2 minute read

Veiligheidswenke vir die vakansie

As u weggaan

• Inspekteer elektriese heinings, alarms, kamera stelsels ens. voor u vertrek. • Sluit elektroniese toerusting soos skootrekenaars toe op ‘n veilige plek. • Maak seker alle voertuie wat agterbly is toegesluit en dat die alarm- en opspoor stelsels van hierdie voertuie geaktiveer is. • Hou so min as moontlik brandstof in voertuie wat nie op vakansie gebruik gaan word nie en sluit sleutels op ‘n veilige plek toe of los by vriende of familie. • Gebruik tydskakelaars om ligte in en om geboue op verskillende tye aan en af te skakel. • Sluit afstandbeheerde hekke met ekstra slotte om te keer dat die hekke oopgestoot kan word. • Pak u vakansievoertuig waar niemand u kan sien nie. • Reël met iemand wat u kan vertrou om ‘n ogie oor u eiendom te hou en maak seker dat hierdie persoon u kontakbesonderhede het. • Maak seker u troeteldiere word versorg en dat vee daagliks getel word. • Ontkoppel enige elektriese toestelle wat nie aangeskakel hoef te wees gedurende die vakansie nie. • Brandbare rommel en lang gras naby geboue is ‘n ernstige brand gevaar. Hou ‘n baan van ten minste 3m skoon rondom geboue.

Advertisement

Op pad na vakansiebestemming

• Wees te alle tye bewus van moontlike misdaad gevare. • Wees bedag op “remote jamming”: maak seker u voertuig is gesluit voordat u dit verlaat in enige parkeer area. • Sluit altyd alle deure terwyl daar in ‘n voertuig gery word. • Bêre handsakke, beursies, skootrekenaars, selfone e.s.m. uit sig van moontlike grypdiewe. • Wees paraat by kruisings, stoptekens en verkeersligte en let op wat om u voertuig aangaan. • Vermy sovêr moontlik om saans te ry, veral waar daar voorheen insidente van “tyre spikings” was. • Maak seker u voertuig het voldoende brandstof en beplan vooraf waar u brandstof gaan aanvul. Indien moontlik, neem nood brandstof saam in ‘n goedgekeurde houer. • Gaan u voertuig na en maak seker dit is padwaardig. Maak ook seker alle nood gereedskap is in ’n goeie werkende toestand en dat dit te alle tye in die voertuig is. • Gaan die spaarwiel na en maak seker die banddruk is reg en dat die band in ‘n goeie toestand is. •Hou ’n flitslig byderhand veral as u in die nag moet ry. •Hou permanent ‘n selfoon laaier in u voertuig.

(Nota: Dankie aan Janus van Rensburg vir sy insette hiermee)

This article is from: