Nuusflitse 28 Februarie

Page 1

28 FEBRUARIE 2016

Geloofsfamilie “leun in.” In my kinderdae op Kroonstad was die rondomtalie ‘n gunsteling speelplek. Ons was gewoonlik ‘n hele trop wat dit volgepak het en gou-gou was dit ‘n geval van vashou of afvlieg, soos seuns maar is. Almal sou styf vashou en agteroor hang en een ongelukkige kêrel moes die rondomtalie draai so vinnig as wat hy kon. Op ‘n gegewe teken het almal gelyk en blitsvinnig ingeleun met ons koppe teen mekaar in die middel. Die middelpuntvlietende krag van die beweging het die rondomtalie teen supersoniese spoed (wel so het ons gedink) in die rondte gesnel en elkeen moes vashou vir die vale! Dié stukkie kinderpret het ‘n belangrike boodskap vir ons as Geloofsfamilie. Ware momentum en potensiaal is net moontlik as almal “inleun.” Dit is nie nou die tyd om selfvoldaan of passief agteroor te sit met hande gevou nie. Die tyd waarin ons leef eis van Jesus Christus se Geloofsfamilie kragtige momentum en maksimum potensiaal. Ons staan in die brandpunt in ons verbrokkelende samelewing. Dis VERBINTENISTYD … LEUN IN! Maak dit ‘n saak van erns sodat ons die roeping van die Here Jesus kan uitleef. Sodat ons daardie “stad op ‘n berg” kan wees. Dankie byvoorbaat vir jou verbintenis aan en liefde vir jou Geloofsfamilie. Hef aan lê voor…

WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens en Kinderkerk (3jr–Gr3) (Jan Venter) 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr4–7) 10:00 : Erediens en Kinderkerk (3jr–Gr3) (Jan Venter) 13:00 : Veeltalige Erediens 17:00 : Faithbook (Gr 8–11) Senior Geselsgroepe 18:30 : Aanddiens (Ryno Meyer)

WAT GLO ONS?

LEESROOSTER

VRAAG 7 Wat verwag die wet van die Here van ons? Persoonlike, volmaakte en ewige gehoorsaamheid; Dat ons God sal liefhê met ons hele hart, siel, verstand en krag; en ons naaste soos onsself.Wat God verbied behoort nooit gedoen te word nie en wat God beveel moet altyd uitgevoer word.

Josua 5:9-12 Psalm 32 2 Korintiërs 5:16-21 Lukas 15:1-3, 11b-32


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.