
2 3 4
EKSPO: ISABEL EN GR.9'S BLINK UIT

TENNIS: AMANDA COETZER ‘24

ALL GIRLS: ‘N FEES IN POTCH
2 3 4
EKSPO: ISABEL EN GR.9'S BLINK UIT
TENNIS: AMANDA COETZER ‘24
ALL GIRLS: ‘N FEES IN POTCH
Bloemhof se o.15A- & o.19A-tennispanne het onlangs aan die ITEC Amanda Coetzer-tennistoernooi deelgeneem en uitstekend gevaar. Beide ons spanne eindig in die 3de plek Hier is hulle saam met ons susterskool, Rhenish, na die uitspeelwedstryde vir 3de en 4de plek. Foto: Me Betti Erasmus
Isabel Lutz het Bloemhof onlangs op die internasionale verhoog verteenwoordig by die International Science Technology Engineering Competition (ISTEC) wat in Bali, Indonesië plaasgevind het Sy is hier bekroon met ‘ n silwermedalje vir haar projek! Sy het die voorreg gehad om haar navorsingsprojek, wat fokus op die impak van kunsmatige intelligensie (AI) in die klaskamer, by die kompetisie voor te lê en het uitsonderlik gevaar. Baie geluk met die puik prestasie, Isabel, Bloemhof is ongelooflik trots op jou en eer jou vir jou harde werk en al die ure wat jy aan die projek spandeer het.
Die graad 9's het verlede week hul projekte vir die Natuurwetenskappe Interne Ekspo uitgestal. Bloemhof se deelname aan die Ekspo bied aan leerders die geleentheid om ' n wetenskaplike denkwyse en werkswyse te ontwikkel, wat ' n groot aanwins is in latere studiejare. Die dames moes ' n Ekspo-navorsingsprojek aanpak in enige onderwerp van hul keuse deur ' n hipotese te stel, data in te win deur navorsing, ' n eksperiment of die bou van ' n prototipe waarna hulle dan die hipotese kon bevestig of verwerp. Jaarliks word ons leerders ook genooi om op nasionale vlak deel te naam aan die Eskom Expo en ons sien uit om vanjaar weer leerders by die Ekspo te sien. Die beoordelaars was werklik beïndruk deur die hoë gehalte werk wat gelewer is, baie geluk, Dames!
Ons tennisspanne het uitstekend gevaar by die Amanda Coetzer Tennistoernooi wat die afgelope naweek plaasgevind het.
Die o.15A-tennisspan het soos volg gevaar:
Wen teen Paarl Gimnasium
Wen teen Affies
Wen teen Waterkloof
Verloor in die semi-finale teen Oranje Meisies
Eindig algeheel 3de na hul wen in die uitspeelwedstryd teen HMS Paarl.
Die o.19A-span het hulle ook uitstekend van hul taak gekwyt en soos volg presteer:
Wen teen Paarl Gimnasium
Verloor teen HMS Paarl
Wen teen Affies
Wen in die semi-finale teen Oranje Meisies
Eindig algeheel 3de na hul orwinning in die uitspeelwedstryd teen Rhenish.
Beide ons spanne eindig dus vanjaar in die derde plek, ‘ n uitstekende uitslag!
Drie van ons dames het ook spesiale toekennings na afloop van die toernooi ontvang By die o 15’s word Lize Buys as die beste nommer 2 speler, en Ella Jonker as die beste nommer 3 speler, aangewys Charlotte Bouwer word ook as die beste nommer 4 speler onder die eerstespanne bekroon.
Ons is ongelooflik trots op hierdie tennisspelers en ons twee spanne wat Bloemhof se naam hoog gehou het by hierdie toernooi en tot die einde hul alles gegee het! Baie geluk en welgedaan aan die dames.
Die jaarlikse All Girls Toernooi wat vanjaar van 2 tot 4 Mei in Potchefstroom plaasgevind het, het nie teleurgestel nie Die gasvroue, Potchefstroom Girls’ High, het ons met ope arms ontvang en Bloemhof se sportspanne het weereens fantastiese uitslae huis toe gebring! Die sportspanne het as volg gevaar na afloop van die toernooi:
Netbal o.17A Eindig in die 6de plek in ' n o.19-toernooi
Hokkie o.19A: Eindig in die 5de plek
Tennis o.19B in o.19A-afdeling: Eindig in die 4de plek
Landloop: Eindig in die 2de plek van die pretdraf met die tema “Under the Sea”
Wat ‘ n wonderlike tyd in Potchefstroom was dit nie. Dankie aan elke span en leerder wat die toernooi so ‘ n groot sukses gemaak het! Ons is baie trots op julle
Tennis: (Bloemhof o.19 B-tennisspan)
Groepwedstryde:
Wen 18-0 teen Eunice o.19A
Wen 15-3 teen Rustenburg o.19A
Wen 18-0 teen Pretoria GHS o.19A
Verloor 0-12 teen Rhenish o.19A
Wen 18-0 teen Parktown GHS o.19A
Verloor 0-18 teen Oranje o 19A
Wen 12-6 teen Claredon o 19A
Bloemhof se o 19B-span eindig algeheel in die 4de plek onder die o 19A-spanne
Netbal (o.17A-span van Bloemhof neem deel):
Wen 34-12 teen Wynberg o.19A
Wen 26-18 teen Oranje o.19B
Wen 36-26 teen Durban GHS o.19A
Wen 27-21 teen Rustenburg GHS o.19A
Verloor 32-12 teen Rhenish o.19A
Wen 29-26 teen Collegiate o.19A
Eindig algeheel in die 6de plek.
Hokkie o.19A-toernooi:
Gelykop 1-1 teen Rhenish
Gelykop 1-1 teen Danville GHS
Wen 2-0 teen Durban GHS
Wen 5-0 teen Jeppe
Verloor 2-1 na ‘shootouts’ teen HMS Paarl
Wen 2-0 teen Collegiate
Wen 2-1 teen Eunice
Eindig algeheel in die 5de plek.
Bloemhof se kultuurliefhebbers het vanjaar met “entoesiasme!”, soos juffrou Steyn sou sê, die 17 ure lange busrit na Potchefstroom aangedurf om aan die kultuurbeen van die All Girls Fees deel te neem. Die Bloemhoffers het deelgeneem aan die fees se “creative writing”, Masterchef kompetisie, Marimba’s, drama en “Public speaking”.
Ons dames het met groot entoesiasme met meisies die meisies van ander meisieskole van regoor die land bande gesmee Ons Marimba spelers het gou-gou tydens middagete vir ‘ n speler van La Rochelle Meisieskool ’ n liedjie aangeleer en toe sommer saam gespeel. Nie net is bande gesmee nie, maar die dames het ook uitstekend presteer. Ilona Hess het ‘ n tweede plek in die skryfkompetisie losgeskryf, terwyl Millah Viljoen d m v fisiese teater ‘ n uitstekende toneel opgevoer het wat die kollig geplaas het op luiperde as ’ n bedreigde spesie - haar groep is met die prys vir die beste konsep bekroon.
Die kersie op die koek was beslis toe ons twee “ onervare kokke”, Anke Geldenhuys en Gerda du Toit, wat tot almal se verbasing nie Verbruikerstudie as ‘ n vak neem nie, met die louere by die Masterchef kompetisie weggestap het. All Girls was beslis ’ n kultuurfees en ons sien uit om volgende jaar weer deel te neem wanneer dit by Hoër Meisieskool Wynberg aangebied sal word.
Ons hokkiespanne het die afgelope twee weke heelwat wedstryde gespeel en goed gevaar. Hiermee die uitslae van hierdie wedstryde:
VALLEI (3 MEI)
o.14A wen 2-0
o.14B wen 4-0
o.14C wen 3-0
o.16A gelykop 0-0
o.16B gelykop 0-0
o.16C wen 2-0
o.16D wen 3-0
o.16E gelykop 0-0
o.19B gelykop 1-1
o.19C wen 5-0
o.19D wen 4-0
STRAND (10 MEI)
o.14C - wen 1-0
o.16C - Wen 5-0
o.19C - wen 3-0
SOMERSET COLLEGE (13 MEI)
o.19A wen 3-2
Ons is baie trots op ons eerstenetbalspan wat 2 tot 4 Mei teen die beste spanne in die land by die Absa Wildeklawer Sporttoernooi in Kimberley deelgeneem het. Om aan hierdie toernooi te kan deelneem, is ‘ n groot voorreg en ons dames het hulle uitstekend van hul taak gekwyt. Die span eindig in die algehele 4de plek‘ n uitsonderlike prestasie!
Hier is die volledige uitslae:
Gelykop 22-22 teen Helpmekaar
Wen 28-27 HS Durbanville
Wen 26-12 teen HS Garsfontein
Verloor 17-21 teen HMS Paarl
Verloor 18-23 teen HS Menlopark
Wen 28-12 teen Sentraal
Verloor 20-22 in die semi-finaal teen Affies
Verloor 20-27 teen HS Menlopark in die 3de/4de plek uitspele Die span eindig in die algehele 4de plek.
Baie geluk aan die dames, dit is ‘ n besonderse prestasie en ons is baie trots op julle.
Ons netbalspanne het heelwat wedstryde die afgelope twee weke gespeel en besonder goed gevaar Die uitslae van die wedstryde is as volg:
o.14A wen Strand o.14A 23-10
o.14E wen Strand o.14B 25 - 6
o.14F wen Strand o.14C 11 - 8
o.14G wen Strand o.14D 23-3
o.14H wen Strand o.14E 15-8
o.15E wen Strand o.15B 27-12
o.15F wen Strand o.15C 21 - 2
o.15G wen Strand o.15D 21- 2
o.16A wen Strand o.16A 37-12
o.16B wen Strand o.16B 45-1
o.16C wen Strand o.16C 40-1
o.16D wen Strand o.16D 42-2
o.17B wen Strand o.17A 22-10
o.17C wen Strand o.17B 20-13
o.17 D wen Strand o.17C 27-12
o.18B wen Strand o.18A 37-12
o.18C wen Strand o.18B 35-8
o.18D wen Strand o.18C 36-5
PAREL VALLEI (3 MEI)
o.16A verloor 15-17
o.16B wen 27-12
o.15A wen 24-13
o 15B wen 27-10
Hierdie dames sit beslis nie net met ‘ n mond vol tande nie! Die volgende Bloemhoffers is semifinaliste van die ATKV Redenaarskompetisie 2024! Baie geluk Dames.
Baie geluk ook aan hierdie welsprekende jong dames wat vanjaar deurgedring het na die semi-finaal van die Radikale Redenaars se kompetisie vir 2024!
Baie geluk aan hierdie Bloemhof-dames met hul puik prestasies by vanjaar se Oppie Tong Af redenaarskompetisie.
Een ding wat nié debatteerbaar is nie, is dat mens nie sommer met hierdie jong dames ‘ n argument wil aanknoop nie.
Baie geluk aan hierdie debatteerders wat na die semi-finale rondte van die ATKV-debatskompetisie deurgedring het.
Baie geluk aan ons Accelerando Dogterskoor wat ‘ n allemintige 97,5% by die Tygerberg Eisteddfod se eerste rondte behaal het!
Verder het dié koor die afgelope Vrydagaand aan die ATKV-Applous-koorkompetisie deelgeneem, waar hulle met goud bekroon is.
Die koor het onder andere die lied "Moenie Slaap Nie" vir die eerste keer voor ‘ n gehoor opgevoer. Hierdie lied is spesiaal vir Accelerando deur Matthijs van Dijk gekomponeer en die lirieke is op Ingrid Jonker se gedig, Moenie Slaap Nie, gebaseer. Dié lied het veral vir hoendervleis gesorg.
Ons is baie trots op die koor se uitsonderlike prestasies en sien saam met hulle uit na hul toer na Europa tydens die Junie/Julie-vakansie!
Ons weeklikse program en Jaarkalender is op ons webtuiste beskikbaar. Dit word gereeld bygewerk om die nuutste inligting te vertoon. Klik gerus op die skakel om die program en kalender te besigtig:
Alle sportprogramme, wedstrydbepalings en sportuitslae is op ons webtuiste beskikbaar Let asb dat die program in die eksamen kan verander en dat enige veranderings of alternatiewe tye deur die afrigters aan leerders kommunikeer sal word. Programme is ook op die week se program beskikbaar. Klik gerus op die skakels om die items te besigtig:
Die nuusbrief verskyn elke tweede Vrydag in die skoolkwartaal (behalwe tydens die eksamen) en word op die d6 en die webwerf se digitale kennisgewingbord gedeel. Ons leerders ontvang dit per WhatsApp – ’n potensiële gehoor van 700 dogters en hul ouers.
‘n Kopie van die nuusbrief word ook op die skool se webwerf geplaas en die skakel word op ons sosiale mediaplatforms gedeel. Daar is tans 5500+ volgelinge op Instagram (@hms_bloemhof) en 7600 op Facebook (facebook.com/HMBloemhof).
Bespreek spasie vir die uitgawe voor of op Woensdae om 12:00 by kommunikasie@bloemhofschool.co.za
– alle grafika (in PNG of JPEG formaat) moet ons teen die Donderdag om 12:00 bereik.
Voorbeelde van die nuusbrief kan by www.bloemhofschool.co.za/nuusbrief afgelaai word.