4 minute read

Annetia Tops by CPUT

Annetia Calitz Olivier het pas die dekaansmedalje aan CPUT verower. PHS, veral, is trots op hierdie matrikulant wat in 2017 met 4 onderskeidings slaag. Sy begin daarna 'n lewensveranderende avontuur as au-pair in Nederland. Daar vind sy haar roeping vir Onderwys en begin haar studieloopbaan aan die Cape Peninsula University of Technology (CPUT), Wellingtonkampus. Haar 4 jaar (1 jaar en 4 maande op kampus en die res aanlyn) word beskryf as onvergeetlik en heilsaam. CPUT Wellington se lektore en studente het haar gehelp om te groei tot die persoon wat sy vandag is. Haar missie was en is steeds om 'n verandering te maak waar sy ook al gaan. Vir 2 jaar was sy 'n tutor en 'n dosentassistent in haar laaste studiejaar. Boonop het sy gedurende haar 4 jaar 37 uit 39 vakke met onderskeiding geslaag. Op 18 April 2023, met haar gradeplegtigheid te Bellville CPUT kampus, ontvang sy haar B. Ed en VOO-graad en verwerf die dekaansmedalje, wat aan slegs een student uit elke fakulteit gegee word. Annetia is dus aangewys as top student. Sy is tans in Noordoewer, Namibië en bestee haar tyd aan gr. RR leerders, glo dit of nie. Haar eie besigheid, Wholesome Leather, het pas die lig gesien.

Annetia Calitz Olivier ontvang die CPUT Dekaansmedalje van die

Advertisement

R5,00

Piketberg se koerant vir Piketberg se mense...

Belgium Exchange Pro...p6

Mnr Karookop Primêr ...p6

Ben en Nellievier 60 jaar...p7

Op dieRakke van die Bib...p10

Agri X Potjiekoskompetisie...p10

Plaasseun tot Nedbank Tak...p13

SSS kampvir Dogters...p14

VLV Opvoeding en Kultuur...p15

SSS Top 10...p16

PHS Pa en Dogter Aand...p16

PHS'ers ontvang Grade...p18

Redaksioneel

Lewe in Doodsbeendere

Met Paastyd pas gevier, kry Lewe uit die dood nuwe betekenis. Ons herdenk binnekort die uitstorting van die Heilige Gees en net die gedagte daaraan gee my nuwe krag. By Kix doen ons twee weke gelede Esegiël 37, een van my gunsteling skrifgedeeltes. God neem die profeet Esegiël na 'n laagte met doodsbeendere en gee opdrag dat Esegiël die doodsbeendere beveel om op te staan. Gaan lees dit gerus. Vir die volk in ballingskap was dit 'n boodskap van hoop. Vir my en jou, steeds, 'n belofte van nuwe lewe, hoop en veerkragtigheid in die plek van wanhoop, uitsigloosheid en bekommernis. Maak oop jou oë vir lewe in doodsbeendere. 'n Onlangse voorbeeld is ons bure (en buurt) se geliefde kat wat na vier weke ongeskonde terugkeer nadat hy skoonveld was. Nes ek wonder of ons dié maand nuus het, gebeur die dinge wat lewe gee, mense trou, presteer, reik uit en doen welwillendheid. Lees ook Nuus uit Rwanda en word verras, Saars is besig met die Steenkamps se 60jaar trou album en jubel behoorlik oor haar projek. Ek maak 'n draai by die winkel se tydskrifrak en is dankbaar dat julle Die Piketberger koop. Soek lewe om elke hoek en draai, jy sal lewe sien, dis gewaarborg.

Liefde Marietha

Pinkster NG Kerk

21 - 28 Mei: Ons wil Jesus sien

22 - 25 Mei: Kinders hou Bybel Skattejag

Die Piketberger Redaksie

Berigte, foto’s en proeflees: Marietha Goosen

022-913 1796

Uitleg: Isabel Lausberg

Admin en verspreiding: Marietha Goosen

Advertensies: diepiketberger@gmail.com

Volblad: R550 Halfblad: R390

Kwartblad: R270 Agsteblad: R190 Ander groottes op aanvraag.

Teken in op Die Piketberger teen R200 vir 11 uitgawes per pos in RSA.

Lees op piketberg.bergriviertourism.co.za

Briewe van ons lesers…

Pierre and Alison Müller write…

Very Thankful

We wish to thank the people of Piketberg, especially the “bo-dorp”, who helped to search for our children’s spaniel, Lizzie, who escaped on the afternoon of Saturday 16th April. Luckily, by the grace of God, she turned up at the Cooper’s guesthouse later that evening! It was really a miracle! It just shows how caring and warmhearted the people of Piketberg are. Thank you from the bottom of our hearts. We are deeply grateful.

Laubschertroue

Quinta en Marais Laubscher (dogter van Deidré en Kobus Eigelaar van Achtervlei, Piketberg en seun van Willie en wyle Adrienne Laubscher van Wamakersvallei, Wellington) is op 1 April 2023 te Achtervlei in die huwelik bevestig. Quinta en Marais het mekaar al in graad nege ontmoet, maar die liefde het eers veel later begin blom en is nou in volblom! Quinta is werksaam in Kaapstad as Sosiale Media Strateeg in die bemarkingsveld en Marais is 'n Geoloog wat werksaam is in vervoerketting-bestuur in die Vrugtebedryf. Die twee bly tans in Somerset-Wes. Fotograaf: Megan Ray Photography

Carina Eksteen, dogter van Pieter en Rianna van Piketberg is op 18 Maart 2023 met Jan Lambrechts, seun van Gielie en Riana van Porterville in die huwelik bevestig. Die seremonie en onthaal was te Delsma, Riebeek-Kasteel.

Klinktroue

Ané Nelson, dogter van Neels en Alta Nelson van Piketberg, is op 25 Maart in die huwelik bevestig met Dieter Klink, seun van Hans en Anne-Marie Klink van Strand. Hulle is tans woonagtig in Emfuleni Golf Estate, Vanderbijlpark, waar Ané haar twee jaar internskap as dokter doen by Sebokeng Hospitaal in Vereeniging. Dieter het vir Sasol gewerk, maar werk tans van die huis af vir EMSS Consulting in Stellenbosch waarvoor hy op ’n gereelde basis Kaap toe vlieg vir ’n dag of drie. Hul toekomsplanne is om na twee jaar weer terug te kom Kaap toe.

Belgium Exchange Programme

Bergrivier Munisipaliteit is sedert 2015 in ’n “stedeband” met Heist-op-den-Berg Munisipaliteit in België. Dit is ’n internasionale vennootskap waar beide partye leer van mekaar en beste praktyke uitruil. Die drie onderwerpe waarop die Munisipaliteite tans fokus is vaste afval bestuur, jeugontwikkeling en publieke deelname. ’n Delegasie van België het op Vrydag, 31 Maart 2023 in SuidAfrika geland. Die leerders van Bergrivier Munisipaliteit het saam metleerdersvan Heist-op-den-Berg dieprogram aangepak. Die groep van Heist-op-den-Berg het gedurende hul verblyf geleer hoe dinge in Bergrivier Munisipaliteit gedoen word en het ook die geleentheid gekry om deel te neem aan verskillende aktiwiteite wat die jeug ontwikkel. Enkele temas is vir die program geïdentifiseer waarvan die belangrikste temas die “Sustainable Development Goals” is, en om mekaar se lewensomstandighede te leer ken. Een van die temas is ook om uit te vind hoe die jeug betrokke kan raak in sake van die samelewing waar hulle ’n verskil kan maak in hul eie toekomste. Die groep van Heist-op-den-Berg reis terug België toe op Donderdag, 6 April 2023. Die uitruiling was ’n baie groot sukses en ons bedank almal wat moeite gedoen het om dit moontlik te maak, veral die gasouers wat hul huise en harte oopgestel het.