Nuusflitse 2 Augustus

Page 1

EK is, omdat ONS is…

NUUSFLITSE — 2 Augustus 2015

“Dis nie wie jy is nie, dis wie jy ken.” Hoeveel keer gebruik ons hierdie woorde, veral wanneer ons voel mense gebruik hulle invloed, status of posisie? Op ‘n manier is dit egter ‘n onderlangse erkenning dat verhoudings ‘n baie belangrike rol in ons lewens speel. Kom ons stel dit op ‘n ander manier … Wie ek ken, bepaal wie ek is, of dalk eerder, wie my ken, bepaal wie ek is. Die (suidelike) Afrika woord “Ubuntu” se mooi betekenis, “’n mens is ‘n mens deur ander mense,” is ook ‘n ander perspektief. Kortom, die verhoudings waarin ons staan, die mense wat ons ken, en selfs belangriker, die mense wat ons toelaat om ons self te ken, bepaal ons lewe. Wanneer ons dit reg benader en dit goed versorg, word ons eie menswees dieper, ryker en nader aan God se bedoeling met ons lewe. Verhoudings is lewe. Om te lewe, is verhoudings. Augustus is “Kuns van Verhoudings” maand. Ons gaan saam met jou Ontdek hoe die Here ons, in en deur ons verhoudings, wil heelmaak, nuutmaak en deelmaak. Kies hierdie maand om elke Sondag saam te kom. Dit sal jou lewe op ‘n wonderlike vars nuwe manier verfris en verryk!

WAT GEBEUR VANDAG

WAT GLO ONS?

08:00 : Erediens & Kinderkerk (Stephan Joubert)

VRAAG 41

09:00 : Bybel Blitz 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr4–7) 10:00 : Erediens—DOOP Kinderkerk (Gr1–3) (Stephan Joubert) 13:00 : Veeltalige Erediens 17:00 : Faithbook (Gr 8–11) Senior Geselsgroepe 18:30 : Aanddiens (Ryno Meyer)

Wat is die Onse Vader? Ons Vader wat in die hemel is, laat U naam geheilig word, laat U koninkryk kom, laat U wil ook op die aarde geskied,net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood en vergewe ons, ons oortredinge soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree en laat ons nie in die versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose.

LEESROOSTER

2 Sam 18:5-15, 31-33

Psalm 34:1-8 Psalm 130 Efes 4:25-5:2 Joh 6:35, 41-51 1 Kon 19:4-8


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.