InRat 20 April 2014

Page 1

InRat Bylae tot Rapport

Hyundai Accent足 luikrug bring ruimte en styl na sy klas

4

20 April 2014

3

Nuwe Peugeot skrik nie vir Jozi se paaie nie

Die nuwe BMW R1200GS Adventure

Mercedes足Benz GLA is vanjaar se begeerlikste wa

4

Vat jou goed en trek!


2 InRat

20 April 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

InRat Redakteur Justus Visagie E­pos: justus.visagie @media24.com Tel: 021 406 3226

Advertensies Brendon Staniforth E­pos: brendon.staniforth

@media24.com Tel: 012 485 9266

@ryveilig & @Rapport InRat facebook. com/Inrat

Groot motorlekkerte vir die adrenalienslawe T

erwyl konsepmo­ tors en toekomsti­ ge modelle op die New Yorkse motor­ skou gewys word, sit ons droëbek en wens ons was daar. Gelukkig is daar genoeg plaaslike mo­ tor­ en motorfietsge­ beure om na uit te sien. Aksie by die 4x4 Outdoor Show Op die naweek se op 5 en 6 April by die Voortrek­ Randse Skou (rands­ kermonument. how.co.za), in die sui­ de van Johannesburg, word saal 5 aan klassieke motors gewy. Daar sal skaars Ford Mustangs wees ter viering van dié ikoon se 50ste verjaardag, asook nog honderd klassieke motors. Van 26 April tot 4 Mei word die Plett­avontuurfietsweek (plettadventurebikeweek.co.za) in Plettenbergbaai gehou. Dis gemik op aanhangers van die groeiende avontuurfiets­ of veeldoelmotor­ fiets­lewenstyl. Die organiseerders beloof pragtige roetes en uitstal­ lings deur motorfietsinvoerders en ondernemings wat relevante toe­ rusting verkoop. As jy jou motorfiets se wiele liefs op teer hou, is die Africa Bike Week (1­4 Mei, africabikeweek.com) in Margate die ding vir jou. Dis ’n motorfietssaamtrek wat die hele gesin kan geniet. Al word dit deur Harley­Davidson geborg, is alle motorfietse welkom. As jou ore sensitief vir geraas is, bly liewer weg. Van 16 tot 18 Mei gaan die adrenalien bruis wanneer dit weer tyd is vir die Jaguar Simola Hill Climb (speedfestival.co.za) in Knys­ na. In ’n heuwelren moet jaers een vir een teen ’n heuwel uit jaag. Die een wat dit in die kortste tyd van begin tot einde ry, is die wenner. Verwag heelwat supermotors en ’n 1 000 kW ­monster of twee. ; Van InRat se skrywers saai ook uit. Martin Pretorius praat motors op Saterdae van 13:15 op Radio Pretoria (104.2 FM) in Gau­ teng en op DSTV se radiokanaal 887. Carl en Jeanette Kritzinger is Dinsdae om 19:00 op Groot FM (Gauteng) en Donderdae op Radio Tygerberg (Kaap) om 18:05 en praat oor karre én bikes.

KopKrap

Kleine Swift moeilik gegroet

O

ns het onlangs van die Suzuki Swift 1.4 GLS afskeid geneem nadat hy drie maande by ons vertoef het. Mis ons hom? Beslis. Veral sy lae petrolverbruik. Ons kon nie die amptelike syfer van 5,5 liter/100 km haal nie, maar 6,1 is naby genoeg. Veral in ag genome dat ons meestal in die stad gery het. Die Swift se enjin is maar ’n 1,4liter, maar omdat die kar slegs ’n ton weeg (sonder mens, dier of bagasie) is hy geen skilpad nie. Hy gaan nie ’n Jurgens Exclusive sleep nie, maar het genoeg krag as jy besef die enjin gaan nie ontplof as jy hom verby 4 500 r/min. vat nie. Die vyfgang-handratkas skakel maklik en sekuur, dit is dus geen straf om hom te roer nie.

Die vlugvoetige Swift en sy kleur­ volle karakter kruip baie gou in ’n mens se hart in. | FOTO: QUICKPIC Ons ryding het heelwat eienskappe wat hom in ons hart laat kruip het. Een van hulle is sogenaamde sleutelvrye toegang, wat beteken dis nie nodig om die sleutel uit jou sak of handsak te haal nie. Om die deur oop te sluit druk jy ’n swart knoppie op die deurhandvatsel. Dan, om die enjin aan te sit, druk jy ’n knop langs die stuurkolom. Die stuur, wat vir hoogte en reik verstel kan word, het knoppies waarmee die klankstelsel beheer kan word en die 2014-Swift GLS het ook kontroles vir die snelheidsbeheer sowel as Bluetooth. Die lugreëling is van die outomatiese soort. Daar’s elektriese vensters voor en agter en ses lugsakke waak oor die insittendes. Die Swift is baie ruim. Die bagasiebak is ongelukkig klein en daar-

Nuut

lSuzuki­blokkiesraaisel #4

Gebruik die letters in die gekleurde blokkies om die naam van een van Suzuki se gewilde motors te vorm

Suzuki Swift 1.4 GLS

Nuut

Verskaf deur XWord.co.za

Audi A8

om kon ons nie ’n week se kruideniersware inlaai sonder om die agterbank se rugleuning (moeiteloos) plat te maak nie. Ons het wel gedink die bagasiebak se vals bodem is oulik, al het ons nooit die geleentheid gehad om byvoorbeeld goudstawe na Botswana of vegetariese kos na Bloemfontein te smokkel nie. Die Swift voel stewig op die pad, sonder dat hy rondspring of ’n stamperige rit gee. Op die lang pad voel hy so beskaafd soos sy ouboet met die moeilike naam, die Suzuki Kizashi. In die stad voel die Swift vlug van voet en parkeer maklik. Ons het ’n keel opgesit toe Suzuki sê ons kwartaal saam met die Swift is verby. Al wat ons getroos het, was die vooruitsig dat hulle dalk vir ons hul nuwe Suzuki SX4 sal leen. Sy bagasiebak is dubbel so groot as die Swift s’n en hy’s boonop beskikbaar met vierwielaandrywing. Suzuki, vang asseblief die skimp. – Justus Visagie KOOPPRYS R184 900 (nou R186 900) PETROLTENK 42 liter AFSTAND PER TENK 680 km VERBRUIK 6,1 liter/100 km AFSTAND DEUR INRAT AFGELÊ 1 944 km. OORWEEG OOK Ford Fiesta 1.4 Ambiente, VW Polo 1.4 Comfortline

A, dis beter As ’n ou agter in sy kar slaap, kan dit beteken hy’s insolvent en het sy huis “verloor”. Of hy is platsak in Oudtshoorn vir die KKNK, waar hy pro­ beer om die volgende Theuns Jordaan te word. Of hy besit die nuwe 12­silinder­langwielbasis­Audi A8. Dié motor se agtersitplek leun terug soos een in sakeklas en as daar niemand reg voor sit nie, kantel die voorsitplek vorentoe en skop so ’n ouli­ ke voetrus uit. Audi se nuwe Matrix­LED­hoofligte skakel snags van sy ligdiodes aan en af wanneer ’n ander voertuig aankom. Daarom kan die Audi­ bestuurder altyd met skerp ligte aan ry. | FOTO: MOTORPRESS

Wen met Suzuki G

ebruik die letters in die gekleurde blokkies om die naam van een van Suzuki se motormodelle te vorm. SMS jou antwoord en jou naam voor of op Woensdag 23 April 2014 na 073 575 1774. Net een SMS per telefoonnommer. Deelname impliseer aanvaarding van die voorwaardes wat op aanvraag beskikbaar is van justus.visagie@media24.com. Die wenner ontvang ’n Explorer 4x4 Medibox, wat ideaal is vir viertrekgeesdriftiges en motoriste.

Die leidrade

www.SuzukiAuto.co.za

Dwars 1 – In ’n hoë mate (3) 2 – Paneelkissie (9) 6 – Hefwerktuig (7) 8 – Beskroom (3) 10 – Saddam Hoesein se land (4) 12 – Onthaalruimte, gewoonlik soos ’n braaiplek (4) 13 – Verwering deur roes (8) 15 – Motors het vier hiervan (en soms ’n vyfde een!) (5) 17 – Silindervormige opwindsel van

Dié sterk, kompakte, stofdigte noodhulptassie bevat eenvoudige noodhulpinstruksies en die inhoud is in netjiese kompartemente verdeel. Vir meer besonderhede, bel J. Pretorius by 082 793 7174 of

stuur ’n e-pos na hom by info@medi-box.co.za. Gaan na www.medi-box.co.za vir meer inligting. ;Die wenner van Februarie se 4x4 Medibox is Rina Scheidle van Pretoria.

koperdraad (4) 18 – Toestelletjie wat ’n stroomkring sluit (tussenskakelaar) (4) 19 – Stamper (6) 21 – Groen edelsteen (6) 23 – Grof (2) 24 – Kenteken (7) 25 – Geneeshere (5)

5 – Rugbyspeler wat vir Suid­Afrika speel (3) 6 – ’n Mens het dit nodig as jy tas­ se bo­op jou kar wil laai! (6) 7 – Weier om te vonk (4) 9 – Meganisme wat die versnellings­ ratte met die enjin verbind (9) 11 – Dinamo wat wisselstroom ver­ skaf (10) 14 – Instrument wat afstand afgelê meet (8) 16 – Eiers voortbring (2) 19 – Sonder hare (4) 20 – Tussen Jan. en Mrt. (3) 22 – Onplesierige (4)

Af 1 – Motormasjien se deksel (8) 3 – Hierdie soort voertuig was in die ou dae gewild by mense met baie kinders! (8) 4 – Stoot (3)


20 April 2014

InRat 3

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Hyundai Accent Hatchback 1.6 Fluid

Nuut

Vriendelike buks met hope ruimte

D

ie weghol-brandstofprys en knypende ekonomie lei daartoe dat al hoe meer motoriste kleiner motors oorweeg. En hoekom nie? Vat die nuwe Hyundai Accent as voorbeeld. Sy bagasiebak is amper so ruim soos die groter Hyundai i30 s’n, daar is net soveel plek vir die langes van been agter en hy het ses lugsakke. En hy kos sowat R25 000 minder as ouboet. Hoe lyk hy buite? Hy is mooier as die i20, maar nie so aantreklik soos ’n Elantra of Santa Fe nie. Profiel-gewys is daar ’n duidelike lyn wat opwaarts na die stertkant loop om spoed voor te stel. Sy ontwerper hou blykbaar baie van die Ford Fiesta. Hoe lyk hy binne? Die bougehalte en afwerking is goed. Die sitplekke is netjies met donker weefstof oorgetrek, maar leerbekleedsel is beskikbaar teen ’n ekstra R8 000. As jy net drie bakstene hoog is, sal jy die bestuurdersitplek se hoogteverstelbaarheid verwelkom. Hoe ry hy? Die enjin het genoeg krag en die vering is sag. Die rathefboom skuif lekker tussen die ses gange en die koppelaar is lig genoeg. Wanneer jy skielik moet rem, sal jy bly wees dat die motor oor ABS-remme met elektroniese remkragverspreiding beskik. Daar is ook ’n outomatiese Accent met slegs vier gange. Is dit ’n prettige motor? Dit hang af wat jou definisie van pret is. As jy ’n dounat rugbyveld en ’n bottel tequila tot jou beskikking het, beslis. Daarsonder, nie juis nie. Jy kan wel deur Bluetooth musiek van jou foon speel en daar is ’n gaatjie vir ’n USB-stokkie met Jack Parow en David Guetta. Wat kry ’n mens nog vir jou blare? Daar is sensors in die agterbuffer wat sal help dat jy nie jou vrou se nuwe potplant raak ry nie. Benewens die waarborg vir vyf jaar of 150 000 km is daar ook ’n versienplan wat geldig is vir vyf jaar of 90 000 km. Moet jy liewer die i30 koop? As jy dit kan bekostig, ja. Hy voel meer soos ’n groot motor en sit stewiger op die pad. Hy het ook glybeheer (ESP), wat botsings help voorkom. ;Waarvan hou jy? Die diep bagasiebak, sesgangratkas, voorkoms en dat daar plek vir my knieë is as ek agter sit. ;Waarvan hou jy nie? Die stuur voel vaag, maar dit gaan min bestuurders pla. As dit wél vir jou belangrik is, koop ’n Ford Fiesta. PRYS R234 900 (handrat) of R244 900 (outomaties). – Justus Visagie

Die nuwe Hyundai Accent­luikrug se stilering vind ’n balans tussen stylvol, kontemporêr en “veilig”.

FAW LEWER R225 000

| FOTO’S: QUICKPIC

... weer en weer en weer!

R264 900

R317 000 Kleiner as ’n i30 en langer as ’n i20: Dis Hyundai se nuwe luikrug­Accent.

Sukses op dreef

20 JAAR IN SUID- AFRIKA!

www.faw.co.za


4 InRat

20 April 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

Mercedes­Benz GLA

Die A­klas kry veldtekkies D

ie volgende brander in MercedesBenz se vloed van nuwe modelle het Suid-Afrika pas bereik. Die nuwe GLA-klas het geen direkte voorganger in Mercedes se geskiedenis nie, en ding mee met die Audi Q3 en BMW X1. Hoewel die GLA gene met die A-klas deel, is hy algeheel herontwerp vir sy rol as junior sportiewe nutsvoertuig. Sy bakwerk is verstewig en hy ry effens hoër van die grond af as die A. Dié veranderinge lei tot die aangenaamste, bruikbaarste motor in die A-klas-gesin, asook een van die aantreklikstes. Nie net verskaf die groter bakwerk meer kajuitruimte nie, maar ekstra penshoogte en hersiene vering sorg ook vir ’n gemakliker rit as in sy A-klas-boetie. Die ander elemente van die GLA is egter bekend uit die A-klas en CLA, daardie klein, nuwe Benz-sedan. Die A45 AMG se 4Matic-viertrekstelsel word in alle variante behalwe die intreevlak-GLA 200 (petrol en diesel) ingespan, en hy kan die wringkrag optimaal tussen sy wiele versprei vir veldrywerk. Hy het ook ’n funksie genaamd Downhill Speed Regulation wat die wieltolbeheer toelaat om die snelheid teen steil afdraandes te reguleer. Hy’s steeds nie ’n klipklimmer nie, maar sy ekstra penshoogte maak hom meer geskik vir grond-

Die Benz GLA skiet ’n kolskoot, maar sal betreklik eksklusief bly. | FOTO: MBSA paaie as die A-klas of Benz-sedans. Die A-klas skenk ook sy enjins: Die GLA is aanvanklik net in twee variante beskikbaar, elk met ’n 2,1 liter-turbodieselenjin. Die GLA 200 CDI lewer 100 kW en 300 Nm, terwyl die GLA 220 CDI

Groter klein Peugeot rol broekspype op Peugeot 2008

S

oveel mense begeer duur 4x4’s, terwyl hulle eintlik net ’n kar nodig het waarvan die pens nie sommer op ’n swak grondpad gaan skuur nie. En nie almal wil ’n “high-rider”-dubbelkajuit-bakkie hê nie. Gevolglik is daar kompakte rygoed met opgerolde broekspype soos die Nissan Juke, Daihatsu Terios 4x2, Ford EcoSport en Renault Duster 4x2. En nou ook die Peugeot 2008. Stel jou voor ’n reus het ’n Peugeot 208 geneem, sy mond om die uitlaatpyp gesit en geblaas totdat die motortjie groter is en die wiele verder van die pens hang. Siedaar, dis ’n 2008. Om haar nóg beter te maak het Peugeot die 2008 met ’n Grip Control-stelsel toegerus. Daarmee kies die bestuurder ’n verstelling wat pas by die pad waarop die 2008 gaan ry. Só kan die ABS-remme en glybeheer ’n wiel rem wat op sand of modder tol sodat die kar weer kan vastrap. Maar net omdat die 2008 gemaklike skoene dra, beteken dit nie sy koop haar klere in die mansafdeling nie. Binne en buite het sy die styl van Nicole Kidman of Emma Watson op die rooi tapyt. Om die 2008 nog meer karakter te gee kan kopers pienk, oranje of heldergroen plakkers laat aanbring: oor en voor die kantspieëls; onder die deure en binne op die deurhandvatsels en agter die truspieël. Dis ’n lekker manier om jou kar uniek te maak sonder om ’n uitspattige bakkleur te kies. As styl vir jou belangrik is, sal jy in jou element wees agter die stuur. Daar is twee verligte blou rame om die instrumenthulse, ’n tablet-tipe raakskerm vir satellietnavigasie (GPS), musiek en Bluetooth, asook sportiewe kepe in die plafon en die soort gehalte wat duurder motors in die skande kan steek. Daar is plek vir omtrent vier groot rugsakke in die bagasiebak en as jy die

4Matic 125 kW en 350 Nm ontwikkel. Die GLA 200- en 250-petrolvariante kom binnekort, waarna die GLA 45 AMG sal opdaag om polsslae op te jaag. Die GLA 200-variante het sesgang-handratkaste en die duurder weergawes het

Uitasem-SX4 gee tog plesier

sewegang-dubbelkoppelaar-outoratkaste, wat opsioneel beskikbaar is vir die intreevlak-motors. Ons bekendstellingsrit in die Tuinroetestreek het gewys hoe gemaklik die GLA met bosboupaadjies in die Knysna-woude kan afreken en hoe gemaklik hy op die snelweg is. Sy vering is merkbaar sagter as die sportiewer A-klas s’n, wat lei tot veel beter rygerief. Hy verander steeds gretig van rigting en sy bakwerk leun min, selfs sou mens draaie vinnig aandurf. Sy groter afmetings het ook ’n ruimer bagasiebak tot gevolg, en die agterligte is weggesny uit die pad van die agterluik se opening. Hierdie aandag aan praktiese oorwegings verseker dat die GLA ewe goed sal werk as gesinswa óf as ryding vir ’n statusbewuste buitelugliefhebber. Sy A-klas-basis is ongelukkig sigbaar in die kajuit, waar harde plastiek ondanks netjiese stilering nie heeltemal van Mercedes-Benz-gehalte is nie. Die Mercedes GLA is ’n welverdiende kolskoot en sal beslis ’n statussimbool word danksy die driepuntster op sy neus en stywe rigpryse wat sal sorg dat hy eksklusief bly. Sy omvattende diensplan geld vir ses jaar of 100 000 km. – Martin Pretorius PRYS R398 800 vir die GLA 200 (petrol) tot R558 900 vir die GLA 250 4Matic

Suzuki SX4

D

Sê “Dis my nuwe Peugeot 2008.” Moe­ nie sê “Dis my 2008 Peugeot,” nie. FOTO: QUICKPIC rugleunings plat vou, kan jy ’n bergfiets inpas mits jy ’n (fiets)wiel afhaal. Ry na jou gunsteling-uitspanplek of in Johannesburg se strate en jy sal vind die goeie vering vee klein hobbels plat. In draaie leun die motor meer oor as die 208, maar dis te wagte weens ’n hoër swaartepunt. Die 2008 is beslis lief vir Zumba, want sy trek die skaal op ’n skrale 1 080 kg, wat beteken haar 1,6-liter-petrolenjin is sterk genoeg om haar moeiteloos deur die vyfgang-handratkas aan te dryf. Die 2008 beloof om veilig te wees, want sy’t elektroniese glybeheer en ses lugsakke. Teen R269 900 is die 2008 nie spotgoedkoop nie, maar sy is goed toegerus, ruim en interessant gestileer. Die 2008 word met ’n omvattende instandhoudingsplan van vyf jaar of 60 000 km en ’n waarborg van drie jaar of 100 000 km verkoop. Peugeots se onderdele is ook goedkoper as voorheen en verlede jaar is die 208 aangewys as die motor met die goedkoopste onderdele in sy klas. Die 2008 is aanvanklik net in een variant beskikbaar: die 1.6 Allure. Meer weergawes met turbo-enjins en sesgangratkaste sal mettertyd by die reeks gevoeg word. – Justus Visagie PRYS R269 900

ie eerste Suzuki SX4, wat die lewenslig in 2006 aanskou het, was die pionier van die kompakte meerdoelvoertuie. Hy’s ’n luikrugmotortjie omtrent so groot soos die VW Golf, maar sy pens is hoër van die grond sodat hy ligte veldrywerk en redelike slegte grondpaaie kan baasraak. As jy die vierwielaangedrewe weergawe van die SX4 kon bekom, het jy ook die voordele hiervan geniet – soos ’n beter greep op nat kronkelpaaie. Mededingers soos die Nissan Qashqai, Mitsubishi ASX, Subaru X en Peugeot 2008 (lees die berig langsaan) het intussen dié deel van die mark betree. Nou veg Suzuki terug. Die nuwe SX4 is groter, maar een van die ligste voertuie in sy segment. Daar is net een enjin beskikbaar: ’n 1,6-liter-viersilinder sonder drukaanjaging of direkte inspuiting. Met net 86 kW en 156 Nm is hy nie vurig nie, maar die gladde vyfgang-handratkas hou die toergretige enjin aan die sing. ’n Palwissel-outokas (CVT) is ook beskikbaar, maar dié weergawe is maar traag op die oop pad en is dus meer geskik vir SX4’s wat hoofsaaklik in die stad bly. Daar is weer ’n keuse tussen voor- en vierwielaandrywing (laasgenoemde kry ’n AllGrip-kenteken) en die 4x4-variante bied verskillende modusse om verskeie terreine te kan baasraak. Die SX4 klouter verbasend maklik oor kleinerige hindernisse, al is dit nie regtig sy natuurlike tuiste nie. Hy hanteer ongelyke paaie, middelmannetjies en spoedhobbels net so maklik. Op die teerpad sorg die AllGrip se Sport-modus vir ’n goeie greep en ’n ligte, akkurate stuurstelsel. Hy ry boonop gemaklik en sy ruim kajuit is stil op

Die Suzuki SX4 het groter geword, maar sy enjin kleiner. | FOTO: QUICKPIC die snelweg. Danksy ’n laaikapasiteit van 420 liter het die SX4 ook een van die grootste bagasieruime in sy segment. Bou- en materiaal-gehalte is deurgaans goed en daar is geriefs- en veiligheidsitems soos Bluetooth-versoenbaarheid vir sy klankstelsel, lugversorging, snelheidsbeheer en sewe lugsakke in die intreevlak-GL. Die luukser GLX-modelle het ook parkeersensors voor en agter, asook groter (17 dm.) allooiwiele. Dis onwaarskynlik dat ons weer ’n tweeliter-SX4 gaan sien en dit kan vir die nuwe model ’n probleem wees, aangesien daar ook nie ’n wringkragtiger turbodiesel in die reeks is nie. Die petrolenjin van 1,6 liter is baie lig op brandstof, met amptelike syfers van 5,8 liter/100 km vir die voorwielaangedrewe modelle en 6,2 liter/100 km vir die AllGrip-modelle. Maar hy kry slae sover dit verrigting aangaan omdat sy teenstanders kragtiger enjins bied. Die Suzuki SX4 is ’n bruikbare motor met meriete. Hy het baie kajuit- en bagasieruimte, uitstekende rygerief en ’n goeie spesifikasievlak. Hierdie deugde kan kompenseer vir sy kleiner enjinkapasiteit. In sy guns tel sportiewe hantering. Met sy brandstofdoeltreffendheid, bekostigbare koopprys en versienplan vir drie jaar of 90 000 km is die nuwe Suzuki SX4 ’n goeie keuse vir begrotingsbewuste avonturiers. – Martin Pretorius PRYS Van R265 900 vir die 1.6 GL-handrat tot R341 900 vir die 1.6 GLX CVT AllGrip


20 April 2014

InRat 5

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Mercedes­Benz CLA 220 CDI

A3 se gehalte troefkaart D

is maklik om te verstaan waarom kompakte, luukse sedans so flink verkoop. Motors soos die nuwe Audi A3-sedan en ewe nuwe Mercedes-Benz CLA draai die eienskappe van hul groter gesinslede in kleiner, ratser pakkies toe. Namate motors soos die Audi A4 en MercedesBenz C-klas ál hoe groter word, is daar ’n vraag na kleiner, luukse sedans soos die A4 en C eens was. Albei motors wat hier inweeg, word deur die voorwiele aangedryf (soos baie ander Audi’s, maar min Mercedesse) en het vier deure en ’n afsonderlike bagasieruim. Maar hierdie uitkloptoets wys hoeveel twee oënskynlik eenderse motors kan verskil. Mercedes het besluit om te konsentreer op dramatiese stilering en lewendige verrigting. Met sy CLS-agtige koepeelyne is die Mercedes CLA beslis die een wat voetgangers teen lamppale laat vasloop en die koppe by verkeersligte laat draai. Sy gapende snoet intimideer stadiger verkeer. Teenoor die silwerkleurige CLA se swart allooiwiele en kolletjiessierrooster het die bruin-gryserige A3sedan met sy elegante lyne aantreklik, maar besadig voorgekom. Laasgenoemde sit teen die muur en drink ’n glas droë witwyn, terwyl die warm CLA op die

kroegtoonbank dans met ’n Jägermeister in die hand. Die bordjies word in die kajuit verhang, want die A3 bied ’n ware Audivoorpaneel en aandag aan detail. Die hoëgehalte-plastiek en leer in sy binneruim kan ewe maklik uit ’n A6 kom en die uitleg van sy beheerknoppe en instrumente is eenvoudig en maklik om te gebruik. In teenstelling daarmee is die CLA se middelkonsole van harde, blink plastiek en sy beheerknoppe is oor die voorpaneel heen versprei. Die CLA se ander swak punt is sy kajuituitleg, want hy bied merkbaar minder ruimte as die A3. Die Benz se koepee-daklyn beperk kopruimte agter en sy smal bakwerk laat die passasiers naby aan mekaar sit. Die A3 se hoër dak kos hom dalk stileringpunte, maar maak dit makliker om in en uit te klim en keer dat sy passasiers ingehok voel. Albei is toegerus met turbodiesel-viersilinder-enjins. Die CLA het ’n 2,1-litereenheid met 125 kW en 350 Nm en hy loop dat dit klap – 0-100 km/h in 8.2 sek. teenoor die Audi se 8.7 sek. Sy sewespoed-dubbelkoppelaar-outokas (daar is nie ’n handrat-weergawe nie) sorg dat die enjin heeltyd in sy doeltreffendste toerestrek bly, maar hy is soms

Die CLA (bo) is die een wat jou tot dag­ breek by die kuierplek wil hou. Die A3 wil seker maak jy staan betyds op om te gaan eksamen skryf. | FOTO’S: YOLANDE STRYDOM

Audi A3 Sedan 2.0 TDI

huiwerig om die regte rat te vind as mens wil verbysteek. Dit pla nie te veel nie, want die enjin se hope wringkrag sorg steeds vir lewendige verrigting. Die A3 se tweeliter-TDI-kragbron lewer amper soveel wringkrag (340 Nm) as die Mercedes, maar met 110 kW raak hy gouer kortasem. Die A3 se sesgang-handratkas kies ligweg en akkuraat ratte om die

Uitkloptoets ketel aan die kook te hou, maar ’n DSGoutokas is ook beskikbaar. Die Audi se diesel-gekletter is beter gedemp as in die Mercedes. Hantering en rygerief is belangrike eienskappe in ’n luukse sedan en hier verdien die A3-sedan ’n eerste plek. Die Mercedes se vering is aan die harde kant en dit veroorsaak dat hy nie so gemaklik soos die Audi oor ongelyke paaie seil nie. Sy 18-dm.-bande klou verbete voordat die stabiliteitsbeheer ingryp, maar ry nie so glad soos die A3 se 17-dm.-bande nie. Die A3-sedan se balans tussen rygerief en padgreep is sy beste eienskap: Hy hou amper alle stoornisse uit die kajuit danksy sy sagter vering en isoleer padskokke so goed soos motors wat twee keer soveel kos. Die A3 maak ook ’n kleiner duik in ’n bankbalans, want teen R369 500 (R386 500 met ’n DSG-outokas) lyk hy na ’n winskoop in vergelyking met die R413 500 wat Mercedes vir ’n CLA vra. Die CLA gebruik luidens amptelike syfers ook ietwat meer brandstof (5,4 liter/ 100 km teenoor die Audi se 4,9 liter/ 100 km). Hul kajuite is albei goed toegerus, maar die A3 bied ekstra luukses soos outomatiese dubbelsone-lugreëling en leerbekleedsel. Die CLA 220 CDI bied lewendiger verrigting, ’n sportiewer bestuurservaring en treffende stilering, maar die A3-sedan 2.0 TDI vergoed daarvoor met laer brandstofverbruik, gladder ritgerief en baie meer kajuitruimte. Sy laer prys en gehaltekajuit is belangrike troefkaarte en beklink vir die A3 ’n sege in hierdie vergelyking. Die CLA is ’n interessante, karaktervolle motor, maar die Audi stel nuwe standaarde in sy marksegment. – Martin Pretorius


6 InRat

20 April 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

ToetsRit

BMW 428i Luxury

Nuwe nommer, selfde briljantheid

D

ie jongste nommerveranderings in BMW se modelreeks is in die nuwe 4-reeks se geval ironies. Want die oorspronklike 3-reeks, die E21, was ’n tweedeur-model en dus per definisie ’n koepee. Sy opvolger, die E30, was aanvanklik ook net as koepee te kry, met die sedan wat ’n jaar later (in 1983) gevolg het. Dis eers met die E36 in 1990 dat die sedan-weergawe eerste verskyn het. Gegewe dié geskiedenis moes die koepee eintlik die 3-reeks gebly het, maar BMW het anders besluit. Ingevolge sy nuwe nommer-protokol (om modelle beter te onderskei) is gelyke nommers aan koepees, afslaandakke en Gran Coupé’s toegeken, terwyl die sedans en stasiewaens onewe nommers behou het.

Die modelbenamings bly egter interessant, want die 428i, die huidige kleinboet in die reeks, se enjingrootte is net 2 liter, terwyl die 435i-model ’n 3 literenjin het. Dit herinner aan die dae toe BMW nog gelid-sessilinderenjins van 2,8 en 3,5 liter gebruik het. Dus, nuwe nommers aan die een kant, met bekende nommers wat andersyds behou is. Selfs met ’n nuwe nommer is die 4-reeks steeds geskoei op die 3-reeks-sedan. Die 4 se onderstel en asafstand is dieselfde, maar sy bakwerk is effens langer en breër, en sy profiel laer. Sy 10 mm laer ryhoogte gee dit die laagste swaartekrag-middelpunt van alle BMW’s. In die Luxury-afwerking is die 428i aantreklik. Sy verchroomde rooster en

chroom-afwerking in die buffers en om die agterruite gee hom stewige padteenwoordigheid. So ook sy uitstaan-wielboë, spesiale 18 duim-veelspeek-allooiwiele, sterk skouerlyne en lae daklyn. Dis ’n ryding wat jou visueel laat verstaan hy duld geen nonsens nie – as’t ware die Gerrie Nel van koepees. Binne is sy uitleg pure 3-reeks, met die uitleespaneel en iDrive-kontroles sentraal. Die Luxury-pakket se materiale is van topgehalte, maar die kontras tussen die bruin leersitplekke en laer binneruim teenoor die swart paneelbord met houtinsetsels sal nie almal geval nie. Die laer, knus sitplekposisie is egter optimaal en die kontroles pas die hand perfek. Agterin is dit ook knus, maar nie

Die BMW 428i is geskoei op die 3­reeks­ sedan, maar sy bakwerk is effens langer en breër, en sy profiel laer. | FOTO: QUICKPIC beknop nie. Sy bagasiebak is ’n ruim 445 liter groot. Druk die aansitterknop en die viersilinder-turbomeul se brom is verrassend as jy aan die sessilinder-grom in vorige modelle gewoond was. Sy gewilligheid laag in die toerestrek, asook sy stil dog dringende verrigting is uiters oortuigend. En met 180 kW en 350 Nm beskikbaar, blits die 428i moeiteloos in sowat 6 sekondes tot 100 km/h. Teen hoër toere hits die briljante TwinPower-oond se inspirerende klankbaan jou aan om hom tot by die rooi lyn te druk. Die ZF-agtgang-Steptronicoutokas se wisselings is blitsig, en danksy sy breër spoorwydte, laer ryhoogte, langer asafstand gemeet aan dié van sy voorganger, asook sy 50:50-gewigsverspreiding, is sy padgedrag uitmuntend. Sy uitstekend geweegde stuur verseker dat die Beierse koepee skerpskuttersekuur in draaie geplaas kan word. Dit verg meer as ’n Oscar-vertoning om die einde van sy klouvermoë te toets. Sy rit is aan die harde kant, maar nooit ongerieflik nie, en met die opsionele veerverstelling-stelsel (soos in ons toetsmodel) kan dit fyn verstel word. Nuwe nommer of te not, hierdie koepee met sy slanker lyf bly briljant, en gemeet aan sy mededingers (Benz se C-klas-koepee en Audi A5) is die 428i visueel interessanter en dinamies beter. Wees gewaarsku, met al die opsies beskikbaar kan die basisprys van R563 400 vir die Luxury-outomodel heelwat groei. – Ferdi de Vos PRYS: R579 950 (soos getoets, M-stelsel, M-sportvering, metaalverf ingesluit)


20 April 2014

InRat 7

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

‘Gorilla’ wat Baviaanskloof kan kafdraf O

m te trek is in ons bloed. Toe die Britse empaaier ons voorouers die joos in gemaak het, het ons getrek. Sommer halfpad op in Afrika. Vandag doen ons dit ál hoe meer en meer – dalk omdat die regering ons weer kwaad maak. Sommige ouens emigreer, terwyl ander darem net vir ’n week of twee die wildernis invaar. Die gelukkiges doen dit op twee wiele en baie van hulle in die saal van ’n BMW R1200GS Adventure. ’n Nuwe model 1200GS Adventure (1200GSA) is daarom groot nuus. Wat maak die 1200GSA so gepas vir ’n boerin-beton wat wil wegkom? Onder meer sy ligte aluminium-petroltenk van ’n enorme 30 liter wat jou ’n reikafstand van amper 600 km sal gee. Die 1200GSA bied ook rygerief vir ’n lang trek op swak paaie – selfs meer as die gewone 1200GS – omdat sy vering langer is. ’n Sagte rit is minder veeleisend as ’n gestamp en voorkom ook ’n paleisrebellie van die passasiersitplek. Van passasiers gepraat, die 1200GSA kan 8 kg meer dra as die oue. Die maksimum toelaatbare gewig, met tasse, mense en die fiets vol petrol, is 480 kg en die motorfiets weeg 260 kg met sy tenk vol. Dit is dus sinvol dat die vering maklik verstel kan word vir die vrag en ryoppervlak. Om hierdie tweewiel-trekwa aan te dryf gebruik BMW dieselfde lug-en-waterverkoelde enjin van 1 170 cc wat verlede jaar sy debuut in die 1200GS gemaak het. Dit ontwikkel 92 kW en 125 Nm teenoor die oue se 81 kW en 120 Nm.

Dis ’n kragtige masjien met genoeg skop vir ’n 0-100km/h-versnellopie in 3.75 sek. en ’n topsnelheid bokant 200 km/h (BMW se syfers) vir wanneer jy die grenspos voor toemaaktyd moet haal. Wanneer jy rustig reis, voel die groot, plat tweesilinder ontspanne met die toereteller op omtrent 3 500 r/min. teen 110 km/h in sesde rat. Op papier lyk dit alles so gaaf soos ’n kampvuur langs die Oranje. Maar ’n goeie toets vir die 1200GSA is om ’n motorfietsryer met min ervaring van rowwe grondpaaie en ander veldry-hindernisse op so ’n fiets te sit en hom deur die Baviaanskloof in die Oos-Kaap te laat ry. Want, gegewe die GSA se lys toerusting en slimelektronika, moet Ouma hom van die ouetehuis in Pretoria tot by haar suster in Gobabis kan ry. Ouma was ongelukkig by ’n Rolling Stones-konsert en ek moes die sowat 150 km deur die Baviaanskloof ry – met bykans geen ondervinding van tweewiel-veldry nie. Vir die stuk teer van Port Elizabeth tot by die kloof se ingang het ek die “Road”-verstelling gekies. Dan staan die ABS-remme en glybeheer (ASC) reg. By die begin van die “pad” deur die kloof het ek na “Enduro” oorgeskakel. Dit pas die ABS-remme aan om doeltreffend te rem, anders as die ouer ABS-stelsels. Dit verminder ook nie sommer die krag na die agterwiel as hy tol nie, want soms help ’n wiel wat plek-plek tol jou oor ’n hindernis. In Enduro reageer die enjin ook nie te wild op die versneller nie, maar die stelsel laat ervare ryers wel toe om die agterwiel te laat byt en

G’n bobbejaan nie, al kan hy ’n berg uithol soos een. deur ’n draai te sleep. Teen 260 kg, plus my 105 kg, is die GS meer van ’n gorilla as ’n blouapie, maar hy het beheerbaar en selfs rats gevoel op die moeilikste ossewa-paadjies in die kloof. Ek het gou geleer dat dit veiliger is om te staan en my gewig aan die teenoorgestelde kant in ’n draai te plaas. BMW sê die nuweling het juis breë voetpenne vir so ’n gestaan en die rempedaal en hefboom kan in ’n oogwink verstel word. Die nuwe sitplek is voor glo nouer as voorheen om die ryer makliker te laat rondbeweeg. Die hoek waarteen jy sit kan ook verstel word, wat help om ’n lamheid in die broek te voorkom. As jy nare stories gehoor het oor ’n (beweerde) onstabiele 1200GS wat kop skud en die ruiter afgooi, kan jy rustig raak. Die GS en GSA word nou uit die staanspoor toegerus met ’n stuurdemper, wat sulke wangedrag uitskakel. Die nuwe 1200GSA is egter nie sonder fout nie, maar daar’s myns insiens net twee en een is nie regtig ’n fout nie. Eerstens kan ek nie die snelheid gou lees nie, want die wyserplaat is te klein. ’n Groot digitale snelheidsmeter sal my vir ’n kwartsekonde laat afkyk pleks van

Yamaha vuur drie kanonne af D

Yamaha Super Ténéré XT1200ZE Die Super Ténéré XT1200Z het in 2010 in Suid-Afrika aangekom. Soos die ander groot avontuurfietse leef hy in die skadu van die gewilde BMW R1200GS Adventure, al is hy niks minder bekwaam nie. Net voordat BMW sy nuwe Adventure bekendgestel het (berig bo) het Yamaha sy nuwe Super Ténéré plaaslik bekendgestel. Hy heet nou XT1200ZE (die “E” is bygevoeg) en is aansienlik verbeter. Die belangrikste nuwigheid is die elektronies-verstelbare voor- en agtervering. Dis daar sodat die Ténéré soos ’n

| FOTO: GREG BEADLE

een-en-’n-half sekonde. Tweedens word die GSA se prys as R164 200 aangedui, maar dit sluit nie die Dynamic, Enduro en Enduro Pro-rymodusse in nie – net Road en Rain. Glybeheer en ABS is darem deel van die standaardtoerusting, maar die LED-dagryliggie (soos Audi-motors s’n) kos R3 650. Verwarmbare handvatsels, snelheidsbeheer en “aktiewe” dempers wat self aanpassings maak, is ook van die basisprys uitgesluit. Dus gaan ’n “volgelaaide” GSA jou amper R208 000 uit die sak jaag nog voordat jy een van daardie mooi aluminiumtasse gekoop het. Sou ek sonder die Enduro-rymodus deur die Baviaans kon trek? Waarskynlik, maar ek sou dalk meer as een keer geval en minder selfvertroue gehad het. Daarom is dit die pyn werd om vir ’n jaar lank pap te eet en ’n regmerkie in elke kassie te maak wanneer jy by die verkoopsman sit. Die ander plan is om met ’n Fortuner of Land Cruiser te “trek”, maar dan moet jy minstens ’n halfmiljoen rand uithaal as jy een nuut koop. En jy’t dan geen verskoning om die kinders by Ouma te los nie. – Justus Visagie PRYS R164 200 (R207 450, ekstras ingesluit)

Nuut

Yamaha XT1200ZE, MT­07 en TMAX

it lyk of Yamaha skielik woema gekry het. Sy motorfietse duik nou gereeld op ons radar op. As dit nie die Tricity-driewiel-bromponie van 125 cc is nie, is dit sy nuwe “V-twin bobber”, die Bolt. InRat het onlangs drie nuwe Yammies besnuffel. Die relevantste een vir avontuurlustige Suid-Afrikaners is die Super Ténéré XT1200ZE. Yamaha het ons ook met sy nuwe MT-07, ’n “naked bike”, laat ry, sowel as met sy verbeterde TMAX-superponie.

Nuut

BMW R1200GS Adventure

Yamaha MT­07

Yamaha TMAX

Die MT­07 (689 cc) roem hom op sy wringkrag en lae massa, net soos die kragtiger MT­09, wat reeds in Suid­Afrika te koop is. MT staan vir Masters of Tor­ que, of dan “Moerse Torque” en sy in­ge­ lid­dubbelsilinder­enjin is opgestel vir wringkrag (68 Nm teen 6500 r/min.) en die opwinding wat daarmee saamgaan. Die enjin ontwikkel 55 kW, dryf die agter­ wiel aan deur ses ratte en ’n ketting . . . en klink bra flou. Kry ’n uitlaatpyp met meer grom voordat jy hom huis toe vat. PRYS R95 000

ABS­remme is nou ingesluit by elke nuwe TMAX­superponie (499 cc) en die prys is van R109 950 tot R96 000 verminder. Hy bied woeste verrigting met die eenvoud van ’n draai­en­laat­waai­ratkas. Suid­ Afrikaners verkies motorfietse vir pendel­ togte, al het groot bromponies tamaai bêreplek vir helms en inkopies. Die TMAX kan sterk teenstand kry van die nuwe Honda NC750XD met sy outomatiese dubbelkoppelaar teen R85 000. Die Hon­ da het ook groot pakplek. PRYS R96 000

sportfiets op ’n mooi teerpad kan loop, maar sagter oor klip- of sinkplaatpaaie. Jy kan dit ook aanpas na gelang van die vrag wat jy dra. Die klamp wat die stuurstang vashou, is herontwerp sodat dit minder vibreer. Die handvatsels staan nou hoër en nader aan die ryer se lyf, wat dit makliker maak om te staan en ry, oftewel te “meerkat”.

Die nuwe, met die hand verstelbare windskerm het vier posisies en ’n plekkie vir jou GPS. Die instrumente wys in watter rat die fiets is en die nuwe ligdiode- (LED) flikkerligte is meer skokbestand. Die sitplekhoogte kan steeds maklik verstel word, maar die vorm daarvan is verander sodat die ryer regopper sit. Die nuwe systaander van gesmede aluminium is makliker om te gebruik, maar

die middelstaander is nie meer deel van die standaardtoerusting nie. Yamaha het die ratkas en enjin verfyn en nog twee perde in die oond gestop. Dit ontwikkel nou 82,4 kW en 117 Nm teenoor die 81 kW en 114 Nm van tevore. Dis minder as die BMW 1200 GS se 92 kW en 125 Nm, maar moenie dat dit jou pla nie: 117 Nm is oorgenoeg. Van groter belang is die grootte van die Yamaha se tenk teenoor die BMW s’n. Hy hou 23 liter en die Duitser 30 liter. Nog iets waarop die BMW-bende graag wys, is dat die ABS op die Yamaha se gekoppelde remstelsel nie afgeskakel kan word nie. Grondpadryers skakel die ABS graag af sodat hulle die motorfiets se agterwiel kan rem en hom deur ’n draai sleep. Hulle sê ook dat ’n fiets sonder ABS gouer tot stilstand kom op gruis. Yamaha (en BMW) is egter van mening dat hul nuwe ABS-stelsels so doeltreffend is dat die ryer dit nie hoef af te skakel nie. Ons sal gehaltetyd met die Ténéré moet deurbring voordat ons uitsluitsel het. Die glybeheer kan wél afgeskakel word. Die ou aan die stuur kan steeds kies hoe die enjin sy krag uitskop: T vir Town of S vir Sport. In die T-modus is die fiets nou hanteerbaarder in verkeer en S het ’n knippie brandrissie bygekry. Die nuwe XT1200ZE kos R180 000, terwyl ’n GS met dieselfde toerusting jou meer as R200 000 sal kos. Dalk is die beste nuus dat jy die 2013-model XT1200Z splinternuut vir R144 500 kan koop. – Louis Fourie, Justus Visagie PRYS R180 000


8 InRat

20 April 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

MotorSport

Nostalgie herleef in Bahrein F

ormule Een Die intense stryd tussen die Brit Lewis Hamilton en die Duitser Nico Rosberg in die laaste tien rondtes van die Bahreinse Grand Prix het die groot F1-tweestryde – Prost en Senna, Lauda en Hunt, Villeneuve en Rosberg, Fangio en Moss – in herinnering geroep. Benewens dat dit vir moontlik die opwindendste ren in die afgelope ses jaar gesorg het, het dit ook die kritici van die nuwe F1-regulasies se mond gesnoer. Maar dit het ongelukkig ook gewys hoe ver Mercedes-Benz voor sy teenstanders is met die nuwe dryfstelseltegnologie. Dat Mercedes-Benz F1 nie spanbevele uitgereik het nie, behalwe om hul jaers te maan om die “karre huis toe te bring”, het verder tot die skouspel bygedra. Dit het ’n mens laat terugdink aan die Senna-Prost-jare by McLaren-Honda toe hulle sonder spanreëls gejaag en soms nie hul motors in een stuk tot by die geruite vlag geneem het nie. Gepraat van Prost. Dié viermalige F1kampioen weet als van epiese tweestryde, en onlangs, toe hy hier was om (met Nissan-voertuigsteun) aan die Cape Epic deel te neem, het hy uitgewei oor sy legendariese stryd met Ayrton Senna. Die innemende en pretensielose Fransman het vertel hoewel hulle by menige omstrede voorval betrokke was, was hulle ná Prost se uittrede weer vriende. “Ayrton het my kort voor sy dood (in die San Marino-Grand Prix van 1994) voortdurend gebel om oor veiligheid, die Williams-span en ander Formule Een-sake te gesels. Hy wou gehad het dat ek betrokke raak by die Formule Een-veiligheidskommissie.” En op die vraag watter jaer hy graag in sy droom-renspan sou wou hê, het hy sonder aarseling geantwoord: “Ayrton.” Dis sekerlik die opperste kompliment wat enige jaer sy nemesis kan gee. Hamilton en Rosberg se vriendskap, wat al van rensteldae kom, gaan vanjaar getoets word. Rosberg was duidelik ongelukkig om die knie voor die Brit in Bah-

“Nou sal meer vroue na die Da­ kar­ren kyk,” was ’n vrou se kom­ mentaar op ons Facebook­blad toe ons ’n foto van Peugeot se nuwe DKR­duin­ temmer opgelaai het. Peugeot het die “ou” Dakar in Afrika in ’87, ’88 ’89 en ’90 gewen. Volgende jaar is hy terug by die Dakar in Suid­Amerika. FOTO: MOTOR­ PRESS rein te buig, veral nadat hy ook in Maleisië geklop is. Tog loop die Duitser nog voor in die kampioenskap danksy sy sege in Australië en twee naaswenner-plekke, en hy sal vandag als uithaal om in China te seëvier. Wat die res betref, is dit skynbaar net Red Bull wat by die Mercedes-gedrewe spanne kan kers vashou. Daniel Ricciardo het sy goeie vertonings voortgesit met ’n vierde plek in die Bahrein-nagren, kort op die hakke van Sergio Pérez (Force India). Selfs al is Red Bull se appèl teen die Australiër se diskwalifikasie in Maleisië van die hand gewys, vaar die Red Bullnuweling baie beter as sy spanmaat Sebastian Vettel. Die verdedigende kampioen was sesde in Bahrein, ná Nico Hülkenberg in die tweede Force India. Die Williams-paar Felipe Massa en Valtteri Bottas het nie aan die verwagtinge voldoen ná hulle goeie kwalifiseringspas nie en was onderskeidelik sewende en agtste. Die grootste teleurstelling was egter Ferrari se pas. Fernando Alonso én Kimi Räikkönen het gesukkel om by die Mercedes-spanne te bly en moes tevrede

jaers sal wees.

wees met die laaste twee punteposisies. Dié power vertoning het ook gelei tot die bedanking van Stefano Domenicali as Ferrari-spanbaas vandeesweek en hy is onmiddellik vervang deur Marco Mattiacci, president en uitvoerende hoof van Ferrari Noord-Amerika. WRC: Dis weer Ogier Die huidige WRC-kampioen, Sébastien Ogier (VW Polo), loop ná sy sege in Portugal, die vierde ren in vanjaar se kampioenskap, verder voor met ’n puntetotaal van 91 in die reeks. Die Fransman is nou 29 punte voor sy Finse spanmaat, Jari-Matti Latvala, met die Noorweër Mads Ostberg (Citroën DS3) derde met 48 punte. Die volgende ren is die Argentynse WRC-tydren van 8 tot 11 Mei. Peugeot se Dakar-monster Peugeot het vandeesweek sy aggressief gestileerde “2008 DKR”-monster bekend gestel waarmee hy aanstaande jaar se Dakar-uithouveldren wil aanpak. Aanvanklike aanduidinge is dat Carlos Sainz en die Dakar-motorfietskampioen Cyril Despres die Peugeot Total-span se

Opel Astra OPC

Naelloper in enkelboeie D

ie resep vir vinnige, voorwielaangedrewe Opels is in die 1980’s se blitsbuksoorloë gevestig. Die ou GSI- en latere OPC-weergawes het almal hope krag gehad, maar gesukkel om dit op die pad te hou en gevolglik gou-gou hul neus wyd gestoot deur veeleisende draaie. Daar was ook nie veel beskaafdheid in hul padgedrag nie, met stamperige ritgehalte en woeste wringstuur wat soms gesorg het dat die kar in die volgende baan beland wanneer mens die geraaspedaal trap. Suiwer spoed was hul sterk punt – genoeg om hulle legendaries te maak. Intussen het baie water in die see geloop. Die tegnologie het vooruitgegaan en kopers vereis nou soveel meer. Hedendaagse blitsbukse moet goeie padgedrag saam met spoed opdis en hul stratosferiese koopprys beteken dat luuksheid en gerief nou amper so belangrik soos baie krag is. Hierdie moderne benadering het Opel gedwing om sy heethoof, die Astra OPC, in sy geheel te hersien en daarvoor het hy die hulp van leiers in die verrigtingsbedryf ingeroep wat rooipeper oor die huidige Astra se luukse gerief moes sprinkel. Die resultaat is ’n nuwe soort vinnige Astra, wat met ’n lys bestanddele spog

Die Opel Astra OPC bied ’n goeie balans tussen greep en gerief. | FOTO: QUICKPIC wat enige entoesias se mond sal laat water. Daar sit nou ’n meganiese beperkteglip-ewenaar tussen die voorwiele om wringstuur uit te skakel, die remstelsel word verskaf deur die rentoerusting-spesialiste by Brembo en sy Recaro-voorsitplekke is gemaklik, maar hou die bestuurder behoorlik vas deur vinnige draaie. Ja, die Astra OPC kan nou verbysterend vinnig ook deur draaie rits danksy daardie nuwe ewenaar en elektronies beheerde dempers (skokbrekers, in die volksmond) wat hom ’n goeie balans tussen padgreep en rygerief gee. Hierdie dempers kan in drie modusse werk – Normal, Sport en OPC (gekies met knoppies op die voorpaneel) – wat stapsgewys fermer word en hom net so tuis

maak op slegte padoppervlakke as op die renbaan. Stuurtraagheid is iets van die verlede en hy sukkel glad nie met voorwiele wat probeer tol nie. Die Astra OPC se enjin is ook hersien om nog meer krag te kan verskaf. Die nuwe tweeliter-turbostoof het direkte brandstofinspuiting en lewer sy krag lekker egalig. Sy toere moet hoog gehou word om turbotraagheid te oorkom, maar wanneer hy styf opgewen is, laat loop dié Astra met oorgawe. Daar is ongelukkig twee knelpunte wat die enjin se goeie werk ongedaan maak en albei hou verband met die sesgang-handratkas. Die eerste probleem is sy lang ratverhoudings, wat saam met die turbotraagheid veroorsaak dat hy ’n tydjie no-

SA veldrenne Die instaan-jaer Manfred Schröder het ’n uitstekende oorwinning vir die Atlas Copco Ford Ranger-span in die ToyotaHandelaar 450-ren naby Mooirivier in KwaZulu-Natal behaal. Sy Ford Ranger-spanmaats, Gary Bertholdt en Siegfried Rousseau, was tweede, met die broers Johan and Werner Horn (Malelane-Toyota Hilux) derde. Schröder en sy medejaer Japie Badenhorst loop na dié sege nou voor in die kampioenskap nadat Anthony Taylor/ Dennis Murphy (Castrol-Toyota Hilux), wenners van die eerste ren, onttrek het. In die buisraam-voertuigklas het Quintin en Kallie Sullwald (Elegant Fuel BAT Venom) geseëvier, maar die kampioenskap-voorlopers is die pa-en-seun-span Gerhard en Hardus du Plessis ( Jimco). SA tydrenne Leeroy Poulter en Elvéne Coetzee in hul Castrol-Toyota Yaris S2000 het hul segetog in die nasionale tydrenreeks met ’n oorwinning in die Sasol-tydren in Mpumalanga voortgesit. Vroeg in die ren, wat ook ’n ronde in die FIA Afrika-kampioenskap is, het die verdedigende kampioene Mark Cronjé/ Robin Houghton (Ford Fiesta) voorgeloop, maar in trajek vier het pap bande hulle, asook Hergen Fekken en Carolyn Swan in die tweede Castrol-Yaris, tydgewys duur te staan gekom. Enzo Kuun en Rikus Fourie, in hul eerste ren in die New Africa DevelopmentsFord Fiesta, het ná ’n versigtige begin die krane op dag twee oopgedraai en as naaswenners uit die stryd getree. Fekken en Swan was derde, gevolg deur Gugu Zulu/Carl Peskin (VW Sasolracing Polo), met Thilo Himmel/Armand du Toit (VW Polo) vyfde en eerste in die S2000-Uitdaging. In die S1600-klas het Guy Botterill en Simon Vacy-Lyle weer in hulle Yato-Toyota Etios R2 geseëvier. – Ferdi de Vos

ToetsRit dig het om stoom op te bou. Die tweede en groter probleem is dat sy ratskakeling krapperig is, veral as mens tweede probeer haak. Dit veroorsaak dat hy turbodruk verloor terwyl jy na die volgende rat soek, waarna die gewag vir krag weer van voor begin. Die uiteinde is dat sy 0-100 km/h-naellopie onder ideale omstandighede in 6 sek. kan geskied, maar meer gereeld nader aan 8 sek. sal neem. Dis jammer dat die ratkas sy verrigting so afstomp, want die Astra OPC is andersins ’n wonderlik gewillige ryding. Sy pragtige baklyne en 20-duim-allooiwiele is treffend en skep ’n uiters aantreklike beeld. Sy kajuit is stylvol, ruim en gerieflik, al is die klankstelsel effe omslagtig om te gebruik weens ’n piepklein eenkleur-skermpie. Die Astra OPC se grootste probleem is egter die geselskap waarin sy prys hom plaas: Hy is direk in die vierwielaangedrewe Golf R se visier, terwyl sy afwerking nie op die veel vinniger Volkswagen se vlak is nie. En die BMW M135i, met nóg meer krag, kos ’n skamele R15 000 meer. Die Astra OPC bied eenvoudig nie genoeg waarde of verrigting om sy wilde verkoopprys te regverdig nie en dus sal slegs Opel-aanhangers hom waarskynlik bo sy mededingers verkies. Hy is karaktervol en beeldskoon, maar sy hoë prys en halsstarrige ratkas beperk sy aantrekkingskrag. – Martin Pretorius PRYS R482 400


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.