5 minute read

TLU SA Kongres

6 De Wildt Nuus

TLU KONGRES 2022

Advertisement

Hierdie is die 125ste bestaansjaar van die TLU en die tema “Reik na die Sterre” is nommerpas vir die seisoen en tydvak waarin ons ons bevind. Hierdie prestasie en mylpaal is behaal saam met, en in afhanklikheid van die Here wat gewillige hande sterk gemaak het. Daarom die oproep dat “Die Boer” in afhanlikheid van sy Skepper, die Gewer van alle goeie gawes, met groot verantwoordelikheid sal handel met dit wat aan hom toevertrou is. Die Klipsop-storie uit die Anglo-Boereoorlog van 1902 herinner ons dat alle rolspelers se bydraes nodig is om ‘n suksesverhaal te skryf oor die volhoubaarheid van ons landbou, ook in ons dag. Dis waarvoor die TLU en hulle lede hul beywer om vir ieder en elk kos op die tafel te sit. Dit verg volharding en deursettingsvermoë. In die maak van die “Klipsop” het ‘n gedeelde visie na vore gekom, ‘n toekomsverwagting, en daaruit is gemeenskaplike doelwitte gebore. Een daarvan is ‘n blywende nalatenskap aan ons kinders, en hulle kinders. Daarom is dit krities belangrik dat alle hulpbronne met groot verantwoordelikheid gebruik word. Boere is inderwaarheid uitgelewer aan verskaffers en gebruikers omdat hulle, nes die verbruikers, inherent prysnemers is. Daarom is kostebestuur van kardinale belang. Entreperneurskap, nuwe tegnologie en gewasse is nodig in ‘n vining-veranderende wêreld om volhoubaarheid te verseker. Stabiliteit tov arbeid en werksgeleenthede is noodsaaklik en onwettige arbeid en die veeleisende unies bedreig werksgeleenthede. Dit is dus duidelik dat ‘n boer baie meer is as iemand wat ‘n kortbroek en “twotone” hemde dra. Veiligheid en sekuriteit is natuurlik van gemeenskaplike belang. Daarom is die grootskaalse diefstal van vee en produkte, asook bates, en die onwettige betreding van boere se grond en eiendom kommerwekkend. Korrupsie binne die geregskorps vererger natuurlik sake en skep ‘n onsekere omgewing waar binne geleef en gewerk moet word. Waterbesoedeling van waterbronne raak die beskikbaarheid en benutting van besproeiingswater en boere word genoodsaak om na alternatiewe te kyk. Hier is oa na Israel verwys, ook agv die groeiende waterskaarste omdat die staat nie nuwe damme, opgaardamme, ens bou nie. Projekte bly onvoltooid agv plunde- ring en lei ook tot minder water. Boorgate word dieper en water skaarser agv van die grootskaalse onderaardse onttrekking.

Hoe maak die TLU ‘n verskil?

Die TLU funksioneer volgens kundige komitees wat insette lewer tov in-huis beleidsvorming. Die TLU fasiliteer gesprekke met ander landbouorganisasies en die staat, asook ander rolspelers wat ‘n invloed, of ‘n potensiële invloed op die boer se lewensvatbaarheid het. Daarom kan met reg gesê word: “Die TLU is die boer se vriend”. Hierdie vennootskap is onlangs beklemtoon dmv van die gesprekfasilitering tussen die Landbank en boere mbt skuld en/of finansiering. Die President, mnr Henry Geldenhuys, het beklemtoon dat Jongboere ons toekoms is. Maar hy’t ook ‘n beroep op ons almal gedoen om ‘n boom te plant, om soos ‘n boom te groei, en ‘n boom te word. Hoekom? Sodat jy koelte kan gee, takke het waarop voëls kan sit en nesmaak, vrugte kan dra vir almal om te sien en daarvan te kan eet, hout het wat gebruik kan word, en ‘n karakter het wat eie is. Behalwe sy lede en vriende van die TLU, is daar ook borge en mense wat met die TLU identifiseer en in venootskap saamwerk tot voordeel van almal. Solidariteit Helpende Hand fokus op die behoeftes van bejaardes, kinders en gestremdes en het opnuut hul dank aan die boere uitgespreek vir die blywende verskil wat hulle maak. Santam het die noodsaaklikheid van versekering beklemtoon deur te sê: “Versekering Verseker Jou Volhoubaarheid” en kongresgangers daaraan herinner dat huidiglik 77 stuks vee, 97 motors en 4 vragmotors daagliks gesteel word. Verder is dit noodsaaklik dat boere hulle aanspreeklikheid teen eise agv veldbrande teen ‘n minimale bedrag moet verskans. C-Track verskaf 24/7 monitering en veiligheidsdienste vir voertuie en bates, en weens ‘n spesiale ooreenkoms met TLU verdien lede ‘n 35% korting. Die Finansiële Welstands Lessenaar verskaf finansiële raad ook tov boedelbeplanning ensomeer, insluitend die opstel van ‘n testament en die keuse van ‘n eksekuteur. Gawie Lötter het gesê dat die Veiligheidsplan sedert 2011 nog nie geïmplimenteer is nie. Die finale plan van 2018 is ten pyte van die minister se opdrag, ook nog nie geïmplimenteer nie want die wil en vermoë om dit te doen ontbreek. Netso is die herimplementeringsopdrag van 2022 ‘n opdrag sonder daadwerklike aksie en misdaad is besig om toe te neem. Daarom is Landelike Veiligheid hoofsaaklik in die hande van ons boere en is die oproep: “Maak seker jou Landelike Veiligheidsplan is in plek”, want misdaad wat deur die Polisie opgelos word neem af; handelsmisdaad neem af; ander misdade bly konstant. LW: Die eie “EK” instede van samewerking tussen groeperings in gemeenskappe ondermyn landelike en gemeenskapsveiligheid. Die hoofspreker, die alombekende en gewilde ekonoom, Dawie Roodt, het weereens te veel wysheid en te min tyd gehad om alles te sê wat gesê moes word. Sy kerngedagtes: Fokus op vaardighede en nie op kwalifikasies nie want laasgenoemde is nie noodwendig kredietwaardig nie. Moenie trek of jou kinders wegstuur nie, doen dit net vir blootstelling en ondervinding. Diversifiseer jou besigheid: behou beheer en nie noodwendig die besit van jou eiendom nie. Kry vir jou ‘n buitelandse venootskap en benut die voordele. Dis wettig! Werkloosheid is ‘n realiteit, dog verskaf landbou werks- geleenthede aan 38% van die land se jeug op plase. Die spiraal wat lei tot werkloosheid is: • Breë beleid van regering veroorsaak werkloosheid • Werkloosheid veroorsaak armoede • Armoede veroorsaak onstabiliteit • Onstabiliteit veroorsaak onrus • Onrus veroorsaak werkloosheid Die spiraal kan alleen op die hoogste vlak, naamlik die regering, gebreek word. Dit kan net gebeur deur hersiening en die verandering van beleid, en daarvoor moet kundigheid en die wil teenwoordig wees. Die gevolge van die nié funksionering van plaaslike regerings- instansies en munisipaliteite agv die gebrek aan kundigheid en bestuursvernuf of toewyding aan boere, is uitgelig. Die tekort aan finansies lei tot min of geen dienste, gebrekkige instandhou- ding van bestaande infrastruktuur en toenemende werkloosheid omdat daar geen aptyt vir ekonomiese ontwikkeling op die platteland is nie, en soms selfs die onttrekking van besighede. Dit, op sy beurt, maak dat die groeiende behoeftige elemente hulle tot betogings en optogte wend en nog verdere infrastruktuur beskadig of vernietig. Die kumulatiewe risiko is die verhoging van eiendomsbelasting om die basiese dienste vir die massas te lewer. Terwyl die aanspraak en klem op basiese regte onophoudelik gemaak word, word die belangrikheid van “eiendomsreg” soms onderbeklemtoon. Privaat besitreg is ekonomies noodsaaklik vir die volhoubaarheid van groei en ontwikkeling, en moet die onderskeid tussen “besitsreg” en “privaat besitreg” goed verstaan word. LW: Alle bates word per definisie onder eiendomsreg ingeluit. TLU is in murg en been ‘n organisasie vir die boer wat in belang van die boer in Suid-Afrika sy stem hoorbaar maak, wat na almal uitreik en ‘n verskil maak. As jy vandag geëet het, sê dankie aan die boer en sy meelopers, en raak as ‘n verbruiker betrokke en/of as ‘n vriend van die TLU en jou naaste boerevereniging.

This article is from: