PvR Geloofsfamilie Nuusflitse - 18 Augustus 2019

Page 1

Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense:                     

Lindi van der Watt en familie met die afsterwe van Matt Christi Botha en familie met die afsterwe van sy Pa Eben Saunders wat rugoperasie ondergaan het Pieter van der Merwe wat herstel na heupvervanging Danie Müller wat operasie ondergaan het Beryl van Niekerk se gesondheid Magriet Botha met haar gesondheid Versorgingspan Herman van Onselen se gesondheid Byeenkoms Anna Schoeman se gesondheid Maandag Marie Louw se gesondheid Ron Wirth wat herstel na operasie 19 Aug om 18:30 Alicia Rossouw (13jr) se gesondheid Corrie Cilliers se gesondheid Karin de Beer se gesondheid Jan-Hendrik de Beer se gesondheid Alex van Graan (5jr) se algemene gesondheid Fritz Willmot se gesondheid en herstel na ‘n operasie Rita Furstenburg se ma se gesondheid Debbie Oosthuizen wat chemoterapie ontvang Kleintjie de Lange wat herstel na rugoperasie Jan Marais se gesondheid

Indien jy weet van iemand wat ‘n besoek verlang, kontak ons asb. Amanda by 012 662-1708 of Gert Jordaan by 082 737 8111.

18 AUGUSTUS 2019 Trap vas… en maak jou terugkeer! Die laaste slierte van die (amper) winter vanjaar is besig om stadig maar seker weg te trek en ‘n mens voel die bruising van lente-lewe. Beleef jy nog die winter-greep in jou hart en menswees? Die skaaf en skuur van ‘n rowwe jaar veroorsaak baie keer dat ‘n mens deur die donkerte van ‘n wintertyd ook jou toewyding aan die Here Jesus en jou Geloofsfamilie verloor. Hier is ‘n uitnodiging en aanmoediging uit die Woord aan jou. “Laat ons gedurig maniere soek om mekaar opgewonde te maak om goeie dinge vir mekaar te doen en lojaal teenoor mekaar te wees. Juis daarom moet ons gereeld bymekaarkom en nie sommer wegbly nie, al doen party van julle dit moedswillig. Laat ons mekaar se hande vat en mekaar daarmee help, veral as ons daaraan dink dat dit nie meer lank is voor die Here weer kom nie.” (Hebr 10:24-25) Alhoewel dit instinktief gebeur dat ‘n mens onttrek en “hiberneer” as omstandighede jou vasdruk, weet ons dat dit net verdere versukkeldheid veroorsaak. Staan weer nader! Kom loof die Here saam met ons. Tel die goeie motiewe waarmee jy die jaar begin het weer op. Die Here ontmoet selfs die brommerigste binneste en die seerste siel op ‘n baie spesiale manier wanneer ons saam is. Ons kyk uit vir jou.

WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Familiediens – Ouditorium Arline Meyer 08:00 : Mosterdsaadjies – Jeugsaal 09:00 : Kinderbediening (Gr 1-6) 09:00 : Tee drink onder die Afdak

10:00 : Tienuur Diens – Arline Meyer 17:00 : Tienerbediening (Gr 7-12) 18:30 : PAUSE 18:30 : Bybelreis deur Nuwe Testament


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.