Nuusflitse 26 Mei 2019

Page 1

Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense: • • • • • • • • • • • • • • • • • • •

Ina Pollard wat operasie ondergaan het Marietjie Bellingan wat ‘n knievervanging ondergaan het Polly Gouws wat heupvervanging ondergaan het Trienie Fourie se pa Gert Frey se gesondheid Herman van Onselen wat operasie ondergaan het Annarine Geyser wat herstel na knievervanging Driekie Strauss se gesondheid Anna Schoeman se gesondheid Marie Louw se gesondheid Ron Wirth se gesondheid Alicia Rossouw (13jr) se gesondheid Corrie Cilliers se gesondheid Karin de Beer se gesondheid Jan-Hendrik de Beer se gesondheid Alex van Graan (5jr) wat met ’n breingewas gediagnoseer is Fritz Willmot se gesondheid en herstel na ‘n operasie Rita Furstenburg se ma se gesondheid Debbie Oosthuizen wat chemoterapie ontvang Johan Joubert met Steel Richardson Ozenzski Sindroom

Indien jy weet van iemand wat ‘n besoek verlang, kontak ons asb. Amanda by 012 662-1708 of Gert Jordaan by 082 737 8111.

WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Familiediens - Ouditorium Henk v Rensburg 08:00 : Mosterdsaadjies – Jeugsaal 09:00 : Kinderbediening (Gr 1-6) 09:00 : Tee drink onder die Afdak 10:00 : Tienuur Diens - Ouditorium Henk v Rensburg

Kerkkantoor ure Ma: 12:00 –16:00 Di - Do: 08:00 –16:00 Vr: 08:00 –13:00 Tel: 012 662-1708 admin@pvr.co.za

10:00 : DKGG Werkswinkel Kerksaal 17:00 : Tienerbediening (Gr 7-12) 18:30 : Pause – Kerksaal 18:30 : Dieper@PvR: Kompas Kursus Ouditorium

Bankbesonderhede NGK Pierre van Ryneveld ABSA Centurion Rek no.: 600 591 355 finansies@pvr.co.za

26 Mei 2019

#DKGG – Boer jy, of Bedel jy? Die meeste van ons ken die sinkende gevoel as ons besef dat daar “meer maand aan die einde van ons geld is, as wat daar geld aan die einde van ons maand is.” ‘n Mens maak dan uit desperaatheid allerhande “noodplanne”. Die probleem is net, ons beste desperate planne bring uiteindelik vir ons net meer bekommernis en gebrek as wat dit oplossings bied. Wat as dit moontlik sou wees om nuut te dink oor ons hulpbronne en finansies? Ons grootste uitdaging is juis dat ons òf verkies om eerder nie daaroor te dink nie, òf dat ons opsetlik blind is vir die uitdagings in ons beursies en bankrekeninge. Leer die Woord ons hoe om meer konstruktief met ons beursies en bankrekeninge om te gaan? Beslis en absoluut! Leer die Woord ons hoe om nie ‘n slagoffer van ons hulpbronne te wees nie? Inderdaad. Kan ons min-der deur kommer verlam word en meer selfvertroue vir ons gesin en mense sorg? Ja! Ons is geskep en geroep om alle hulpbronne wat God voorsien te gebruik en te bestuur, tot Sy eer en die welwese van Sy wêreld.” Die Here vra nie net nie, Hy gee ons ook die leiding en die wysheid om te “boer” met Sy genade. Ons hoef nie daarvoor te bedel nie!


Hekel en brei groep

Hemelvaart

Ons nooi almal wat kan brei en/of hekel en/of wat graag wil leer, na ons byeenkomste op ‘n Dinsdag om 10:00, direk na Bybelstudie. Vir meer info kontak asb vir Jannette Bode by 0827895646 of Amanda by die kerkkantoor.

Donderdag 30 Mei

Seniors—Donderdag 30 Mei

VAKANSIE PROGRAM 17—21 JUNIE 2019 VIR INLIGTING KONTAK

behoort@pvr.co.za

Ons nooi al ons Seniors uit na 'n oggend van aanbidding, hoop en die teenwoordigheid van die Here op Hemelvaart (wat saamval op ons maandelikse byeenkoms). Ons gaan saam deel in 'n boodskap, sang en kuier in die Kapel om 10:00 op 30 Mei.

Ons nooi jou uit na ons Hemelvaartsdiens om 18:30.

Pinkstergebedstyd Ons gaan vanaf 31 Mei tot 8 Junie saam bid vir ons Pinkster wat op Pinkstersondag 9 Junie begin. Die gebedsriglyne sal by die Hemelvaartsdiens uitgegee word.

Pinkster 2019 Tema: Saam met Jesus in die regte wêreld Ons Pinksterreeks begin Sondagaand 9 Junie om 18:30 en duur tot Woensdag 12 Junie. Dr Jurie Schoeman lei ons Pinksterreeks. Meer Inligting volgende week. Die Kinderpinkster vind in die saal plaas. Sop en broodjies word Maandag tot Woensdagaand vanaf 18:00 bedien.

Halfpad Dinkdag 31 Mei / 1 Junie Ons Gemeenteraad en Bedieningspan hou Vrydag en Saterdag hulle jaarlikse Halfpad Dinkdag. Ons vra jou voorbidding vir hierdie geleentheid.

Comrades Kerkdiens Ons nooi alle atlete na hierdie diens op Sondag 2 Junie om 18:00


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.