PIERRE VAN RYNEVELD
GEMEENSKAPSKERK
18 JANUARIE 2015 Wees DEEL van MEER as net jouself. Amper is die eerste maand van 2015 iets van die verlede.. Dis asof die begin van die kalenderjaar ‘n outomatiese “RESET” skakelaar in ons laat afgaan en weer hoop laat opvlam. Die Afrikaanse vertaling van “reset” is “herstel.” Om iets of iemand terug te verstel na ‘n oorspronklike of aanvanklike toestand of posisie. Ons nooi jou om in 2015 nie net ‘n paar kosmetiese, oppervlakkige verstellings aan jouself te maak nie. Die Here Jesus roep ons elkeen, en as Geloofsfamilie, tot HERSTEL. Om in die wortels van jou (en ons) wese te word wat Jesus se bedoeling vir ons was en steeds hierdie oomblik is. Om nie langer toeskouers te wees nie, maar deelnemers. Om nie langer tweedehands op ander se lewens te teer nie, maar om die fontein van lewende Water in ons eie binneste te ontdek. Om nie langer te WURG vir MEER nie, maar om dieper en ryker te WEES. Om God te HER-ONTDEK as jou liefdevolle Vader, Vriend en Vertrooster. Ja, ons weet dis ‘n vreesaanjaende gedagte. Verandering en vernuwing is altyd pynvol. Maar; hier kyk ons jou vas in die oë en vra, VAT HANDE met ons vanjaar. VERWONDER jou in hierdie God wat jou roep en stuur! Volg ons Verlosser Jesus met vaste voorneme. Vind jouself in regte, egte VERHOUDINGS. VERBIND jouself, jou middele en jou lewe saam met ons in hierdie Geloofsfamilie. Saam is ons … ja, MEER!
WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens en Kinderkerk (Stephan Joubert) 08:00 : Mosterdsaadjies(3jr–Gr 0) 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7) 10:00 : Erediens en Kinderkerk (Gr1–Gr3) (Stephan Joubert) 10:00 : Mosterdsaadjies(3jr–Gr 0) 13:00 : Veeltalige Erediens 16:00 : Doopgesprek 2 17:00 : Faithbook (Gr 8–11) Senior Geselsgroepe 18:30 : Aanddiens (Ryno Meyer)
WAT GLO ONS?
LEESROOSTER
VRAAG 25
Ons volg die weeklikse leesrooster in ons byeenkomste.
Beteken Jesus se dood dat al ons sondes vergewe kan word? Ja, Jesus se dood aan die kruis het volledig vir die straf van ons sonde betaal en God wat uit genade aan ons die regverdiging van Christus skenk, asof dit ons eie is, onthou nie meer aan ons sonde nie.
Die Skrifgedeeltes in hierdie blokkie word elke week geplaas en is die waaruit die Woord op die eersvolgende Sondag bedien kan word. Gebruik dit in jou Stilword en laat die Gees jou voorberei vir ons samekoms! Jona 3:1-5, 10 Psalm 62:5-12 1 Kor 7:29-31 Mark 1:14-20