Die Piketberger December 2021

Page 1

SSS se Uitblinker

Raadslede

Des-Maure Benjamin, gr 12-leerder by Steynville Sekondêre Skool, is aangewys as 2021 se Dux student. Sy ontvang ook die Rita Esau wisseltrofee vir beste akademiese prestasie in gr 12 en is ook die eerste wenner van die Michael Beukes Geskiedenis wisseltrofee vir die beste gr 12-Geskiedenis-leerder. Volledige berig op p32 Foto verskaf

1 Jaargang 28 Nr. 11 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se www.piketberg.com R5,00 Desember 2021 Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com
Maakt Macht...p4 Koebaai, maar nie Vaarwel…p6
Eendracht
Ingehuldig…p13
Sanders
Dr
se besoek...p14

Redaksioneel

Die stemloses

'n Krapperige keel ontwikkel toe in 'n hees stem, wat net vra vir stilbly. Lastig vir my, wat besig is om gaste af te sien en die laastes oorgehaal kry om nog vir koffie te bly.

Min weet ek dat iemand uit 'n heel ander koers later die dag 'n oor nodig het.

En wat is beter as 'n stem wat weg is en twee

Mag ek meermale 'my stem verloor', maar my ore

Ons is in Adventstyd, 'n tyd van afwagting en verwagting, hoop, vrede, vreugde en liefde.

Onder ons en tussen ons is dié sonder stem... wat uitgelewer is, wat sonder uitsig is, sonder identiteit en selfwaarde.

Kry jou lyf, voete, hande, ore en oë in beweging en wees Jesus se lyf, voete, hande, ore en oë. "Preach God at all times, and if necessary, use words".

Wees 'n kanaal waardeur ons Verlosser self Sy redding aankondig aan 'n ieder en 'n elk.

Dankie vir elkeen wat gedurende 2021 gehelp het om Die Piketberger se stem te wees, sodat die goeie nuus soos 'n vars bries deur ons dorp en omgewing kon waai.

Marietha

Die Piketberger Redaksie

Berigte, foto’s en proeflees: Marietha Goosen

022-913 1796

Uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen

022-913 3873 n/u

Advertensies:

diepiketberger@gmail.com of sms 079 496 2719

Volblad: R500 Halfblad: R350

Kwartblad: R240 Agsteblad: R170

Ander groottes op aanvraag.

Teken in op Die Piketberger teen R200 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Briewe van ons lesers...

Nolie Eksteen, ook namens Annelie, Bertus en John, skryf…

Na vyf maande in hierdie onwerklike werklikheid wat ons leef, wil woorde steeds nie maklik kom nie, maar net stilbly sê ook nie wat ons graag wil nie. Namens my en die kinders wil ek graag dankie sê vir elke blyk van meelewing (ja, want baie leef ons hartseer en pad na herstel met ons mee) nadat ons Francois moes groet. Ons het nog baie vrae, maar ons weet dat dit eendag beantwoord sal word, baie trane, maar ook dit is nodig - herinneringe bring nog nie heeltemal troos nie, maar ook dit sal kom. Ons voete vind nog hierdie pad sonder hom. Vandat ons, saam met so baie gebid het vir sy herstel, het ons ook geleer dat God antwoord. Daar was soveel gebede vir sy volkome herstel – ons sou hom minder volkome ook terugvat, maar God hét hom volkome herstel. Nie vir hierdie kort lewe op aarde nie, maar vir die ewige lewe.

Uit ons harte dan baie dankie vir elkeen wat ‘n skouer bied, of gebied het op ons bult-op-pad.

Christell en Juan Brand skryf...

Ian Brand, my dierbare man het ‘n noue ontkoming gehad toe die stroper, weens ‘n meganiese fout, bergaf begin hardloop het en hy uit die stroper moes spring om sy lewe te spaar.

Ian het gesien hoe die stroper berg-af beweeg voordat hy my gebel het om te sê dat hy sy been erg beseer het. Ek het hom dadelik na Vredenburg Life Hospitaal geneem waar bevestig is dat sy linkerbeen sleg gebreek was.

Hy is Maandag 15 November teater toe en ná ‘n drie ure lange operasie is die been weer geheg en op pad na herstel.

Ian is die Woensdag ontslaan en sterk tans by die huis aan.

Ek en Juan is baie dankbaar dat Ian weer by die huis is. Ons weet nie waar om te begin om almal te bedank vir al die ondersteuning, hulp, oproepe, boodskappe en gebede nie.

Aan almal op die plaas wat aangaan met dit wat nog gedoen moet word, dankie.

Aan al ons vriende en familie se ondersteuning en hulp, weet dat dit opreg waardeer word.

My vriendinne wat uitgehelp het met Juan, baie dankie. Ons wil niemand uitsonder nie… die lys is net te lank. In hierdie tyd het ons besef hoeveel mense omgee.

Ons is baie dankbaar teenoor ons Hemelse Vader dat Hy Ian se lewe gespaar het en vir ons nog tyd saam geskenk het. Dankie.

2
Barbie Breunissen Marietha Goosen Ian, Christell en Juan Brand Foto verskaf
3

Eendracht Maakt Macht

Eendracht Maakt Macht is ‘n splinternuwe Afrikaanse koöperatiewe bordspel wat spelers terugneem na die Anglo-Boereoorlog. Alhoewel die meeste mense nie Piketberg dadelik assosieer met hierdie uitdagende era van ons land se geskiedenis nie, het die dorp tog ‘n paar verbintenisse met dié spel. Piketberg kom selfs in die spel voor aangesien Manie Marits se aanval op die dorp soos uitgevoer op 13 Oktober 1901 die basis vorm van een van die vele historiese uitdagings in die spel. Die noodsaak om dié tipe spel te skep is volgens die ontwikkelaar tydens grendeltyd waargeneem. Wolfkraal is uit die behoefte gebore om geskiedenis op ‘n prettige en gebalanseerde manier aan die jonger geslag oor te dra en die bordspel-medium is geïdentifiseer weens die onderbenutte potensiaal wat dit vir hierdie doel inhou. Op 18 November is Pieter Liebenberg, oud-leerling van PHS, en Wolfkraal vir die ontwikkeling van Eendracht Maakt Mackt-bordspel vereer met die oorhandiging van ‘n FAK Prestige-toekenning. Die spel lei spelers tot die besef dat wanneer daar saamgewerk word vir ‘n edele doel, groot dinge vermag kan word. Spelers word almal in een strydmag saamgesnoer en speel teen tyd terwyl hulle op ‘n vars manier leer van die beproewende tyd in ons geskiedenis.

Workaway.info:

‘n wonderlike manier om te reis

Op Kruistementvlei op Piket-Bo-Berg toer ons die wêreld vol sonder om die plaas te verlaat.

So kom hulle uit Colombië, Katalonië, Nieu-Seeland en Majorka en van regoor die wêreld. Die grense is weer oop. Dit is duidelik sigbaar aan die hoeveelheid aansoeke vir “workawayers” wat die afgelope paar maande aansoek doen vir uitruil geleenthede. Die wêreldwye organisasie bied geleenthede vir gashere en reisigers in die meeste lande in die wêreld.

Reisigers van enige ouderdom betaal ‘n fooi om lid te word van Workaway.info en het dan toegang tot ‘n lys gashere in verskeie lande. Die transaksie is geskoei op ‘n uitruil van kultuur en vaardighede. Vir meer as 10 jaar is ek ‘n gasheer vir “workawayers” van regoor die wêreld. Hierdie is reisigers wat verkies om hulself in die kultuur van die gasheerland te dompel waar hulle van hul vaardighede kan gee in ruil vir kultuurervarings en kennisuitruiling – geen geld wissel van hand hier nie. Die gasheer gee etes en verblyf in ruil vir vyf ure se arbeid of vaar-

Alhoewel die oud-Piketberger die voortou vir die spel se ontwikkeling geneem het, is die aanvanklike idee vir die spel te danke aan die samesyn om bordspeletjies van ‘n groep vriende in hul laerskooljare op die skoolbanke van Hoërskool Piketberg. In die gees van die speltema het ‘n sterk samewerkingspoging dwarsdeur die projek ontstaan en vriende en familie het ‘n groot rol in die voltooiing gespeel. Die mees senior strydmaglid in die spel se ontwikkelingskommando het ook ‘n spesiale band met Piketberg. Ds Hans Linde, vader van Hanlie Linde, Bergrivier Munisipaliteit se Munisipale Bestuurder was die taalversorger van die projek en ook die skepper van prettige spelterminologie vir die spel. Met sy gekorrelde oog om taalflaters in hierdie spel vol inligting te verwyder, was hy die span se skerpskutter. Ander spesialiste sluit in Prof Fransjohan Pretorius, oud-akademikus van UP en Piet van der Westhuizen van Return Revolution, sonder wie die projek nooit die lig sou sien nie.

Belangstellendes en voornemende speler-strydmaglede in hierdie stryd wat sonder bloedvergieting en teen tyd gevoer word, word aangemoedig om Return Revolution, die voorkeur verspreider in die Wes-Kaap, se webblad en aankoopsportaal te besoek vir verdere inligting.

braai...en al is sommige vegetariërs, bly ons braaibroodjies ‘n wenner!

Hierdie is ‘n wonderlike manier om eerstehands kennis te maak met ander kulture. By my kry elkeen ‘n kans om te kook – en so het ek al die lekkerste disse van regoor die wêreld geniet by my eie etenstafel.

‘n Liefde vir mense en die wil om ander kulture te ervaar sonder om veroordelend te wees, is ‘n voorvereiste om hierdie interaksie te laat slaag.

4
Ds Hans Linde en Pieter Liebenberg Foto verskaf Berig en foto’s: Riëtte Bryant
5

Koebaai, maar nie Vaarwel

Chris van der Merwe, 'n man met rugby in sy wese en bloed, het sy passie en kundigheid vir 34 jaar by PHS uitgeleef. 'n Droom in 2007 vir hom en die o/19-rugbyspan, was 'n toer na Frankryk en spesifiek die geleentheid om op dieselfde rugbyveld te speel waar hy vir sy Franse rugbyklub gespeel het. Dis dan net reg dat Chris volgende jaar vir drie maande Frankryk toe gaan om vir sy seun, Christie, te gaan kuier.

Coreen van Wyk is sedert 1997 by PHS vir Wiskunde en aanvanklik ook Rekeningkunde. Behalwe vir tennistoere en talle interskoles, was haar hoogtepunt in 2017 toe PHS die topposisie behaal het onder die eerste 20 Afrikaanse skole in die Wes-Kaap. Coreen sien uit na die nuwe fase in haar lewe en gaan beslis ‘n paar plekke in ons land verken en haar huis geniet.

Foto’s verskaf

Die volgende Piketberger is die Februarie-uitgawe en verskyn op 3 Februarie.

Sperdatum is 25 Januarie.

Stuur advertensies, rubrieke, nuus, foto’s na diepiketberger@gmail.com

Anderson & Nel

Prokureurs, Boedelberedderaars, Eiendomstransaksies/Oordragte, Invorderings, Litigasie, Egskeidings en Algemene Regswerk

Hoofstraat 38, Piketberg

Skakel 022 913 1132

Gerhard Kruger B.Proc (U.O.V.S)

Estie Clarys B.Comm (US) LLB (Unisa)

epos: andersonnel@telkomsa.net

Iza Schreuder verlaat PHS na 16 en 'n half vrolike en onvergeetlike jare. Sy is nie verlore vir die onderwys nie, inteendeel, sy gaan haar kundigheid en hulp net wyer in Kring 2 aanwend. Dis 'n geleentheid wat God oor haar pad gesit het en sy sien daarna uit om vanuit die Kringkantoor die Grondslagfase te bedien by skole in Eendekuil, Porterville, Aurora, Piketberg, Velddrif en Moorreesburg.

6
Prokureurs & Eiendomme
7

Héan en Lené Mnr en Mev Jonathan

Héan de Jager en Lené Ludick is 15 Augustus 2021 in die eg verbind. Die geleentheid was by Venue Nouveau in Pretoria. Héan is die seun van Henk en Annemarie de Jager van Piketberg.

Foto: Lood Goosen

Die huwelikseremonie en -onthaal was by Pronkies Kruismansrivier, Piketberg.

Foto: The Skilled Craftman

Vrouediens Afsluiting met Saars

Die NG Kerk Vrouediens het die jaar afgesluit met ‘n leersame en gesellige aand. Sarie Louw (Saars) het ‘n ‘scrapbooking’-demonstrasie vir die dames gegee.

8
Alfredo Jonathan, seun van Melvyn en Eileen Jonathan en Marecia Dietrich, dogter van Des en Calvyn Carolus en Pieter Dietrichs, is op 23 Oktober 2021 in die huwelik bevestig deur Ds Elsabe Boois.

073 811 6565

MEDIESE PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street

PIKETBERG 7320

022-913 1172

alle ure / all hours

022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours

Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

022 913 1600 / 022 913 2075

9
Johan Koch en Carla Kellerman is op 27 November te Laatson, Porterville getroud. Die paartjie gaan hulle in Morreesburg vestig. Foto: Natasha Louw Hoofstraat 21, Posbus 64, Piketberg
Pas Getroud Magnolia Keys Piketberg

Trudie Le Fleur

01.01.1964 tot 26.11.2021

Charlie Mouton

04.07.1962 tot 23.11.2021

Kix sluit hulle jaar af na twee uitdagende jare betrokke by die Smart Start voorskoolse program. By dié geleentheid neem hulle ook afskeid van Monique Potgieter, regs voor, wat saam met haar gesin na Upington verhuis.

Seënwense vir die Feesgety

God het die Bethlehem ster gestuur om die Wyse manne uit die Ooste te lei na die stal waar Sy seun Jesus, gebore is, sodat hul nie verdwaal nie.

Hoeveel sterre het jy in jou lewe, behalwe die van God? Die ster van jou pa wat sekuriteit bied. ‘n Dak oor jou kop en kos op die tafel sit?

Die ster van jou ma, wat troos, onbaatsugtige liefde gee en opofferings maak?

Broers en susters vir pret, saam kwaad doen en straf kry. Jou man vir standvastigheid.

Jou vrou vir die gom wat die familie bymekaar hou, met geduld en liefde.

Kinders en kleinkinders vir spontane pret en verrassings?

Vriende en vriendinne wat Gebedskettings gevorm het, om jou deur Covid19 te bid?

Maak oop jou oë, kyk na bo in die aand. Sien jy hoeveel sterre is daar van jou medemense wat sterre aan jou gee, sonder dat jy dit besef?

Hoeveel sterre gee jy aan ander?

Tel jou seëninge een vir een!

10 Kix sluit Smart(ie)jaar af
deur Anita
In Memoriam
Dr Herold Truter, Dr Saskia Smalberger, Dr Janke Jacobs en Bendert Smit, help graag met enige van die volgende prosedures:
11

MC HANEKOM

Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure

DIE TREK 34, PIKETBERG

Tel. 022 913 2800

hanekommc@telkomsa.net

• Administrasie van boedels

• Maatskappy finansiële state

• Individue finansiële state

• Beslote Korporasie finansiële state

• Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl

• Oudit van finansiële state

• Oprigting van trusts

• BTW invoere en BTW opgawes

• Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID

• Opstel van testamente

• Boedelbeplanning

• Maatskappyregistrasies en indiening

Musiek toe Sonja en Riana herontmoet

Sonja Lambrechts, gebore en getoë 'n Piketberger, het onlangs na Piketberg verhuis vanaf Oudtshoorn. By die Leeskringafsluting, waarnatoe sy genooi is, loop sy toe vir Riana Richter raak, wat vir een jaar lank, in haar matriekjaar, haar musiekonderwyseres by PHS was.

Foto: Marietha Goosen

12

Raadslede Ingehuldig A Little Bit of Joy

When the Creative Crafting Studio was established we decided to offer a community project for children who would otherwise not be exposed to clay painting or mosaics and experience the litte bit of joy that comes from creating something unique.

We host five children per month to a two-hour session of clay painting where we give them a beaker and a choice of colour underglaze to decorate their cup. We bake it for them and it is collected two weeks after they have been for their visit.

We have had three sessions since opening the studio. They have come from different parts of the town including Bo-berg.

Donasies Welkom

Piketberg Dieresorg NPC

Capitec Bank, Spaarrekening

Rekeningnommer

160 6488 552

Takkode 470010

These sessions are given at no cost to the children and it warms our hearts to see the fun they have during their visit. They are so proud of their creations. We look forward to these monthly sessions.

We rely on the support of the broader community which enables us to undertake this project.

13
die onlangse inhuldiging van die Raadslede van Bergrivier Munisipaliteit is die Onder-Burgemeester en Burgemeester aangewys: Onder-Burgemeester Mario Wessels en sy vrou, Terry-Anne, links en Burgemeester Ray van Rooy vir ‘n tweede termyn, saam met sy vrou Megan, regs. Foto verskaf

Dr Sanders besoek Piketberg

20 Jaar gelede - Desember 2001

REDAKTEUR: Pierre Steenkamp

MEDE-REDAKTEUR, BERIGTE EN FOTO’S: Marietha Goosen

FINALE UITLEG: Berenice Roux

Rubrieke:

Ons lesers skryf; Uit Jannie se pen; Interessante Versamelings

Dr Hannah-Reeve Sanders (93), ‘n oud-Piketberger en later Hoof van Groote Schuur-Hospitaal in Kaapstad, het onlangs weer ‘n besoek aan Piketberg afgelê, dié keer saam met haar seun Robin en kleinseun Ethan, al die pad uit Londen.

Dr Sanders se ouers was Jacob en Sonia Katzeff, bekendes uit die omgewing. Dr Sanders het in 1945 matriek by Hoërskool Piketberg geskryf en later jare het sy ‘n enorme bydrae in die navorsing, beplanning en opening van die bekende Piketberg Geskiedenisuitstalling in die Piketberg Sinagoge gelewer. Met haar onlangse besoek het sy ‘n paar van haar ou vriende oa Christine Langeveldt (op foto bo links) en Stoffel en Roché du Toit, besoek.

Voorblad: Derick eersdaags na Bloubulland. Derick is gekeur vir Vodacom se Bloubulspan en het ‘n kontrak vir 2003 en 2004. By die onlangse prysuitdelingsfunksie van Boland Landbouskool het hierdie oud-PHS’er met talle trofees en medaljes weggeloop. Piketberg is trots op hierdie sportman wat steeds, na al sy roem, sê dat Mnr Van Ellewee hom leer tackle het.

Madri Hanekom, gr 9-leerder het twee gedigte ingeskryf vir ‘n wedstryd vir leerders wat deur die ‘Institute of Africa’ aangebied is. Haar Afrikaanse gedig ‘Die Wedloop van die Jaar’ het ‘n vierde plek in Afrika behaal. Die Suid-Afrikaanse Museum Assosiasie (SAMA) het vanaf 7 tot 9 November hul konferensie in die Openbare Biblioteek op Piketberg gehad.

Winnie Grobbelaar het Goud verwerf met ‘n lapverfartikel by die Wes-Boland Eisteddfod.

Benoni Smit van Moutonshoek wys haar interessante versameling teepotjies.

Tinus en Kowie Duvenhage gesels oor Riversdal.

BoE Bank het inwoners van Huis AJ Liebenberg met tee en verversings onthaal om só hul dank uit te spreek teenoor lojale kliënte.

Liezl Kotzé het die gelukkige trekking vir die 100% katoenmat by Sinkdak gewen.

PHS se Laerskoolpresteerders: Jaco Visser ontvang die beker vir Beste Akademiese Prestasie. Kobus de Kock en Magdel Visser is aangewys as Sportman en Sportvrou van PHS se laerskoolafdeling. Magdel het ook ‘n trofee ontvang vir musiek. Kobus het die o/14 Wes-Kaap tennisspan gehaal.

PHS se laerskool leerderraad is Janie Hougaard, Wessel Stapelberg, Leani Cillié, Sallie Herbst, Pierre en Liezl Joubert (hoofmeisie), André Jacobs (hoofseun) en Lizanne Basson.

Plaaslike sakeman, Andries (Wolf) Liebenberg het 25 rugbysakke aan Piketberg Rugby Voetbalklub oorhandig.

Carlo en Maré Prins, kinders van Wicus en Tiesie Prins het vanjaar puik op sportgebied presteer. Maré presteer in tennis, krieket en gholf. Carlo presteer in rugby, krieket, tennis en atletiek. By die dans ten bate van die Golden Kwaggas het Zirk Bergh as kunstenaar opgetree.

ADVERTENSIES:

Spar Bevrore Hoender Braaipak R12,49/kg

Piket Braaihuis - 200g Sirloin met Calamari ringe of hoendervlerkies of mossels of ribbetjie (bedien met skyfies, rys of gebakte aartappel) R41.95

Spar Long Life Melk 1 liter R3.49

Piketberg Linnehuis - Mans dashemde R59.95; Mans kortmouhemdeR49.95; ManssokkiesR4.00 Carols by Candlelight by Moutonsvallei.

14
Roché du Toit, Dr Sanders, Andrea Opperman, Stoffel du Toit en Robin Sanders. Foto’s: Marié Ehlers Dr Sanders en haar kleinseun, Ethan. 16 bladsye Gratis
15

Damesoggend met Hannes

Saterdagoggend, 13 November daag 200 netjies geklede dames by Laatson Venue in Porterville op. Hannes van Wyk, van Kyknet Kwela, is die gasspreker by die damesoggend van die VLV SirkelWeskus. Met sy praatjie bring hy hulde aan alle moeders/vrouens. Dames geniet sy kwinkslae en spesiale voorlesings. Daar word tot middagete in ‘n pragtig versierde saal gekuier, terwyl vriendinne saam gesels en keurige verversings geniet. Hannes en die sirkelsekretaresse, Elsabé Carstens, het tot almal se verbasing opgedaag met dieselfde swart-en-wit uitrustings sonder dat dit so beplan is!

piketberg mediese sentrum

Tel: 022 913 1146

Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395

Ma - Vry: 08h00 - 17h30

Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts)

Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn)

Dr Bibi Werle (Sonar)

Ilse Bruwer (Spraakterapeut)

Merina de Waal (Dieetkundige)

16
Hannes van Wyk saam met Elsabé Carstens, VLV Hannes van Wyk en Estelle du Plessis, Sirkelpresidente. Enige nuwe intrekkers is welkom om in te skakel by Piketberg VLV en kan navrae rig aan Nicoline Brown 082 477 0665.

Henna na Manie Klaar gelees vir 2021

Piketberg Leeskring sluit ‘n opwindende 2021 se leesgenot af. Kontak Gerna Croeser by die biblioteek indien jy wil deel raak van die Leeskring. Byeenkomste is elke derde Woensdag van die maand om 9:30vm. Foto’s: Marietha Goosen

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas. Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Die 92-jarige Henna Louw, inwoner van Huis AJ Liebenberg, hier afgeneem saam met Manie Jackson wat onlangs in die Mountain Creek Spur op Piketberg opgetree het. Sy het Manie se optrede vreeslik geniet en was sommer die volgende dag hartseer van pure dankbaarheid. Foto: Jeannie Allers

17

PHS vier

175 met ’n Steakete en optrede deur Pietman Geldenhuys

Baie dankie aan die volgende Borge

Le Roux van Wyk Makelaars

Goede Hoop Sitrus

Boetie Kotzé, Platkloof

TDJ van Schalkwyk

Philip Matthee, Winkelshoek Versekering

Piket Implemente

Anderson & Nel Prokureurs

CP Smit

Efficient WealthEttiene Botes & Conrad Basson

Roelof Oosthuizen Ingelyf

Piketberg Dierehospitaal

Fox Bouers (Coalition Trading)

PC Tech

Cornerstone

Gerda Lambrechts

Eswé & Tania Visagie – Verblyf @1926

18
Foto’s verskaf

SUPERSPAR Boland PHS

Gholfdag

‘n Groot Dank aan al die Borge

Bergrivier Dental

Cape Rooibos

Citrusdal Cellars

Caltex Piketberg

Coca Cola

De Jagers

Die Wielhuys

Efficient Wealth

Engage

Goedehoop Verpakkers

Grill and Go

Groenvlei Boerdery

Growbility Solutions

Hennies Trekkers

Highlands Eco Estate

ICA

JJ's Engineering

Kaap Agri

Laeveld Agrochem & Agri

Technovation

Lambrechts Bouers BK

MRB Verkoeling

Nexus 24

Oro Agri

Ouwerf Boerdery

Perdeberg Motors

Perel Sport

Perfect Bounce

PiketPowertools

Pikettrans

PPC

Rico Coetzee

Roelof Oosthuizen Ing

RYNS Besproeiing

Sacssfit

SUPERSPAR Boland

TFFGSA Pty Ltd

Theron du Plessis

Rekenmeesters

Viking

Winkelshoek

Wiesenhof Coffee

19

Klubs hekel saam die jaar af

Leefstyl dames: Alida Walters en Rosa Lategan, voor en agter spreker Julmé Conradie, Magda le Roux, Sandra Smit en Ilse Hanekom. Foto’s verskaf

Piketberg VLV en Tuinbouklub Piketberg kombineer hul afsluitingsfunksie op Donderdag 11 November by Wittewater Farm Venue.

Twee en vyftig dames, lede en gaste, het geluister na wenke wat die gasspreker, Julmé Conradie van Citrusdal gedeel het in verband met haar gehekelde skeppings en idees.

Haar skakel op die internet is “My square Hat”. Patrone en voorbeelde van haar hekelwerk is ook daar te kry. Van haar hekelwerk was ook al in die tydskrif “Idees” te sien. VLV-lede ontvang ook tydens hierdie byeenkoms hul jaarkentekens. Leefstyl-gasvroue sorg vir ‘n boksie met heerlike verversings en geniet saam ‘n interessante en leersame oggend.

Nicoline Brown, Voorsitter Piketberg VLV het Dinsdagoggend, 16 November 315 kaartjies met ‘n lekkertjie aan matrieks by Steynville Sekondêre Skool en PHS uitgedeel. Matriekleerders word op dié manier bemoedig en sterkte toegewens.

Iets interessants om te deel?

Lede wat hul jaarkentekens ontvang is voor Myrtle Steenkamp (40jr), Netta Liebenberg (30jr), Christell Brand (5jr) en agter Ina Visser (10jr), Rosa Lategan (55jr), Alida Walters (50jr) en Erica Kretschmer (10jr).

Artikels - Plaaslike Nuus - RubriekeFunksies - Vermaak - Foto’sIets Interessants

Laat weet vir ons by diepiketberger@gmail.com

20
VLV bemoedig Matrieks
21

Oumas by Konsert

PHS Prysuitdeling Gr 7 - 11

Toekenning: Beste prestasie in Lewenswetenskap Gr 10 - 11

Elsje Basson en Erasmus Mouton

Twee trotse oumas, Ouma Marien Oosthuizen van Moorreesburg en Ouma Jeannie Allers van Piketberg geniet die voorreg om hulle kleinkind se eerste konsertjie by te woon in die Kerksaal, Moorreesburg. Samuel, die grootman het beslis sy oumas se aand gemaak en veral na die streng Covid inperking was hierdie oënskynlik gewone aktiwiteit iets besonders. Foto verskaf

Versamel alle plastiekdoppies en brood tags en sit neer voor die Openbare Biblioteek of by LB Wernich Biblioteek.

De Jagersprys plus PHS boekprys vir 1ste klasposisie gr 11 Jana Truter, links, De Jagerspryse vir 2de klasposisie Juan Nelson en 3de klasposisie Wiohné Turner.

Erekleure (Blou) Kultuur vir besondere prestasie: ATKV-Redenaarskompetisie aan Makanaka Shoko, links 1ste Wes-Kaap en Anja Koen, regs 3de Wes-Kaap en 20ste Nasionaal Foto’s verskaf

22
23

ment” en vir my is die ‘invisible movement’ in die hart óf op papier.

Asemrowend en meesterlik…’plat-opdie-aarde’ en geestelik…met hierdie beskrywing kan jy al iets bymekaarsit van wie en wat Heleen de Haas toe nou is, en dan kort daar nog baie woorde om haar regtig ten volle tot reg te laat kom. Nou ja, hiermee kan julle aflei dat ek wel in Stellenbosch ‘n paar ure spandeer het en weereens is ek nie teleurgestel nie. Tydens ‘n heerlike ontbyt ontmoet ek ‘n Mnr Wendall, al die pad vanaf Duitsland, en toe net mooi ook op pad om hul vlug terug te vang en ons gesels oor kalligrafie en hy maak my skoon jaloers oor hul geskrifte daar deur veral die adelikes in spesiale font geskryf én die Faber Castell fabriek en hy bevestig net my vermoede dit wat ons in Suid-Afrika sien en tot beskikking het, is kleiner as ‘n sandkorrel grootte in vergeleke met wat hulle daar kan gebruik. En terwyl ek kwyl, en oeee en aahhh, moet ek hardloop om nie my oggend te mis nie.

Ek beland toe gelukkig by “bekendes” aan tafel, en ontmoet vir Heleen en my wêreld van net journals en nogmaals journals, verander in een waar ek nou daagliks my basiese skrif beginsels oefen, en plek maak vir iets meer in my eenvoudige bestaan.

Ons klas-pakkette word uitgedeel en niemand kry sy eie en met die uitruil na die regte eienaars, kry ons geleentheid om iemand vreemd te ontmoet en bq te gesels. En saam met ons naam is daar ‘n spesiale woord…myne is ‘koester’ en dis beslis wat ek doen met hierdie dag. Hier leer ek ook “It is the words that are read, but calligraphy that is felt” soos geskryf deur Steven Skaggs. Interessant genoeg kry ons ‘n ‘till’ rol in ons pakkie, met ‘n droë blaar en roomys stokkie, saam met ‘n potlood en twee koki’s…en ons oefeninge begin. Stap vir stap, op rustige musiek, skryf en oefen ons meters der meters lange (op die ‘till’ rol papier) eers net stroke, daarna letters en “woorde”…unu nun unu nun…father rather father…totdat musiek note en ink bewegings een raak, sodat die vroeë krabbels soveel ritme en siel kry, dat ons eintlik verstom sit en kyk na wat ons kan opdis op papier. Ewan Clayton het gesê: “letters are the visible traces of invisible move-

Op maat van “When you believe” maak ons ink bewegings met die blaar, en musiek met harder inslag, gee ritme aan die roomysstokkie strepies, en verder kleur ons papier met ink en teken blomme daarop.

En dit alles vervorm ons in ‘n journal. Om te wys hoeveel gedeeltes van ‘n kilometer ons kon skryf...a a n e e n… word die papier later opgevou en gebind in ‘n klein, maar nogal lang boekie.

Tussendeur deel sy heelwat aanhalings, en ook haar eie reis op die kalligrafie-pad, en die dag word ingekleur met baie meer as net ‘klas en oefening’.

Haar diep geestelike inslag kom sterk deur toe sy tydens ete by elkeen kom stilsit en ‘n spesiale stukkie vir ons lees, tydens haar lesse het sy groepe wat intree en bid vir die studente en met hoendervleis op my lyf, lees sy vir my dit wat hierdie onbekende vir my wil sê.

Na die heerlike ruskans, bederf sy ons met haar talente. In ‘n sirkel staan ons om haar en verwonder ons onsself aan woorde wat sy neerskryf, ons elkeen se eie keuse van ‘n woord, en sy beskryf die vertolking daarvan, want gewoon is dit vir seker nie. En soos Alphonse de Lamartine gesê het: “Letters are symbols which turn matter into spirit”.

Volgende jaar sal my motortjie vir seker dikwels die pad vat na Die Letterhuis in Prince Albert, net om meer van haar “wowness’ in te neem én te leer en intussen het ek ‘n nuwe speelveld op YouTube en Pinterest begin volg. Vir al julle oulike en dierbare mense wens ek hiermee ‘n geseënde gesinstyd, en daarmee ook alles wat goed en mooi is vir die laaste maand van ‘n steeds vreemde, maar tog ook kosbare Desember.

Bly én reis ‘seblief veilig, sodat ons in 2022 weer saam kan kuier!

24
Uit die kunskamer van Saars Shabby ’n Shine met baie “shabby” en bq “shine”
Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 082 704 3276
NOODNOMMERS PIKETBERG POLISIE - 022 913 8800 BRANDWEER - 079 349 8619 AMBULANS - 10177 / 022 4338700 VERKEER - 083 272 4126
25

1961-Matrieks besoek NG Kerk

Reünie Groepe besoek PHS tydens Feesnaweek

Saam met skoolhoof Mariëtte Koen, is die PHS 1961matriekklas met van hulle gades, voor die preekstoel van die NG Kerk: (K=Klasmaats) Wilna van Niekerk Boonzaaier (K), Koos Janse van Rensburg, Helena Liebenberg Truter (K), Jouna Mouton, André Mouton (K), Rosia Tredoux, Paul Truter en Espe Tredoux (K).

Foto: Marlien Smit

Wilna Boonzaaier en Helena Truter, staan hier weerskante van hulle Sondagskooltannie, Christina Smit. Hierdie was 'n blye reünie by die NG Kerk tydens PHS se 175-feesnaweek.

Wilna en Helena is deel vd 1961-matriekklas wat hulle 60 jaar reünie gehou het.

Foto: Marlien Smit

26

Lorenzo glo in Wonderwerke

Almal weet waar Ronnie se groente- en Elsie se blommestalletjie is. Dis die eenstop-lekkervoel-inkopieplek op Vrydae.

Binnekort gaan Piketbergers ook weet van hulle buurman, Lorenzo Arendse, met sy "miracle" skoonmaakprodukte.

Wat as 'n stokperdjie begin het terwyl hy vir SMP (Sinted Metal Products), 'n ingenieursmaatskappy in die Kaap, gewerk het, het gegroei tot 'n eie besigheid.

Lorenzo glo in die resultaat van sy produkte en noem sy onderneming LM

Miracle Household Products

LM Miracles is elke dag van die week en ook op Saterdae oop vir jou gerief. Kom kyk en ruik en gesels met Lorenzo.

Moenie bekommerd wees oor hope kontant in u sak nie, Lorenzo het gesorg vir 'n Yoco kaartmasjien wat inkopies doen, veilig en gerieflik maak.

27
Lorenzo Arendse LM Miracle Household Products 022 913 3326 / 083 399 7988
‘this is the season to tell you how much you mean to us…

Nuus uit Rwanda…

Dinge is maar net anders hier…

So breek my tweede verjaarsdag in Rwanda aan. Die vorige dag gaan koop ek ‘n paar eiers om koek te bak. Dit word sorgvuldig afgetel en in ‘n sakkie gepak wat gemaak is uit twee leerders se ou vraestelle. Tuis gekom, pak ek die eiers uit en loer na die antwoorde en prentjies binne-in die sakkie en wonder hoe die onderwyser by 7.5 uit 10 gekom het. Ten minste het hulle geslaag en is hul vraestelle herwin in iets bruikbaar.

Die koek is gebak, terte is gemaak en vingerhappies mooi uitgepak, net om te hoor dat die twee Suid-Afrikaanse gesinne wat saam met ons hier woon al die vorige dag (skielik) Kigali toe is vir vyf dae. So wonder ek wie die eetgoed gaan opeet. My tuinman vra die oggend hoe skryf ‘n mens my naam, want hy wil op sy whatsapp status sit dat sy “lady boss” verjaar. Dierbare ding! Groot was sy dankbaarheid toe sy middagete uit koek, tert en vingerhappies bestaan. Met ‘n “God bless you” en “You know how to cook” word ek bedank. Die dag trek nie net my tuinman voordeel uit lekker eetgoed nie, want ek spandeer toe maar my dag verder om tuin skoon te maak. My dwergbokkie, Nibbles, trek toe ook voordeel uit my skoonmakery.

Sy eet dat sy nie meer kan nie en lê en kyk later net na die bome wat ek gesnoei het al is dit haar gunsteling kos. En terwyl my tuinman oudergewoonte al die blare vee, stop hy my skielik toe ek van die onkruid wil weggooi, want hy kan ‘n nuwe besem daarvan maak. Wonderlik! Voordat hy huis toe gaan vra hy of ek en Neels die aand gaan “celebrate” aangesien al die ander vriende dan nou weg is. Dit was die plan, maar min het ek geweet die duiwel gaan weer net so listig wees soos die vorige jaar en in plaas daarvan dat ons sou gaan uiteet, werk Neels tot diep in die nagtelike ure (een uur om presies te wees), terwyl ek alleen “celebrate”.

So gebeur dit dat ek twee weke gelede bietjie olik is. Die naarte en ‘n maagaandoening oorval my totaal en al. Ek is papper as slappap en het nie krag om dokter toe te stap nie. (Ons het mos nie ‘n voertuig hier nie, net die motorfiets.) Neels was later in die namiddag verplig om my met die motorfiets dokter toe te neem, want ongelukkig kon hy nie uitkom na ons huis toe nie omdat hy alleen by die kliniek was. Na ‘n negatiewe malaria toets, besluit hy dit moet ‘n 24-uur gogga wees en ek is gedehidreer. Ek is so pap dat hy die res van die prosedure met Neels bespreek en nie eens met my nie.

Ons is terug huis toe en ek is reguit bed toe. Nie lank nie of ‘n manlike verpleër kom sit vir my ‘n “drip” aan. Eers word die chirurgiese handskoen styf om my pols gebind en ek moet ‘n vuis maak sodat hy ‘n aar kan kry. Daarna word dieselfde handskoen gebruik om die “drip” mee op te hang aan ons bed se muskietnetraam. Hier moet jy “double think” (slim wees) soos my tuinman sê. Saam met die drip moet ek dehidrasie vloeistof inneem en ag pille (vier soorte) gelyk sluk.

Soos wat die vloeistof in my liggaam in loop, kry ek sommer ‘n les oor hoe belangrik die potassium is wat in die vloeistof is. Nadat die “drip” leeg is, is die verpleër hier weg en sê dat die dokter oor ag ure gaan kom kyk of ek nog ‘n “drip” nodig het. Nou moet ek sê hulle is vreeslik gestel daarop dat jy jou medikasie op presies die regte tyd neem, nie ‘n minuut vroeër of later nie. Daarom elfuur daardie aand kom die dokter en ‘n verpleegster my besoek. Dit was nie nodig vir nog ‘n “drip’ nie, maar ek moes maar met die naald in die hand slaap vir ingeval ek dit die volgende oggend sou benodig. Gelukkig het ‘n vriendelike verpleegster om half tien die volgende oggend die naald kom verwyder.

Net in Rwanda! Dit maak die lewe interessant en maak jou dankbaar vir klein dingetjies in die lewe soos ‘n properse “drip”.

28
29

Leliehof is 100

Corrie le Roux Joubert se laaste aflewering van die immergewilde staaltjies wat sy opdiep uit haar skatkis van Leliehofherinneringe.

Vir oulaas...'n klompie los stories

Die lesers wat die gebou binne ken, weet dat koshuisouers se woonstel met trappe verbind is aan die koshuis se voorportaal. Daar was...is...'n klokkie wat die dogters kon lui in geval van nood of....waarvoor hulle ookal my pa of ma se aandag nodig gehad het.

deur

Corrie le Roux Joubert

My slaapkamer was die naaste aan die trappe en ek het meestal die klokkie "geantwoord". Maar toe die klokkie een nag halftwee lui...sjoe, ek het geskrik! My pa was binne sekondes by my, die oorsaak van hierdie "noodlui"....tandpyn!

Ek kan nie regtig onthou met watter oplossing my pa en ma vorendag gekom het nie, maar ek wil dit al hê dat dokter Biesenbach ook uit sy bed gehaal is!

Die twee predikante van die NG Gemeente is gereeld genooi om aandete te kom eet en dan die huisgodsdiens te hou. Ds Frekie van Niekerk was dus 'n gereelde besoeker daar, maar ai, hy het altyd sy kos wit van die sout gegooi, nog voordat hy iets in sy mond gesit het. Natuurlik tot my ma se misnoë. Sy het gereeld gesê "Dominee, proe tog net eers", wat hy afgelag het en sout gevra het. In my pa se lewe het die stadium ook gekom dat hy moes begin bril dra. Die hoërskooldogters was gewoond aan hom met die bril, maar nie die laerskooldogters nie.

Vir baie lank het hy dit vermy om sy bril in die eetsaal tydens huisgodsdiens op te sit. Maar stelselmatig het sy arms te kort geword om die Bybel vas te hou.

Ek onthou hoe kwaad ek vir hom geword het. Ek het hom eendag gevra of ek die Bybel vir hom moet vashou, lekker ver van hom af.

Tot hy een oggend ingee en ek maar sy bril gaan haal het. O my aarde, daar lag en proes die laerskooldogters die hele tyd. Meneer met die bril was net te snaaks. Wie sal dan die Geheim van Nantes vergeet, die middag vervolgverhaal uitgesaai op die Afrikaanse diens.

Daardie tyd is geen radio's in die kamers toegelaat nie. In die ontspanningsaal by die studiesaal was 'n gramradio. Na middagete het almal eers gaan rus voor die sport begin het.

Die versoeking was groot, daar het dogters afgesluip, amper in die radio ingeklim om te luister en gehoop my pa rus lank genoeg.

Van die grootste aanhangers het my begin vra om my pa te bearbei en dit werk toe. Die radio mag nie te hard wees nie, want dit is rustyd, maar ten minste kon ons almal saampraat met ons dorpsvriendinne.

My ma het gereeld kamerinspeksie gedoen. Sy het so 'n klein mooi koperpotjie en twee koperservetringe gehad wat as wisseltrofee gebruik is en dan gegee is vir die kamer wat dit verdien. Daardie koperpotjie en servetringe is nou terug op Piketberg, dit staan in ons dogter, Hendrien van Lill se huis.

Waatlemoen en spanspek is sommer by grootmaat bestel en per lorrie aangery. Die bêreplek was die stoorkamer/ kofferkamer by die studiesaal aan jou regterkant voor jy die paar trappe afgaan na woonstel D.

Planke is op die sementvloer gesit om meer plek te maak, want waatlemoene moes glo nie op sement lê nie. Maar hierdie kamer het nie 'n venster gehad nie. Dus moes die deur oopstaan vir vars lug en vir meisiekinders wat sou swig voor hierdie lekkernye.

Ek weet nie wat die "selfhelpers" met die skille gemaak het, dalk ná 'n naweek met die nodige "vuilgoeddromme" van die huis af gekom, maar my pa het baie gereeld gesê..."julle dink nog net aan iets, dan weet ek dit al!"

En dit het ook gegeld vir middernagfeeste. Die arme inwoners van woonstelle A, B en C moes altyd sluip na woonstelle D en E, hulle was die verste van ons woonstel af. Dáár is die feeste meesal gehou.

Party moes deur die onderwyseresse se woonstel beweeg of andersins deur die voorportaal. Maar die middernagfeeste ís gehou, alle gevare om betrap te word ten spyt!

Ek het eers met my toetrede tot die grootmenswêreld, die volgende gebaar van my pa waardeer. Met die eerste voltallige middagete van die jaar, is almal terug verwelkom, maar vir hom was die volgorde baie belangrik: eers is die herhalers wat teruggekom het, verwelkom, dan die nuwe Leliehoffers en heel laaste die "ou" gesigte en onderwyseresse, nuut en oud. Dink net hoe baie hierdie gebaar vir daardie meisiekinders beteken het.

En die enigste regte koshuisbrak, ons foksterrier, Stompie. Hy het altyd gehuil as die kerkklok lui en het nooit probeer saamstap kerk toe. Hy het net geweet hy moet by die koshuis bly.

Sy grootste uitstappie was Vrydagoggende as my ma bank toe stap om die lone te gaan trek. Voor die bank se deur het hy gewag en as my ma uitkom met haar handsak in die hand, het hy die handsak in sy bek gevat en tot by die koshuis gedra.

Hulle twee was 'n baie bekende gesig op 'n Vrydagoggend. Maar kleingeld is mos swaar. My ma het naderhand 'n sak met die kleingeld in haar hand gedra en net die note in die handsak gesit. Soos 'n trotse skouperd het hy daardie handsak gedra.

Nou hoe sal ek my ma onthou? As sy 'n middagete spyskaart uitgewerk het, het sy altyd die bord met kos gevisualiseer, die kleure van die kos opgenoem. Die bord moes kleurvol, aantreklik wees. Eers later jare het navorsing vir ons gewys dat sekere vitamienes gekoppel word aan die kleur van die produk. My ma was dus al daardie tyd, sonder dat sy dit besef het, met haar voeding op die regte pad.

En my pa? Hoeveel kere ek sy pyp, tabak, vuurhoutjies, sigarette en skoolsleutels moes gaan soek het. Ek het hom gesê ek gaan vir hom 'n belt ontwerp met vyf hake vir dié goed.

Hy wat in my matriekjaar, in September 1970, my Duitse voorgeskreweboek met uitgewerkte vrae in oom Jan en tannie Jantjie Visser se huis laat lê het. En toe kry ek hom eers Maart toe ek eerstejaar op Stellenbosch was. Hy het my darem gehelp om weer vrae uit te werk.

Maar die beste onthou ek hom - sopnat gesweet, doodmoeg, maar so tevrede met die koor se vordering na 'n kooroefening in die skoolsaal. Vinnig oppad koshuis toe om te gaan stort.

Met 'n laaste vermaning aan ons wat nog drentel en gesels op die teerblad voor die skoolsaal..."kom kom, die studieklok gaan lui en julle ander moet begin stap dat julle by die huis kan kom!"

Pakkiesaand...opwindend én hartseer. Dis die enigste keer in die jaar wat my pa sy trekklavier uitgehaal en gespeel het.

Alle Leliehoffers het iets kleins gekoop, my ma het op ’n maksimum bedrag besluit, maar die matrieks bepaal hulle eie bedrag.

Alles gebeur een aand na ete net voor die matrieks se eindeksamen begin. Ons maak ’n groot kring in die eetsaal, die matrieks vorm hulle eie kring in die middel en my pa staan ook daar iewers. As hy begin speel, begin Vervolg op p31

30

Vanaf p30… ons die pakkies aanstuur...groot opwinding. As hy ophou speel en elkeen ’n pakkie in die hand het, mag ons oopmaak. Die matrieks se geskenke trek die meeste aandag.

En dan die hartseer, terwyl ons ons arms kruis en na weerskante toe hande vat en arms lig op die maat van "Sal ons ou kennisse ooit vergeet", sing ons en die trane loop behoorlik. Wat ‘n hoogtepunt van ’n afsluiting was dit nie.

Fluit-fluit, mý storie is wel uit, maar ek is baie seker daarvan daar is baie oud-Leliehoffers wat ook húlle stories kan deel.

Dankie vir hierdie voorreg.

Piketberg Dieresorg

Piketberg Dieresorg

Baie dankie aan almal wat hierdie jaar bydraes gelewer het tot Piketberg Dieresorg deur die skenking van geldelike donasies, tweedehandse ware en kos vir diere.

Ons het hierdie jaar 77 teefhonde, 9 reunhonde, 61 wyfiekatte en 13 mannetjiekatte by ons maandelikse kliniek gesteriliseer. Die aanvraag is so groot dat ons Augustus en November twee klinieke in dieselfde maand moes hou. Talle babahonde en-katjies is ingeënt. Konsultasies vir siek diere is gedoen, medikasie is gegee.

Noodgevalle buite die kliniekdatums is deur Piketberg Dierehospitaal gedoen. Ons waardeer dit dat hulle altyd bereid is om te help.

80 babahondjies is gered en die meeste het nuwe huise gekry, daar is nog 11 oor by pleegouers, Katinka Morrison, Tersia Visser, Helena Priem en Sarie Louw.

56 babakatjies is gered en het nuwe huise. Daar is nog babakatjies by Helena Priem wat hulle permanente huise soek.

Ons is dringend op soek na nog vrywilligers om betrokke te raak by klinieke, verkope van tweedehandse ware en die netwerk om die perfekte huise vir die diere wat gered is, te kry.

Daar is ook ‘n groot behoefte aan hokke, babahondjie en katjiekos en ook katkos.

Skakel 082 829 6918

PIKETBERG FISHERIES

Almal by Piketberg Fisheries (Die Rooi Winkel) wil al ons kliënte, families en vriende ‘n geseënde vakansie en voorspoedige nuwe jaar toewens. Baie dankie vir al julle ondersteuning gedurende die jaar.

060 903 5625

31
Tel:
Skenkings van komberse, hondekos, katkos, nekbandjies en leibande asook katmandjies welkom. Hierdie advertensie geborg deur Sam en Berenice Scheepers

Steynville Sekondȇre Skool neem afskeid van Matrikulante

Op Dinsdagaand 19 Oktober, het Steynville Sekondêre Skool hulle “Valedictory Service” en prysuitdeling vir die graad 12 leerders gehou. Die funksie het plaasgevind by Steynville Primêr se skoolsaal om meer mense te akkommodeer. Die skool wil baie dankie sê aan Steynville Primêr se personeel vir die beskikbaarheid van hulle skoolsaal. Elke matrikulant kon slegs een ouer/voog saambring. Dit was ‘n baie mooi en ‘n gesellige aand. Na amper twee jaar kon die skool- en die ouergemeenskap weer skouers skuur. Die personeel wou die klas van 2021 groet met ‘n glansgeleentheid, want so baie dinge was nie vir hulle beskore nie soos bv ‘n laaste atletiekbyeenkoms en natuurlik ‘n matriekafskeid. Die COVID 19 pandemie het baie funksies en byeenkomste verhoed.

Een van die aand se hoogtepunte was die oorhandiging van die Michael Beukes Geskiedenis Wisseltrofee. DesMaure Benjamin, boorling van Piketberg en 2021 se duxstudent ontvang ook hierdie trofee. Sy was die top-leerder in Geskiedenis vir 2021. Die Michael Beukes wisseltrofee is geskenk deur Steynville Sekondêre Skool se geskiedenisdepartement wat uit sewe opvoeders bestaan. Dit is geskenk om hulde te bring aan Michael William Beukes wat op 25 Augustus 2021 oorlede is. Hy was sedert 1988 verbonde aan die Geskiedenis Departement van Steynville Sekondêr. As vakhoof was hy ook ‘n uitmuntende mentor vir almal in die vakspan. ‘n Man met soveel passie oor sy vak, wat al talle A-kanidate opgelewer het. Sy vrou Rosetta Beukes het die oorhandiging gedoen. Elke jaar sal hierdie wisseltrofee aan die top Geskiedenisleerder van die graad 12 leerders oorhandig word. Graag bedank Steynville Sekondêr die volgende borge: SUPERSPAR Boland, PPC, Liebco en Winkelshoek. Ook talle oud-kollegas het bydraes gemaak om van die aand ‘n reuse sukses te maak. Ons bedank ook vir Jeremy Maarman, oud-leerder, van Eendekuil wat as gasspreker opgetree het. Die skool bedank ook enige persoon of instansie wat ‘n bydrae gemaak het, in watter vorm dit ook al was. Alle sterkte klas van 2021 met julle finale eksamen.

Feesjaar Pretstap

32
Des-Maure Benjamin, Marne Bougaard, Elgar Swanepoel, Rowan Meyer en Selena Nero beklee die top 5 klasposisies in Steynville Sekondêre Skool Gr 12 vir 2021. Foto’s verskaf Des-Maure Benjamin ontvang die Dux toekenning van Jan Vorster van PPC De Hoek.
33

Groenvlei se Gr 3’s word beloon

Opedag vir 2022 se Gr 1’s

Grootoog en dapper het die Gr 1-leerders vir 2022 die klasse ingestap en heerlik gewerk, gesing en gesels. PHS is baie opgewonde om hierdie klein Zebras volgende jaar in die "grootskool" te ontvang. Foto’s verskaf

Groenvlei Primêr het 'n kaartjieverkope gehou om fondse vir die skool in te samel. Die graad 3-klas het die meeste kaartjies verkoop en is toe beloon met skyfies en 'n melkskommel by die Mountain Creek Spur. Baie dankie aan F.K. van Zyl van Van Zyl Loodgieters en Heino de Villiers van Piketberg Powertools sowel as Mountain Creek Spur vir die borgskap. Foto’s verskaf

Gebruik die deurskynende sakke vir herwinbare items en sit dit uit saam met jou swart sak.

Onthou om te herwin!

Dit is die regte ding om te doen! Die sakke is beskikbaar by die Munisipaliteit

34

Hoofleiers

Groep 1: Esmarie Lambrechts hoofleier en Greeve Koen onderhoofleier.

Groep 2: Jan Thys Basson hoofleier en Rowan Somers onderhoofleier.

Groep 3: JT Mdabuli hoofleier en Mia van Wyk onderhoofleier.

Groep 4: Lené Loubser hoofleier en Rouxvé Coetzer onderhoofleier.

Foto verskaf

Francois West 083 464 6960 Kontant vir jou Gebruikte Voertuie en Bakkies WW o WEST on WHEELS
Laerskool 2022

Wiskunde Presteerders

PHS verwelkom Gr 8’s

Donderdag, 4 November, is voornemende graad 8’s van 2022 op 'n mini-toer deur die skool geneem waar hulle 'n eksperiment of twee gesien het, gekyk het hoe die longe en die hart werk, 'n skattejag vir Geografie gedoen het, 'n 3D-zebra ontwerp het en cupcakes versier het. Saam is hulle ook aktief besig gehou met 'n lekker minihindernisbaan. Elke onderwyser word bedank vir hul insette en bydrae. Foto’s verskaf

Helouise Redeneer

Toekenning vir uitstaande akademiese prestasie vir 80% of meer behaal in AdMaths: Elsje Basson en Gerhard Brand.

Helouise van Sittert het 'n 5de plek landswyd behaal in die Radikale Redenaarkompetisie in die afdeling: "Reading Prose".

Oud-PHS’er is Hoofseun

Pieter-Johann Krynauw is aangewys as Laerskool Vredendal se hoofseun vir 2022. Pieter-Johann het in die begin van die vierde kwartaal in sy gr 3-jaar by PHS, saam met sy ouers, Pieter en Marisa, na Vredendal verhuis. Foto verskaf

Hugo Holloway vir Lof

LifeXchange

Tammy Booys en Adi Liebenberg deel vanjaar die Hugo Holloway musiektrofee. Dit word toegeken aan die leerling met die hoogste punte in ‘n Unisa klaviereksamen in die Laerskool. Albei het Graad 1 met Lof geslaag. Albei het 80% behaal. Saam met Tammy en Adi is Alison Müller en Komien van der Westhuizen.

Musiekbeurs Wenners

Tradisies is goed wanneer dit nie vervelig raak nie. Weereens is van PHS se gr11-leerders bederf met 'n werksessie saam met Dr Cobus Oosthuizen van LifeXchange en na dit sommer 'n lekker 'road trip' (foto onder) om die Kaapse skiereiland. Die leerders is dankbaar vir die geleentheid om te sien en ervaar hoe 'n klein eenvoudige neuron werk, is eenvoudig net 'out of this world'!

Waardering deur Sang

Die PHS-koor (foto onder) het 29 Oktober by die Weskus-distrik se jaarlikse "Teachers Appreciation Day" feesvieringe opgetree. Die funksie het plaasgevind by Steynville Primêre Skool. Vernelle van Zyl en Marice Lesch het ook 'n duet gesing wat gaste met hoendervleis gelaat het.

37

Gebhardt Kotzé het aan die Wilson's tennistoernooi op Stellenbosch deelgeneem.

Hulle was ‘n groep o/11- en o/12-seuns en hy het vyf van sy ses wedstryde gewen. Hy het tweede in die toernooi geëindig.

PHS Sportnuus

Reaquen Lesch en Ernwill

Afrika is gekies vir die o/17 Boland Plattelandspan wat gaan deelneem aan die Krieket SA Platteland-week van 13 tot 17 Desember 2021 in Durban. Baie geluk manne!

Alta Nieuwoudt, afrigter, saam met hierdie vier Laerskoolswemmers wat op 3 November aan die Porterville Gala deelgeneem het. Hulle behaal die volgende prestasies: Adi Liebenberg een goud en twee silwer; Hennie Pretorius een goud, een silwer en een brons; Elna Pretorius een silwer en Lienka Brand een goud en een silwer.

PHS Atlete het aan 'n Boland Interprovinsiale Kompetisie deelgeneem. Die atlete het fantasties presteer. Hamergooi: Wilmari van Zyl kom 6de met 'n afstand van 25.75m (sy het teen leerders wat o/16 is deelgeneem); Zack Caldo kom 3de met 'n persoonlike beste van 44.85m; Jorinda Coetzee, afrigter; Sumari Hanekom 1ste met 'n persoonlike beste van 48.46m en Jéhan Brink 4de met 'n persoonlike beste van 30.50m. Afwesig: Ruvan van der Westhuizen het 3de gekom in die 100m en 200m.

Te Koop

Pine bedkassie R100

LG Flat Screen TV R2 500

Skakel 079 496 2719

PHS se o/19A-krieketspan het die volgende goeie wedstryde gespeel: Teen Hopefield teken PHS 147 lopies aan in die toegelate 25 boulbeurte. Hopefield word almal uitgeboul in 14de boulbeurt vir slegs 23 lopies.

Teen Vredenburg kolf PHS eerste en teken 190 lopies aan. Vredenburg almal uit vir 19. PHS wen met 171 lopies.

Teen Boland Landbou. Dit was 'n tawwe wedstryd, maar geen PHS’er het teruggestaan nie. Boland Landbou kolf eerste en teken 122 lopies aan. Landbou wen met 8 lopies.

38
Pine Dubbelbed met matras R500
39
40
41
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.