3 minute read

Nuus uit Rwanda…

deur Alta Nelson

’n Nagmerrie-ondervinding met interessante leesstof

Advertisement

Nadat ons tog te lekker saam met Ané en Dieter troue gehou het en Neels weer terug is Rwanda toe en ek agtergebly het vir CP se gradeplegtigheid, vertrek ek 22 April terug Rwanda toe. Toe ons Rwanda nader, het die beheertoring laat weet ons kan glad nie naby aan Kigali kom om te land nie. Die donderweer is te swaar. Ons vlieg toe by die westelike provinsie verby na Uganda. Ja, ’n ander land! Na ses ure van vlieg was ons baie hoopvol dat hulle ons sal toelaat om die vliegtuig te verlaat om bene te rek of iets te koop om te drink, maar dit gebeur nie. Dus sit ons toe vir twee ure in Uganda in die warm vliegtuig. Gelukkig kom my lengte, of moet ek eerder sê “korte”, toe goed gepas omdat ek myself kon neervly oor drie sitplekke om so ’n bietjie van posisie te verander. Ek ontdek toe die nuutste Inzozi, ’n tydskrif van Rwanda wat jy in die vliegtuie van Rwandair kry. Die volgende artikel het my vir ’n wyle van die bedompige vliegtuig laat vergeet: Rwanda huisves meer as 700 verskillende voëlspesies, waarvan 520 soorte permanente “inwoners” van die land is. Hiervan word 29 soorte net in die weste van die land waar ons woon, aangetref. Nog 6 soorte word in ’n ander distrik aangetref en die orige 190 spesies is “besoekers” gedurende September tot Maart, soos die gestreepte swaeltjie. Die klimaat, die netwerk van riviere, mere en vleilande speel ’n groot rol in die verskillende habitatte en ekosisteme vir die voëls om te floreer. Ek lees dat die hamerkop-paartjie wat hul tuisgemaak het in my mangoboom is ’n medium grootte voël wat die grootste nes van alle voëlsoorte bou. Die nes is ’n drie verdieping struktuur wat tussen 10 tot 12 weke neem om te bou. Hulle voeg nog boumateriaal (vere, riete, bene en ook items wat deur mense agtergelaat word) by nadat die eiers gelê is. Tuingereedskap en plastiek speelgoed is al in neste gevind. Hiervan kan ek getuig. My tuinman het altyd sy sleutels wat aan ’n wol-vlegsel wat ek gemaak het, vas was, in die vensterbank gebêre tot een dag wat hy my gevra het of ek dit geneem het. Na ’n lang gesoek het ons maar die slot geknip. Ek tel toe later die sleutel op onder die boom waarin die hamerkop nesbou. Natuurlik was die sleutel te swaar en het dit uit die nes geval. Die voëlsang in Rwanda is iets baie besonders. Die tropiese Afrika visarend is een van hulle wat in pare saam sing. Ander soorte soos die African Grey papegaai maak weer die klanke van ander diere en mense na in hul sang. Nou ja, na twee ure in die vliegtuig, was die stem van die persoon oor die luidspreker soos voëlsang in my ore toe hy aankondig ons vlieg binnekort. Om 3:30 Sondagoggend land ons in Kigali. Met net een en ’n half uur se slaap, nadat ek om 3:00 by die hotel aangekom het en weer om 5:00 moes opstaan en lughawe toe gaan, moet ek erken dat nie eens die voëls my die volgende oggend kon wakker sing nie.

20 Jaar gelede - Mei 2003

Redakteur: Pierre Steenkamp

Mede-Redakteur, berigte en foto’s: Marietha Goosen

Advertensiebestuurder: Deon van Dyk

20 bladsye Donasie R1,00

Rubrieke: Briewe vanons lesers; Uit Jannie se Pen

Voorblad: Zebra Bokjol bied groot pret. Een van die vermaaklikheidsgroepe, Boeretroos, bestaan uit Marius Kriel, Christo Smit, Gielie Hanekom en Morné Smit.

Praktika, in samewerking met Carel van Niekerk Ingenieurswerke, bied sweisopleiding aan. BoE Bank bevorder Entrepreneurskap. Drie jongmanne, Granwelle Dirks, Patrick Stuurman en Fabian Swartz, red 'n geel ringnek troeteldier van 'n gewisse dood. Jean-Pierre Anzala, 'n fransman, gee sy indrukke oor SA. Naomi Bruwer behaal MA graad Cum Laude in Afrikaans en Nederlandse letterkunde. Mientjie Mouton van Carmién Rooibos Tee besoek Boland SPAR se teekamer. BoE se Monica Nel ontvang die Diamanttoekenning vir haar prestasie gelewer in korttermyn versekering. Rolbal klubkampioene is Esther Botha en Gawie Richter.

SSS kamp vir Dogters

In samewerking met Cape Leopard Trust is 'n Natuurbewaringskamp gehou vir dogters. Drie van SSS se gr 9's, Shauneeq Baron, Jeonick Blankenberg, Hayley Blankenberg en 'n onderwyserassistent, Caitlin Julius, het vir vier dae saam met vyf ander skole se dogters meer van Natuurbewaring geleer oa Bewaring, Paleontologie, Argeologie, Ekotoerisme, die Monitering van Wild en Entomologie. Meer oor die kultuur van Khoi en San is geleer, asook die maakvan tee enspoorsny.

Op 11 Mei om 09:30 leer ons meer van Piketberg se besigheidsgeskiedenis. Elkeen word hartlik uitgenooi om te kom deel in Van Niekerk en Krupp / Piket Implemente is 90jaar vieringe (1933-2023). Ilze van Niekerk en Simone van der Colff kom gesels oor die navorsing wat gedoen is om die kleurvolle geskiedenis van die besigheid op te teken. Op Sosiale Media (YouTube kanaal) verskyn elke maand ‘n nuwe video om die 90 Jaar van Genade te vier. Nuwe intrekkers en gaste is baie welkom. Tee en verversings vanaf 9uur. Nie-lede betaal R40 teegeld.

Navrae: Nicoline Brown:082 477 0665

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas. Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Die volgende Piketberger is die Junie-uitgawe en verskyn

Op 8 Junie 2023.

Sperdatum is 30 Mei 2023. Stuur advertensies, rubrieke, nuus, foto’s na diepiketberger@gmail.com

New Product Available:

Shutters