InRat 15 Desember 2013

Page 1

3 Almal op aandag: dis die Audi A3­sedan

InRat Bylae tot Rapport

15 Desember 2013

Dakar 2014:

5

Benz S­klas vat sy kroon terug

Behoort 2014 se Dakar­titel aan Giniel en Toyota?

5

9

Ek het jou Leaf, sê InRat­man

SA stuur spesmagte

na Suid­Amerika

6­11


3 Almal op aandag: dis die Audi A3­sedan

InRat Bylae tot Rapport

15 Desember 2013

Dakar 2014:

5

Benz S­klas vat sy kroon terug

Behoort 2014 se Dakar­titel aan Giniel en Toyota?

5

9

Ek het jou Leaf, sê InRat­man

SA stuur spesmagte

na Suid­Amerika

6­11


2 InRat

15 Desember 2013

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

InRat Redakteur Justus Visagie E­pos: justus.visagie @media24.com Tel: 021 406 3226

Advertensies Attie Bekker E­pos: attie.bekker @media24.com Tel: 011 713 9545

Kompetisie

Rygenot, kamera en gereedskap pasella Kyk wat maak InRat se mense oor naweke | FOTO: DESMOND LOUW

I

n samewerking met Citroën, Peugeot, Canon en Midas gee InRat jou die geleentheid om bobaas-pryse in ons InRat-JIMS-kompetisie te wen. Drie van dié pryse is Midas- 90-stuk-gereedskapstelle. Die Midas-groep, wat vanjaar sy 30ste verjaardag vier, het in 1983 met een winkel begin en het vandag 298 winkels in Suid-Afrika, Swaziland, Zimbabwe, Botswana, Namibië en Lesotho. Eerste prys – Ry ’n week in ’n luukse Peugeot en ’n week in ’n luukse Citroën; ’n Canon PowerShot D20-kamera; en ’n Midas- 90-stuk-gereedskapstel Tweede prys – ’n Canon PowerShot D20-kamera en ’n Midas- 90-stuk-gereedskapstel Derde prys – ’n Midas- 90stuk-gereedskapstel Hoe om in te skryf 1. Neem die JIMS-kompetisieblad in InRat van 17 November of 15 September na ’n Peugeot- en ’n Citroën-vertoonlokaal en kry ’n hande-

OnsRyding

Ry lekker, ry veilig laarstempel van elk. (As die handelaarstempel nie beskikbaar is nie, sal die verkoopsbestuurder se handtekening aanvaar word.) Ons kan ’n inskrywingsvorm aan jou e-pos as jy een versoek van justus.visagie@media24.com. 2. Pos die voltooide blad aan InRat-JIMS, Posbus 6367, Roggebaai, 8012 om ons teen 31 Desember 2014 te bereik. 3. Inskrywings kan ook by Rapport se kantore in Auckland Park of Kaapstad afgelewer word (e-pos justus.visagie@media24.com of skakel 011 713 9532 vir die adresse). Voorwaardes en bepalings is op aanvraag beskikbaar van justus.visagie@media24.com. Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaarding van bepalings, reëls en voorwaardes.

O

ns is op die vooraand van die vakansie­ diaspora en die stortvloed van mediaberig­ te oor padsterftes. InRat het slegs drie ver­ soeke aan almal wat dit op ons gevaarlike paaie waag en ons preek ook vir onsself: Wees geduldig. Strêp jou kinders vas. Wees be­ wus van motorfietsryers. Oor kinders: “Drie kinders jonger as 15 sterf daagliks op Suid­Afrikaanse paaie,” sê Stefan le Roux van die Midas­groep. In die stryd teen kin­ dersterftes het Midas verlede maand 200 motor­ stoeltjies aan Imperial se I­Pledge­veldtog geskenk. Wanneer jy jou kinders vasmaak, verbeter jy hul kans op oorlewing met 70%: ’n wonderlike Kersge­ skenk. Oor motorfietsryers: Die gewildheid van motor­ fietse, veral avontuurmotorfietse, neem toe. BMW Motorrad Suid­Afrika het vanjaar byvoorbeeld 11,1% meer motorfietse verkoop as verlede jaar. Dis waar dat vele bikers roekeloos is, maar die stille meerderheid wil maar net veilig by die werk uitkom of by ’n verlate grondpad waar hulle nie­ mand pla nie. Wees asseblief bedag op hierdie klein, weerlose voertuie. Van grondpaaie gepraat: InRat se redakteur, fo­ tograaf en motorfietsskrywer het onlangs ’n kort

Suzuki Swift 1.4 GLS

video van BMW se 800 Adventure op grondpaaie in die Overberg gemaak. Besoek gerus www.bikeroutes.co.za/overberg om dit te sien. Daar is wel ’n plek waar motorfietsryers verplig is om roekeloos te wees en dit is die motorfiets­ waaghals Travis Pestrana se Nitro Circus, waar sy span akrobatiese toertjies uitvoer op motorfietse, BMX’e, bromponies en ander vreemde rygoed. Dié verstommende skouspel, wat meer toeskou­ ers lok as U2, sal vir die eerste keer in Suid­Afrika te sien wees in Februarie: op die 15de in die Kaap­ stad­stadion (kaartjies van R280) op die 19de in Durban in die Moses Mabhida­stadion (kaartjies van R180) en op die 22ste in die FNB­stadion in Johannesburg (kaartjies van R300). Moet dus nie al jou geld oor die feestyd blaas nie! Kaartjies is te koop by Computicket en deur www.nitrocircuslive.com, waar jy ook na videogre­ pe kan kyk. Besoek sommer ook www.face­ book.com/NitroCircus. Geluk aan die volgende lesers wat elk ’n eksem­ plaar van Greg Beadle se motorfietsboek Bike – The Longer Road (MapStudio) losgeslaan het: A.J. van Wyk, A. Killian, E.J. Steyn en M. Tredoux. Die antwoord was Triumph Tiger 800XC. @RapportInRat op Twitter

Formule Een

MotorSport

Swift, vlug van voet

‘Absurde’ regulasies ontstel

I

D

nRat speel van vandeesmaand gasheer vir ’n skitterwit Suzuki Swift 1.4 GLS. Ons het lank reeds waardering vir die rygoed van dié Japanse vervaardiger, of hulle nou op vier of twee wiele loop, en die Swift is ’n treffende voorbeeld van Suzuki se prettige, gehalte-aanslag. Die pret vind gestalte in die ontwerp van die Swift se dak, getinte glas en bak, wat die suggestie van ’n motorfietshelm skep. In die stad maak sy kompakte afmetings hom ook lekker vlugvoetig (en maklik om te parkeer). Sy voorwiele klou verbete aan die pad en dit verskaf hope genot op kronkelpaaie. Die rit is sag, maar as die padoppervlak waarlik sleg is, word die agteras ontsenu. Ondanks die jeugdigheid wat hy uitstraal, het die Swift oor die algemeen ’n heerlike “grootkar-gevoel” en in dié opsig klop hy twee gedugte mededingers: die Ford Fiesta en die Volkswagen Polo. Die Swift se groot-kar-karakter het ongelukkig nie die bagasiebak bereik nie en in dié opsig

Hy’s klein, maar voel nie soos ’n Checkers­ trollie op wiele nie FOTO: QUICKPIC

gee die Polo en Fiesta hom ’n pak slae. As troos vou die agterbank se rugleuning met groot gemak vorentoe om ’n groot laairuim te ontsluit. Nog iets wat ons gretig gemaak het om die Swift op te pas, is sy bewese lae brandstofverbruik. Soos nege uit tien motorvervaardigers is Suzuki ook optimisties oor hoe min petrol die Swift gebruik. Ná ’n snelle reis om die Swift in Kaapstad by InRat af te lewer, dui die ritmeter verbruik van 6,2 liter/100 km aan. Nie sleg nie, maar ons hoop om dié syfer binne die volgende drie maande te verminder. – Justus Visagie

PRYS R184 900 ENJIN 1 372 cc- viersilinder-petrol; 70 kW en 130 Nm RATKAS Vyfgang-handrat, voorwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 10.9 sek. en 170 km/h topsnelheid VERBRUIK 5,5 liter/100 km en 132 g CO2/km (volgens Suzuki) PETROLTENK 42 liter AFSTAND DEUR INRAT AFGELê 47 km NAVERKOPE Waarborg van drie jaar of 10 000 km, diensplan van vier jaar of 60 000 km, versien elke 15 000 km. OORWEEG OOK Ford Fiesta 1.4 Ambiente, VW Polo 1.4 Comfortline, Peugeot 208 1.6 Allure

F1-jaers, ondersteuners ie besluit vandeesweek van die FIA-motorsportbeheerliggaam se F1-kommissie om dubbelpunte vir die finale ren in 2014 toe te ken, is met ontsteltenis deur jaers, kundiges en geesdriftiges begroet. Ingevolge dié regulasie sal die wenner van aanstaande jaar se Abu Dhabi- Grand Prix 50 pleks van 25 punte verdien. Die wenner sal dus in een ren meer punte kry as wat die finale vier vervaardigers vanjaar in die hele seisoen kon aanteken. Sebastian Vettel, viermalige en huidige F1-wêreldkampioen, het dié besluit as “absurd” beskryf. “Dit straf die jaers wat die hele seisoen lank hard gewerk het. Ek het respek vir die ou tradisies in Formule Een en verstaan nie die nuwe regulasie nie.” Sy siening word deur vele F1-kundiges gedeel, en baie wys daarop dat Fernando Alonso vir Vettel in 2012 sou geklop het as dié reëling gegeld het. Dit sou ook beteken

het Felipe Massa in 2008 kampioen sou wees, pleks van Lewis Hamilton, en dat Kimi Räikkönen in 2008 vir Michael Schumacher sou uitgestof het. Dit lyk of dié besluit meer te doen het met F1-bemarkingsbehoeftes (om belangstelling tot die finale ren te prikkel) nadat Vettel vanjaar se kampioenskap al vroeër in die seisoen beklink het. Dit is egter te betwyfel of dié besluit sal bly staan, te oordeel na die negatiewe reaksie. Ander voorstelle wat aanvaar is, is dat F1-spanne se uitgawes beperk word en dat jaers voortaan hul eie nommers – tussen 2 en 99 – sal kan kies en vir die res van hul F1-loopbaan kan behou. Die F1-kalender vir 2014 is bekend gemaak. Altesame 19 renne sal plaasvind in Australië, Maleisië, Bahrein, China, Spanje, Monaco, Kanada, Oostenryk (nuut), Brittanje, Duitsland, Hongarye, België, Italië, Singapoer, Japan, die VSA, Brasilië en Abu Dhabi.


15 Desember 2013

InRat 3

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

Toyota Prado

Audi A3 Sedan

Emosie en intellek in harmonie

D

ie A4 het vele goeie dinge vir Audi beteken. Sedert die eerste weergawe in 1994 sy buiging gemaak het, was hy ’n suksesvolle teenvoeter vir die BMW 3-reeks en Mercedes-Benz C-Klas, en het hy Audi se opwaartse mars in die premium-segment gelei. Die A4 moes egter deur die generasies al groter word om tred te hou met kopersverwagtinge, en dit het hom al verder teen die prysleer opgeskuif. Die nuwe A3-sedan mik om die gaping onder die A4-reeks te vul, en bied tradisionele Audi-gehalte, treffende stilering en ’n uitmuntende bestuurservaring in ’n kleiner pakkie toegedraai. Moet egter nie dink dat hy ’n gewone A3-luikrug met ’n bagasiebak is nie, want elke bakpaneel is uniek. Sy enjinkap se ekstra voue beklemtoon die Audi-sierrooster, en die karakterlyne langs sy flanke is skerper gedefinieer en eindig in ’n kort, hoë bagasiedeksel met ’n ingeboude drukvlerkie en platgetrekte agterligte. Saam met sy koepee-agtige sy-aansig, 17 duim-allooiwiele (19 duim met die S-line-opsie) en laer ryhoogte as die Sportbackmodel wek die A3-sedan ’n sportiewe indruk. Die lyne versteek egter ’n reuse-bagasiebak met 425 liter-laaikapasiteit (880 liter as die agtersitplekke weggevou word), dus is hy mooi én prakties! Die binneruim stel sy Audi-gene verder ten toon. Die kajuit is dieselfde as die Sportback s’n, maar die toerusting is op die luukser SE-spesifikasievlak. Dit beteken dat die USB-, iPod en Bluetooth-versoenbare klankstelsel ’n kleur-wegvouskerm gebruik, met ’n magdom geriefstoerusting soos outomatiese dubbelsone-lugversorging, leerbeklede sportsitplekke en -stuurwiel, en outomatiese hoofligte en -ruitveërs as standaardtoerusting. Die eenvoudige uitleg van die voorpaneel wek ’n indruk van ruimte en sorg dat ’n mens sommer gou tuis voel agter die wiel. Die bestuurservarings van die A3-sedan stel sy vele talente ten toon, want hy verras met ’n aangename mengsel van hope padgreep, gedempte kajuitgeruis en uitstekende ritgehalte. Ten spyte van die sportsuspensie en laeprofiel-bande ontlok selfs slegte paaie geen stamperigheid nie, en wanneer

Die A3­sedan is goed genoeg om Benz se CLA te kan klop | FOTO’S: AUDI Die nuwe Prado kombineer luuksheid, taaiheid en veldry­talente | FOTO: QUICKPIC

Koninklik! Die skerm op die instrumentpaneel kruip weg as dit nie gebruik word nie die pad begin kronkel, verander hy met graagte van koers. Hy is nie ’n blitsbuks nie, maar sy padhouvermoë, selfversekerde stabiliteit deur draaie, en kalm ritgehalte maak van die A3sedan ’n uitsonderlike motor om lang afstande mee aan te pak. Die A3-sedan gebruik dieselfde enjins as die luikrug-variante, met ’n 1.4 TFSI turbopetrol (92 kW/200 Nm) as intreemodel en ’n 1.8 TFSI (132 kW/250 Nm) vir ekstra woema. Daar is ook ’n 2.0 TDI (110 kW/340 Nm) beskikbaar, en alle enjins bied ’n keuse tussen sesganghandratkaste of S-tronic- dubbelkoppelaar- outo’kaste (sewe gange vir die petrol en ’n sesgang vir die TDI). Die witwarm S3 met 206 kW en 380 Nm volg teen die middel van 2014. Al die enjins beïndruk met hul egalige kraglewering, en die 1.8 TFSI behaal moeiteloos uiters onwettige snelhede. Brandstofverbruik is ook goed onder beheer, met amptelike syfers wat wissel tussen 4,1 en 5,6 liter/100 km. Met die A3-sedan het Audi daardie skaars balans behaal: ’n bekostigbare, stylvolle motor met bruikbare kajuiten bagasieruimte, wat net so ekonomies as sportief is. Met pryse tussen R323 500 en R372 500 bied die reeks uitstekende waarde vir geld, gegewe die hope standaardtoerusting, verrigting en standaard-instandhoudingsplan vir vyf jaar of 100 000 km. Hierdie nuweling bied waarlik ’n perfekte kombinasie van emosionele aantrekking, danksy sy prag-lyne, sprankelende bestuurservaring en praktiese oorwegings. – Martin Pretorius

M

et die nuwe Prado se bekendstelling in Namibië was die eindelose sandduine by Swakopmund ons toetsterrein. Hier het die Prado die woestyn oudergewoonte gewys wie is baas en wie is Klaas. Maar wat omtrent dié bielie is nuut? Die Prado se aangesig is verfris, met ’n bonkiger, vierkantige sierrooster, nuwe lighulsels, voorste buffer en nuwe allooiwiele om sy hardebaard veldrytalent te beklemtoon. Met sy LED-liggies voor lyk die Prado taai, maar modern. Daar is twee nuwe kleure beskikbaar, naamlik middernag-metaalblou en metaalbrons. Die binneruim vind baat by ’n nuwe multimedia-klankstelsel in ’n herontwerpte voorpaneel met beter gehalte materiaal en fyner detail. Die goedkoper TX het nou voorsitplekke wat elektries verstel, nes die VX. ’n Diep “yskassie” skuil onder die armleuning (wat die bestuurder en voorste passasier deel) vir koeldrank en bier. In die luukser VX-variant is die sitplekke in die tweede ry verhitbaar en dubbelarea-lugversorging (vir bestuurder en voorste passasier) is voorts standaard in albei variante. Die agterbankers kan hul eie verkoeling beheer. Veranderings aan die Prado se stert is subtiel, maar die meeste verbeterings aan die voertuig bestaan uit allerlei slim stelsels onder sy vel. Sommige van hulle is so slim, dat ek gesukkel het om hulle te verstaan, soos die navigasiestelsel wat standaardtoerusting is in die VX-variant. Die res is heelwat gebruiksvriendeliker, soos die Multi-Terrain Select-stelsel (standaard in VX-variante) wat ’n vyfde modus bygekry het om jou deur ’n kombinasie van rotse en modder te help. Dié stelsel se verskillende modusse word voortaan met ’n eenvoudige draaiknop gekies soos in ’n Land Rover Discovery. Die VX-variante het ook ’n Multi-Terrain Monitor wat die bestuurder met vier

kameras “oë” reg rondom sy Prado gee en die beeld word op die (raak)skerm van 18 cm in die middelkonsole vertoon. Albei variante – TX en VX – het truratkameras. Tussen die hersiene instrumente kan die bestuurder (in die VX-variant) op die skermpie sien presies waar die Prado se wiele hulle bevind, wat jou ewenaarslotte maak en hoeveel wringkrag daar na verskillende wiele gelei word. Ander verbeterings is die elektroniese veerstelsel (in albei variante) wat die voertuig minder laat oorleun in ’n draai en hom stewiger in sy spore laat voel. Daar is ook nuwe hulpmiddels soos ’n blindekol-monitor en vir die VX. Sleepwa-swaaibeheer (standaardtoerusting vir die VX en TX) voorkom dat jou woonwa sy eie rigting inslaan in sterk wind of op swak padoppervlakke. Omdat die Prado as ’n sewesitplekker bekend staan, was ek geïnteresseerd om te sien hoeveel plek daar in die derde ry is. Die heel agterste grootmense gaan beslis nie afgeskeep voel nie, want die beenruimte is verleng en die tweede ry se stoele kan met die druk van ’n knoppie vorentoe kantel, verder as voorheen, om in- en uitklim te vergemaklik. Die enjins bly onveranderd en jou opsies is die vierliter- V6-petrol (202 kW en 381 Nm) of die drieliter-turbodiesel met 120 kW en 400 Nm. Albei was ’n plesier om te bestuur en laasgenoemde trek nie sy neus op vir lae-gehalte diesel nie. Die vyfspoed-outo’kas is stil en verfynd en het hom goed van sy taak gekwyt. En ondanks al die verbeterings styg die algehele prys met slegs een persent. Die Prado het ’n waarborg van drie jaar of 100 000 km en ’n diensplan vir vyf jaar of 90 000 km, asook 24 uur-padbystand. Pryse wissel van R632 200 vir die Prado TX 4.0 V6 Outotot R742 400 vir die Prado VX 3.0 DT Outo met sondak. – Ané Theron


4 InRat

15 Desember 2013

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuus Motoriste wat dieselkarre ry, kan gerus ’n bietjie moeite doen om vulstasies te vind wat die nuwe 10 ppm ­diesel verkoop. Dit verleng enjins en inspuiters se leeftyd en maak enjins dus betroubaarder. Dit laat ouer enjins ook soggens makliker vat en verminder besoedeling | FOTO: SASOL

Sasol eerste met superskoon diesel

S

asol het vir ’n aangename verrassing gesorg met sy aankondiging dat Suid-Afrikaners binnekort hul dieselvoertuie met nuwe Sasol turbodiesel 10 ppm Ultra-Lae Swael (ULS) kan vol maak. Die verskaffing van hierdie superskoon dieselbrandstof het reeds begin en 78 Sasol-vulstasies in Gauteng en Mpumalanga het reeds hul 50 ppm- met nuwe ULS 10 ppm-diesel vervang. Oor die volgende vyf maande sal dié getal tot ongeveer 245 vermeerder, gevolg deur landwye beskikbaarheid. Maar waaroor die bohaai? Tot dusver het die skoonste diesel wat vrylik in ons land verkoop word, ’n maksimum van 50 partikels swael per miljoen partikels brandstof bevat, vandaar die partikels-per-miljoen (ppm of gram per liter) -telling. Dit was reeds ’n groot verbetering op diesel met 500 ppm, wat ons sedert 2002 plaaslik kon kry, op sy beurt weer ’n enorme verbetering op die 3 000 ppm diesel wat voor 2002 die norm was. In die verlede was die hoeveelheid swael in ons diesel nie van groot belang uit ’n enjinvervaardiger se oogpunt nie. Die oormaat swael het selfs gehelp om die inspuiter-pompe se smering te verbeter – ’n funksie wat in laeswael-diesel deur bymiddels vervul word. Die nadeel van ’n hoë swaelinhoud is dat swael in die enjinolie beland waar dit sure laat vorm wat die enjin se binnegoed vreet. Verder het swael se teenwoordigheid (en die primitiewe inspuitstelsels van ouer enjins) die uitlaatgasse so besoedel dat daar geen hoop was dat partikel-filters en katalitiese omsetters die uitlaatgasse skoner sou kon maak nie. Dit is hoekom ou dieselenjins meestal deur ’n rookwolk gevolg word. Gelukkig het moderne dieselenjins tegnologie wat hul uitlaatgasse al hoe skoner maak, hul werkverrigting verbeter, hulle stiller en gladder laat loop en al hoe minder brandstof gebruik. Partikel-filters, katalisators, drukbuis-inspuiterstelsels en elektroniese enjinbeheer sorg vir ingrypende verrigtingsverbeterings. Die presiesheid (toleransie) waarop die inspuitstelsel se onderdele staatmaak, vereis egter die skoonste moontlike brandstof vir ’n lang enjinlewe en optimale verrigting. Dit het gelei tot die beskikbaarheid van ULS- (Ultra Lae Swael) diesel. Die implikasies van wye ULS 10 ppm-beskikbaarheid is verreikend. Selfs al sou die belofte van dieselenjins wat soggens makliker vat en skoner uitlaatgasse uitblaas, moeilik wees om te bewys, baan ULS ook die weg na SuidAfrika vir die jongste generasie dieselenjins. Dit beteken dat ons vinnige, brandstofdoeltreffende glansmodelle soos die BMW 125d, Golf GTD en MINI Cooper D op ons paaie kan sien, terwyl ons ouer dieselmodelle langer en beter sal kan aanhou draf. Maar wees gewaarsku: omdat die dieselprys nie gereguleer word nie, sal kopers steeds daarby baat vind om vulstasies se pryse vir ULS 10 ppm te vergelyk. Boonop wou Sasol nie sê hoeveel meer hulle die vulstasies vir 10 ppm as die ou 50 ppm gaan vra nie. – Martin Pretorius


15 Desember 2013

InRat 5

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

Mercedes­Benz S­klas

S­klas stel nuwe standaarde I

n die motorwêreld beteken weelde iets heel anders as blote luuksheid. Luukse motors word deur suksesvolle sakemense of regsgeleerdes gery, maar weeldemotors is bedoel vir hul base. In dié milieu was die Mercedes-Benz S-klas nog altyd plutokrate se eerste keuse. Dit is met goeie reg ook, want elke generasie van die S het iets nuuts na die motorbedryf gebring: eienskappe soos klasleidende gemak, skrikwekkend vinnige verrigtings-variante en innoverende veiligheidstelsels. Die tradisie word voortgesit in die nuwe S-klas, want hy verskuif weereens die bakens in sy klas. ’n Hoogtepunt op die gemaksfront is die aktiewe veerstelsel wat met kameras na die padoppervlak voor die motor kyk, en dan die dempers en lugvere verstel om ’n slaggat of spoedhobbel ten beste te hanteer. Hierdie stukkie wetenskap is net een van ’n groot klomp ontwikkelinge, alles daarop gemik om die insittendes so gemaklik moontlik te hou. Veiligheidstelsels? Ja, hy het alles waarvan ’n sterfling kan droom: nagvisie-kameras en ’n remstelsel wat self ankers uitgooi as die motor ’n ongeluk sien kom, en LED-hoofligte wat voetgangers of diere langs die pad raaksien en hulle ekstra goed belig. Die verskeidenheid bestuurdershulpmiddels is amper oneindig. En dit is baie goed dat hulle daar is, want die vinniger variante se werkverrigting is van so ’n aard dat min mense hulle daarsonder sal kan baasraak. Die “normale” S500 se 4,7 liter- dub-

So leef jy met ’n Leaf

Sy stilering is dalk ’n aangeleerde smaak, maar die nuwe S is algeheel briljant FOTO’S: NP belturbo-petroloond gelei sy 335 kW en 700 Nm na die agterwiele deur ’n sewegang- outo’kas, en hy is onbehoorlik vinnig. Die 0-100 km/h-lopie glip doodstil in 4.8 sekondes verby, en sy topspoed word beperk tot 250 km/h. Maar selfs sy krag vervaag teen die 5,4 liter- S63 AMG se 430 kW en 900 Nm. Hierdie monster haal 100 km/h in net 4.4 s en bied hoëspoed-versnelling wat ’n Nissan GT-R sal kan bangmaak – en behalwe die uitlaat

Dit is die S63 AMG wat so hakke wys. Nul tot 100 km/h duur net 4.8 sekondes

se brom is hy, net soos die S500, grafstil in die binneruim. Hul padhouvermoë is onberispelik, en die magdom elektroniese bestuurshulpmiddels sorg dat die verrigting altyd bruikbaar is. Vir weelde-kopers wat nie behoefte het aan sulke maniese verrigting nie, is daar tans twee ander enjinopsies: die stadgefokusde S400 Hybrid gebruik ’n 3,5 liter- petrol-V6 en ’n elektriese motor om 245 kW te lewer, terwyl die S350 BlueTec met sy 190 kW/620 Nm dieselbrander lekker lang bene op die oop pad het. Hierdie twee variante is die ekonomieleiers wat die nuwe S-klas se doeltreffendheid ten beste demonstreer, met verbruiksyfers van 5,9 liter/100 km vir die diesel en 6,8 l/100 km vir die hibriede model, volgens Mercedes-Benz. ’n Mens kan van sy stilering, en veral van sy agterent, wat so erg na die Art Deco-motors van die jare dertig lyk, sê wat jy wil. Die nuwe S-klas is miskien nie vir almal ewe mooi nie, maar hy trek beslis aandag op die pad. Dit maak iedergeval nie regtig saak nie, want die S-klas het die statigheid en selfversekerdheid wat net kan kom van die wete dat hy niks het om te bewys nie. Die nuwe model sit dié tradisie voort deur weereens as tegnologie-leier te voorskyn te kom. “Dit verander alles” lui MercedesBenz se bemarkingslagspreuk vir die S-klas, en ’n meer akkurate beskrywing kan daar nie wees nie. – Martin Pretorius * Pryse wissel tussen R1 214 000 vir die S350 BlueTec tot R2 174 000 vir die S63 AMG.

Nuut

Nissan Leaf

T

oe die Nissan Leaf onlangs bekendgestel is, was ek nuuskierig om te weet of dié motor prakties is vir iemand soos ek. Want as verkoopskonsultant vir Media24 ry ek ongeveer 140 km per dag. Koot Jacobs, bestuurder van Imperial Nissan Menlyn in Pretoria-Oos, het ingestem om die Leaf drie dae lank vir my te leen. Om die Leaf te ry, is maklik. Jy hou eenvoudig die sleutel in jou sak, druk die START-knoppie en die motor is aan. Voet op die rempedaal, trap jy die handrem om dit te ontkoppel, skuif die klein ratknoppie regs en vorentoe vir agteruit ry en agtertoe vir vooruit beweeg. My eerste indruk? Die Leaf is fantasties. Volle kraglewering gebeur oombliklik. Daar is tonne wringkrag en die binneruim is gerieflik. Buite hyg die kwik op 35 °C, maar die lugversorger laat die binneruim koel en luuks voel. Ek was op pad huis toe, 21 km van die handelaar. Meer as een skerm het gewys dat ek 120 km ver kan ry voordat die battery wat die elektriese motor wat die kar aandryf, pap is. Op die snelweg het die Leaf moeiteloos by verkeer aangesluit en siedaar – ek het lag-lag 120 km/h of vinniger gery sonder dat die motor ’n druppel petrol gebruik het. My roete huis toe is meestal afdraand en daarom het die trefafstand na 145 km gestyg toe ek by die huis aankom. Op pad huis toe het ek my twee seuns by die skool opgelaai en al wat ek uit die agterste sitplek gehoor het, was: “Dis cool, Pappa!” By

’n Elektriese motor kan goed werk en geld bespaar vir ’n gesin met twee motors. Maar die aanvangskoste is hoog FOTO: NISSAN

die huis was my vrou se kommentaar maar skraps. “Dis nogals lelik; gelukkig is dit mooi binne.” As jy in daardie gemaklike leerstoel sit en daar is teen 100 km/h steeds ’n doodse stilte, maak dit nie saak hoe hy buite lyk nie, was my antwoord aan my vrou en enigiemand anders wat oor die Leaf se voorkoms kerm. Om die verkeer te trotseer, is veel minder uitputtend met die luukse Leaf as met ’n ander motor. Die stilte streel jou gemoed en ek was bly om nie liters en liters petrol te verbrand sonder om te vorder nie. Die sowat 20 km na my kantoor het verby gevlieg. Ek beplan toe ’n roete na agt kliënte en maak somme wat bepaal dat ek eers na Silver Lakes in die ooste van Pretoria moet gaan, sowat 20 km van die kantoor. Van daar af ’n batterylaai-stilhou by Nissan Menlyn so 12 km van Silver Lakes voordat ek die oorblywende sewe kliënte in Centurion besoek, 25 km van Nissan Menlyn, en dan by die kantoor eindig. By Nissan het ek koffie gedrink en e-pos gestuur terwyl die Leaf gratis ge-

laai het. Ná 20 minute was die battery 96% vol en het ek na Centurion laat waai. Hiervandaan was ek terug na my kantoor in Lynnwood, na Brooklyn, terug kantoor toe en gou weer na Nissan Menlyn om te laai. Want ná die dag se gerits was daar energie vir net 40 km oor en ek wou nie die volgende oggend op pad kantoor toe gaan staan nie. Die gereelde herlaaiery by die handelaar sou nie nodig gewees het as ek ’n Leaf gekoop het nie, want dan word ’n spesiale herlaaier by die eienaar se huis geïnstalleer. In dié stadium kan Leaf-eienaars die motors nie by ’n gewone muurprop laai nie omdat daar nog nie ’n draagbare herlaaier in Suid-Afrika beskikbaar is nie. Ek het in drie dae sowat 260 km in die Pretoria-omgewing gery. Nissan sê die Leaf se reikafstand is ongeveer 190 km. My gemiddelde trefafstand oor die drie dae was sowat 145 km op ’n vol battery, minder as Nissan se beweerde 195 km. Dit kos ongeveer R30 om die battery van dolleeg tot vol te laai. Dit werk uit as ’n uiters billike 21c per kilometer.

Daar is tans nege laaistasies in Gauteng waar Leaf-bestuurders gratis kan laai en nog word elders beplan. Die Leaf het ’n groot bagasiebak, besonder gemaklike leersitplekke en al die ekstras wat ’n koper in ’n topklas-luikrugmotor verwag. Daar is wel twee goed wat pla: die reikafstand en die prys. Totdat jy die Leaf by enige muurprop kan laai, gaan die reikafstand soms lol. Die ander tameletjie is die prys – R478 000 vir ’n luikrugrugmotor en herlaaier is net te veel. As ons regering dalk eendag ’n belastingtoegewing of subsidie bied, sal die prys laer wees. Wil ek ’n Leaf hê? Ja. Ek hou van wat dit verteenwoordig, die nuwe era in motors en die bewaring van ons beperkte bronne. Ek hou van die nuwe tegnologie en die betroubaarheid wat die elektriese motor bied. Ek hou van die binneruim en die onmiddellike kraglewering. Die Leaf is prakties en ek sal al my dagtake daarmee kan verrig. Ongelukkig het ek net nie R478 000 vir ’n tweede motor nie. – Brendon Staniforth


6 InRat

15 Desember 2013

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

15 Desember 2013

InRat 7

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

InRat | 2014 Dakar­voorskou

InRat | 2014 Dakar­voorskou Roete

Dakar­jaers gaan klippe kou

Langste, kwaaiste roete in tien jaar

D

ie 36ste Dakar-marathonveldren beloof om ’n titaniese stryd tussen die voorloper-spanne in die voertuig-, motorfiets- en vragmotorafdelings in die pampas van Argentinië, die Andes-gebergtes in Bolivië en die Atacama-woestyn in Chili op te lewer. Dié wêreldbekende ren, die grootste motorsport-byeenkoms ter wêreld, begin op 5 Januarie in Rosario, Argentinië, en sal weer ’n grootse uitdaging vir mens en masjien bied alvorens die spanne die eindpunt twee weke later, op 18 Januarie, in Valparaiso, Chili bereik. Behalwe die strawwe roete gaan die mededinging in die 2014-ren taai wees: Daar is vyf voormalige kampioene in die voorste wegspringplekke van die voertuig-afdeling in nuwe, mededingende rygoed, asook interessante skuiwe in die motorfiets- en vragmotorafdelings. Nog ’n kenmerk van volgende maand se ren is die Suid-Afrikaanse betrokkenheid, veral onder die voorloper-voertuigspanne. Die eer van die motorreus Toyota is geheel in Suid-Afrikaanse hande en die nuwe Ford Racing Ranger is byna volkome in Suid-Afrika ontwikkel! Boonop is die Toyota Imperial Dakarspan nou gerekend in die Dakar en die Giniel de Villiers/Dirk von Zitzewitzkombinasie is ’n gunsteling vir algehele oorwinning. Voorts word ’n hele aantal Suid-Afrikaans ontwikkelde Hiluxe deur oorsese spanne gebruik, en al die logistieke steun vir die Ford-span word deur ’n Suid-Afrikaner bedryf. Dit, asook ’n aantal privaat ingeskrewe spanne en ons teenwoordigheid in die motorfiets-afdeling, dra by tot ongekende plaaslike belangstelling in die ren. InRat wens hiermee al die Suid-Afrikaanse deelnemers voorspoed toe. Altesame 450 deelnemers uit 50 lande in voertuie, vragmotors, motor- en vierwielfietse, gaan die uitdagende roete oor nagenoeg 8 500 km deur Argentinië, Bolivië (net motor- en vierwielfietse) en Chili aanpak. Alles dui daarop dat dit die langste, hoogste en moeilikste Dakar-roete die afgelope 10 jaar sal wees met 13 sneltrajekte oor 5 000 km se sneltrajekte waarin die geestelike en fisieke uithouvermoë van die spanne en jaers tot die uiterste beproef sal word. Voertuie Die 2014-gunstelinge in die top-voertuigklas (T1) is die verdedigende kampioene Stéphane Peterhansel en Jean-Paul Cottret van Frankryk. Peterhansel, wat die Dakar al 11 keer gewen het – ses keer op ’n motorfiets en vyf keer in ’n voertuig – spring eerste weg in ’n Mini ALL4 Racing (#300) van die Monster Energy X-Raid span. Hy word gevolg deur Nasser Al-Attiyah van Katar en sy Spaanse navigator, Lucas Cruz, wat die Dakar in 2011 gewen het. Hulle jaag in Mini #301. Ons eie Dakar-held, Giniel de Villiers (in sy 11de Dakar) en Dirk von Zitzewitz, die wenners in 2009, spring derde weg (#302) voor die 2010-wenner Carlos Sainz van Spanje en sy Duitse navigator, Timo Gottschalk, in ’n Amerikaans geboude Red Bull SMG-buisraammotor (#303). Die Spanjaard Nani Roma, wat die motorfietsafdeling in 2004 gewen het voordat hy na die voertuigafdeling oorgeskuif het, en sy Franse navigator, Michel Perrin, spring vyfde weg in nog ’n MINI (#304) met die gewilde, maar omstrede Amerikaner Robby Gordon, nou saam met Kellon Walsh, in sy groot Hummer

D

ie openingstrajek op 5 Januarie in Rosario, geboortedorp van Che Guevara en Lionel Messi, strek oor net 180 km tot in San Luis ná ’n lang ooppad-gedeelte van 629 km. Die sneltrajekte word elke dag langer en op 8 Januarie durf die motor- en vragmotordeelnemers die langste Dakar-sneltrajek sedert die 2005-Dakar (toe nog in Afrika) aan. Dié trajek van 657 km, hoofsaaklik in sand, strek van San Juan tot in Chilecito. Die rusdag is vanjaar op 11 Januarie in Salta, Argentinië, waar tienduisende toeskouers in die Dakar-bivak verwag word. Die ren hervat op 13 Januarie, oor die Andes-bergreeks en die hoogste bergpas in Argentinië (4 900 m) – tot in Chili, vir sneltrajek 8 tussen Salta en Calama. Hier skei die voertuig- en motorfietsroetes, met die fietse wat deur die asemrowende landskap van Salar d’Uyuni ’n draai in Bolivië gaan gooi, alvorens hulle weer in Copiapo by die res aansluit. Die voertuie en vragmotors het twee opeenvolgende marathon-trajekte van 600 km: sneltrajekte 10 en 11 in Chili op 15 en 16 Januarie. Laasgenoemde sal die deelnemers van Antofagusta deur die Atacama-woestyn, die droogste woestyn ter wêreld, na El Salvador en die

Volg die jaers se vordering op www.dakar.com. Supersport Blitz sal nuusdekking verleen. Die X­Raid Mini­span is die gunstelinge in die voertuig­afdeling van die Dakar­marathonren, met die verdedigende kampioene Stéphane Peterhansel en Jean­Paul Cottret aan die voorpunt | FOTO: MINI

Die 2010­wenner, Carlos Sainz van Spanje, en sy Duitse navigator, Timo Gottschalk, Durf die Dakar aan in ’n Ameri­ kaans geboude Red Bull SMG­ buisraammotor (#303) FOTO: RBR sesde (#305). Sewende op die wegspringpodium is die twee Portugese, Carlos Sousa en Miguel Ramalho (GWM Haval), gevolg deur die Argentyne Orlando Terranova en Paulo Fiuza, nou in ’n X-Raid MINI, en hul landgenote Lucio Álvarez en Ronnie Graue (#308), die voorste Ford Ranger Racing-span. Saam met die Poolse jaers Krzysztof Holowczyc en Konstantin Zhiltsov (X-Raid MINI) in die 10de posisie hou hierdie jaers (Gordon, Sousa, Terranova, Álvarez) ’n groot bedreiging in vir al die voormalige kampioene. Die Amerikaner is wild en skouspelagtig vinnig, Sousa is bestendig en jaag met sy kop, terwyl Terranova al bewys het hoe blitsig hy kan wees as hy nie emosioneel raak nie. Álvarez is die buiteperd wat in die nuwe Ford kan verras. Moenie die Suid-Afrikaners Leeroy Poulter – ’n Dakar-groentjie – en Rob Howie in hul Toyota Imperial-Hilux (#323) onderskat nie, en Chris Visser/Japie Badenhorst (ook nuwelinge) se vordering in die tweede Ford Racing Ranger (#329) sal ook interessant wees. Altesame 155 spanne is in die voertuig-

klas ingeskryf, maar wees verseker, minder as die helfte sal die eindpunt bereik. Motorfietse Die heersende Dakar-motorfietskampioen Cyril Despres (#1) se skuif van KTM na Yamaha het wêreldwyd opslae gemaak. Die Oostenrykse motorfietsmaker (KTM) het tot dusver die Dakar oorheers met 12 seges, maar met sy troefkaart nou in ’n mededinger se kamp, sal dit van die Spanjaard Marc Coma (#2), wat uit vanjaar se ren is met ’n skouerbesering, afhang of die KTM-vlag weer hoog gaan wapper. Coma, ’n driemalige Dakar-wenner, word bygestaan deur Ruben Faria (#8), wat verras het deur vanjaar as naaswenner op die podium te staan, en Chaleco López (#5), wat vanjaar derde was. David Casteu (#9), wat tweede was in 2007 en vierde in 2009, bring ondervinding na die span, en die Suid-Afrikaner Riaan van Niekerk (Broadlink-KTM), wat vanjaar 13de algeheel was, sal vir 2014 ook amptelike KTM-steun geniet. Van Niekerk spring 30ste weg in die ren, en nog ’n Suid-Afrikaner, Brett Cummings, sal 59ste wegtrek op sy privaat

Vragmotors Die vragmotor-afdeling in die Dakar is die afgelope tyd deur die monsters van Kamaz oorheers, maar verbeterde Iveco’s vir die Nederlanders Gérard de Rooy en Hans Stacey, asook Wuf van Winkle se nuwe Ginaf, ’n splinternuwe MAN vir Peter Versluis en ’n hersiene Tatra vir Ales Loprais kan sake vir die Russiese armada bemoeilik. In die klas vir vragmotors met kleiner enjinkapasiteit is die Hino’s van Span Sugawara onkeerbaar. Vir 2014 sal die span weer twee Hino 500’s inskryf – die een met ’n 9 liter-enjin wat 445 KW en 1 950 Nm ontwikkel, en die ander met ’n 8 liter-enjin (360 kW, 1 425 Nm). Die 72-jarige Yoshi Sugawara, ’n Dakarlegende, sal die 9 liter-Hino saam met Katsumi Hamura beman, met sy 41-jarige seun, Teruhito, saam met Hiroyuki Sugiura in die tweede vragmotor. – Ferdi de Vos

sandduine by Copiapo neem. Volgens die organiseerders sal dié roete die deurslaggewende sneltrajek in die 2014 Dakarren wees. Die ren eindig met die kortste sneltrajek – 157 km – van La Serena na die hawestad Valparaiso, die sogenaamde Pêrel van die Stille Oseaan, met sy 44 heuwels vol kleurryke huisies met ’n uitsig oor die see. – Ferdi de Vos

Promosie | Renault Duster Die Argentyne Emiliano Spataro (#327) en José García (#340) wil in 2014 in die top­ vyftien met hulle Dusters in die Da­ kar eindig FOTO: RENAULT

ingeskrewe KTM. Die HRC Honda-span het intussen gewys hy is slaggereed nadat die Brit Sam Sunderland onlangs die Merzouga-ren op die nuwe CRF450 Rally-fiets gewen het, met spanmaat Hélder Rodrigues (#7) tweede. Kort voor dit het Paulo Gonçalves (#10) die marathonveldfiets-wêreldkroon verower met sy sege in Marokko. Vierwielfietse ’n Rekord-getal inskrywings (meer as 40) is vir die Dakar se vierwielfiets-afdeling ontvang, maar die groot gunsteling bly die Argentyn Marcos Patronelli wat sal poog om sy derde titel aanstaande jaar te verower. Jong jaers soos Ignacio Casale (Chili) en Lucas Bonetto (Argentinië) vernou die gaping, maar die Suid-Afrikaner Sarel van Biljon, wat vanjaar opspraak verwek het met drie trajek-oorwinnings en tot derde algeheel opgeskuif het voordat hy probleme met sy fiets ondervind het, sal gemis word.

Suid­Afrika se hoop in die motorfietsafdeling is op die KTM­jaer Riaan van Niekerk (#30) gevestig | FOTO: VERSKAF

DAARDIE KODDIGE BRAAI-HANDSKOENTJIES?

BRAND HULLE DIS TYD OM JOU MAN TE STAAN

Duster wil taaiheid bewys I

n pas met sy bemarkingsveldtog wat sy Duster se taaiheid beklemtoon, het Renault weer twee van dié gewilde sportnuts-rygoed vir die Dakar-ren ingeskryf. Die Dusters, wat in Argentinië deur Renault Sport voorberei word, het vanjaar hul debuut in die Dakar-ren gemaak, en volgens die tegniese direkteur, Hector “Tito” Perez, het die Duster hom as ’n goeie platform vir ’n veldrenvoertuig bewys. Die span het baie uit sy eerste deelname aan dié uitmergelende ren geleer en sy ondervinding het tot aansienlike veranderinge aan die Dusters gelei. Die voorvering en luginlaatstelsel vir die 2014-renvoertuig is volkome herontwerp, ’n Nuwe soort skokbreker word gebruik en die stuurstelsel is hersien. Die bewese 3,5 liter Renault V6-enjin wat sowat 230 kW en 442 Nm wringkrag ontwikkel, die vierwielaandryfstelsel en sesgang-opvolgratkas, asook groot sessuier-remme voor en viersuier-remme agter is behou, maar verder verfyn. Die projek word nou deur Renault Sport

Internasionaal gesteun, en Patrice Ratti, uitvoerende hoofamptenaar van Renault Sport Technologies, het die span verlede maand besoek om hom van hul vordering en voorbereiding te vergewis. Soos verlede jaar sal die Argentyne Emiliano Spataro en José García agter die stuur van die Dusters wees, met onderskeidelik Benjamín Lozada en Mauricio Malano as hul medejaers. Volgens Spataro was die eerste toetse met die nuwe Dusters belowend, maar die span het intussen hard gewerk om hul betroubaarheid en duursaamheid te verbeter. “Die Dakar is ’n strategiese ren wat goeie logistiek en beplanning verg. Ons het baie geleer uit ons ondervinding vanjaar, maar aanstaande jaar se ren gaan ongelooflik mededingend wees, met tot 20 spanne in die top-voertuigklas wat ’n kans op oorwinning het.” Spataro (#327) sal in die 28ste plek wegspring, en sy spanmaat (#340) in die 41ste plek. “Die Duster is nou heelwat verbeter en ons mikpunt is om in die top-15 te eindig,” het hy bygevoeg. Renault is g’n groentjie wat Dakar-deelname betref nie. In 1979 was die Marreau-broers die naaswenners in ’n Sinpar-voorbereide Renault 4x4 en in 1992 het hulle die ren in ’n Renault 20 Turbo 4x4 gewen. Renault Sport het tegniese steun aan die Schlesser Renault Elf-buisraamvoertuie verskaf wat in 1999 en 2000 die Dakar gewen het. Die sege in 1999 was die eerste keer dat ’n tweewielaangedrewe voertuig dit vermag het.

RAAKSKERM NAVIGASIE BESTE-IN-KLAS KATTEBAKSPASIE OOK BESKIKBAAR IN 4X4 EN DIESEL VANAF SLEGS R194 900 OF R2 499PM*

ONS STEL BEKEND DIE NUWE RENAULT DUSTER SUV. renaultsouthafrica

DRIVE THE CHANGE

www.newduster.co.za

*15% Deposito | Oor 72 maande | 29% Ballon-paaiement van R56 521 | 9.29% Rentekoers | Handelsprys van R194 900 Totale koste van R233 920 | Handelsprys in ooreenstemming met 10 September 2013 pryslys | Sluit “op-die-pad” kostes uit. Termes en voorwaardes van toepassing. Kenmerke is model-spesifiek en kan van mekaar verskil.


JHB/A 10011802JB/

SKRYF IN BY TOYOTA.CO.ZA

EN JY KAN ’N HILUX DAKAR-WEERGAWE WEN


15 Desember 2013

InRat 9

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

InRat | 2014 Dakar­voorskou Promosie | Toyota Imperial­span Toyota Imperial­span

Toyota se mobiele onderdelestoor

Logistieke nagmerrie D Volspoed op pad na die eindpunt. Die Toyota Imperial­span het net een doel voor oë – om met hul Hilux V8 die Dakar­ren te wen | FOTO’S: QUICKPIC

Grommende SA-Hilux teen fluisterende Mini’s W

anneer Giniel de Villiers en Dirk von Zitzewitz op 5 Januarie van die Dakar-beginpodium in Rosario, Argentinië af ry, sal hulle net een doel voor oë hê: Om ’n algehele oorwinning vir Suid-Afrika en die Toyota Imperial SA Hilux-span in dié strawwe, uitmergelende ren te verseker. Om op 18 Januarie in Chili aan die bopunt van die wennerspodium te staan, sal die kroon span op Toyota Suid-Afrika se Dakar-aanslag, want tot dusver het die motorsportspan nog elke jaar sy Dakar-droom verwesenlik en al hoe nader aan ’n oorwinning gekom. In 2012 het De Villiers ’n ongelooflike derde plek in sy Hilux V8 vermag, vanjaar ’n tweede plek, en nou hopelik ’n oorwinning vir 2014. Vir spanbaas Glyn Hall en De Villiers sal dit dan twee Mini’s (2012), een Mini (2013) en geen Mini (2014) wees. Sedert 2012 was die Dakar-stryd in Suid-Amerika tussen die grommende Hilux V8 en die fluisterende dieselMini’s, en vanjaar was dit tussen De Villiers en die elfmalige Dakar-kampioen Stéphane Peterhansel. Om die Toyota-droom te bewaarheid sal onse De Villiers dus allereers die armada X-Raid Mini’s moet neutraliseer om dan Peterhansel hopelik in sy Mini onder druk te plaas. Dit lyk na ’n byna onbegonne taak, want behalwe die Spanjaard Nani Roma (wat verlede jaar die naaswenner en vanjaar vierde was) is die Mini-span verder versterk met die koms van die vreeslose Katarrees Nasser

Al-Attiyah en voortvarende Argentyn Orly Terranova (Mini). Ook sal De Villiers met die skouspelagtige, maar wilde Robby Gordon (Hummer), die vurige Carlos Sainz (SMG) en die buiteperd, die kalm Argentyn Lucio Álvarez (Ford), moet rekening hou. Gelukkig ken die Stellenbosser sy mededingers goed, want Al-Attiyah en Sainz was sy spanmaats in die VW Touareg-span, terwyl Terranova en Álvarez albei voorheen in Hall-geboude en Toyota-gesteunde Hiluxe gejaag het. Hierdie kennis sal hom goed te pas kom in sy ren-strategie, maar Hall en sy manne het ook hard gewerk om ’n mededingende ryding aan die voormalige Dakar-kampioen te verskaf, en die plaaslike veldrenreeks, een van die strafste en mees gerespekteerde nasionale kampioenskappe ter wêreld, wat Toyota vanjaar op ’n drafstap gewen het, was ’n uitmuntende toetsplatform vir die Dakar-Hilux V8. “Die kampioenskap het ons geleentheid gegee om die betroubaarheid en duursaamheid van die voertuig-komponente te beproef en te verfyn. Ons het die res in Namibië – wat met sy sandduine en halfwoestyn-omgewing geografies baie soortgelyk aan die Suid-Amerikaanse kusgebiede en Atacama-woestyn is – gaan toets,” het Hall gesê. Onder sy waaksame oog het die span op die instel van die onderstel en vering van die Hilux gefokus, en ook aan die aërodinamika, remme, ratverhoudings, aandryfstelsel en nuwe lugversorging-

Toyota Hilux­span

Hou nommer 404 dop! D

ie private veldrenjaers Thomas Rundle (regs op foto) en Juan Mohr (links) sal in ’n gewese Toyota Motorsport-Hilux, geborg deur die bandeverspreiders Dmack en Barden Tyres, die Suid-Afrikaanse vlag in aanstaande jaar se Dakar-ren laat wapper. Hulle het ’n gratis inskrywing vir die

byeenkoms losgejaag toe hulle die Dakaruitdaging in vanjaar se Toyota-1000woestynren in Botswana gewen het. Die paar sal in die 103e plek in die Hilux waarin Giniel de Villiers en Dirk von Zitzewitz vanjaar tweede was, in hul heel eerste Dakar-ren wegspring. Dis sowaar groot renstewels om vol te staan.

stelsel – iets wat deur De Villiers en Von Zitzewitz waardeer word – gewerk. Ander V8-enjins en ’n spul ander nuwighede is ook op die proef gestel, maar die span het oplaas besluit om weer vanjaar se 5 liter-weergawe in te span. Meer as 2 000 km se waardevolle toetskilometers is in die woestyn afgelê. Die toetse het ook die Dakar-nuweling Leeroy Poulter kans gegee om hom vir die groot sandduine in Chili en rowwe grondpaaie in Argentinië voor te berei. Poulter (33) is egter ’n veelsydige renjaer met vele nasionale renkampioenskaptitels agter sy naam, en het ook al sy slag in plaaslike veldrenne gewys. Sy medejaer is Rob Howie (40), wat die derde agtereenvolgende keer die navigasiewerk deur Suid-Amerika sal doen. Die paar sal in die 23ste plek in Toyota Motorsport Suid-Afrika se tweede Toyota-Imperial-Hilux wegspring, Hall se strategie sal moontlik wees om Poulter in die eerste paar trajekte op Argentynse grondpaaie so gou moontlik tussen die voorlopers te kry, sodat hy De Villiers in die duine kan ondersteun. “Dié marathonren bly ’n allemintige uitdaging, en ons moet realisties oor ons kans op ’n oorwinning wees. Net om die roete oor 14 dae en 8 500 km te voltooi, is al ’n taai uitdaging. En die Dakar bly onvoorspelbaar. Enigiets kan gebeur,” sê Hall. Volg die Toyota Imperial Hilux-span se vordering by www.toyota.co.za of http://dakar.toyota.co.za.

ie logistieke behoeftes vir ’n span soos Toyota Motorsport Suid-Afrika se deelname aan die Dakar, is om dit sagkens te stel, ’n nagmerrie. Die span het nog tot einde vandeesweek geswoeg met die reusetaak om ’n stuk of ses ton se toerusting en onderdele vir die ren volgende maand te verpak. Die twee Toyota Imperial Hilux 4x4’s, wat gedeeltelik uitmekaar gehaal en op laaiplanke van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se vragafdeling verpak is, sowel as al die toerusting en onderdele vir die 13 dae van die Dakar-byeenkoms, is Vrydag in sowat 130 kaste en drie aluminium-houers by die OR Tambolughawe vir die lang vlug na Argentinië afgelewer. “Alles wat ons nodig sal hê om die twee renvoertuie te versorg, moet saamgaan. Dit beteken bykomende onderdele vir bykans elke komponent vir die twee Hilux4x4’s. Daar is omtrent 4 000 individuele items,” het Glyn Hall, die spanbestuurder, gesê. Die span van 21 (bestaande uit die renjaers, navigators, ’n ingenieur, ’n fisioterapeut, tegnici en die spanbestuurder) sal op 29 Desember met hul aankoms in Buenos Aires dadelik vertrek na Zarate, Toyota Argentinië se monteeraanleg. Daar sal die toerusting uitgepak en in twee ondersteuningsvragmotors, asook ’n renvragmotor wat die deelnemers met noodsaaklike onderdele volg, oorgepak word. Die twee Hilux V8’s sal ook daar weer aanmekaargesit word vir ’n toetslopie op 2 Januarie. Daarna volg die amptelike registrasie en voorondersoeke op 3 Januarie in Rosario voordat die Dakar-ren op 5 Januarie begin. “Ons het ook ’n logistieke ondersteuningsvragmotor wat alles sal vervoer wat ons in die kuipe en die bivak sal benodig – kitsafdakke, grondseile, tente, slaapsakke en verbruiksgoedere,” het Hall bygevoeg.


JWT64606/A

www.ford.co.za Besoek FordSouthAfrica


15 Desember 2013

InRat 11

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

InRat | 2014 Dakar­voorskou PromosijjjjjjjjjeAd­ Promosie | Span Ford Racing vertensie­artikel

Ranger se groot vuurdoop

Só wil die Ford­manne in Suid­Amerika in die Dakar vlieg om Suid­Afrika se naam hoog te hou. Inlasfoto: Japie Badenhorst en Chris Visser | FOTO’S: QUICKPIC

V

ir die Ford Racing-renspan en sy Suid-Afrikaans-ontwerpte en -ontwikkelde Ranger V8’s sal die Dakar-ren, wat oor minder as ’n maand in Argentinië begin, ’n vuurdoop wees. Sedert einde Julie vanjaar, toe dit aangekondig is dat Ford in Januarie 2014 aan die Dakar-ren gaan deelneem, het die Ford Racing-span onder leiding van Neil Woolridge in sy werkswinkel in Pietermaritzburg dag en nag gesweet om die twee Ranger V8’s slaggereed te kry vir hul debuut-aanslag op die strafste ren ter wêreld. As deel van hierdie plan het Ford ook die dienste van die gesoute Argentynse Dakar-jaers Lucio Alvarez en Ronnie Graue bekom, wat negende in die opkomende ren sal wegspring (#308). Ford Racing kon kwalik ’n beter tweemanskap gekies het, want in die laaste twee Dakar-renne het dié paar ’n vyfde plek in 2012 losgejaag en vanjaar tot derde algeheel gevorder voordat ’n meganiese probleem hulle tot 26ste laat terugsak het. Hulle het egter teruggeveg om eindelik 10de te eindig. Die koelkop Alvarez se kennis van die Suid-Amerikaanse terrein en vorige Dakar-ondervinding sal die span ook goed te pas kom, en as spanleier-jaer sal hy ook die voormalige SA-veldrenkampioene Chris Visser en Japie Badenhorst, wat 30ste wegspring (#329) in die tweede Ranger, van raad kan bedien. Volgens Alvarez, ’n duinry-spesialis, gaan daar minder duintrajekte in die 2014-Dakar wees, en daarom het hy en Graue vanjaar aan die Argentynse Tydrenreeks deelgeneem om hul spoed op gruis- en grondtrajekte te verbeter. Dit behoort ook vir Visser en Badenhorst te help, want, soos Visser prontuit erken, is hulle groentjies wat duinry betref, maar op die harder trajekte be-

TEGNIESE SPESIFIKASIES – Ford Ranger V8 Basisvoertuig Ford Ranger 4x4­dubbelkajuit Regulasies/klas FIA /ASO klas T1 Enjin Ford 5,0 liter­V8 (petrol) met dubbel­ onafhanklike kleptydreëling Enjinbeheerstelsel Magneti Marelli Kraglewering 260 kW @ 4 500 r/min Wringkrag 560 Nm @ 4 100 r/min Toerebeperking 5 500 r/min Verbruik 90 liter/100 km (sand), 28 li­ ter/100 km (normale paaie) Bakwerk Vol saamgestelde materiale Veerstelsel Onafhanklik voor en agter Dubbel­BOS­skokbrekers Teenkantelstawe voor en agter Remme Voor: Brembo (lugverkoel)

hoort hulle die pas te kan handhaaf. “Ons kan dalk effens sukkel in die duine, maar ons het heelwat geleer tydens ons toetssessie in Namibië, en Lucio en Ronnie het ons ook waardevolle raad gegee,” het Visser gesê. Vir Badenhorst sal die navigasie in die Dakar ’n uitdaging wees, en hy en Visser sal moet gewoond raak aan die GPSstelsel, maar hulle het ook heelwat aandag aan hierdie aspek in Namibië gegee. Volgens Alvarez is fiksheid en ’n goeie dieet belangrik vir die Dakar, want vyf na ses ure se voluit-jaag en 12 tot 14 ure per dag se bestuur eis beslis sy tol. Hoë temperature van meer as 40 °C en kajuit-temperature van oor 60 °C vereis fiksheid, en die twee spanne het al van Julie af hiervoor voorberei. Gelukkig is die Ford Rangers met ’n spesiaal ontwerpte lugversorgingstelsel toegerus, wat jaer-uitputting behoort te voorkom. Die Ford Racing Ranger is van konsepstadium hier ontwerp, ontwikkel en

Agter: Brembo (waterverkoel) Petrol­sel 500 liter Ratkas Sadev sesgang­ opvolg’kas, perma­ nente 4x4­aandrywing Kajuit Lugversorging Ewenaar Beperkte gly­eenhede voor en agter Stuurstelsel Sadev Interne elektronika GEMS Aandryfstelsel GKN Wiele/bande 16 duim­ Evocorse­vellings, 245/85­16 Michelin­bande Topsnelheid 170 km/h Massa 1 975 kg

gebou om te voldoen aan die hoogste standaarde, en die mees gevorderde materiale en prosesse beskikbaar is gebruik in die bouproses. Die kern hiervan was ’n gevorderde onderstel-setmaat, enig in sy soort in die land, waarmee die afmetings en ander tegniese berekeninge vir die struktuur geheel akkuraat gedoen is. Volgens Woolridge het dié proses tot die meeste tegniese insette en koste bygedra. “Dis egter soos om ’n huis te bou. As die fondament nie reg is nie, is die res ook nie goed nie, en daarom was die onderstelraam uit die staanspoor die fokuspunt van die projek.” Nadat die sowat 1 600 unieke onderdele vervaardig is, is dit dan soos om ’n legkaart op die setmaat – ontwikkel deur Woolridge Motorsport en verfyn met die hulp van Ford se Special Vehicles Team (SVT) in Detroit, asook onderstelspesialiste van Europa – te bou. Hierdie metode verseker dat enige beskadigde onderdele akkuraat herstel of

vervang kan word. “As die voertuig beskadig word, kan ons met behulp van onderdeelnommers die regte items gou kry om dit vinnig te kan herstel,” het Woolridge gesê. Net die beste lugvaartgraad-materiale is in die konstruksie gebruik, want volgens Woolridge is ’n ligte, maar sterk onderstel die sleutel tot sukses in hierdie sport. Ook die ontwerpwerk is deur NWM se span onder die wakende oog van die ren-ingenieur Bernd Wellman gedoen. Om die 8 500 km in 14 dae te kan aflê, vereis ongelooflik goeie koördinasie en beplanning. Die Suid-Afrikaner Scott Abrahams van South Racing, wat 10 jaar se Dakar-ondervinding het, sorg hiervoor. Volgens hom sal die span van 27 en die twee klas T1-Rangers deur ’n 10 tonvierwielaangedrewe klas T4-renvragmotor, twee groot 26 ton- seswielgedrewe diensvragmotors en ses Rangers (vir die res van die span en media) ondersteun word. Al die ekstra onderdele sal op die seswiel-trokke gelaai word, met noodonderdele op die T4-renvragmotor. Wat gaan die Ford Racing-span se strategie vir Dakar wees? Volgens Woolridge beplan die spanne om ’n stewige pas in die eerste ses dae van die ren te handhaaf, waarna die Rangers tydens die rusdag geheel uitmekaar gehaal en alles behalwe die onderstel en enjin vervang sal word. Daarna sal die twee Fords die laaste sewe dae en die moeilike marathontrajekte na die eindpunt op 18 Januarie in Valparaiso in Chili aanpak. Ford-aanhangers en belangstellendes sal die span se vordering op Ford SuidAfrika se Facebook-blad, en Twitter- en Instagram-profiele kan volg, of deelneem aan die gesprek deur #FordDakar op sosiale media te gebruik.


www.kia.co.za

Ontwerp wie jy is. Bepaal wat jy wil h . Besluit hoeveel berge jy wil versit. Trotseer jou vrees. En as enigiets in jou pad staan, eet dit. Nuwe Cerato5 Dit het ‘Sportitude’. 1.6 MAN EX

11% DEPOSIT 35% BALLOON 9.5 % INTEREST RATE TERM 72 MONTHS

Interest rate is linked to prevailing prime rate subject to change. Deal subject to credit approval by KIA Finance, a division of MFC, a division of Nedbank Limited. Nedbank Limited is an authorised financial services provider. Nedbank Limited is a registered credit provider under the NCA (NCRCP 16). Price excludes an initiation fee of (R1140) and a monthly service fee of (R57 p/m). Deal is for advertised specifications only, any additional accessories will be subject to separate terms and conditions. On road costs excluded. E&OE.

15664OFyt

Vanaf R2999 per maand


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.