
1 minute read
Ouma Chrissie eregas by Faf se troue
Ouma Chrissie Vermaak van Wildebeesthoek, ouma van die bekende Springbok-rugbyspeler, Faf de Klerk, het in Oktober die voorreg gehad om ‘n eregas by haar kleinseun se troue te wees. Faf se ma, Corrie, is ouma Chrissie se oudste dogter en suster van Sarel Vermaak. Faf en Miné (van Niekerk) is op 1 Oktober 2022, by La Paris Estate in Franschhoek getroud. Slegs naby-familie en vriende was na die geleentheid genooi. Op die foto is Tobie en Corrie de Klerk (ouers), Faf en Miné, en ouma Chrissie (regs).
Ouma Chrissie eregas by Faf se troue
Advertisement
Huldeblyk aan wyle Len Haasbroek
25.09.1939 - 23.09.2022
Bekende inwoner, Len Haasbroek, is op 23 September 2022 oorlede. Hy het na ‘n 7-maande siekbed die stryd gewonne gegee. Len Snr het hom in 1987 in De Wildt kom vestig. Hy en sy drie seuns, Len Jnr, Frans en Armand, het saam ‘n besigheid opgebou. Ons eer sy nagedagtenis, rus sag. Ons bedank ook ons dierbare moeder, Joey Haasbroek, wat hom met liefte versorg en bygestaan het tot en met sy afsterwe.

