1 minute read

Les 1: Positiewe selfbeeldvorming

Next Article
JAARPLAN

JAARPLAN

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

• Selfbeeld: Wat jy van jouself dink. • Ambisie: Die begeerte wat jy binne-in jou het om te presteer en suksesvol te wees. • Selfrespek: Om in jouself te glo en nie dinge te doen wat jou benadeel nie. • Vasberadenheid: Iemand wat nie opgee nie, wat uithou en aanhou – ongeag die omstandighede. • Terugvoering: Inligting wat deur iemand aan jou gegee word, om aan jou te sê of jy iets goed of sleg gedoen het. Jy kan ook ander persone terugvoer gee oor hulle aksies. • Strategie: ’n Plan van aksie uitwerk. • Emosies: Die gevoelens wat jy voel, bv. kwaad, hartseer, vrolik ens. • Simpatie: As jy jammer voel vir ’n ander persoon.

Les 1: Positiewe selfbeeldvorming

Aanbevole hulpmiddels: handleiding, plakkate oor die onderwerp en boeke oor die onderwerp

1.1 Die invloed op ander met betrekking tot selfbeeld: volwassenes en vriende

Jou selfbeeld is die prentjie wat jy van jouself sien. Dit sluit in: • Jou sosiale karakter Is jy gesellig? Is jy skaam? Is jy selfversekerd?

• Jou fisiese voorkoms Is jy lank? Is jy vet? Is jy mooi?

• Jou denke Is jy positief of negatief? Is jy gelukkig? Kan jy maklik besluite neem?

This article is from: