
2 minute read
VLU-nuus
Elma Human - Skakelbeampte
VLU De Wildt-tak vier hul 55e verjaardag!
Advertisement
Ons hou ‘n feestelike opedag om ons verjaardag te vier. Die presidente van die Overvaal streek, Barbara Nel, sowel as die voorsitster van die Jakaranda streek, Helene Richter, spreek hul gelukwensings uit en beklemtoon die feit dat die VLU ‘n nuwe rigting in die toekoms gaan inslaan om relevant te bly. Ons TEMA vir 2023 is HERSKRYF JOU VERHAAL en dis wat ons reeds met hierdie stylvolle opedag begin doen het! Lilian Bierman open vir ons met die VLU gebed en vertel ons van die herkoms daarvan. Mary Ann du Preez het almal verwelkom en die geskiedenis van die tak met ons gedeel. Georgie Louw was ‘n spesiale eregas. Ons het haar vereer as ‘n stigterslid van die De Wildt-tak. Sy het ook heerlik saamgesing tydens die Musiek-Liriek speletjie. Elma Human het die speletjie aangebied tot almal se vermaak en lekker deelname. Elsabe Toosen was ons befaamde pianiste, wat die gehoor met bekende fliekliedjies bekoor het. Ons het ook op gepaste wyse van Joan Jonker afskeid geneem. Sy was meer as 50 jaar lid van die VLU en ‘n aktiewe lid en visevoorsitster van die tak. Sy emigreer binnekort na Kanada. Daar was ook spesiale gelukwensings aan Trysie Coetzee gerig, wat onlangs 90 jaar oud geword het. Ten spyte van haar hoë ouderdom is sy die afgelope paar jaar steeds die pryswenner van die dame met die meeste deelname punte op haar kerfstok. Die funksie was by Mon Sha-Mia Venue aangebied. Gaste was ontvang met ‘n somerkelkie en die gasvroue het elk getrakteer met hul beste Royal Albert teestelle en die aller heerlikste tuisgebak. Die boeke, wat deel van die tafelversierings was, is deur die SAVF aan ons geleen. Dit het aangesluit by die tema om ons verhale te herskryf. Talle uitstallers en borge was teenwoordig en het aan die dag nog ‘n bietjie ekstra glans verleen. Ons sluit die dag af op ‘n hoë noot en met ‘n lied in ons harte af en ons sê: Kom dames, vier die lewe!!





