Grade 5 Handleiding Lewensvaardighede

Page 14

Handleiding G05 ~ Lewensvaardighede

1

Eenheid

EENHEID 1: Persoonlike en sosiale welsyn LEERDOELWITTE Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy die volgende kan doen: • Jy moet weet watter invloed ander mense het op jou selfbeelden selfbeeldvorming. • Bewus wees van hoe persoonlike suksesse kan bydrae tot ’n positiewe selfbeeld. • Hoe om ’n aksieplan op te stel vir deurlopende positiewe selfbeeldvorming. • Hoe om terugvoer van ander ontvang te hanteer, asook hoe om terugvoer aan ander te gee. • Jy moet weet hoe om verskillende emosies te hanteer. • Vaardighede te kan toepas om emosies positief te bestuur. • Jou vriende kan waardeer in moeilike tye. • Kan onderskei tussen veilige en onveilige verhoudings met ander persone.

INLEIDING Jou selfbeeld is baie belangrik omdat dit bepaal hoe jy oor jouself voel. Dit is belangrik in jou optrede teenoor ander mense. Jou selfbeeld bepaal ook of jy suksesvol sal wees in dit wat jy aanpak. Die terugvoer wat jy van ander persone kry kan positief of negatief wees. Dit is belangrik om dié terugvoer op die regte wyse te kan hanteer. Jy moet ook weet hoe om terugvoer te gee aan ander persone op die korrekte wyse. Emosies is baie belangrik in die fase van jou lewe. Jou emosies is baie sensitief en soms voel jy deurmekaar. Dit is daarom belangrik om te weet hoe om jou emosies korrek te bestuur en uit te druk. Dit is belangrik om in die moeilike tye op jou vriende te kan staatmaak. Laastens gaan ons kyk na jou verhoudings met ander persone. Jy moet leer hoe om te onderskei tussen slegte en goeie verhoudings. Die ondervindinge kan jou later in jou lewe help wanneer jy belangrike besluite met betrekking tot verhoudings moet neem.

12

© Optimi


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Grade 5 Handleiding Lewensvaardighede by Impaq - Issuu