Die Piketberger April 2023

Page 1

Hanna wen SA's Hoogspring

Hanna Mostert, leerder by PHS, behaal op 20 Maart 'n 1ste plek in Hoogspring by die SA-atletiekbyeenkoms in Pietermaritzburg. Hanna is die Hoogspringkampioen in Suid-Afrika vir dogters O/10 met 'n hoogte van 1,35m - 'n waardige Goue medalje wenner. Haar Pa, Cobus, het haar die naweek voor PHS se Kleuresport einde Januarie op die grasperk by hulle huis afgerig mbv twee matrasse en 'n tou. Met hierdie letterlik "touwysmakery", het Cobus en Tania besef sy spring hoër as PHS se rekord. Sy is 'n talentvolle atleet wat die Here geseën het met baie sporttalent. Hanna, jy maak die hele PHS-familie baie trots -Red.

Piketberg se koerant vir Piketberg se mense...

Badisa Telefoongids...p2

Bontheuwel se Richters...p2

Storiemuur...p6

Saars Shabby ’n Shine...p8

20 Jaar Gelede - April 2003...p8

Fonteinfees...p10

Nuus uit Rwanda...p12

Seun se Sielstuin...p12

Piketberg se eie Baron...p14

Piket 90 Jaar van Gelede...p16

Touchies in Engeland...p18

Hanna Mostert is die dogters 0/10 SA Kampioen in hoogspring met 'n hoogte van 1.35m.

1
 022
Jaargang 30 Nr. 3
913 1796
Alle korrespondensie
diepiketberger@gmail.com
R5,00 April 2023 piketberg.bergriviertourism.co.za
aan

Redaksioneel

Boek vol Beloftes

In die week van koerant bymekaarsit, besoek Pray As You Go Genesis 17:3-9, God se verbond met Abram. Drie dinge word uitgeligGod se belofte met die sluit van Sy verbond, Abram se naamsverandering, sy nuwe identiteit en die gawe van 'n plek om te vertoef en te groei (the gift of ground to dwell and to grow). Hierdie verhaal, so lank gelede, en vandag, elke dag, steeds 'n bewustelike werklikheid. Ek ervaar dit in my eie lewe hoe God voorsien, sorg, oprig en onderhou en ook in die lewens van ons Piketbergers. Blaai net deur hierdie uitgawe en kyk met 'n verbondsbril na die Richters van Bontheuwel, na Van Niekerk en Krupp / Piket Implemente se 90 genadejare, jong pare wat trou, ontluikende sportsterre met groot drome, Seun se sielstuin, mense wat gawes en talente beoefen, die NG Kerk se storiemuur en dié wat erken word vir hulle bydrae. God hernu elke dag Sy beloftes vir Sy kinders. Wanneer jy hier lees, is Paastyd op die kalender moontlik verby, maar die wonder van 'n Verlosser, 'n opgestane Jesus gaan jou nie verby nie.

Liefde Marietha

Geseënde Paastyd

Briewe van ons lesers…

Badisa Piketberg skryf…

Badisa bedank alle adverteerders in Piketberg en Eendekuil vir wonderlike samewerking met die opgradeer van die nuutste Telefoongids (sien foto van die voorblad onder). Behalwe vir die feit dat dit 'n groot insamelingsveldtog is vir Badisa, is hierdie gids 'n bruikbare item in elke besigheid en huishouding. Kry joune @ R20 by die volgende instansies of besighede: 2 Acre Hardware, Badisa, Droomland, LM Miracles, Superspar Boland, Piketberg Apteek en Total Bonjour.

Die Piketberger Redaksie

Berigte, foto’s en proeflees: Marietha Goosen

022-913 1796

Uitleg: Isabel Lausberg

Admin en verspreiding: Marietha Goosen

Advertensies: diepiketberger@gmail.com

Volblad: R550 Halfblad: R390

Kwartblad: R270 Agsteblad: R190 Ander groottes op aanvraag.

Teken in op Die Piketberger teen R200 vir 11 uitgawes per pos in RSA.

Lees op piketberg.bergriviertourism.co.za

Bontheuwel se Richters

Francis Marié Leonie Richter, gebore op 11 Oktober 2022, is die eerste van die sewende generasie Richter op Bontheuwel, die familieplaas. Wat besonders is, is dat sy grootword met drie Richter generasies voor haar: haar ouers Danie en San-Marié, haar grootouers Chris en Jeanette en haar grootjies Gawie en Hepsibah. Oupa Gawie en Ouma Hepsibah is, volgens Francis se ma, vir hulle 'n mooi voorbeeld. Francis geniet hulle gereelde plaaskuiers, veral Oupa Gawie se plaasstories en in die toekoms gaan Ouma Hepsibah verseker haar lekkerste resepte met Francis deel.

2
Isabel Lausberg Marietha Goosen
aan ons lesers.
Klein Francis Richter op haar doopdag by haar oupa- en oumagrootjie Gawie en Hepsibah Richter. Foto: Hesmari Nel
3

De Jagertroue

Piketberg Blom en Tuinbouklub

Karlita Morrison en Louis de Jager is op 4 Maart getroud. Die seremonie en onthaal was by Seeplaas, Groot Brak. Karlita se ouers is Villiers en Katinka Morrison en Louis se ouers, Kobus en Christelle de Jager. Die paartjie is deur die bruidegom se pa in die huwelik verbind. Blomme is gedoen deur Gerda Stols en haar span van George se blommeklub.

Foto: Anneri van Film en Fig

Kochtroue

Op 1 Maart besoek Piketberg Blom en Tuinbouklub die Khoisan Soutfabriek in Velddrift. Die volgende byeenkoms is op 3 Mei by die sinagoge. Kom dek tafel vir Moedersdag.

NG Kerk Paasdienste:

Donderdag 6 April 19:00 - Nagmaal in die kerkgebou

Vrydag 7 April 09:30 - Nagmaal Huis AJ Liebenberg

Sondag 9 April 09:30Opstandingsdiens in die kerkgebou

Michelle Langenhoven en August Koch is op 25 Februarie in die huwelik bevestig. Die seremonie en onthaal was by Gods Window, Swellendam.

Foto: Magda van de Linde

4
5
Langsaan Droomland Piketberg

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas. Stuur na: diepiketberger@gmail.com

VLV Flatbread en Konferensie

Donderdag, 16 Maart het die Leefstylgroep olv Ilse Hanekom, lede gewys hoe om “flatbread” te maak. Dit is bedien met heerlike idees vir vulsels oa hoe om jou eie maaskaas te maak. Voorsitter Nicoline Brown oorhandig konferensie items en spesiale prystoekennings. Piketbergtak ontvang die 10/10 toekenning en Dinette Lochner, tesourier van VLVK, ontvang ‘n spesiale toekenning vir uitsonderlike diens.

Hoofstraat 60 Main Street

PIKETBERG 7320

 022-913 1172 alle ure / all hours

 022 913 1907

Konferensiegangers is agter Christell Brand, Sarie Louw, Jackie Ferguson, Maresa Smit en voor Moira vd Westhuizen, Nicoline Brown en Dinette Lochner.

Hierdie dames dra toevallig almal wit broeke na die vergadering.

6
Smit & Morrison
MEDIESe PRAKTISYNS Drs
/ Business Hours
Besigheidsure
Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Wêreldbiddag vir Vroue

Wêreldbiddag vir Vroue se skrywersland is Taiwan. Efesiërs 1:15-23, gebring deur Annamari Booysens, tweede van links, help Piketbergvroue om God die Vader te dank vir die geloof wat hulle in mekaar sien. In die middel is Moira van der Westhuizen, verantwoordelik vir die blomkuns en voorstelling, en langs haar Endriëtte LeRoux-Smith, wat vertel van haar eerstehandse belewenis van Taiwan. Ook op die foto is Marietha Goosen en Marizahn Landman, deel van die beplanningspan.

Foto: Corné van der Colff

7

Dagsê almal. Met die koelte wat intrek, en die hoop op ‘n nuwe seisoen, is daar sommer ‘n vrolikheid in die lug en daarmee saam is daar mos altyd vrolikheid op kunsfront. Want elke naweek of dag om by te woon, is vir my ‘n geleentheid om iets nuut te sien of te leer en dit hoef nie eers altyd ‘n formele les te wees wat aangebied word nie selfs net in die sirkel om die tafel is daar telkemaal iemand wat iets doen wat ‘n nuwe liggie laat brand…en dis hoekom die Simondium naweke so lieflik is, want elke keer leer ek iets nuuts om by te voeg tot my files gestoor tussen my grysstof. Verlede naweek was toe ook nie anders nie. Tussen ‘n “homemade organizer”, bq “art journaling”, en boksies vou & plak, het ek alweer genoeg gedagtes bymekaar geskraap om verskeie projekte aan te pak. En hier plaaslik dwarrel my kop vol idees om ‘n spesiale album te skep vir oom Dawid en tannie Myrtle wat nou ‘n volle 60 jaar getroud is, soveel gelukkige jare by mekaar is ‘n totaal ander kuns op sy eie. En terwyl ek afdrukke van hul oorspronklike fotos maak en rondspeel met idees, speel tonele van liefde en hope geduld by my af, en dis werklik ‘n voorreg vir my om uit ‘n album waardeur tonne kere geblaai en die bladsye al verouderd is, iets nuut, maar tog ook nostalgies te probeer skep, en sodoende die storie van hul spesiale dag vir hul nageslagte oor te dra, én dit te kan bewaar. Midde hierdie proses, gaan delf ek mildelik rond in al hierdie gestoorde files binne my kop, en alle voorbeelde wat ek al gesien, en interessanthede wat ek kon leer, sodat ek na die beste van my vermoë vir hulle iets na wense kan skep. Volgende maand wys ek vir julle die “before” en “after” so tot dan, geniet jul heerlike herfs lug, terwyl ek my spesiale projek geniet aan hierdie kant. Toedels-ta-diedels, ons gesels gou weer.

Piketberg Dieresorg

Skenkings van komberse, hondekos, katkos, Nekbandjies, leibande en katmandjies welkom.

20 Jaar gelede - April 2003

Redakteur: Pierre Steenkamp

Mede-Redakteur, berigte en foto’s: Marietha Goosen

Advertensiebestuurder: Deon van Dyk

20 bladsye Donasie R1,00

Rubrieke: Briewe van ons lesers; Uit Jannie se Pen

Voorblad: Briljante balletdanser, Gareth du Toit, 'n boorlingvan Piketberg.

Lesers sê dankie:

Johan en Juliana de Villiers vir bystand na Liana se ongeluk. Francis, Paulaine en Avril Claasen na die dood van Paul. Die ouderling en diaken van wyk SB vir goedhartigheid en hulp met die heengaan van twee geliefde wykslede, Joan Visser en Kowie Smith. Inge Bruwer, 13-jarige fotograaf vaar uitstekend in die Fuji Skole-kompetisie. Die Eksteens en die Van Wyks van Melkbosfontein het oor jare 'n wonderlike boerdery verbintenis. Op George skou wen Hannes Eksteen se Limousin bul etlike kategorieë en die touleier, Donovan van Wyk, kry ook 'n prys as touleier. Donovan is die derde generasie Van Wyks saam met die Eksteens. Fietsry met 'n missie: ABSA landswyd mik vir 1 miljoen vir persone met gestremdhede, fisies en geestelik. Nasionale Kankervereniging samel geld in tydens fietstrap. JBD Spinning bied eerste klas gratis aan. Praktika bied 'n Aktuele Arbeidsakewerkswinkel aan. Piketberg se Rolbalspan wen BoE-dag op eie bodem. Spokie (Marguerite Smit) is na jare terug op die perseel van die Pastorie waar sy grootgeword het. AME kerk op Piketberg vier 100 jaar. VG Kerk op Piketberg vier 100 jaar. Bobby en Rita Greeff vier 50 huweliksjare op 14 Maart. Eendekuil Laerskool: Lize-Anne Mouton en Pieter Smit haal die USSASA Laerskool Boland Tennisspan. PHS: Zebra Bokjol op 3 Mei. Khanya Rekenaarprojek help met Wiskunde onderrig. James van Rooyen beste skaakspeler by Wes-Bolandproewe. Jan-Hendrik Rust is 'n uithaler gholfspeler. BP se manne by Loxtons Garage spog met nuwe uniforms.

Hierdie advertensie geborg deur Sam en Berenice Scheepers

Die volgende Piketberger verskyn op Donderdag 4 Mei 2023. Berigte en advertensies moet ons bereik teen 25 April 2023.

piketberg mediese sentrum

Tel: 022 913 1146

Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395

Ma - Vry: 08h00 - 17h30

Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts)

Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn)

Dr Bibi Werle (Sonar)

Ilse Bruwer (Spraakterapeut)

Merina de Waal (Dieetkundige)

8
Uit die kunskamer van Saars Shabby ’n Shine met baie “shabby” en bq “shine”
9

Fonteinfees Fun Run/Walk

10
11

Nuus uit Rwanda…

Brokkies

So gebeur dit dat my toilet se spoelmeganisme vashak en Neels stuur iemand om dit te kom herstel. Toe die man aan die deur klop, nooi ek hom in en gaan wys hom wat die fout is. Daarna gaan ek aan met my werk en hy vroetel daar rond. Later verdwyn hy en kom weer terug met gereedskap. Nadat die hele vloer onder water was, en hy op sy manier dit opgedroog het, roep hy my om te kom kyk dat als nou werk soos dit moet. Baie trots op sy han(r)de werk groet hy en weg is hy. Toe die natuur later roep, gebruik ek die toilet en spoel dit net om ’n gefluit te hoor wat my orent laat staan. Die toilet fluit soos ’n vliegtuig wat besig is om te styg totdat die water ’n sekere vlak bereik dan hou dit op. Dis ’n geval van as jy gaan fluit, fluit die toilet vir jou terug. ’n Ruk gelede byt ’n spinnekop vir Neels en net ’n week daarna beseer hy homself by die werk en ’n geroeste “stapler” steek in sy pinkie. Asof ek nie genoeg gedokter het om die spinnekopbyt gesond te kry nie, wil hierdie besering net nie genees nie. Later vorm ’n rooi streep op sy arm en die klier onder sy arm swel op. Dit dui mos op bloedvergiftiging en ek gee Suid-Afrikaanse antibiotika, maar niks wil help nie. Ek stel voor hy gaan na die dokter en vra vir ’n Tetanus inspuiting. Hy gaan toe dokter toe en vra ewe grênd vir ’n Tetanus inspuiting, waarop die dokter vir hom sê hy het nie so ’n inspuiting nie. Met ’n hand vol pille wat volgens google antibiotika is, en generiese voltaren vir die pyn kom hy terug huis toe. Die genesing neem te lank en ek gryp in met Bactroban salf uit Suid-Afrika. (Bactroban is ’n antibiotiese salf wat van binne af werk.) Die wond is so groot dat ’n gewone hegpleister se gaas gedeelte te klein is om dit te bedek. Gelukkig het ek ’n rolletjie hegpleister van die huis af saamgebring, maar het vergeet om gaas saam te bring. Dus moet ek ’n plan beraam ek skud al die teeblare van ‘n Rwanda teesakkie uit en knip ’n stukkie wat groot genoeg is om die wond te bedek, sit die Bactroban salf daarop en hegpleister bo-oor. So bespoedig ons die genesing van die wond. Nou ja, so breek die tyd aan dat Ané gaan trou en die van julle wat my beriggies gereeld lees, sal weet van die familie by wie se albei kinders se doop ons was. Hulle wil ’n geskenk vir Ané en Dieter saam met my stuur omdat hulle hul albei al ontmoet het tydens hul kuier by ons in Rwanda. Ek gaan ontvang die pakkie die aand voor ekvlieg. In die pakkie is ’n paar swart somer-pantoffels vir my (hulle raai wat my skoengroote is) en ’n koevertjie met $30 vir Ané en Dieter. Vir die Rwandese is dit baie geld. Ons het dit omgeskakel in SA-rand en vir hulle gegee. Die Rwandese kan nie glo dat die Suid-Afrikaanse ouers vir ’n troue betaal nie. In Rwanda word jy genooi en as jy ’n finansiële bydrae lewer, word jy weer genooi om ’n gas te wees. Indien jy nie bydra nie, is jy nie op die gastelys nie. Die aanstaande skoonseun moet ’n bedrag betaal aan die bruid se ouers vir sy bruid.

Seun se Sielstuin

Seun Kitshoff is die afgelope drie maande hard besig om 'n ware sielstuin vir hom en sy mense uit te lê. Dit verg baie moed, krag en deursettingsvermoë om klip en ander toebehore aan te dra, die ontwerp te doen en die tuin uit te lê. Seun se liefde en trots is sigbaar in elke fyn detail. Omdat dit nie veilig is om geliefdes se grafte te besoek nie, het Seun sy eie herinneringstuin in 'n aparte kampie gemaak. Daar kan hy sit, dink en gesels met sy oorlede Ma, swaer en honde. Foto's: Marietha Goosen

12
13
14

Op die Rakke van die Biblioteek...

In die hemel eet 'n mens MIELIEPAP

Hierdie boek wat in 1992 uitgegee is, is 'n jeugverhaal wat ook as Voorgeskrewe boek in skole gedien het. Die leser reis saam met 'n Joodse tienerseun, wat sy sterwende ma in SuidAfrika by haar familie los, terug na Duitsland na sy pa en gestremde suster. Dis die Tweede Wêreldoorlog en duisende Jode word deur die Duitsers, olv Adolf Hitler, na konsentrasiekampe weggevoer om daar 'n wrede dood te sterf. Deur die sintuie van Daniël Rosendorf, sy dagboek aantekeninge en die vriendskappe wat hy bou, beleef die leser 'n fraksie van die intensiteit van die antisemitiese beweging onder die Nazi's. Heel gepas kom Leeskringlede bymekaar in die Joodse sinagoge in Kerkstraat, wat die Joodse kultuur in Piketberg oor jare versinnebeeld. Marié Ehlers stel lede bekend aan die tesis deur Leila R Bloch oor die lewe van Hannah-Reeve Katzeff-Sanders en ook die interessante skooltema deur Shani Coetzee, wat onderhoude bevat met Joodse inwoners van Piketberg. Albei hierdie werke is beskikbaar by die Museum.

Bespreking deur Marietha Goosen.

Besigtig ons kwaliteit vakmanskap en produkte by Hoërskool Piketberg, waar ons onlangs nuwe shadeports geïnstalleer het. Kontak ons gerus as u ook ‘n kwaliteit shadeport wil installeer.

New Product Available:

Shutters

15 Pools-New Renovations Decking Pool Re-Lining Building/Renovations Pool Maintenance Maintenance Pumps/solar Painting Paving Tiling Ponds and water features Plumbing Jacuzzi’s Ceilings info@poolnprop.co.za 076 699 7749 / 082 756 9075 SHADEPORTS NEW and REPAIRS Est. 1994  NEW Shadeports supplied and installed  RECOVER existing Structure with NEW SHADECLOTH  REPAIR Structures  Use to SHADE Pools / Cars / Boats / Caravans / Play Areas  Alterations undertaken  Replace PVC Windows on DROP BLINDS  Shaded or Waterproof Assuring you of our Best Service at all times We cover WEST COAST also MALMESBURY, PIKETBERG, PORTERVILLE etc Contact: Freddy Pfuhl: 083 9857558 Angela Pfuhl: 073 7013682 Email: mail@affiplaas.co.za

Donasies Welkom

Piketberg Dieresorg NPC

Capitec Bank, Spaarrekening

160 6488 552

Takkode 470010

Van Niekerk en Krupp personeel

Piket Implemente (1933-2023): 90 Jaar van Genade

Toe Hennie van Niekerk en Sam Krupp in 1933 “Van Niekerk & Krupp” in Eendekuil gestig het, sou hulle nooit kon droom dat hulle familiebesigheid na 90 jaar nog sou floreer/bestaan nie. Na nege dekades van geloof, genade en die samewerking tussen ‘n Piket span, die Suid-Afrikaanse boer en familie, staan Piket Implemente vandag 90-jaar oud en trots. Om die besigheid se 90-jaar herdenking te vier, stel Piket Implemente graag ‘n video reeks, “90 Jaar van Genade” bekend. Dié video reeks speel af op die YouTube kanaal, “90 Jaar van Piket Implemente”, en vertel die geskiedenis van die besigheid, sy werknemers en die Suid-Afrikaanse boer. Skakel in by YouTube en kyk saam met ons die “90 Jaar van Genade” herdenking van Piket Implemente. Elke maand verskyn daar ‘n nuwe video – so hou ‘n ogie op Piket Implemente se Sosiale-Media om op hoogte te blyvir meer inligting en maak seker om by die YouTube kanaal aan te sluit.

Werknemers wat by Van Niekerk en Krupp werksaam was is agter Davie Adams, Pieter Diedericks, Fanie Langeveldt, James Somers, Isak Adams, Gert Joubert, Jakobus Langeveldt en Ben Adams. Voor is Hugo Ehlers, Carel van Niekerk, Michiel van Niekerk, Ben Grobler, Jannie Kroese en Koos Burger.

Marietha Goosen

16
Foto:
17

Touchies in Engeland

JP Hanse, leerder van Hoërskool Piketberg, is gekies om in Julie vanjaar aan die Wêreldbeker Touch Rugbytoernooi in Engeland te gaan deelneem. JP is opgeneem in die O/20- Suid-Afrikaanse Touch Rugbyspan. Hierdie geskiedkundige gebeurtenis sal 'n groot impak op JP se lewe maak en is enige sportman se droom. Sy ouers, Jakob en Gerda Jantjies, besef terdeë dat die finansiële implikasie een van die grootste uitdagings is - JP benodig R50 000 om alle uitgawes te dek. Hulle neem die vrymoedigheid om familie, vriende en kennisse te vra om hom te ondersteun dmv donasies. By voorbaat dankie. Lesers kan Jakob Jantjies kontak op 083 551 7950 of via epos na jakobjanjies4886@gmail.com

Die volgende Piketberger is die Mei-uitgawe en verskyn op 4 Mei 2023. Sperdatum is 25 April 2023. Stuur advertensies, rubrieke, nuus, foto’s na diepiketberger@gmail.com

Goud vir Touchies

Twee Piketbergseuns, Adrian Joubert (Steynville Sekondêr) en JP Hanse (PHS) was deelvan die Wes-Kaap Touchiesspan wat 18-20 Maart in Johannesburg deelgeneem het aan die Junior Nasionale Toernooi. Die span het die toernooi onoorwonne afgesluit en verower goue medaljes. Intussen berei hul voor vir die wêreldbeker. Piketberg gemeenskap is baie trots op julle.

PHS Ambassadeurs

Gebhardt Kotzé, PHS se tennisster, is opgeneem in die span van die Kavaliers. Hulle neem in Februarie deel aan die Synergy cup in Kimberley, en behaal 'n algehele derdeplek.

Die Weskus Onderwys Distrik se VRL het op Woensdag, 8 Maart 2023, 'n bestuursverkiesing gehou waar ons eie PHS-Yster, Hurley January, verkies is tot Vise-sekretaris.

Dr Herold Truter, Dr Saskia Smalberger, Dr Jasper Müller en Bendert Smit help graag met enige van die volgende prosedures:

Niel Cooper en Jéan-Alet Scheepers het Maandag 27 Maart met die Belgiese Uitruilprogram begin, waar hulle Belgiese leerders op ’n avontuur vat in die Kaap.

18
JP Hanse Adrian Joubert en JP Hanse.
19 oorhandig ‘n
20
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.