Die Piketberger Mei 2023

Page 1

Annetia Tops by CPUT

Annetia Calitz Olivier het pas die dekaansmedalje aan CPUT verower. PHS, veral, is trots op hierdie matrikulant wat in 2017 met 4 onderskeidings slaag. Sy begin daarna 'n lewensveranderende avontuur as au-pair in Nederland. Daar vind sy haar roeping vir Onderwys en begin haar studieloopbaan aan die Cape Peninsula University of Technology (CPUT), Wellingtonkampus. Haar 4 jaar (1 jaar en 4 maande op kampus en die res aanlyn) word beskryf as onvergeetlik en heilsaam. CPUT Wellington se lektore en studente het haar gehelp om te groei tot die persoon wat sy vandag is. Haar missie was en is steeds om 'n verandering te maak waar sy ook al gaan. Vir 2 jaar was sy 'n tutor en 'n dosentassistent in haar laaste studiejaar. Boonop het sy gedurende haar 4 jaar 37 uit 39 vakke met onderskeiding geslaag. Op 18 April 2023, met haar gradeplegtigheid te Bellville CPUT kampus, ontvang sy haar B. Ed en VOO-graad en verwerf die dekaansmedalje, wat aan slegs een student uit elke fakulteit gegee word. Annetia is dus aangewys as top student. Sy is tans in Noordoewer, Namibië en bestee haar tyd aan gr. RR leerders, glo dit of nie. Haar eie besigheid, Wholesome Leather, het pas die lig gesien.

Annetia Calitz Olivier ontvang die CPUT Dekaansmedalje van die

R5,00

Piketberg se koerant vir Piketberg se mense...

Belgium Exchange Pro...p6

Mnr Karookop Primêr ...p6

Ben en Nellievier 60 jaar...p7

Op dieRakke van die Bib...p10

Agri X Potjiekoskompetisie...p10

Plaasseun tot Nedbank Tak...p13

SSS kampvir Dogters...p14

VLV Opvoeding en Kultuur...p15

SSS Top 10...p16

PHS Pa en Dogter Aand...p16

PHS'ers ontvang Grade...p18

1
Jaargang 30 Nr. 4  022 913 1796
Mei 2023 piketberg.bergriviertourism.co.za Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com
Annetia Olivier by haar ouers, Callie en Linda Calitz. Dekaan van Onderwys: Prof Andile Mji, regs op die foto. Links is die Vise-kanselier Prof Chris Nhlapo. Foto CPUT.

Redaksioneel

Lewe in Doodsbeendere

Met Paastyd pas gevier, kry Lewe uit die dood nuwe betekenis. Ons herdenk binnekort die uitstorting van die Heilige Gees en net die gedagte daaraan gee my nuwe krag. By Kix doen ons twee weke gelede Esegiël 37, een van my gunsteling skrifgedeeltes. God neem die profeet Esegiël na 'n laagte met doodsbeendere en gee opdrag dat Esegiël die doodsbeendere beveel om op te staan. Gaan lees dit gerus. Vir die volk in ballingskap was dit 'n boodskap van hoop. Vir my en jou, steeds, 'n belofte van nuwe lewe, hoop en veerkragtigheid in die plek van wanhoop, uitsigloosheid en bekommernis. Maak oop jou oë vir lewe in doodsbeendere. 'n Onlangse voorbeeld is ons bure (en buurt) se geliefde kat wat na vier weke ongeskonde terugkeer nadat hy skoonveld was. Nes ek wonder of ons dié maand nuus het, gebeur die dinge wat lewe gee, mense trou, presteer, reik uit en doen welwillendheid. Lees ook Nuus uit Rwanda en word verras, Saars is besig met die Steenkamps se 60jaar trou album en jubel behoorlik oor haar projek. Ek maak 'n draai by die winkel se tydskrifrak en is dankbaar dat julle Die Piketberger koop. Soek lewe om elke hoek en draai, jy sal lewe sien, dis gewaarborg.

Liefde Marietha

Pinkster NG Kerk

21 - 28 Mei: Ons wil Jesus sien

22 - 25 Mei: Kinders hou Bybel Skattejag

Die Piketberger Redaksie

Berigte, foto’s en proeflees: Marietha Goosen

022-913 1796

Uitleg: Isabel Lausberg

Admin en verspreiding: Marietha Goosen

Advertensies: diepiketberger@gmail.com

Volblad: R550 Halfblad: R390

Kwartblad: R270 Agsteblad: R190 Ander groottes op aanvraag.

Teken in op Die Piketberger teen R200 vir 11 uitgawes per pos in RSA.

Lees op piketberg.bergriviertourism.co.za

Briewe van ons lesers…

Very Thankful

We wish to thank the people of Piketberg, especially the “bo-dorp”, who helped to search for our children’s spaniel, Lizzie, who escaped on the afternoon of Saturday 16th April. Luckily, by the grace of God, she turned up at the Cooper’s guesthouse later that evening! It was really a miracle! It just shows how caring and warmhearted the people of Piketberg are. Thank you from the bottom of our hearts. We are deeply grateful.

2
Isabel Lausberg Marietha Goosen
3

Laubschertroue

Quinta en Marais Laubscher (dogter van Deidré en Kobus Eigelaar van Achtervlei, Piketberg en seun van Willie en wyle Adrienne Laubscher van Wamakersvallei, Wellington) is op 1 April 2023 te Achtervlei in die huwelik bevestig. Quinta en Marais het mekaar al in graad nege ontmoet, maar die liefde het eers veel later begin blom en is nou in volblom! Quinta is werksaam in Kaapstad as Sosiale Media Strateeg in die bemarkingsveld en Marais is 'n Geoloog wat werksaam is in vervoerketting-bestuur in die Vrugtebedryf. Die twee bly tans in Somerset-Wes. Fotograaf: Megan Ray Photography

Carina Eksteen, dogter van Pieter en Rianna van Piketberg is op 18 Maart 2023 met Jan Lambrechts, seun van Gielie en Riana van Porterville in die huwelik bevestig. Die seremonie en onthaal was te Delsma, Riebeek-Kasteel.

Klinktroue

Ané Nelson, dogter van Neels en Alta Nelson van Piketberg, is op 25 Maart in die huwelik bevestig met Dieter Klink, seun van Hans en Anne-Marie Klink van Strand. Hulle is tans woonagtig in Emfuleni Golf Estate, Vanderbijlpark, waar Ané haar twee jaar internskap as dokter doen by Sebokeng Hospitaal in Vereeniging. Dieter het vir Sasol gewerk, maar werk tans van die huis af vir EMSS Consulting in Stellenbosch waarvoor hy op ’n gereelde basis Kaap toe vlieg vir ’n dag of drie. Hul toekomsplanne is om na twee jaar weer terug te kom Kaap toe.

4
Lambrechtstroue
MEDIESe PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320  022-913 1172 alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00
5
Langsaan Droomland Piketberg

Belgium Exchange Programme

Bergrivier Munisipaliteit is sedert 2015 in ’n “stedeband” met Heist-op-den-Berg Munisipaliteit in België. Dit is ’n internasionale vennootskap waar beide partye leer van mekaar en beste praktyke uitruil. Die drie onderwerpe waarop die Munisipaliteite tans fokus is vaste afval bestuur, jeugontwikkeling en publieke deelname. ’n Delegasie van België het op Vrydag, 31 Maart 2023 in SuidAfrika geland. Die leerders van Bergrivier Munisipaliteit het saam metleerdersvan Heist-op-den-Berg dieprogram aangepak. Die groep van Heist-op-den-Berg het gedurende hul verblyf geleer hoe dinge in Bergrivier Munisipaliteit gedoen word en het ook die geleentheid gekry om deel te neem aan verskillende aktiwiteite wat die jeug ontwikkel. Enkele temas is vir die program geïdentifiseer waarvan die belangrikste temas die “Sustainable Development Goals” is, en om mekaar se lewensomstandighede te leer ken. Een van die temas is ook om uit te vind hoe die jeug betrokke kan raak in sake van die samelewing waar hulle ’n verskil kan maak in hul eie toekomste. Die groep van Heist-op-den-Berg reis terug België toe op Donderdag, 6 April 2023. Die uitruiling was ’n baie groot sukses en ons bedank almal wat moeite gedoen het om dit moontlik te maak, veral die gasouers wat hul huise en harte oopgestel het.

Mnr Karookop Primêr tree af

Henk Brand het na 19 jaar van skoolhou en hoofskap by Karookop Primêr afgetree. Skool was sy lewe en daarom het hy nooit geskroom om tyd aan die skool af te staan nie. Hy het uit sy pad gegaan om dinge te laat gebeur en vir alle uitdagings kans gesien. Ofskoon Karookop se skoliere kom van plase in die Moutonshoek area, noord van Piketberg, het hulle aan alles moontlik deelgeneem. By die jaarlikse Eisteddfod het kinders onder mnr Brand se leiding, die laaste paar jare meestal Cum Laudes verwerf. Deelname aan sport was 'n groot hoogtepunt, waar Karookop op 'n stadium die wenners van elke rygbyspan in die kring van plaasskole was. Mnr Brand is bekend in onderwyskringe vir sy goeie prestasie in Wiskunde as die jaarlikse sistemiese toetse afgelê word. Vanjaar het sy leerders ongeveer 20% beter gevaar as die gemiddelde van die provinsie. Die personeel het op 31 Maart, toe die skool sluit, 'n verrassingsafskeid vir hom gehou, wat ook bygewoon is deur die uitvoerende burgemeester van Bergrivier, Raadsheer Ray van Rooy. Van die oud-leerders en assistent het 'n toneel opgevoer waarin hulle sy manier van klasgee uitgebeeld het en ook sy gunsteling items wat deur die jare by skoolkonserte opgevoer is, vir oulaas opgevoer. Mnr Brand het, uit die goedheid van sy hart, vir elke kind 'n kospakkie van Chicka Chicka gekoop. Elke klasgroep en personeellid het op 'n video boodskappe gestuur wat hy kan hou as aandenking.

6

Ben en Nellie vier 60 jaar

Nellie du Toit, 'n nooi van Oos-Londen, kom in haar st 9-jaar op 'n plaas in die Eendekuildistrik kuier. Saam met haar, is haar pa en haar tannie. Haar tannie was met een van die plaasseuns getroud. Dis hier waar die jonger seun op die plaas, Ben, vir Nellie du Toit raaksien. Na skool kom studeer sy verpleging te Grootte Schuur hospitaal, want volgens Ben, was die vriendskap toe al meer as net 'n briefskrywery. Ben is toe werksaam by die kaasfabriek op Eendekuil. Hulle trou op 20 April 1963 in Oos Londen en vestig hulle op die plaas Spaarkloof, Eendekuil. Uit die huwelik is Nico, Danie, Bennie en Francois gebore. Hulle woon en werk hard op Spaarkloof tot 2016. Vanaf 1994 het Nico en Beatrix saam met hulle geboer. Daarna verhuis hulle na Bettiesbaai waar hulle vir vyf jaar baie lekker woon. In 2020 kry Nellie 'n beroerte en verskuif hulle na Huis Nerina in Porterville. As skoondogter wat saam met hulle op die plaas gewoon en gewerk het, getuig Beatrix van mense met mooi harte en geen kwade bedoelings nie. Elizabeth, hul oudste kleindogter, merk tydens 'n onlangse kuier op, dat al wat van haar ouma oorgebly het, is haar goeiemaniere. Nellie het haar alles gegee vir Eendekuilgemeenskap, veral met die brei van letterlik 1000de poppies vir die "Waardevol vir Jesus"-projek. In Bettiesbaai was hulle baie betrokke by die plaaslike sendingkommissie. Nederig, hardwerkend en 'n lewe in eerbied voor God, kenmerk steeds hulle lewe.

7

Hier is ek weer met my albumstories voor jou deur. Hallo hallo. Mense, April se dae het vir my letterlik so gou soos ‘n paar ureverby gevlieg. My selfopgelegde taak is nog niet voltooid, maar ek volhard, want dit bly ‘n feestelikheid - altans in my oë. Gedurende my April-minute is my grysstof se kuns’files’ keer op keer uitgetrek, ingeloer, aangepas, weer gestoor en na talle herhalings is ek byna by afleweringstatus. Die voorreg bly steeds groot, want om met ou foto's te werk en iets nuuts daaruit te skep, is en sal altyd vir my ‘n voorreg bly en die wik-en-weeg van uitleg, die moet-ek-doen-of-los-ek idees, talle sny-kleur-plak oomblikke, en wat-is-reg-of-wat-is-te-veel vrae dwarrel telkemale deur my kop, want om met 60jaar oue herinneringe te speel, bring sy eie wow-ness en verwonderinge. Gewone elemente in die mark is of te klein of te groot, so dan moet ek my eie skep om by die projek te pas - soos die foto-hoekies. En om dit te los, is nie ‘n opsie nie, want dit gee die nasate wat dalkies hierdie foto's weer wil omskep in iets anders, die voordeel om dit net uit te glip uit die agtergrond, want al hét ek die toestemming gekry om dit uitmekaar te haal, wou ek die foto's geensins beskadig nie. Dus moes ek ander planne beraam en om alle foto's te kon gebruik het ek dan afdrukke laat maak van een sy vd oorspronklik gemonteerde lieflikhede, en sodoende kon ek gemaklik en met gemoedsrus hierdie taak stukkie vir stukkie aanpak. Dankie tannie Myrtle, dat Tannie my hiermee vertrou het en mag Tannie ‘n vreugdevolle verjaarsdag vier op 4 Mei. Ek kom inloer met my pakkie. Hierdie maand met talle vakansiedae, was dit uiters stil op die kunsfront, net om Mei weg te spring met ‘n boem-ba-bam. Maar dis vir volgende keer se stories. Mag dit goed gaan, waar jyook al mag gaan.

Piketberg Dieresorg

Skenkings van komberse, hondekos, katkos, Nekbandjies, leibande en katmandjies welkom.

Piketberg Blom en Tuinbouklub

Op 03.05.2023 kom die dames by NGKerk moederskamer bymekaar. Die Sinagoge is besig met opknapwerk en nie beskikbaar nie. Die dames kom maak 'n Moedersdag rangskikking wat hul aan hul moeders herinner.

ACVV Nuus

Rus ‘n Bietjie hou op 2 April 'n uitstappie na Adene’s Farm Flowers.Trippe Trappe: Paasfees is spesiaal gevier by Trippe Trappe met ‘n “easter egg hunt” gehou in die kerk se pragtige tuin. Baie geluk aan Juf Elizna met die geboorte van hulle babaseuntjie op 13 April. Maatskaplik: Die kinders het die pleeguitstappie na Wacky Adventures te Hopefield op Saterdag 1 April vreeslik geniet. Baie dankie aan Piket Implemente vir die bydrae om die uitstappie moontlik te maak. Huis AJ Liebenberg: Wat ‘n geseënde Paasfees met ons Huis AJ Liebenberg familie! Inwoners is bederf met varsgebakte paasbolletjies, kerrievis, slaai en paaseiers. Baie dankie aan die publiek vir besoeke en kuiers aan inwoners. Hiermee ook ons opregte dank vir elke bydrae, donasies van vrugte, groente, vleis en soveel meer. Elke donasie word met dankbaarheid ontvang en waardeer. Dankie dat die inwoners van Huis AJ Liebenberg in mense se harte en gedagtes bly.

Hierdie advertensie geborg deur Sam en Berenice Scheepers

piketberg mediese sentrum

Tel: 022 913 1146

Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395

Ma - Vry: 08h00 - 17h30

Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts)

Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn)

Dr Bibi Werle (Sonar)

Ilse Bruwer (Spraakterapeut)

Merina de Waal (Dieetkundige)

8
Uit die kunskamer van Saars Shabby ’n Shine met baie “shabby” en bq “shine”
9

Op die Rakke van die Biblioteek...

Where the Crawdads sing deur DeliaOwens

Agri X Potjiekoskompetisie

Soos elke maand het die Leeskring dames weer heerlik gekuier op 19 April. Die boek wat bespreek was, is - “Where the Crawdads sing” deur Delia Owens. Meer as 15 miljoen kopieë is reeds van die boek verkoop en dit het ook heelwat pryse gewen. Die skrywer het diè topverkoper op 70 jarige ouderdom geskryf – wat ‘n ongelooflike prestasie! Die boek is ook in Julie 2022 as ‘n film uitgereik. ‘n Boek wat met deernis die verhaal vertel van Kya, die hoofkaraker wat as ‘n klein dogtertjie al vir haarself moes sorg nadat haar ma en al haar broers en susters haar alleen by haar pa gelos het. Die leser stap saam met haar deur haar lewe met al die trauma en hartseer wat daarmee gepaard gaan. Die beskrywing van haar verwerping deur die inwoners van die dorp, gee mens ‘n knop in die keel en dan word sy boonop op 19 jarige ouderdom van moord aangekla. Die boek volg haar hele lewe tot haar dood op 64 – met soms ‘n traan pik en baie naelbyt oomblikke. Iets wat uitstaan in die boek is die outeur se in diepte kennis en liefdevir die natuur – met pragtige beskrywings, soos byvoorbeeld: “silent cloud of dragonflies”, “under a paint-brush sky”, “ballet of fireflies” en nog vele meer. Met die beskrywings word mens ingetrek in Kya se wêreld en sien dit deur haar oë en waardeer saam met haar die wonder van die natuur. Ter afsluiting ‘n aanhaling uit die boek wat elke Piketberger die tyd van die jaar sal verstaan en waardeer. “Autumn leaves don’t fall; they fly. They take their time and wander on this, their only chance to soar.”

Bespreking deur Marieta Wasserfall.

Doen jouself die guns en kry ‘n kopie van die boek by die biblioteek – jy gaan beslis nie spyt wees nie. Maak net seker jy het genoeg tyd om dit in een sessie klaar te lees – jy gaan dit niekan neersit nie!

PQ Agri X se potjiekoskompetisie op 18 Maart met vermaaklikheidskunstenaar, Wicusvan der Merwe, was 'n groot sukses. Oud- Piketberger, Sjef Liza Kriel en Belinda de Kock van Bravo, het die nege smullekker potte beoordeel. Dit was ‘n ideale geleentheid vir spanbou en verskeie besighede het spanne geborg. Beoordeling was ‘n moeilike taak aangesien al die potte baie lekker en uniek was. Baie geluk aan die Namakwalandspan met 'n eerste plek vir hulle Namakwalandse vleispot, 'n vrolike stalletjie met ekstra moeite: Peter en Ammie Burger, Toeloet en Madeleen Nelson en Mariette Louw. Tweede plek gaan aan Liebco - Liza du Toit se Beespot en derdeplek is gedeel deur Die Piketbergers se PiketpotPetrie Smith en die Piket Damskroppers - Bennie Grobbelaar se Lasagnepot. Dankie aan al die ander spanne wat spangees, innoverende idees en smaaklike kos verskaf het, dit was ‘n dag propvol pret vir groot en klein. Groot dank aan al die borge, ons hoop om dit volgende jaar weer te doen. Voorlopig sal die Potte prut op Saterdag, 16 Maart 2024, merk dit solank op jou kalender: Liebco Vleishandelaars, Build It/ Fox Electro, AECI/ Eben Burger, GEO Farm Suppliers, Toyota Citrusdal, NQF Vervoer, Dr. Harold Truter, Omnia kunsmis/ Hermann Coetzee, Gerber Meubels, Dup Meubels, Agrimark Piketberg, Droomland, Winkelshoek en Piketko (FFGSA).

10
interessants
te deel? Artikels - Plaaslike Nuus - RubriekeFunksies - Vermaak - Foto’sIets Interessants Laat weet vir ons by diepiketberger@gmail.com
Iets
om
11
12

Plaasseun tot Nedbank Takbestuurder

William Brand het op 1 April vanjaar as Takbestuurder by Nedbank Piketberg begin. Voor dit was hy vir 14 jaar eers konsultant by Capitec, toe onderbestuurder en later bestuurder. Beslis 'n man wat die suksesleer klim. Die Piketberger wou meer weet oor sy agtergrond. William word groot op 'n plaas, Elandsfontein, in Clanwilliam. Gedurende skoolvakansies werk hy op die plaas en matrikuleer in 2003. Sy beroepsloopbaan begin as assistent op Elandsfontein, daarna na Superspar Clanwilliam, ook as assistent vir 'n jaar. Vir die volgende 4 jaar werk hy as Kwaliteitskontroleur by Rooibos LTD. Hy behaal NQF 4 & 5 deur Cornerstone Performance en is tans besig met Management deur Stadio.

Donasies Welkom

Piketberg Dieresorg NPC Capitec Bank, Spaarrekening

160 6488 552

Takkode 470010

Dr Herold Truter, Dr Saskia Smalberger, Dr Jasper Müller en Bendert Smit help graag met enige van die volgende prosedures:

13

Nuus uit Rwanda…

’n Nagmerrie-ondervinding met interessante leesstof

Nadat ons tog te lekker saam met Ané en Dieter troue gehou het en Neels weer terug is Rwanda toe en ek agtergebly het vir CP se gradeplegtigheid, vertrek ek 22 April terug Rwanda toe. Toe ons Rwanda nader, het die beheertoring laat weet ons kan glad nie naby aan Kigali kom om te land nie. Die donderweer is te swaar. Ons vlieg toe by die westelike provinsie verby na Uganda. Ja, ’n ander land! Na ses ure van vlieg was ons baie hoopvol dat hulle ons sal toelaat om die vliegtuig te verlaat om bene te rek of iets te koop om te drink, maar dit gebeur nie. Dus sit ons toe vir twee ure in Uganda in die warm vliegtuig. Gelukkig kom my lengte, of moet ek eerder sê “korte”, toe goed gepas omdat ek myself kon neervly oor drie sitplekke om so ’n bietjie van posisie te verander. Ek ontdek toe die nuutste Inzozi, ’n tydskrif van Rwanda wat jy in die vliegtuie van Rwandair kry. Die volgende artikel het my vir ’n wyle van die bedompige vliegtuig laat vergeet: Rwanda huisves meer as 700 verskillende voëlspesies, waarvan 520 soorte permanente “inwoners” van die land is. Hiervan word 29 soorte net in die weste van die land waar ons woon, aangetref. Nog 6 soorte word in ’n ander distrik aangetref en die orige 190 spesies is “besoekers” gedurende September tot Maart, soos die gestreepte swaeltjie. Die klimaat, die netwerk van riviere, mere en vleilande speel ’n groot rol in die verskillende habitatte en ekosisteme vir die voëls om te floreer. Ek lees dat die hamerkop-paartjie wat hul tuisgemaak het in my mangoboom is ’n medium grootte voël wat die grootste nes van alle voëlsoorte bou. Die nes is ’n drie verdieping struktuur wat tussen 10 tot 12 weke neem om te bou. Hulle voeg nog boumateriaal (vere, riete, bene en ook items wat deur mense agtergelaat word) by nadat die eiers gelê is. Tuingereedskap en plastiek speelgoed is al in neste gevind. Hiervan kan ek getuig. My tuinman het altyd sy sleutels wat aan ’n wol-vlegsel wat ek gemaak het, vas was, in die vensterbank gebêre tot een dag wat hy my gevra het of ek dit geneem het. Na ’n lang gesoek het ons maar die slot geknip. Ek tel toe later die sleutel op onder die boom waarin die hamerkop nesbou. Natuurlik was die sleutel te swaar en het dit uit die nes geval. Die voëlsang in Rwanda is iets baie besonders. Die tropiese Afrika visarend is een van hulle wat in pare saam sing. Ander soorte soos die African Grey papegaai maak weer die klanke van ander diere en mense na in hul sang. Nou ja, na twee ure in die vliegtuig, was die stem van die persoon oor die luidspreker soos voëlsang in my ore toe hy aankondig ons vlieg binnekort. Om 3:30 Sondagoggend land ons in Kigali. Met net een en ’n half uur se slaap, nadat ek om 3:00 by die hotel aangekom het en weer om 5:00 moes opstaan en lughawe toe gaan, moet ek erken dat nie eens die voëls my die volgende oggend kon wakker sing nie.

20 Jaar gelede - Mei 2003

Redakteur: Pierre Steenkamp

Mede-Redakteur, berigte en foto’s: Marietha Goosen

Advertensiebestuurder: Deon van Dyk

20 bladsye Donasie R1,00

Rubrieke: Briewe vanons lesers; Uit Jannie se Pen

Voorblad: Zebra Bokjol bied groot pret. Een van die vermaaklikheidsgroepe, Boeretroos, bestaan uit Marius Kriel, Christo Smit, Gielie Hanekom en Morné Smit.

Praktika, in samewerking met Carel van Niekerk Ingenieurswerke, bied sweisopleiding aan. BoE Bank bevorder Entrepreneurskap. Drie jongmanne, Granwelle Dirks, Patrick Stuurman en Fabian Swartz, red 'n geel ringnek troeteldier van 'n gewisse dood. Jean-Pierre Anzala, 'n fransman, gee sy indrukke oor SA. Naomi Bruwer behaal MA graad Cum Laude in Afrikaans en Nederlandse letterkunde. Mientjie Mouton van Carmién Rooibos Tee besoek Boland SPAR se teekamer. BoE se Monica Nel ontvang die Diamanttoekenning vir haar prestasie gelewer in korttermyn versekering. Rolbal klubkampioene is Esther Botha en Gawie Richter.

SSS kamp vir Dogters

In samewerking met Cape Leopard Trust is 'n Natuurbewaringskamp gehou vir dogters. Drie van SSS se gr 9's, Shauneeq Baron, Jeonick Blankenberg, Hayley Blankenberg en 'n onderwyserassistent, Caitlin Julius, het vir vier dae saam met vyf ander skole se dogters meer van Natuurbewaring geleer oa Bewaring, Paleontologie, Argeologie, Ekotoerisme, die Monitering van Wild en Entomologie. Meer oor die kultuur van Khoi en San is geleer, asook die maakvan tee enspoorsny.

14
Die hamerkop en sy nes.

Op 11 Mei om 09:30 leer ons meer van Piketberg se besigheidsgeskiedenis. Elkeen word hartlik uitgenooi om te kom deel in Van Niekerk en Krupp / Piket Implemente is 90jaar vieringe (1933-2023). Ilze van Niekerk en Simone van der Colff kom gesels oor die navorsing wat gedoen is om die kleurvolle geskiedenis van die besigheid op te teken. Op Sosiale Media (YouTube kanaal) verskyn elke maand ‘n nuwe video om die 90 Jaar van Genade te vier. Nuwe intrekkers en gaste is baie welkom. Tee en verversings vanaf 9uur. Nie-lede betaal R40 teegeld.

Navrae: Nicoline Brown:082 477 0665

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas. Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Die volgende Piketberger is die Junie-uitgawe en verskyn

Op 8 Junie 2023.

Sperdatum is 30 Mei 2023. Stuur advertensies, rubrieke, nuus, foto’s na diepiketberger@gmail.com

New Product Available:

Shutters

15 Pools-New Renovations Decking Pool Re-Lining Building/Renovations Pool Maintenance Maintenance Pumps/solar Painting Paving Tiling Ponds and water features Plumbing Jacuzzi’s Ceilings info@poolnprop.co.za 076 699 7749 / 082 756 9075 SHADEPORTS NEW and REPAIRS Est. 1994  NEW Shadeports supplied and installed  RECOVER existing Structure with NEW SHADECLOTH  REPAIR Structures
Use to SHADE Pools / Cars / Boats / Caravans / Play Areas
Alterations undertaken
Replace
Windows on DROP BLINDS
Best Service
all times
WEST COAST
MALMESBURY,
PORTERVILLE etc
Pfuhl:
mail@affiplaas.co.za
PVC
 Shaded or Waterproof Assuring you of our
at
We cover
also
PIKETBERG,
Contact: Freddy Pfuhl: 083 9857558 Angela
073 7013682 Email:
Besigtig ons kwaliteit vakmanskap en produkte by Hoërskool Piketberg, waar ons onlangs nuwe shadeports geïnstalleer het. Kontak ons gerus as u ook ‘n kwaliteit shadeport wil installeer. 
VLV Opvoeding en Kultuur

SSS Top 10

Gr.8 top 10 presteerders vir kwartaal 1, van nr.10 tot nr.1, is: Jaydon Lesch, Rudighar Swarts, Jerome Afrikaner, Amy Le Fleur, Elridge Monk, Junay Swartz, Lucille Moore, Lincoln Daniels, Shane Lee Dirks en Graeme Lottering.

Gr.12 top 10 presteerders vir kwartaal 1, van nr.10 tot nr.1, is: Oktyvia Lewies, Zoe Abrahams, Ethan Gouws, Amogene Dietrich, Curlinn Goliath, Franklin Farao, Rekayl Monk, Bianca Esterhuys, Micarlo Moses en Jay Dean Claasen.

Melany kry Diploma

Melany Benjamin, oud-leerder van Steynville Sekondêre Skool, verwerf 'n diploma in Grondslagfase (Graad R) aan CPUT.

Steynville Stoops na Spanje

Gr.9 top 10 presteerders vir kwartaal 1, van nr.10 tot nr.1, is: Lyandre Mentoor, Chevonte Petro, Roche Hector, Denecia Solomons en Mickay Smith (gesamentlik in die 7de plek), Nathan Abrahams, Elzano Strauss, Shauneeq Barron, Hayley Blankenberg, Donay Links en Wilber Fredericks.

Gr.10 top 10 presteerders vir kwartaal 1, van nr.10 tot nr.1, is: Cassidy Williams, Anro Marcus, Jean Marco Gal, Chamorne Lewies, Elgemay Adonis, Tayren Adams, Alkisha Marcus, Shereeze Syse, Megan Willems en Caryn Langeveldt.

Gr.11 top 10 presteerders vir kwartaal 1, van nr.10 tot nr.1, is: Kaylinn Engelbrecht, Peter Julius, Adelaide Farao, Bronique Engelbrecht, Shenitha Miggel, Zayden Goliath, Bianca Maarman, Antionette Fransman, Marle Kay Erasmus en Simone Cloete.

Drie onder 19Arugbyspelers is by die onlangse Tony Stoops Toernooi in Kuilsrivier gekies vir die toerspan wat Septembermaand na Spanje gaan: Jason van Rooyen, Keanu Swarts en Devano Jantjies.

SSS 7's

Jaden Klaase is gekies as deel van die O/19 Maiatanga 7's groep, wat aan 'n sewestoernooi op 30 September in Stellenbosch gaan deelneem.

PHS Pa en Dogter Aand

Dit was 'n hoendervleisspesiale-aand om die trotse pa's met hul dogters te sien. Spesiale aandag, betrokkenheid, omgee en liefde het geseëvier. Ons is baie trots op PHS se pa's en dogters! Die 50’s tema dans was gehou in die PHS skoolsaal vir die insameling van baie nodige fondse vir die Grondslagfase speelpark. PHS wil ‘n groot dankie sê vir al die fondse wat alreeds Ingesamel is. Foto: Endriëtte le Roux Smith

16
17

PHS'ers ontvang Grade

Anieke Burger verwerf haar B.Ed graad in Grondslagfase aan CPUT. Sy is tans 'n Engels onderwyseres vir gr 2's by La Vigne, Durbanville.

Deanu Cornelissen ontvang BSc Fisiese Wetenskappe aan die Universiteit van WesKaap. Hy doen tans een jaar internskap as data analis by Van Der Vyver Transport.

Willem Wiggins behaal sy B Rek graad aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy is tans besig met Honneurs in Bestuursrek.

Hanri van Zyl behaal B Ed Intermediêre Fase aan CPUT. Hanri gee tans onderwys by Piketberg Christian School.

CP Nelson voltooi sy graad in Megatroniese Ingenieurswese Des 2022 en ontvang dit op 20 April 2023.

Johan du Toit ontvang sy 'n BSc in Chemie en Polimeer wetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch.

B.Agric in Plantproduksie aan die Elsenburg Landboukollege. Sy hoofvakke is Hortologie en Wingerdbou.

Aimeé Hope Philander verwerf haar B,Ed graad aan CPUT met vyf onderskeidings in haar finale jaar. Aimeé gee tans onderwys by Steynville Primêre Skool in die Intermediêre Fase.

Marelize Myburgh studeer aan die Universiteit van Potchefstroom en behaal haar Onderwysgraad (Intermediêr: Wiskunde, Wetenskap, Tegnologie) Cum Laude. Marelize gee tans onderwys by Jurie Hayes Primêr in Langebaanweg.

Dewald van Deventer het op 7 Desember 2022 die graad B Ing (Megatronies) aan die Universiteit Stellenbosch behaal. Hy is tans besig met sy Meestersgraad.

Jac Goosen ontvang op 30 Maart die graad B Ing (Meganies) aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy werk sedert Januarie vir Inrange, 'n SuidAfrikaanse maatskappy wat ook internasionaal werk.

18
Elize Visser ontvang op 19 April haar B Ed Onderwysgraad (Intermediêre Fase) aan CPUT op Wellington. Harry Roux behaal B Com (Wiskundige Wetenskappe) aan die Universiteit van Stellenbosch. Louis Bester behaal
19
20
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.