Rapport InRat 31 Augustus 2014

Page 1

Corolla met ’n huppel in sy stap

InRat 6 Bylae tot Rapport

31 Augustus 2014

5 Peugeot 2008 is ’n Switserse sakmes

6

5

Harley 48 laat ’n groot man huil

BMW M3:

Sluipmoordenaar

Wen! Wen! Wen! Met Toyota Hilux en InRat

in ’n snyerspak 8


2 InRat

31 Augustus 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

InRat Redakteur Justus Visagie E­pos: justus.visagie @media24.com

Mercedes­Benz S 65 AMG

Stinkrykes kan nou selfs vinniger van Jan Taks, eks­vroue en sta­ kende werkers (probeer) weg­ kom. Benz se nuwe S­Klas is nou met AMG­krag te kry. Hoe klink 12 silinders, twee turbo­ aanjaers, 463 kW en ’n bona­ tuurlike 1 000 Nm wringkrag? Dis genoeg vir ’n 0­100 km/h­ versnellopie in net 4,3 sekonde. Die topsnelheid word ouderge­ woonte tot 250 km/h beperk, maar onbeperk sal hy 300 km/h lag­lag oorskry. ’n Winskoop teen net R2 842 700. | FOTO: MBSA

@ryveilig & @Rapport InRat

Advertensies Rowan Williams E­pos: rowan.williams @media24.com Tel: 011 713 9383

facebook. com/Inrat

Volg die #woorde en kry woema!

I

nRat en Toyota se Hilux #Where2Next­kompetisie, waarin lesers heerlike pryse kan kry bloot deur leun­ stoelreisigers te wees, begin vandag. Soos jy in vorige uitga­ wes van InRat gesien het, was Toyota se be­ kende bakkie al omtrent oor die wêreld heen: van Afrika tot Antarktika en deur die Atacama­woestyn. Om dit en Hilux se 45ste verjaardag te vier nooi ons jou om deel te neem. Blaai verder totdat jy die sleu­ telwoord #Where2Next elders in InRat sien, en volg die instruksies. Die navorsingsmaatskappy Ipsos het onlangs sy ge­ haltepryse toegeken. Vervaardigers soos Toyota, Merce­ des­Benz, Mazda, Audi, Volkswagen en Chevrolet het baie goed gevaar en verdien elk ’n pluimpie. Twaalf vervaardigers en verspreiders wat 18 handels­ merke verteenwoordig (en ongeveer 83% van die mark besit) het deelgeneem – dus nie alle fabrikate nie. Volgens Ipsos is motors duidelik van ’n hoër gehalte as tien jaar gelede. Dis te hope, aangesien hulle so duur is. Die meeste klagtes onder eienaars is steeds piep­ en ratelgeluide. ’n Nuwe kopseer is Bluetooth wat nie behoorlik werk nie. Kaapse bestuurders kla steeds motors se flikkerlig­hefboom is buite bereik. InRat en Media24 se Afrikaanse koerante maak nou motorvideo’s. Die eerste is van die Jaguar F­Type R en nou te sien op die nuwe Afrikaanse nuuswebtuiste netwerk24.com. In dié video ry ons die opwindende F­Type om Chapmanspiek in die Kaap. Daar is ook video­resensies van die Suzuki SX4 en die Isuzu KB.

Wen met Suzuki G

ebruik die letters in die gekleurde blokkies om die naam van een van Suzuki se motors te spel. SMS jou antwoord en jou naam en van na 073 575 1774 voor of op Woensdag 3 September 2014. Die wenner sal ’n Suzuki-baadjie ontvang. Net een SMS per telefoonnommer. Deelname impliseer aanvaarding van die voorwaardes wat op aanvraag beskikbaar is van justus.visagie@ media24.com. Die wenner van verlede maand se kompetisie is Linza Brand. Baie geluk!

Ford Transit

Wanneer ’n ton nie genoeg is nie Wanneer jy nie een of twee ton moet karwei nie, maar twee en ’n half ton, het jy een van Ford se nuwe Tran­ sits nodig. Die reeks is onlangs omvattend uitgebrei en vir die grotes het jy ’n kode 10­lisensie nodig om dit wettig te bestuur. | FOTO: QUICKPIC

Gebruik die letters in die gekleurde blokkies om die naam van een van Suzuki se gewilde motors te vorm

1

2

3

Verskaf deur XWord.co.za

4

5

6

7 8 10

11

9

12 13

14

15

16 17

18 22

19 23

20

24

30

21 25

27 28

Maak myne ’n dubbel-ses

29

31

26

lSuzuki­blokkiesraaisel #8

KopKrap

Die leidrade Dwars 4. Praat met ’n stotter (6) 7. Hoeveelheid, kwantiteit of kolleksie (6) 8. Bewysstuk op skrif deur ’n bevoegde persoon opgestel (4) 10. Klooster (4) 11. Jong mans het dit toeka graag op hul opgewarmde karre geverf! (6) 13. In die rondte draai (3) 14. Plat voertuie met baie perdekrag en min windweer­ stand! (11) 19. Wat mans gewoonlik doen as hulle na ’n mooi (duur!) motor kyk (6) 22. Gesê van iets wat hewig of skerp gevoel word (3) 24. Sangstuk (4) 25. Toppunt van ’n grafiek (4) 27. Woord waarmee ontken­ ning, weiering of afkeur te kenne gegee word (3) 28. Ondeunde dade (11) 30. As jy in Namibië reis, wil jy nie een van hulle deur jou voorruit hê nie! (6) 31. Houer oor die skouer! (6)

Af 1. Ewewig (6) 2. Versag (7) 3. Sunette Bridges se sanger­ pa (4) 4. Teenoor laer (4) 5. Voortreflik, bekwaam of vaardig (4) 6. Die tyd lui verwyl of nie werk nie (6) 9. Weier – van ’n vuurwapen of enjin gesê (4) 12. Misdadige bendelid (6) 15. Gelyktydig (6) 16. Ernstige ongeluk (4) 17. Spaanse uitroep wat dik­ wels by rugbywedstryde ge­ hoor word (3) 18. Met ’n besem skoonmaak (3) 20. Moerplaatjie of pak­ kingring (6) 21. Teenoor verweerders (6) 22. Stuit en belet (5) 23. Ervaringe (5) 26. Iemand wat in ’n onder­ geskikte hoedanigheid by ’n kantoor in diens is (5) 29. As jy niks in jou motor vervoer nie, sal jy ’n __ baga­ siebak hê (3)


31 Augustus 2014

InRat 3

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

Mitsubishi Mirage

Wakker rakker vol waarde L

ae brandstofverbruik en ’n lae koopprys is waarskynlik die twee eienskappe waarna kopers van nuwe motors deesdae heel eerste soek, hetsy om goedkoper werk toe te ry of as wiele vir ’n bevoorregte student. As die nuwe motor boonop bekostigbare finansiering en twee kostelose versienings bied, los dit meer blare vir ’n studentevakansie in Margate. Motors soos die Mitsubishi Mirage word meestal gekoop deur (of vir) jong volwassenes. Vir hierdie jongklomp is daar nog ’n groot lokaas: gratis versekering vir die eerste jaar. Omdat versekeringspremies vir jong bestuurders amper onbekostigbaar is, moet die Mirage haas onweerstaanbaar wees. Moet egter nie die verrigting van ’n Mirage-vegvliegtuig verwag nie. Dis nie ’n vinnige karretjie nie, maar omdat hy so min weeg, is die 57 kW en 100 Nm wat sy 1,2-liter-driesilinder-petrolstofie ontwikkel genoeg om hom rats deur verkeer te laat sny – mits die ratkierie geroei word. Buite die stad hyg hy weens ’n effense gebrek aan wringkrag, soos ’n mens van so ’n klein enjin kan verwag. Die Mirage roem hom egter nie op kraglewering nie, maar op doeltreffendheid. En met reg, want teen sy amptelike gemiddelde petrolverbruik van 4,9 liter per 100 km sal een tenk brandstof (35 liter) jou 700 km ver neem – omtrent van Johannesburg tot in Margate, met ’n bietjie petrol oor vir rondrits. Ouerharte sal gerus wees danksy die Mirage se Australiese vyfster-veiligheidsgradering en dubbele lugsakke. Verder is daar lugreëling, elektriese vensters en kragstuur in alle variante. Die duurder GLX het onder meer allooiwiele en ’n USB-poort vir musiek. Dit word alles toe-

Mitsubishi se Mirage. Die enkele ekstras wat die GLS bo die GLX het, regverdig nie daardie ekstra R10 000 nie. En moenie dat jou studentkind jou anders wysmaak nie. gedraai in ’n helderkleurige pakkie met ’n gesiggie wat vir jou ogies maak. As ’n eerste of stadsmotortjie maak die Mitsubishi Mirage dus baie sin. Hy’s klein genoeg om maklik te hanteer en sy koppelaar en ratskakeling is lig en sekuur (daar is nie ’n outomatiese variant nie). Dan is hy nog bekostigbaar ook: Die intreevlak-GL-variant kos R124 900 en die

GLX R134 900. Die GLS se sleutellose toegang, outomatiese lugversorging en elektriese agterruite lig die prys na R144 900. Die Mirage is dus ’n waardige mededinger vir die Suzuki Swift 1.2 en die gewilde Toyota Etios. Hy vergoed vir sy kleiner afmetings met uitmuntende brandstofverbruik en ’n goeie toerusting-

vlak, maar sy eintlike troefkaart is die gratis versekering. Want Pa se bankrekening hóéf nie te knak om ’n studentekar te help koop nie. – Martin Pretorius PRYSE Mirage GL – R124 900 Mirage GLX – R134 900 Mirage GLS – R144 900

Toetsrit

Toyota 86 Limited Edition (LE)

Spesiale 86 puur plesier, al is hy nie die vinnigste D

ie laaities op hul BMX-fietse by die kafee knik goedkeurend die kop en ’n tannie rol amper haar Yaris soos sy skrik vir die nuwe Toyota 86 Limited Edition (LE) se reuse-agtervlerk. Dié nuweling in die Toyota 86-gesin sal beslis altyd raakgesien word. Benewens sy drukvlerk is daar ekstra stukkies plastiek met ’n koolveselpatroon onderaan sy buffers en langs sy blaaie, terwyl sy kajuit in rooi bekleedsel getooi is. Die 86 LE deel sy enjin, handratkas en veerstelsel met die gewone 86’s. Hy gebruik ook dieselfde wiele as die High-variant en omdat hulle aan die kleinerige kant is, oorskadu daardie vlerk hulle effens. Die onderstel sal maklik ’n sterker enjin kan hanteer, maar daar is reeds baie plesier te vinde in die 86 LE se bestuurservaring. Die hele reeks se veerstelsel is onlangs hersien om te sorg vir selfs beter padgedrag en sy tweeliter- Boxer-enjin gee die strydkreet van ’n renmotor wanneer die toereteller se naald naby die rooi gehou word. Daardie rooi streep word gereeld besoek, want ’n mens moet hom opwen soos ’n speelgoedmuis om sy beste verrigting te kan geniet. Hy nael tot by 100 km/h in 7.6 sekondes – heelwat stadiger as ’n blitsbuks soos die goedkoper

Hoe vinniger dié 86 LE ry, hoe meer afwaartse druk pas die drukvlerk op die agterwiele toe sodat hulle beter vastrap. Maar eintlik is hy daar net vir ’n sportiewer beeld. Net 86 eenhede van die LE is te koop, so, opskud! | FOTO: JUSTUS VISAGIE Ford Focus ST. Die 86 vergoed egter daarvoor deur die draaie, want sy agterwielaandrywing sorg vir uitstekende hantering. Elke kronkel in die pad word ’n ervaring en sy pret word teen ’n relatief lae spoed opgedis, danksy lewendige padgedrag en akkurate reaksie op stuurwiel-bewegings. ’n Lekker vinnige skakelaksie deur die sesgang-handratkas laat alle beheer in die bestuurder se hande. Sy beperkteglip-ewenaar sorg dat elke bietjie krag by die teerpad uitkom. Al hierdie eienskappe sorg dat die 86 Limited se bestuurder heeltyd grinnik – en dit teen wettige snelhede en ’n gemiddelde verbruik van net 7,8 liter/100 km.

Sportmotors is as ’n reël nie vreeslik prakties nie en die 86 Limited is geen uitsondering nie. Sy bagasieruim en agtersitplekke is knap en omdat sy dak so laag is, moet lang mense laag buk om in en uit te kan klim. Sy sitposisie is ook lekker laag, met genoeg ruimte vir die voorinsittendes. Voorts sal sy ritgehalte nie sommer ’n baba aan die slaap sus nie, maar dis ’n geringe prys om te betaal vir sy sportiewe hantering. Daar is geen twyfel dat die Toyota 86 Limited Edition vir baie mense uiters aanloklik sal wees nie. Die geringe sprong van R5 400 in sy pryskaartjie (bo die High-variant) is nie te veel gevra vir ’n redelik omvattende kosmetiese pakket

nie. Die 86 is ook een van die genotvolste agterwielgedrewe motors wat minder as R400 000 kos, so dit is maklik om te verstaan hoekom hierdie plat sportmotortjies so ’n lojale aanhang geniet. Suiwer spoed is nie die enigste roete na bestuursgenot nie. – Martin Pretorius PRYS R376 100 ENJIN 2,0 liter; plat viersilinder; 147 kW en 205 Nm RATKAS Sesgang-handratkas, agterwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 7.6 sekondes en 226 km/h topsnelheid; 7,8 liter/100 km OORWEEG OOK BMW 118i-driedeur; tweedehandse Honda S2000


4 InRat

31 Augustus 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

Hyundai Elantra

Elantra subtiel vernuwe N

uut ontwerpte hoof- en misligte, ’n nuwe sierrooster, herontwerpte buffers voor en agter, veranderde agterligte, blink afwerking om die ruite en groter wiele. Kortliks is dít die buite-veranderinge wat aangebring is om Hyundai se gewilde Elantra te vernuwe. Volgens die vervaardiger is dié opkikkerings juis redelik bedees sodat dit nie die herverkoopwaarde van die huidige Elantra, wat in 2012 aangewys is as Amerika én Suid-Afrika se motor van die jaar, te veel beïnvloed nie. Sy effens veranderde sierrooster met misligte, asook LED- en projektor-tipe hoofligte, laat die Elantra se vooraansig dinamieser en moderner vertoon, terwyl herontwerpte 17-duim-tweekleurallooiwiele en ’n chroom-omboorsel sy kantlyne beklemtoon. Die nuwe agterbuffer met swart insetsel en LED-agterligte balanseer sy agteraansig goed met sy voorkant. Dit is da-

rem nie al nie: Ook binne is subtiele veranderinge aangebring om bruikbaarheid te verbeter. Dit sluit in die hoër plasing van die ventilasiegate (wat nou ook heeltemal kan sluit) en die sentrale armrus, ’n herontwerpte lugversorgingsbeheerpaneel met ’n donker agtergrond en ’n nuwe klankstelsel met geïntegreerde Bluetooth-verbinding. Elektriese, wegvoubare kantspieëls en leerbedekking vir die ratkierie is ook bygevoeg. Op die kort Wes-Kaapse toetsroete was dit ook duidelik die geraas- en vibrasievlakke in die nuutste Elantra is verlaag met beter klankdempingsmate- riale, asook ’n volledige onderstelbedekking. Net twee weergawes, albei aangedryf deur Hyundai se Gamma 1.6 CVVT-enjin (96 kW, 157 Nm) gekoppel aan óf ’n sesgang-handratkas óf ’n Shiftronic-sesgangouto, is nou beskikbaar, wyl die 1,8-liters heeltemal laat vaar is. Hoewel daar niks verder aan die veer-

Die verande­ rings aan die Elantra is sub­ tiel gedoen sodat dit nie die herver­ koopwaarde van die be­ staande mo­ del, wat in 2012 hier en in Amerika motor van die jaar was, beïn­ vloed nie. stelsel met sy MacPherson-stutte en wringstaaf-as gepeuter is nie, het die nuutste Elantra steeds voortreflike padgedrag met goeie ritgehalte, selfs op slegte paaie. Sy elektriese stuurstelsel is nog halfgevoelloos, maar dit voel wel effens skerper met die indraaislag. Dié vernuwings sorg dat die Elantra in pas bly met sy mededingers. Sy aantreklike stilering, goeie toerustingvlak, yslike

Toetsrit

bagasieruim (485 liter), stewige waarborg (5 jaar/ 150 000 km) en versienplan (5 jaar/ 90 000 km), asook mededingende pryse, sal van hom ’n kopersgunsteling in die C-sedansegment maak. – Ferdi de Vos PRYSE Elantra 1.6 Premium (handrat) R247 900 Elantra 1.6 Premium (outo) R262 900

Mercedes­Benz ML 400 BE

Ontspanningsterapie

Die ML 400 BE, wat onlangs tot Merc se M­reeks gevoeg is. Die nuwe enjin is uitmuntend en beslis die hoogtepunt van dié ryding.

O

p sy beste vloei Sandton se verkeer nie juis nie. ’n Padverlegging hier en daar en baie motors wat stadig deur ’n klomp kruisings stotter, lei altyd tot ’n onaangename ry-ervaring. Voeg ’n massa-protesaksie en ’n paar motorongelukke daarby en ’n 50-km-reis ontaard in ’n drie uur lange oefening in geduld. In hierdie nare omstandighede is die Mercedes-Benz ML 400 ’n kalm hawe, want sy topgehalte klankstelsel, gladde ritgehalte en gemaklike sitplekke verlig die pyn en frustrasie terwyl jy tussen die hindernisse deur kruie. En wanneer jy uiteindelik die snelweg bereik, is daar hope krag om vinnig die spoedgrens te bereik.

Die enjin se sleutelsyfers en werkverrigting gee die indruk dat daar ’n V8 tussen sy voorwiele rus: 245 kW en 480 Nm is omtrent wat die vorige geslag ML 450 se groot V8 opgedis het. Maar danksy die neiging om alles (behalwe die bakwerk) kleiner te maak, kruip daar nou ’n drieliter-V6-enjin in sy neus weg – met twee turbo-aanjaers en direkte inspuiting om soveel moontlik krag uit hom te tap. Dit lei tot een van die mees wringkragtige enjins in sy verplasingsklas. Daardie berg wringkrag is van baie lae enjintoere beskikbaar, en ’n bekwame sewegangoutomatiese ratkas sorg dat die ML400 nooit sukkel om te versnel nie. Die viertrekstelsel se padgreep help hom om in net 6.1 sekondes tot by 100 km/h te wip, en hy sou maklik verby 210 km/h kon

versnel, was dit nie vir ’n elektroniese “plafon” nie. Daardie onstuitbare kraglewering geskied darem nie ten koste van te veel vloeibare fossiele nie, want sy amptelike verbruikstoetse het ’n gemiddelde van 9,4 liter/100 km opgelewer. Dit kan haalbaar wees as die ingenieurs hom toets, maar ons gemiddelde syfer was 11,4 liter/100 km; steeds goed vir so ’n logge 4x4. Ons toetsvoertuig wou eintlik ’n veldwa én ’n verrigtingsmotor gewees het, want hy is ook met ’n opsionele laestrek-ratkas toegerus en lugvering om sy pens te lig. Ons het nie in die veld gaan rondry nie, want sy plastieksytrappe is beslis nie rotse se maats nie. Al hierdie gemak, vasvoetige werkver-

| FOTO: NEWSPRESS rigting en veelsydigheid kom teen ’n prys wat verder as sy hoë verkoopprys strek. Sy afmetings laat ’n standaardparkeerplek krimp en sy aansienlike gewig maak dat hy effens moeisaam van rigting verander. Dit maak nie regtig saak nie, want die Mercedes ML 400 probeer nie om ’n sportmotor te wees nie. Gemak is sy hoofvak, en hy slaag dit met onderskeiding. – Martin Pretorius PRYS R900 452 ENJIN 3,0 liter; V6; 245 kW en 480 Nm RATKAS Sewegang-koppelomsetter-outokas, vierwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 6.1 sekondes en 210 km/h topsnelheid (beperk); 9,4 liter/100 km OORWEEG OOK Porsche Cayenne


31 Augustus 2014

InRat 5

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Toetsritte

Super­sedan pas in elke rol D

is die einde van ’n era: die eerste M3 met turbokrag en elektriese pleks van hidrouliese kragstuur. Dis die dinge waaroor BMW-puriste kla wanneer hulle oor die nuwe M3 (kodenaam F80) gesels. Maar diegene wat al so bevoorreg was om hierdie wonderlike motor te bestuur, sal net kopskud en glimlag. Want hoewel die vyfdegeslag-M3 dalk nie die beste M3 is nie, is hy gewis die beste M-model van die afgelope dekade. Die eerste oënskynlike kwelpunt is sy enjin, nou ’n drieliter-sessilinder met direkte petrolinspuiting en twee turbo-aanjaers in plaas van die vorige geslag se vierliter-V8. Die hoofrede vir die ou V8enjin se aftrede is sy groot brandstoflus. ’n Kleiner turbo-enjin is die beste manier om die teenpole van lae petrolverbruik en verbeterde verrigting te versoen. Die amptelike gemiddelde brandstofverbruik daal van 12,4 na 8,3 liter per 100 km, maar dit kos ’n veerligte voet op die versneller. Met ’n toerebeperker wat by 7 400 r/min. halt roep, heelwat laer as die V8 se 8 400 r/min., klink die nuwe M3 verbasend baie soos sy sessilindervoorsate. Sy turbo’s demp die uitlaatklanke effens, maar BMW M se ingenieurs het gesorg dat hy steeds hard genoeg brul om soos ’n M-motor te klink. Sy kraglewering is allermins soos sy oupagrootjies s’n, want ’n sewespoeddubbelkoppelaar-ratkas stoot nou 317 kW en 550 Nm na sy gemartelde agterbande, teenoor 309 kW en 400 Nm uit die V8. Danksy al daardie krag (en vet rubber aan sy 19-duim-allooiwiele) is sy werkverrigting verbysterend. Op ’n goeie padoppervlak skiet hy uit die blokke om in 4.1 sekondes verby 100 km/h te blits, en minder as 5 sekondes later tot in die tronk (160 km/h). Danksy ons toetsmotor se opsionele koolstof-en-keramiek-remstelsel het hy net so vinnig gestop. Minder ervare bestuurders sal wys wees om die stabiliteitsbeheer heeltyd aangeskakel te hou – sonder die elektroniese vangnet is dit maklik om per ongeluk swart stre-

Peugeot se 2008 alte nuttige tjor

Vir die oningeligte kyker lyk dit dalk bloot na net nog ’n BMW 3­reeks. Maar dit is ’n rasegte sportmotor – met plek vir vier mense en hul bagasie. pe op die pad te verf. Daardie vangnet is net so belangrik as die pad begin kronkel. Hoewel die M3 normaalweg baie vertroue inboesem, verg hy ’n ervare bestuurder om sy stert sonder hulp van die rekenaars in bedwang te hou. Al daardie wringkrag kan veroorsaak dat die bande begin tol, wat die M3 se agterent maklik wyd laat swaai. ’n Bestuurder moet vinnige reaksies hê om hierdie beweging met die stuurwiel te beheer, maar wanneer die ideale balans tussen die petrolpedaal en stuurwiel gevind word, verander die nuwe M3 met groot ywer van rigting en klou hy verbete aan die pad. Die fanatici se kommer oor die nuwe elektriese kragstuur is gedeeltelik geregverdig, want die stuurwiel verklap nie veel oor die voorwiele se padgreep nie.

Dit is die enkele eienskap wat maak dat die nuweling nie die E46 M3 (2000-’06) se titel as “beste M3 tot nóg toe” kan wegraap nie. Die voorwiele reageer vinnig en akkuraat op insette en die stuuraksie verg net genoeg inspanning om die bestuurder te laat werk vir sy plesier. Die nuwe M3 is ook net so luuks as wat hy vinnig is, soos dit ’n statussimbool betaam. Met sy elektronies beheerde skokbrekers in gemaksmodus en die enjin en ratkas verstel om so doeltreffend moontlik te werk, ry hy heel gemaklik. Die uitlaatgeraas vervaag tot ’n veraf geruis en sy brandstofverbruik daal soos African Bank se aandeelprys. Die nuwe BMW M3 is ’n blitsige sportmotor wat ’n behendige bestuurder be-

loon en ’n onbeholpe een berispe, maar met ’n luukse kajuit en beskaafde ritgehalte om verkeersknope se pyn te verlig. Hierdie veelsydigheid verseker vir die nuwe M3 sy plek boaan die moderne M-motor ranglys. Bedees of boosaardig, die nuwe M3 is die super-sedan wat in elke rol pas. – Martin Pretorius PRYS R 1 048 092 ENJIN 3,0 liter; sessilinder (in gelid); 317 kW en 550 Nm RATKAS Sewegang-dubbelkoppelaar-ratkas, agterwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 4.1 sek. en 250 km/h topsnelheid (beperk); 8,3 liter/100 km OORWEEG OOK Audi RS5; Porsche 911 Carrera

Peugeot 2008 1.6 Allure

P

eugeot se nuwe oorkruismodel het my nogal verras. Met die eerste oogopslag lyk hy nie juis hardekwas nie en al die blink afwerkings en bykomstighede is ietwat oordadig, maar die bestuur-engebruiks- ervaring oorloof ’n tweede kykie. Kom ons begin by wat saak maak, die motor se hanteringsvermoë. Hy reageer goed, voel stewig op die pad en om die draaie, versnel maklik as jy wil verbysteek en die remkrag is voortreflik. Die stuurwiel is klein en hy hanteer gevolglik lekker soos ’n resieskar. Op grondpaaie is hy net so tuis. ’n Beheerknop bied die bestuurder verskeie opsies vir gladde, oneweredige terrein of grondpad. Dis dalk nuttig, maar selfs die normale modus sorg vir meer as voldoende padvaste rygenot op pad na die naaste klimrotse. Al wat bietjie gepla het, was ’n vibrasie van iets wat ek nie kon plaas nie. Die ruitveërs werk goed, maar die groot ruimte wat weerskante buite die veërs se bereik is, beperk sigbaarheid. Vir naweekuitstappies in die buitelug is

BMW M3

Die Peugeot 2008, ’n ratse motor vir avontuurlustige stadsbewoners wat hou van wegbreek en die buitelewe. die Peugeot ideaal. Daar was plek vir my en my drie passasiers se klimtoerusting in die bakruim. Metaalstroke in die bagasiebak laat tasse en sakke maklik in- en uitgly en rekbande hou los waterbottels in plek. Die beenspasie vir die passasiers wat agter sit, is voldoende, maar knap vir die langeres. Nou vir al die dinge wat die bestuurder se rit plesierig maak, al dan nie. Die rathefboom se dowwestaalafwerking voel weelderig en ergonomies per-

fek. Ek het wel gevind dat die ratkas nie elke slag behoorlik in tru-rat wou inskuif nie, en ek moes daarop let om daardie grillerige geluid van ’n motor wat nie in rat is nie, te vermy. Die handremontwerp is verfrissend anders, en al die knoppies en verstellingsmeganismes is van gehalte. Die hoofligte skakel outomaties aan en spoedbeheer hou die gekose snelheid konstant. Wat wel ontbreek, is ’n gerieflike hou-

er vir daardie op-pad-werk-toe-wegneemkoffie. Die twee bekerhouers sit reg voor die rathefboom en is te diep vir ’n standaardgrootte wegneemkoppie om bereikbaar te wees sonder om te mors. Die paneelkassie is ook moeilik om by te kom van die bestuurdersitplek, maar die kissie agter die handrem is maklik bereikbaar en dus ’n beter sonbril-bêreplek. Die USB-verbindingspunt is ’n wenner. Al jou musiek word in ’n oogwink op die raakskerm vertoon, en kan beheer word op die skerm of stuurwiel. Die raakskerm vertoon ook ’n legio ander nuttighede soos GPS-navigasie, radiostasies en parkeerhulp. Laasgenoemde is nuttig in Kaapstad se nou straatjies, en parallelparkering millimeters van die randsteen was verstommend maklik. Dat die kantspieëltjies vanself gaan plat lê, is ideaal vir diegene wat (soos ek) saans buite die huis in ’n nou straatjie moet parkeer en soggens moet duim vashou dat niemand in die nag ’n duur kantspieëltjie afgery het nie. – Yvette Cloete PRYS R269 900 ENJIN 1,6 liter; vier silinders; 88 kW en 160 Nm RATKAS Vyfganghandratkas, voorwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 9.5 sekondes en 196 km/h topsnelheid; 5,9 liter/100km OORWEEG OOK Ford EcoSport 1.5 TDCi Titanium; Nissan Juke 1.6 Acenta+


6 InRat

31 Augustus 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Toetsritte

Toyota Corolla 1.8 Exclusive

Corolla trap soos jagluiperd S

edert ek kan onthou, is die Toyota Corolla die “veilige” keuse. Miskien ’n betroubare aftreekar of gesinsmotor met genoeg pakplek. Jy het nie ’n Corolla gekoop omdat sy hantering besonder sportief is of omdat hy iets vir die oog is nie. Maar dit alles verander nou vinnig. Ons toetskar, ’n Exclusive (1,8-liter-handrat), het my geloof in hierdie gesinsedan herstel. Terwyl die vorige twee of drie Corollas sieldodend was om te aanskou, lyk die nuweling selfs dinamieser as sy premiumklas-nefies uit die Lexus-stal. Daar is nou houding en doelgerigtheid in die nuwe Corolla se postuur. As ek die Corolla se snoet en stert met dié van die veel duurder Lexus ES250 moet vergelyk, verkies ek die Corolla se aggressiewer en herkenbaarder ontwerpstyl. Die deurhandvatsels en vyfhoekige stertligte lyk interessant en vars. Die instrumentpaneel het ’n raakskerm en ’n magdom knoppies en funksies. Dit kan jou aan die begin dronkslaan, maar ’n mens kry dit gou onder die knie. Die klankstelsel (wat DVD’s op die raakskerm kan speel) klink bogemiddeld goed, en die stil kajuit dra daartoe by. Die afstand tussen die voor- en agteras is met 100 mm gerek, wat dit moontlik gemaak het om die wiele verder na die hoeke te skuif vir beter dinamika. Sy lyf is ligter en stewiger as tevore. Ek kon dit voel in die draaie van die Akkedisbergpas, tussen Stanford en Napier in die Wes-Kaap. Dié Corolla trap vas soos ’n jagluiperd met ’n plomp rooibokkie in sy visier. Die stuurgevoel is te lig na my sin, maar dis nie ’n sonde nie. Vir die 1,8-liter-petrolenjin (103 kW en 173 Nm) was dit heeltyd speeltyd; sonder dat hy hom aan petrol vergryp. Die ritrekenaar het gewys my beste verbruik was 7,8 liter/100 km, terwyl my gemiddelde syfer ’n aanvaarbare 8,1 liter per 100 km was, ondanks die feit dat ek het hom soms gelooi het.

Met dié 1,8­liter­Exclusive het Toyota se Corolla van sy aftree­motor­beeld ontslae geraak. | FOTO: ANÉ THERON Vastrap- en stabiliteitsbeheer, sweepslagwerende voorsitplekke en sewe lugsakke is standaardtoerusting in die 1.8 Exclusive. En ja, ruimte is een van die eienskappe waarvoor die Corolla bekend is. Ek het ’n passasier van 1,96 m agter laat inskuif. Hoewel die kopruimte vir hom effens min was, was hy gelukkig

met die hoeveelheid beenspasie vir sy “bonatuurlik” lange femurs en tibia. Vir ons meer gewone mense is daar meters plek. Die Corolla het van sy aftreemotorbeeld ontslae geraak. Gee hom gerus ’n kans voordat jy ’n veldwa koop waarmee jy net een keer ’n jaar op 4x4-ritte gaan. – Ané Theron

Harley Davidson Forty­Eight

Black Betty met ’n hart van goud E

k hou van verrassings, veral as dit vooropgestelde idees omkeer. Ek het gedink ek sal haar nie mis nie, maar nou verlang ek baie na Black Betty. Daar is eienskappe waaroor ek nie treur nie. Die tipiese Harley-Davidson sitposisie, die vasklou om lewe en dood teen hoë spoed, die enkelsitplek en die klein, amper nuttelose seweliter-petroltenk. O ja, en die klipharde vering. Teenstrydig met Harley se beeld van lang ritte op Route 66 of Roete 62, het die Forty-Eight ’n geheime troefkaart, wat die bekke sal laat oophang: Betty is ’n uitstekende en eenvoudige pendel-motorfiets. Dis reg, ’n commuter bike. (By ’n Harley-kroeg wou die dissipels my skel en die cougars my slagaar afbyt toe ek dit durf sê.) Maar dis waar. Wanneer ek ’n motorfiets evalueer, word die kar weggesit en die motorfiets word vir alles gebruik. Werk toe, winkel toe, aande uit, my seun gaan aflaai by die skool en selfs duimgooiers optel as ek ’n ekstra valhelm by my het. Ongelukkig was die 48 ’n eenmanspel en dit sal die heel eerste ding wees wat ek sou verander aan Betty. Harley-Davidson het gelukkig ’n magdom bykomstighede, onder meer passa-

PRYS R281 100 ENJIN 1,8 liter; vier silinders (in gelid); 103 kW en 173 Nm RATKAS Sesgang-handratkas; voorwielaandrywing VERBRUIK 7,0 liter/100 km OORWEEG OOK Honda Civic Sedan 1.8 Elegance

Die Forty­Eight bring hulde aan die “gestroopte” Harleys wat ná die Tweede Wêreld­ oorlog in die VSA gewild was onder oud­dienspligtiges. | FOTO: HARLEY­DAVIDSON siersitplekke. Die beproefde lugverkoelde 1200cc Evolution-enjin is fantasties. Daar is oorgenoeg wringkrag, maar dit pluk jou nie van die fiets af nie. Omdat die enjin teen baie hoë toere begin hyg, gebeur die meeste giggel-oomblikke tussen 1 000 en 3 000 r/min. Dit gebeur blitssnel en daar is geen oormatige of onnodige “kyk-virmy”-geraas nie. Die hantering is aansienlik beter as te wagte, maar dit bly ’n lae fiets en ’n voetrus skuur as jy te laag lê om ’n draai. Eintlik is dit wonderlik. Ry

haar met die groep Spiderbait se nommer “Black Betty” wat uit die (opsionele) luidsprekers skree en jy sal verstaan wat ek bedoel. Dit is soos ’n moderne en beter weergawe van ’n ou classic. Om deur verkeer te vleg, was verspot maklik. Teen ’n lae spoed was dit sekerlik een van die maklikste motorfietse wat ek al gery het omdat die koppelaar en enjin soos ’n tweeling handjies-klap speel en die lae swaartepunt laat Betty maklik balanseer. Hoewel dit ’n nuwe weergawe is, be-

hou Harley die ou waardes van styl en gevoel. Die Evolution ruk en rol onder jou en die hele fiets vibreer en skud, soos die tweeling stadig met lang hale werk. Jy voel asof jy in die fliek HarleyDavidson and the Marlboro Man is. Betty was toegerus met ’n windskerm, wat onontbeerlik is. ’n Groter tenk en ekstra sitplek is ook ononderhandelbaar. Daarby sal ek ook die agtervering baie sagter stel. (Dit kan glo gedoen word met ’n spesiale sleutel.) Die 48 voel soms soos ’n ou swart trapfiets op ’n sinkplaatpad. In die draaie raak dit soms ’n boudeknyp-storie as die padoppervlak net effens rof is. Menige keer was haar sitvlak in die lug. Bougehalte is weer van die boonste rak. Die beheerknoppies is stewig en slim – soos die rigtingwysers s’n aan weerskante van die stuurstang. Links vir links en regs vir regs. En hulle skakel self af. Eenvoudig, nè? Maar, ai, daardie petroltenk. Dit het geen sin om so ’n uitstekende motorfiets ’n ritafstand van net 150 km te gee nie. Daar is oorgenoeg spasie op die raamwerk vir ’n groter tenk. Dit sal die 48 nog begeerliker maak. Harley-Davidson ’n fiets gebou wat beter is as wat hulle verwag het. Dit was veronderstel om ’n poser te wees, maar toe is sy ’n droommeisie: ’n rock chick met ’n harde lyfie wat baie hurk-oefeninge doen en net wil kuier. Dit is die eerste Harley-Davidson wat ek graag sal wil besit (met veranderinge natuurlik). Hel, ek mis haar. – Stephan Lourens PRYS R124 995


31 Augustus 2014

InRat 7

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Promosie

Hyundai Grand i10

Getz se grênd opvolger hier

Die Hyundai Grand i10. Sy woelige kragbron en aantreklike stilering maak van hom baie goeie waarde vir geld.

HY WORD BESKOU AS DIE OPVOLGER VAN HYUNDAI SE UITERS GEWILDE MAAR NOU UITGEFASEERDE GETZ-MODEL EN PAS TUSSEN DIE INTREEVLAK-i10 EN B-SEGMENTi20 IN.

I

n wese is hy dus ’n sub-B-segmentluikrug, maar waarom op dees aarde word hy dan die Grand i10 genoem? Goed, hy is groter as die bestaande i10 (100 mm langer, met ’n 40 mm langer asafstand as die eksklusief Europese model), maar hoekom het Hyundai nie net die welbekende Getz-benaming vir hierdie nuwe mededinger behou nie? Dit sou beslis meer sin gehad het, veral omdat die voorgenome sedanweergawe volgens gerugte as die Xcent kan bekend staan. En as Getz nie gebruik kon word nie, waarom hom dan nie die i15 doop nie? Hoewel die manne by Hyundai nie werklik redes vir die Grand i10 se onlogiese benaming kon gee nie, is dié Koreaanse vervaardiger se strategie met hierdie nuweling glashelder. Hy is perfek geplaas om sub-B-modelle soos Ford se Figo, VW se Polo Vivo, Toyota se Etios en die Renault Sandero in die mark te pak. Soos Stanley Anderson, bemarkingsdirekteur van Hyundai, dit stel: “Dit pas netjies in die gaping tussen die kleiner i10 en i20. Nie net wat grootte betref nie, maar ook wat prys en standaardtoerusting betref. “Ons verwag dat kopers van kleiner stadsrygoed beslis die Grand i10 sal oorweeg.” Nou wat maak hierdie model grênder

Die Grand i10 se buitelyne is pure Hyundai. as die normale i10? Wel, hy ry op ’n stewiger, spesiaal aangepaste onderstel, en sy groter bakwerk beteken hy’s 180 mm langer en teen 1 556 mm ook 65 mm breër as sy kleiner stalmaat. Dit beteken ook sy kajuit is groter en geriefliker; met 256 liter bagasieruimte (wat tot 1 202 liter vergroot kan word deur die agtersitplekke plat te slaan), wyl sy 45 mm langer asafstand en 20 mm laer dakhoogte beter padmaniere verseker. Sy buitelyne is pure Hyundai soos neergepen deur Thomas Bürkle, hoofontwerper in Rüsselsheim, Duitsland, en het verlede jaar ’n Red Dot-ontwerpsprys ontvang. Klein ontwerpsverbeteringe en die laer daklyn het sy windsleursyfer tot net 0,35 verlaag, wat vir beter brandstof-

verbruik sorg (ons het sowat 6,5 liter/100 km op die toetsroete deur die Kaapse wynlande gekry) en ’n laer geraasvlak. Binne is die uitleg soortgelyk aan die ander i-modelle s’n, maar kleurryke inlegsels op die instrumentepaneel en om die rathefboom sorg vir ’n jeugdige, opgewekte gevoel. ’n Rits bykomende toerusting, soos Bluetooth, sleutellose sentrale sluiting, ’n ritrekenaar, dubbellugsakke voor en lugversorging is alles standaard. Die grys materiaalbedekte sitplekke, met hoogteverstelling vir die bestuurder (’n materiaal-en-leerbedekking is opsioneel beskikbaar teen R5 000), is gemaklik, en op die stuurwiel is daar afstandbeheerkontroles vir die klankstelsel. Al die modelle het boonop misligte, ’n volgrootte spaarwiel en allooiwiele, afge-

rond met ’n nuttige stoorplek onder die voorpassasiersitplek. Hy is ook in ’n reeks van agt byderwetse kleure beskikbaar. Die hele reeks word aangedryf deur die Kappa-viersilinderenjin van 1,25 liter (64 kW teen 6 000 r/min. en 120 Nm teen 4 000 r/min.) wat ook in die i10 en i20 diens doen, en benewens twee vyfganghandratmodelle is ’n outo-model met viergang-kas beskikbaar. Die Grand i10 se prys wissel van R139 900 vir die handratmodel met Motion-afwerkingsvlak en R149 900 vir die Fluid-handrat tot R159 900 vir die Fluidouto. Dit sluit ’n 5 jaar/150 000 km-waarborg en padbystanddiens in (’n versienplan is opsioneel beskikbaar). As ’n mens die onderskeie modelle met hul regstreekse mededingers vergelyk, blyk dit gou die Grand i10 bied heelwat bykomende waarde vir sy prys. Die intreevlak-Motion het byvoorbeeld elektriese vensters, sentrale sluiting, hoogteverstelbare sitplekgordels en bestuurdersitplek, asook misligte en allooiwiele, terwyl sy mededingers (Figo 1.4 Ambiente, Etios 1.5 Xi en Polo Vivo 1.4) dit nie bied nie. Die Fluid-handratmodel bied ook R3 700 se bykomende waarde as sy prys aangepas word in verhouding tot die prys van sy regstreekse teenstanders (die Ford Figo 1.4 Trend, Honda Brio 1.2 Comfort, Toyota Etios 1.5 Xs en VW Polo Vivo 1.4 Trendline). Dit beteken goeie waarde vir geld, veral gesien sy aantreklike buite- en binnestilering, lewendige kragbron (wel, ten minste op seevlak) en skaflike hantering. Gegewe hierdie eienskappe meen ons die nuweling behoort net so gewild soos die Getz te wees, en selfs meer. En dit sal regtig grênd vir Hyundai wees. PRYSE Grand i10 1.25 Motion (handrat) R139 900 Grand i10 1.25 Fluid (handrat) R149 900 Grand i10 1.25 Fluid (outomaties) R159 900


8 InRat

31 Augustus 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

Motorfiets van die jaar

Volvo XC90

KTM SuperDuke R die beste

Volvo wys sy nuwe XC90

Plaaslike motorfiets­media het die 1290 SuperDuke R as motorfiets van die jaar gekies. Die kompetisie is aangebied deur Pirelli en “The Bike Show”. | FOTO: KTM

Volvo se lank­in­die­tand­XC90 gaan vervang word deur dié model (bo). Verwag ’n su­ perluukse kajuit en verstommende veiligheidstoerusting. | FOTO: QUICKPIC

MotorSport

Wen! Wen! Wen!

Thierry Neuville het in sy i20 die leiding geneem vir ’n Hyundai­1­2­sege in Duitsland.

Mercedes se F1­stryd ontplof in België F

ormule 1: Belgiese kruitvat Ná die Belgiese Grand Prix is een ding seker: die Mercedes-F1-spanmaats, Lewis Hamilton en Nico Rosberg, breek nie meer brandhout van dieselfde tak af nie. Daar sal nog lank gestry word oor Rosberg se skuif wat Hamilton se kans bederf het – maar met die beamptes wat dit as ’n ren-voorval afgemaak het, beteken dit Mercedes se spanbestuur sal Salomo se wysheid aan die dag moet lê om hul jaers te beheer . . . Om sake te vererger, raak dit nou ’n kwessie van twee honde wat baklei wyl die derde met die been wegloop. Die Aussie Daniel Ricciardo het weer uitmuntend gejaag en sy tweede Red Bull-sege vanjaar behaal, en is nou beslis ’n bedreiging vir die Mercedes-jaers.

Wees verseker, die vonke gaan op Monza spat . . . Wêreld-tydrenreeks (WRC): Hyundai se ongelooflike sege Die WRC-ren in Duitsland was ’n verbysterende segetog vir Hyundai. Thierry Neuville het die span sy eerste oorwinning in sy eerste jaar van deelname aan die WRC besorg – dít nadat hy sy i20 in die oefenrondes feitlik verwoes en die span dit in 18 uur herbou het. Om als te kroon was sy spanmaat, Dani Sordo, die naaswenner nadat die vroeë voorlopers, Jari-Matti Latvala (VW) en Kris Meeke (Citroën), van die pad gejaag het. Ondanks twee botsings bly Sébastien Ogier (VW) bo op die punteleer, 44 punte voor sy spanmaat, Latvala.

SuperGP-fietse: Opwinding in Durban Die terugkeer van motorfietsrenne na KwaZulu-Natal ná ’n afwesigheid van 25 jaar, het vir heelwat opwinding in die SuperGP-reeks gesorg. Op die spesiaal geboude 2,4 km lange baan op die ou Durbanse lughawe het die huidige kampioenskapsvoorloper, Clint Seller (Kawasaki), ’n goeie sege in ren twee behaal nadat hy in die eerste ren ná ’n onderonsie met Garrick Vlok (Kawasaki) tot agtste teruggesak het. Dié ren is deur sy spanmaat Dylan White gewen, gevolg deur Lance Isaac (BMW) en Brandon Goode (Kawasaki). In die tweede ren was White tweede met Isaac derde. Die ren is deur sowat 12 000 toeskouers bygewoon. Die volgende ren is op 14 September op die Zwartkops-renbaan naby Pretoria.

Skryf in en jy kan wen! Eerste prys . Retoervlugte en twee nagte verblyf vir twee om ’n Toyota­4x4­kursus op die pragtige Klipbokkop by die Paarl in die Wes­Kaap by te woon. . ’n Nikon Sport Optics Monarch 8x42­ verkyker . ’n Fenix Flashlights UC40­flitslig Tweede prys . ’n Fenix Flashlights TK35­flitslig . ’n Nikon Sport Optics Monarch 8x42­ verkyker Derde prys . ’n Xbox 360 Kinect ; Om deel te neem moet jy na www.rapportinrat.co.za gaan en op die #Where2Next­logo klik. Die sluitingsda­ tum is 31 Oktober 2014. Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaarding van die reëls en voorwaardes, wat op die webtuiste gelees kan word.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.