Rapport InRat - 16 Februarie 2014

Page 1

InRat

5 Chev Sonic RS: Meer jalape単o as habanero

Bylae tot Rapport

16 Februarie 2014

Cerato Koup kry oplaas die

Nuwe Toyota Corolla verras met rygenot

3

woelige enjin 2 wat Kias verdien4

Sand, sypaadjies en skoolknapies is nuwe X5 se kos

Formule 1: Watter span gaan op sy neus kyk?

7


InRat

5 Chev Sonic RS: Meer jalape単o as habanero

Bylae tot Rapport

16 Februarie 2014

Cerato Koup kry oplaas die

Nuwe Toyota Corolla verras met rygenot

3

woelige enjin 2 wat Kias verdien4

Sand, sypaadjies en skoolknapies is nuwe X5 se kos

Formule 1: Watter span gaan op sy neus kyk?

7


2 InRat

16 Februarie 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

InRat Redakteur Justus Visagie E­pos: justus.visagie @media24.com Tel: 021 406 3226

Advertensies Attie Bekker E­pos: attie.bekker @media24.com Tel: 011 713 9545

@ryveilig & @Rapport InRat facebook. com/Inrat

Gaan Motor van Jaar die sosialiste laat stik? N

et soos drank, dwelms, suiker, spoed en Facebook ons verslaaf, veg ons ook teen die drang om ons selfone uit te los wanneer ons bestuur. Ek het selfs vandeesweek ’n student op ’n 150 cc­motorfiets gesien wat op die N2 na sy selfoon staar. Op YouTube is daar ’n man wat met ’n inte­ ressante oplossing vorendag gekom het: hy verf sy regter­ hand se duim bloedrooi met naelpolitoer. Wanneer hy in die versoeking kom om na sy foon te kyk terwyl hy bestuur, staar ’n skelrooi duim hom in die gesig en hy sit die foon neer. As iemand hom daaroor uitvra, verduidelik hy sy strate­ gie en bied aan om daardie mens se duimnael ook rooi te verf. Ek het my duimnael dadelik met ’n rooi permanente viltpen bygedam en dit was so opvallend dat ek nie eens daaraan gedink het om my foon op te tel wanneer die ver­ keer drie minute lank by ’n verkeerslig stilgestaan het nie. Dit is ’n effens radikale oplossing, maar is beslis doeltref­ fend. Laat weet ons gerus hoe jy die verslawing pypkan. Van rooi gepraat: Die mense wat Porsches na Suid­Afrika invoer het die alleenagentskap verkry om die asemrowende Ducati­motorfietsreeks in te voer. Die gesukkel met Ducati­ onderdele, beskikbaarheid of versiening behoort nou iets van die verlede te wees. Op die oomblik is daar slegs een toon­ lokaal in Randburg (011 919 1600), maar hy sal jou fiets gra­ tis in Kaapstad of Durban kom haal, indien nodig. Elke Du­ cati word nou met ’n gratis diensplan verkoop. Ons hoop om binnekort ’n resensie van die 899 Panigale te publiseer. Nog net vier dae bly oor voor die wenner van WesBank en die Suid­Afrikaanse Motorskrywersgilde se Motor van die Jaar vir 2014 Woensdagaand aangewys word. Gaan die Por­ sche Cayman of die Jaguar F­Type wen en die sosialiste ’n kollektiewe hartaanval gee? Ons sal Woensdagaand om­ streeks 21:00 op Twitter en Facebook sê wie die wenner is. ; Baie geluk aan die wenners van ons Johannesburg­mo­ torskou­kompetisie. Dawid Terblanche wen ’n week met ’n Peugeot 508 en ’n week met ’n Citroën Aircross, ’n kamera en ’n gereedskapskis. Heila Grebe wen ’n kamera en gereed­ skapskis en S.P. van Huyssteen wen ’n gereedskapskis. Dan­ kie aan ons borge: Peugeot, Citroën, Canon en Midas. – Justus Visagie

KopKrap

Toyota Corolla

Dalk weer Suid­Afrika se gunsteling? D

it kan nie maklik wees om ’n motor vir Jan Alleman te bou nie, maar Toyota kry dit al meer as vier dekades lank reg: ’n bekostigbare en praktiese ryding wat betroubare vervoer bied en min brandstof gebruik. Met verkope van meer as 40 miljoen Corolla’s wêreldwyd geniet dié motor ongekende lojaliteit. Dus het Toyota besluit om nie aan sy wenresep te torring nie. Die jongste Corolla is geensins radikaal nie, maar hy toon oral verbetering. Sy brandstofverbruik is nou laer, daar is meer binneruimte en ’n stiller, meer moderne kajuit, en hy het verbeterde veiligheidseienskappe en standaardtoerusting. Al die praktiese oorwegings kry dus aandag. Die een ding wat ’n mens egter nie op die spesifikasieblad kan sien nie, is hoeveel beter die nuwe Corolla homself op die pad gedra, en hoeveel lekkerder hy geword het om te bestuur. Dit is steeds nie ’n sportsedan nie, maar hy bied padgreep, soepel ritgehalte en ’n stil kajuit wat hom min of meer gelyk met die klasleidende Volkswagen Jetta plaas. Stabiliteit in dwarswinde, tradisioneel ’n Corolla-swakpunt, kry eindelik aandag, en hy hou nou amper self koers op die hoofweg. Veranderings aan die sesganghandratkas se skakelaksie sorg vir moeitelose stadsbestuur en die stuurgevoel is verbeter. Die resultaat is ’n motor wat stil en gemaklik ry, maar ook sorg vir bestuursgenot op kronkelpaaie. Die swak punt is sy enjinkeuses: Die hele reeks kort woema. Die afwesigheid van drukaanjaging by die petrolenjins (net die diesel het

lSuzuki­blokkiesraaisel #2

Veel beter as sy voorganger, maar is dit genoeg? | FOTO: QUICKPIC ’n turbo) beteken wringkrag is nie geredelik beskikbaar nie, en hulle moet styf opgewen word om verby te steek of steiltes te klim. Dié futloosheid is nie ’n probleem in die stad nie, maar kan frustrerend raak oor lang afstande. Maar dit is te betwyfel of Corolla-kopers hieroor sal kla. Daar is ’n keuse van drie viersilinder-petrolenjins: die bestaande 1,3- en 1,6 liter-enjins en ’n nuwe 1,8 liter- enjin (103 kW en 173 Nm) pleks van die ou tweeliter. Die ou viergang- koppelomsetter- outo’kas is vervang deur ’n nuwe palwisselratkas (CVT), gekoppel aan 1,6- en 1,8-enjins. ’n Nuwe 1.4 D-4D -dieselenjin vervang die ou tweeliter-diesel. Eersgenoemde ontwikkel 66 kW en 205 Nm, met indrukwekkende brandstofverbruik van 4,5 F/100 km, volgens Toyota. Die Corolla se herontwerpte binneruim is sagter op die oog, met oorwegend goeie materiaalkeuses en voortreflike bougehalte. Daar is vier toerustingvlakke en selfs die intreevlak- Esteem-variant bied lug-

versorging, elektriese vensters en -kantspieëls, vier lugsakke en ’n radio/CD-klankstelsel. Prestige- en Sprinter-variante voeg leerbekleedsel en ’n Bluetooth-versoenbare raakskerm-klankstelsel by, terwyl die Exclusive boonop (onder meer) sewe lugsakke, outomatiese ruitveers en -hoofligte, parkeersensors en ’n trukamera bevat. Die verkoopprys verras ook: Die nuwe model bied puik waarde vir geld, met sommige variante wat goedkoper is as hul ou ekwivalente. Die 1.3 Esteem kos R214 900, en die outomatiese 1.8 Exclusive Multidrive-S (CVT) kos R283 900. Die 1.4 D-4D Esteem bied ook uitstekende waarde teen slegs R237 900. Die nuwe Corolla is ’n groot verbetering op sy voorganger en een van die beste waarde-sedans nou beskikbaar. Met ’n aangename bestuurservaring en die belofte van jarelange diens, kan hy dalk nie jou polsslag versnel nie, maar hy sal ook nie jou bloeddruk die hoogte injaag nie. – Martin Pretorius

Wen met Suzuki G

ebruik die letters in die gekleurde blokkies om die naam van een van Suzuki se motors te vorm. SMS jou antwoord en jou naam en van na 073 575 1774 voor of op Woensdag 19 Februarie. Slegs een SMS per telefoonnommer. Deelname impliseer aanvaarding van die voorwaardes wat op aanvraag

Leidrade

www.SuzukiAuto.co.za

Dwars 1 – Tuiste van die Britse Grand Prix naby Northampton en Milton Keynes (11) 7 – Trekdier uit die dae van die Voortrekkers (2) 8 – Die brandstofpedaal van ’n mo­ torvoertuig (10) 9 – Dit is hulle wat reëndruppels van die voorruit weghou (9) 11 – Na bewering (3) 12 – Sy is in 1997 in ’n ongeluk in ’n Mercedes in ’n tonnel in Parys dood (2) 13 – Renjaer Fittipaldi, wat o.m. vir Lotus en McLaren gejaag het (7)

beskikbaar is van justus.visagie@media24.com. 15 – Gewese kêrel of nooi (3) 16 – Deursyfer van vloeistof of gas waar dit nie behoort te gebeur nie (3) 18 – Samewerking tussen partye op bepaalde voorwaardes (4) 20 – Embleem (8) 21 – Terajoule (afk.) (2) 22 – Oostenrykse F1­kampioen wat in 1976 sleg verbrand het in ’n onge­ luk (4,5) 25 – Teenoor nee (2) 26 – Toets vir gehalte (5) 27 – Plastiekhouer met magnetiese band vir musiekopnames in die 1970’s en 80’s (6) Af 1 – Sluitstuk vir lugtoevoer (9) 2 – Van iemand self (3)

Die wenner ontvang ’n Explorer 4x4 Medibox wat ideaal is vir viertrek-entoesiaste en motoriste. Dié sterk, kompakte, stofdigte noodhulptassie bevat eenvoudige noodhulpinstruksies en die inhoud is in netjiese kompartemente verdeel. Bel J. Pretorius by 082 793 7174, e-pos info@medhealthkits.co.za of besoek www.medhealthcarekits.co.za vir meer inligting. ;Die wenner van Januarie se 4x4 Medibox is Heidi Bisschoff. 3 – Vering (9) 4 – Ferm terugvra (5) 5 – Lofspraak by ’n begrafnis (7) 6 – Brasiliaanse renjaer wat tydens die 1994 San Marino Grand Prix in ’n ongeluk dood is (6,5) 8 – Dit wat ’n enjin doen as dit aan die gang kom! (3) 10 – Vuil kol (4) 13 – Iedere persoon (3) 14 – Tegelykertyd (3) 17 – Die bekende 24­uur­uithouwed­ ren vind hier plaas (2,4) 19 – Dit wat periodiek met ’n motor se olie gedoen (moet) word (5) 20 – Met krag van mekaar skei (5) 23 – Vloeistof waarmee geskryf word (3) 24 – Bobene (3)


16 Februarie 2014

InRat 3

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

BMW X5

Prettigste gemakstoel tot nog toe V

erbeel jou jy sit in ’n gemakstoel, en luister deur ’n topklas hoëtroustel na jou gunsteling-musiek. Dit is hoe dit voel agter die stuur van ’n nuwe BMW X5: luuks, ruim, rustig . . . met musiek in jou ore. Maar wanneer ’n verbysteek-geleentheid hom voordoen, en jy trap die lepel plat, skop sy wringkrag jou in die rug met die delikate aanraking van ’n goed gemikte baksteen in die bek. Eerste aan die beurt met die onlangse bekendstelling was die xDrive50i, met ’n 4,4 liter-dubbelturbo-V8 (330 kW en 650 Nm) wat die gevrekste bestuurder sal wakker skok, selfs al moet die enjin so ’n groot wa voortstu. Sy versnelling vereis ’n wakende oog op die spoedmeter indien die bestuurder nie in die tjoekie wil oornag nie. Voorts sorg sy xDrive-viertrekstelsel en hersiende vering vir uitsonderlike padgedrag – so asof niemand nog vir dié woonstelblok vertel het dat hy nie ’n klein blitsbuksie is nie. As die 50i ’n vlieënde woonstelblok is, is sy M50d-boetie ’n nagklub: net so groot, maar selfs plesieriger en met ’n diep basklank. Danksy ’n drieliter-diesel-sessilinder met drie ( ja, dit is reg: drie) turboaanjaers, het hy nie net 280 kW om mee te speel nie, maar ook ’n allemintige 740 Nm om mee te ploeg. Hy lewer daardie wringkrag byna van luierspoed af, en trek al sterker soos die toere styg, totdat ’n beperker op 5 500 rpm halt roep. En pleks van ’n diesel-kletter sing die enjin soos Leonard Cohen. Hy verdien beslis daardie beroemde “M”-kenteken op sy romp. Dit gaan egter nie net oor luuksheid en krag nie, want die reeks verbeterde enjins, tesame met die ligter bakwerk, het brandstofverbruik verminder in vergelyking met sy voorganger. Die nuwe elektriese kraghulp vir die stuurstelsel, verbeterde vering en xDriveviertrekstelsel verskaf buitengewoon goeie padgedrag. Al die nuwe X5-variante klou verbete aan die pad en verander selfs teen onbehoorlike snelhede rats van rigting. Rygerief het ook verbeter, want al die variante met standaardvering het ’n stil, gladde rit gebied. Die X5’s met die opsionele M-Sport-veerstelsel en groot 20 duim-wiele (en die M50d) het egter ietwat stamperig gevoel op ongelyke oppervlakke – maar padgreep was selfs hoër. Maar moenie dink hierdie sportiewe gedrag beperk die nuwe X5 tot teerpaaie nie, want met sy bekendstelling het BMW ons in die suide van Mosambiek ingestuur. BMW probeer nie om die X5 as ’n ernstige klipklouterviertrekker uit te beeld nie, maar eerder as ’n luukse veeldoelvoertuig wat by die meeste plekke kan uitkom. Al die motors het moeiteloos oor ongelyke sandpaaie en deur modderpoele gebeur. Sulke groot pret kos egter ’n kleinhoewe se prys: die M50d kos meer as ’n miljoen rand, en die 50i nie veel minder nie. Daar is darem meer sinvolle variante ook beskikbaar, want die reeks begin met enkelturbo petrol- en diesel-sessilinders (35i en 30d) met 225 kW/400 Nm en 190 kW/560 Nm onderskeidelik, en daar is ’n dubbelturbodiesel-sessilinder (40d) met 230 kW en 630 Nm. Alle variante gebruik ’n agtgang- koppelomsetter- outo’kas. Pryse strek van R762 000 tot R1 026 000, maar wees versigtig met die opsionele ekstras – dit is maklik om nog ’n kwartmiljoen by die rigprys te las. Ja, die nuwe X5 is ’n duur motor. Maar met sy veelsydigheid, luukse binneruim, gerieflike rit en moderne tegnologie bied die goedkoper weergawes selfs goeie waarde in hierdie marksegment. Vlieënde sitkamers was nog nooit so aanloklik nie. – Martin Pretorius

Die X5 is ’n gedugte Gran Turismo, maar hy deins nie vir sand terug nie. Met sy padbande aan moet jy liefs van gruwelike grondpaaie af bly | FOTO: NP

SA SE BESTE 8-TON VALKANT VRAGMOTOR-AANBOD! teen slegs

R355 000

GRATIS 1 JAAR/60 000 km DIENSPLAN

Sukses op dreef

> 2 JAAR/ONBEPEKDE KM FABRIEKSWAARBORG > 24-UUR AA PADBYSTAND .. > ABS-REMME, LUGREELAAR

www.faw.co.za


4 InRat

16 Februarie 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut Kia Cerato Koup T­GDi

is en boonop serpe vir arm kinders brei. Die eerste Kia wat dié warm 1,6-literviersilinder-kragbron kry, met 152 kW en 265 Nm om mee te kotiljons, is die kraakvars Kia Koup. InRat het die handrat-weergawe bestuur en dit is ’n indrukwekkende ryding. Hy is nie Audi S3-vinnig nie, maar laat waai van 0 tot 100 km/h in gemaklik onder 8 sekondes, hetsy jy die handrat of koppelomsetterouto’kas kies. (Albei het ses gange.) Die Koup is dus g’n willewragtig tweesitplek-sportmotor nie, maar ’n aantreklike tweedeur-luikrug wat groot afstande gou met gemak kan aflê. Hy voel beheers en vol selfvertroue op die pad. Die stuur reageer al vinniger hoe verder dit van die twaalfuur-posisie draai en die

Ons Duitse lesers met toegang tot die Autobahn kan kennis neem dat die Koup se asem eers teen 222 km/h opraak FOTO: QUICKPIC motor bly plat deur die draaie. Hantering voel skerper as in die Cerato-sedan. Die ratkierie beweeg gladweg, maar die koppelaar verg aanvanklik konsentrasie, anders vrek die enjin. Die bestuurder kan beheer van die outo’kas neem deur twee hefbome (afsonderlik) te trek. Kia sê daar is nou meer plek vir die agterste passasier(s), maar dit is steeds

Ford EcoSport 1.5 TDCi Titanium

Warm, maar nie ’n rissiepit V

an hoeveel hitte hou jy? Sal jy jouself laat “op-psyche” en oor rooiwarm kole loop? Of liewer net langs ’n lekker kampvuur sit? Chev se nuwe Sonic RS is nie ’n rooiwarm baba-blitsbuks soos die Peugeot 208 GTI, Ford Fiesta ST of Polo GTI nie, maar ’n bekostigbare alternatief wat geesdriftige bestuurders steeds heelwat bestuursgenot sal gee. Die Sonic RS is gegrond op die gewone Sonic, wat al van 2011 met ons is. Om van hom ’n RS te maak, is subtiele kosmetiese veranderinge aan die bakwerk gemaak. ’n Aggressiewe voorste buffer, bonkige misligte met ’n chroomafwer-

king, metaalgrys 17 duim-allooiwiele en ’n giftige driehoek-uitlaatpyp laat die RS meer sportief en windmaker as die gewone Sonic lyk. Swart sportleersitplekke met rooi stiksels, metaalpedale en ’n bonkige leerstuurwiel het my dadelik lus gemaak vir ’n dag op ’n renbaan. Sy verrigting is nie kokend nie, net lekker warm. Die 1,4 liter-turbo-enjin (103 kW en 200 Nm) voel kragtig en die RS laat waai sodra jy jou voet op die petrolpedaal plant. Dit neem ’n bevredigende 9.5 sekondes vir die naald om van 0 tot by 100 te kom, sy topspoed is ’n skaflike 197 km/h en volgens Chevrolet is

Ford se EcoSport het oneindig meer waarde as ’n verkiesingsbelofte FOTO: NP sal breek nie. Die radio het ’n vindingryke stemfunksie wat jou in staat stel om met die Fordjie te gesels as jy wil bel, en ná ’n paar probeerslae kon selfs ek vasstel hoe dit werk (die Bluetooth praat met jou foon, al lê dié op die grond of in ’n handsak). Jy sit lekker hoog en die ontwerp is jonk en vars. Die lugversorger werk fluks en die 1,5 liter-turbodie-

selenjin van ons duurder Titaniumtoetsvariant is heeltemal gewillig om jou tot by die spoedgrens te stoot en gemaklik daar verby. Dit is nie ’n BMW nie, maar jy sien dít minstens heel eerste aan die prys. Dit is ’n praktiese motor vir ’n klein gesin wat hou van naweke weg en, wel, gladde voorstedelike paaie. – Waldimar Pelser PRYS R249 000

Die RS se hittegraad is meer Sabie as Sahara | FOTO: QUICKPIC die verbruik slegs 6,6 liter per 100 km. Iets wat gepla het, was die ratverhoudings. Die eerste drie ratte se asem raak te vinnig op. Jy het skaars weggetrek, dan moet jy die volgende een haak. Maar jong, energieke bestuurders wat graag met ’n ratkierie speel, sal dié ’kas

terdeë geniet. Nog ’n glanspunt is die RS se stewige stuurgevoel en stywer suspensie – ’n mens kan hom looi deur ’n draai sonder om bang of buite beheer te voel. Die RS is ook die eerste model met Chevrolet se MyLink-inligting-en-vermaakstelsel waarmee jy onder meer koordloos musiek van jou selfoon kan speel en speellyste opstel. Dit werk goed en heelwat eenvoudiger as Ford se SYNC-stelsel. Die RS se veiligheidskenmerke sluit vier lugsakke, elektroniese glybeheer, sluitweerremme (met remkragverspreiding) en wegtrekhulp vir opdraandes in. As jy aansienlik meer kole wil hê, moet jy aansienlik meer uithaal. Die Fiesta ST kos R260 000, die 208 GTI kos R280 000 en die Polo GTI kos R294 000. En die Sonic RS? Vir R225 300 kry jy minder haas, maar ’n ryding met houding, hope toerusting en ’n gesonde dosis krag en rygenot. – Corlette Heyns

Nissan Sentra 1.6 Acenta CVT

D

H

Chevrolet Sonic RS

Renault Duster 1.6 Dynamique 4x2

Nuwe Duster vee skoon

Al die volk is vrolik ier is ’n bietjie raad vir die ANC in dié verkiesingsjaar: bewimpel ’n subsidie sodat die Ford Ecosport vir soveel gesinne as moontlik meer bekostigbaar gemaak word as wat hy nou is (R199 000 is reeds nogal billik). Laat mevrou en meneer daarmee op Johannesburg se sat voorstedelike paaie ry. Hulle sal nie meer die slaggate voel nie! Pokmerke in die teer sal verdwyn. Selfs die angel van spoedhobbels sal getrek word. Was dit Handel wat geskryf het: “elke heuwel sal laag word, dit wat krom is, reguit en die growwe plekke glad”? Nou ja. Die Ford Ecosport maak dalk nie van gaar paaie die hemel nie, maar dit voel veel beter as in sedans wat dieselfde kos. Hy is plastiekerig binne, ja, en tog voel dit nie of enigiets gou

knap daar, hoewel toegang maklik is. Die Koup is ’n luikrug en as jy die “deur” agter oopmaak vind jy ’n spelonk. Die Koup is stewig aanmekaargesit, luuks en veilig toegerus. Daar is ses lugsakke, elektroniese glybeheer en xenonligte. Danksy twee armpies wat die sitplekgordels vorentoe voer, sukkel ’n mens nie om dit by te kom nie. Sal genoeg kopers byna R100 000 meer vir die nuwe Koup betaal as vir sy tweeliter, turbolose voorganger? Die antwoord is ja, deels omdat die ou Koup ’n groot winskoop was, maar ook omdat die rand weinig werd is en plaaslike motorpryse gevolglik moet styg. Maar bowenal omdat begeerlikheid en eksklusiwiteit direk aan ’n ding se prys gekoppel is. Diegene wat die nuwe Koup begeer en kan bekostig, gaan hom koop. En hulle sal nie maklik spyt wees nie. – Justus Visagie PRYSE R335 000 tot R347 000

Spesifikasies kan verander sonder vooraf-kennisgewing. E&OE

ie jaar 2014 is ’n baken vir Kia. Dit is die jaar waarin hy vir die eerste keer ’n sportiewe, turboaangejaagde petrolenjin na Suid-Afrika bring. Dit is rede tot groot blydskap, want tot dusver moes Kia-eienaars tevrede wees met ’n reeks petrolenjins sonder ’n enkele turbo tussen hulle. Kia se kragtige 2,2-turbodiesel was die uitsondering, maar dit is slegs in die Sportage- en Sorento-smukveldryers te kry. Nou kan Kia saamgesels met ouens soos VW en Peugeot, wat klein petrolenjins met groot welslae met turbo’s aanjaag. Dié enjins lewer beter verrigting, en soms laer verbruik, gemeet aan nieaangejaagde enjins. Dit is mos soos om ’n lewensmaat te vind wat mooi en slim

Toetsritte

InRat 5

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

Oep vi Koup D

16 Februarie 2014

ie Renault Duster Dynamique is ’n mooi, veeldoelige ryding met oorgenoeg toerusting, soos GPS-navigasie met ’n groot vertoonskerm en eenvoudige werking. Die afmetings van sy bakwerk is kompak en tog is hy Is die Duster die grootste oor die algemeen ruim motorwinskoop in vyf jaar? | binne. Hy bestuur makFOTO: QUICKPIC lik en is sag geveer. Dis die perfekte skool-taxi wat ook op grondpaaie floreer. Maar daar was teleurstellings: die hele konsole en bestuurderskajuit is vir die linkerstuur-wêreld ontwerp en nie vir regterstuur-lande aangepas nie. Die vertoonskerm en lugversorgingkontrole “kyk” dus weg van die bestuurder. Behalwe die stuurwiel is die bestuurderskant meer gepas vir ’n passasier. Daar was nie plek langs die koppelaar vir my linkervoet nie, want die ruimte is omtrent die helfte van die passasier s’n. Die Renault Duster het my uitermate beïndruk en tog ook gefrustreer. Daar is soveel take wat dié veeldoelige motor bekwaam verrig, maar soos ’n besope Don Juan kan hy ook ontoereikend wees. Sal ek een koop? Nee, en net as gevolg van die bestuurderskajuit wat nie reg aangepas is nie. Maar ek is oortuig dat hy baie gewild sal wees as ’n veelsydige gesinswa, ook omdat hy vele van sy teenstanders stof in die oë skop. En met ’n pryslys wat by R200 000 begin en by R245 000 eindig (vir die turbodiesel-4x4) het hy nie gelyke nie. – Stephan Lourens PRYS R249 000

Die Sentra is ’n bekwame motor, maar mede­ dinging van die Chev Cruze, Opel Astra­sedan en Toyota Corolla gaan straf wees | FOTO: QUICKPIC

Gedienstig en gedwee D

ie laaste keer wat ’n nuwe Nissan Sentra hier wiel aan wal gesit het, was in die jaar 2005. Nou is die 13de generasie Sentra hier en Nissan sien dié aanwins as sy vlagskip-passasierswa. Ek het gevind dat ’n mens se opvatting van die Sentra meestal sal afhang van wat jy daarmee wil uitrig. Hoewel die Sentra nie die toppunt van middelklas-styl of ’n Lexus is nie, tel heelwat in sy guns en as jy hom van agter sien, herinner hy jou tog aan die mooi Lexus ES 250. Die binneruim is netjies, maar die klankstelsel blikkerig. Die doring in die vlees is ’n palwissel-outo’kas (CVT) wat die enjin tussen jou breinlobbe laat dreun as jy vet gee. Fokus maar op die kilometers been-, kopen elmboogruimte (voor en agter) en lae petrolverbruik, want dit is hier waar die Sentra homself bewys: 7,1 liter per 100 kilometer in skoolverkeer is indrukwekkend. Outo’kaste is gerieflik, maar ek sou die raserige CVT-kas verruil vir die vyfgang-handrat en meer as R20 000 aan die prys bespaar. Hoewel die Sentra veiligheidskenmerke soos ABS, EBD, ses lugsakke en remhulp het, sou ek ook stabiliteitsbeheer wou hê soos in die Opel Astra Sedan 1.4 Turbo Essentia (R265 500, outo). Die manne wat ’n motor se snoet graag in elke draai gooi, sal nie gek wees oor hom nie – sy hantering laat dit nie eintlik toe nie. Maar vir die verantwoordelike, tydsame langeraat met ’n vrou en kinders wat branderplankies en tjello’s saampiekel, gaan die Sentra nommerpas wees. Omdat die Sentra so onopsigtelik is sal hy ook werk vir bendelede, want daar’s hope plek in die 510 liter kattebak vir smokkelware en selfs ’n lyk of twee. Hy moet net nie dink hy gaan die Sentra gebruik as ’n wegvlugkar nie – tensy dit al die pad afdraand is. – Ané Theron PRYS R253 600

www.porschesouthafrica.com

Goeie gene. Sportiewe familie. Onberispelike gedrag vir opwindende kronkelpaaie. Die nuwe Cayman S. Suid-Afrikaanse Motor van die Jaar-finalis 2014. Hart en siel: Die wringkragtige en doeltreffende bokser-enjin. Sy sentrale posisie – net 30 cm agter die bestuurder – verseker ’n lae swaartepunt. Resultaat: dinamiese hantering en selfs groter ratsheid. Tesame met remme wat g’n nonsens duld wanneer dit werklik tel nie.www.porsche.com/cayman

Porsche-sentrum Johannesburg Tel: 011 540 5000

Porsche-sentrum Kaapstad Tel: 021 555 6800

Porsche-sentrum Umhlanga Tel: 031 514 3000

Brandstofverbruik in I/100 km: stad 11.2; snelweg 6.2; gekombineer 8.0 • CO2 emissies: 188 g/km • Krag: 239 kW (325 hp) • Wringkrag 370 Nm • 0-100 km/h in 5.0 sekondes


6 InRat

16 Februarie 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuus

Vragmotors

Volvo het die wêreld op hol gehad met dié video­adver­ tensie wat wys hoe stabiel sy vragmotors en hoe soepel ou Jean­Claude van Damme nog is. Jy kan die QR­kode hier­ naas met jou slimfoon af­ neem en direk na die video gaan | FOTO: VOLVO

Versigtig optimisties M

otorkopers, -handelaars en -vervaardigers gaan vanjaar klippe kou weens die swak rand, ’n hoër rentekoers en ’n hoë vlak van verbruikerskuld. Kortom: minder nuwe motors sal eienaars kry. Die vragmotorsektor is egter versigtig optimisties oor die vooruitsigte vir 2014-’15, al was verkope verlede maand laer as in Januarie 2013. FAW sê die bou van sy aanleg van R600 miljoen in die Oos-Kaap, wat van Julie 5 000 linker- en regterstuur-vragmotors per jaar sal bou, beklemtoon sy vertroue in die plaaslike en Afrika-mark. Richard Leiter, ’n direkteur van FAW SA, sê namate Afrika toenemend die vryemarkstelsel gebruik, sal die vraag na

Van alle asem beroof

vragmotors groei soos wat in China gebeur het. Hy meen FAW het ’n goeie fondament in Suid-Afrika gebou om uit die groeiende vraag munt te slaan. Isuzu Trucks bou voort op ’n rekordjaar (2013) waarin hy 4 019 vragmotors van die hand gesit het. Dit het hom ’n markaandeel van 13% besorg, wat hom in die tweede plek in Suid-Afrika plaas, sê ’n maatskappy-woordvoerder. Die hoof- uitvoerende beampte, Craig Uren, is vol vertroue vir verkope van minstens 4 000 vragmotors in 2014. Uren sê een van die redes vir hul sukses is dat Isuzu self baie van die bakwerkeenhede vir kopers bou. Jacques Carelse, besturende direkteur van UD Trucks Suid-Afrika, voorspel

Aston Martin Rapide

groei van 4% in die vragmotor- en handelsvoertuigmark vanjaar. Hino het nie net verlede jaar uitstekend gevaar met verkope nie, maar hy het ook vroeg vanjaar klas-oorwinnings in die Dakar-uithouren behaal: Span Hino Sugawara was eerste en tweede in die klas vir vragmotors met ’n enjinkapasiteit kleiner as 10 liter. Teruhito Sugawara het die klasoorwinning behaal en sy 72-jarige pa, Yoshimasa, was tweede. Volvo-vragmotors ry ’n media-golf danksy sy advertensie met Jean-Claude van Damme wat wys hoe gevorderd die nuwe Volvo-vragstuurstelsel is. Dit verbeter stabiliteit en maak bestuur minder vermoeiend, wat veiligheid en produktiwiteit bevorder. Kyk hier na die video:

KitsToets

Die Rapide is meer gepas vir twee mense en hul bagasie as vir vier – ekstra deure ten spyt. FOTO: ASTON MARTIN

is piepklein, en daar is nie naastenby genoeg kajuitruimte om mee te ding met die Porsche Panamera of BMW Gran Coupé nie. Die Rapide S laat sy bestuurder soos ’n Britse geheime agent voel: pragtige stilering en ’n arrogante, effens oudmodiese persoonlikheid vorm sy aantrekkingskrag. Hy is miskien nie die maklikste motor om mee oor die weg te kom nie, maar wanneer ’n mens voor sy sjarme swig, kan niks anders werklik met hom vergelyk word nie. Sy dae is ongelukkig getel: daar is ’n verhouding met Mercedes-Benz AMG op die horison om aan Aston Martin moderne enjins, ratkaste en

F1 op SuperSport

Roetes, snelheid g’n geheim O

S

oos sommige Hollywood-sterre hul middeljare betree sonder om hul jeugdige voorkoms te verloor, is daar ’n handvol motors wat bykans ongemerk en met grasie verouder. Die Aston Martin Rapide is een van hulle. Omdat hy sedert 2010 vervaardig word, is hy in motorbedryf-terme al in sy middeljare. Om jeugdig te bly, moes hy daarom, nes sy Hollywood-eweknieë, ’n bietjie hulp van die snydokters verkry. Daar is ’n herontwikkelde V12-enjin onder sy slanke kap – dit is nog steeds ’n 5,9 liter-eenheid, maar ontwikkel nou 60 kW meer as voorheen. Sy 410 kW sorg vir lewendige verrigting in ’n aluminiumbak-“koepee”, wat tog omtrent 200 kg swaarder is as ’n Jaguar XJR. Anders as wat verwag kan word, is die Rapide S nie ’n ware viersitplekluukse sedan nie – sy agtersitplekke

http://bit.ly/1hwRT8t. Daarby kan alle vragmotorbestuurders inskryf vir Volvo se internasionale dieselverbruikuitdaging, ongeag die produk waarmee hulle ry. Die Suid-Afrikaanse uitdunne vind op die volgende Saterdae plaas: 24 Mei in Kaapstad, 7 Junie in Durban en op 14 Junie in Johannesburg. Die nasionale kompetisie word op 21 Junie in Johannesburg gehou. Deelnemers moet voor 30 Maart registreer. Die wêreld se 25 finaliste sal op 19 September in Swede sake uitspook. Stuur e-pos met jou naam, e-posadres, maatskappynaam en telefoonnommer en ’n afskrif van jou bestuurderspermit (PDP) aan: Info.MarketingSA@volvo.com.

elektroniese stelsels te verskaf. Dit sal baie jammer wees as sy unieke Britse karakter onder ’n dik Duitse kombers versmoor word. – Martin Pretorius PRYS sowat R3 miljoen ENJIN 6 liter-V12-petrol; 410 kW en 630 Nm RATKAS Sesgang- koppelomsetter-outomaties; agterwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 4.9 sek. en 306 km/h topsnelheid; 14,87 F/100 km OORWEEG OOK Porsche Panamera Turbo S en BMW M6 Gran Coupé * ’n Langer weergawe van dié artikel is op die web by rapportinrat.co.za/aston-martin-rapide-s

Tegno

ns het ’n paar maande gelede berig oor die Little LogBook, en hoe dié GPS-toestelletjie belastingopgawes vergemaklik en rekord hou van die bestuurder se roetes en snelheid. Intussen het ons nog funksies ontdek. Die indrukwekkendste is die eenvoudige sagteware waarmee die gebruiker gereelde besoekplekke kan merk – dan weet die stelsel self of die reis vir sake- of persoonlike gebruik bedoel was. Dit is gerusstellend om te weet dat die reisinligting net op jou rekenaar gebêre word, nie êrens op ’n rekenaarnetwerk nie. Vertroulikheid is dus gewaarborg. Daar is nou ’n toevoeging tot die Little LogBook-reeks: die “GO”- model (R1 149). Hy word nie by die sigaretaansteker ingeprop nie, want hy gebruik ’n herlaaibare battery wat tot 16 ure se reisopnames moontlik maak, en word net geaktiveer as hy beweging bespeur. ’n Bergfietsryer kan dus die naweek se avontuurroete en snelheid net so maklik opneem soos die week se pendeltogte. Jy kan ook vasstel hoe vinnig jou 18-jarige met jou motor ry . . . Besoek www.littlelogbook.co.za.


16 Februarie 2014

InRat 7

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Motorsport

Voorskou: Formule Een

F1-program vir 2014 1

Australië

Albertpark, Melbourne 14-16 Maart

Lengte: 5,3 km Rondtes: 58 8

Oostenryk

Spielberg 20-22 Junie

Lengte: 4,32 km Rondtes: 71 15

Japan

2

Maleisië

Sepang, Kuala Lumpur 28-30 Maart

Lengte: 5,54 km Rondtes: 56 9

Brittanje

Silverstone 4-6 Julie

Lengte: 5,89 km Rondtes: 51 16

Rusland

3

Bahrein

Sakhir 4-6 April

Lengte: 5,41 km Rondtes: 57 10

Duitsland

Hockenheim 18-20 Julie

Lengte: 4,57 km Rondtes: 67 17

VSA

4

China

5

Sjanghai 18-20 April

Catalunya, Barcelona 9-11 Mei

Lengte: 5,45 km Rondtes: 56 11

Lengte: 4,38 km Rondtes: 70 18

Lengte: 4,66 km Rondtes: 66

Hongarye

Hungaroring, Boedapest 25-27 Julie

Brasilië

Spanje

12

België

SpaFrancorchamps 22-24 Aug.

Lengte: 7 km Rondtes: 44 19

6

Monaco

Monte Carlo 22-25 Mei

Lengte: 3,34 km Rondtes: 78 13

Italië

Monza 5-7 September

Lengte: 5,79 km Rondtes: 53

7

T

Lengte: 4,36 km Rondtes: 70

Singapoer

Marina-baai 19-21 September

Lengte: 5,07 km Rondtes: 61

Abu Dhabi

Suzuka 3-5 Oktober

Sotsji 10-12 Oktober

Austin, Texas 31 Okt.-2 Nov.

Interlagos, São Paulo 7-9 November

Yas Marina 21-23 November

Lengte: 5,45 km Rondtes: 53

Lengte: 5,8 km Rondtes: 53

Lengte: 5,47 km Rondtes: 59

Lengte: 4,31 km Rondtes: 71

Lengte: 5,55 km Rondtes: 55

Bron: f1.com

Promosie

Borgskap gee kykers toegang tot F1-aksie

Kanada

Gilles Villeneuve, Montreal 6-8 Junie

14

F1 op SuperSport

iger Wheel & Tyre het aangekondig hy gaan sy borgskap van die 2014 F1-seisoen op DStv SuperSport voortsit. Die onderneming se bemarkingsbestuurder, Joe du Plooy, sê dit is geen geheim dat Tiger Wheel & Tyre ’n groot aanhanger van Formule 1 is nie. “Dit is vir ons ’n voorreg om te help om die uitsending daarvan in Suid-Afrika moontlik te maak deur die borgskap. Ons maatskappy is deur ’n Formule 1-renjaer gestig, daarom kan ’n mens sê F1 is in ons bloed.” Plaaslike F1-aanhangers kry meer waarde van die wiel-en-

Hope aksie op SuperSport dank­ sy www.twt.to | FOTO: SAUBER bandhandelaar as net toegang tot F1-aksie op die kassie. Tiger Wheel & Tyre se webtuiste, www.twt.to, sal ook ’n “F1-teller” bevat wat die tyd tot elke wedren aftel en die wenners aankondig na afloop van elke ren. Pirelli voorsien weer vanjaar bande aan Formule 1. As jy Pirelli-tegnologie aan jou wiele wil hê, besoek enige tak van Tiger Wheel & Tyre.

Grafika24

Onooglike F1­wysneuse is hier veral omdat hul sterkste mededingers, Mercedes, Ferrari en McLaren, heelwat toetsmyle kon aflê. Selfs die jaers van kleiner spanne, soos Sauber, Williams en Force India, kon genoeg rondtes aflê om minstens basiese inligting oor hul renpakkette in te win, maar geeneen van die spanne kon nog werklik die potensiaal van hul nuwe motors toets nie. Dit is egter nog nie neusie verby vir Red Bull nie. Verlede week het Lotus, wat ook Renault-aandrywing gebruik, eindelik ook gaan toets, nadat hy die eerste toets misgeloop het. Die span het heelwat rondtes voltooi, sonder enige noemenswaardige probleme. En vandeesweek toets die spanne in Bahrein, waar die kampioenspan hopelik die geleentheid sal kry om broodnodige toetsrondtes te kan aflê. Dit is egter duidelik dat die spanne met Mercedes-krag in hierdie stadium die beste daaraan toe is. Nie net het Mercedes die meeste toetsmyle voltooi nie, McLaren en Williams het ook heelwat toetswerk gedoen. Ook het die Mercedes-gedrewe spanne, met die uitsondering van die eerste dag (toe Kimi Räikkönen die vinnigste vir Ferrari was), die vinnigste rondtetye in die daaropvolgende drie dae opgestel. Tog moet ’n mens liefs nie te veel daarin lees nie, en selfs vandeesweek se toetse sal net ’n effense aanduiding van die verskillende spanne se potensiaal verklap alvorens die seisoen oor ’n maand in Australië begin. En wie weet, as Red Bull al sy stelsels kan kry om saam te werk, kan hy dalk die ander spanne net weer . . . uhm, op hul neuse laat kyk wanneer die laaste rooi lig in Melbourne uitdoof. - Ferdi de Vos

Spanne, enjinverskaffers en jaers: Red Bull Racing (Renault): Sebastian Vettel (Duitsland), Daniel Ricciardo (Australië) Mercedes AMG (Mercedes): Lewis Hamilton (Brittanje), Nico Rosberg (Duitsland) Ferrari (Ferrari): Fernando Alonso (Spanje), Kimi Räikkönen (Finland) Lotus (Renault): Romain Grosjean (Frankryk), Pastor Maldonado (Venezuela) McLaren (Mercedes): Jenson Button (Brittanje), Kevin Magnussen (Denemarke) Force India (Mercedes): Nico Hülkenberg (Duitsland), Sergio Pérez (Mexiko) Sauber (Ferrari): Adrian Sutil (Duitsland), Esteban Gutiérrez (Mexiko) Toro Rosso (Renault): Jean-Éric Vergne (Frankryk), Daniil Kvyat (Rusland) Williams (Mercedes): Felipe Massa (Brasilië), Valtteri Bottas (Finland) Marussia (Ferrari): Jules Bianchi (Frankryk), Max Chilton (Brittanje) Caterham (Renault): Marcus Ericsson (Swede), Kamui Kobayashi (Japan)

PIRELLI AANBIEDINGE

NOU AAN BY TIGER WHEEL & TYRE SE

EPIESE BAND UITVERKOPING

175/65 TR 14 205/55 WR 16 205/40 WR 17 255/55 HR 19 CINTURATO P1 VERDE

CINTURATO P7

P-ZERO NERO

SCORPION ATR

R 695 R 950 R 995 R3695

• BAND PRYSE WORD PER EENHEID GEKWOTEER • BAND PRYSE SLUIT BTW EN MONTERING IN MAAR SLUIT BALANSERING UIT

TWT/382/02

W

ie sy neus skend, skend sy aangesig, lui die spreekwoord. En te oordeel na die snuffelneuse van vanjaar se Formule Een-renmotors, blyk F1 se aangesig wel geheel geskend te wees. Sowat van onaansienlike motors het ’n mens lanklaas in die vlagskip-kategorie van motorsport betrag; en die onaardige neuswerke – krom en skeef, dun en lank, gepunt en gespleet – ontlok wêreldwyd uiters onvleiende beskrywings en kommentaar. Dit is alles die skuld van die radikale nuwe regulasies, want synde g’n Formule Een-ontwerper aan die neus rondgelei wil word nie, het hulle met allerhande onooglike wysneusoplossings vorendag gekom om verlore drukkrag te herwin. Behalwe die vereistes vir ’n laer neus (415 mm laer as verlede jaar), kleiner drukvinne voor en agter en ’n enkel-uitlaatpyp bo agter die enjin, het revolusionêre dryfstelsel-regulasies ook bygedra dat meeste van die nuwelinge soos prehistoriese ietermago’s lyk. Die ongetoetste kombinasies van 1,6 liter-turbokragbronne en gevorderde energie-herwinningstelsels, verpak in kompakte, lugdinamiese vorms, het reeds ’n ander nadraai gehad: ’n Tekort aan betroubaarheid en duursaamheid; wat vandeesmaand se eerste F1-toets op die Jerez-baan in Spanje in ’n klug omgeskep het. Die dig-verpakte Red Bull van Andrian Newey, ontwerper van die vorige vier jaar se kampioen-motors, is die ergste getref. Oorverhitting van die enjin en ander stelsels het veroorsaak dat sy nuwe 2014-ryding byna g’n wiel kon versit nie. Met beperkte toetstyd is dit ’n groot terugslag vir Red Bull en sy enjin-vennoot Renault,


www.kia.co.za

BOU DIT S

MOOI SOOS ONS S’N EN STAAN

WEN.

‘N KANS ON DIT TE

Ons het kodes vir parte van die nuwe KIA Cerato Koup regoor die Internet verskuil – in koerantadvertensies, op die radio n ook by opwindende plekke in Suid-Afrika. Besoek gerus die KIA Facebook-blad en maak die KIA Cerato “Make Beautiful”-toep oop om toegang tot die eerste nuwe kodes te verkry. Dit bevat ook ’n handelstasie waar jy duplikaatparte met ander versamelaars kan ruil, ten einde die parte te kry wat jy nog benodig. Die eerste persoon wat ’n virtuele Koup voltooi, wen ’n werklike een. S eenvoudig en s mooi soos dit! Besoek www.facebook.com/KiaMotorsSA vandag nog, en moenie vergeet om die kode van hierdie advertensie te bewaar nie. #PART CODE blu93m5 152kW direct injection 16 valve turbo engine

Facebook www.facebook.com/KiaMotorsSA

Twitter twitter.com/KiaMotorsSA 15816OFyt


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.