Piketberger Feb 2023

Page 1

Steenkamps Vier Diamantbruilof

David en Myrtle Steenkamp was op 2 Februarie vanjaar 60 jaar getroud. Hulle is op 2 Februarie 1963 in Ysterplaat getroud, een jaar en twee maande na hulle ontmoeting by die NG kerk op Ysterplaat. Die huweliksbevestiger was ds APS Beetge. David was voorsitter van die KJA en Myrtle is deur 'n vriendin saamgenooi na die KJA toe. Met die eerste oogopslag was dit

soos 'n elektriese skok. Hulle het net geweet! David se getuienis deur al die jare is dat die Here hulle bymekaar gebring het. Hulle eerste telegram met gelukwense het gelui: "Opdraend saamtrek, gelykpad saamdraf en afdraend saamrem." Uit die huwelik is twee seuns gebore, Konstant en Wynand. Die Steenkamps het drie kleinkinders.

R5,00

Piketberg se koerant vir Piketberg se mense...

Olivierliefdesviering...p4

Patrick Maak Kuns...p4

Memel se Mense...p6

Ring neem Afskeid...p7

Louw familie Reünie...p12

Groenvlei se Bloeisels...p14

Adrian na Engeland...p15

PHS’ers behaal Grade...p16

Top 10 Matriekuitslae...p18

1 Jaargang
Nr.
 022 913
30
1
1796
Februarie
Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com
2023 piketberg.bergriviertourism.co.za
David en Myrtle Steenkamp op 2 Februarie 1963 Ysterplaat. David en Myrtle Steenkamp op 2 Februarie 2023 Piketberg.

Redaksioneel

Diamante vir Jou

Ek bring diamante vir jou

Ek sal altyd aan ons liefde vashou

En as jy wonder hoe ek voel

Dan bring ek diamante vir jou

Dis die baie bekende koor van Gerhard Steyn se liedjie.

Verder gaan dit so: Hier / Lê die pad

Die pad na 'n vrou / Se hart

Dis die pad wat jy loop / 'n Pad vol van hoop

Sonder water of brood

En ek / Bring 'n ring

'n Ring net vir jou / My ding

Diamante en goud / Peper en sout

Ja saam word ons oud

Sestig jaar gelede, ook in die liefdesmaand van Februarie, het 'n jong David en Myrtle Steenkamp liefde en trou aan mekaar beloof, goud en diamante gegee en die pad vol hoop begin stap. Met of sonder water of brood, deur dik en dun, is hulle vandag steeds saam, ouer en wyser as toe, en oneindig lief vir mekaar. Julle is vir ons 'n inspirasie en vir die Oliviers op p4, is dit beslis 'n storie van hoop.

Liefde Marietha

Die volgende Piketberger is die Maart-uitgawe en verskyn op 9 Maart 2023.

Sperdatum is 28 Februarie 2023. Stuur advertensies, rubrieke, nuus, foto’s na diepiketberger@gmail.com

Die Piketberger Redaksie

Berigte, foto’s en proeflees: Marietha Goosen

022-913 1796

Uitleg: Isabel Lausberg

Admin en verspreiding: Marietha Goosen

Advertensies: diepiketberger@gmail.com

Volblad: R550 Halfblad: R390

Kwartblad: R270 Agsteblad: R190 Ander groottes op aanvraag.

Teken in op Die Piketberger teen R200 vir 11 uitgawes per pos in RSA.

Lees op piketberg.bergriviertourism.co.za

Bergrivier Municipality welcomes newly appointed Director: Technical Services

'I believe in the constitutional right of services for all". So says Denwin van Turha, the newly appointed Director: Technical Services at Bergrivier Municipality. The legacy that he would like to leave behind is that he helped create sustainable communities within the Bergrivier Municipal Area. My role is to be the custodian of municipal infrastructure on behalf of the community and through this, deliver effective services to all the communities we serve, said Van Turha. His main goal is to place Bergrivier Municipality's Technical Services Department in a better position than it was before, through building positive partnerships, making sound technical decisions, and working towards achieving the strategic goals of the organisation. During his first month, he is encouraged to see how residents cooperate with the Municipality and is of the view that that is the reason why Bergrivier Municipality is able to deliver effective services to its communities. Van Turha was born in De Aar, a beautiful Karoo town situated within the Northern Cape. He matriculated in 1988 at William Pescod Secondary School in Kimberley. He obtained several tertiary qualifications which include the following: Master of Business Administration (MBA) 2004 (University of the Free State); BTech Civil Engineering 2009 (Central University of Technology); and Bachelor's of Science (BSc) Hons 2014 (University of Pretoria). In 1997, his career began as a student at a consulting engineering firm in the Free State. He ventured into various sectors such as: consulting engineering; local government; developmental sector; contractors; and even spent a short while attempting to start his own business. Most of the experiences he gained was within a municipal environment, however, Van Turha's career highlight was within the developmental sector. Van Turha believes, a prosperous community for all will become a reality. The Technical Services Department is critical for the provisioning of potable water, sanitation services, roads and storm water services, refuse collection and the maintenance of municipal infrastructure. Therefore, his vision is to ensure a Technical Services Department that is functioning from a developmental platform, said Van Turha. On first entering the area, Van Turha was pleasantly surprised by the majestic mountain range surrounding the town of Piketberg. It is very rare that you will see a mountain so beautiful and so close to a place of work, he said. The pristine natural landscape also caught his eye whilst driving to Piketberg. He added he keeps discovering gems within the Bergrivier Municipal Area. Outside of Van Turha's professional life, he loves collecting scale model cars." It is an honour to work together with the community of Bergrivier Municipality, where all people really wants to live, work, learn and play in a dignified manner," he concluded.

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas. Stuur na: diepiketberger@gmail.com

2
Isabel Lausberg Marietha Goosen Denwin van Turha.
3
Langsaan Droomland Piketberg

Olie op die "Vier" ná Covid

Sarel Olivier en Annetia Calitz kan getuig dat Covid 'n positiewe uitwerking gehad het. Die nuwe Mnr. en Mev. Olivier prys die Here vir Sy goedheid. Annetia se ouers, Callie en Linda Calitz, vroeër van Piketberg, het in 2019 verhuis na Noordoewer, Namibië. Toe die grense as gevolg van Covid sluit, was Annetia besig met haar 2de jaar onderwysstudies in Senior Fase en VOO, te CPUT Wellington. Die studente is aangeraai om huis toe te gaan. Dis waar dié oud PHS-yster (2017) haar lewensmaat, Sarel Olivier, ontmoet het. Die uwe is 'n gesiene InteliGro agent, plant- en grondkundige, gewasadviseur en boer in hul klein plaaslike gemeenskap. Met die woorde van Annetia aan Sarel, "Jy sal nooit weet as jy nie probeer nie," het hul die liefdespaadjie saam begin stap en die res is geskiedenis. Op 7 Januarie 2023 het hulle hulle liefde teenoor mekaar en voor die Here verklaar en #Olivierliefdesviering gehou by Die Eike in Rawsonville.

Patrick Maak Kuns

Patrick Chipangula, 'n gebore Zimbabwiër, is vir die afgelope 6 jaar in Suid-Afrika. Piketbergers en toeriste wat ons dorp aandoen, is verwonderd oor Patrick se kunswerke wat tans by TotalEnergies te sien is. Met 'n paar hamers op houtblokke en sweismasjiene tower hy hierdie groteske beelde op, net daar waar hy is. Hy was van 1 Desember tot middel Januarie daarmee besig - 'n rekordtyd. Hy verouder/verroes self die metaal, sny elke stuk en paneel uit en slegs volgens 'n plan in sy kop neem hierdie beelde vorm aan. Alles begin by 'n paar ontwerpstrepe van bordkryt op sement. Lesers is welkom om Patrick te kontak by 071 133 4577 vir enige projek. Patrick is in staat tot enigiets, jy kan jou drome droom en Patrick sal dit deurvoer met sy skeppende hande. Wayne Swart, Bestuurder by Total het vir ‘n 5 en half meter Robot ook betaal en staan in prag as die grootste robot op die N7. Patrick maak benewens enige ander diere en robotte, ook sitbanke en ander voorwerpe.

4
Sarel en Annetia Olivier en haar ouers, Linda en Callie Calitz. Sarel Olivier en Annetia Calitz het hulle liefde verklaar by Die Eike in Rawsonville. Foto’s: Riaan West
5

Tesis oor Piket

Simone van der Collf het pas haar M graad ontvang aan die US. Haar tesis handel oor die geskiedenis en ontwikkeling van die Piket Implemente besigheid wat reeds deur die derde Van Niekerk generasie bedryf word.

Kunsdromme

'n Paar kunstenaars is deur Bergrivier Munisipaliteit betrek by 'n Kunsdromprojek. Hierdie dromme se boodskappe is opvoedkundig, dit dien as verfraaiing en sal help sorg vir 'n skoner en netjieser Piketberg.

Belanghebbendes by Simone se tesis is voor Carel van Niekerk, Gawie Richter en agter Rossouw en Ilze van Niekerk, Simone van der Collf, Marié Ehlers, Hugo Ehlers en Carel jnr van Niekerk.

Die tweede- en derde generasie Van Niekerks by Simone van der Collf, regs, is Carel snr, Rossouw met Ilze en Carel jnr. Foto’s: Marietha Goosen

Memel se Mense

Ds Kotie Kritzinger van Velddrif is vir die volgende ses maande besig om as brugpredikant die NG gemeente van Piketberg met 'n geloofsonderskeidende proses te begelei. Hy en sy vrou, Ronel, was sedert sy aftrede by drie gemeentes betrokke as brugpredikant: Calvinia, Ladismith en Melkbosstrand. Ds Kotie het onder andere grootgeword op Memel waar sy pa predikant was. Willie Koen snr het 60 jaar gelede op Memel by Kotie se pa gekatkiseer.

piketberg mediese sentrum

Tel: 022 913 1146

Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395

Ma - Vry: 08h00 - 17h30

Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts)

Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn)

Dr Bibi Werle (Sonar)

Ilse Bruwer (Spraakterapeut)

Merina de Waal (Dieetkundige)

6
Elize en Willie Koen, links, by Kotie en Ronel Kritzinger. Dié twee pare het 'n verbintenis met Memel. Foto: Marietha Goosen

Ring neem Afskeid

Die Ring van Piketberg en ook die gemeente van Hopefield neem afskeid van ds Clifford James en Engela, wat eersdaags hulle bediening in Aberdeen voortsit. Foto verskaf

Marieta Beertjies

Marieta Nel brei deurentyd beertjies en het pas 'n hele aantal beertjie gaan oorhandig aan Huis van Heerde Kinderhuis op Moorreesburg.

Voipmagic Voipmagic - The Asterisk Training Company

Iets nuuts om te oorweeg vir jou toekoms! Belê in kennis waarmee jy geld maak of spaar. Kennis is gebaseer op sisteme wat gratis is en altyd geldig is. Raak vry en doen jou eie sisteem of verskaf ander met jou sisteem. Telefoonsisteme wêreldwyd is tans vervang met VOIP (Voice-over-IP). Kom vind uit hoe om jou eie VOIP-sisteem te bou sonder enige kostes vir die sagteware. Tradisionele Telefoonsisteme het onderhoud nodig. Opleiding vir eie telefoonsisteme:

- Vind uit en ontvang jou eie telefoonsisteem waarvoor jy opgelei word om te installeer. Kom bou jou eie elektroniese toerusting vir sekuriteit of om die plaas te bestuur. Ja, sit enige plek in die wêreld en hou voggehaltes dop.

- Die elektroniese toerusting is spotgoedkoop en baie betroubaar.

1) Tradisionele Telefoonsisteem opleiding, 2 dae, R 4 999.00 BTW uit, Telefoonsisteem en DECT foon ingesluit (Toerusting meer werd as die koste vd kursus!)

2) VOIP-opleiding, 3 dae R9 999.00 BTW uit, kennis hoogs in aanvraag!

3) Elektroniese Opleiding 1, 1 dag R2 999.00 BTW uit, Arduino bord en Elektroniese komponente ingesluit

4) Elektroniese Opleiding 2, 2 dae R6 999.00 BTW uit, Nextion Touch Screen en beheer komponente ingesluit

5) Elektroniese Opleiding 3, 2 dae R6 999.00 BTW uit , SMS eenheid en Serial komponente ingesluit.

Drie Elektroniese kursusse:

1. Die bekendstelling aan elektronika en die behandeling van kode en programmering van die prosessor. Ons gaan opeindig met 'n LED wat flikker teen die spoed van jou keuse.

2. Die bekendstelling van gevorderde mediums soos Touch screens en dit dek beide die programmering van 'n Arduino en die skerm sagteware. Ons gaan opeindig met 'n LED wat beheer word deur die skerm.

3. Die bekendstelling aan SMS stuur-enontvang en die gebruik daarvan. Ons gaan opeindig met 'n LED wat beheer word deur 'n SMS. Kom ervaar pa en seun tyd en ontdek tegnologie wat baie interessant is en wat deure oopmaak tot nuwe geleenthede. Kontak ons vir opleiding datums en besprekings per e-pos: sales@voipmagic.co.za of skakel ons by: 083 633 4705.

7
Dr Herold Truter, Dr Saskia Smalberger, Dr Jasper Müller en Bendert Smit help graag met enige van die volgende prosedures:

Hallo 2023. En hallo's aan al jul oulike lesers. En hier spoed die jaar heerlik voort met genoeg alreeds om my sommer paar maande besig te hou. Op die kunsfront, sowel as by die huis met ons jongste wat nuwe skool- en koshuislewe betree het, is dit nogal 'n aanpassing. Daarna kry ek in Februarie n ekstra tittel as ouma', en Okt trou my oudste, so dis n heerlike mallemeule-rondomtalie-jaar hierdie, maar ek wil dit ook nie anders hê nie. Kunsgewys val ons weg met 'n volgelaaide NSD-dag in Durbanville waar ons deur die papiere en uitdagings gaan ruk-en-rol. Daarna in Maart, alweer 'n oorlopens vol naweek in Simondium en by die VLV is een van die kuns items n shabbysjiek' joernaal. Kan julle dink hoe myse hart gallop het toe ek daardie inskrywing sien? En wat dit nog 'n beter uitdaging maak, is dat dit uit lapblaaie en omslag gemaak word. Nou ja, terwyl my uitdagings my op die tone en aan die dans hou, wens ek elkeen van julle 'n verdere elf maande van projekte wat jul are laat bruis, en geleenthede waar julle kan klets en leer, want ontspanning terwyl jy doenig is, is net so belangrik. Tot volgende keer. Geniet die liefdesmaand met emmers vol liefde vir die natuur, diere, boeke, pottery, kuns, verf en presies alles wat jou hart warm laat klop.

Anderkind deur Betsie

van Niekerk word deur die skrywer self bespreekop Woensdag 15

Februarie om 9:30 by die Museum.

VLV 2023

Die Uitdagings van Verandering

Die Uitdagings van Verandering is die nuwe VLVK-tema vir 2023. Op vele terreine het dinge vernuwe en verander en dit bly 'n uitdaging om aan te pas. Mense moet op hoogte bly met die nuutste tegnologie. VLV stel hulle ten doel om hierdie veranderings raak te sien en te inkorporeer in hul programme. Ingesluit in die artikel is daar n voorbeeld van die Sirkel-projek wat al die takke in die Weskus gaan ondersteun. Die eerste Openbare Sake vergadering vind plaas op 9 Februarie, 09h30 in die biblioteeksaal. Sprekers wat optree, is Jan-Handrik Fourie van Agrisell en Hanlie Linde, Munisipale Bestuurder van Bergrivier Munisipaliteit. Leerders van die Piketberg Christian School sal 'n item lewer. Christell Brand 082 691 7869 is die saamroeper vir hierdie byeenkoms. Gaste is welkom by hierdie valentyns-oggend (R40 teegeld). Dra pienk of rooi. Piketberg VLV bedank elke borg van die 2023 VLV Jaarprogram: Superspar Boland, Super Scrap, Dup Meubels, The Outpost Restaurant, LIEBCO, Piketberg Apteek, RSAM Agri Makelaars, PC Tech/PC Net, Bergrivier Dental (Dr H Truter), Drs Smit & Morrison en Dr Sam & Berenice Scheepers.

Kantate vir Sherlock

Cantata Du Sherlock Eustace Nicolas Fortuin Composed by Cedric John David Williams

By God’s grace my path with Sherlock crossed in 2018. He accompanied on the organ a Christmas Cantata that would become a joint effort between Bergrivier Choir and St Oswald’s Choir. This was to be conducted by Alison Muller in Piketberg DRC and then at St Oswald’s Anglican Church Milnerton. Previously I attended the SANS concerts at St Oswald. Here as Church Music Director via our church secretary Deidre Marshall I began to become aware of the immense role Sherlock played in developing a world class choir in Piketberg and how he promoted international Cultural exchange in the choral world. I thoroughly enjoyed the performances of the SANS choir and guest artist with the late Arch Desmond Tutu and his wife attending these concerts. The atmosphere was always electric and inspiring. Sherlock’s professionalism shone through as he rehearsed with the choir. It was via his Bergrivier choristers that I heard he was a hard task master and had a knack of always getting the best out of them. I was aware of Sherlock’s health challenges but always in his presence it was never an issue. My short brush of experiencing life with him was never close, but always from a distance. Then I heard he was in Switzerland and that he passed on. Via Facebook his mom, Lucillle shared his last moments and his funeral and later the unveiling of his tomb. Sherlock left an indelible mark on my life in a short time. I remember that after a concert performance Sherlock was sitting in the hall of St Oswald’. He started to play Bach’s the introduction to Jesu Joy of man’s desiring and the choir just naturally from their seats fell in – what a moment of realizing that he, like me also loved the music of Johan Sebastian Bach. Months later - I had the idea of composing a Cantata in his honor. In 2021 after much research and gaining permission from Retha van Deventer who wrote a poem called Rallentando in his honor, that I start to compose the work. I drove to PIketberg to share the completed work with his mother and some choir members.

Yes, Sherlock has left an indelible mark not only my life but on many others. May he rest in peace and rise in glory. We only realize afterwards that we’ve been touched by an angel of grace.

8
Uit die kunskamer van Saars Shabby ’n Shine met baie “shabby” en bq “shine”
9

Manager: Administration and Legal Support Services Lizelle Roos

"I'm really glad to be part of Bergrivier Municipality's dynamic team and I look forward to adding my contribution, in an effort to create prosperous communities where all people are empowered to reach their full potential. In this way, hope and prosperity becomes building blocks of our communities for generations to come " So says Advocate (Adv) Lizelle Roos, new Manager: Administration and Legal Support Services. Her role is to ensure that her department functions effectively and purposefully. Legal support services are essential for ensuring that local government operates and functions within the Constitutional framework and adheres to the law in general. Sound knowledge and application of legal principles, due diligence and compliance ensures accountability and responsiveness, not only on an intergovernmental basis, but also in respect of the output which a local authority has on local communities within its jurisdiction, said Roos. Roos was born in Pretoria (City of Tshwane), Gauteng. She furthered her studies at a tertiary level and obtained the following qualifications: Bachelor's degree at the University of South Africa (Unisa) in 2008, specializing in private law and criminology. In 2013,

Bachelor's degree in Law (LLB), at the University of Pretoria, specialising in information- and telecommunication law. In 2017, she completed her Master's in Law (LLM) at the University of Pretoria, Cum Laude. She began her career as a paralegal in 1998 and later became an article clerk at Bloch Gross & Associates - one of the oldest law firms in Gauteng, if not South Africa. She later practised as an independent attorney, and during 2017, she was called to the Bar. In the very same year, Roos completed her pupillage and was admitted as an advocate of the High Court of South Africa. Apart from being an advocate, she is also a qualified and accredited mediator. Roos is both nationally and internationally accredited as a mediator. 'Community is much more than belonging to something; it's about doing something together that makes belonging matter', is one of her favourite quotes from Brian Solis. Roos was very impressed with the breathtaking views one can find in the Bergriver Municipal Area and couldn't help but notice how clean the towns are. It is a community where people still care for each other and every individual's contribution matters, said Roos. Apart from her busy career, Her hobbies include art and photography- she creates, collects and appreciates it. She obtained her National Diploma in Fine Art from Tshwane University of Technology in 2001. She loves spending time in nature, going sight-seeing and is an animal lover. I would like to thank Bergrivier Municipality and its communities for the opportunity that I have been given to, not only make a difference, but to also become part of the Bergrivier family. I have taken the vision of Bergrivier Municipality to heart and am honoured to be part of this great journey, where we all want to live, work, learn and play in a dignified manner, concluded Adv. Roos.

10
Bergrivier Municipality welcomes newly appointed
11

Nuus uit Rwanda…

Dieselfde familie doop nog ‘n keer

November 2022 word ek deur dieselfde ouers wat ons in 2021 genooi het na die doop van hul eersteling, gevra of ons 24 Desember 2022 in Rwanda is, want hulle doop hul tweede kind en ons moet daar wees. Baie teleurgesteld aanvaar hul dat ons Kersfees by ons eie familie gaan wees. Min het ons geweet die datum gaan uitgestel word na 15 Januarie 2023. Na ’n baie besige tydjie van kombuistee, eedaflegging en gradeplegtigheid, moes ons pak en na Gauteng ry met Ané se trek om daar te gaan uitpak en woonstel inrig vir haar twee jaar internskap by Sebokeng Hospitaal. Jy kan maar sê ek was by die huis, maar ek was ook nie eintlik daar nie. Soos die kersboom leër raak, raak my gemoed al voller, ons kuier is verby. In Rwanda aangekom, verneem ons dat die doop uitgestel is sodat ons dit kan bywoon, want vir dié gesin is ons familie. Daar word gereeld gevra “How is my sister?” wat verwys na Ané se welstand. Die doop is nie by dieselfde kerk as die vorige keer nie, want die nagmaal en doop is reeds 07:00 die oggend en dis te vroeg vir die doopouers om die baba gereed te hê. Dus moet ons na ’n ander kerk gaan wat 10:00 begin. Hier is ’n kerk om elke hoek en draai, dus is ons onseker watter kerk dit is en terwyl ek myself regkry, ry Neels solank met die motorfies om die kerk te gaan soek. Teruggekom bel hy die ouers net om uit te vind ons sou na die verkeerde kerk gaan. Helmet op die kop, rokkie opgetrek en handsakkie oor die skouer, volg ons die doopouers op ons motorfiets. Kort-kort word gestop, eers om ’n blou handsak af te gee by een huis en dan weer om nóg twee mense in die reeds vol Rav 4 te laai. Kindertjies skree opgewonde “musungu” (blankes) as hulle agterkom die gesigte in die helmets is wit. By die kerk gekom, wys ’n jongman met ’n band om sy lyf, soos ’n graad 1klaskaptein vir ons waar om te sit. Hy doen diens by die kerk. In ’n stampvol kerk sit ons van 10:00 tot 12:30. Ons staan en sit en staan en sit saam met die res van die kerkgangers terwyl daar vir ’n uur lank gesing word. Net hier en daar verstaan ons ’n woord van die preek totdat die priester iets van die “musungus from CIMERWA” sê en almal glimlag en omkyk na ons. Langs my sit ’n jong mamma en borsvoed haar baba, voor ons sit ’n mamma met drie kinders, twee langs haar en een op die rug vasgemaak en langs haar nog ’n mamma met kinders. Mammas met hul kinders in die kerk is ’n algemene gesig. Wat my opgeval het, is dat daar glad nie baie mans in die kerk is nie. Vanwaar ek gesit het kon ek sewe mans tel behalwe vir die een wat aan diens was en die paar in die koor. Na die doop is ons huis toe om gemakliker aan te trek en om 14:00 (volgens die uitnodiging) is ons na die doopouers se huis vir die verrigtinge daar. Ons was al uitgekuier toe die res van die gaste eers rondom 15:00 opdaag. Na die ete, toesprake en geskenke oorhandig is en die familie verdaag het, het die “after party” begin. Net voor 20:00 toe die reën sagter val, het ons gegroet en gery. Wat ’n dag! Glo my ons was stokflou. Ek hoop nie hulle beplan ’n derde kind nie, of altans nie terwyl ons in Rwanda is nie.

Louw familie Reünie

Amanda Kayster het reeds in 2017 die plan gehad om alle Louw familielede bymekaar te bring om mekaar beter te leer ken. In November 2022 het Amanda se plan gerealiseer danksy elke gesin se getroue bydraes. Die Louws, in totaal 86, was tuis by Tabakbaai Strandoord, waar Amanda vir elke gesin 'n huisie bespreek het. Ook die Kraaltjie en Saal is vir die naweek bespreek, waar alle verrigtinge plaasgevind het. Tannie Rachel Louw Hass 11/03/1926 - 21/05/2022, oudste dogter en afstammeling van oupa Petrus Louw van Klawer omgewing, se gunstelinglied was "There's a roof up above me, a good place to sleep, food on my table and shoes on my feet. Thank you Lord for your Blessings on me." Dit het die lied van die naweek geword ter ere aan 'n sterk ystervrou wat leiding gegee het en altyd almal toegevou het met haar tere iefde. Die enigste oorlewende broer is Willem Louw van Vredenburg wat op 19 Februarie 2023 sy 79ste verjaarsdag vier. Willem Louw se tweelingbroer, Cornelius, is reeds oorlede. Vrydag se kampvuurmusiek en braai, Saterdag se spit, hoender- en worsbraai met heerlike vars slaaie en broodjies het gepaardgegaan met baie gesels en lag. Sondag is afgesluit met n vroeë Kersete. Familie van Knysna, Mosambiek, Kuilsrivier, Eesterivier, Tygervalley, Mitchell's Plain, Atlantis, Vredendal, Piketberg, Klawer, Clainwilliam, Vredenburg en Saldanha was teenwoordig. Die familie wat dit nie kon bywoon nie, is van Australië, Vredendal, Ravensmead, Grabouw en Paarl. Die Louws beplan om voortaan elke vyf jaar reunie te hou.

Bergrivier Motivated Women

Contact Details: 022 913 3597

12
Theo se whatsapp status:
“Thanks Family Neels, I like the way you always have time for my family.”
13

Groenvlei se Bloeisels

Groenvlei Primêr

Bergrivier Motivated Women

Die volgende Piketberger is die Maart-uitgawe en verskyn op 9 Maart 2023.

Sperdatum is 28 Februarie 2023. Stuur advertensies, rubrieke, nuus, foto’s na diepiketberger@gmail.com

14
Surayda en Elvida Graad 7. Chloe en Chlowin Tities Graad 4. Duwayne en Juwayne Fortein Graad 2. Drie Graad 7 dogters spog met hulle sussies wat in Graad R is. Van links agter: Sanmaré Engelbrecht, Sussie Ayseha, Kaynite Frans, Sussie Shandré, Roseline Mentoor by Sussie Anastcahé. Jani de Villiers se Graad 1-klas. Luy-Anne Pienaar se Graad R-klas. Drie maal twee vir Groenvlei (tweelinge).

Adrian na Engeland

Adrian (AJ) Joubert, leerder van Steynville Sekondêre Skool, vorm deel van Majestic Touch Rugby en is gekies om Suid-Afrika in Julie 2023 by die Jeug Wêreld Touch Rugby in Engeland te verteenwoordig. Dis 'n wonderlike geleentheid vir Adrian om vir SuidAfrika in die Wêreldbeker te gaan deelneem. Indien die finansiële uitdagings oorkom kan word, sal dit vir SSS 'n geskiedkundige gebeurtenis wees en op Adrian 'n onuitwisbare positiewe merk laat. Adrian en sy ouers benodig R50 000 om alle uitgawes te dek vir hierdie lewensveranderende ervaring. Hulle het nie hierdie tipe geld nie. Jakob Jantjies, bekende Piketberger in sportkringe, kan gekontak word by 083 551 7950 of epos: Jakobjantjies4886@gmail.com indien lesers hulle geroepe voel om vir Adrian finansieel te ondersteun. Kontak Jakob in elk geval vir meer inligting.

Die volgende Piketberger verskyn op Donderdag 9 Maart 2023.

Berigte en advertensies moet ons bereik teen 28 Februarie 2023.

Pools-New Renovations Decking

Pool Maintenance Maintenance

Pimps/solar Painting

Paving Tiling

Ponds and water features Plumbing

Jacuzzi’s Ceilings

Pools

Pool Maintenance Maintenance

Pimps/solar Painting

Paving Tiling

Ponds and water features Plumbing Jacuzzi’s Ceilings

Handré

Washiela Goliath en Shameel Davids.

Besigtig ons kwaliteit vakmanskap en produkte by Hoërskool Piketberg, waar ons onlangs nuwe shadeports geïnstalleer het. Kontak ons gerus as u ook ‘n kwaliteit shadeport wil installeer.

15
and
Est.
SHADEPORTS NEW
REPAIRS
1994
Pool Re-Lining Building/Renovations
Geldenhuys,
SHADEPORTS NEW and REPAIRS Est. 1994 NEW Shadeports supplied and installed RECOVER existing Structure with NEW SHADECLOTH REPAIR Structures
Replace PVC Windows on DROP BLINDS
Use to SHADE Pools / Cars / Boats / Car vans / Play Areas Alterations undertaken
you of our Best Service at all times We cover WEST COAST also MALMESBURY, PIKETBERG, PORTERVILLE
Contact:
Shaded or Waterproof Assuring
etc
Freddy Pfuhl: 083 9857558 Angela Pfuhl: 073 7013682 Email: mail@affiplaas.co.za
-New Renovations Decking
Pool Re-Lining Building/Renovations
unique.projects.alan@mail.com

20 Jaar gelede - Februarie 2003

Redakteur: Pierre Steenkamp

Mede-Redakteur, berigte en foto’s: Marietha Goosen

Advertensiebestuurder: Deon van Dyk

16 bladsye Donasie R1,00

Rubrieke: Briewe van ons lesers; Uit Jannie se Pen

Voorblad: Bloues Kou Goues. Die Blouspan wen die Kleuresport.

PHS se 2002-matrieks verras met 8 gemiddelde

A-simbole: Alma Engelbrecht, Gabré Calitz, Linja Treurnicht, Charlene Loedolff, Lindie Brown, Jaco van Niekerk, Kobus van Schalkwyk en Abré

Kriel. Toppresteerder Alma behaal vir 7 van haar 8 vakke A's. Met haar gemiddeld van 103% is sy 41ste op die Wes-Kaapse ranglys.

BoE bestuurder Pierre Olivier word aangewys as Bankier van die Jaar in die streek.

Praktika nooi dr Kobus Neethling na Piketberg.

Heimat voldoen aan EurepGAP.

Pep hou baba-fotokompetisie: Die wenners is Johandray Maarman en Melanie van Wyk.

Khanya skenk 15 nuwe rekenaars en 20 tweedehandse rekenaars aan Steynville Primêre Skool - 'n toevoeging tot hulle reeds bestaande rekenaarlokaal van 25 rekenaars. James Roelofse en Suzette Joubert, albei met Albertinia wortels, se paaie kruis weer by PHS.

PHS kollegas Grace Dippenaar, Madelie Burger en Joey Venter se Alma Mater is Hoërskool Tygerberg.

Johann Smuts stig 'n skaapkopgilde op Piketberg. Coenraad Lambrechts, deel van Boland O/15krieketspan, is aangewys as beste kolwer by kriekettoernooi op Oudtshoorn waar 15 spanne meeding.

Rolbalspelers Deon van Dyk, Jannie Visser, Esther Botha en Hannes Cloete vorm 'n gedugte span.

Laerskool Victor en Victrix: Ivor Cornelissen en Johandri White. Hoërskool Victor en Victrix: Hano Grebe, Raynic van Wyk en Karlien Visser.

Donasies Welkom

Piketberg Dieresorg NPC

Capitec Bank, Spaarrekening

160 6488 552

Takkode 470010

Piketberg Dieresorg

Skenkings van komberse, hondekos, katkos, Nekbandjies, leibande en katmandjies welkom.

PHS'ers behaal Grade

Hierdie advertensie geborg deur Sam en Berenice Scheepers

Valentynsdag Gemeentebraai Fonteinfees 14 Februarie 17 Februarie 11 Maart

16
Joubert van der Merwe verwerf BSc Landbou aan die Universiteit van Stellenbosch. Ané Nelson verwerf haar graad MBChB aan die Universiteit van Stellenbosch (2022) en doen tans haar twee jaar internskap by Sebokeng Hospitaal in Vereeniging.
17 MEDIESe PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320  022-913 1172 alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00 PHS Kleureatletiek
Motivated Women
Bergrivier

PHS Musiek Top 10 Matriekuitslae

Jana Truter, Kacey Wessels, Benco Grobler, Mari Gerber, Juan Nelson, Wiohné Turner, Courtney de Klerk, Alexa de Lie, Francois Marais en Arno Coetzee. Jana en Kasey het met A-gemiddeldes geslaag.

Klavier Prakties 2022-uitslae is inlas Braam Theron –Lof 87%. Voor by Alison Muller is Reveshni de Bruin – Eervolle Vermelding 76% en Tammy Booys – Lof 80%. Agter VanZyl van der Merwe – Eervolle Vermelding 83% en Carel van Niekerk – Lof 83%. Al die leerlinge het UNISA gespeel, behalwe Van Zyl wat Trinity se eksamen gedoen het.

Foto: Endriëtte le Roux-Smith.

PHS Nuwe onderwysers

Piketberg Hoërskool

Baie geluk met die 100% slaagsyfer wat behaal is. Aan elke matrikulant van 2022, sowel as hulle ouers ons beste wense. Mag dit die begin wees van suksesvolle verdere studie of ‘n loopbaan. Aan die skoolhoof en personeel van PHS, baie dankie vir jare se toewyding en onderrig. Ons is saam met die skool trots op die prestasie en wens vir PHS voorspoed toe vir die toekoms.

18
Van onder links: Michelle Louw en Elanza van der Westhuizen, Wilmari Botha, Jeanne Fick en Natalie Faul, Di-Han van Zyl en Gerko Nieuwoudt. Mariëtte Koen, skoolhoof, by Aimee Swart en JJ Swart. Laerskool Victor en Victrix Ludorum
19
20

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.