NUUSFLITSE WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens — NAGMAAL (Stephan Joubert) 08:00 : GEEN Kinderkerk GEEN GESLELSGROEPE 10:00 : Erediens — NAGMAAL BELYDENISAFLEGGING (Stephan Joubert) 10:00 : GEEN Kinderkerk 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11) 18:30 : Aanddiens — NAGMAAL (Ryno Meyer)
KERKKANTOOR CD VERKOPE Plaas gerus ’n bestelling vir oudio opnames van die eredienste. Kontant by bestelling
U VOORBIDDING WORD GEVRA VIR ONS WEEK VAN BEPLANNING DIE KERKKANTOOR SAL OP SONDAG 16 SEPTEMBER GESLUIT WEES AL DIE PERSONEEL IS WEG MET DIE WEEK VAN BEPLANNING
Om te leef ... Dis vyfuur in die môre. Ek sit in die halfdonker op die stoep van ‘n oornagtent in die private natuurreservaat Zwartkloof, net buitekant Warmbad. Die oggendluggie is koel en die buitelig van die tent gooi ‘n spatsel lig wat die sagte kombers van donker so drie treë wegwerk. Dis stil. Die geluide van die voëls wat voor sonop wakker is, is die enigste bewustelike klanke. Nou en dan hoor ek die sagte voetval of skuifeling buite die ligkring, waarskynlik een of ander dier wat sy eerste versigtige tree van die oggend gee. Ons spandeer, op uitnodiging van E-kerk, twee dae hier saam met ‘n aantal kerk en sakeleiers. Ons kuiergas is David Kinnaman, die hoof van die invloedryke “Barna Group”, wat navorsing doen oor kerk en geloofsake. Ons kon gisteraand na elkeen wat hier is se storie luister. Wat hom laat “tiek”. Wat vreugde en sin gee. Vandag gaan ons ‘n paar gesprekke voer oor die wese van kerkwees en wat dit beteken om Jesus te volg in ons wêreld vandag. Ek is dankbaar. Om te leef. Ek wonder so vir ‘n oomblik oor leef. Die voorreg daarvan om letterlik elke dag omvou te wees deur mense en dinge wat op sigself elkeen ‘n Godswonder is. Die voorreg van leer en groei, al is dit meestal pynlik en ongemaklik. Die roeping om met my unieke menswees sin te gee in die klein stukkie wêreld waarin ek leef. Die mense saam met wie ek hier is, is elkeen op sy eie gebied geseën met invloed en vrug, maar hulle is net mense. God se mense wat toelaat dat Hy hulle vorm en ontvou om te blom waar hulle is. Wat begeer om alles te wees wat hulle kan wees in Christus. En dit maak ‘n verskil. Die wêreld se verskil. Die dag breek saggies rondom my en die vorms van die natuur rondom my raak sigbaar. Eenkant weg bars ‘n swerm naamlose voëls raserig uit in hulle vroegoggend loflied. Die natuur twyfel nie oor wie en wat sy is nie. Elke plant en dier leef waar dit is, met malse oorgawe. Sonder vrae. Sonder weifeling. Voluit. Here. Help my om toe te laat dat U Gees die twyfel, onsekerheid en vrees van my afstroop, sodat ek kan wees wie U my geskep het om te wees. Sonder voorwaarde of om terug te deins. Leer my om te leef, nie net te bestaan nie. Ek wil leef! Jan Venter