Nuusflitse 2 Junie 2019

Page 1

Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense: Ina Pollard wat operasie ondergaan het Philip Vivier wat ’n knievervanging ondergaan het Magriet Botha met haar gesondheid Corrie Burger se gesondheid Marietjie Bellingan wat ‘n knievervanging ondergaan het Polly Gouws wat heupvervanging ondergaan het Trienie Fourie se pa Gert Frey se gesondheid Herman van Onselen wat operasie ondergaan het Annarine Geyser wat herstel na knievervanging Driekie Strauss se gesondheid Anna Schoeman se gesondheid Marie Louw se gesondheid Ron Wirth se gesondheid Alicia Rossouw (13jr) se gesondheid Corrie Cilliers se gesondheid Karin de Beer se gesondheid Jan-Hendrik de Beer se gesondheid Alex van Graan (5jr) wat met ’n breingewas gediagnoseer is Fritz Willmot se gesondheid en herstel na ‘n operasie Rita Furstenburg se ma se gesondheid Debbie Oosthuizen wat chemoterapie ontvang Johan Joubert met Steel Richardson Ozenzski Sindroom Indien jy weet van iemand wat ‘n besoek verlang, kontak ons asb. Amanda by 012 662-1708 of Gert Jordaan by 082 737 8111. • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • •

WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Familiediens – Ouditorium Stephan Joubert 08:00 : Mosterdsaadjies – Jeugsaal 09:00 : Bybelblits – Ouditorium 09:00 : Kinderbediening (Gr 1-6) 09:00 : Tee drink onder die Afdak 10:00 : Tienuur Diens - Ouditorium Stephan Joubert

Kerkkantoor ure Ma: 12:00 –16:00 Di - Do: 08:00 –16:00 Vr: 08:00 –13:00 Tel: 012 662-1708 admin@pvr.co.za

10:00 : DKGG Werkswinkel Kerksaal 17:00 : Tienerbediening (Gr 7-12) 18:00 : Comradesdiens - Ouditorium Ryno Meyer & Henk v Rensburg 18:30 : Pause – Kerksaal 18:30 : Dieper@PvR: Kompas Kursus Kapel

Bankbesonderhede NGK Pierre van Ryneveld ABSA Centurion Rek no.: 600 591 355 finansies@pvr.co.za

2 Junie 2019

Wie ek? Die Bybel is vol van “jammer-nie-nou-nie” karakters. Of dit nou Moses is wat ‘n vrag verskonings by die brandende bos aflaai, of Dawid wat eerder sy eie begeertes volg as die leiding van God. Jona wat op die verkeerde skip klim omdat hy gewoon te bang was om gehoorsaam te wees. Of iemand soos Tamar wat nie die Here se beloftes vertrou nie en self ‘n sondige ander plan maak. Simon Petrus se berugte bravado en sy verraad by ‘n vuur in die donker is alombekend. Die eerste reaksie wanneer ons beleef dat die Here ons roep vir ‘n spesifieke taak of diens is meestal dieselfde. Wie ek? U is seker nie ernstig nie Here! Nou is nie ‘n goeie tyd nie, Here. Ek kan nie Here. Wat ons egter uit die oog verloor is dat die Here jou roep OMDAT jy reeds bruikbaar is en nie SODAT Hy ons bruikbaar kan maak nie. God ken jou deur en deur en wanneer jy Sy fluisterstem hoor weet Hy reeds dat dit jy is wat nodig is en bruikbaar kan wees. Jy het soveel om te gee. Weerstaan die bose, self-vernietigende denke wat jou waardeloos laat voel. God weet. Hy roep! Reageer soos die jong seun Samuel: “Praat, Here, U dienaar luister.”


Hekel en brei groep

Pinkstergebedstyd

Ons nooi almal wat kan brei en/of hekel en/of wat graag wil leer, na ons byeenkomste elke Dinsdag om 10:00, direk na Bybelstudie. Vir meer info kontak asb vir Jannette Bode by 0827895646 of Amanda by die kerkkantoor.

Ons bid van Vrydag 31 Mei tot 9 Junie saam vir ons Pinkster wat op Pinkstersondag 9 Junie begin. Die gebedsriglyne is by die deure as jy nog nie gekry het nie. Stuur Whatsapp na 076 349 1501 as jy gebedsriglyn elke dag wil ontvang.

Pinkster 2019 Tema: Saam met Jesus in die regte wêreld Ons Pinksterreeks begin Sondagaand 9 Junie om 18:30 en duur tot Woensdag 12 Junie.

‘n Paar van die dames met die groep se handewerk. Dit word nou geskenk aan ouetehuise soos Rusoord, aan persone waar daar behoefte is.

DKGG IN AKSIE

Dr Jurie Schoeman lei ons Pinksterreeks. Meer Inligting volgende week. Die Kinderpinkster vind in die saal plaas.

Sop Hulp Pinkster 2019 Sop en broodjies word Maandag tot Woensdagaand vanaf 18:00 bedien. Hulp word gevra met sop skenkings. As jy bereid is om sop te maak, kontak Riana by die kerkkantoor 012 662-1708 of admin@pvr.co.za

Koskas Baie dankie aan elkeen wat so getrou help om ons koskasvoorrade aan te vul. Ons benodig altyd voorraad. Sonder jou hulp kan ons ander nie help nie. Kontak gerus vir Frans van Niekerk 083 327 0343 of Amanda by die Kerkkantoor 012 662 0209.

Comrades Kerkdiens Ons nooi alle atlete na hierdie diens VANAAND om 18:00. Kom geniet ‘n koppie koffie / tee onder die afdak na afloop van die diens.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.