 0-100 km/h-naelloop is verby ná slegs 6,9 s en die topsnelheid word elek-

Range Rover Autobiography SDV8

ToetsRit

Range Rover Autobio­ graphy SDV8: Kind van die S­Klas­Benz en Discovery 4 | FOTO: NP

tronies beperk tot 217 km/h. Maar dit is die Range Rover se hantering wat beïndruk. Deur die draaie is daar nie veel teken van bakrol nie; hy bly dus regop deur die bergpasse. Die motor voel ook nie soos ’n 5 m lange landskip nie en hanteer uiters maklik in die stad. Die binneruim van die Range Rover, en veral op Autobiography-vlak, staan vir geen Duitse weeldemotor terug nie. Daar is meer kameras rondom die motor as in Kim Kardashian se slaapkamer, DVDskerms in die kopstukke van die voorste sitplekke en stelsels wat die motor parkeer en jou waarsku as ’n ander motor in die blindekol is, om maar ’n paar te noem. Die DVD-skerms met koordlose oorfone was veral ’n wenner in ons vyfjarige Mia se oë. Sy wou gedurig weet wanneer ons weer kan gaan fliek in die Range Rover. Maak die deur oop, en jy besef baie beeste moes hul lewe vir hierdie motor opoffer! Selfs die kajuit se plafon is met leer bedek. Die voorste en agterste twee sitplekke kan verhit, verkoel en selfs masseer. Dit is ook moontlik om ’n gewone agterste bank te spesifiseer as jy

meer as die gemiddelde 1,8 kinders het. Die afwerking en materiale in die Range Rover is puik. Die afwesigheid van ’n spul knoppies op die instrumentepaneel is ’n verfrissende verandering vergeleke met dié van ander vervaardigers. Die stelsels in die motor word meestal beheer via die sentrale raakskerm. Die Range Rover het ook Land Rover se uitstekende “Terrain Response System”, waarmee die bestuurder tussen ’n klomp veldry-programme kan wissel na gelang van die toestande. ’n Verandering in nuwe Range Rovers (Range Rover Sport ingesluit) is dat daar nou ’n ekstra “outo”-funksie is. In hierdie modus besluit die motor self hoe die suspensie, versneller, ewenaar en rithoogte moet verander om jou veilig aan die oorkant van die versperring of poloveld te kry. Terwyl ek soos ’n adellike deur die strate van Durbanville gery het, het een vraag my gepla: “Sal ek hom koop?” Ek twyfel. As ’n Mafiabaas ’n pistool teen my kop hou en dwing om R1,84 miljoen op my vervoer te bestee, sal ek ’n Discovery 4S

ToetsRit

én ’n Jaguar XJ gaan koop (ek probeer maar in die Tata-stal bly). Die Rangie se goeie maniere op teer het ’n prys, want ons toetsmotor met 21 duim-bande was nie heeltemal gelukkig op die stamperige grondpad nie. My Discovery was veel gemakliker op dié terrein. Land Rover het dus, met reg, gefokus op die areas waar die Rangie 95% van sy lewe gaan deurbring. Grondpaaie tussen die landgoed en poloveld is seker die swakste terrein waarop die meeste Range Rovers hulself gaan bevind. En dis jammer, want Range Rovers was altyd baie bevoeg van die teerpad af. Ek twyfel egter of enigiemand (gereeld) ’n koets van R1,84 miljoen – met laeprofielrubber – die wildernis gaan inneem. Maar as geld nie ’n probleem is nie en jy soek ’n motor wat alle situasies kan baasraak, staan die Range Rover in die mark sonder gelyke. Wys my nog ’n voertuig wat vanoggend 3,5 ton kan sleep en vanaand, nadat James hom blink gepoets het, nie uit sy plek lyk voor die One & Only Hotel se voordeur nie. – Pieter-Jozua Erasmus PRYS R1 840 200

Land Rover

Landies kan nou regtig oral ry ‘A

frika is nie vir sissies nie.” Dit kan dalk ’n geykte uitdrukking wees, maar die waarheid is dat padtoestande noord van ons landsgrense uiterste eise stel aan enige voertuig. Tussen beskadigde bande en riviere wat oornag ontstaan danksy rekord-reën in Botswana, is dit moeilik genoeg om aan die beweeg te bly, laat staan nog sukkel met ’n verdwalery. Die goeie nuus is dat die Land Rover Discovery en Range Rover Evoque nou ’n dubbele stel kaarte vir hul navigasiestelsel het: vir stadsgebruik kan ’n mens die oorspronklike Nokia Maps gebruik, maar wanneer die pad in die bos in lei, of waar daar nie regtig pad is nie, kan ’n mens oorskakel na Tracks4Africa-kaarte om dekking van meer as 70% van alle paaie in Afrika te kry en om darem te sien waar die naaste watergat is.

Die Land Rover Discovery met sy nuwe sierrooster Albei motors is effens vernuwe vir 2014. Die Discovery kry sowel ’n nuwe sierrooster en voor- en agterligte as ’n nuwe enjinvariant: die V8-petrolstoof word vervang deur ’n drukaangejaagde drieliter-V6 wat 250 kW en 450 Nm lewer. Die V6 sorg vir lewendiger verrigting en is minder brandstofdors met sy standaard- agtgangoutoratkas, maar ons mis die ou V8-klank. Die nuwe SCV6-variant se rigpryse begin by R836 629. Die kleiner Evoque is meer ingrypend verander en word die eerste motor in

| FOTO’S: QUICKPIC

Suid-Afrika met ’n negegang-outoratkas. Hierdie nuwe ZF-koppelomsetter-ratkas is 7.5 kg ligter as die ou sesganger en glip vinnig en gladweg tussen ratverhoudings. Die eerste rat is baie laag gerat om veldwerk makliker te maak, terwyl brandstofverbruik minder behoort te wees omdat nege ratte sy bene op die oop pad rek. Hy’s steeds nie ’n ware bosvoertuig nie, maar met daardie kort eerste rat kan hy teen steiler hellings uitklouter as voorheen. Die nuwe intreevlak-Evoque heet die

“Pure”. Hy moet klaarkom sonder die tru-kamera, 19-duim-wiele, Xenon-hoofligte en sondak waarmee sy stalmaats toegerus is, maar teen R597 900 kos hy omtrent R80 000 minder as die Prestigevariant (die volgende weergawe op die pryslys). Met minder brandstofverbruik, beter werkverrigting en veldryvermoë asook die gemoedsrus van ’n omvattende navigasiestelsel, pas die nuwe Discovery en Evoque nóg beter in Afrika. Hulle is ook nie vir sissies nie. – Martin Pretorius


8 InRat

23 Maart 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

UitklopToets

Chevy Sonic RS v Suzi Swift Sport

23 Maart 2014

InRat 9

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

ToetsRit

Subaru WRX

Twee kapokkies laat die vere waai C

hevrolet se terugkeer na Suid-Afrika verloop tot dusver heel suksesvol. Sy produkreeks het iets vir amper elke koper, maar naas die onlangs afgetrede Lumina SS, was daar nog nie weer ’n motor wat na die sportiewe kant geneig het nie. Die nuwe Sonic RS bring egter goeie nuus vir Chev-aanhangers wat ’n op-en-wakker ryding wil hê wat ook prakties en bekostigbaar is. ’n Mens sien dadelik die Sonic RS is ’n man met ’n plan: Daar’s ’n turboaanjaer aan sy 1400cc-enjin vas, ’n sesgang-handratkas, 17 duim-allooiwiele en vering wat hom ’n sentimeter nader aan die pad laat hurk. Nuwe buffers onderskei hom van sy stalmaats, en leerbeklede sportsitplekke en ’n kleiner stuurwiel kikker sy binneruim op. Dié doelgerigte nuwe voorkoms maak ’n mens lus om die sleutel te gryp en te gaan ry – verkieslik op ’n stuk pad met baie kronkels. Maar as hy ’n junior blitsbuksie met aansien wil wees, moet hy sy man kan staan teen die kampioen in hierdie segment, nie waar nie? Daardie kampioen heet Suzuki Swift Sport, en hy is, nes sy mindere boeties, vernuwe vir 2014. Hy kry nie die kosmetiese veranderinge van die ander Swiftvariante nie, maar dis nie regtig nodig nie omdat hy steeds astrant lyk – veral met ons toetsmotor se Gifappel-geel bakkleur. Al wat Suzuki byvoeg, is die Bluetoothversoenbaarheid vir die klankstelsel asook snelheidsbeheer. Hy’t steeds ’n 1600-enjin (sonder ’n turbo, maar met ’n groot lus vir hoë toere) en ’n sesgang-

Nuus

In die linkerhoek: die giftige geel Suzy Swift Sport. In die regterhoek: die gruwelike grys Chev Sonic RS | FOTO: YOLANDE STRYDOM handratkas. Kan hy staande bly teen die skoorsoekerige Chevy? Albei het hul glanspunte, dus hang dit af wat ’n mens van so ’n motortjie verwag. Hulle is byna presies ewe groot, kos albei omtrent R225 000 en bied soortgelyke kraglewering: 100 kW in die Suzuki en 103 kW in die Chevy. Maar die Sonic RS se eerste hou slaan die Swift amper katswink, ten eerste danksy ’n turbo-enjin wat hy by Opel loop haal het. Die Chevy se turboaanjaer gee hom heelwat wringkrag, en danksy 200 Nm en kort ratverhoudings gee hy moeitelose versnelling in die hoë ratte. Maar wanneer die Suzuki bo 4 400 r/min (waar hy sy maksimum van 160 Nm lewer) aan die sing raak, verander die storie en van daar af hou hy tree vir tree by die Sonic. Ongelukkig voel hy effens asmaties teen lae toere, maar sy luidrugtigheid naby die rooi lyn vergoed daar-

Chevrolet Trailblazer

voor. Die Swift se toergierige 1600cc is dus charismaties, maar wringkrag wen die eerste rondte vir die Sonic RS. Praktiese oorwegings tel ook in die Sonic se guns. Sy binneruim en bagasiebak is heelwat groter en sy nuwe MyLink raakskerm-klankstelsel is een van die beste in sy soort. Dis heelwat makliker om te gebruik en het ’n beter klankgehalte as die Swift se ouer stelsel. Suzuki veg terug met sleutellose toegang en ’n gemakliker bestuurposisie. Voorts is die Suzuki se materiaalbeklede sportsitplekke veel gemakliker, met meer sywaartse ondersteuning wanneer ’n mens deur draaie ry. ’n Kronkelpad is sonder twyfel dié twee karretjies se gunsteling-speelplek. Albei beloon met hope padgreep en genoeg stuurterugvoer om te weet wanneer die bande begin greep verloor. Maar die Suzuki verander meer gretig

van rigting, en sy vering gee ’n beter balans tussen rygerief en hantering. Sy ratskakeling is ook gladder as die Sonic RS s’n, en dit moedig ’n mens aan om op en af deur die ratte te speel. Gesien as ’n alledaagse verrigtings-buksie vermaak die Swift Sport sy bestuurder, en daarom wen hy hierdie rondte. Dit hang dus af wat jy van jou klein luikruggie wil hê, want albei motors doen verskillende dinge baie goed. As alledaagse gerief en toeganklike verrigting jou belangrikste oorweging is, kies die Chev Sonic RS. Maar junior blitsbuksies moenie net prakties en vinnig wees nie, hulle moet genotvol wees om te bestuur ook: Hulle moet gesels met jou hart én jou verstand. Daarom wen die Swift Sport met sy gillende enjintjie en hitstjor-hantering hierdie vergelyking met ’n tegniese uitklophou. – Martin Pretorius

Nuus

Kia Sportage

Die WRX is ’n kar duisend. Net jammer hy verbrand gou ’n duisend rand se petrol. Sy plaasvervanger sal aansienlik versigtiger daarmee werk

Die koning is dood, lank lewe die keiser M

Chevrolet se Trailblazer is nou mooier, kragtiger en nuttiger

Trailblazer kry kraginspuiting G

enoeg was nog nooit genoeg nie. Of dit nou lekker kos is of krag in ’n motor, daar is altyd plek vir meer. Chevy se nuut-verfriste Trailblazer is ’n goeie voorbeeld hiervan, want hy het pas ’n ekstra dosis krag ontvang. En om dit te vier, het Chevrolet sommer ’n spul ander goed ook verbeter. Sowel die 2.5- as die 2.8 liter- se dieselenjins is hersien. Die 2.5 liter lewer nou 10 kW meer vir ’n totaal van 120 kW, en die 2.8 lewer nou 144 kW teenoor die vorige model se 132 kW. Die outomatiese 2.8 ontvang ook ’n ekstra 30 Nm, en het nou 500 Nm om boomstompe en jet-ski’s mee rond te sleep. Hul brandstofverbruik daal effens na gemiddeld 8.0 en 8.5 liter/100 km vir die 2.5- en 2.8 liter-variante. Die 3.6 liter-V6-petrol se 176 kW en 329 Nm en verbruik bly onveranderd. Saam met die verbeterde enjins het Chevrolet ook die Trailblazer se binne-

Kia Sportage vernuwe

| FOTO: QUICKPIC

ruim vasgevat. Alle variante se kleurskema is verander van ’n bruinerige roomkleur na ’n donkergrys, en dit lyk nou spiekeries. Nuwe standaardtoerusting is bygevoeg, waarvan die belangrikste item die nuwe MyLink-klankstelsel is. Hy gebruik ’n kleurraakskerm van 18 cm om alle radio-, USB-, Bluetoothen multimedia-funksies te hanteer, en kan DVD’s terugspeel. ’n Ander nuttige nuwigheid, standaardtoerusting vir die reeks, is ’n klomp ekstra funksies vir die ritrekenaar, sowel as ’n verstelbare snelheidswaarskuwing. Die kaneel op die melktert is dat die LTZ-variante nou ook ’n trukamera as standaardtoerusting bied. Die nuwe Trailblazer se pryse is steeds mededingend, en wissel tussen R386 500 vir die 2.5D LT 4x2 handrat, en R506 400 vir die 2.8D LTZ 4x4 outo. Die 3.6 V6 LTZ 4x4 outo kos R516 700, ingeval ’n oliesjeik sou vra. – Martin Pretorius

Kia se gewilde Sportage is nou selfs moeiliker om te weerstaan | FOTO: QUICKPIC

K

ia se uiters gewilde Sportage sportnutsvoertuig was onlangs onder die mes. Sy herontwerpte ligte, sierrooster, voorste buffer en nuwe allooiwiele laat hom meer modern voorkom, maar die groot verbetering is onder die enjinkap waar ’n nuwe tweeliter-enjin en ’n ewe nuwe sesgang-handratkas pas ingetrek het. Die nuwe petrolenjin gebruik steeds nie direkte brandstofinspuiting of ’n turbo om hom aan te help nie en dus is sy kraglewering nie asemrowend nie: Die nuwe petrolenjin lewer 116 kW en 192 Nm (6 kW en 5 Nm minder as voorheen), maar die nuwe enjin se wringkrag is nou oor ’n wyer toerestrek beskikbaar. Gekoppel aan sowel die nuwe petrolenjin as die onveranderde tweeliter-turbodiesel (wat steeds 130 kW en 392 Nm lewer) is ’n keuse tussen ’n nuwe sesgang-handratkas en ’n verbeterde sesgang-koppelomsetter-outo’kas. Die ekstra ratverhouding in die handratkas

behoort werkverrigting te verbeter en brandstofdors te beperk. Alle variante met vierwielaandrywing ontvang ’n topgehalte Infinity klankstelsel met Bluetooth-versoenbaarheid en ’n kleurraakskerm, wat ook optree as die tru-kamera se vertoonskerm. Die Infinity-stelsel beskik ook oor ’n ekstra basluidspreker om klankgehalte verder te verbeter. Alle variante vind egter baat by die nuwe materiaalkeuses vir die binneruim en die ekstra klankdigting. Die Sportage se rigpryse begin by R309 995 vir die 2.0 Ignite, gevolg deur ’n hele mengelmoes van enjins en aandryfstelsels. Die duurste variant is die 2.0 AWD CRDi outo teen R408 995. Die waarborg geld vir vyf jaar of 150 000 km, en ’n diensplan vir daardie vyf jaar of 100 000 km is ingesluit by die koopprys, net ingeval die kombinasie van mooi stilering en goeie waarde nie genoeg is om kopers te wen nie. – Redaksie

| FOTO’S: YOLANDE STRYDOM

illy’s is ’n bekende halfwegstasie tussen Middelburg en Nelspruit, en dis waar ek intrek vir brandstof, want net 240 km uit Pretoria staan die petrolnaald op kwart. Skielik begin ek twyfel oor die wysheid van my besluit om die 2013 Subaru WRX in sy natuurlike habitat te gaan bestudeer: Die Mpumalanga-kronkelpaaie is nog ver, en as hierdie monster so aanhou petrol suip, gaan ek moontlik met ’n ewe leë petroltenk as beursie iewers in die gramadoelas tot stilstand kom. Die brandstofdors is die een rede vir my bekommernis, die ander is sy luidrugtige sport-uitlaatstelsel. Ná 50 km op die deurpad voel dit of ek in ’n nagklub probeer gesels, en ná 200 km is my hoofpyn in volle swang: Daardie basnoot is indrukwekkend en intimiderend in die stad, maar op die oop pad soek ek naarstiglik na ’n paar stukkies sneespapier om in my ore te druk. Maar ’n klein entjie anderkant Machadodorp kry ek ’n voorsmakie van die pret wat op my wag. Die afdraaipad na Schoemanskloof verskyn, en die Subaru WRX se bestaansrede begin deurskemer. Want soos die opdraandes ál steiler word, en die pad ál meer kronkel, word die WRX ál lewendiger. Hy moedig my aan om die ratkierie te roer en gebruik sy skynbaar oneindige padgreep om die horison te jaag. Ná nog ’n petrol-stop op Graskop durf ek die smal paadjie na Pelgrimsrus aan, en die Subaru WRX is soos ’n roofvis in die water. Sy voorwiele vind skoon lyne deur die draaie, sy Boxer-enjin stort ’n hoop wringkrag deur die viertrekstelsel op die pad uit, en sy vering is vergewend genoeg om ongelyke paaie met ge-

So lyk die vuurwarm nuwe Subaru WRX wat ons paaie binnekort gaan versier. Hy word vanjaar nog gevolg deur die witwarm STI | FOTO: VERSKAF mak te kan hanteer, maar verhoed steeds dat die bak oorleun. Hy hou my ook heeltyd in beheer, danksy ’n stuurstelsel wat die ideale kombinasie van direkte reaksies en hope terugvoering oor die padtoestande lewer, terwyl sy stabiliteitsbeheer ’n wakende oog oor my vordering hou. Een feit word duidelik op hierdie tog: As jy vinnig van punt A na punt B wil reis, maar daar is ’n klomp draaie, reënweer en slegte paaie tussen die twee, sal jy wyd moet soek om ’n meer bekwame motor vir die taak te vind – die WRX se tydren-geskiedenis kom handig te pas. Dit word selfs pret om uit te swaai vir Mpumalanga se berugte slaggate. Ek’s nog besig om myself te verwonder

aan die WRX se vermoë om kilometer ná kilometer te verslind toe Dullstroom voor my opdoem – en daarmee saam, nog ’n vulstasie. Dis goed so, want Graskop se 95-oktaan hang agter my in ’n wolkie oor die Mpumalanga-bergpasse. Dit beteken ook dat ek die lang stuk snelweg terug huis toe moet aandurf – met daai dreunende uitlaatklank wat die klankstelsel oorweldig. My hoofpyn is gelukkig vergete danksy adrenalien. Die WRX se foute voel egter steeds weglaatbaar sodra jy hom toelaat om sy werk behoorlik te doen. Ja, die Subaru WRX het foute. Sy sitplekke kon die bestuurder stewiger in sy plek gehou het, sy klankstelsel is amper onhoorbaar, en sy 2,5 liter-turboenjin se

dors is skokkend, veral as jy aanstoot. ’n Sesgang-ratkas ( ja, daar’s net vyf!) sou daardie dors ietwat getemper en die kajuit baie stiller gemaak het. En sy ontwerp is behoorlik verouderd – iets wat duidelik blyk uit die harde plastiek en outydse uitleg in die binneruim. Gelukkig gaan ons binne enkele maande kennis maak met ’n splinternuwe WRX, wat werk maak van die ou weergawe se foute en sy glanspunte nog verder poleer. Die dorstige 2,5 liter-Boxer word vervang deur ’n weergawe van die Forester XT se nuwe 2 liter-Boxer met direkte inspuiting en ’n bietjie meer krag (200 kW teenoor 195 kW vir die 2.5) en dieselfde wringkragsyfer van 350 Nm. Hy kry ook ’n nuwe sesgang-handratkas en die opsie van Subaru se Lineartronic-palwisselratkas, gewysig om by die WRX se verrigting te pas. Daar is nog verbeteringe onder sy nuwe dop, met ’n elektronies-beheerde viertrekstelsel (die huidige model s’n is suiwer meganies) wat die wringkrag rondskuif tussen die wiele om stuurtraagheid verder te verminder en nog ratser padgedrag te lewer, asook verbeterde remme en ’n Harman-Kardonklankstelsel. Die opkomende model beloof om die WRX-naam in ere te herstel, maar moenie dink die ou WRX is uitgedien nie, want hy bied soortgelyke verrigting en hantering aan die Golf GTI of Focus ST, met ’n praktiese vierdeur-bakwerk en ’n verstommende manier om onder alle omstandighede rats te bly. Bly net weg van daardie sport-uitlaatstelsel. – Martin Pretorius PRYS R439 000


10 InRat

23 Maart 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

KTM 1290 Super Duke R

Naakte glorie E

endag was daar ’n baie vinnige motorfiets, die KTM 990 Super Duke R. Sy 1 000 cc-enjin het ’n stewige 92 kW en 100 Nm ontwikkel en hy het ’n terreurveldtog onder superfietse gevoer. Hy is oral met respek en ontsag bejeën. Toe kom sy tyd om na die aftreekampie te skuif – om plek te maak vir die troonopvolger, ’n nuwe naakfiets, of naked bike. Voordat die nuweling ’n naam gehad het, is daar bloot na hom verwys as Die Dier. En voordat jy hom kon sien, het jy hom gehoor. Van ver het dit geklink of hy ’n groot Harley-enjin het wat gelyk kiloliters lug en nitrogliserien sluk en verbrand. En wanneer jy hom sien, kan jy jou verbeel dis ’n kernreaktor wat aan twee wiele en stukke oranje pyp vasgesweis is. Sy skepper, die Oostenrykse vervaardiger KTM, noem hom die KTM 1290 Super Duke R. Dis die motorfiets wat op die oomblik almal se bekke snoer met die volgende drie punte: 132 kW, 144 Nm, 189 kg. As jy ’n mate van karkennis het, sal jy weet dat dit ’n motor se syfers is. Maar ’n klein motor weeg omtrent 1 250 kg, terwyl die Super Duke R omtrent een sesde daarvan weeg. En dis ’n resep vir mal verrigting. As jy op die ding sit terwyl die enjin loop, voel dit of Thor binne-in lê en twee hamers om sy voorvinger swaai. Draai die versneller en dit voel of die enjin homself en die fiets van binne gaan opvreet. Nes KTM se avontuurfiets wat dink hy’s ’n superfiets, die 1190 Adventure, kry die 1290 Super Duke R ook sy hart van die vervaardiger se RC8 1190-superfiets. Maar soos die hertog se naam verklap, is sy enjin vergroot na 1 301 cc deur die silinders te vergroot en die slag te verleng. Toe kom ’n nuwe silinderkop en nokas by, asook suiers en ’n krukas wat omtrent soveel as spookasem weeg. Twee balanseerasse moet vibrasie in toom hou, maar ek rapporteer graag dat

Kleinsus het spoed in die bloed

Ondanks die Duke se mal verrigting was ons verbruik relatief besadig – omtrent 7 liter/100km. die enjin steeds befoeterd voel. Om te verseker dat sy olie moet wees waar dit hoort, al jaag die fiets op ’n renbaan of onderstebo in ’n tonnel, gebruik die enjin drie rotor-oliepompe. Die Duke R mag miskien so intimiderend soos Fantastic Four se oranje The Thing wees. Of dalk soos ’n gimnasiumvraat wat te veel opkikkers, Monsterdrankies en USN verbruik. Maar onthou, hy’s ’n adellike Oostenryker en daarom moor hy nie sy ruiter nie. Nee, hy’s verbasend gerieflik om te ry. Hy lyk uiters kompak en tog het my 196 cm-lengte met gemak laat pas. Trouens, die perd sit so lekker dat ek my kon verbeel hoe ek nog blare uithaal en die beskikbare toerbykomstighede – tasse en so meer – aanskaf. Al is dit dan net om vuil kyke van BMW GS-eienaars te kry. Sy bestaansrede is egter nie om oor

klippe te ploeter nie, nee. Dis byvoorbeeld om van rigting te verander deur amper net daaroor te dink. Dis hoe rats dié masjien is. Hy teleporteer jou. Dit het my so verbaas dat ek kon voel hoe my oë van verbasing rek. Druk jou bolyf vas teen die tenk en die fiets voel selfs kleiner en beweegliker. En lig. Jy’s heeltyd bewus van hoe lig die ding is. Natuurlik vinnig ook. Met die bekendstelling in Kaapstad was ek so oorrompel deur die oranje monster dat ek van die ander joernaliste vergeet het. Ek het eers aan die ander kant van die berg en die einde van Ou Kaapse Weg tot verhaal gekom . . . en deur ons Oostenrykse “nanny” uitgetrap is. Dit was opvallend dat die voorwiel nie opgeskiet het toe ek vet gegee het nie. KTM het ’n teen-“wheelie”-stelsel wat sulke truuks voorkom, tensy dit afgeska-

Teen R185 000 is die 899 Panigale ’n duur doepa, maar jy sal van al jou sorge ver­ geet. | FOTO: DESMOND LOUW Gepraat van berge – sy hanteer soos ’n droom om die draaie! Om die beste uit haar groter Panigale-suster te kry, moet jy ’n ervare ryer wees en nogal weet wat

kel word. Die stelsel help ook dat jy nie in ’n sloot beland as jy te veel vet gee nie. Daar’s drie kragvlakke, naamlik Street, Sport en Rain. Die glybeheer tree gou in in Rain, staan ’n bietjie terug in Street en hou jou van ’n afstand dop in Sport. Hoewel die Super Duke R ontsettend kragtig is, voel dit nie of hy jou van kant wil maak nie. Die ruiter is ten volle in beheer van daardie kernreaktor onder hom en die versneller en remme is maklik moduleerbaar. Ek moet byvoeg dat ek die versneller dalk nooit 100% oopgedraai het nie. So iets sal ek liewer op dag twee of drie met dié vurige perd waag. En dan moet die dokters reg staan om my arms, wat dan etlike sentimeters deur die stuurstang uitgerek sal wees, te verkort. – Justus Visagie PRYS R180 000

ToetsRit

Ducati 899 Panigale

’N

nuweling is gebore in die Ducatistal – die “klein” Panigale, of dan meer spesifiek, die Ducati 899 Panigale. Dié kleinsus probeer nie die groter 1199 Panigale wees nie – sy het haar eie persoonlikheid, kan haar man staan en laat ook die koppe behoorlik draai. Die 899 is ’n meesterstuk met die soort lyne en kurwes wat jou kortasem maak. Vergeleke met die Japanse sportfietse is sy ’n Ferrari 458 teenoor ’n Nissan GT-R: Albei is uiters talentvol, maar die Japanner spreek tot jou intellek en die (verruklike) Italianer tot jou hart. Sy is net té pragtig om manlik te wees en is ongetwyfeld ’n lid van die skoner geslag – totdat sy haar mond oopmaak. Haar onmiskenbare, brullende dubbel-V-enjin sing soos Luciano Pavarotti en ontwikkel ’n indrukwekkende 109 kW en 99 Nm. Soos al haar voorgangers, hou sy nie van die stadsverkeer nie. Sy wil eintlik op ’n renbaan wees. In die stad het sy heeltyd in my ore geskreeu dat ek haar na die oop pad en berge moet vat. Met die stad agter ons was sy so tevrede soos ’n kat met ’n piering melk.

| FOTO: BEADLE PHOTO

jy doen. Kleinsus is egter makliker om te ry en jy hoef nie ’n renjaer te wees om haar te waardeer nie. Dit beteken nie Ducati het ’n kompromis aangegaan nie.

Die 899 se hantering is steeds flink, skerp en direk – presies wat jy van Ducati verwag – en van ’n motorfiets met die renbaan en spoed in haar bloed. Met sy elektronies-beheerde Ducati Quick Shift- (DQS) ratkas, is seer polsgewrigte iets van die verlede. Met DQS kan die ryer ratte (boontoe) wissel sonder die gebruik van die koppelaar óf om die versneller vir ’n oomblik skiet te gee. Met jou kop en bolyf plat op die tenk en die dubbel-V-musiek in jou ore, gaan jy voel soos Carl Fogarty op die Imola-renbaan in die ou dae! Daar’s ook ander slim elektronika van die 1199 in die 899. Drie ry-modusse (Race, Sport en Wet) wat die kraglewering, ABS-aktiveringsvlakke, vastrapbeheer en enjin-remming outomaties verstel, verander ’n pampoen so te sê in ’n kampioen. Dit maak dit ook maklik om die meeste verrigting en vinnigste baantye met veiligheid uit die 899 te haal. Die digitale instrumentpaneel sluit ’n aanboordrekenaar in wat wys in watter tempo jy brandstof verbruik, hoe ver jy nog kan ry voordat jy weer moet vol maak, asook ander inligting en waarskuwingsimbole. Alles wat jy wil weet, word aangedui. As jý die kleinsussie in die familie is, wens jy seker altyd jy kan Grootsus wees . . . Nee wat, Kleinsus – luister nou na Mamma . . . Jy is uniek en perfek geskape, nes jy is! – Jeanette Kok-Kritzinger


23 Maart 2014

InRat 11

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

ToetsRit PadToets

Santa Fe slaan sy eie paadjie in

Hyundai Santa Fe 2.2 CRDi Elite Die Santa Fe is nie ’n graad 5­viertrekvoertuig nie, maar jy sal verbaas wees oor waar jy kan ry as jy geduldig en versigtig is. | FOTO: NP

gesinne altyd sal waardeer. Sy rigprys plaas hom tussen ’n klomp prestige-opponente, maar die Santa Fe moet op eie meriete beoordeel word. Sy kombinasie van gerief, verfynde verrigting, goeie bougehalte en toerusting beteken dat hy goeie waarde bied. Nou moet sportnutskopers nog net leer dat gehalte en verrigting nie meer eksklusief aan die Europese handelsname gekoppel moet word nie. – Martin Pretorius PRYS R559 900

G

estel jy wil ’n nuwe gesinswa koop en jou begroting is ’n halfmiljoen. Sal jy by die Duitse Q5 en X3 verbystap en een van die goedkoper Oosterse, bakkie-gebaseerde veldwaens (Fortuner, Pajero Sport en Trailblazer) koop? Jy kan, maar jy gaan styl en rygerief inboet. Ná ’n week met die Hyundai Santa Fe het sy deugde dit duidelik gemaak dat hy moontlik die beste keuse in dié prysklas is. Moenie van hom verwag om soos ’n Pajero oor rotse te klouter of die Duitsers se padgedrag te oortref nie. Hy volg eerder sy eie paadjie tussen die twee kampe deur, met ’n viertrekstelsel en genoeg penshoogte om op grondpaaie reg te kom en uitstekende rygerief om lang paaie te verorber. Elke eienskap van die ruim gesinsmotor is daarop gemik om die lewe vir sy bestuurder en passasiers so moeiteloos en gemaklik moontlik te maak. Getrou aan Koreaanse tradisie spog die Santa Fe met ’n lang lys standaardtoerusting. Items soos ’n tru-kamera, outomatiese dubbelsone-lugversorging met ’n verkoelde paneelkissie, vollengte-glassondak wat gedeeltelik kan oopskuif, outomatiese xenon-hoofligte en outomatiese ruitveërs sorg vir ’n luukse kajuit en help om dié topmodel-Elite-variant se prysetiket van R560 000 te regverdig. Of kopers teen daardie prys met die Hyundaikenteken sal kan vrede maak, is ’n ope vraag, maar hy verdien beslis oorweging. Die Elite het ook sewe bruikbare sitplekke – iets wat sy goedkoper stalmaats nie het nie en ook glad nie in sy Duitse teenstanders in dieselfde prysklas beskikbaar is nie. Die Santa Fe het ook ander eienskappe wat die Duitsers op hul neus laat kyk. Sy 2.2-literturbodiesel-stofie werk saam met ’n sesgangkoppelomsetter- outomatiese ratkas en lewer ’n goeie balans tussen verrigting en ekonomie. BMW bied nou wel ’n agtgang- outoratkas en Audi ’n sewegang-dubbelkoppelaareenheid, maar ek het glad nie die laaste paar ratte gemis nie, en sy ratwisselings is so glad soos geklopte room. Die dieselenjin het meer krag (145 kW en 436 Nm) as die viersilinderdiesel-Q5 of -X3, en sy wye wringkragverspreiding sorg vir moeitelose verrigting. Hy is ook baie lig op brandstof: Ek het maklik verbruiksyfers laer as 7.7 liter/100 km op die ritrekenaar gesien, so die amptelike gemiddelde verbruiksyfer van 8.3 liter/100 km is eintlik konserwatief. Die gevoel van gemaklike verrigting word voortgesit in die Santa Fe se padgedrag. Met merkbaar sagter vering as die sportiewe Duitsers is sy ritgerief van die boonste rak en dring slegte padoppervlaktes nie deur na die kajuit nie. Bakrol word goed beperk en hy verander gretig van rigting, maar sy stuurterugvoer is gedemp. Ek kan nie aan ’n ander sportnutsvoertuig in hierdie prysklas dink wat slaggate en spoedhobbels met soortgelyke soepelheid absorbeer nie. Kajuitgeruis is net so goed gedemp, en sy elektriese verstelbare (en verhitte) leersitplekke is uiters gemaklik. Die Santa Fe het geen sportiewe ambisies nie, maar fokus op gemak – ’n eienskap wat

SA SE BESTE 8-TON VALKANT VRAGMOTOR-AANBOD! 15.180FL teen slegs

R355 000

GRATIS 1 JAAR/60 000 km DIENSPLAN

Sukses op dreef

> 2 JAAR/ONBEPEKDE KM FABRIEKSWAARBORG > 24-UUR AA PADBYSTAND .. > ABS-REMME, LUGREELAAR

www.faw.co.za


12 InRat

23 Maart 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Alternatiewe Energie

D

ie Hollywood-glanspaartjie Diane Kruger en Joshua Jackson, sterre van flieks soos Inglourious Basterds, Troy en National Treasure asook die TV-reekse Dawson’s Creek en Fringe, ry al vir meer as twee jaar ’n MercedesBenz B-Klas F-CELL in Los Angeles, Amerika. Onlangs het hulle ’n video oor hul wedervaringe met hul brandstofsel-motor, insluitende ’n besoek aan Death Valley in Kalifornië, een van die droogste en warmste plekke op aarde, bekend gestel. In die fliek Defying Death Valley* ry die twee deur in temperature van tot 50 grade Celsius deur dié verlate vallei sonder enige drinkwater. Hulle is afhanklik van die water wat deur hul waterstofgedrewe F-CELL vrygestel word vir hul drink- en kookbehoeftes. Hul lewe hang letterlik af van hul motor. Volgens Kruger is die B-Klas F-Cell uiters gerieflik en maklik om te ry. “Ons het in dié tyd groot aanhangers van die brandstofsel-motor geword. Die ryding lê ons normale mobiliteit geensins aan bande nie. “Dit vat net drie minute om vol te maak en dan kan ons omtrent 400 km aflê, sonder om enige skadelike uitlaatgasse af te gee. Dis perfek,” het Kruger vertel. Op sy beurt het Jackson in 2011 ook aan die Mercedes-Benz brandstofsel-wêreldtoer deelgeneem waartydens drie B-Klas F-CELL-voertuie in 125 dae altesame 30 000 km deur 14 lande afgelê het. Die twee is nie die enigste wat so dink nie. Dit is ’n gewilde langafstand-ryding vir menige ander F-CELL-gebruikers. In Amerika het ’n vloot van sowat 70 F-Cell-voertuie reeds meer as 1.6 miljoen km afgelê – en in die proses sowat

Mercedes­Benz

Water in die woestyn, uit ’n motor

Joshua Jackson en Diane Kruger by hul motor in die dorre woestyn 113 500 liter brandstof en byna 270 ton CO2 bespaar. Altesame 200 van die voertuie is reeds sedert 2010 aan gebruikers in Amerika en Europa gegee, en een van hierdie motors het al meer as 315 000 km afgelê. Die elektrisiteit wat benodig word om

die motor aan te dryf, word opgewek deur ’n chemiese reaksie tussen waterstof en suurstof. Die B-Klas F-CELL is die eerste brandstofsel- elektriese motor van MercedesBenz wat in reeksproduksietoestande gebou word en vorm deel van Daimler se

| FOTO: VERSKAF langtermyn-strategie om uitlaatvrye mobiliteit te verskaf. En nou is die brandstofsel-motor van die toekoms gereed vir produksie. – Redaksie * Besoek die webadres http://mb4.me/ drive4water om die video te kyk.


23 Maart 2014

InRat 13

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Aktueel

Volhoubare energie

Bedryf lei in soeke na ander energiebronne V

andeesmaand is Nasionale Energiemaand, soos opgeteken in die regering se dagboek. Ironies genoeg beleef Eskom, die nasionale energieverskaffer, terselfdertyd ’n krisis met energie-opwekking. Die dilemma met energie – nie net die opwekking en verskaffing daarvan nie, maar ook die herwinning daarvan en die volhoubaarheid van bestaande bronne – is ’n realiteit, en word wêreldwyd ’n al hoe groter probleem. Dit hou egter ook verband met omgewingsbewaring, want die energie-opwekking gaan gepaard met allerlei byprodukte, soos skadelike gasse en die uitputting van natuurlike hulpbronne. Fossielbrandstowwe dra grotendeels hiertoe by, en daarom is dit belangrik dat alternatiewe energiebronne gevind en ontgin word. Die motorbedryf, aangespoor deur regeringsregulasies en inisiatiewe, asook openbare verwagtinge en sosiale verantwoordelikheid, is deesdae aan die voorpunt van navorsing oor alternatiewe brandstofbronne. Hierdie navorsing is deesdae veral in vier rigtings gerig, naamlik die verfyning van binnebrand-enjintegnologie, hibriede kragbron-tegnologie (wat energie-herwinning insluit), elektriese tegnologie en waterstof-tegnologie in brandstofsel-voertuie. Dit sluit egter ook proses-tegnologie in,

Die elektriese Tesla S. Al hoe meer vervaardigers bied nou elektriese of hibriedmotors. want die meeste vervaardigers pas nou ook die aanvaarde beginsels van omgewingsbewustheid in die totale vervaardigingsproses toe, wat ook herwinning en hergebruik insluit. Baie vervaardigers gebruik deesdae son- en windkrag om te help met die opwek van energie vir hul voertuigfabrieke, hulle gebruik herwinbare materiale vir hul produkte en het ook herwinnings- en hergebruikplanne gereed wanneer die einde van die produkte se lewe bereik word. Tegnologie soos Bluemotion, BlueTec, EfficientDynamics, Drive-E en Optimal

Drive word gebruik om binnebrand-enjintegnologie (insluitende dieselenjins) verder te optimaliseer. Dit kan byvoorbeeld ook die gebruik van ligter vervaardigingsmateriale insluit. Hibriede enjintegnologie (die kombinasie van ’n binnebrandenjin en elektriese aandrywingsmotor), wat sowat 20 jaar gelede in produksie gestel is, ontwikkel nou flink. Toyota het al meer as 6 miljoen hibried-voertuie verkoop, wat volgens die vervaardiger beteken dat 41 miljoen ton minder CO2 in die atmosfeer losgelaat is en 15 miljard liter brandstof bespaar is.

Honda ’n leier in groen-tegnologie D

ie Japannese motorvervaardiger Honda is die afgelope twee dekades ’n leier op die gebied van groen-tegnologie, onder meer deur sy hibried-modelle soos die Jazz Hybrid, Insight en CR-Z tasbaar te maak. Dié motors, met hul geïntegreerde hulpmotor-tegnologie (IMA) wat in 2006 in die Civic bekend gestel is, verteenwoordig egter net ’n klein persentasie van Honda se hibriedmodelreeks. Tot op hede het Honda meer as 1,1 miljoen hibried-rygoed wêreldwyd verkoop. Met die CR-Z en nou met sy voorgenome NSX-supermotor het Honda gewys hibriede tegnologie hoef nie tot vervelige motorry te lei nie. Die baanbreker NSX, wat in 2015 kom, word deur ’n innoverende drie-motor- Sporthibriede superhantering-alwieldryfstelsel (SH-AWD) aangedryf. Dié sportmotor, wat middel vanjaar by die Goodwood-spoedfees in Brittanje vertoon sal word, word aangedryf deur ’n middelgemonteerde dubbelturbo-V6enjin tesame met drie elektriese motors. Een van hierdie elektriese aandrywingsmotors is met die V6-enjin geïntegreer, met ’n nuwe dubbelkoppelaar-ratkas wat die agterwiele dryf, asook twee elektriese aandrywingsmotors wat krag na die voorwiele stoot. Honda se navorsing is egter nie net op hibriede en elektriese tegnologie gemik nie. Heelwat navorsing word ook aan alternatiewe en herwinbare energiebronne, soos waterstofsel-tegnologie, gewy.

Die vervaardiger se omgewingsbewustheidstrategie strek egter nog wyer as net dit. Soos vervat in sy Blue Skyprogram sluit dit die hele lewensduur van voertuie in – van die fabrieke waar dit gebou word tot die herwinning en hergebruik van materiale om die omgewingsimpak daarvan te verminder. Ingevolge hiervan het Honda onderneem om teen 2020, gemeet aan die jaar 2000-vlakke, ’n 30% vermindering in CO2-uitlaatgasse van Honda-produkte en betekenisvolle verlagings by sy fabrieke te bewerkstellig. Voorbeelde van hierdie energiebesparende maatreëls en uitlaatgas-vermindering is te vinde in Honda se nuwe fabrieke in Celaja in Mexiko, en Yorri in Japan, albei gegrond op die Suzuka-fabriek, ook in Japan. Op die dak van die Yorri-fabriek, wat verlede jaar geopen is, is uiters dun sonpanele wat tot 2,6 MWh elektrisiteit kan opwek – die grootste kragopwekkingstelsel van enige motorfabriek in Japan. Dis genoeg om meer as 450 huishoudings van “skoon” krag te voorsien. Die Celaja-fabriek, vroeër vanjaar geopen om Jazz-modelle vir die NoordAmerikaanse mark te bou, het soos die Yorri-aanleg ook ’n aantal energiebesparende maatreëls; soos ’n hoëspoed-drukpers wat 40% meer doeltreffend is, ’n nuwe, hoogs doeltreffende sweisstelsel, ’n nuwe verfproses wat energieverbruik met 40% verminder, asook energiebesparende LED-ligte regdeur die fabriek. Ook het Honda die grootste sonpa-

Die finale ontwikkeling van inprop-hibriedmotors (wat ekstra energie kan stoor in ’n groter battery) vorder fluks, en Toyota het onlangs aangekondig dat ’n koordlose batterylaaistelsel vir elektriese en hibried-voertuie in die finale toetsfase is. Hierdie stelsel kan die herlaai van batterye, asook die infrastruktuur wat daarvoor benodig word, in die toekoms heelwat vereenvoudig en vergemaklik. Hibriede tegnologie vind nou ook neerslag in hipermotors (soos die McLaren P1) en motorsport, soos in Formule Een en die Le Mans-uithourenreeks, waar energie-herwinning uit hibriede stelsels al hoe belangriker word. Elektriese voertuie se ontwikkeling word nog deur battery-tegnologie en infrastruktuur gekniehalter, maar vol-elektriese rygoed soos Nissan se Leaf, asook verskeie e-modelle (oftewel FEV’s) van vervaardigers soos Volkswagen, BMW, Ford en GM is reeds te koop. Ook wat waterstof-brandstofsel-tegnologie betref, word goeie vordering gemaak. In Kalifornië kan ’n mens al ’n Hyundai ix35 koop wat op waterstof loop. Vervaardigers soos Honda en Mercedes-Benz is kort op hul hakke. Rygoed met alternatiewe of hibriede energiebronne het egter tot dusver maar min aanklank in Suid-Afrika gevind. Die verkope van hibriede rygoed soos die Nissan Leaf, Toyota Prius en Auris, die Honda Jazz en Insight, asook Lexus-modelle is steeds uiters laag. Die grootste redes is hul prys-premium weens duur tegnologie en dat daar geen prystoegewing of aansporing van regeringskant is om verkope van hierdie rygoed te stimuleer nie. – Ferdi de Vos

Promosie Alternatiewe Energie | Honda

Die Insight is een van die modelle waarmee Honda baanbrekerswerk gedoen het. neelprojek in die VSA by sy hoëverrigting-ontwikkelingsentrum (Honda Performance Development) onderneem deur ’n versameling dunfilm-sonpanele met 800 selle en wat 10 kW lewer op die dak te installeer. Honda sê dit bespaar 64 metrieke ton CO2 per jaar. Honda se vervaardigersaanlegte in Brittanje en Turkye gebruik ook hierdie tegnologie, met meer as 21 000 grondgemonteerde panele oor ’n gebied van 32 akker by Honda in Brittanje, wat 4,5 GWh hernieubare energie opwek. In ’n verdere fase in sy program om die omgewingsimpak van sy produkte en vervaardigingsaanlegte te beperk, het Honda sowat twee maande gelede twee nuwe windturbines by sy fabriek in Ohio, Amerika, opgerig. Hierdie turbines sal sowat 10 000 MWh per jaar opwek, wat in sowat 10% van die fabriek se elektrisiteitsverbruik sal voorsien. Nog beleggings in wind-

krag word vir vanjaar beplan met ’n nuwe windplaas wat langs ’n motorfabriek in Brasilië beplan word om 95 000 MWh se krag te lewer. Honda is ook al jare besig met navorsing om ’n nuwegeslag-brandstofsel-stelsel en waterstof-bewaringstegnologie teen 2020 te ontwikkel. Dié vervaardiger word beskou as ’n leier op die gebied van waterstofsel-tegnologie en het reeds in 2002 met ’n huurooreenkoms vir brandstofselmotors met die Honda FCX Clarity in Amerika en Japan begin. Altesame 85 Clarity-motors, wat in 2009 as die wêreld se groenste motor aangewys is, is in hierdie tydperk uitverhuur, wat Honda inligting van onskatbare waarde oor brandstofselvoertuie verskaf het. Die vervaardiger het reeds aangekondig dat die Clarity se plaasvervanger in 2015 in Amerika en Japan bekend gestel sal word, en kort daarna in Europa.


14 InRat

23 Maart 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

ToetsRit

Triumph Trophy 1200 SE

’n Trophy vir sportiewe gemak M

oderne tegnologie verander alle aspekte van ons lewens. Meestal ten goede. Soms nie. Neem digitale fotografie as voorbeeld. Dis maklik en beskostigbaar, maar die kunselement van fotografie het verlore gegaan. Net so met rygoed. Hulle word makliker om te hanteer en veiliger (en dis goed so), maar iets gaan verlore. My eerste indruk van die Triumph Trophy 1200 SE was dat ek nie lekker gaan ry nie, omdat hy so swaar en lywig lyk. Die enorme petroltenk met sy wye ontwerp herinner aan ’n vliegdekskip van bo gesien. Maar daardie persepsie verander in ’n oogwink wanneer jy hom om so ’n paar draaie gooi. Sy grootte het ’n leuen vertel. Met die wegtrek het die “clunk” van die ratkas my laat glimlag. Drie silinders en 1200 cc doen hul ding, met meer as genoeg wringkrag wat jy gou voel. My eerste draai is ’n karaktertoets . . . en ek slaag. Oftewel die motorfiets slaag. Mooi so, ou grote. Die Trophy is toegerus met tegnologie wat ek nog altyd aan ’n motorfiets wou hê en Triumph het mooi hieroor besin. Daar is ’n uitstekende digitale radio, meer as voldoende luidsprekers en ’n behoorlike ritmeter wat jou wys hoeveel kilometer jy nog oor het. Die volume van die Trophy se radio word outomaties aangepas by die snelheid waarteen ’n mens ry en teen 160 km/h nog alles hoor en saamsing, met vergunning van die uitstekende verstelbare windskerm. Ek kon ’n sigaret met gemak rook as ek wou, maar ek rook nie meer nie. Die snelheidsbeheer is gebruiksvriendelik, maar sit effens te vêr, sodat jy jou hand moet rek om dit te verstel. In dieselfde asem is die radio se knoppies so geplaas dat jy jou linkerhand moet verwyder van die stuurstang om dit te verstel, en hulle lyk soos ’n nagedagte. Die rigtingaanwyser voel nie asof hy lank

Die aantreklike Trophy SE is ligter as wat hy lyk, bied puik hantering, gemak, windbeskerming, “slim” bagasie en tog ook ’n lekker rou element | FOTO: TRIUMPH gaan hou nie. Ek sou ook verwag het dat die rigtingaanwyser op so ’n tegnologies gevorderde fiets outomaties afskakel (soos Harley-Davidson s’n), maar jy moet dit maar self doen. Die Trophy het as standaardtoerusting tasse aan weerskante, maar die een agter die passasier kos ekstra. Ek sou laasgenoemde tas liewer ingesluit wou hê. Dit is groter, veelsydiger en dien as rugleuning vir jou passasier. Tweedens maak die sy-kompartemente die fiets taamlik wyd, meer as wat jy mag dink. Om deur stadige verkeer te sny, is meestal onmoontlik. Die Trophy is ’n toerfiets met ’n spor-

Volvo XC60 D5 is ’n vinnige, veilige vaartuig D

ie gewildheid van veldryers, sportnutse of es-joe-wies – of wat jy hulle ook al wil noem – is skynbaar onbeperk. Die meeste kopers van dié rygoed wil nie na die Ngorongoro ry nie, maar eintlik net hoog sit, soms by ’n lekker bergfietsroete uitkom en verstopte voorstedelike stormwatergate en slaggate pypkan. Of soms ’n verlate stuk grondpad ry. Ek het ’n besonder verlate een gekies toe ons die Volvo XC60 D5 tot ons beskikking gehad het: die grondpad tussen Ceres en Sutherland deur die TankwaKaroo, op pad na Bloemfontein. Naby ons wegspringplek en die veeleisende kronkels van Kloofnekweg in Kaapstad was dit al duidelik dat die voorwiele minder padgreep het as ’n BMW X3 s’n, maar darem ook meer as ’n Renault Duster se voorpote. Dit sou later duidelik word dat die Volvo se vering met reg vir ’n sagte rit liewer as vir vinnige baantye opgestel is. Die XC60 is al sedert 2008 in SuidAfrika, maar sy snoet is onlangs met die beitel bewerk om dit hoekiger en meer karaktervol te maak. Binne is Volvo se nuwe instrumente bygevoeg. Van meer nut is die nuwe waarskuwingslig bo-op die instrumentpaneel. Dit gloei ál duideliker hoe nader die padgebruiker voor jou aan die voertuig kom. Op Nuwekloofpas beïndruk die XC se

bakbeheer en op Michellspas oor die Skurweberge maak sy 440 Nm-wringkrag verbysteek verspot maklik. Die R46 lei ons uit Ceres terwyl die Matroosberg oor ons waak. Ná omtrent 40 km begin die XC (en sy bande) se groot toets: die rasperpad na Sutherland. Behalwe vir skerp klippe het dié pad ook stukkende sementdriwwe in sy arsenaal. Ons probeer die snelheid op 80 km/h hou, maar die padoppervlak laat dit selde toe. Wanneer ons wel 80 of vinniger kan ry, vloei die XC soos kwik deur die draaie terwyl die suspensie ’n uiters sagte rit gee. Die sitplekke is groot, gemaklik en ondersteun op die regte plekke. Dis donker toe ons op Sutherland aankom en ons besef eers die volgende oggend dat ’n skelm klip die regterkantste agterband in die sy gesteek het. By die enigste motorhawe op die dorp is die XC derde in die ry vir bandherstelwerk, nadat die Tankwa hom die vorige dag dik gevreet het aan rubber. Die gaatjie is langs die band se loopvlak en hy word toege-patch. “Laat die bande baie styf pomp,” sê die werkwinkelbaas. “Hoe minder buiging daar op sywand is, hoe beter.” Nou het ons ’n keuse. Blaas die aftog en ry suid na die N1 of ry na Fraserburg, op grondpad. Dié grondpad is in ’n beter toestand,

tiewe faset, maar jy sal meestal wil langpad ry. Hoe vaar hy in die gemak- en hanteringtoetse? Uitstekend in albei. Ek was in vervoering en het Chapman’s Peak se draaie gepak asof ek ’n sportfiets ry. Die vering is wel harder as te wagte, maar steeds gemaklik. Die remme voel sag, maar is uiters doeltreffend en gee jou vertroue in die draaie – meer as enige ander toerfiets wat ek al gery het. Die Trophy verskil nie ingrypend van ander groot, hedendaagse toerfietse nie. Maar daar is iets wat anders is. Beter. Dis iets wat verdwyn het met die koms van tegnologie: die element van suiwer vryheid.

Ja, die Triumph Trophy is steeds ’n “bike”. ’n Gewigtige element van rou motorfiets leef binne in hom. Hy is gemaklik en groot en modern, maar herinner jou dat jy steeds ’n “biker” is. Vergeet van die spul tegnologie. Die hoorbare en voelbare ratkas, die effense harde vering, die manier waarop die drie silinders ’n sportiewe rasper uitbasuin en skree op hoë toere, die uitstekende hantering . . . dit alles span saam om jou gelukkig te maak. Triumph het ’n taai mededinger teen die ander gebou; een wat nie misgekyk moet word nie. – Stephan Lourens PRYS R192 500

Volvo XC60 D5 Elite

ToetsRit

Die XC60 het deur die Tan­ kwa geseil as­ of hy aan die Volvo­seiljag­ wedvaart deel­ neem. | FOTO: JUSTUS VISAGIE

maar sal steeds nie sommer die pad van die jaar-titel wen nie. Met elke drif of duik hoop ek dat die band nie verwring nie. ’n Honderd kilometer later kom ons sonder teëspoed op Fraserburg aan. Nou’s daar nog net 100 km se gruis en grond oor voordat ons Loxton bereik en dan is dit heelpad teerpad tot in Smithfield in die Vrystaat. Daar het baie reën geval en die Karoo is smaraggroen. ’n Drif met water 40 cm diep is vir die XC60 soos ’n opblaasswembadjie en ons ry maklik daardeur. Op Loxton eet ons bobotie by Die Rooi Granaat en verwonder ons aan die sjarmante dorp. Victoria-Wes en Richmond vlieg verby, gevolg deur Hanover en Colesberg. Slierte reën agter my weerkaats in die XC se spieël en eindelik speel ons ook met Colesberg klaar. Nou kan ek afdraai na een van my gunsteling-paaie: die skilderagtige R701 tussen Bethulie en Smithfield. Dit word vinnig donker en ek laat die

dieselmasjien harder dreun om die daglig te benut. Later maak die kopligte die pad duidelik sigbaar en wissel boonop vanself tussen skerp en domp. Die motor loop soos ’n sneltrein, die wiele soos magnete aan die pad vas en ná amper 800 km voel ek nog sterk en wakker. By my bestemming, net anderkant Smithfield, word ek en die Volvo verwelkom deur spreiligte, Frik die Deense hond en die geur van duur parfuum. Ek loer gou na die ritmeter. Die gemiddelde verbruik is 7,8 liter/100 km. Ons het ’n gawe avontuur gehad en die dieselrekening is laag. Is die XC60 D5 koning van die melkbaard-veldryers? Dis moontlik. Maar dan sal hy eers die Kia Sorento, Hyundai Santa Fe en Audi Q5 moet klop. – Justus Visagie PRYS R557 100 Lees van Volvo se nuwe, klasleidende enjins op bl. 6.


23 Maart 2014

InRat 15

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Toetsrit

Nissan Almera 1.5 Acenta handrat

E

ers word ons toegegooi met snaakse tongknoop-motorname (soos Qashqai) en net toe ons mooi leer hoe om die uitspraak reg te kry, besluit hulle om die ou bekendes terug te bring. As die name Ballade, Datsun en Almera jou gerus en warm laat voel, het hul vervaardigers daarin geslaag om dié van ons wat nie veel van verandering hou nie, se aandag te trek. Die groot vraag is net of die “nuwe” die “oue” se ereplek kan vul. Die Nissan Almera is al sedert 1995 deel van ons motorlandskap en die tweedegenerasie-Almera, wat in 2001 in Suid-Afrika bekend gestel is, was ’n reuse-sukses. Die nuwe Almera, wat onlangs verskyn het, is prakties en bied goeie waarde vir geld. Die stewige bougehalte, hope beenspasie agter en ’n groot 490 liter-bagasiebak vir alles en nog wat, is van die nuweling se eienskappe wat talle kopers gaan beïndruk. Hoewel die prys van die Almera binne die B-segment val, boks hy grootte-gewys teen motors soos die duurder Toyota Corolla en Hyundai Elantra, in die volgende segment. Die Almera se bak is slim ontwerp, met detail soos metaalvoue op die dak om die voertuig vas op die pad te maak en lae-frekwensie-klanke en vibrasies uit te skakel. Die resultaat is ’n moeitevrye en stil rit – behalwe as jy, soos ek, ’n driejarige seuntjie en sy boetie van vyf vervoer. Die binneruim is aantreklik en goed uitgelê, sonder tierlantyntjies. Die gehalte is beter as wat ’n mens sou verwag van ’n motor in dié prysklas. Wat ’n mens egter nie sou verwag van hierdie “goedkoop-prysklasmotor” nie, is sy lang lys veiligheidskenmerke, soos sluitweerremme (ABS), elektroniese remversprei-

O, die nostalgie

Nissan se nuwe Almera het besonder baie veiligheidskenmerke vir sy prysklas. | FOTO: QUICKPIC ding (EBD), BAS (remhulp), twee lugsakke en Isofix-hegpunte vir kindersitplekke. Daar’s ook ’n volgrootte noodwiel in die bagasiebak, 15”-allooiwiele, elektriese buitespieëls, selfkies-lugversorging, ’n hoogteverstelbare bestuurdersitplek en

’n vier-luidspreker-klankstelsel. Dié gesinsmotor het ’n brandstofdoeltreffende 1,5 liter-viersilinder-petrolenjin wat 73 kW en 134 Nm lewer en is beskikbaar met ’n outomaties ratkas of die moeitelose vyfganghandratkas in ons

Nuut

toetsmotor. Kan die nuwe Almera sy voorganger se skoene vol staan? Ek dink so. Gaan ry hom gerus en besluit of jy saamstem. – Carl Kritzinger PRYS R168 900

Indian

Saal vir jou klassieke Indiaanse perd op Polaris Industries, wat ook Victory­motorfietse bou, het die Indian­ handelsnaam laat herleef. Daar is drie modelle in Suid­Afrika beskik­ baar, elk met ’n 111 duim3 V­2 (1 819 cc)­enjin met maksimum wringkrag van 161 Nm. Met die intreevlak­Chief wat R325 000 kos, en die duurste Chieftain teen R385 000, is eksklusiwiteit gewaar­ borg!

Oud-rebel in pak-en-das T

wintig jaar gelede, by die internasionale motorskou in Detroit, het ’n Japannese rebel sonder werklike rede sy verskyning gemaak. Dié prettige klein vierwiel-ryding se rebelse houding het vir ’n splinternuwe voertuignis – die sogenaamde sportnutsklas – gesorg, en sy aanvanklike verkoopsukses was so indrukwekkend dat elke vervaardiger wat sy sout werd is binne die volgende dekade ’n mededinger op die vloer gehad het. In dié tydperk het Toyota se RAV4 egter sy aweregsheid verloor, en deesdae is hy ’n toonbeeld van rede en die rasionele wat geseëvier het oor rebelsheid van die voormalige baanbreker-model. Die oorspronklike se jeugdige, parmantige vorm het plek gemaak vir die dwangbaadjie van korporatiewe Toyota-identiteit, en in sy vierde inkarnasie het die liggewig-rebel tot die grootte van ’n miniPrado gegroei. Dog, in teenstelling met die Prado se nou meer bronstige stilering, verbeeld die RAV se glimlag-gesig (met dag-ryligte) en veelkantige, uitstaan-agterligte eerder

dié van sy teerpad-gebonde genote. Dis klinies-aantreklik, soos uitgevoer op die vlagskip-petrolmodel, die 2.5 AWD VX, met sy bykomende blinkwerk, maar bevat geen sweem rebelsheid meer nie. Dieselfde geld binne. Die netjiese dog donker uitleg volg die oorwoë Toyota-resep, terwyl gestikte-leer-afwerking vir ’n weeldegevoel sorg. Ook sy toerustingvlak is hoog (’n groot raakskerm-inligtingstelsel, tru-kamera en elektriese agterklapdeur is standaard, maar navigasie is R9 000 ekstra). Met 10 cm meer tussen die voor- en agteras en 26 liter meer pakplek as in sy voorganger, danksy die noodwiel wat nou onder die bagasieruim gebêre is, is dié RAV in meer as een sin “volwasse”. Op die pad voel sy 132 kW-langslagenjin, selfs met die sesgang-outokas in Sport-modus, nie werklik kragtig nie, maar sy luilekker verrigting sorg vir ’n ontspanne rit en die vierwieldrywing met glybeheer verseker vaste voetwerk in die kronkels. Tot einde vandeesmaand was hy ook redelik goed geprys teen net onder R400 000, maar intussen het die prys

Toyota RAV4 2.5 AWD VX

ToetsRit

Toyota se nuwe RAV4 het 26 liter meer pakplek as sy voorganger. | FOTO: QUICKPIC met sowat R13 000 geklim, wat sy bekostigbaarheid, gemeet aan sy mededingers, in gedrang bring. (Die RAV4 2.2D Auto VX, vir R438 900, het onlangs by die reeks aangesluit.)

Als in ag genome is die jongste RAV4vlagskip deeglik bevoeg in sy klas en daarom ’n redelike keuse. Sonder enige rebelsheid. – Ferdi de Vos PRYS R412 400


16 InRat

23 Maart 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Vele verrassings in F1­openingsren F

ormule Een Dit was ’n gegewe dat die eerste Grand Prix in vanjaar se F1-seisoen heelwat verrassings sou oplewer, maar tog kon niemand (behalwe dalk Red Bull F1 se grootbase) die onverwagse angel in die stert voorspel nie. Die Aussie en Red Bull-nuweling, Daniel Ricciardo, is ná die ren vir brandstofvloei-oortredings gediskwalifiseer nadat hy sy spanmaat en verdedigende wêreldkampioen, Sebastien Vettel, in die oefen- en kwalifiseringrondes heeltemal oorskadu en daarna die Grand Prix in sy tuisland as naaswenner voltooi het. Volgens die FIA, internasionale beheerliggaam van motorsport, het Ricciardo se Red Bull voortdurend meer as 100 liter brandstof per uur verbruik, ’n oortreding van F1 se nuwe brandstofvloei-regulasies. Dit blyk ook dat Red Bull ten tyde van die ren deur beamptes hieroor ingelig is, maar dat die spanbestuur besluit het om nie hierop ag te slaan nie en hul eie vloeistelsel se inligting te glo. Dit het tot die arme Ricciardo se diskwalifikasie gelei, hoewel Red Bull teen die beslissing geappelleer het. Die F1-jongelinge se vertoning in die eerste ren onder die radikale nuwe regulasies was uitsonderlik, want benewens Ricciardo se goeie poging, was die jong Deen Kevin Magnussen (McLaren) op die podium in sy vuurdoopren en het die Fin Valtteri Bottas en Daniil Kvyat van Rusland punte vir onderskeidelik Williams en Toro Rosso aangeteken. Ricciardo se pas was verrassend, gegewe Red Bull se toetsprobleme, maar die ren het ook die kommer oor die nuwe F1-motors se betroubaarheid besweer. Net vyf jaers (onder wie Vettel en die Mercedes-gunsteling, Lewis Hamilton) het weens meganiese probleme onttrek. Ná die finale oefeninge was dit duidelik dat die spanne met Mercedes-krag ’n voordeel het, en die wegspringrooster, met Hamilton eerste en sy spanmaat, die Duitser Nico Rosberg, derde, het daarvan getuig. Met die wegspring het die oorgretige Japanees Kamui Kobayashi (Caterham) die Williams van die Brasiliaan Felipe Massa getref, en albei was uit sonder om ’n ronde te voltooi. Vir Massa was dit ’n sware slag, want sy spanmaat se vertoning het gewys die Williams is uiters mededingend. Rosberg het uit die staanspoor die pas aangegee, en ná Hamilton se onttrekking was Ricciardo tweede, gevolg deur Mag-

Inlas: Kelvin van der Linde is gekies om aan die ADAC GT­meesters­ renne in Euro­ pa deel te neem.

Die wegspring vir die Austra­ liese Grand Prix in Mel­ bourne. Voor is Hamilton, met Rosberg en Ricciardo en dan Alonso en Hulkenberg. nussen, terwyl die Spanjaard Fernando Alonso (Ferrari) in ’n taai stryd met Nico Hulkenberg (Force India), Jean-Eric Vergne (Toro Rosso), Bottas en spanmaat Kimi Räikkönen, gewikkel was. Albei Ferrari-jaers het gesukkel met die F14 T se hantering en was deurlopend onder druk. In sy pogings om by Alonso verby te kom, het Bottas die agterwiel van sy Williams beskadig. Dit het hom tyd gekos, maar met die geruite vlag was hy weer op Alonso se hakke. Rosberg het gemaklik gewen, met Ricciardo tweede (wat die Aussie-skare op hul voete gehad het) en Magnussen derde. Sy spanmaat, die Brit Jenson Button, het intussen stilletjies tot vierde opgeskuif, met Alonso vyfde, gevolg deur Bottas, Hulkenberg en Räikkönen. Dis duidelik die Renault-gedrewe spanne (Red Bull, Toro Rosso, Lotus en Caterham) asook Ferrari sal hul sokkies moet optrek as hulle die Mercedes-manne (Mercedes, McLaren, Williams, Force India) oor ’n week in Maleisië wil troef. O, en intussen het Bernie Ecclestone, F1 se wankelende grootbaas, sy skok oor F1 se “stil” turbo-V6-klanke uitgespreek, en aangedui hy gaan met die spanne gesels om die enjins raseriger te maak . . . Wêreldtydrenreeks (WRC) Ná ronde drie van die Wêreld-Tydrenkampioenskap (WRC) lyk die punteleer

Sandero: Amper ’n Clio? B

egeer jy ’n nuwe Renault Clio, maar sy koopprys skrik jou af? Renault het pas die nuwe Sandero bekend gestel, en hy kan dalk jou probleem oplos. Anders as die vorige geslag Sandero, wat sy lewe as ’n Dacia begin het, is die nuwe model uit die staanspoor as ’n volbloedRenault ontwerp. Hy gebruik die nuutste Clio se onderstel, en deel dus baie van sy duurder boetie se eienskappe. Danksy ’n hoër dak het die Sandero effens meer kopruimte as die Clio, en danksy ekstra penshoogte ry hy ook gemakliker oor spoedhobbels. Sy sagter vering sorg vir voortreflike rygerief, en buiten vir ’n bietjie windgesuis is sy kajuit stil op die deurpad. Hy het ook meer plek binne as die meeste van sy mede-

MotorSport

dingers, en sy bagasieruim is die grootste in sy prysklas. Die kajuit is ook netjies uitgelê en stewig gebou, en bied volledige standaardtoerusting. Selfs die intreevlak Expression-variant het elektriese voorvensters, twee lugsakke voor, afstandbeheerde sentrale sluitfunksie, lugversorging, ’n radio/CD-speler met afstandbeheerknoppies agter die stuurwiel, USB-, MP3- en Bluetooth-versoenbaarheid, sluitweerremme en stabiliteitsbeheer – alles teen net R133 900. Die Dynamique-variant kos R141 500, en voeg elektriese werking vir die agtervensters en kantspieëls by, assok kant-lugsakke, allooiwiele en snelheidsbeheer by die Expression se toerusting. Naas sy onderstel deel die nuwe San-

bekend, met die heersende kampioen, Sebastien Ogier (VW Polo WRC) van Frankryk, drie punte voor sy Finse spanmaat, Jari-Matti Latvala, ná sy sege in Mexiko twee weke gelede. Albei i20-motors van die WRC-nuweling Hyundai het die einde gehaal en die Belg Thierry Neuville was in die vierde plek. Die volgende WRC-ronde vind van 3 tot 6 April in Portugal plaas. Plaaslike motorsport Die plaaslike motorsportreekse, wat afgeskop het met die eerste ronde van die Donaldsons-veldrenreeks naby Harrismith in die Vrystaat en die Tour NatalTydren in Durban, KwaZulu-Natal, is deur die Castrol-Toyota-fabriekspan oorheers. In die RFS 450-veldren in die Harrismith-ongewing het die heersende kampioene, Anthony Taylor en Dennis Murphy (Castrol-Toyota Hilux), die produksieklas gerieflik gewen, gevolg deur hulle spanmaats, Leeroy Poulter en Rob Howie. Manfred Schroder, wat ingestaan het vir die beseeerde Chris Visser, was derde saam met Japie Badenhorst in hul AtlasCopco Ford Ranger, terwyl Quintin en Kallie Sullwald (Elegant Fuel-BAT) gelukkig was om die spesiale-voertuigklas te wen nadat die aanvanklike voorlopers, die heersende kampioene, Evan Hutchi-

Renault Sandero

Die nuwe Sandero: bekostigbaar en luuks. | FOTO: QUICKPIC dero ook sy 0.9-liter driesilinder-turboenjin en vyfgang-handratkas met die Clio. Kraguitset van 66 kW en 135 Nm is nie veel sterker as die ou 1600cc se 64 kW en 128 Nm nie, maar hy is aansienlik meer brandstofdoeltreffend: Sy amptelike gemiddelde verbruik is net

son en Danie Stassen (Motorite-BAT), 40 km voor die eindpunt ’n pap band gekry het. In die Tour Natal-Tydren het Poulter en Elvéne Coetzee (Castrol-Toyota Yaris) gerieflik gewen nadat die heersende kampioene, Mark Cronje en Robin Houghton (Ford Fiesta), in die eerste trajek van die pad is. Die Toyota-nuwelinge Hergen Fekken en Carolyn Swan was tweede, gevolg deur die Sasolracing VW-jaers Hans Weijs en Björn Degandt. Wilro Dippenaar en Kes Naidoo (Toyota Auris) het die S2000-Uitdaging vir ouer vierwielgedrewe motors gewen en Guy Botterill/Simon Vacy-Lyle (Toyota Etios) het die S1600klas oorheers. Kelvin gekies vir Audi Die 17-jarige Suid-Afrikaner Kelvin van der Linde, wat verlede jaar die internasionale VW Scirocco R-Bekerrenne in Europa oorheers het, is gekies om vir die Prosperia C Abt-renspan in ’n Audi R8 LMS-renmotor aan die ADAC GT-meestersrenne in Europa deel te neem. Hy sal saam met die gesoute René Rast in al agt rondes teen spanne in Porsche 911 GT3, BMW Z4 GT3, Chev Camaro GT en Corvette GT3, Ford GT3, MercedesBenz SLS AMG GT3 en Nissan GT-R GT3 motors jaag. Die eerste ronde is van 25 tot 27 April in Oschersleben, Duitsland.

Nuut 5,2 l/100 km teenoor die vorige model se syfer van 7,2 l/100 km. Op die pad voel die nuwe Sandero baie meer beskaafd as sy voorganger. Die nuwe enjin sukkel met turbo-traagheid van stilstand af, maar trek heel lustig wanneer hy eers aan die gang is. Renault sê hy haal 100 km/h van stilstand in 11.1 sekondes en sy fut raak eers op teen 175 km/h. Met ’n diensplan vir 30 000 km of twee jaar, ’n waarborg vir 150 000 km of vyf jaar, en dienste wat slegs elke 15 000 km benodig word, behoort die nuwe Sandero ook goedkoop te wees om in stand te hou. Kopers wat ’n goed toegeruste, gerieflike en veilige kompakte gesinsmotor soek, behoort baie tevrede te wees met die nuwe Sandero. – Martin Pretorius


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.