InRat 18 Mei 2014

Page 1

InRat

5

Die Nissan Patrol vra dat jy afstig

Bylae tot Rapport

Nuwe

3

Nee, ons lieg nie! Dis die nuwe Mini

6

BMW X5 het diskoligte vir voetgangers

Jou 4x4 is moeg vir die skoolroete

8

18 Mei 2014

Jeep Cherokee – ’n rooihuid met

skoonheid?3


2 InRat

18 Mei 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

InRat Redakteur Justus Visagie E­pos: justus.visagie @media24.com Tel: 021 406 3226 @ryveilig & @Rapport InRat

Nuut

Gee vet op SA se mooiste grondpaaie

Advertensies Brendon Staniforth E­pos: brendon.staniforth

@media24.com Tel: 012 485 9266 facebook. com/Inrat

Spoed is toe nie die eintlike probleem

I

s jy een van daardie moto­ riste wat 120 km/h in die snelweg se regterbaan ry en traag is om links te be­ weeg omdat dit die wettige snelheid is en spoed nood­ wendig tot sterftes lei? Die AA het ’n verklaring uit­ gereik wat lui Arrive Alive het met sy “Speed Kills”­veldtog sedert 1997 weinig sukses behaal en dat busse, wat stadig ry, van alle voertuie die meeste padsterftes veroorsaak. Die AA sê spoed is gevaarlik as dit onvanpas vir die omstandighede is en die owerheid sal meer sukses behaal as hy op die volgende fokus: beter wetstoepassing, die nagaan van rybewyse, motoriste wat ander op ’n gevaarlike manier ver­ bysteek, padwaardigheid, dat bestuurders ver­ keersligte gehoorsaam en dat padgebruikers deeglik kyk voordat hulle beweeg of van rigting verander. Vervolging weens spoedoortredings het bloot ’n inkomstestroom geword, sê die AA. Gaan die regering hom aan die AA se mening steur? Ongelukkig onwaarskynlik. Motorsake lyk meer belowend by die Johan­ nesburgse Padagentskap (JRA), wat vandees­ week ’n slimfoon­app bekendgestel het om slag­ gate aan te meld. InRat het dit van Google se app­winkel afgelaai en sal volgende week in Jo­ hannesburg daarmee eksperimenteer. Die app ge­ bruik die slimfoon se GPS om vir die JRA te sê presies waar die gat is. Dit is op die oomblik net vir Android en Windows beskikbaar, maar die iPhone­weergawe is glo byna gereed. Soek na “JRA Find&Fix” in jou app­winkel. Waar die somer en sy sondvloed van reën die slaggate vermeerder het, bring die winter weer ander uitdagings vir jou motor. Hier is ’n klompie wenke om jou kar wintergereed te maak: V Laat toets jou motorbattery. Dit is sensitief vir koue; V Maak seker daar is teenvriesmiddel in die verkoeler. Raadpleeg die handleiding daaroor; V Verseker dat die remme, ligte, ruitveërs, ont­ wasemer en verhitter in die agterruit werk. Gaan ook die bande se loopvlak na; V Hou die brandstoftenk so vol moontlik. Kon­ densasie, wat meer in die winter voorkom, kan veroorsaak dat water met die brandstof meng. Hoe leër die tenk, hoe meer kondensasie; en V Stel vas of jou motor se padbystand­hulp­ diens nog geld. Indien nie, sluit aan by ’n organi­ sasie soos die AA. En hou ’n selfoonlaaier in jou kar. ; Volg @RapportInRat en @ryveilig (Justus Visagie) op Twitter.

Wen!

Yamaha Super Ténéré XT1200ZE

Kragtige ysterperd Ons het in die vorige uitgawe oor Yamaha se verbeterde Super Ténéré XT1200ZE geskryf, maar daar was nie plek vir ’n foto nie. Hier is hy nou, in al sy glorie. Hy kos ’n stewige R180 000, maar sy prys vergelyk steeds goed met die BMW R1200GS s’n. Die goeie nuus is die ouer XT1200Z is splinternuut te koop teen R144 500.

KopKrap

lSuzuki­blokkiesraaisel #5

“Avontuur” kry ’n nuwe betekenis wanneer jy die land se agterpaaie op ’n motorfiets begin verken. Nuwe horisonne wink in dié praktiese roete- en rygids waarvoor die topskrywer Deon Meyer en die fotograaf Adriaan Oosthuizen van SuidAfrika se mooiste grondpaaie aangedurf het. Hulle bied oor die 30 roetes vir gesoute en aspirant-motorfietsryers wat ’n liefde vir reis het. Meyer het ’n kort storie oor elke roete geskryf. Hy vertel ook van die karakters wat hy langs die pad ontmoet. Elke roete – wat deur kleurryke kaarte en pragtige landskapfoto’s geïllustreer word – bied iets nuuts om te ontdek: ’n asemrowende pas; ’n kronkelende rivier; pragtige plaasgeboue; ’n waterval; of ’n uitgestrekte stuk veld met nie ’n mens in sig nie. Die tweede deel van die boek is ’n praktiese rygids wat grondpad-groentjies stofpaaie help baasraak. Daarin verduidelik Meyer die teorie agter motorfietsry. Hy gee ’n rits wenke, soos: hoe om op ’n baie sanderige pad regop te bly; hoe om driffies en dongas te hanteer; en hoe om ongelukke te vermy. InRat het twee eksemplare van die boek om weg te gee. E-pos jou naam en die naam van die motorfiets wat op bl. 6 verskyn na justus@bikeroutes.co.za vir ’n kans om die boek te ontvang. Kompetisiereëls is op aanvraag beskikbaar. Slegs een e-pos per adres.

Die leidrade

VerskafSuzuki-raaisel deur XWord.co.za 05 Rapport Inrat 18 Mei 2014 Gebruik die letters in die gekleurde blokkies om die Dwars naam van een van Suzuki se gewilde motors te vorm 1

2

3

4

5

6

10

13

19

11

14

7

8

9

16

17

12

15

20

18

21

24

22

25

27

23

26 28

29

30

31

Die nuwe SX4, met die grootste laaispasie in sy klas.

NOW THA T’S

SX4life

Bespreek jou toetsrit www.SuzukiAuto.co.za

3. Räikkönen, wat 2007 se F1­wêreldkampioen was (4) 6. Omstrede Fransman Alain __, wat vier F1­wêreld­ titels verower het (5) 7. Kultusheld van die sil­ werdoek, James __, wat in 1955 in ’n Porsche 550 Spyder verongeluk het (4) 8. Die Russiese Grand Prix vind vanjaar hier plaas (dink aan die Olimpiese Winterspele!) (5) 11. Die F1­kampioen die jaar voor Jody Scheckter, __ Andretti (5) 12. Brittanje se Hamilton (5) 13. Die Britte se man van 31 oorwinnings en 32 on­ gelukke, __ Mansell (5) 14. Houtsoort wat baie lig in gewig is (5) 16. Plek waar diere gras vreet (7) 19. Kleurryke blondekop­ wedrenheld van die 1970’s, __ Hunt (5) 21. Snel beweeg (2) 22. Die beroemde renbaan in Baden­Württemberg is naby dié Duitse dorp (10) 24. Uitroep van pyn (4) Af 1. Snelheid kan met dié

Wen met Suzuki G

ebruik die letters in die gekleurde blokkies om die naam van een van Suzuki se motors te vorm. SMS jou antwoord en jou naam en van na 073 575 1774 voor of op Dinsdag 20 Mei 2014. Net een SMS per telefoonnommer. Deelname impliseer aanvaarding van die voorwaardes, wat op aan-

vraag beskikbaar is by justus.visagie@media24.com. Die wenner ontvang ’n Explorer 4x4 Medibox wat ideaal is vir viertrekgeesdriftiges en motoriste. Dié sterk, kompakte, stofdigte noodhulptassie bevat eenvoudige noodhulpinstruksies en die in-

afkorting aangedui word (3) 2. Die Kanadese Grand Prix is al meer as 30 keer op dié plek aangebied (8) 3. In die rigting om ’n ren­ baan soos die wysers van ’n horlosie loop (10) 4. Uganda se Amin (3) 5. Formule Een­wêreld­ kampioen in 1969, 1971 en 1973, __ Stewart (6) 9. Drie van hulle (Phil, Graham, asook Damon) was al wêreldkampioen! (4) 10. Dié stad het sinoniem geword met die Italiaanse Grand Prix (5) 11. Australiese stad waar digby 20 Grand Prix­wed­ renne al aangebied is (9) 15. Genesende waterbron (3) 17. Tele­TV is ’n anagram vir hierdie Sebastian! (6) 18. Bo die grond hou (3) 19. Die enigste wêreldkam­ pioen op sowel twee as vier wiele, __ Surtees (4) 20. Bome in Stellenbosch se lanings (4) 21. Skotland se __ Clark, wat twee keer wêreldkam­ pioen was voordat hy in 1968 verongeluk het (3) 23. Onder andere (afk.) (2)

houd is in netjiese kompartemente verdeel. Vir meer besonderhede, bel J. Pretorius by 082 793 7174 of stuur aan hom ’n e-pos by info@medhealthkits.co.za. Besoek ook die webwerf medhealthcarekits.co.za vir meer inligting. ; Die wenner van April se 4x4Medibox is Annemarie Maarsch.


18 Mei 2014

InRat 3

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut Mini Cooper

’N

Groter sierrooster voor en groter ligte agter is die opsigtelike veranderinge aan die derde geslag Mini, gemeet aan sy voorganger. Wanneer ’n resep vir miljoene verkope in ’n mededingende marksegment sorg, moet ’n mens liewer nie daaraan torring nie. Die nuutste “nuwe Mini” is egter heeltemal hersien, ondanks die oënskynlike slakkegang van sy evolusie, en deel amper niks behalwe sy stilering met sy voorgangers nie. Dieselfde geld die kajuit, waar hy op ’n haar na sy “pa” lyk. By nadere inspeksie kan ’n mens egter sien dat hy algeheel vernuwe is: die snelheidsmeter bevind hom uiteindelik voor die bestuurder en daardie reuse-knoets voor die ratkierie huisves nou net die vertoonskerm vir die navigasie- en multimediastelsels. Daardie oulike klein hefboom-skakelaars vir die elektriese ruite? Hulle het nou ander funksies, want die vensterskakelaars het na die deurpanele verskuif. Die grootste verbeteringe word egter onder sy dop gevind waar die Mini nou splinternuwe BMW-enjins met turbo-aanjaers en direkte petrolinspuiting gebruik. Die Cooper-variant kry ’n 1,5-liter-driesilinder met 100 kW en 220 Nm, terwyl die sportiewe Cooper S se tweeliter-viersilinder 141 kW en 280 Nm ontwikkel. Kopers kan kies tussen outomatiese en handratkaste, albei met ses gange, om die krag na die voorwiele te gelei. Die vorige twee generasies van die Mini moes fel kritiek verduur vir beknopte kajuite, beperkte bagasieruimte en ’n stamperige rit. Die nuwe een verbeter hierop en kan nou mense van gemiddelde grootte agter inpas, asook ’n bietjie meer bagasie. Sy rygerief is verbeter en die Cooper S het nou ’n dubbelmodus-veerstelsel wat met die druk van ’n knoppie verander van gemaklik na sportief. Meer tasbare opkikkerings kan egter in die binneruim gevind word. Die nuutste Mini voel beslis

Mini­maksimaal

Die Mini het wasdom bereik en sal nou ’n wyer spektrum kopers se behoeftes bevredig. | FOTO: NEWSPRESS deeglik aanmekaargesit, met duursamer plastiek. Die nuweling voel ongetwyfeld Mini wanneer jy agter die stuur sit, met hitstjor-hantering en lewendige verrigting. Die driesilinder in die Cooper is selfs meer charismaties as die Cooper S se tweeliter, met die driesilinders se klank soos ’n (halwe) Porsche 911-enjin. Danksy lewendige versnelling (0-100 in 7.6 sekondes) is hy amper so vinnig soos

die ou Cooper S. Met sy ligter enjin is die Cooper ook ratser en meer pret om te bestuur as die duurder, swaarder Cooper S. Die verskil in die twee se koopprys kan dan gebruik word om te betaal vir ’n Harman Kardon-klankstelsel en tru-kamera. Die Mini het wasdom bereik en sal nou ’n wyer spektrum kopers se behoeftes bevredig. Die grootwordproses het egter nie dié rakkers hul prettige geaard-

heid ontneem nie, maar sorg dat die nuwelinge heelwat praktieser, geriefliker en suiniger met brandstof is. Al die Mini se goeie eienskappe het behoue gebly, maar die ou swak punte is doeltreffend aangepak. Dis dalk die rede hoekom hul sierroosters nou so wyd glimlag. – Martin Pretorius PRYS Van R287 500 vir die handrat-Cooper tot R360 400 vir die outomatiese Cooper S.

Jeep Cherokee

Cherokee beter van bo tot onder J

eep was nog altyd taamlik konserwatief wat die stileringselemente van sy modelle betref. Die Cherokee wat verlede jaar op die New Yorkse motorskou bekendgestel is, het dit verander, want met sy revolusionêre ontwerp (vir ’n Jeep) het hy byna ’n Amerikaanse burgeroorlog ontketen. Die vorige Cherokee se hoekige en bonkige ontwerplyne het plek gemaak vir kurwes en kartels wat g’n vorige Jeep sou duld nie. Dun spleetoë het die groot, ronde hoofligte (eens ’n ononderhandelbare Jeep-stylelement) vervang, die “waterval”-enjinkap is nuut en selfs die sewegleuf-rooster het ’n stewige kinkel bygekry. Volgens Mark Allen, Jeep se hoofontwerper, is die radikale ontwerpverandering opsetlik gedoen om nuwe en jonger kopers te trek en ná 30 jaar ’n nuwe era vir die bekende Cherokeenaam in te lui. Dit kan ook wees dat die nuutste Jeep se Fiat-onderstel die ontwerpers genoop het om ’n moderner ontwerpoplossing te vind vir dié legendariese sportnutsvoertuig, wat nou hier beskikbaar is. Dié onderstel is glo 65% stewiger as die vorige model s’n en dra by tot die nuweling se beter gedrag en hantering – op teer sowel as in die veld. Die nuweling se ontwerp is heelwat meer lugdinamies as voorheen, terwyl

Jaguar het sy “outydse” beeld met sukses laat vaar. Jeep gaan dieselfde regkry met dié Cherokee. | FOTO: CHRYSLER van Jeep se tradisionele ontwerpaksente soos hoekige wielboë behoue gebly het. Soos ’n goeie kinkelresep in Kokkedoor is die nuwe Cherokee se binneruim modern, maar met heelwat Jeep-ondertone soos die middelkonsole, wat op die sierrooster van ’n 1940’s-model Willys Jeep gegrond is. Hoëgehalte-materiale word vir die paneelbord- en sitplekafwerking gebruik, maar snaaks genoeg bly die gevoel binne steeds Amerikaans en Jeep-agtig. ’n Nuwe volkleur-seweduim (18 cm)-instrumenteskerm en UConnect met ’n 8,4-duim (21 cm)-kleurskerm is ook beskikbaar. Die binneruim is ook funksioneel, met bêreplek onder die voorsitplekke en boop die voorpaneel. ’n Groot dubbelpaneel-sondak kan opsioneel bestel word. Die nuwe Cherokee is beskikbaar in drie afwerkingsvlakke – Longitude, Limi-

ted en Trailhawk – en met twee enjinopsies: ’n nuwe 3,2-liter-Pentastar-V6petrolenjin (200 kW en 315 Nm) en die 2,4-liter-Tigershark MultiAir-enjin (130 kW en 229 Nm), albei gekoppel aan ’n splinternuwe negegang- outomatiese ratkas. ’n Turbodieselopsie is nie in dié stadium beskikbaar nie. Die reeks bestaan uit twee tweewielaangedrewe modelle (Longitude en Limited), ’n vierwielaangedrewe Limited-model met die Jeep Active Drive I-stelsel en ’n Trailhawk-model met die Active Drive Lock-stelsel, wat laestrek, ’n sluitewenaar en afdraandebeheer insluit. Die vierwieldryfstelsel sluit ook die Selec-Terrain-kloubeheerstelsel in met vier modusse (outo, sneeu, sport, sand/ modder), asook ’n vyfde (rotse) in die Trailhawk-model. Dis ook die eerste middelslag-sport-

nutsvoertuig met agteras-ontkoppeling, wat sorg vir minder energie-vermorsing en beter brandstofverbruik. Die nuwe Amerikaner is bekroon met ’n vyfster- en beste-in-sy-klas-prys in Europa se NCAP-botsingstoets danksy meer as 70 veiligheidstelsels wat rol-keer (ERM), ABS vir veldry, blindekol-monitering en vele meer insluit. Die nuwe Cherokee is in alle opsigte ’n verbetering van die vorige weergawe en behoort van Jeep weer ’n aanspraakmaker in die uiters mededingende mark vir kleiner hardebaard-sportnutsvoertuie te maak. Dit kan tradisionele Jeep-eienaars egter ’n rukkie vat om aan sy radikale stilering gewoond te raak. – Ferdi de Vos PRYS Van R479 990 vir die Cherokee 2.4 Longitude FWD tot R607 990 vir die Cherokee 3.2 Trailhawk 4WD


4 InRat

18 Mei 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

NuweModel

Mercedes­Benz C­Klas

C­klas volg in diep wielspore M

ercedes-Benz se nuutste C-klas, wat in minder as twee weke landwyd by handelaars beskikbaar sal wees, volg in diep wielspore – veral in Suid-Afrika, waar dié voorlopermodel reeds die afgelope 20 jaar ononderbroke vervaardig word. Van 1994, toe Mercedes-Benz se aanleg in Oos-Londen met die vervaardiging van die W202-model begin het, het die C-klas gou die gewildste Benz plaaslik en internasionaal geword, en vandag is dit sekerlik dié belangrikste model in die Stuttgartse vervaardiger se reeks. In die meer as 30 jaar sedert die bekendstelling van die W201-model in 1992 (ook bekend as die 190, wat eindelik die C-klas geword het), is reeds meer as 10 miljoen “baba-Benze” wêreldwyd van die hand gesit, en plaaslike verkope van die C-klas, veral die sedanweergawes, was die afgelope twee dekades persentasiegewys van die hoogste ter wêreld. ’n Moontlike rede hiervoor is die feit dat Suid-Afrika tot onlangs toe nog die enigste land buite Duitsland was waar die C-klas vervaardig is. Ná die W202 is die fabriek in Oos-Londen in 2000 uitgebrei om met produksie van die W203-sedan te begin, aanvanklik net vir plaaslike verspreiding en uitvoer na regterstuurlande. In 2003 het die 100 000ste C-klas van die Oos-Londense monteerbaan geloop, en in 2007 is produksie van die derdegeslag-C-klas, die W204, in werking gestel. Terselfdertyd is ook met die bou

Evolusie van ’n kampioen: Mercedes­Benz se C­klas deur die jare. | FOTO: MBSA van linkerstuur-modelle vir uitvoer na die VSA begin. In 2011 is 54 300 C-klasse in die aanleg gebou. Dis in 2012 oortref met meer as 60 000 voertuie wat vervaardig is, terwyl 50 287 motors verlede jaar daar gemonteer is. Die fabriek het hom in hierdie tydperk

ook as een van die voorste vervaardigingsaanlegte van Daimler AG wêreldwyd bewys deur vier J.D. Power-gehaltepryse op ’n ry in te palm, asook ’n rits Synovate-gehaltepryse. Met die toenemende gewildheid van die C-klas is produksie-kapasiteit ook uitgebrei, en van vanjaar sal die nuwe mo-

Die beste ken geen alternatief nie. Ons stel bekend: die nuwe Mercedes-Benz C-Klas. Uitnemendheid is nie onbekend vir jou nie. Dis waarom ons jou volgende C-Klas in elke opsig as DIE BESTE gebou het. Met ongeëwenaarde bestuur- en veiligheidstelsels soos Driving Assistance Plus en Collision Prevention Assistance PLUS, sal jy geinspireerd wees deur die gesofistikeerdheid en inherente selfbeheersing van die nuwe C-Klas. Vir meer inligting, besoek www.mercedes-benz.co.za/c-class #NoAlternative

del nie net in Duitsland (Bremen) en Suid-Afrika (Oos-Londen) gebou word nie, maar ook op twee ander vastelande – in Asië (Beijing, China) en Noord-Amerika (Tuscaloosa, VSA). Voorbereiding vir die vervaardiging van die nuwe C-klas, onder leiding van personeellede van die Bremen-aanleg, het verlede jaar by die aanleg in OosLonden begin. Die eerste produksiemodelle het sowat twee maande gelede van die produksielyn geloop. Die aanduidings is dat die nuwe C-klasreeks aanvanklik uit vier modelle – die C180, C200, C220 Bluetec en C250 – sal bestaan, met die C220 Bluetec die enigste dieselweergawe in die reeks. Hierdie kragbronne en dryfstelsels word met die A-, B-, CLA- en GLA-modelle gedeel, asook die opsionele 7G-Tronic Plus-outokas en Intelligent Drive-stelsel, wat gerief- en veiligheidstelsels vermeng. Ook is die nuweling met Avantgarde-, Exclusive- en sportiewe AMG-ontwerpen toerusting-vlakke beskikbaar waarmee elke ryding verpersoonlik kan word. ’n Wye reeks opsionele toerusting-pakkette is ook beskikbaar, waaronder ’n Air Balance-, ’n Airmatic- en ’n Driving Assistance Plus-pakket. Dit lyk of die nuwe C-klas, wat begin volgende maand beskikbaar sal wees met pryse wat van R415 900 (sonder CO2-belasting) begin, ’n uitmuntende ryding is. Ons hoop om ons indrukke van dié nuweling volgende maand te kan weergee. – Ferdi de Vos


18 Mei 2014

InRat 5

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut Nissan Patrol Pickup

I

n die dae van Natte en Sappe was daar ’n grappie oor ’n Sap-oom wat sy kar net op grondpaaie gery het. Sien, hy’t geweier om op ’n “Nasionale” pad te ry. In daardie jare het baie Natte ook net Fords gery en heelwat Sappe net Chevs. Om in die vyand se handelsnaam te ry was verraad. Deesdae sweer duisende boere en wildtemmers met byna godsdienstige begeestering by die Toyota Land Cruiserbakkie. Maar nie almal wil Toyota ry nie. Hoe gemaak as jy steeds ’n behoefte het aan die taaiste bakkie denkbaar, maar jy’s van ’n ander kerk? Jy gaan skop bande by jou Nissan-handelaar. Nissan het die haas onbreekbare Patrol 4x4-bakkie ingrypend bygewerk. Behalwe dat hy rateltaai is, is dié klas bakkie – van Nissan of Toyota – ook ’n formidabele veldryer. As jy met hom wil speel, deins hy vir geen gr. 5-veldroete terug nie. En wanneer hy moet werk, gooi hy mampoer oor sy ontbytpap voordat hy kaalhand gaan draad span. ’n Punt van kritiek teen die ouer Nissan Patrol-bakkies was die afwesigheid van ’n ewenaargrendel agter wat die bestuurder kon sluit vóórdat een van die agterwiele tol. Nou is so ’n diff-lock standaardtoerusting. Dan het die haastige ouens en grootbootslepers soms gemor oor die Patrol se uitasem-enjin. Dis nie meer ’n kwessie nie, want Vaaltyn het ’n haal terpentyn onder sy stert gekry: ’n drieliter-turbodiesel wat 371 Nm en 110 kW uitskop, gekoppel aan ’n vyfgang-handratkas. Dis stukke beter as die ou 4.2 TDI se 282 Nm en 90 kW. Nissan sê die nuwe enjin behoort 10,9 liter diesel (10, 50 of 500 ppm) per 100 km te verbruik in ’n kombinasie van stad en ooppad ry. Jou kredietkaart beter sterk staan as jy volmaak: die Patrol het twee brandstoftenks wat saam 175 liter sluk. Dis genoeg vir die 1 500 km van Menlyn in Pretoria tot by die Nuwelandstadion in Kaapstad. En as jy en jou tjom

Jolliepatrollie

Met sy nuwe enjin en ewenaarslot kan die Patrol jou in die meeste gevalle uit die moeilikheid kry. | FOTO: NISSAN SA mooi ry, is daar nog genoeg diesel oor vir ’n besoek aan Teazers in Bellville. Nog belangrike vernuwing het op die Patrol se agteras plaasgevind. Die agterwiele sit nou verder van mekaar vir beter hantering en daar’s nuwe bladvere vir ’n minder stamperige rit. Al vier bande is breër. Die binneruim is nie te spartaans nie – daar’s onder meer lugreëling, kragstuur, elektriese vensters en materiaalbekleedsel. Om jou bas te red is daar twee lugsakke en ABS-remme. As jy ’n draadloos wil hê, kos dit ekstra, terwyl Toyota dit by die Cruiser se prys insluit.

Met presies dieselfde verkoopprys van R476 900 staan die Patrol en die sessilinder-diesel-Cruiser soos twee swaargewigboksers neus aan neus. Daar’s interessante verskille tussen hulle. Die Nissan vereis versiening elke 15 000 km, terwyl die Toyota elke 5 000 km versien moet word. Die Patrol se enjin het 371 Nm se hefboomkrag teenoor die Cruiser se 285 Nm. Die Nissan kan ’n sleepding (met remme) van 2 500 kg sleep, teenoor die Toyota se 1 500 kg. Maar die Cruiser se voorewenaar kan sluit; die Patrol s’n nie. As jy ’n sterker Cruiser wil hê, moet jy

Toyota Corolla Quest

Corolla wat sak pas T

oe Volkswagen se Golf I deur Golf II opgevolg is, het VW Suid-Afrika nie die Golf I se aanleg op ’n ashoop loop gooi nie. Hy’t die Golf I in helder kleure getooi en teen ’n sakpas-prys as die Citi Golf verkoop. Dis presies wat Toyota nou met een generasie gelede se Corolla gedoen het, behalwe vir die uitspattige rooi, geel of blou. Ja, Toyota het die tiende generasie Corolla nie oor die horison gestuur om te gaan afSo gewild soos die Citi? Die tyd sal leer. | FOTO: tree nie. QUICKPIC Die “ou” Corolla heet nou Corolla Quest, en hoewel hy min of meer dieselfde as voorheen lyk, is hy sel het wat USB- en Aux-poorte vir jou mueffens verander om hom meer modern, siek het. Die Plus het ook allooiwiele en sy maar ook bekostigbaar te maak. Op dié madeurhandvatsels is dieselfde kleur as die nier het Toyota ’n hele nuwe sub-C-segment motor. En hoewel die vorige generasie Cogeskep vir ouens wie se babastootwaentjies rollas allesbehalwe lelik was, lyk die Quest nie in hul B-segment motors (soos die Yaris) net ’n rapsie meer vaartbelyn en vars. pas nie. Die kop- en agterligte is subtiel herontDie Quest-reeks bestaan uit drie weergawerp en ’n ander paar veranderinkies (soos wes, elk met die 1,6-liter-petrolenjin (90 kW die smukspieël se liggie) beperk boukoste. en 154 Nm) wat ook in sommige van die Daar’s selfs ’n driejaar-of- 45 000-km-verheel nuutste (Mk 11) Corollas diens doen. sienplan by die driejaar-of-100 000-km-waarNou wonder jy seker of die Quest net ’n borg. leë dop is. Beslis nie. Al drie variante beskik Die slimste kopie van die drie? oor ’n alarm of immobiliseerder, ’n sentrale Beslis die 1.6 Quest vir R174 900. sluitstelsel, twee lugsakke voor en lugversorTeen daardie prys het jy mos genoeg geld ging. Daarby is die stuurwiel diepte- en oor vir ’n gatskop-klankstelsel. – Ané Theron hoogteverstelbaar. PRYSE Die twee goedkoper Quests het staalwiele 1.6 Quest (sesgang-handratkas) – R174 900 en jy moet jou eie radio en luidsprekers 1.6 Quest Auto (viergang-outokas) – R198 900 koop, terwyl die duurder Plus ’n klankstel1.6 Quest Plus (sesgang-handratkas) – R197 900

die V8 koop, maar hy’s veel duurder en loop net op laeswaeldiesel (50 ppm of minder). Of jy moet die petrolweergawe koop, maar hy drink soos ’n olifant. Vir iemand wat tussen die Patrol en die drie Cruiser-susters moet kies, is die Nissan bes moontlik die sweet spot. Oorweeg hom baie sterk. Al moet jy dan afstig en jou eie kerk of politieke party begin. As jy dit doen, belowe ons jy sal nie so dom lyk soos dié inwoners van Orania wat vir Juliaas se EFF gestem het nie. – Justus Visagie PRYS R476 900

Hoër Stepway pypkan slaggate

Renault Sandero Stepway

K

ort ná die voortreflike Renault Sandero se koms het sy sportnutsweergawe, die Stepway, hier wiel aan wal gesit. Soos die Sandero is die Stepway op die Renault Clio se platform gebou, maar hy staan omtrent 4 cm hoër as die gewone Sandero. Dit is om swak padtoestande te pypkan en makliker oor die klippe by jou naweekplek te ry, maar ook om soos ’n junior veldryertjie te lyk. Dink aan ’n motor soos die VW Cross Polo en jy’s op die regte spoor. Gee jouself nou ’n groot afslag op die koopprys en jy’t ’n Sandero Stepway. Die Stepway se sestienduim“Flex”-wiele is iets besonders en ’n teenvoeter vir ons slaggate wat so aanteel. Dit is staalwiele met allooi-bedekkings wat heelwat goedkoper is om te vervang as allooiwiele en wat tot ’n mate kan buig (sonder om te breek) as jy deur ’n groot slaggat sou ry. Onder die kap woon ’n driesilinder-enjin van slegs 900 cc. Hierdie 66 kW-oondjie is turbo-aangejaag en laat die Stepway rats deur die verkeer glip. Die rit is soms bonserig en omdat hy hoog loop, leun hy soms effe skeef in ’n draai. Maar sy padhouvermoë is goed. Stileringsgewys lyk die Stepway meer modieus as voorheen – beslis of hy van die onderdorp na die bo-dorp getrek het. Sy toerusting weerspieël dit. Daar is dakrelings,

Omdat die Stepway hoër staan, is dit makliker vir oumense om in en uit te klim. | FOTO: QUICKPIC ABS, vier lugsakke en vastrapbeheer (ESP). As jy teen ’n helling wegtrek, sal Hill Start Assist help deur die remme te knyp-en-los en daar is sensors wat jou waarsku teen die muurtjie agter jou. Die bagasiebak se grootte is bevredigend en daar is ’n volgrootte noodwiel. Die Sandero het ’n vyfjaar-of-150 000-km-waarborg, wat kan help om vrese vir die Franse te besweer, en ’n tweejaar-of30 000-km-diensplan. Die Stepway is manna vir dunner beursies wat na ’n Nissan Juke of Renault Duster smag. Hy kos R160 000 teenoor R141 500 vir die “platter” Sandero met Dynamiquespesifikasievlak. Op die tema van sente omdraai: Eienaars behoort minder vir petrol te betaal, want volgens Renault verbruik die Stepway maar 5,4 liter per 100 km. – Ané Theron PRYS R159 900 ; Lees Egmont Sippel se resensie van die gewone Sandero in Weekliks.


6 InRat

18 Mei 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

ToetsRitte

Die langpad sal jou roep D

ie Aprilia Caponord 1200 Travel Pack is nog ’n 1 200 cc-avontuurfiets wat die Suid-Afrikaanse mark betree het. Wat maak hierdie fiets uniek onder die verskeie keuses wat BMW, KTM, Honda, Yamaha en Triumph bied? Dié Aprilia is bedoel vir ’n avontuur op die teerpad. Nou goed, sommige Staal Burgers wat ons land al op grondpaaie, teerpaaie en geen paaie deurkruis het, sal frons by die gedagte aan avontuur op slegs die geteerde weë. Maar dan ken ek eienaars van BMW 1200 GS’e wat nog nooit grondpadstof op hul ysters gehad het nie en ook eerder tien dode sterf voordat hulle dit vrywillig sou toelaat. Die Caponord Travel Pack het as stan-

daardtoerusting sytasse in dieselfde kleur as die fiets, ’n middelstaander, snelheidsbeheer en sogenaamde ADD. Dit beteken nie die fiets ly aan aandagafleibaarheid nie; eintlik presies die teenoorgestelde. Aprilia Dynamic Damping analiseer deurentyd die padtoestande deur terugvoering van die skokbrekers te verwerk en die vering aan te pas om rygemak en balans te optimaliseer. En dit werk. Die ’Nord sweef oor ongelykhede. Die Caponord het glybeheer wat tussen drie soorte rystyle gestel kan word: ’n aggressiewe en sportiewe verstelling (die agterwiel mag tol), ’n bedeesde stad-en-toerverstelling en derdens ’n verstelling vir gladde paaie soos wanneer dit reën. Die lug- en olieverkoelde V-tweesilinderenjin se kraglewering (95,5 kW en 114,7 Nm) en die versneller se reaksie kan ook gestel word tussen Sport, Touring en Rain. Die motorfiets het ABS-remme wat afgeskakel kan word. Dis vreemd, want om daarsonder te ry, maak net op grondpad sin. Behalwe as jy ’n willewragtig is

Aprilia Caponord

Aprilia se Caponord bied onverbeterlike waarde vir geld. | FOTO: KMSA wat met die agterwiel rubberstrepe in ’n parkeerterrein wil los. In die stad is dié Italiaanse kolos allermins lomp. Haal die sytasse af en gapings in die verkeer kan met gemak gevat word. Die ABS-remme en glybeheer laat die pendelaar met ’n geruste hart elke oggend die been oor die saal gooi. Die oop pad bly egter waarna dié perd

BMW X5 xDrive50i

VW T5 California Beach 2.0 BiTDI 4Motion Verskeie briljante veiligheids­ eienskappe is in die duur­ der BMW’s te vinde. Mettertyd wentel dit gelukkig na bekostigbaar­ der motors af. | FOTO: BMW

‘Ruimte­eeuse’ sig in die nag D

ie BMW X5 xDrive50i het op sy bekendstellingsrit in Noord-KwaZulu-Natal diep beïndruk. Hy versoen gemak en weelde met topklas-veiligheid, atletiese padgedrag en omgewingsbewuste tegnologie. Hy’s pret om te bestuur, en daardie dubbelturbo-V8 se 330 kW verseker vurige verrigting. Dit is egter ’n ander soort omgewingsbewustheid wat tydens dié padtoets vir die grootste verwondering gesorg het, want die derde geslag X5 is een van ’n nuwe vlaag karre wat “kyk” wat om hulle aangaan. Daar is kameras reg om sy bakwerk wat ’n oorhoofse prentjie (of ’n wyehoek-beeld) van die omgewing om die motor op die sentrale vertoonskerm wys om parkering makliker te maak. Selfs al word elke venster met swart verf bedek, is dit maklik om die motor te parkeer deur bloot na die skerm te kyk. Hy kan homself ook parallel parkeer as jy sukkel om gewoond te raak aan sy afmetings. Maar dis nie al nie. Die X5 gebruik ’n radarstelsel wat die pad dophou ook – as hy ’n gevaarlike situasie “sien”, waarsku hy eers die bestuurder en gooi self ankers uit om ’n botsing te vermy as die bestuurder nie ag slaan op die waarskuwing nie. Die snelheidsbeheerstelsel gebruik ook hierdie radarstelsel saam met die parkeerkameras om ’n veilige volgafstand op die snelweg te handhaaf, sonder om te skrik vir motors in aanliggende bane (’n algemene kwaal van die meeste soortgelyke stelsels). En dan, net sodra ’n mens dink jy het nou al die

hunker en dis waar hy tot sy reg kom. Die Aprilia het ’n gemaklike ryposisie en doeltreffende, verstelbare windskerm. Die fiets is ’n plesier op die langpad, met hope krag. Ek het dit ervaar toe ek die eerste keer die versneller te hard gedraai en my sitvlak amper grondgevat het. Met dié ysterperd soek mens redes om lang draaie te ry, ook omdat die tenk 24 liter hou – genoeg vir minstens 300 km. Die lang draaie moet liefs nie veel grondpad insluit nie, want die 17duim-allooiwiele, elk met drie gesplete “speke” en laeprofielbande, kan vir ’n rieldans sorg. Stabiliteit op die teerpad is van so ’n aard dat Mammie ontspanne by die gastehuis gaan aankom. Italiaans of te not, die stilering het my hart nie vinniger laat klop nie. ’n Kollega het opgemerk dat die bike se neus soos ’n scooter s’n lyk. So bedees is die Aprilia beslis nie en sy aptyt vir avontuur op die langpad kan menige ryer se asem wegslaan. – Bert Kirsten PRYS R147 995

X5 se truuks gesien, gaan die son onder en die outomatiese hoofligte skakel aan. Met die druk van ’n knoppie wys die groot vertoonskerm ’n infrarooibeeld van die gevare wat in die duisternis skuil. Voetgangers, fietsryers en diere word in geel uitgebeeld, met ’n bykomende waarskuwing wat op die voorruit geprojekteer word. Daardie voetgangers word ook deur flikkerende LED-lampe in die hoofligte “agtervolg” terwyl hulle oor die pad beweeg en word duidelik verlig, so of hulle in ’n nagklub is! Die resultaat van hierdie tegnologie is ’n ruimteeeuse ervaring, want die motor sorg dat sy bestuurder presies weet wat op die pad aangaan, en dit wys hoeveel gevare die meeste motoriste nooit eens raaksien nie. Hierdie stelsels verbeter egter nie net die veiligheid op elke rit nie, maar baan ook die weg na motors wat hulself kan bestuur. Motorvervaardigers beplan om uiteindelik sulke rygoed te bou, en die integrasie van die kameras, sensors, internetverbinding en satellietnavigasie is ’n belangrike boublok om hierdie doel te bereik. Dié tegnologie is nog net in superduur motors soos die X5 en Mercedes-Benz S-klas beskikbaar, maar sal mettertyd bekostigbaarder word. Maar totdat ons die punt bereik waar jou motor jou sonder hulp by die werk gaan aflaai, is dit gerusstellend om te weet dat hierdie veiligheidstelsels oplettender (en veel slimmer) as die meeste bestuurders is. – Martin Pretorius

Vat vyf, jou T5! V

yf kinders, twee enkelouers, kampeertoerusting, drank en spys vir ’n hele naweek Die T5 is pret om te bestuur. Sy in een voertuig. tweeliter­turbodiesel laat loop Dit was die vervoerdanksy 132 kW en 400 Nm se vereiste waaraan ons woema. | FOTO: kampvoertuig moes volJOHN MACGREGOR doen. G’n sewesitpleknutsvoertuig sou deug nie. Die beste alternatief tot ons beskikking was die California Beach-kampeerder/krooskarweier, wat nou verwant is aan Volkswagen se luukse Caravelle, met sitplek vir sewe grootmense. Die California het egter ’n tweesitplekbank in die derde ry en slegs ’n enkelsitplek in die middel om plek vir die bykomstige stoorkis/tafel aan die kant te maak. Twee kinders moes op die kantbankie (sonder sitplekgordels) nesskop, maar almal was happy campers op pad na ons bestemming langs die Breederivier, sowat 130 km buite Kaapstad. Die kajuit het oorgenoeg bergplekkies en laaie onder die sitplekke om alles van kussings tot waterbottels te bêre. Daar’s selfs ’n nuttige, ingeboude vullisblik. Ons bus met sy aluminiumdak, wat binne minute in ’n tent “ontpop”, het die kamp aan die gons gehad. Stringe gesoute kampeerders het ons bus kom beloer en bewonder. Almal is deur die veelsydigheid en hoeveelheid toerusting van ons alles-in-een-bus geboei en wou oral vat en kyk. Die toerusting wat die meeste beïndruk, is die opslaantafeltjie, wat netjies in die skuifdeur aan die linkerkant versteek is, twee opvou-stoeltjies en die stewig gemonteerde seilafdak (wat R8 600 kos) bo die skuifdeur. Buiten die daktent, wat 150 kg se kinders en honde kan dra, kan die agterste sitplekke in ’n dubbelbed van 1,5 m x 1,8 m verander. Dit was egter heeltemal te ingewikkeld vir ons – al het ons die handleiding noukeurig bestudeer. Die sitplekstelsel is op ’n ry spore gemonteer wat frustrerend stram en onprakties is. Baie geduld, ’n kannetjie Q20 en ’n hamer sou dalk die ding gedoen het. ’n Mens het ook sterk voorarms nodig om die massiewe agterdeur, wat boontoe skarnier, oop en toe te maak. Hoe ry hy? Vir sy swaar, lang lyf het hy maklik gehanteer. Hy’s stabiel om draaie en die vering verskaf ’n sagte rit. Die stil maar kragtige dieseloond is aan ’n dubbelkoppelaar (DSG)-outokas gekoppel. Dieselverbruik van 9 liter per 100 km is indrukwekkend vir sy grootte. Sy vierwielaandrywingstelsel (4Motion) sorg dat die wringkrag elektronies tussen die voor- en agterwiele verdeel word as die padoppervlak dit vereis. Vir rowwer veldrypaaie kan die ewenaargrendel op die agteras met die druk van ’n knoppie gesluit word. ’n Mens wil met ’n groot ryding soos die California Beach al die stabiliteit en veiligheidseienskappe hê om dié swaargewig stewig op die pad te hou. Elektroniese stabiliteitsbeheer, elektroniese remhulp, opdraandewegtrekhulp, enjinrembeheer, sleepwa-stabilisering (sy sleepvermoë is 2,5 ton) en ses lugsakke gee gemoedsrus. Sal ek hom koop? Die California Beach is allesbehalwe ’n winskoop, maar dit is ’n wonderlike speelding vir mense wat gereeld kampeer, of vir ’n gesin van vyf. As ek tussen ’n sewesitplek-veldvoertuig en die T5 moes kies, sal ek eerder my geld in dié veelsydige huis-op-wiele belê. Daarby lyk hy interessanter as ander krooskarweiers. – Corlette Heyns PRYS R648 400


18 Mei 2014

InRat 7

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

GWM H6

GWM mik hoër met veeldoel-H6 D

is nie vreeslik ingewikkeld om ’n basiese motor vir minder kieskeurige markte te bou nie: Neem die skelet van ’n suksesvolle ouergeslag-motor, gee hom ’n meer moderne dop en ’n paar geriefsbykomstighede en verkoop hom teen ’n winskopie. Great Wall Motors (GWM) het tot onlangs hierdie benadering met redelike welslae gevolg, want modelle soos die C10, C20R en Steed het hulle goed van hul taak gekwyt om dié handelsmerk in Suid-Afrika te vestig. Maar GWM is nie meer tevrede om Chinese kopieë van ou karre te verkoop

nie: hy wil sy rygoed wêreldwyd verkoop en nie net in ontwikkelende lande nie. Daarom moes hy unieke, moderne motors begin maak. Die nuwe H6-veeldoelvoertuig is een van die eerste produkte van hierdie uitbreidingsplan, en hy is amper ’n kolskoot ook. Moenie aan die H6 as ’n boendoe-temmer dink nie, maar sien hom eerder as ’n groterige gesinswa met ekstra kopruimte en ’n hoër pens. Sy voorwielaandrywing en snelwegbande beteken hy is veel meer tuis op teer as in die bos, maar die ekstra rithoogte beteken dat hy oor spoedhobbels en slaggate kan seil. Gemak is juis een van die H6 se glanspunte, want hy bied goeie rygerief, ’n stil kajuit en hope ruimte – selfs meer as sy Koreaanse teenstanders. Hy het ook ’n lang lys standaardtoerusting: alles van ’n tru-kamera en banddruk-monitor tot outomatiese lugversorging en hoofligte wat self aanskakel. Sy stuurwiel en ratkierie is, nes die sitplekke, met leer beklee en sy klankstelsel is Bluetooth-, MP3- en slimfoon-versoen-

ToetsRitte

Die H6 is wel opreg GWM, maar daar’s groter kanonne op dié slagveld. | FOTO: QUICKPIC baar. Veiligheid het minder aandag gekry, want daar is net twee lugsakke, maar darem ABS-remme met elektroniese remkragverspreiding. Op papier lewer sy 1,5-liter-enjintjie, danksy ’n turbo-aanjaer, ’n heel respektabele 105 kW en 210 Nm. Op teer weerspreek die bestuurservaring ongelukkig soms die enjin se aansprake: weens erge turbo-traagheid kom die H6 eers behoor-

lik aan die beweeg bo omtrent 2 500 omwentelings per minuut, wat ritte in die stad soms frustrerend maak. Op die hoofweg is die toere egter hoog genoeg om dinge aan die gang te hou, en dis goed so, want sy sesgang-handratkas se skakeling is effens stram. Die voordeel van sy klein enjin is ’n sobere brandstofgewoonte: Hy gebruik gemiddeld net 8,5 liter/100 km – so min soos ’n (effens kleiner) Hyundai ix35 2.0. Die GWM H6 1.5T is ’n goeie aanbieding in sy marksegment ondanks die flouerige enjin. Sy prys kniehalter hom egter: R310 000 kan een van ’n wye verskeidenheid alternatiewe (die meeste met ’n standaardversienplan, opsioneel vir die H6) onder jou afdak parkeer. Al bied die H6 goeie rygerief, omvattende toerusting en hope ruimte, sal kopers eers gewoond moet raak om Westerse pryse vir ’n Chinese ryding te betaal. – Martin Pretorius PRYS R309 999

Citroën DS3 VTi82 Design

Honda se Elite. Niks bespaar petrol soos ’n bromponie nie. | FOTO: QUICKPIC

Woerts deur die verkeer Waar Citroën in die verlede oor sy duur onderdele gekritiseer is, het hy die afgelope drie jaar goed gevaar in die Kinsey­verslag, ’n gesaghebbende barometer waarin die koste van onderdele en instandhouding vergelyk word. | FOTO: NEWSPRESS

Ry so­so, maar hy’s alte mooi D

ie innoverende DS3 het sedert sy bekendstelling in 2010 ’n nuwe betekenis aan kleinmotor-stilering kom gee. Sy aangrypende voorkoms slaan die asem weg soos ’n Sports Illustrated-baaibroekmodel. Hy laat Audi se A1 en die Mini Cooper – sy teenstanders – soos verlepte muurblommetjies lyk. Voorkomsgewys bly die DS3-reeks se uitstaande kenmerke steeds sy vertikale ry dagryliggies, vloeiende haaivindak en pragtige chroomsierrooster. Die treffende driedimensionele effek van die lighulsels agter onderskei die heel nuutste DS3’s van hul effens ouer voorgangers en daar is ook onlangs nuwe bak- en dakkleure bygevoeg. Die kajuit is – net soos sy dop – eiesoortig en verbeeldingryk gestileer. Die afwerking is van hoë gehalte. Pleks van kontroles op die stuurwiel word die klank, Bluetooth en spoedbeheer met twee kort armpies agter die stuurwiel beheer. Ek was aangenaam verras deur die kop- en beenruimte voor in die kajuit.

Agter is die beenruimte voldoende vir kinders, maar ongemaklik vir langerate. Sy gawe bagasiebak van 285 liter het vier volwassenes se naweektassies maklik gesluk. Die keuses van kleure en teksture waarin jy die kajuit kan laat afwerk en verpersoonlik, is amper eindeloos. Alles teen ’n prys, natuurlik. Standaard-geriefstoerusting behels spoedbeheer met ’n spoedbeperker, ritrekenaar, radio/MP3/CD-klankstelsel met ses luidsprekers, ’n sok vir musiekspelers en elektries beheerde vensters en kantspieëls. Citroën bied kopers slegs een (vooraf saamgestelde) opsiepakket. Die Style Pack (R16 950) sluit ’n alarm, USB-sok, Bluetooth, lugversorging en dagryliggies in. Lugversorging is nie deel van die standaardtoerusting nie – dit kan slegs as deel van die Style Pack bestel word, wat jou met ’n keuse van alles of niks laat. En wie kan in ons klimaat sonder lugversorging oor die weg kom? Die VTi82 het ’n driesilinderenjin onder sy metaalvel – dieselfde oondjie as

die Peugeot 208 s’n. Kleiner enjins teug gewoonlik versigtig aan brandstof, maar ’n mens wil darem ook nie op die pad poer-poer nie. Die DS3 vaar soos die meeste ander stadsbuksies uitstekend in stadsverkeer. Die stuur is lig en hanteer maklik. Hoewel jy die petrolpedaal diep moet trap om lewe te kry, spring hy bevredigend uit die blokke weg. Die ratte wissel egalig en is goed gespasieer. Die groot toets was om te sien hoe dié ligte stadsbesie hom op die oop pad gedra met ’n swaar gelaaide bagasiebak en vier insittendes. Dis juis daar waar die DS3 se 1 200 cc-enjin (60 kW en 118 Nm) my beïndruk het. Ek het gemengde gevoelens oor my bestuurservaring. Hoewel die buks teen hoër snelhede rats genoeg is en hope bestuursgenot verskaf, voel die stuur te lig. ’n Mens voel ook elke liewe hobbeltjie en ongelykheid onder jou bas. Om skerp, hobbelrige draaie voel dié liggewig soms onstabiel en sy bakbeheer papperig. Sy veiligheidskenmerke bestaan onder meer uit elektroniese stabiliteitsbeheer, ABS-remme, elektroniese remhulp, noodligte wat flikker as jy skielik rem en ses lugsakke. Die VTi82 is nie volmaak nie, maar sy prys, warm voorkoms en suinige brandstofverbruik maak van hom ’n aantreklike, hip ryding vir stadsjap(p)ies, en ek is seker hy gaan ’n paar Mini-klante afvry. – Corlette Heyns PRYS R219 900

Omdat die petrolprys so kwaai styg dat ’n mens dit skoon wil snuif, oorweeg al hoe meer Suid-Afrikaners tweewielvervoer. Dit maak parkering maklik en as jy dapper is, kan jy tussen lang rye staande motors beweeg om eerste by die verkeerslig weg te trek. Motorfietse is egter nie goedkoop nie, behalwe as ’n mens iets van obskure oorsprong koop. Honda, wat ’n toonbeeld van duursaamheid is, het dié week sy 125 cc-Elitebromponie plaaslik bekendgestel. Honda sê die Elite sal ongeveer 40 km met ’n liter brandstof kan ry. Dit kom neer op verbruik van sowat 2,5 liter/100 km. ’n Vindingryke kenmerk van dié ponie is sy remstelsel. Al trek die ryer net een van die twee remme, werk die voor- en agterrem saam om doeltreffend en veilig te wees. Die Elite het ’n sluitbare paneelkissie waarin klein items gebêre kan word en die stoorplek onder die sitplek vat ’n valhelm of een tot twee sakke kruideniersware. Dit kan ook gesluit word. As die koper se ry-vaardighede al verroes het of hy geen ondervinding het nie, kan hy ’n gratis kursus by die Honda-akademie voltooi. Honda bied ook gratis padbystand vir 12 maande met die koop van ’n Elite. Die waarborg geld twee jaar en die eerste versiening is gratis. Die beskikbare kleure is Candy Lucid Red, Pearl White en Cosmic Silver. – Korrespondent PRYS R12 990


8 InRat

18 Mei 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

MotorSport

Hamilton se staal is die sterkste D

ie Brit Lewis Hamilton het in die afgelope twee Grands Prix, in China en Spanje, gewys hy is geestelik die sterker een van die twee Mercedes-Benz-jaers deur sy Duitse spanmaat, Nico Rosberg, naelskraap in albei renne te klop. Die Mercedes-jaers was in albei renne in hul eie tweestryd gewikkel, met die res van die renveld wat letterlik maar net kon toekyk hoe hulle in die verte verdwyn. Tot dusver was Hamilton die beste daaraan toe, en ná sy laaste sege in Barcelona is hy nou ook voor in die kampioenskap. Dis welverdiend, want hy het op kritieke oomblikke die regte besluite geneem om hom te bevoordeel. Rosberg, daarenteen, is sekerlik al erg gefrustreer deur die toedrag van sake, maar hy sal hom geestelik moet staal as hy die beste van die stryd in Monaco wil afkom, want op dié kort, draaierige straatbaan sal die Mercedes-span dalk nie so oorheersend wees nie. Wat die res betref, is dit die Australiër Daniel Ricciardo van Red Bull wat beïndruk het met sy vertonings in Shanghai en Barcelona. Tog is Sebastien Vettel, sy spanmaat en verdedigende wêreldkampioen, voor hom op die puntelys nadat hy ’n uitmuntende vierde plek in Spanje losgejaag het.

Jari­Matti Latvala en sy Volkswagen Polo R het die Argentynse tyd­ ren (WRC) gewen. | FOTO: NEWSPRESS

Ook die Fin Valteri Bottas vertoon goed in die Williams-span, maar sy landgenoot Kimi Räikkönen sukkel by Ferrari, terwyl dié se spanmaat, Fernando Alonso, effens beter vaar en derde op die puntelys is, maar met byna die helfte minder punte as die voorlopers. Intussen sal veral Red Bull en Ferrari se ingenieurs moet swoeg om die gaping tussen hulle en Mercedes te vernou, anders sal Vettel sy woorde dat “Red Bull nog vir Mercedes kan inhaal” moet sluk. WRC: Dis Latvala en VW Jari-Matti Latvala het sy tweede sege van die seisoen aangeteken toe hy in die Argentynse tydren gewen het, presies ’n jaar nadat hy sy eerste oorwinning vir die VW-span in dieselfde ren behaal het. Dié Fin in sy Polo R was 1:26.09 voor sy Franse spanmaat, Sébastien Ogier, om aan Volkswagen sy negende opeenvolgende WRC-sege te besorg, en daardeur die rekord wat Citroën gehou het, te verbeter.

Die Fransman Kris Meeke het die derde plek in sy Citroen DS3 ingeneem. Ogier is steeds voor in die kampioenskap met 112 punte, en Latvala tweede met 88 punte. Die volgende ren is die Italiaanse tydren van 5 tot 8 Junie. Van der Lindes skitter Die 17-jarige Suid-Afrikaner Kelvin van der Linde, wat verlede jaar in die VW Scirocco R-bekerreeks in Duitsland gewen en vanjaar vir die Prosperia C.Abtspan in ’n Audi R8 in die Duitse ADAC GT-meestersrenne ry, het sy eerste sege in dié reeks verlede maand behaal, en dit vroeër vandeesmaand met twee naaswennerplekke opgevolg. Van der Linde, wat saam met René Rast jaag, het met sy sege die jongste wenner in hierdie reeks geword, en ná twee rondes in die reeks loop hy en Rast nog voor op die puntelys nadat hulle albei tweede plekke in die laaste ronde in die kampioenskapsreeks behaal het.

Suzuki Jimny en Toyota Hilux

4x4­Avontuur

Put plesier uit veldry met dié Hilux, Jimny V

eldry se aantrekkingskrag ontwyk baie mense. Hoekom sal enigiemand die teerpad wil verlaat en koers kies deur die bosse, wonder hulle. Een ding is seker: hulle was nog nie by die Rust de Winter-veldrykompetisie naby Pretoria of die Battlefield Trophy naby Volksrust nie. Ons het eersgenoemde in ’n Toyota Hilux 3.0 D4-D-dubbelkajuit aangedurf en laasgenoemde in ’n Suzuki Jimny. Die Rust de Winter-saamtrek het vanjaar sy 35ste bestaansjaar gevier, en met omtrent 170 inskrywings het die kampterrein gewemel van mense soos wat hele families kom saamspeel het. Die kompetisie duur twee dae, met die eerste op ’n baie nou, tegniese baan vol bulte en modder. Die reëls is eenvoudig: Die bestuurder mag die voertuig nie aan die toue weerskante van die baan laat raak nie. Tweedens moet hy die navigator in die passasiersitplek help om ’n spul raaisels so goed moontlik te voltooi. Die eerste dag het vir kopstampe in vele spanne

Sy jonger broer, Sheldon van der Linde, het intussen op 14-jarige ouderdom die jongste jaer geword om in ’n nasionale VW Beker-ren te wen. Die jonger Van der Linde het hierdie sege op die Aldo Scribante-baan in Port Elizabeth behaal. Dakarstyl in Afrika Die Namaqua African Rally, die eerste Dakar-soort veeltrajek-tydren vir motoren vierwielfietse in Suider-Afrika, het einde vandeesmaand aan die Weskus plaasgevind. In die tydren het die Dakar-veteraan Brett Cummings gewen nadat hy in ’n stadium sy grootste teenstander, Kenny Gilbert, op sleeptou moes neem nadat Gilbert sonder brandstof gaan staan het. Gilbert was eindelik tweede, gevolg deur Brian Baragwanath, wat ook in die afdeling vir vierwielfietse gewen het. Van die 67 mededingers wat in die tydren weggespring het, het 54 die ren voltooi. – Ferdi de Vos

Die Suzuki Jimny is ’n klein Dawid wat nie vir Goliat­grootte veldvoertuie skrik nie. | FOTO: YOLANDE STRYDOM

Ons vermoed die foto is effens na links gekantel, maar Martin verseker ons dit was vrek steil. | FOTO: ROB TILL

(bestaande uit huweliksmaats) gesorg! Die interessante rywerk gebeur egter op dag twee, wanneer die deelnemers die veld invaar. Almal in die voertuig neem aan ’n soort skattejag deel, met kriptiese leidrade om te beantwoord en uitdagings om te oorkom. Deelnemers moet oor kliplyste en af in ’n (droë) waterval ry, op teen klipkoppies en deur ’n rivier of twee. Dis groot pret, want daar is kans om die natuurskoon te waardeer, en daar word kort-kort ’n skoot adrenalien toegedien. Die Hilux het al die hindernisse oorwin, nooit gekla nie en was ná twee dae se harde werk steeds slaggereed. Met sy agterewenaargrendel het hy dit eintlik maklik laat lyk, en sy kajuit was ’n oase in die bosveld-hitte. Ek vermoed hy het van die ouens laat wonder of dit werklik nodig was om soveel ombouings aan hul voertuie te laat

doen – daar was doelgeboude masjiene wat groot spiere kom bult het. Die verskille tussen die Hilux en ons volgende ryding kon nie groter gewees het nie. Die Toyota lyk reusagtig teenoor die Suzuki Jimny, maar die Jimny, verfris vir 2014 met ’n nuwe enjinkap, buffers en kopstutte, vergoed daarvoor met ’n astrante houding en staan so op sy tone bo-oor sy klein allooiwiele. Hy is steeds nie tuis op die snelweg nie omdat sy 1,3-liter-enjintjie ietwat futloos bo 100 km/h is, en sy kajuit is netnet aan die draaglike kante van beknop en raserig. Om vir die Jimny daaroor kwaad te wees is egter so onregverdig soos om ’n soesji-sjef te verkwalik as hy ’n klonterige roosterkoek maak, want dis nie sy sterk punt nie. Twee dae se strawwe veldrywerk het die Jimny se groot voordeel duidelik laat blyk: Omdat hy so klein en lig is, skarrel

hy bo-oor rotse, teen sanderige opdraandes uit en tussen hindernisse deur wat die manne met die groot viertrekkers laat kopkrap het. Sy laestrek-ratkas help natuurlik, maar sy afmetings het die grootste aandeel aan die Jimny se verstommende veldry-vermoë. Hy’s nie net een van die beste veldvoertuie op die mark nie, maar ook loshande die goedkoopste. Die Battlefield Trophy, waar die Suzuki sy staal gewys het, speel af naby die Anglo-Boereoorlog se slagvelde waar KwaZulu-Natal, Mpumalanga en die Vrystaat bymekaarkom. Hierdie twee dae lange kompetisie vertel die omgewing se geskiedenis deur die oë van die streek se mense en hou die hele gesin besig met legkaarte, speletjies en geskiedkundige afklimpunte. Om by hierdie punte uit te kom, moet daar egter oor berge geklim en deur riviere gery word. Dit gee 4x4eienaars ’n geleentheid om hul voertuig na behore te gebruik, eerder as om die kinders by karate-klasse af te laai. Die laaste aand se feesviering begin met die knal van ’n gerestoureerde, antieke kanon. Daar is vleis op die kole, vriende wat stories uitruil en nuwelinge wat met groot oë praat van die dag se avontuur. Die natuurskoon, ’n kans om jou 4x4 te toets en die helder sterre bo ’n braaivleisvuur in die middel van nêrens vergoed dubbel en dwars vir die geswoeg in die stof. Nou moet ek net begin spaar vir my eie Jimny of Hilux. – Martin Pretorius


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.