Nuusflitse 19 Mei 2019

Page 1

Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense: Marietjie Bellingan wat ‘n knievervanging ondergaan het Polly Gouws wat heupvervanging ondergaan het Trienie Fourie se pa Gert Frey se gesondheid Herman van Onselen wat operasie ondergaan het Johan van Vuuren wat tuis aansterk na operasie George Ferreira wat operasie ondergaan het Annarine Geyser wat herstel na knievervanging Peet Kilian wat herstel na hartomleiding Gerdinand Burger wat herstel na voetbesering Betsie Goosen wat herstel na rugoperasie Driekie Strauss se gesondheid Versorgingspan Anna Schoeman se gesondheid Marie Louw se gesondheid Byeenkoms Ron Wirth se gesondheid Maandag Alicia Rossouw (13jr) se gesondheid 20 Mei om 18:30 Corrie Cilliers se gesondheid Karin de Beer se gesondheid Jan-Hendrik de Beer se gesondheid Alex van Graan (5jr) wat met ’n breingewas gediagnoseer is Fritz Willmot se gesondheid en herstel na ‘n operasie Rita Furstenburg se ma se gesondheid Debbie Oosthuizen wat chemoterapie ontvang Johan Joubert met Steel Richardson Ozenzski Sindroom Indien jy weet van iemand wat ‘n besoek verlang, kontak ons asb. Amanda by 012 662-1708 of Gert Jordaan by 082 737 8111. • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • •

WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Familiediens - NAGMAAL Jan Venter 08:00 : Mosterdsaadjies – Jeugsaal 09:00 : Kinderbediening (Gr 1-6) 09:00 : Tee drink onder die Afdak 10:00 : Tienuur Diens - NAGMAAL Jan Venter

Stildiens in Kapel Pieter vd Merwe lei vanaand om 18:30 ons Stildiens in die Kapel. Ons maak van Skrif, musiek, stilte en gebed gebruik om jou te begelei om die Here te ervaar.

16:00 : Doopgesprek 3 17:00 : Tienerbediening (Gr 7-12) 18:30 : Pause – Kerksaal 18:30 : Stildiens – Kapel 18:30 : Dieper@PvR: Kompas Kursus Ouditorium

Bankbesonderhede NGK Pierre van Ryneveld ABSA Centurion Rek no.: 600 591 355 finansies@pvr.co.za

19 Mei 2019

Wie is jy Boem-Boemelaar? Is die Nagmaal ‘n Banket? ‘n Ete waar gewasde hoogheiliges welkom is? Waar hulle met hulle beste geestelike juwele pronk sodat almal kan sien hoe skatryk begenadig hulle is? ‘n Ete waar jy net kan aansit as jy geweeg is en gewigtig bevind is? Of is dit ‘n Boemelaarsete? ‘n Warm, gasvrye gratis maaltyd vir die wat niks het om te bied nie, wat eintliks niks verdien nie en hulle hande vol verwagting uitsteek om die guns van ander te ontvang? Genade is onbekostigbaar duur. Selfs die heel rykstes op aarde kan dit nie bekostig nie. Die heel magtigstes kan dit nie eers skoppend en skreeuend verwerf nie. Dit word verniet weggegee, maar vir dié wat hulle hande uitsteek en sê: “O God, wees my, arme sondaar, genadig!” (Luk 18:1-8) Hoor jy die Here roep? “O ALMAL wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk!” (Jesaja 55:1) Hoor Jesus se woorde: “Maar Jesus sê vir hulle: “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie.” Kom soos jy is. Met leë hande. Ook jy, die regte gewone brose jy, is welkom!


Verkies tot lede van die Gemeenteraad • Philip du Plessis van Rooiribbokstr 269, Waterkloofrif • Michael Johannes Hetzel van Queenstr 28, Irene, • Susanne Jacobs van Duke Ave 29 Irene Farm Village Bid asseblief vir hulle besluit. Indien daar enige besware teen hulle voorgenome bevestiging is, kan die besware skriftelik by Riana by die Kerkkantoor (admin@pvr.co.za) voor 17 Mei ingedien word.

VAKANSIE PROGRAM 17—21 JUNIE 2019 VIR INLIGTING KONTAK

behoort@pvr.co.za

Hekel en brei groep

Seniors—Donderdag 30 Mei

Ons nooi almal wat kan brei en/of hekel en/of wat graag wil leer, na ons volgende byeenkoms is op Dinsdag 21 Mei om 10:00, direk na Bybelstudie. Vir meer info kontak asb vir Jannette Bode by 0827895646 of Amanda by die kerkkantoor.

Ons nooi al ons Seniors uit na 'n oggend van aanbidding, hoop en die teenwoordigheid van die Here op Hemelvaart (wat saamval op ons maandelikse byeenkoms). Ons gaan saam deel in 'n boodskap, sang en kuier in die Kapel om 10:00 op 30 Mei.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.