
1 minute read
AKTIWITEIT 18
Watter eienskappe het ’n goeie verhouding? • Jy voel gelukkig en op jou gemak as jy by die persoon is. • In ’n goeie verhouding sit albei partye ewe veel moeite in – die een persoon sal nie meer doen of gee as die ander persoon nie. • Jy voel dat jy die persoon kan vertrou met alles. • Jy sal uit vrye wil tyd saam met die persoon spandeer, omdat dit vir jou lekker is. • Jy en die persoon het wedersydse respek vir mekaar. • Die partye in die verhouding kommunikeer baie goed met mekaar. • Die persone help mekaar, het simpatie met mekaar en hulle vergewe ook die ander persoon se foute.
Figuur 1.7
Watter eienskappe het slegte verhoudinge? • Dit laat jou ongelukkig, kwaad en bang voel. • Die een persoon doen al die moeite in die verhouding en voel onder druk geplaas. • Jy kan nie die ander persoon vertrou nie. • Jy wil nie eintlik tyd saam met die persoon spandeer nie, en voel gedwing om dit te doen. • Daar is geen respek in die verhouding nie. • Daar is geen gesonde kommunikasie nie. • Daar is geen simpatie en vergifnis in die verhouding nie.
AKTIWITEIT 18
1. Analiseer die verhoudings wat jy het. Meet dit aan die eienskappe hierbo genoem. 2. Het jy goeie of slegte verhoudinge?