
1 minute read
AKTIWITEIT 1
Jou selfbeeld is jou begrip van jou eie, unieke kenmerke. Jou selfbeeld word egter nie net deur jou eie siening van jouself beïnvloed nie. Die dinge wat ander mense van ons sê en hoe ander mense teenoor ons optree, beïnvloed ook ons selfbeeld.
Persone wat jou selfbeeld kan afbreek of opbou sluit die volgende in: • Jou gesin Wat verwag jou gesin van jou? Ondersteun jou gesin jou of kraak hulle jou af? Voel jy soms dat jy nie aan jou gesin se verwagtinge voldoen nie?
• Jou vriende en portuurgroep Laat hulle jou soms minderwaardig voel? Voel jy dat jy nie so sterk/mooi/slim soos ander is nie? Aanvaar jou vriende jou vir wie jy is?
• Media Die media plaas ook druk op tieners om op ’n sekere wyse op te tree of hoe jy moet lyk. Voel jy vet en lelik teen die perfekte filmsterre? Dit is die media se hele doel. Hulle adverteer veral hulle produkte met die belofte dat dit jou beter oor jouself sal laat voel.
• Skoolverwagtinge Jy voel dalk dat jou skool en die onderwysers te hoë verwagtinge aan jou stel. Dit laat jou baie stresvol voel en as jy nie aan hulle verwagtinge voldoen nie, voel jy soos ’n mislukking.
AKTIWITEIT 1
1. Maak ’n lys van enige VYF dinge wat iemand al vir jou gesê het, wat jou selfbeeld negatief beïnvloed het. 2. Bespreek met jou fasiliteerder/maat/ouer hoe dit jou laat voel het. 3. Hoe het jy die situasies hanteer? Bespreek dit met jou fasiliteerder/maat/ ouer.
1.2 Persoonlike suksesse as ’n bydraende faktor tot ’n positiewe selfbeeld
Voordat jy sukses kan bereik, moet jy ’n goeie selfbeeld hê. ’n Suksesvolle persoon voel goed oor hom/haarself, omdat hulle hul doelwitte bereik het. Jy moet aan ’n goeie selfbeeld werk. Die volgende elemente kan daartoe bydrae: • Staan en loop met ’n goeie liggaamspostuur. Dit sal jou dadelik beter laat voel oor jouself. • Leer uit jou foute en bou positief daarop. • Kweek ’n positiewe lewenshouding. • Wees lief vir jouself.