Nuusflitse 7 Februarie

Page 1

7 FEBRUARIE 2016 Vandag gee ons geleentheid vir Ds Henk van Rensburg om die bediening vir “Familiewees” aan ons bekend te stel. God roep en stuur ons om in verhouding met mekaar ‘n verskil in ons Geloofsfamilie te maak. Ons nooi jou om betrokke te raak in ons geloofsfamilie sodat ons mekaar kan opbou en versterk om Christus saam te ontdek en te leef. WELKOM BY ONS ONTMOETINGS VANDAG! MAG JY DIE VADER, SEUN EN HEILIGE GEES IN AL SY GLORIE BELEEF!

‘n DIEPER REIS van DISSIPELSKAP as jy graag vir JESUS met meer toewyding wil ONTDEK en LEEF In ons Geloofsfamilie is dit bo alles vir ons belangrik dat jou verhouding met Jesus meer sal wees as ‘n stukkie weeklikse vermaak of effens afgeskeepte gewoonte. Ons wil jou help om Jesus te VOLG met oorgawe. Kom stap saam vir 12 weke in Jesus se voetspore! Wil jy meer weet voor jy besluit? Ons het môreaand 8 Februarie om 18:30 weer in inligtingsessie. Stuur epos aan bediening@pvr.co.za

WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens en Kinderkerk (3jr–Gr3) (Henk van Rensburg) 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr4–7) 10:00 : Erediens—DOOP en Kinderkerk (3jr–Gr3) (Henk van Rensburg 13:00 : Veeltalige Erediens 17:00 : Faithbook (Gr 8–11) Senior Geselsgroepe 18:30 : Aanddiens BELYDENISAFLEGGING (Ryno Meyer)

WAT GLO ONS?

LEESROOSTER

VRAAG 4 Hoe en waarom het God ons geskep? God het ons as man en vrou geskep na Sy beeld om Hom te ken, lief te hê, saam met Hom te leef en Hom te verheerlik. Daarom is dit reg dat ons wat deur Hom geskep is, sal leef tot Sy eer.

Deuteronomium 26:1-11 Psalm 91:1-2, 9-16 Romeine 10:8b-13 Lukas 4:1-13


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.