Rapport InRat - 27 Julie 2014

Page 1

3 Alfa 4C is soos ’n Ferrari op uitverkoping

InRat Bylae tot Rapport

27 Julie 2014

Die skrikwekkende strykplank is terug! Nuwe Qashqai hap aan BMW se hakke

4

4

Etios vir die betonoerwoud opgedollie

Ons bestuur die

splinternuwe

Wanneer studente droom, ry hulle die nuwe Polo

7

Subaru STI 4


2 InRat

27 Julie 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

InRat Redakteur Justus Visagie E­pos: justus.visagie @media24.com Tel: 021 406 3226

@ryveilig & @Rapport InRat

Advertensies Rowan Williams E­pos: rowan.williams @media24.com Tel: 072 495 8095

facebook. com/Inrat

So min tyd, soveel skoue by Amid­motorfietshemel

O

ns kla al weer met die wit­ brood onder die arm. Maar wag, eers nuus oor die Amid­skou. Die belangrikste item op motor­ fietsryers se kalender is waarskyn­ lik die vereniging van motorfietsin­ voerders en ­verspreiders (Amid) se jaarlikse motorfietsleefstyluit­ stalling by Nasrec, Johannesburg, van 8 tot 10 Augustus. Hier kan besoekers so te sê elke motorfietshandelsmerk in Suid­ Afrika se ysters besnuffel, asook ’n spul bykomstighede wat veral die BMW­meerkatte en Harley­ Davidson­aanbidders sal laat kwyl. Wat dit vyf maal so lekker maak, is dat die jaarlikse Johan­ nesburgse boot­en­buiteleweskou op dieselfde datums gehou word – ook by Nasrec. Asof dit nie ge­ noeg is nie, is daar ook ’n visvang­ en ’n skubaduik­skou. Jy stap bloot na Nasrec se ander sale en siedaar. Die Amid­skou begin met die bekendmaking van Suid­Afrika se Pirelli­motorfiets van die jaar. Justus Visagie en Carl Kritzinger sal InRat, Beeld, bikeroutes.co.za, Groot FM en Radio Tygerberg op die beoordelaarspaneel verteen­ woordig. 16 beoordelaars, almal promi­ nente motorskrywers en radio­ of TV­aanbieders, moet een wenner uit nege finaliste kies. Daar was 27

KopKrap

semifinaliste en die vereiste vir deelname was dat die fiets nuut vir 2014 moet wees: óf ’n splinter­ nuwe ontwerp óf aansienlik her­ ontwerp en bygewerkte weergawes van bestaande modelle. ’n Nuwe kleur verf of blink nu­ we wiele tel nie. Die finaliste is, in alfabetiese volgorde: BMW R1200GS Adven­ ture; BMW S1000R; Ducati 899 Panigale; Ducati Monster 1200; Kawasaki Z1000; KTM Super Duke 1290; Suzuki V­Strom; Yamaha MT­07; en Yamaha MT­09. Die beoordelaars vertrek Donder­ dag na die Sabie­ en Hazyview­ omgewing waar die ons die finalis­ te op pad­ en veldroetes (waar toepaslik) sal ry. Ons sal beurte maak om die fietse (daar is twee van elke finalis) van Johannesburg na ons bestemming te ry. Aan die einde van die tweede dag stem ons. Hoekom kla ons? Want die nege finaliste is elk verbysterend goed. In die proses om ’n wenner te kies, gaan ons vermoedelik mal word. . Skoutye: Vrydag 09:00­18:00, Saterdag 09:00­18:00, Sondag 09:00­17:00. . Kaartjies kos R80 vir volwas­ senes, R40 vir kinders (12 tot 16 jaar oud) en gratis vir kinders on­ der 12.

lSuzuki­blokkiesraaisel #3 Verskaf deur XWord.co.za

Gebruik die letters in die gekleurde blokkies om die naam van een van Suzuki se gewilde motors te vorm 1

2

3

4

5

6 7 11

8

9

10

12

13

14

16

17

24

26

LUV — ’n Blink-nuwe sewe-sitplek

Lewens Uitbundigheid Voertuig met klasleier brandstofverbruik.

NUWE

VANAF

R159 900 BTW. ing

Prys sluit ‘n 4jr / 60 000km diensplan in

Bespreek jou toetsrit www.SuzukiAuto.co.za

Hyundai se skone Elantra, wat in 2012 as Suid­ Afrika se Motor van die Jaar aangewys is, is on­ langs opgeknap. Sy voorkoms is subtiel aangepas, maar die belangrikste veranderings is in die ka­ juit, terwyl die vering ook verbeter is. Die Elantra is oor die algemeen goedkoper as sy teenstan­ ders, maar is met minder lugsakke toegerus as, byvoorbeeld, die VW Jetta. | FOTO: QUICKPIC

Net voordat die perde horings kry, het Porsche se Macan in Suid­Afrika aangekom. Dink aan hom as Porsche se vierdeur­Range Rover Evoque, of ’n kleiner Porsche Cayenne. Daar is drie weergawes beskikbaar: die Macan S (R873 000), Macan S Diesel (R862 000) en Macan Turbo (R1 239 000). Lees Egmont Sippel se verslag oor die Macan in Weekliks. | FOTO: PORSCHE

BMW M4

Probleem met die linkerbeen Die nuwe BMW M4 (koepee) en M3 (vierdeur) se verrigting is identies. Handrat of outomaties – dis jou keuse. Maar ons beveel die sewegang­ outomatiese DCT­rat­ kas aan as jy die koepee kies, nie die sesganghandrat nie. Eerstens, die outo is vinniger. Tweedens, jou knieë word so lam as jy na die M4 kyk dat jy sukkel om die koppelaar te trap. Pryse rondom R1 miljoen. | FOTO: BMW­PERSKLUB

Wen met Suzuki

voor of op Dinsdag 29 Julie. Net een SMS per telefoonnommer. Deelname impliseer aanvaarding van die voorwaardes wat op aanvraag beskikbaar is van justus.visagie@media24.com. Die wenner ontvang ’n Explorer 4x4 Medibox wat ideaal is vir viertrekgeesdriftiges en mo-

toriste. Dié sterk, kompakte, stofdigte noodhulptassie bevat eenvoudige noodhulpinstruksies en die inhoud is in netjiese kompartemente verpak. Vir meer besonderhede bel J. Pretorius by 082 793 7174 of stuur ’n e-pos aan hom by info@medhealthkits.co.za. Gaan na www.medhealthcarekits.co.za vir meer inligting. ; Die wenner van Junie se 4x4 Medibox is Neil Schoeman.

21

22

25

Die Macan wat kan

ebruik die letters in die gekleurde blokkies om die naam van een van Suzuki se motors te spel. SMS jou antwoord en jou naam en van na 073 575 1774

18 20

Elantra opgeknap

G

15

19

23

Porsche Macan

Hyundai Elantra

Die leidrade Dwars 3 – Soort hol bom met stukkies afvalmetaal (8) 6 – Uitgewerkte plan of ’n taak (6) 8 – Iemand wat karsiek raak, voel so! (4) 11 – Michael Douglas se pa (4) 12 – Dit kan ’n akteur, ’n modereeks of brandstof wees! (6) 13 – Onverskilligheid (13) 17 – Stempel op mate (2) 18 – Teenoor verweerder (5) 19 – Bepaal (8) 20 – Met dít op ’n padoppervlak, gaan dit glibberig en glyerig wees! (2)

23 – Motor met ’n soliede kap, en deure en vensters wat gesluit kan word (5) 24 – Hy belowe iets maklik, maar doen nie sy belofte gestand nie (7) 25 – Verskansings of bolwerke (6) 26 – Firestone, Dunlop en Michelin (5) Af 1 – Met een in jou wiel, gaan jy nie ver kom nie! (6) 2 – Iemand wat belangrike briewe of boodskappe moet aflewer (7) 3 – Onvoordelige (9) 4 – As jou van Pienaar is, gaan dit jou bynaam word (4) 5 – Fliekster Longoria of Mendes (3)

7 – Triomfeerder (10) 9 – As jy wil weet of jou motor koue én steiltes kan hanteer, moet jy in hierdie bergreeks in Europa gaan ry! (4) 10 – Die vorm van die meeste ouer motors se wieldoppe (4) 14 – Hulle word dikwels op plaas­ paaie doodgery (4) 15 – Hier kon jy in jou motor na ’n fliek kyk! (4) 16 – Oningewydes (4) 17 – Met spoed (6) 21 – Kwellings (5) 22 – Betaling vir arbeid verrig (4) 23 – ’n Motor met soveel silinders kan nogal gulsig wees met die brandstof (3)


27 Julie 2014

InRat 3

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Alfa Romeo 4C

4C ’n junior­ supermotor

Nuut

D

ie beste Alfas het nog altyd met baanbrekertegnologie, verleidelike bakwerk en uitsonderlike werkverrigting en hantering gespog, en met die nuwe Alfa Romeo 4C-sportmotor word op hierdie tradisie voortgebou. Net 28 maande nadat die konsepmodel op 2011 se Genève-motorskou bekend gestel is, is met die 4C se produksie begin. Nogal by die Maserati-fabriek in Modena. Sy stilering herinner aan dié van die dramatiese 8C (2007) en die beeldskone Tipo 33 Stradale (1967), die enigste ander Alfa tot nog toe met ’n middel-gemonteerde enjin. Die 4C se ontwerpsfilosofie is egter nader aan dié van die TZ2 van 1965, ’n 1600’tjie wat 245 km/h kon haal, want liggewig-konstruksietegnieke word in hom vervolmaak. Danksy ’n koolstofveselkajuit nes ’n F1-motor en ’n aluminium-buisraam wat sy bakpanele dra, weeg die 4C net 895 kg – omtrent soveel soos ’n Citroen C1 of Toyota Aygo. Omdat die enjin nie ’n klomp oortollige gewig saam hoef te sleep nie, hoef hy nie vreeslik kragtig te wees om vinnige versnelling te kan gee nie. Die 4C se 176 kW en 350 Nm word uit ’n 1,75-liter-vierplaatstofie gehaal, en hy is blitsig. Die Alfatjie spring in net 4.5 sekondes tot by 100 km/h, en sy gô raak eers op by 258 km/h. Sy hantering vind ook baat by sy veerligte lyfie. Omdat die enjin in die middel gemonteer is, draai sy stuurwiel selfs sonder kraghulp lekker maklik, terwyl hy die bestuurder duidelik laat weet hoeveel padgreep beskikbaar is. Sy wiele sit op die hoeke van die bakwerk, wat hom vasvoetig maak en wanneer die 4C uiteindelik begin gly, hou sy elektroniese beheerstelsel (Alfa se DNA-stelsel) hom steeds stabiel en maklik om te beheer. Bestuursentoesiaste sal beslis sy gedrag op ’n renbaan waardeer. Die Alfa Romeo 4C se kajuit is ’n toonbeeld van eenvoud. Moenie elektriese sitplekverstelling verwag nie, want dit sal hom swaarder maak. So ook ’n sondak, navigasiestelsel en rakkies in die deure. Daar is genoeg kop- en beenruimte beskikbaar, selfs vir lang insittendes, maar sy kompakte afmetings beteken dat die 4C geensins prakties is nie. Sy bagasiebak is net-net groot genoeg vir ’n skootrekenaar, aktetas en gimnasiumsak, en omdat sy dak so na aan die grond is, moet lang mense laag buk om in te klim. Hierdie knelpunte vervaag wanneer mens die sleutel draai en sy enjin se asemteue by jou regteroor hoor. Wanneer jy die knoppie druk om eerste rat te kies, voel dit of die kar sy spiere saamtrek, reg om uit die wegspringblokke te skiet. Sy versnelling is moeiteloos en baie vinnig, deels omdat sy dubbelkoppelaar- outomatiese ratkas oombliklik op die ratspane reageer. Hy vermaak sy bestuurder deur te dans op ’n kronkelpad, en hy rem of hy by ’n sandput ingery het. Die enigste ander sportmotor met ’n middel-gemonteerde enjin, en naastenby dieselfde rigprys as die 4C se R870 000, is die uitstekende Porsche Cayman S. Die Porsche het egter ’n 3,4-liter-enjin nodig om soortgelyke verrigting as die vlieggewigAlfa te kan lewer omdat sy bakwerk veel groter en swaarder is. Daardie ekstra gewig beteken dat hy nie so rats soos die 4C kan dans nie, al versnel hy net so vinnig. Die 4C se slanke lyf maak sy uitstekende padgedrag moontlik en bewys dat slim-, doeltreffende ontwerp allesbehalwe vervelig hoef te wees. Met net 20 handgeboude motors wat jaarliks na Suid-Afrika sal kom, is die Alfa Romeo 4C ’n eksklusiewe junior supermotor met slimtegnologie en hy bied ’n wonderlike bestuurservaring. En dalk, nes die 8C, TZ2 en Tipo 33 Stradale, word hy ook in die toekoms ’n versamelstuk en ontwerpersmylpaal. – Martin Pretorius

Mylpaal . . . Alfa Ro­ meo se radikale 4C, wat nuwe bou­ en bestuur­standaarde stel danksy die milde gebruik van gevorder­ de materiale. FOTO: NEWSPRESS

dieselfde kwaliteit, meer vertroue

5-JAAR/150 000 km

VOLLE INSTANDHOUDINGSPLAN Verhoogde gemoedsrus is deel van die koopprys.

Aanbod beskikbaar vir ‘n beperkte tyd op alle Subaru Forester en Outback modelle. Subaru Outback 2.0 Diesel word verleng na 5-jaar/100 000km SMS jou naam na 44984 vir ‘n toetsrit of #askSubaru vir meer inligting. Standaard SMS tariewe geld.

Kontak u naaste handelaar vir meer inligting: SUBARU BRYANSTON 011 463 2400 SUBARU CENTURION 012 653 7309 SUBARU JOHANNESBURG 011 622 0260SUBARU CAPE TOWN 021 430 8000 SUBARU SOMERSET WEST 021 853 8618 SUBARU EAST LONDON 043 701 6400 SUBARU PORT ELIZABETH 041 453 3430 SUBARU DURBAN 031 365 6600 SUBARU PIETERMARITZBURG 033 342 9922SUBARU BLOEMFONTEIN 051 448 6000 SUBARU NELSPRUIT 013 753 3407 INTERNASIONAAL: SUBARU GABORONE 00267 390 7351 SUBARU WINDHOEK 00264 61 245 770 WWW.SUBARU.CO.ZA


4 InRat

27 Julie 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

Qashqai op elke vlak nog beter

Toyota Etios Cross Nissan Qashqai

S

edert die eerste geslag van die Nissan Qashqai in 2007 bekend gestel is, het kopers dié dubbelverdieping-luikrug gretig opgeraap. Hy het uit die bestaande motornisse weggebreek. Hy was omtrent so groot soos ’n Volkswagen Golf, maar met sy ekstra penshoogte het hy amper soos ’n sportnutsvoertuig gelyk, terwyl sy hoër dak meer binne- en bagasieruimte geskep het. Die nuutste model gebruik dieselfde formule, maar met mooi, moderne stilering en vars tegnologie. Mens herken amper nie die nuwe geslag as ’n Qashqai nie. Sy aantreklike bakwerk meng nou vloeiende lyne, skerp hoeke en bultende modderskerms met ’n fronsende vooraansig. Die deure en modderskerms word steeds deur swart plastiekpanele beskerm, maar omdat dié nou in ’n wigvorm tot onder die agterbuffer loop, vertoon die nuwe Qashqai meer vaartbelyn. Die kajuit is ook heelwat mooier, met afwerking wat ewe tuis in ’n luukse sedan sal wees. Sy kajuitruimte het saam met sy algehele lengte en asafstand ge-

Die ekstra uitstrek­ruimte is baie welkom en tesame met sy baie stil kajuit en gladde rygerief sal die Qashqai ’n heer­ like langpad­ of toermotor te wees. | FOTO: QUICKPIC groei, maar vergeet van ’n nuwe “+2”sewesitplekmodel: die nuwe Qashqai is net in vyfsitplek-gewaad beskikbaar. Daar is heelwat oulike speelgoed op die opsielys soos Nissan Connect, wat deel vorm van die R16 700-Techno Pack. Dié multimediastelsel sluit ’n navigasiestelsel in en praat ook met jou selfoon om onder onder meer jou Facebook-bladsye op sy kleur-raakskerm oop te maak, natuurlik net wanneer die motor staan. Daardie raakskerm kan ook ’n “lugfoto” van die motor en sy omgewing wys, danksy ’n klomp kameras om die kar. Dis tegnologie vir ’n duur motor hierdie, en die Qashqai is een van die eerste kompakte motors wat dit bied.

Die modernisering gaan voort onder sy enjinkap, want die meeste enjins het, soos die hedendaagse neiging bepaal, gekrimp. Alle handratkaste het ses gange, en slegs die 1,5-liter-turbodieselenjin, met 81 kW en 260 Nm, word oorgeneem van die ou model. Hy gebruik ’n handratkas en voorwielaandrywing, en behoort danksy ’n billike rigprys van R330 500 die gewildste te wees. Sy verrigting is nie aardskuddend nie, maar sy brandstofverbruik is net 4,2 liter/100 km. Die ou tweeliter-turbodiesel is vervang deur ’n 1,6-liter met 96 kW en 320 Nm, wat ’n keuse van twee ratkaste bied: ’n handratkas gekoppel aan ’n elektronies beheerde viertrekstelsel of ’n weergawe met voorwielaandrywing en ’n palwissel-ratkas (CVT). Hul verbruik is tussen 4,9 en 5,3 liter per 100 km. Die enigste petrol-opsie is ook ’n kleintjie. ’n Turbo-1200 lewer 85 kW en 190 Nm, wat kragtiger is as die ou (turbolose) 1600, met amptelike brandstofverbruik van net 6,2 liter/100 km. Die intreevlak-1200 kos R281 900, terwyl die duurste 1600-diesel ’n hap van R383 800 uit jou sak sal vat. Dis aan die duur kant, maar sluit ’n versienplan vir vyf jaar of 90 000 km in. Sy hope ruimte, uitstekende ritgehalte en omvattende standaardtoerusting regverdig daardie pryse. Dieselfde formule – net mooier, slimmer en ligter op brandstof – sorg dat die Qashqai die leier in sy marksegment sal bly. – Martin Pretorius

Subaru WRX STI

Sportmotors, maak plek D

ie briljante nuwe Subaru WRX (of “Rex”, soos sy vriende hom noem) is ’n atleties dog gerieflike sportsedan en bied waarde vir geld gemeet aan sy teenstanders. Subaru-fanatici is egter meer opgewonde oor ’n spesiale Rex wat nie heeltemal so beskaaf is nie en soos van ouds ’n reuse-drukvlerk breëbors dra. Sy naam is ook WRX, maar daar kom drie belangrike letters by: STI. Terwyl die nuwe WRX gevuur word deur ’n verfynde nuwe tweeliter-enjin, bulder die nuwe WRX STI ’n oerklank uit met sy voorganger se 2,5-liter-enjin, gekoppel aan dieselfde sesgang-handratkas. Dié masjien ontwikkel steeds 221 kW en 407 Nm (teenoor Rex se 197 kW en 350 Nm), genoeg om hom in 4.9 sek. tot by 100 km/h te stu. Maar sy ouer tegnologie as die WRX se tweeliter maak hom gulsiger by die pomp. Die amptelike verbruiksyfer van 10,4 liter/100km is haalbaar – mits die petrolpedaal sagkens gedruk word. Die sterker enjin met sy roggelende klankbaan is net een faset van die nuwe STI se karakter. Die nuwe veerstelsel verbeter die WRX se reeds uitmuntende hantering en laat die STI aan enige padoppervlak vassuig, maar boet rygerief in teenoor die WRX. Die WRX se elektriese kragstuur is

uitgesmyt deur ’n hidrouliese stelsel, wat selfs vinniger reageer en verbeterde remme sorg dat hy sy ekstra spoed maklik kan afskud. Die simmetriese viertrekstelsel het nou ook elektroniese ewenaarbeheer wat die krag na die wiele met die meeste padgreep gelei. Die WRX se metamorfose in ’n STI verander hom in ’n verrigtingsmotor van formaat. Sy padgreep is oënskynlik onuitputbaar, hy verander amper telepaties van rigting en sy werkverrigting laat jou rybewys bewe van vrees. So subtiel en afgerond soos die WRX se bestuurservaring is, so uitdagend is die WRX STI s’n. Hy is nie ’n befoeterde boerboel wat heeltyd ’n wakende oog vereis nie, maar pendelwerk is nie sy kos nie. Hy sal veel eerder oor ’n bergpas vlieg of sy bestuurder laat grinnik deur ’n renbaan se draaie. Die STI se binneruim is grootliks identies aan die WRX s’n, behalwe vir rooi panele in die sportsitplekke se bekleedsel en skakelaars agter die ratkierie waarmee die middelewenaar se glip en die enjin se wringkragkurwe verstel word. Die STI bevat al die WRX se luukshede soos ’n tru-kamera, sondak en elektriese verstelling vir die bestuurder se sitplek. Dis miskien nie die aantreklikste binneruim nie, maar die materiaal- en bougehalte is deurgaans

Die STI, die stoutste weergawe van Su­ baru se nuwe WRX­reeks en ’n verbete­ ring in amper elke opsig op sy voorgan­ gers. | FOTO: NEWSPRESS goed. Subaru se volledige instandhoudingsplan vir drie jaar of 75 000 km is ook ingesluit. Die STI se uitsonderlike hantering en verrigting vra ’n vet beursie. Sy koopprys van R599 900 is R150 000 meer as ’n handrat-WRX s’n, en hoewel die STI meer pret agter die stuurwiel bied, sal die regverdiging vir die prysverskil afhang van die koper se behoeftes. Die normale WRX bied ’n haas onweerstaanbare balans tussen gerief, puik padgedrag en laer brandstofverbruik, maar die STI is die eerste keuse vir entoesiaste wat ware Subaru-malligheid kan waardeer. Die Subaru WRX STI is veel meer as ’n vinniger WRX – hy is eintlik ’n verbasend bekostigbare sportmotor. – Martin Pretorius PRYS R599 900 ENJIN 2,5 liter; vier silinders (plat); 221 kW en 407 Nm RATKAS Sesganghandratkas, vierwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 4.9 sek. en 255 km/h topsnelheid; 10,4 liter/100 km OORWEEG OOK Audi S4-sedan

Omdat hy nie ekstra penshoogte of ’n 4x4­stelsel het nie, is die oulike Cross nie geskik vir veldrywerk nie. | FOTO: QUICKPIC

Stadskarretjie gepantser vir parkeerplek M

oenie mislei word deur sy kamma-bosbreker of hoekige wielnisse nie: Die ergste terrein wat ’n Toyota Etios Cross sal kan baasraak, is die grondpad na die kwekery toe of die sypaadjie by die poskantoor – mits dit nie te hoog is nie. Dink eerder aan daardie swart bekleding oor die wielboë en langs sy flanke as pantser teen die soort skade wat motors in parkeergarages deur winkeltrollies opdoen. Die Cross se silwerkleurige dakrelings kan ’n vrag van 50 kg dra, om bergfietse of branderplanke rond te ry. Sy nuwe allooiwiele is mooier as die normale luikrug-Etios se plastiekwieldoppe, en hulle is geskoei met Bridgestone-bande, wat sy padhouvermoë verbeter. Die Etios Cross se binneruim weerspieël ook sy verhoogde koopprys, want sy voorpaneel het ander plastiekinsetsels wat hom heelwat netjieser laat vertoon. Die nuwe Bluetooth-versoenbare radio is baie makliker om te gebruik as die gewone Etios s’n, en nuwe swart materiaal-bekleedsel met wit stikwerk kikker die sitplekke op. Meganies is die Cross identies aan die basiese modelle, met ’n 1500-enjin wat 66 kW en 135 Nm lewer. Dis omtrent dieselfde as die Renault Sandero Stepway, maar minder as die VW Polo Vivo Maxx en GWM C20R. Die Etios Cross is gelukkig ’n veergewig en daarom kry sy kragbron hom flink aan die draf. Die Etios verskil dus net kosmeties van die Etios Cross, maar die verbeteringe maak die Cross veel aanlokliker as die basiese modelle. Die kajuit is ’n heelwat aangenamer plek as voorheen, die nuwe radio werk goed (al het hy steeds nie verstelknoppies op die stuurwiel nie) en die Bridgestonebande sorg vir ’n lekker gemaklike rit. Dit klink ook asof daar nou minder kajuitgeruis is as in die eerste Etios’e, maar dit mag ’n verbetering wees wat met die onlangse opknapping van die basis-modelle aangebring is. Die Etios Cross se sterkste eienskap is sy prys. Teen R159 800 is hy net-net goedkoper as die Renault Stepway, maar heelwat goedkoper as die Vivo Maxx en GWM C20R. Lugreëling, kragstuur, elektriese vensters, twee lugsakke en ’n diensplan vir twee jaar of 30 000 km is ingesluit by sy prys. Sulke gepantserde luikruggies is ’n lekker alternatief tot die valerige basismodelle, en die Etios Cross staan beslis sy man in hierdie hoekie van die motormark – al sal hy homself boeglam skrik vir enigiets meer veeleisend as ’n grondpad. – Martin Pretorius


27 Julie 2014

InRat 5

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Promosie

Suzuki Ertiga

Ertiga is wat SA nodig het ’N UITSTAPPIE NA DIE KWEKERY, DIE MAANDELIKSE INKOPIES, ’N WEGBREEK-NAWEEK SAAM MET DIE GESIN: DIS WANNEER EKSTRA RUIMTE IN ’N MOTOR BAIE WELKOM IS.

S

ou dit nie lekker gewees het as jou motor genoeg laaiplek gehad het vir die palmboom wat jy by die hipermark se uitverkoping gekry het – sonder om jou passasiers op ’n hoop te druk nie? Die kinders sal dalk ook (effens) minder baklei as hulle verder van mekaar kan sit, nie waar nie? Spasie vir die nasie Maar so welkom soos ekstra ruimte is, so belangrik is bekostigbaarheid en lae gebruikskoste. ’n Praktiese motor moet ook goed toegerus wees en maklik bestuur, want niemand wil in verstikkende spitsverkeer met ’n stram ratkas stoei nie. Die ideale elkedag-kar moet enige rol kan vervul, sonder om ’n fortuin te kos. Nou kan Suid-Afrikaanse gesinne eindelik so ’n ryding bekom. Die Suzuki Ertiga bied presies wat ’n mens nodig het: die vryheid om te doen wat jy wil, wanneer jy wil. As jy passasiers wil vervoer, is daar sewe sitplekke wat geskuif kan word om almal byna net so gerieflik soos in jou sitkamer te laat ontspan. Groot vragte? Kinderspeletjies. Die Ertiga se agtersitplekke vou weg om jou vrag op te vreet. Klein of groot passasiers, min bagasie of baie, die Ertiga se veelsydigheid hanteer lag-lag enige soort vrag. Ruim maar rats Met voorwielaandrywing en ’n wakker 1,4 liter-enjin wat hy van die Suzuki Swift gekry het, bestuur die Ertiga soos sy sportiewe klein boetie. Behalwe dat sy voorwielaandrywing sorg vir foutlo-

Die Ertiga is die ideale elkedag­kar, maar ook ’n ontspanningsvoertuig.

Die sewe sitplekke kan in ’n verskeidenheid formasies geskuif word.

die Ertiga GL en GLS huisves ’n ekstra stel luguitlate met waaiers om te sorg dat almal koel en kalm bly, terwyl die klankstelsel vir vermaak van jou slimfoon af sorg. Die Suzuki Ertiga se onderstel is ontwerp om gemaklik op onvoorspelbare paaie, soos Suid-Afrika s’n, te ry. Slaggate en spoed-hobbels is dus nie vir die Ertiga se soepel vere enige uitdaging nie. Die ingenieurs het verder spesiale moeite gedoen om die enjin en bande se geruis uit die kajuit te hou, terwyl sy gladde vorm sorg dat die wind om hom fluister en nie huil nie – iets wat die kinders hopelik ook sal doen.

Die Ertiga is bekostigbaar, maar met hope ruimte binne. se, veilige padhouvermoë, rek dit ook die kajuit se ruimte: die hele aandryfstelsel lê voor die kajuit, nie in die middel van sy vloer af nie. Die Suzuki Ertiga gee die ruimte wat hy met hierdie ontwerp spaar net so vir sy passasiers. Koel komkommer Sy kajuit bied nie net genoeg ruimte vir almal om hulle uit te strek nie, maar ook die gerief van verstelbare rugleunings en lugversorging. Die plafon in

Bekostigbaar in alle opsigte Veiligheid is ewe belangrik, en hier kyk die Suzuki Ertiga ook mooi na sy mense. Hy is behoorlik op die pad geplant, en met sy elektriese kragstuur hanteer hy voorspelbaar en veilig. ABS-remme en twee lugsakke is standaardtoerusting in alle Ertigas. Suzuki se legendariese betroubaarheid en doeltreffende enjins beteken dat jy nie gereeld by die werkwinkel óf vulstasie gaan aandoen nie. Die waarborg geld drie jaar of 100 000 km, en sy versieningsplan sorg dat dienste, met intervalle van 15 000 km, vir die eerste vier jaar of 60 000 km deur Suzuki betaal word. Die petrolprys gaan jou ook nie te veel pla nie, want die Ertiga gebruik net 6,6 liter per 100 km. Daardie lae petrolverbruik word moontlik gemaak deur die beproefde K14B-enjin. Hierdie 1400-enjintjie lewer ’n stewige 130 Nm teen 4 000 r/min en

70 kW teen 6 000 r/min, en sorg vir flink werkverrigting danksy die Ertiga se ligte bakwerk. So veel vir so min Jy kan kies tussen ’n vyfganghandratkas of ’n outomatiese ratkas. Die mees bekostigbare Suzuki Ertiga is die GA met handratkas. Hy kos net R159 900, en is toegerus met kragstuur, lugversorging, ABS-remme en dubbele lugsakke. Die GL-handrat (R179 900) voeg ’n klankstelsel met ’n USB-poort, elektriese vensters en sentrale sluiting by, saam met die ekstra luguitlate vir die agterste passasiers en luukser bekleedsel vir sy sitplekke. GL-modelle is ook beskikbaar met die outomatiese ratkas en kos R194 900. Die luukse GLS het stylvolle 15-duim-allooiwiele, radioknoppies op die stuurwiel, misligte en ’n verbeterde klankstelsel met ses luidsprekers. Hy kos R192 900 (handrat) en R207 900 (outo). Die Ertiga is ruim en veelsydig, maar klein genoeg om maklik te parkeer. Hy’s ook vasvoetig, gerieflik, bekostigbaar om te koop en ekonomies om aan die gang te hou. Met ander woorde, die Suzuki Ertiga is die motor wat Suid-Afrika regtig nodig het. Dis hoekom hierdie ryding nog baie vriende op ons paaie gaan maak. PRYSE 1.4 GA-handrat – R159 900 1.4 GL-handrat – R179 900 1.4 GL-outomaties – R194 900 1.4 GLX-handrat – R192 900 1.4 GLX-outomaties – R207 900


6 InRat

27 Julie 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Promosie

Toyota Hilux

’n Voertuig vir alle take

Navorsing oor die fynbos op die plaas Klipbokkop, naby Worcester, met die Brandvleidam op die agtergrond.

| FOTO’S: QUICKPIC

IN DIE 45 JAAR DAT TOYOTA SE HILUX AL PLAASLIK VERKRYGBAAR IS, HET DIÉ RYDING SY ALSYDIGHEID DEEGLIK BEWYS. Dr. Michelle van der Bank van die UJ en iBOL­pro­ jekleier in Suid­Afrika en Gerhard Groenewald.

O

or dekades heen al word sy weergawes, van die nederige enkelkajuit-werkesel tot die weelderige dubbelkajuit-model, suksesvol vir ’n wye verskeidenheid take en doeleindes gebruik. Die Hilux se veelsydigheid, betroubaarheid en duursaamheid het ook gelei tot allerhande spesialis-weergawes wat doelbewus vir spesifieke take ontwikkel is – en daarom kry mens vandag ’n Hilux ’n kilometer onder die grond, kilometers hoog teen ’n bergwand of letterlik aan die einde van die aarde in die Antarktiese yswoestyn. Danksy dié reputasie van taaiheid is spesiale Hilux-modelle vir die mynbedryf ontwikkel, en van hulle (met roeswerende bakwerk) het nog nie weer die daglig aanskou sedert hulle in ’n donker mynskag laat sak is nie. Hilux-bakkies is ook al omgebou om as wildbesigtigings- of bergreddingsrytuie diens te doen, ook as veldry-ambulanse of ekspedisie-leiervoertuie (soos Francois Rossouw van die RSG-4x4-klub van kan getuig), en ja, selfs vir militêre doeleindes. Om nie eens te praat van die 20 stuks aangepaste bakkies wat nou in Antarktika gebruik word nie. Feit is, hoe verder van die grootpad, hoe meer Hiluxe vind jy. Dit is juis hierdie veelsydigheid wat hom ook aantreklik maak vir wetenskaplikes en navorsers – veral diegene wat hul werk in afgeleë, onherbergsame gebiede moet doen. Wat dít betref, het Gerhard Groenewald van die Klipbokkop-4x4-akademie, naby Worcester in die Wes-Kaap, heelwat ondervinding. Benewens 4x4-opleiding, toetse vir bandvervaardigers, hulp met bekendstellings en ander aktiwiteite, is hy al 14 jaar by die jaarlikse Enviro Outreach-

program betrokke. Hierdie uitreikprogram het sy ontstaan te danke aan die Eko-4x4-uitdaging, wat in 2000 die lig gesien het. Die uitdaging het oor die jare in ’n meer omgewingsgesinde aktiwiteit verander en in 2008 is dit amptelik die Enviro Outreach gedoop. Die doel daarvan was aanvanklik om steun aan wild- en omgewingsbewaringsgroepe te verskaf om afgeleë gebiede vir opleidings- en navorsingsdoeleindes te kan besoek. In samewerking met die Wildbewaardersvereniging van Afrika (GRAA), die Suider-Afrikaanse Wildlewekollege (SAWC) en die Vredesparke-stigting (PPF) het ’n span veldwagters en opleidingspesialiste van die GRAA en die SAWC kernbewaringsgebiede in Afrika besoek. Daar het hulle met bestuurders en veldwagters saamgewerk om die be-

Ál warmer in ‘kombuis’ Ons bak en brou nog aan InRat en Toyota Hilux se digitale #Where2Next-kompetisie en sal dit in die volgende uitgawe van InRat bekendstel. Vingers op die knoppies . . .

hoeftes ten opsigte van opleiding, bestuur en infrastruktuurontwikkeling te bepaal. In 2008 het die span van die Twanana-kamp in die Krugerwildtuin vertrek en parke soos Gorongoza in Mosambiek, Suid-Luangwa, Laer-Zambesi en Sioma Ngwezi in Zambië, en Chobe in Botswana besoek – ’n strawwe en uiters suksesvolle tog van sowat 6 500 km deur afgeleë gebiede van bewaringsbelang. Die volgende jaar is hierdie inisiatief voortgesit met ’n opvolgbesoek aan hierdie parke, asook ’n park in Zimbabwe, om die opleiding en bewaringswerk te monitor. “Dit was ongelooflik om die vordering met bewaringsinisiatiewe te kon sien,” sê Groenewald. “Die opleidingsprogramme het ons uiters bewus gemaak van die uitdagings wat wild- en omgewingsbewaring in Suider-Afrika in die gesig staar. “Daarom was dit verblydend om te sien watter vordering in ’n jaar se tyd gemaak is. Maar dit was nie al nie, ons veldwagters en navorsers het baie van alternatiewe bewaringsmetodes by ons kollegas in ander lande geleer.” Volgens hom het die Hilux-voertuie

hulle uitmuntend tydens hierdie strawwe Afrika-togte gedra, en die ergste terugslag was ’n pap band of twee en ’n druppel olie hier en daar. In 2010, in sy tiende bestaansjaar en in die internasionale jaar vir biodiversiteit, is die International Barcode of Life (iBOL)-projek deur die Enviro Outreachprogram gesteun deur drie biodiversiteit-brandpunte in Suid-Afrika te besoek. Die iBOL-projek se ambisieuse doel is die klassifisering van alle plant- en dierelewe se DNS sodat dit ingesluit kan word in ’n toeganklike databasis (genaamd die Barcode of Life Database of BOLD). Toyota Hilux-bakkies is gebruik om wetenskaplikes vir hul monster-insameling vir dié projek na die vetplantryke Karoo, die Kaapse blommeryk en die Maputuland-Pondoland-Albany-streek te vervoer met die doel om 1 500 spesies se DNS te kodeer. Hierdie mikpunt is suksesvol bereik en oorskry. Die daaropvolgende jaar het Enviro Outreach dit vir ’n multi-wetenskaplike taakgroep moontlik gemaak om die iSimangaliso-vleilandpark in KwaZuluNatal te besoek, en verskeie skaars spesies, selfs een wat as uitgestorwe beskou is, is gevind. In 2012 is meer as 750 spesies, verteenwoordig deur 1 450 individuele monsters, asook ’n seldsame slakspesie, laas in 1800 opgeteken, en seldsame visspesies in die fynbos-koninkryk in die Wes-Kaap gevind. Verlede jaar was die hoogtepunt tydens ’n besoek aan die uiters dorre Gariep- en boonste Nama-Karoo-streke in die Noord-Kaap die ontdekking van ’n skaars spesie plant wat sewe jaar gelede laas gesien is. “Met al hierdie ekspedisies het die Hilux-voertuie weer eens hul staal gewys. “Van die voertuie het al meer as 300 000 km in uiters moeilike veldryomstandighede afgelê, maar gaan lê is min,” het Groenewald gesê. “Dis waarom hierdie geharde bakkies aangewend word vir al die take waarvoor g’n ander kans sien nie.” Van die Hilux-bakkies wat deur die Klipbokkop-akademie gebruik word, is ook gebruik in die Viertrek-gedenktog om die Groot Trek van 175 jaar gelede te gedenk. ’n Dokumentêre program hieroor word oor kykNET uitgesaai.


27 Julie 2014

InRat 7

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

MotorSport

Nico se Duitse droomweek F

ormule Een: Duitse oorheersing Dit was ’n droomweek vir Nico Rosberg en die Mercedes-renspan. Nie net is Rosberg getroud nie en sy land het in die Wêreldbeker-sokker geseëvier nie, maar toe wen hy ook op Hockenheim – die eerste keer in die moderne F1era dat ’n Duitse jaer in ’n Duitse renmotor in die Duitse Grand Prix wen. Wyl Rosberg die ren van begin tot einde oorheers het, was dit die vertoning van Lewis Hamilton, sy Britse spanmaat en wenner in die Britse Grand Prix, wat die kollig gesteel het. Hamilton het van 20ste op die wegspringrooster deur die renveld gesny om uiteindelik derde te eindig, maar sy terugvegpoging was nie sonder voorval nie: hy het ’n stuk van sy motor se voorvlerk verloor en bandmerke op verskeie opponente se karre gelaat . . . Hy was gelukkig om nie gepenaliseer te word nie, veral ná sy onderonsie met die Ferrari’s van Kimi Räikkönen en Fernando Alonso, asook sy stryd met Jenson Button (McLaren). Teen die einde van die ren was hy op die Fin Valtteri Bottas (Williams) se hakke, maar weens die skade aan sy Mercedes kon hy nie verbykom nie, en Bottas was tweede ná nog ’n uitmuntende vertoning. Sy spanmaat, Felipe Massa, was uiters ongelukkig deurdat sy motor kort ná die

wegspring deur die Deen Kevin Magnussen se McLaren getref en omgedop is. Hy was ongedeerd. Ook die stryd tussen Alonso en die Red Bull-jaers Sebastian Vettel en Daniel Ricciardo was aanskoulik, met Vettel wat uiteindelik vierde was, gevolg deur Alonso en Ricciardo. Rosberg is nou 14 punte voor Hamilton, met Ricciardo derde en Alonso vierde. In die vervaardigerskampioenskap is Mercedes ligjare voor, gevolg deur Red Bull, met Williams, wat Ferrari verbygesteek het, in die derde plek. SA Tydrenne: Weer Cronjé en Ford Die Volkswagen-tydren in die Oos-Kaap het Mark Cronjé en Robin Houghton (Ford-handelaarspan-Fiesta) hul tweede opeenvolgende oorwinning in die nasionale tydrenreeks besorg. Die Ford-jaers was 90 sekondes voor hul aartsteenstanders Leeroy Poulter en Elvené Coetzee (Castrol Toyota Yaris) met Hans Weijs en Bjorn Degandt (VW Polo) derde, nog twee minute verder agtertoe. Met dié sege is die Fordpaar nou vierde in die kampioenskap, met Poulter en Coetzee wat nog voorloop. SA Veldrenne: Hilux tem woestynren Die Castrol-Toyota Hilux-spanne het skoonskip gemaak in die uitmergelende

Die jong Suid­Afrikaner Kelvin van der Linde, wat onlangs die 2014 Jaer van die Jaar­prys vir belowende jong jaers van die FIA, die internasionale beheerliggaam vir motorsport, ontvang het. Van der Lin­ de (18), as Afrika se verteenwoordiger, het die beste gevaar in die sewe maande lange program, wat vyf werksessies, by­ gewoon deur tien jong jaers van agt lan­ de, ingesluit het. | FOTO: QUICKPIC

VW Polo 1.2 TSI Highline DSG

Dash Cam hou ogie op die pad

‘Pa, dít is wiele vir my’ k is ’n student en studente weet nie van beter nie. Ons het slegs basiese vereistes as dit by motors kom. Ons soek iets wat nie gaan staan nie, praktiese pakruimte vir kaste bier en Oppikoppi-tente én die petrolnaald moet darem uit die rooi lig as ons ons laaste R100 aan die petroltenk skenk. As jy jou tjomme met jou stel wiele kan beindruk, is dit ’n groot bonus. Volkswagen se opgeknapte Polo Highline DSG voldoen aan al dié kriteria. Diegene wat hul staal by die verkeersligte wil wys, kan opgewonde raak, want die Polo se nuwe 1,2-liter-turbo-enjin is so angstig soos ’n windhond om te hol. As jy voet in die hoek sit, sorg die turboaanjaer dat 81 kW en 175 Nm jou blitsig van koshuis tot drankwinkel en terug kry. Indien jy meer van ’n marathonatleet is, kan jy en jou beursie ook sag slaap, want hy hanteer sy drank goed: die sewegang-dubbelkoppelaar-DSG-ratkas sorg dat hy amptelik slegs 5,1 liter petrol per 100 km gebruik, al was ons syfer nader aan 6,3 liter per 100 km. Die 280-liter-bagasiebak sal ’n Oppikoppinaweek se tente, tasse en koelbokse kan hanteer, maar die kampstoele sal op die agtersitplek moet lê. As jy nie van naweke in die gramadoelas hou nie, sal vier volwassenes met min bagasie maklik inpas. Die binneruim was ook onder die mes en heelwat silwerkleurige plastiek pryk ongelukkig nou op die paneelbord. Jy kan nou met die raakskerm maklik tussen radiostasies en ander media soos iPods en USB-stokkies verander. Bluetooth sorg dat telefoonoproepe deur die klankstelsel herlei word wanneer TuksFM nie daaruit blêr nie. Vir R9 000 word ’n groot sondak ingesluit –

Kyalami bly as renbaan behoue Kyalami-renbaan is Donderdag vir R205m aan Porsche en Ducati se SuidAfrikaanse baas, Toby Venter, verkoop. Venter sê dit sal ’n renbaan bly, ná vrese dat dit as winkelsentrum of behuising herontwikkel sal word. – Ferdi de Vos

Garmin Dash Cam 20

Volkswagen se Polo Highline DSG: net die motor vir ’n warm­ bloedige student met vermoënde ouers.

E

Toyota 1000 Kalahari-Botswana-ren met Anthony Taylor en Dennis Murphy eerste oor die wenstreep, gevolg deur hul spanmaats, Leeroy Poulter en Rob Howie, met die Malelane-Toyota Hilux-paar, Johan en Werner Horn, derde. Toyotas het ook in klasse S en T geseëvier. Taylor en Murphy loop nou met 29 punte voor, gevolg deur die Horns, met die Ford Racing-Ranger-jaers Manfred Schröder en Japie Badenhorst wat sewende was in die woestynren, twee punte agter hulle in die derde plek. Gary Berthold en Siegfried Rousseau (Atlas Copco-Ford Racing-Ranger) het met ’n vierde plek in die woestynren ook ’n gratis plek in die Dakar-ren in Suid-Amerika ontvang deur in die Dakar-uitdaging vir private jaers te wen. In die spesialevoertuig-kategorie het die pa-en-seun-span Wichard en Hermann Sullwald, dié keer met die jong Wichard agter die stuur van hul Elegant Fuel-Stryker, geseëvier.

veral nuttig wanneer jy jou bokkie die volmaan wil wys. Die rit in die Polo sal jou so kul dat jy dink jy ry ’n luukse sedan en maak die langpad na die ouers nog lekkerder. Tog, in die besige Johannesburgse verkeer het die Polo se kompakte afmetings dit maklik gemaak om parallel te parkeer en op grondpaaie voel hy stewig. Die glybeheer (ESC) bied ’n veilige vangnet. Ja, ma’s en pa’s kan gerus wees, want veiligheid is boaan die Polo se prioriteite. Die Driver Alert-stelsel help keer dat die drywer agter die stuur ’n uiltjie knip. Dit monitor veranderinge aan die stuur en versneller en maak lawaai as die bestuurder “afwesig” raak. As hy nie binne 15 minute ’n blaaskans vat nie, waarsku die kar weer. Die afwesigheid van sitplekgordelsensors is opvallend, veral omdat dié toestel standaard onder die Polo se mededingers is. Ons toetsweergawe, met ekstras ingesluit, sal jou (of jou ouers) R266 500 uit die sak jaag. Sonder ekstras: R247 800. Studente sluk dikwels hard aan die idee van less is more en hoewel die Volkswagen Polo TSI Highline DSG ’n student se droomkar is, kan die TSI Trendline (66 kW) met ’n handrat alle vereiste take verrig en hy kos darem “net” R188 300. – Simon Sonnekus PRYS R247 800 ENJIN 1,2 liter met turboaanjaer; vier silinders (in gelid); 81 kW en 175 Nm RATKAS Sewegang-outo (dubbelkoppelaar), voorwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 9.3 sek. en 196 km/ h-topsnelheid; 5,1 liter/100 km OORWEEG OOK Ford Fiesta 1.0 EcoBoost PowerShift

Nuut

Garmin se Dash Cam, wat jou rei­ se opneem.

I

n die land van roekelose bestuurders is die een met ’n videokamera koning. Voorruitkameras in motors is nie meer net Uncle Sam se polisielede beskore wie se beeldmateriaal later op YouTube of werklikheidstelevisie verskyn nie. Nou kan Jan en alleman ook ’n toegewyde stel elektroniese oë op die pad hê in die vorm van ’n kamera wat aan jou voorruit of paneelbord vassit. Die elektroniese-navigasie-reus Garmin het onlangs sy Dash Cam-kameras in Suid-Afrika bekend gestel. Hoe werk dit? Sodra die motor se enjin aangeskakel word, neem die Dash Cam se wyehoeklens deurentyd hoëdefinisie-video. Die Garmin Dash Cam het ’n interne G-sensor wat groot steurings soos skielike remaksies of ’n botsing “voel”. Indien die sensor geaktiveer word, word die opname geberg en gesluit sodat dit nie maklik verander of uitgevee kan word nie. Die G-sensor se sensitiwiteit kan verstel word, maar om die sensitiwiteit te verhoog lei tot onnodige aktiverings. Garmin sê die Dash Cam kan teen ’n baie hoë resolusie van 1 080 p vir 48 minute lank opneem op die verskafde 4 GB-geheuekaart, maar dit word aanbeveel om ’n groter kaart aan te skaf. Die resolusie kan ook laer gestel word (720 p) vir meer opnametyd. Met die stilfoto-gerief kan foto’s van ’n ongelukstoneel en skade geneem word.

Motoriste oorsee gebruik dié soort kameras al hoe meer om bewyse te hê indien hulle ’n versekeringseis moet indien. Voorruitkameras verlaag premies en verskaf nodige bewyse vir versekeringseise. Volgens Santam en Outsurance word voorruitkameras plaaslik nie as ’n vereiste vir motorversekering geag nie. Dit verlaag ook nie die motoreienaar se premie nie. Nietemin meen plaaslike versekeraars dat beeldmateriaal die eisproses vergemaklik. Mathys Thompson van Garmin Suid-Afrika sê die Dash Cam kan as ’n “bemiddelaar” op ’n ongelukstoneel dien. “Die Dash Cam word ’n ooggetuie vir die gebruiker: dit vertel die waarheid en bekamp stryery oor wat gebeur het en wie die botsing veroorsaak het,” sê hy. “Gebruikers kan ook vakansieryery en mooi roetes vaslê.” Dis nie troos vir die R3 000 wat die Garmin Dash Cam 20 jou uit die sak jaag nie. Dit dien as ’n bemiddelaar in uitsonderlike gevalle, maar dalk is ’n aksiekamera (soos ’n GoPro) van meer waarde. Dit kan die werk van ’n Dash Cam doen, maar jy kan dit ook gebruik wanneer jy en jou kano met die Oranjerivier se stroomversnellings stoei. – Simon Sonnekus


8 InRat

27 Julie 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Promosie

Hyundai Elantra

Die Elantra se sportiewe nuwe buffers laat hom laer en wyer as voorheen lyk. Swierige LED­strepe in sy nuwe kop­ en stertligte verskyn nou vir die eerste keer op ’n Elantra. | FOTO’S: QUICKPIC

Min nuwes het dié waarde HOE VERBETER ’N MENS OP ’N MOTOR WAT AL OOR DIE WÊRELD HEEN BEKROON IS VIR SY UITSTAANDE STILERING, UITSONDERLIKE WAARDE VIR GELD EN LEWENDIGE WERKVERRIGTING?

’n Stylvolle ontwerpgrondslag en nuwe materiale laat die Elantra verder teen die luuksheidsindeks opskuif.

H

yundai het pas hierdie uitdaging met sy gewilde kompakte Elantra-sedan aangepak en hom verfris met ’n stylvolle nuwe aangesig en binneruim. Daarby is nog meer standaard-toerusting as voorheen bygevoeg. Detailveranderinge onder sy bak sorg verder dat hy nou selfs stiller en gemakliker ry. Die nuwe Hyundai Elantra is selfs aantrekliker as sy voorganger, want sy sportiewe nuwe buffers laat hom laer en wyer as voorheen lyk. Swierige LEDstrepe in sy nuwe kop- en stertligte verskyn ook vir die eerste keer op ’n Elantra. Hy hurk nou op nuwe 17-duimallooiwiele (die ouer Elantra het op 16-duim-staalwiele gery) vir ’n selfs meer doelgerigte voorkoms en beter padgedrag. Die grootste voorwaartse stap het egter in die kajuit gebeur. Die middelkonsole is herontwerp met ’n nuwe beheerpaneel vir die outomatiese dubbelsonelugversorging en ’n nuwe Bluetoothversoenbare klankstelsel met beheerknoppies op die stuurwiel. Voorste insittendes se gemak is verder verbeter deur die nuwe middelste armleuning effens hoër te monteer, net soos die voorpaneel se middelste luguitlate. Die voorpaneel gebruik ook luukser, sagter materiaal om die binneruim se gehaltegevoel verder te beklemtoon. Die nuwe Elantra se lys geriefstoebehore is omvattend vir sy prysklas. Sy windskerm ontwasem outomaties en parkeersensors help om sy agterbuffer teen skrape te beveilig. Die bestuurder se ruit maak nou met ’n enkele aanra-

Die Elantra se paneelkissie kan jou koeldrank so koud soos die Suidpool hou, al ry jy deur die Kalahari. king van die skakelaar oop of toe, sy kantspieëls vou plat met die druk van ’n knoppie (handig in ’n knap parkeerplek) en sy ruitveërs skakel vanself aan as dit reën. Kopers met unieke behoeftes kan steeds kies uit ’n reeks bybehore, soos ’n dakrak (met of sonder ’n bypassende fietsrak of lugdinamiese bagasietrommel) of ’n sleephak. Die Elantra het ook heelwat aandag aan veiligheid gekry, met sluitweerremme en elektroniese remkragverspreiding wat hom stabiel hou as die bestuurder ankers gooi. Twee lugsakke bied beskerming in geval van ’n ongeluk. Werklike luuksheid hang natuurlik van meer as net materiaalkeuse en toerusting af. Daarom het die nuwe Elantra ingrypende aandag gekry om geraas en vibrasies binne die kajuit te verminder, onder meer deur dikker matte te gebruik en ’n paneel onder die motor aan te bring wat sy hele vloerpaneel bedek. Die veerstelsel is aangepas om ’n

gladder rit te verskaf en hom nog meer sportief te laat hanteer. Die hoeveelheid hulp wat sy elektriese kragstuur lewer, word deur ’n rekenaar beheer sodat hy stabiel op die deurpad kan toer of maklik kan draai in spitsverkeer of ’n parkeergarage. Die ouer geslag Elantra se 1,8 literenjin het met hierdie vernuwing in die slag gebly. Hyundai reken dat min kopers dit verkies het, en daarom het hulle eerder daarop gekonsentreer om die oorblywende 1600-modelle so aanloklik moontlik te maak. Die 1,6 liter-enjin skiet geensins te kort aan krag nie, want 96 kW en 157 Nm is stewige syfers. Sy kraglewering is, danksy veranderlike kleptyd-reëling vir albei nokaste, lekker egalig regdeur die toerestrek, en ’n keuse tussen gladde sesgang-hand- of outomatiese ratkaste hou hom aan die kook. Die handrat-model voltooi die 0-100 km/hnaellopie in 10,1 sekondes en behaal ’n topspoed van 200 km/h, en sy outoma-

tiese boetie neem 11,6 sekondes om 100 km/h te bereik, op pad na sy topspoed van 195 km/h. Die vorige Elantras was bekend om hul suinige brandstofverbruik en lae onderhoudskoste, en aan hierdie eienskappe het die ingenieurs nie gepeuter nie. Met ’n handratkas verbruik die Elantra net 6,3 liter/100 km, en die outomatiese weergawe 6,9 liter/100 km. Op lang termyn voorsien sy diensplan gratis versienings vir vyf jaar of 90 000 km, en sy waarborg verskaf gemoedsrus vir vyf jaar of 150 000 km. Met verbeterde rygerief, ’n aantreklike voorkoms en ’n uitgebreide reeks luukse toebehore op sy spesifikasieblad, sal die nuwe Hyundai Elantra aanklank vind by kieskeurige motoriste. Onder sy stylvolle bakwerk is daar ook ’n praktiese gesinsmotor, want sy kajuit en groot bagasiebak (’n tamaai 485 liter groot) verskaf genoeg ruimte om selfs lang vakansieritte maklik te maak. Die aantreklike kenmerk van die nuwe Hyundai Elantra is egter die waarde wat jou geld uit hom haal. Die handratmodel se rigprys is slegs R247 900 (net R3 000 meer as voorheen), terwyl die nuwe outomatiese weergawe R262 900 kos. Daar is min nuwe motors wat soveel luukshede en ruimte teen daardie pryse kan bied. Hart en verstand stem nie gereeld saam nie, maar in die nuwe Elantra sing hulle in harmonie. PRYSE Elantra 1.6 Premium-handrat R247 900 Elantra 1.6 Premium-outomaties R262 900


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.