Rapport InRat Aug-Sept 2014

Page 1

Mazda 6, 3 en CX­5 is lus vir baklei

46

InRat Bylae tot Rapport

28 September 2014

5 Peugeot 2008 is ’n Switserse sakmes

6

5

Harley 48 laat ’n groot man huil

BMW M3:

Sluipmoordenaar

Wen! Wen! Wen! Met Toyota Hilux en Rapport/InRat

in ’n snyerspak 8


2 InRat

28 September 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

InRat Redakteur Justus Visagie E­pos: justus.visagie @media24.com

Mercedes­Benz S 65 AMG

Stinkrykes kan nou selfs vinniger van Jan Taks, eks­vroue en sta­ kende werkers (probeer) weg­ kom. Benz se nuwe S­Klas is nou met AMG­krag te kry. Hoe klink 12 silinders, twee turbo­ aanjaers, 463 kW en ’n bona­ tuurlike 1 000 Nm wringkrag? Dis genoeg vir ’n 0­100 km/h­ versnellopie in net 4,3 sekonde. Die topsnelheid word ouderge­ woonte tot 250 km/h beperk, maar onbeperk sal hy 300 km/h lag­lag oorskry. ’n Winskoop teen net R2 842 700. | FOTO: MBSA

@ryveilig & @Rapport InRat

Advertensies Ryan Kahn E­pos: ryan.kahn @media24.com Tel: 011 713 9515

facebook. com/Inrat

Volg die #woorde en kry woema!

R

apport en Toyota se Hilux #Where2Next­ kompetisie, waarin ons lesers heerlike pryse kan kry bloot deur leunstoelreisigers te wees, begin vandag. Soos jy in vorige uitga­ wes van InRat gesien het, was Toyota se be­ kende bakkie al omtrent oor die wêreld heen: van Afrika tot Antarktika en deur die Atacama­woestyn. Om dit en Hilux se 45ste verjaardag te vier nooi ons jou om deel te neem. Blaai verder totdat jy die sleu­ telwoord #Where2Next elders in InRat sien, en volg die instruksies. Die navorsingsmaatskappy Ipsos het onlangs sy ge­ haltepryse toegeken. Vervaardigers soos Toyota, Merce­ des­Benz, Mazda, Audi, Volkswagen en Chevrolet het baie goed gevaar en verdien elk ’n pluimpie. Twaalf vervaardigers en verspreiders wat 18 handels­ merke verteenwoordig (en ongeveer 83% van die mark besit) het deelgeneem – dus nie alle fabrikate nie. Volgens Ipsos is motors duidelik van ’n hoër gehalte as tien jaar gelede. Dis te hope, aangesien hulle so duur is. Die meeste klagtes onder eienaars is steeds piep­ en ratelgeluide. ’n Nuwe kopseer is Bluetooth wat nie behoorlik werk nie. Kaapse bestuurders kla steeds motors se flikkerlig­hefboom is buite bereik. Media24 se Afrikaanse koerante maak nou motorvi­ deo’s. Die eerste is van die Jaguar F­Type R en nou te sien op die nuwe nuuswebtuiste netwerk24.com. In dié video ry ons die opwindende F­Type om Chap­ manspiek in die Kaap. Daar is ook video­resensies van die BMW M3, Suzuki SX4 en die Isuzu KB.

Wen met Suzuki G

ebruik die letters in die gekleurde blokkies om die naam van een van Suzuki se motors te spel. SMS jou antwoord en jou naam en van na 073 575 1774 voor of op Woensdag 1 Oktober 2014. Die wenner sal ’n Suzukibaadjie ontvang. Net een SMS per telefoonnommer. Deelname impliseer aanvaarding van die voorwaardes wat op aanvraag beskikbaar is van justus.visagie@ media24.com. Die wenner van verlede maand se kompetisie is Linza Brand. Baie geluk!

Ford Transit

Wanneer ’n ton nie genoeg is nie Wanneer jy nie een of twee ton moet karwei nie, maar twee en ’n half ton, het jy een van Ford se nuwe Tran­ sits nodig. Die reeks is onlangs omvattend uitgebrei en vir die grotes het jy ’n kode 10­lisensie nodig om dit wettig te bestuur. | FOTO: QUICKPIC

Gebruik die letters in die gekleurde blokkies om die naam van een van Suzuki se gewilde motors te vorm

1

2

3

Verskaf deur XWord.co.za

4

5

6

7 8 10

11

9

12 13

14

15

16 17

18 22

19 23

20

24

30

21 25

27 28

Maak myne ’n dubbel-ses

29

31

26

lSuzuki­blokkiesraaisel #8

KopKrap

Die leidrade Dwars 4. Praat met ’n stotter (6) 7. Hoeveelheid, kwantiteit of kolleksie (6) 8. Bewysstuk op skrif deur ’n bevoegde persoon opgestel (4) 10. Klooster (4) 11. Jong mans het dit toeka graag op hul opgewarmde karre geverf! (6) 13. In die rondte draai (3) 14. Plat voertuie met baie perdekrag en min windweer­ stand! (11) 19. Wat mans gewoonlik doen as hulle na ’n mooi (duur!) motor kyk (6) 22. Gesê van iets wat hewig of skerp gevoel word (3) 24. Sangstuk (4) 25. Toppunt van ’n grafiek (4) 27. Woord waarmee ontken­ ning, weiering of afkeur te kenne gegee word (3) 28. Ondeunde dade (11) 30. As jy in Namibië reis, wil jy nie een van hulle deur jou voorruit hê nie! (6) 31. Houer oor die skouer! (6)

Af 1. Ewewig (6) 2. Versag (7) 3. Sunette Bridges se sanger­ pa (4) 4. Teenoor laer (4) 5. Voortreflik, bekwaam of vaardig (4) 6. Die tyd lui verwyl of nie werk nie (6) 9. Weier – van ’n vuurwapen of enjin gesê (4) 12. Misdadige bendelid (6) 15. Gelyktydig (6) 16. Ernstige ongeluk (4) 17. Spaanse uitroep wat dik­ wels by rugbywedstryde ge­ hoor word (3) 18. Met ’n besem skoonmaak (3) 20. Moerplaatjie of pak­ kingring (6) 21. Teenoor verweerders (6) 22. Stuit en belet (5) 23. Ervaringe (5) 26. Iemand wat in ’n onder­ geskikte hoedanigheid by ’n kantoor in diens is (5) 29. As jy niks in jou motor vervoer nie, sal jy ’n __ baga­ siebak hê (3)


28 September 2014

InRat 3

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

MG3

Hy’s klein, hy’s oulik, en teen ’n baie bekostigbare prys bied die MG3 heelwat van die funksies wat ’n mens in ’n duurder motor verwag. | FOTO: QUICKPIC

Pret wat nie bankrot maak D

ie naam MG mag dalk ’n ver-af kyk in die oë van ’n ouer motorgeesdriftige uitlok, terwyl ’n tuisfliek oor bekostigbare sportmotors en jeugdige pret agter die stuur in sy brein afspeel. En nou, ná jare se stilte, is daar weer ’n nuwe, bekostigbare MG wat na die jong klomp se bankrekeninge vry. Sedert SAIC (Shanghai Automotive Industry Corporation) vir MG Rover gekoop het, is daar ’n reeks nuwe motors wat die lig onder die MG-vaandel gesien het. Nie een van hulle het ’n lekkende

afslaandak of probeer om ’n sportmotor te wees nie. Omtrent die enigste eienskap wat oorgedra het van die slegte ou dae is die relatiewe bekostigbaarheid. Die hele reeks is in Engeland ontwerp, al is die moedermaatskappy in China. MG se jongste model, die klein luikrug MG3, het pas in Suid-Afrika aangekom. Sy treffende stilering, met swart dakpilare en ’n klein drukvlerkie, trek onmiddellik die oog. Danksy ’n wye reeks kosmetiese bybehore kan kopers hom selfs meer uniek laat lyk.

Hy is omtrent so groot soos ’n Volkswagen Polo Vivo en, soos die meeste nuwelinge in hierdie oorbevolkte marksegment, is hy uiters goed toegerus. Selfs die basiese weergawe bied sluitweerremme, ses lugsakke, lugversorging, ’n radio en CD-speler, lugversorging en kragstuur. Die middelvlak “Wired” voeg allooiwiele, Bluetooth-versoenbaarheid en radioknoppies op die stuurwiel by, en die duurste, die “Style”, het boonop ook parkeersensors agter en leerbekleedsel. Ondanks die volledige toerusinglys is

die pryse redelik: Dit wissel tussen tussen R145 000 en R179 900 en sluit ’n diensplan vir 60 000 km of twee jaar in. Al drie MG3-variante gebruik dieselfde 1.5-liter-, viersilinder-petrolenjin (sonder ’n turbo) en vyfgang-handratkas. Die werkverrigting is niks om oor huis toe te skryf nie: 78 kW en 135 Nm is deesdae net-net genoeg om mee oor die weg te kom. Die MG3 verras egter met sy padgedrag, want die Engelse ingenieurs het uitstekende werk met sy veerstelsel gedoen. Hy ry verbasend gemaklik vir so ’n klein motortjie, klou soos ’n neet aan die pad en geniet dit om vinnig deur draaie te sny. Hy’s beslis een van die prettigste klein motors op die mark. Sy kajuit lyk soos te wagte in ’n bekostigbare luikruggie: Harde plastiek oral, maar die beheerknoppe is logies uitgelê en voel heel stewig. Daar’s genoeg plek in die kajuit vir ’n 1,95 m lange bestuurder en normale grootte passasiers kan gemaklik agter hom inpas. Sy bagasiebak is teen 285 liter ook verbasend ruim. Net die tyd sal leer of sy bekostigbare koopprys en lang lys standaardtoerusting genoeg sal wees om kopers te lok, maar geesdriftige bestuurders met ’n beperkte begroting behoort die nuwe MG3 ernstig te oorweeg. – Martin Pretorius

Toetsrit

Toyota 86 Limited Edition (LE)

86 puur plesier, al is hy nie die vinnigste D

ie laaities op hul BMX-fietse by die kafee knik goedkeurend die kop en ’n tannie rol amper haar Yaris soos sy skrik vir die nuwe Toyota 86 Limited Edition (LE) se reuse-agtervlerk. Dié nuweling in die Toyota 86-gesin sal beslis altyd raakgesien word. Benewens sy drukvlerk is daar ekstra stukkies plastiek met ’n koolveselpatroon onderaan sy buffers en langs sy blaaie, terwyl sy kajuit in rooi bekleedsel getooi is. Die 86 LE deel sy enjin, handratkas en veerstelsel met die gewone 86’s. Hy gebruik ook dieselfde wiele as die High-variant en omdat hulle aan die kleinerige kant is, oorskadu daai vlerk hulle effens. Die onderstel sal maklik ’n sterker enjin kan hanteer, maar daar is reeds baie plesier te vinde in die 86 LE se bestuurserva-

ring. Die hele reeks se veerstelsel is onlangs hersien om te sorg vir selfs beter padgedrag en sy tweeliter- Boxer-enjin gee die strydkreet van ’n renmotor wanneer die toereteller se naald naby die rooi gehou word. Daardie rooi streep word gereeld besoek, want ’n mens moet hom opwen soos ’n speelgoedmuis om sy beste verrigting te kan geniet. Hy nael tot by 100 km/h in 7.6 sekondes – heelwat stadiger as ’n blitsbuks soos die goedkoper Ford Focus ST. Die 86 vergoed egter daarvoor deur die draaie, want sy agterwielaandrywing sorg vir uitstekende hantering. Elke kronkel in die pad word ’n ervaring en sy pret word teen ’n relatief lae spoed opgedis, danksy lewendige padgedrag en akkurate reaksie op stuurwiel-bewegings.

Hoe vinniger dié 86 LE ry, hoe meer afwaartse druk pas die druk­ vlerk op die agterwiele toe sodat hulle beter vastrap. Maar eintlik is hy daar net vir ’n sportiewer beeld. Net 86 eenhede van die LE is te koop, so, opskud! | FOTO: JUSTUS VISAGIE ’n Vinnige skakelaksie deur die sesgang-handratkas laat alle beheer in die bestuurder se hande. ’n Beperkteglip-ewenaar sorg dat elke bietjie krag by die pad uitkom. Dié eienskappe sorg dat die bestuurder heeltyd grinnik – en dit teen wettige snelhede en ’n gemiddelde verbruik van net 7,8 liter/100 km. Sportmotors is meestal onprakties en die 86 Limited is

Q U A T T R O P O R T E

geen uitsondering nie. Sy bagasieruim en agtersitplekke is knap en omdat sy dak so laag is, moet lang mense laag buk om in en uit te klim. Sy sitposisie is ook lekker laag, met genoeg ruimte vir die voorinsittendes. Sy ritgehalte sal skoonma nie sommer aan die slaap sus nie, maar dis ’n geringe prys vir sy sportiewe hantering. Daar’s geen twyfel dat die To-

yota 86 Limited Edition vir baie mense uiters aanloklik sal wees nie. Die geringe sprong van R5 400 in sy pryskaartjie (bo die High-variant) is nie te veel gevra vir ’n redelik omvattende kosmetiese pakket nie. Die 86 is ook een van die genotvolste agterwielgedrewe motors wat minder as R400 000 kos, so dit is maklik om te verstaan hoekom hierdie plat sportmotortjies so ’n lojale aanhang geniet. Suiwer spoed is nie die enigste roete na bestuursgenot nie. – Martin Pretorius ;Die renjaer Andrea Bate se onderneming verskaf uitlaatstelsels vir die 86 wat 8-10% krag byvoeg. Bel 021 448 1325. PRYS R376 100 ENJIN 2,0 liter; plat viersilinder; 147 kW en 205 Nm RATKAS Sesgang-handratkas, agterwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 7.6 sekondes en 226 km/h topsnelheid; 7,8 liter/100 km OORWEEG OOK BMW 118i-driedeur; tweedehandse Honda S2000


4 InRat

28 September 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Soete oorgawe

Die Mazda6 . . . Gewis vir diegene wat op soek is na ’n “ordentlike” kar. ruiter en sy perd, maar ook ’n roofdier op die oomblik waarin hy sy prooi vang. Die Mazda6 vertoon iets van daardie lenigheid van ’n jagluiperd in volle vaart; wanneer sy voor- en agterpote die verste van mekaar is. Maar daar is ook ’n vloeiende gespierdheid te sien bo die wielnisse en veral voor.

Sy lenige ontwerp laat die 6 ook groot en substantief lyk. Tog voel hy nie só nie. Ons het met die outomatiese turbodieselweergawe gery en dié 2,2 is sterk, seepglad en tjoepstil. Saam met die 6 se bekendstelling het die vervaardiger ook sy splinternuwe Mazda3 onthul, asook ’n opgeknapte CX-5.

Soos voorheen is die 3 beskikbaar as ’n sedan of vierdeurluikrug en met ’n keuse tussen ’n 1,6-literenjin en ’n nuwe tweeliter. Ons het die 1,6-luikrug met ’n vyfgang-handratkas gery en ek was verras deur sy flink reaksie op versnellerinsette, ’n beskeie 77 kW en 144 Nm ten spyt. Die tweeliter beloof meer

Toetsrit

Mercedes­Benz ML 400 BE

Ontspanningsterapie O

p sy beste vloei Sandton se verkeer nie juis nie. ’n Padverlegging hier en daar en baie motors wat stadig deur ’n klomp kruisings stotter, lei altyd tot ’n erg onaangename ryervaring. Voeg ’n massa-protesaksie en ’n spul motorongelukke daarby en ’n 50-km-reis ontaard in ’n drie uur lange oefening in geduld. In hierdie nare omstandighede is die Mercedes-Benz ML 400 ’n kalm hawe, want sy topgehalte klankstelsel, gladde ritgehalte en gemaklike sitplekke verlig die pyn en frustrasie terwyl jy tussen die hindernisse deur kruie. En wanneer jy uiteindelik die snelweg bereik, is daar hope krag om vinnig die spoedgrens te bereik.

woema uit sy hoëkompressie-enjin. Hy is met ’n handrat- of ’n outokas beskikbaar. Elkeen het ses ratverhoudings en die kragen wringkragsyfers is onderskeidelik 121 kW en 210 Nm. Soos die 6 het die 3 beïndruk met sy ritgehalte, padhouvermoë, ratskakeling, gehalte van die binneruim en dieselfde onweerstaanbare ontwerpstyl. Die 6 en veral die 3 het sowaar ook wat Mazda “ZoomZoom” noem: die motors is lekker om te bestuur. Die stuur voel lewendig en plaas die kar presies waar jy hom wil hê, maar jy voel nie die stampe van swak paaie deur hom nie. Die 3 skiet tekort weens die afwesigheid van elektroniese stabiliteitsbeheer (net die duurder 3’s is daarmee toegerus). Dit is wel prysenswaardig dat die 3 (en 6) onafhanklike agtervering het. Dit verskaf beter rygerief as wringbalkvering en is in sekere gevalle ook veiliger. So in die ry dink ’n mens dat Mazda SA miskien tog nie fantaseer nie wanneer hy sê hy wil sy motors in BMW en Audi se kwadrant plaas nie. Dis glo reeds in Australië só. Die Mazda6 staan die beste kans van al die groot sedans om kopers uit die Fortuner-en-C-klas-kraal te lok. – Justus Visagie

Die enjin se sleutelsyfers en werkverrigting gee die indruk dat daar ’n V8 tussen sy voorwiele rus: 245 kW en 480 Nm is omtrent wat die vorige geslag ML 450 se groot V8 opgedis het. Maar danksy die neiging om alles (behalwe die bakwerk) kleiner te maak, kruip daar nou ’n drieliter-V6-enjin in sy neus weg – met twee turbo-aanjaers en direkte inspuiting om soveel moontlik krag uit hom te tap. Dit lei tot een van die mees wringkragtige enjins in sy verplasingsklas. Daardie berg wringkrag is van baie lae enjintoere beskikbaar, en ’n bekwame sewegang- outomatiese ratkas sorg dat die ML400 nooit sukkel om te versnel nie. Die viertrekstelsel se padgreep help hom om in net 6.1 sekondes tot

Die ML 400 BE, wat onlangs tot Merc se M­reeks gevoeg is. Die nu­ we enjin is uitmuntend en beslis die hoogtepunt van dié ryding. | FOTO: NEWSPRESS by 100 km/h te wip, en hy sou maklik verby 210 km/h kon versnel, was dit nie vir ’n elektroniese “plafon” nie. Daardie onstuitbare kraglewering geskied darem nie ten koste van te veel vloeibare fossiele nie, want sy amptelike verbruikstoetse het ’n gemiddelde van 9,4 liter/100 km opgelewer. Dit kan haalbaar wees as die inge-

nieurs hom toets, maar ons gemiddelde syfer was 11,4 liter/100 km; steeds goed vir so ’n logge viertrekker. Ons toetsvoertuig wou eintlik ’n veldwa én ’n verrigtingsmotor gewees het, want hy is ook met ’n opsionele lae-strek-ratkas toegerus en lugvering om sy pens te lig. Ons het nie in die veld gaan rondry nie, want sy

plastieksytrappe is beslis nie rotse se maats nie. Al hierdie gemak, vasvoetige werkverrigting en veelsydigheid kom teen ’n prys wat verder as sy hoë verkoopprys strek. Sy afmetings laat ’n standaardparkeerplek krimp en sy aansienlike gewig maak dat hy effens moeisaam van rigting verander. Dit maak nie regtig saak nie, want die Mercedes ML 400 probeer nie om ’n sportmotor te wees nie. Gemak is sy hoofvak, en hy slaag dit met onderskeiding. – Martin Pretorius PRYS R900 452 ENJIN 3,0 liter; V6; 245 kW en 480 Nm RATKAS Sewegang-koppelomsetter-outokas, vierwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 6.1 sekondes en 210 km/h topsnelheid (beperk); 9,4 liter/100 km OORWEEG OOK Porsche Cayenne

45 JAAR SE LEGENDARIESE TAAIHEID Word deel van die taai familie. Die Toyota Hilux Dubbelkajuit-reeks is beskikbaar in: 2.5 D-4D 4x4 SRX, 2.5 D-4D Raised Body Raider, 2.7 VVT-i Raised Body Raider, 3.0 D-4D Raised Body Raider, 3.0 D-4D Raised Body Raider Outo, 3.0 D-4D 4x4 Raider, 3.0 D-4D 4x4 Raider Outo, 4.0 V6 Raised Body Raider Outo en 4.0 V6 4x4 Raider Outo.

JHB/A

O

ns wil nie stereotipeer nie, maar wanneer bogemiddelde Suid-Afrikaanse gesinsmense deesdae vir hulle ’n kar koop, lyk dit of daar net vyf keuses is: Fortuner, Ranger, 3-reeks, C-klas en Audi A4. Baie mense dink met heimwee aan brood-en-botter-Cressidas, Camrys en Cortinas omdat dit deel is van ’n vervloë jeug – en nie omdat hulle hierdie motors se hedendaagse eweknieë wil koop nie. Tog skrik hierdie neiging motormaatskappye nie af nie, al is die grafte van die Ford Mondeo en Citroën C5 nog vars en die VW Passat strompel soos ’n gewonde soldaat voort. Mazda Suid-Afrika het pas met so ’n groot, voorwielaangedrewe sedan vorendag gekom, die Mazda6. En as jy op soek is na ’n ordentlike kar en jy oorweeg nie die Mazda6 nie, is jy van jou sinne beroof. Dit is hoofsaaklik omdat hy so deksels mooi is, veral as jy hom van die kant beskou. Dit is dan wanneer Mazda se “Kodo”-benadering voor jou oë lewe kry. Hiervolgens is ’n kar nie net ’n hoop staal nie, maar ’n lewende wese. Dit is opeens ’n

Mazda 6 en 3

10015815JB/

Nuut


28 September 2014

InRat 5

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Toetsritte

Super­sedan pas in elke rol D

is die einde van ’n era: die eerste M3 met turbokrag en elektriese pleks van hidrouliese kragstuur. Dis die dinge waaroor BMW-puriste kla wanneer hulle oor die nuwe M3 (kodenaam F80) gesels. Maar diegene wat al so bevoorreg was om hierdie wonderlike motor te bestuur, sal net kopskud en glimlag. Want hoewel die vyfdegeslag-M3 dalk nie die beste M3 is nie, is hy gewis die beste M-model van die afgelope dekade. Die eerste oënskynlike kwelpunt is sy enjin, nou ’n drieliter-sessilinder met direkte petrolinspuiting en twee turbo-aanjaers in plaas van die vorige geslag se vierliter-V8. Die hoofrede vir die ou V8enjin se aftrede is sy groot brandstoflus. ’n Kleiner turbo-enjin is die beste manier om die teenpole van lae petrolverbruik en verbeterde verrigting te versoen. Die amptelike gemiddelde brandstofverbruik daal van 12,4 na 8,3 liter per 100 km, maar dit kos ’n veerligte voet op die versneller. Met ’n toerebeperker wat by 7 400 r/min. halt roep, heelwat laer as die V8 se 8 400 r/min., klink die nuwe M3 verbasend baie soos sy sessilindervoorsate. Sy turbo’s demp die uitlaatklanke effens, maar BMW M se ingenieurs het gesorg dat hy steeds hard genoeg brul om soos ’n M-motor te klink. Sy kraglewering is allermins soos sy oupagrootjies s’n, want ’n sewespoeddubbelkoppelaar-ratkas stoot nou 317 kW en 550 Nm na sy gemartelde agterbande, teenoor 309 kW en 400 Nm uit die V8. Danksy al daardie krag (en vet rubber aan sy 19-duim-allooiwiele) is sy werkverrigting verbysterend. Op ’n goeie padoppervlak skiet hy uit die blokke om in

Peugeot se 2008 alte nuttige tjor

BMW M3

Vir die oningeligte kyker lyk dit dalk bloot na net nog ’n BMW 3­reeks. Maar dit is ’n rasegte sportmotor – met plek vir vier mense en hul bagasie. | FOTO: BMW 4.1 sekondes verby 100 km/h te blits, en minder as 5 sekondes later tot in die tronk (160 km/h). Danksy ons toetsmotor se opsionele koolstof-en-keramiek-remstelsel het hy net so vinnig gestop. Minder ervare bestuurders sal wys wees om die stabiliteitsbeheer heeltyd aangeskakel te hou – sonder die elektroniese vangnet is dit maklik om per ongeluk swart strepe op die pad te verf. Daardie vangnet is net so belangrik as die pad begin kronkel. Hoewel die M3 normaalweg baie

vertroue inboesem, verg hy ’n ervare bestuurder om sy stert sonder hulp van die rekenaars in bedwang te hou. Al daardie wringkrag kan veroorsaak dat die bande begin tol, wat die M3 se agterent maklik wyd laat swaai. ’n Bestuurder moet vinnige reaksies hê om hierdie beweging met die stuurwiel te beheer, maar wanneer die ideale balans tussen die petrolpedaal en stuurwiel gevind word, verander die nuwe M3 met groot ywer van rigting en klou hy verbete aan die pad.

PRYS R 1 048 092 ENJIN 3,0 liter; sessilinder (in gelid); 317 kW en 550 Nm RATKAS Sewegang-dubbelkoppelaar-ratkas, agterwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 4.1 sek. en 250 km/h topsnelheid (beperk); 8,3 liter/100 km OORWEEG OOK Audi RS5; Porsche 911 Carrera

Lig op brandstof en op jou beursie

Peugeot 2008 1.6 Allure

L

P

eugeot se nuwe oorkruismodel het my nogal verras. Met die eerste oogopslag lyk hy nie juis hardekwas nie en al die blink afwerkings en bykomstighede is ietwat oordadig, maar die bestuur-engebruiks- ervaring oorloof ’n tweede kyk. Kom ons begin by wat saak maak, die motor se hanteringsvermoë. Hy reageer goed, voel stewig op die pad en om die draaie, versnel maklik as jy wil verbysteek en die remkrag is voortreflik. Die stuurwiel is klein en hy hanteer gevolglik lekker soos ’n resieskar. Op grondpaaie is hy net so tuis. ’n Beheerknop bied die bestuurder verskeie opsies vir gladde, oneweredige terrein of grondpad. Dis dalk nuttig, maar selfs die normale modus sorg vir meer as voldoende padvaste rygenot op pad na die naaste klimrotse. Al wat bietjie gepla het, was ’n vibrasie van iets wat ek nie kon plaas nie. Die ruitveërs werk goed, maar die groot ruimte wat weerskante buite die veërs se bereik is, beperk sigbaarheid. Vir naweekuitstappies in die buitelug is die Peugeot ideaal. Daar was plek vir my en my drie passasiers se klimtoerusting in die bakruim. Metaalstroke in die bagasiebak laat tasse en sakke maklik in- en uitgly en rekbande hou los waterbottels in plek. Die beenspasie vir die passasiers wat agter sit, is voldoende, maar knap vir die langeres. Nou vir al die dinge wat die bestuurder se rit plesierig maak, al dan nie.

Die fanatici se kommer oor die nuwe elektriese kragstuur is gedeeltelik geregverdig, want die stuurwiel verklap nie veel oor die voorwiele se padgreep nie. Dit is die enkele eienskap wat maak dat die nuweling nie die E46 M3 (2000-’06) se titel as “beste M3 tot nóg toe” kan wegraap nie. Die voorwiele reageer vinnig en akkuraat op insette en die stuuraksie verg net genoeg inspanning om die bestuurder te laat werk vir sy plesier. Die nuwe M3 is ook net so luuks as wat hy vinnig is, soos dit ’n statussimbool betaam. Met sy elektronies beheerde skokbrekers in gemaksmodus en die enjin en ratkas verstel om so doeltreffend moontlik te werk, ry hy heel gemaklik. Die uitlaatgeraas vervaag tot ’n veraf geruis en sy brandstofverbruik daal soos African Bank se aandeelprys. Die nuwe BMW M3 is ’n blitsige sportmotor wat ’n behendige bestuurder beloon en ’n onbeholpe een berispe, maar met ’n luukse kajuit en beskaafde ritgehalte om verkeersknope se pyn te verlig. Hierdie veelsydigheid verseker vir die nuwe M3 sy plek boaan die moderne M-motor ranglys. Bedees of boosaardig, die nuwe M3 is die super-sedan wat in elke rol pas. – Martin Pretorius

Die Peugeot 2008, ’n ratse motor vir avontuurlustige stadsbewoners wat hou van wegbreek en die buitelewe. Die rathefboom se dowwestaalafwerking voel luuks en ergonomies perfek. Ek het wel gevind dat die ratkas nie elke slag behoorlik in tru-rat wou inskuif nie, en ek moes daarop let om daardie grillerige geluid van ’n motor wat nie in rat is nie, te vermy. Die handremontwerp is verfrissend anders, en al die knoppies en verstellingsmeganismes is van gehalte. Die hoofligte skakel outomaties aan en spoedbeheer hou die gekose snelheid konstant. Wat wel ontbreek, is ’n gerieflike houer vir daardie op-pad-werk-toe-wegneemkoffie. Die twee bekerhouers sit reg voor die rathefboom en is te diep vir ’n standaardgrootte wegneemkoppie om bereikbaar te wees sonder om te mors. Die paneelkassie is ook moeilik om by te kom van die bestuurdersitplek, maar die kissie agter die handrem is maklik bereikbaar en dus ’n beter sonbril-bêreplek. Die USB-verbindingspunt is ’n wenner. Al jou musiek word in ’n oogwink op die

raakskerm vertoon, en kan beheer word op die skerm of stuurwiel. Die raakskerm vertoon ook ’n legio ander nuttighede soos GPS-navigasie, radiostasies en parkeerhulp. Laasgenoemde is nuttig in Kaapstad se nou straatjies, en parallelparkering millimeters van die randsteen was verstommend maklik. Dat die kantspieëltjies vanself gaan plat lê, is ideaal vir diegene wat (soos ek) saans buite die huis in ’n nou straatjie moet parkeer en soggens moet duim vashou dat niemand in die nag ’n duur kantspieëltjie afgery het nie. – Yvette Cloete PRYS R269 900 ENJIN 1,6 liter; vier silinders; 88 kW en 160 Nm RATKAS Vyfganghandratkas, voorwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 9.5 sekondes en 196 km/h topsnelheid; 5,9 liter/100km OORWEEG OOK Ford EcoSport 1.5 TDCi Titanium; Nissan Juke 1.6 Acenta+

ae brandstofverbruik en ’n lae koopprys is waarskynlik die twee eienskappe waarna die meeste kopers van nuwe motors heel eerste soek. Die nuwe Mirage van Mitsubishi bied dit, asook bekostigbare finansiering, twee gratis versienings en gratis versekering vir die eerste jaar. Moet egter nie die verrigting van ’n Mirage-vegvliegtuig verwag nie. Dis nie ’n vinnige karretjie nie, maar omdat hy so min weeg, is die 57 kW en 100 Nm van sy 1,2-liter-driesilinder-petrolstofie genoeg om rats deur verkeer te sny, mits die ratkierie geroei word. Buite die stad hyg hy weens ’n effense gebrek aan wringkrag. Die Mirage roem hom egter nie op kraglewering nie, maar op doeltreffendheid. Met reg, want teen sy amptelike gemiddelde petrolverbruik van 4,9 liter per 100 km sal een tenk brandstof (35 liter) jou 700 km ver neem. Daar is dubbele lugsakke, lugversorging, elektriese vensters en kragstuur in alle variante. Die duurder GLX het onder meer ook allooiwiele en ’n USB-poort vir musiek. Dit word alles toegedraai in ’n helderkleurige pakkie met ’n gesiggie wat vir jou ogies maak. Die GLS het boonop sleutellose toegang, outomatiese lugversorging en elektriese agterruite. As ’n eerste of stadsmotortjie het die Mitsubishi Mirage baie sin. Dis ’n waardige mededinger vir die Suzuki Swift 1.2. – Martin Pretorius. PRYSE Mirage GL – R124 900 Mirage GLX – R134 900 Mirage GLS – R144 900


6 InRat

28 September 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Harley Davidson Forty­Eight

Toetsrit

Black Betty met ’n hart van goud E

k hou van verrassings, veral as dit vooropgestelde idees omkeer. Ek het gedink ek sal haar nie mis nie, maar nou verlang ek baie na Black Betty. Daar is eienskappe waaroor ek nie treur nie. Die tipiese Harley-Davidson sitposisie, die vasklou om lewe en dood teen hoë spoed, die enkelsitplek en die klein, amper nuttelose seweliter-petroltenk. O ja, en die klipharde vering. Teenstrydig met Harley se beeld van lang ritte op Route 66 of Roete 62, het die Forty-Eight ’n geheime troefkaart, wat die bekke sal laat oophang: Betty is ’n uitstekende en eenvoudige pendel-motorfiets. Dis reg, ’n commuter bike. (By ’n Harley-kroeg wou die dissipels my skel en die cougars my slagaar afbyt toe ek dit durf sê.) Maar dis waar. Wanneer ek ’n motorfiets evalueer, word die kar weggesit en die motorfiets word vir alles gebruik. Werk toe, winkel toe, aande uit, my seun gaan aflaai by die skool en selfs duimgooiers optel as ek ’n ekstra valhelm by my het. Ongelukkig was die 48 ’n eenmanspel en dit sal die heel eerste ding wees wat ek sou verander aan Betty. Harley-Davidson het gelukkig ’n magdom bykomstighede, onder meer passasiersitplekke. Die beproefde lugverkoelde 1200cc

Die Forty­Eight bring hulde aan die “gestroopte” Harleys wat ná die Tweede Wêreld­ oorlog in die VSA gewild was onder oud­dienspligtiges. | FOTO: HARLEY­DAVIDSON Evolution-enjin is fantasties. Daar is oorgenoeg wringkrag, maar dit pluk jou nie van die fiets af nie. Omdat die enjin teen baie hoë toere begin hyg, gebeur die meeste giggel-oomblikke tussen 1 000 en 3 000 r/min. Dit gebeur blitssnel en daar is geen oormatige of onnodige “kyk-virmy”-geraas nie. Die hantering is aansienlik beter as te wagte, maar dit bly ’n lae fiets en ’n voetrus skuur as jy te laag lê om ’n draai. Eintlik is dit wonderlik. Ry

haar met die groep Spiderbait se nommer “Black Betty” wat uit die (opsionele) luidsprekers skree en jy sal verstaan wat ek bedoel. Dit is soos ’n moderne en beter weergawe van ’n ou classic. Om deur verkeer te vleg, was verspot maklik. Teen ’n lae spoed was dit sekerlik een van die maklikste motorfietse wat ek al gery het omdat die koppelaar en enjin soos ’n tweeling handjies-klap speel en die lae swaartepunt laat Betty

maklik balanseer. Hoewel dit ’n nuwe weergawe is, behou Harley die ou waardes van styl en gevoel. Die Evolution ruk en rol onder jou en die hele fiets vibreer en skud, soos die tweeling stadig met lang hale werk. Jy voel asof jy in die fliek HarleyDavidson and the Marlboro Man is. Betty was toegerus met ’n windskerm, wat onontbeerlik is. ’n Groter tenk en ekstra sitplek is ook ononderhandelbaar. Daarby sal ek ook die agtervering baie sagter stel. (Dit kan glo gedoen word met ’n spesiale sleutel.) Die 48 voel soms soos ’n ou swart trapfiets op ’n sinkplaatpad. In die draaie raak dit soms ’n boudeknyp-storie as die padoppervlak net effens rof is. Menige keer was haar sitvlak in die lug. Bougehalte is weer van die boonste rak. Die beheerknoppies is stewig en slim – soos die rigtingwysers s’n aan weerskante van die stuurstang. Links vir links en regs vir regs. En hulle skakel self af. Eenvoudig, nè? Maar, ai, daardie petroltenk. Dit het geen sin om so ’n uitstekende motorfiets ’n ritafstand van net 150 km te gee nie. Daar is oorgenoeg spasie op die raamwerk vir ’n groter tenk. Dit sal die 48 nog begeerliker maak. Harley-Davidson ’n fiets gebou wat beter is as wat hulle verwag het. Dit was veronderstel om ’n poser te wees, maar toe is sy ’n droommeisie: ’n rock chick met ’n harde lyfie wat baie hurk-oefeninge doen en net wil kuier. Dit is die eerste Harley-Davidson wat ek graag sal wil besit (met veranderinge natuurlik). Hel, ek mis haar. – Stephan Lourens PRYS R124 995

R20 000

LOJALITEITSBYSTAND Sluit by ons aan op Facebook TataMotorsSA

TAT6728A

(FFO ÞOBOTJFSJOHTBBOTPFL XPSE BGHFLFVS OJF


28 September 2014

InRat 7

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Promosie

Opel Adam

Adam span ’n brug na Suid­Afrika

Ons Opel Adam het die Alpe se kronkels soos ’n kampioen gevolg en sy brandstofverbruik was allermins uitspattig.

B

rûe betower ons. Hulle verteenwoordig nuwe bestemmings, reuseuitdagings vir ingenieurs en verbind mense en plekke met mekaar. In 1899 het Herr Adam Opel, vervaardiger van trapfietse en naaldwerkmasjiene, dieselfde doel gehad toe hy die heel eerste Opel-motor gebou het. ’n Ingenieurs-uitdaging wat mense wêreldwyd verbind het. Omdat Opel se besonderse klein luikrug, die Adam, ’n brug slaan na Suid-Afrika, het ons besluit om hom op ’n soektog te neem na van die mooiste brûe in Switserland, Frankryk en Duitsland. Natuurlik ook om te voel hoe hy ry. Ons het by die Opel-fabriek in Rüsselsheim (naby Frankfurt am Main) in Duitsland weggespring en in ’n suidelike rigting gery. Ons was op pad na die Teufelsbrücke, oftewel Duiwelsbrug, in Switserland. Dié brug oorspan die Reussrivier en verleen toegang tot die skouspelagtige St. Gotthard-pas. Die eerste brug was van hout en is in 1230 gebou. Volgens legende was die konstruksie daarvan so moeilik dat die duiwel ingestem het om dit te bou. Sy voorwaarde was dat hy die siel van die eerste een wat die brug oorsteek sou ontvang. Toe die brug klaar was, het die mense ’n bok oor die brug gejaag. Byna 600 jaar later – in 1820 – is die houtbrug deur een van klip vervang. Omdat die verkeer oor die jare al hoe swaarder geword het, is ’n dubbellaanbrug in 1958 op die oue gebou. Die klein Adam was dol op die kronkels van Switserland se bergpasse. Die stuur reageer vinnig en daar’s puik balans in sy hantering. Daarvandaan is ons regdeur Italië: deur tonnels en oor brûe totdat ons die skouspelagtige Pont du Gard in Frankryk bereik het. Dis ’n antieke waterleidingbrug uit die jaar 40 nC, wat oor die Gardonrivier strek. Die brug is deel van die Nî-

Die Adam se stilering en grootte wys dat hy met die Mini Cooper, Citroën DS3, Alfa Mito, Audi A1 en Fiat 500 sal kompeteer. mes-waterleiding, ’n struktuur van 50 km lank wat deur die Romeine gebou is om water van ’n fontein by Uzès na die Romeinse kolonie by Nîmes te lei. Die Pont du Gard is die hoogste van aldie Romeinse waterleidingsbrûe en een van die bes bewaarde voorbeelde. Dit is op Unesco se lys van wêreld-erfenisgebiede. Van die antieke het ons Adam na die moderne geneem: die indrukwekkende Millau-oorbrug. Dit bestaan uit sewe spantorings wat die brug van 2,4 km aan kabels bo die vallei van die Tarnrivier laat hang. Die vallei se laagste punt is 270 m onder die padoppervlak en die

hoogste spantoring is 343 m lank. Die Millau-brug is gebou om verkeersnagmerries op die pad van Parys na Spanje deur die Tarn-vallei die hoof te bied. Dis in Desember 2004 geopen en die koste was byna €400 miljoen. Teen dié tyd het ons byna 3 500 km in die Adam afgelê, maar steeds gemaklik gevoel. Die binneruim se gehalte is goed en die klankstelsel het maklik en gebruiksvriendelik met ons slimfone geïntegreer. Liggies wat waarsku as daar ’n motor in die blindekol is, het ook handig te pas gekom. Dit was tyd om na Duitsland terug te

keer om die laaste van vele brûe te besoek. Dis nie so besonders soos die majestueuse brûe wat ons op ons reis teëgekom het nie, maar dis baie spesiaal vir my. Dis ’n bruggie in Harra*, die dorpie in Duitsland waar ek grootgeword het. Dit oorspan die Saalerivier en verbind Harra met die woud. Dis die brug wat ek al die meeste kere oorgesteek het. Die Opel Adam is ’n wonderlike kar vir ’n road trip. Hy’s stewig en gerieflik teen hoë snelhede op die Autobahn en sy 1400cc-enjin (sonder turbo) se gemiddelde petrolverbruik was 15 km/liter (6,7 liter/100km). Maar dan is die Adam ook ’n lekker stadsmotor danksy sy grootte en maklike hantering. Goeie nuus is dat die Adam vroeg volgende jaar Suid-Afrika toe kom. Kopers sal tussen drie luuksheidsvlakke kan kies en daar sal ’n omvangryke keuse van bakkleure, dakkleure, binneruimstyle en ander ontwerpselemente wees. Al dié keuses maak 61 000 stylkombinasies vir die buitekant en meer as 82 000 vir die binneruim moontlik. General Motors Suid-Afrika het nog nie die enjinkeuses bekend gemaak nie, maar dit sal glo die jongste tegnologie verteenwoordig, wat beteken daar sal turboenjins wees. Opel beleef ’n opwindende renaissance en het in die eerste sewe maande van vanjaar ’n hele 52% meer motors in Suid-Afrika verkoop as verlede jaar. In die Adam se eerste jaar is 45 000 van dié motortjies in Europa verkoop. Die Adam is verlede jaar by die Johannesburg-motorskou gewys en die media en publiek het hom hartlik ontvang. Ons sien uit na sy koms. – Antonia Heil. *Harra is padlangs 155 km noord van Nürnberg en naby die grens met die Tsjeggiese Republiek. Antonia woon al vyf jaar in Suid-Afrika en is getroud met die fotograaf Desmond Louw. Nog foto’s van die Adam is te sien by rapportinrat.co.za.


8 InRat

28 September 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

Motorfiets van die jaar

Volvo XC90

KTM SuperDuke R die beste

Volvo wys sy nuwe XC90

Plaaslike motorfiets­media het die 1290 SuperDuke R as motorfiets van die jaar gekies. Die kompetisie is aangebied deur Pirelli en “The Bike Show”. | FOTO: KTM

Volvo se lank­in­die­tand­XC90 gaan vervang word deur dié model (bo). Verwag ’n su­ perluukse kajuit en verstommende veiligheidstoerusting. | FOTO: QUICKPIC

Toetsrit

Maserati Quattroporte

Onder die weelde praat hy Italiaans

Wen! Wen! Wen!

Die Maserati Quattroporte, wat hom soos ’n veel kleiner, ligter sportmotor gedra.

A

s jy ’n weeldemotor wil hê, gaan soek na hom in Duitsland. Mercedes-Benz, Audi en BMW het ’n tegnologiese meesterstuk vir elke plutokraat. Italië is egter die vooraanstaande bron van warmbloedige sportmotors, want hy huisves Lamborghini en Ferrari. Maserati wil die status quo omkeer met sy nuwe Quattroporte, ’n vierdeursedan wat weelde met die bestuurspret van ’n renmotor versoen, toegedraai in ’n Italiaanse snyerspak. Sy poging is grootliks suksesvol, want die Quattroporte verrig die meeste weeldemotor-take heel goed. Sy kajuit is in met die hand gestikte leer getooi en het gemaklike ruimte vir vyf groot mense omdat die nuutste (sesde geslag) Quattroporte nou ’n skadu werp wat omtrent so groot is soos díe van ’n nuwe MercedesBenz S-klas. Maar anders as die Duitse sedans is die Maserati Quattroporte nie regtig volgeprop met die nuutste tegnologie nie. Vergeet maar van digitale instrumente en moenie verwag dat hy, soos die S-klas, jou rug masseer nie. Hy is ’n sportiewe Italianer. Dit beteken die bestuurder is die belangrikste persoon in die kajuit. Ons toetsmotor, die Quattroporte S, is met die intreevlak-drieliter-V6-enjin toegerus. Dit klink dalk ontoereikend vir ’n motor wat na R2 miljoen neig; totdat ’n mens onthou Ferrari bou dié kragbron.

Met ’n dubbel-turbo en direkte petrolinspuiting lewer hy 303 kW en 550 Nm; genoeg om die Quattroporte S in 5.1 sek. tot 100 km/h te laat spring op pad na ’n topsnelheid van 285 km/h. Ons kan sy aluminium-bakwerk ook bedank vir sy lewendige verrigting, want al is die nuwe Quattroporte heelwat groter as sy voorganger, is hy sowat 100 kg ligter. Die klein V6 se dawerende klankbaan is net so indrukwekkend soos sy werkverrigting. Wanneer die toereteller se naald die rooi lyn deur ’n gladde agtgang-outokas jaag, verander die V6 se brom in ’n strydkreet. Sy verrigting laat die oë rek. Daar’s geen turbotraagheid nie en hy geniet hoë enjintoere. Sy aluminium-konstruksie openbaar ook voordele op kronkelpaaie, want die betreklik ligte Quattroporte dans ratser deur die draaie as enige ander luukse sedan. Sy stuurstelsel gebruik hidrouliese kraghulp, anders as die meeste van sy mededingers wat elektriese stelsels gebruik. Daarom weet die bestuurder heeltyd hoeveel greep daar tussen die voorbande en die padoppervlak is. Sy vering is ook só ontwerp dat hy ligvoets van rigting verander, met skynbaar nimmereindigende padgreep. Hy gedra homself soos ’n kleiner, ligter sportmotor en doen dus sy Italiaanse erfenis gestand. Ongelukkig eis hierdie sportiewe padgedrag ’n tol op die Quattroporte se rygerief. Sy vering is ferm, en op landelike paaie dring selfs geringe padskokke deur

na die kajuit. Hy verdien kritiek vir sy harde rit, maar geesdriftige eienaars sal dit kan vergewe omdat hy so ’n uitbundige bestuurservaring bied. Naas rygerief is die kajuit ’n effense knelpunt. Hoewel sagte leer deurgaans gebruik word, is daar ’n laer klas afwerking op die middelkonsole en deure. Dis nie blink soos ’n sakpasmotor s’n nie, maar in dié prysklas sal sagte plastiek welkom wees. Die Quattroporte kry sy klankstelsel en skakelaars van die Fiat-Chrysler-groep: enige Jeep Grand Cherokee-eienaar sal dadelik tuis voel. Of die Maserati Quattroporte S sy R1 977 000 kan regverdig, sal net ’n superryke kan sê. Daar is ander weeldesedans wat gemakliker en tegnologies gevorderder is, maar hulle sal nie kan byhou oor kronkelpaaie nie. Moet dus eerder nie aan hom dink as nét ’n weeldesedan nie. Hy is ’n sportmotor met vier deure en ’n reuse-bagasieruim. Met die eksklusiwiteit van die Maserati-naam daarby kan niks met hom vergelyk word nie. Dis baie moontlik al wat sy kopers verlang. – Martin Pretorius PRYS: R1 977 000 ENJIN: Drieliter-V6; 303 kW en 550 Nm RATKAS: Agtgang-koppelomsetter-outokas; agterwielaandrywing VERRIGTING: 0-100 km/h in 5.1 sek. en 285 km/h topsnelheid. OORWEEG OOK: Mercedes-Benz S63 AMG, BMW 760Li, Audi S8

Skryf in en jy kan wen! Eerste prys . Retoervlugte en twee nagte verblyf vir twee om ’n Toyota­4x4­kursus op die pragtige Klipbokkop by die Paarl in die Wes­Kaap by te woon. . ’n Nikon Sport Optics Monarch 8x42­ verkyker . ’n Fenix Flashlights UC40­flitslig Tweede prys . ’n Fenix Flashlights TK35­flitslig . ’n Nikon Sport Optics Monarch 8x42­ verkyker Derde prys . ’n Xbox 360 Kinect ; Om deel te neem moet jy na www.rapportinrat.co.za gaan en op die KOMPETISIE­skakel klik. Die sluitingsda­ tum is 30 November 2014. Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaar­ ding van die reëls en voorwaardes, wat op die webtuiste gelees kan word.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.