
1 minute read
AKTIWITEIT 4
Hoe kan ek self gemotiveerd word? • Fokus op wat jy geniet om te doen. • Maak ’n lys van dinge wat jy wil verbeter en hoe jy dit gaan doen. • Hersien al die suksesse wat jy reeds behaal het. • Beloon jouself vir elke sukses wat jy behaal. • Lees inspirerend boeke. • Stel doelwitte vir jouself. • As jy negatief voel en moed verloor, kontak ’n vriend wat jou kan positief bemoedig.
Kom ons vat nou ’n AKSIEPLAN saam om jou te help om deurlopend jou selfbeeld te vorm en te bou op ’n positiewe wyse:
1. Vind jou sterkpunte Watter dinge kan jy baie goed doen? Watter onlangse suksesse is jy baie trots op?
2. Kweek ’n positiewe houding teenoor jouself Sê vir jouself positiewe dinge oor jouself Glo dat jy sukses gaan behaal
3. Werk aan jou swakhede Identifiseer jou swak punte Stel ’n plan op om die dinge te verander in positiewe punte
4. Moenie bang wees vir nuwe uitdagings nie Wees positief oor elke nuwe uitdaging, al is dit baie moeilik Deur nuwe uitdagings leer ons om nuwe dinge te doen
AKTIWITEIT 4
1. Maak ’n lys van al jou sterkpunte. 2. Maak ’n lys van al jou suksesse. 3. Stel vir jouself ’n aksieplan op. 4. Plak die lysies op ’n plek waar jy dit elke dag kan sien. 5. Herinner jouself dan elke dag dat jy ’n suksesvolle persoon gaan word!