2 minute read

Wat om te sien in De Wildt

Rina Bester

De Wildt Adventure Trails and Cheetah Lodge

Advertisement

De Wildt Adventure Trails and De Wildt Cheetah Lodge on the R513 opens from 05h30 or 05h00 by appointment on Saturdays and Sundays.

De Wildt Adventure and De Wildt Cheetah Lodge showcase 8 of the best marked trails (for hiking or trail running) to choose from and different accommodation options, from rustic campsite shelters to luxury safari tents. De Wildt Adventure Trails is an extremely popular and adventurous pet-friendly venue. Bring along your four-legged friends for a hike or a trail run.

Contact 082 777 9326/ 083 336 3913 email: info@dewildttrails.co.za reservations@dewildttrails.co.za Website: https://www.dewildttrails.co.za/

Alles die moeite werd

‘n Mens, ons, gryp maklik elke dag aan asof dit die natuurlikste ding is sonder om eers daaroor na te dink. Is dit roetine of is dit eerder omdat ons gewoontediere is? Die werkersklas en mense met kinders sou dalk argumenteer dat dit die norm van ons samelewing is wat die dag se program “kick start”. Dis hoe maklik ons een voet voor die ander sit, dag vir dag dieselfde dinge doen, week in en week uit die inskrywings op die kerk almanak of ons dagboek asem in blaas en lewe gee. “Ons vat hom soos hy kom” is so slaafs. Wat ‘n tragedie! Dit terwyl elke dag soveel veranderlikes bied. Algaande kom die son elke dag ‘n tikkie vroeër op, verdryf die lig die donker, en so word die gordyn weggetrek om die wonder van die skepping te onthul. En ons het die onbeskryflike toeskouersvoorreg, sit ons in die voorste ry van hierdie wêreldklas teater. Luister mens fyn na die mense se gesprekke dan besef jy dat daar soveel weerligafleiers is. Donderstorms, ‘n geraas, steurings, en ‘n mengelmoes stemme wat maak dat ons die mooi toneel wat daagliks voor ons oë ontvou maklik miskyk. Bly mense se oë swaarmoedig op hulle tone gerig uit vrees hulle stamp dalk hulle tone terwyl die wonder van ‘n ontluikende dag om hulle aan die gebeur is. So maklik mis mense die hartklop, die asemhaal van ‘n samelewing. ‘n Wêreld wat aan die gang kom en ‘n kaleidoskoop kleur aan die dag gee. Lente is op ons voorstoep, is daar reeds bewyse van nuwe lewe, plantegroei en spatsels kleur te sien. Dit skep ‘n verwagting, gee ons hoop, en glo ons dat binnekort gaan ons leefwêreld ‘n fees vir die oog wees. Alles rede genoeg, en die moeite werd, om met oorgawe voluit te lewe. Ingesluit op hierdie verhoog is mense, mense soos jy wat ‘n verskil maak. Sou die toneel, my storie, sonder jou nie volledig of voltooi wees nie. Gelukkig is die Draaiboekskrywer sonder gelyke nog besig om my en jou storie te skryf. Nee, dis allermins ‘n sepie, eerder ‘n lewensverhaal waarin jy ‘n hoofkarakter is. Dit maak my onuitspreeklik dankbaar, loop my beker oor, drink ek uit my piering. Ons sê maklik hoe dankbaar ons is, maar dankbaarheid onder alle omstandighede verg ‘n stukkie opoffering want ons is immers nie altyd dankbaar vir die omstandighede waarin ons ons bevind nie, allermins ek. Daarom is ek bly oor die krukke, die kieries, en al die ondersteuning wat ek van my tydgenote kry. Soms is dit net hul voorbeeld wat dit vir my moontlik maak om ander hoër as myself te ag. Dit is ook jou spoor van nalatenskap wat jy vir my en seer sekerlik ook vir ander kom gee ek. Dankie daarvoor!!! Mag die lewe vir jou ook die moeite werd wees.

This article is from: