1 minute read

Kobie bederf senior burgers

Next Article
DWBV-nuus

DWBV-nuus

KOBIE BEDERF WEER DIE SENIOR BURGERS VAN DE WILDT

Kobie Opperman, van Kobie se Plekkie, het op 15 September 2022, weereens soos telkemale in die verlede, die senior burgers van De Wildt bederf. Hierdie keer moes sy al vier uur die oggend begin kos maak, want beurtkrag het in haar potte kom loer, om vir elkeen ‘n heerlike bord boerekos en nagereg voor te sit. Almal het heerlik gekuier, party senior burgers het mekaar na ‘n lang tyd weer gesien en die vriendskapsbande opgetel, terwyl daar nuwe vriendskapsbande ook gesmee is. Die kos was, soos net Kobie kan, uit die boonste rakke en die geselligheid soos net De Wildt se mense kan kuier. Frenette Grabie en Colene Wright, albei met ‘n passie vir mense en veral senior burgers, het voor die tyd kom hand bysit om alles in orde te kry en te versier. Hulle twee en Patricia van Niekerk, wat altyd ‘n staatmaker is, het vir Kobie gehelp om vir elkeen ‘n bord kos in te skep en uit te deel, terwyl ‘n paar van die meer vaartbelynde seniors self ook hand bygesit het, om elkeen by sy sitplek met ‘n bord kos te bedien. Kobie bedank al die borge, soos Frenette en Francois Grabie vir die wildsvleis, Kroon’s vir die hoender, en Malanseuns vir die plante. Ja, elkeen is nie net met die spyse gevoed en bederf nie, maar is boonop met ‘n Agapanthus plant, die nuwe variëteit met die smal blaartjie, vol in blom, huis toe gestuur. ‘n Plant om almal aan die heerlike oggend en bederf te herinner. Kobie jy is voorwaar ‘n ster. Baie dankie vir al jou liefde, jou omgee en gasvryheid. Jy word waardeer.

Advertisement

This article is from: