
3 minute read
Redaksiebrief
REDAKSIELEDE
REDAKSIEBRIEF
Advertisement
Hanna Scribante - Voorsitter 083 417 4699 Suzette Pëtersen - Sekretaresse 081 780 0426
De Wildt Helpmekaar Maatskappy Adéle du Toit - 071 843 8185 Douw van Wyk - 079 424 7411 Elmien Botha - 082 899 7417 Suzette Pëterson - 081 780 0426
De Wildt Boerevereniging Hanna Scribante - 083 417 4699 Phil Louw - 082 335 5910
De Wildt VLU Elma Human - 082 500 4066
Addisionele lede Jan Lemmer - 083 256 8266 Rina Bester - 071 110 6907
Laerskool Vissershoek Lee-Ann Rossouw - 073 817 0323
Drukker: Brits Drukkery 012 252 1370/7148 Epos orders@britsprint.co.za
Bankbesonderhede: ABSA spaarrekening 9235498972 Verwysing: DWN + advertensienaam
. Epos betalingsbewys info@dwn.dwhm.co.za
Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite. Liewe lesers Dit is al weer daardie tyd van die jaar, met dinge wat kwaai spoed optel hier skuins voor die rustigheid van ‘n lang somer vakansie. Elke jaar het maar sy prestasies en mislukkings en sy hartseer en sy vreugde. Ons kyk met verwagting vorentoe na die Kerstyd vir stil word en daarna ‘n nuwe 2023. Ons kan ook maar net terugkyk en ons hemelse Vader dank vir al die voorregte en seëninge, alles onverdiende genade uit Sy hand die afgelope jaar. Ons gedagtes gaan uit na diegene wat die afgelope jaar hart- seer ervaar het. Ons moes weer verneem van inwoners en oudinwoners wie se lewe tot ‘n einde gekom het en ons innige meegevoel met hul naasbestaandes word hiermee uitgespreek. Ons bedank weer ons adverteerders en doen ‘n beroep op ons lesers om hulle asseblief te ondersteun. Kom ons kyk wat ons lesers onder andere in hierdie uitgawe, wat ‘n spesiale Kers uitgawe is, kan lees: Phil Louw se interessante skrywes: Africanism, Agteros kom ook in die kraal en Leef soos mense van die lig, alles die moeite werd. Kobie Opperman bederf weer die seniors van De Wildt. Laerskool Vissershoek, “al die oud Vissies maak ons skool baie trots.” Dankie aan LeeAnn Rossouw wat hierdie jaar nuut op die redaksie is en wat getrou in elke uitgawe oor ons plaaslike laerskool berig het. TLU SA Nuus: Pretoria Boeremark vier 30 jaar, De Wildt Boerevereniging se laaste vergadering , afsluiting en re-organisasie. De Wildt VLU-nuus, geluk aan hulle wat hierdie jaar hul 55 ste bestaansjaar vier. Sandy Robberts se Plants of the Bible, the Bay tree. Om Geloftedag te vier asook twee Geloftefeeste se programme. Ouma Chrissie Vermaak is ‘n eregas by haar Springbokrugbyspeler-kleinseun, Faf de Kerk, se troue. De Wildt Adventure Trails & De Wildt Cheetah lodge, waar mens een met die natuur kan word in ons pragtige Magaliesberg. Dankie aan die redaksie vir hulle gratis en vrywillige opoffering om behulpsaam te wees om van ons blad ‘n sukses te maak. Dankie ook aan ons grafiese kunstenares. Ons kyk terug en sien dat ons blad met hierdie uitgawe reeds die een-en-dertigste jaar afsluit. Namens die redaksie, besondere goeie wense vir Kersfees en die nuwe 2023 aan al ons lesers en ondersteuners. Groete tot Februarie 2023.
- Hanna Scribante, namens die redaksie
De Wildt Nuus
Kontakpersone vir advertensies en grafiese ontwerp: Suzette Pëterson - 081 780 0426
Advertensie-ontwerp: R100 Veranderings op bestaande advertensies: R50 ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR
Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie.
