
3 minute read
R&O
from The Tiara 2022
by Kasteel NWU
BY: MIA LE ROUX
R&O staan vir Registrasie en Orientasie, maar vir enige student op die Potchefstroom kampus staan dit bekend as die lekkerste tyd van jou lewe wat jy nooit weer wil oorhê nie.
Advertisement
R&O is nie net daar om nuwe eerstejaars toe te rus om so gou as moontlik aan te pas by die lewe op die NWU nie, maar ook om jou nuwe huis en jou nuwe famillie te leer ken.
Die R&O tydperk het die 14de Februarie 2022 om presies 8 uur begin. Elke Kasteel eerstejaar was uitgevat met hulle grys en pers Kasteel T-hemde, minwetend watter trots hulle oor die volgende twee weke vir daardie T-hemp gaan ontwikkel.
Die opwinding in die ontspanningsaal was onvermydelik, die mengelmoes van verskillende emosies was duidelik op elke persoon se gesig, party opgewonde, party senuweagtig en party hartseer. Oor die tydperk van die volgende twee weke was daar baie op en af gehardloop van een plek na die ander, en daar gereeld vir die eerstejaars gesê “fill the gaps. ” Die HK se kwaai gesigte het nie net die meeste eerstejaars gemotiveer om bietjie harder te sing nie, maar was ook die hoof tema van die meeste laat aand gesprekke.
Daar was vroeg oggende ' gechowa ' en laat aande gekla oor seer voete en hoe vinnig daar moes geëet word in die voorhuis. In die Amfie het Kasteel net weereens met hulle kompeteerdende gees en harde gesingery bewys hoekom ons die beste dameskoshuis om kampus is.
Die HK het hulself goed van hul taak verrig om die eerstejaars te leer van die verskillende tradisies in die koshuis, asook die bloktradisies.
Volgens Danielle Benn, Onderprimaria met die Portfolio Eerstejaars, was die HK se hoof doel met R&O om trots en liefde te kweek vir hulle koshuis en mede Kasteel sussies. Die HK het R&O benader met die mindset van “Don ’t let your negativity ruin other people ’ s memories ” , met ander woorde maak nie saak hoe moeg hulle was nie wou hulle verseker dat die eerstejaars herinneringe het wat hulle altyd kan terug dink na.
Danielle se gunstelling oomblikke van R&O was die dag toe die eerstejaars net ingetrek het.
“Om al die nuwe Kasteel sussies te sien vir die eerste keer en te kon sien dat hulle net so opgewonde was soos ons het die harde werk en voorbereiding vir R&O die moeite wérd gemaak.
Danielle Benn, Onderprimaria van Kasteel Dameskoshuis
Haar tweede gunstelling oomblik was die Prim bekendstelling.
“Om die liefde en trots te sien waarmee diie eerstejaars vir Nicole, ‘ n prim-groet uitgedink het, en die manier hoe hulle dit vir haar gesing het sal ek altyd onthou. " Sy kon nie glo dat twee weke gelede dit ‘ n groep vreemdelinge was en nou ' n groep wat saam kon werk om iets met soveel passie en liefde vir hulle nuwe huis te doen nie.
Sy het wel gesê dat as sy iets anders kon doen sou sy probeer om haarself bietjie meer te geniet en bietjie minder te stres oor wat alles nog moet gebeur.
Volgens haar was die enigste ding wat haar gepla het van die hele R&O tydperk dat daar nog
‘ n paar COVID-19 beperkings was wat haar beperk het tot wat sy graag sou wou doen met die eerstejaars. Dit het vereis dat hulle ‘ n kreatiewe manier moes vind om nogsteeds vir die eerstejaars ‘ n onvergeetlike R&O ervaring te gee. ‘ n Kasteel eerstejaar, sê dat R&O ‘ n kosbare tyd was, alhoewel almal verskillende agtergronde gehad het. Dié einste kleurvolle lewens het almal saam gebring. Sy voel R&O is waar lewenslange herinneringe gemaak word en waar vreemdelinge in sussies verander.
Haar gunstelling herinnering van R&O was toe hulle hul ‘ merk’ op kampus gelos het. Sy voel jy kan dan vir die volgende 4 jaar na dit kyk en onthou waar alles begin het. Jy kan duidelik die trots sien wat in R&O gevestig is
deur
‘ n liedjie wat sy en een van haar mede eerstejaars, Coreen de Villiers geskryf het: “ Dis my Huis, my Hart, my Land, met 100 dames aan jou kant, dis net good times, geen bad vibes, time flies. Dis my Huis, my Hart, my Land. ”
Die eerstejaars het saam blommetjies gevou en paar klippe gekou, maar op die ou einde was dit die moeite werd om uiteindelik deel te vorm van iets groter as wat jy ooit kon indink.


