
UITSLAE: SPORT VS PAARL GIM 2 4 8
TERREIN TREK NUWE BAADJIE AAN


KOOR SING NOG HOËR NOTE
UITSLAE: SPORT VS PAARL GIM 2 4 8
TERREIN TREK NUWE BAADJIE AAN
KOOR SING NOG HOËR NOTE
Bloemhof kyk met dankbare harte terug na ‘ n kwartaal wat gevul was met kosbare oomblikke, groot guns en dames wat alles en meer gegee het. Mag die skoolvakansie gevul wees met rus en elkeen veilig terugkeer na kwartaal 3. Die skool heropen op 9 Julie 2024.
Die Hoër Meisieskool Bloemhof word in 2025 150 jaar oud en ons terrein trek terselfdetyd ‘ n nuwe baadjie aan!
Oor die jare heen het Bloemhof haarself as top Afrikaanse Meisieskool in Suid-Afrika gevestig en nou is dit tyd vir ons terrein en geboue om ook die skool se vooruitgang te vier.
Onder leiding van die Beheerliggaam is argitekte en landskapsargitekte aangestel om die hoë standaarde, vooruitgang en beeld van Bloemhof te reflekteer deur die skoolgeboue en terrein Ons is dus opgewonde om aan te kondig dat die vooraansig van die skool vanaf die 3de kwartaal 2024 opgeknap sal word
Die volgende opgraderings se konsepte en begrotings is goedgekeur:
Opknapping van die skool se hoofingang
Opknapping van die vooraansig van die skoliere en administratiewe ingang na die skoolgebou
Opknapping van Huis Bloemhof se ingang en vooraansig
Bouwerk sal in die 3de en 4de kwartaal van 2024 afskop en daar word beoog dat die verbeteringe teen die begin van die 2025-skooljaar voltooi sal wees. Ons sien uit daarna om die skool se 150ste bestaansjaar in ' n splinternuwe omgewing te vier en ons leerders en personeel in 2025 by ʼn moderne, opgeknapte Bloemhof te ontvang!
(Die volledige uiteensetting en voorstelling is op d6 beskikbaar - loer gerus!)
Bloemhof se graad 8 Welstandsouerkomitee het verlede week die personeel bederf met heerlike sop en lekkernye as blykie van waardering vir hulle hard werk. Dit was ‘ n kosbare gebaar en ons personeel het dit terdeë geniet en opreg waardeer Baie dankie aan die mammas vir die lieflike geleentheid!
Die derde van ons “BLOEMHOF TALKS - Idees wat Inspireer”- praatjies het verlede Woensdag, 5 Junie, plaasgevind Hierdie praatjies het ten doel om ons ouers te bemagtig en te inspireer. Die praatjies is ook vooraf gegaan deur ‘ n gesellige kuier met sop en brood
Die sprekers van die aand was:
* Dr. Rudi Buys - “Kinders aan die rand - die onderliggende uitdaging van prestasiekultuur.”
* Me. Desiré Coetzee - “Die (naakte) waarheid van die internet.”
* Dr. Cathanja Slabbert - “Dit gaan goed, en met jou? ‘ n Praatjie oor alles-gesondheid.”
Baie dankie aan ons sprekers asook die ouers wat die koue en reën trotseer het om die aand by te woon. Ons sien uit na nog meer van hierdie geleenthede!
Bloemhof se hokkie- en netbalspanne het op Saterdag, 18 Mei 2024, in Paarl teen Paarl Gimnasium te staan gekom. Dit was ‘ n dag van goeie kompetisie en sportmanskap en ons dames het hulle harte uitgespeel Die hoogtepunt van die dag was beslis ons netbal eerstespan se spogoorwinning van 35-23 oor die tuisspan. Die volledige uitslae van die dag is as volg:
o.14A wen 3-1
o.14B gelykop 1-1
o.16A verloor 5-0
o.16B verloor 2-0
o 16C verloor 2-0
o.16D verloor 2-1
o.19A verloor 2-0
o 19B verloor 3-0
o.19C wen 3-2
o.19D wen 3-1
o.14 A verloor 24-27
o.14 B wen 19-12
o.14C wen 17-7
o 14D verloor 10-19
o.14E wen 21-13
o.14F wen 12-7
o.14H wen 9-6
o.14G wen 10-6
o.15A verloor 22-29
o.15B wen 18-16
o.15C verloor 28-17
o.15D verloor 22-7
o 15E wen 20-15
o.15F verloor 8-17
o.15G verloor 6-14
o.15G verloor vs o.15H 7 -14
o 16A verloor 17-27
o.16B verloor 15-36
o.16C verloor 19-26
o.16C wen vs o.17E 39-10
o.16D verloor 12-25
o.16D wen vs o.17F 34-6
o 16E verloor 11-20
o.16F verloor 10-24
o.16F wen o.16G 16-10
o.17A verloor 11-28
o 17B verloor 16-29
o.17C verloor 11-41
o.17D verloor 17-35
o.18A wen 35-23
o 18B wen 23-19
o.18C gelyk 21-21
o.18D wen 21-17
o.18D wen vs o.18E 26-15
Baie geluk aan die volgende dames wat tot die Wes-Kaap se netbalspanne verkies is:
o.14 - Dalinda Nel & Alet Louw
o.15 - Lisa Steenkamp
o.16 - Tashin Adams
o.17 - Simoné Dry
o.18 - Arnel Raath
Welgedaan met die uitsonderlike prestasie, Bloemhof is baie trots op elkeen van julle!
Baie geluk en welgedaan aan die drie dames wat tot die Kaapse Wynland Netbalspan verkies is:
o.15 - Jenna von Zeuner
o.17 - Mariaan Bruwer
o.18 - Juané Maass
Bloemhof is baie trots op elkeen van julle!
Drie van Bloemhof se spanne het onlangs die skool by die Topskole-toernooie in die WesKaap verteenwoordig. Die o.16A-, o.15A- en o.17A-netbalspanne het hulle harte in hulle onderskeie toernooie uitgespeel.
Welgedaan en baie geluk aan al die spanne.
o.16A-span
o.17A-span by die Spur Topskole Toernooi
o.15A-span 3de plek in Wes-Kaap
Die o.15A-span het in besonder uitstekend gevaar en het ten einde in 3de plek in die WesKaap geëindig. Wat ‘ n ongelooflike prestasie!!
o.15A-span by Kay Motsepe Topskole Toernooi
Baie geluk aan Rozita Coetzee wat tot die Kaapstad Netbal Federasie (CTNF) se o.19A-span verkies is. Welgedaan met die besonderse prestasie, Bloemhof is baie trots op jou!
Janke van Rensburg is onlangs ingesluit in die Kaapse Wynland-judospan wat aan die Suid-Afrikaanse Judo Kampioenskappe wat 3-5 Julie 2024 by UFS Bloemfontein plaasvind, gaan deelneem. Baie geluk Janke, ons hou vir jou styf duimvas
Mia Visser het onlangs aan die Boland Karate Kampioenskappe deelgeneem. Die alle style karatekampioenskap is aangebied deur die “Western Cape Martial Arts Federation” en Mia het ‘ n 3de plek in Kata en Kumite verwerf.
Baie geluk met die prestasie, Mia!
Nina le Hanie blink uit in gimnastiek!
Nina is verkies tot die Madiba Cup-span en sal in die Junie-vakansie deelneem aan twee internasionale kompetisies vir Tuimel in Coimbra en Santarem, Portugal. Hier sal sy haar gimnastiekklub en ook Suid-Afrika verteenwoordig. Wat ‘ n uitsonderlike prestasie en geleentheid - baie geluk en sterkte aan Nina!
Ons is opgewonde om aan te kondig dat ons Bloemhof Accelerando koor na die ATKV-Applous finaal deurgedring het! Daar het vanjaar 292 kore aan dié gesogte kompetisie deelgeneem en uit hierdie massa inskrywings, is daar slegs 18 laerskole en 23 hoërskole wat gekies is om in die finaal te sing. Accelerando sing Saterdag, 27 Julie, in die Kaapstad Stadsaal. Die tyd sal nog bevestig word. Die ander kore wat saam met ons in die Prestige Meisie-afdeling sing is Clarendon High School (Oos-London), Eunice High School (Bloemfontein) en Hoërskool Stellenberg (Durbanville).
Verder het die koor ook na die finale rondte van die Tygerberg Eisteddfod deurgedring. Daar is slegs vier uit die 15 hoërskoolkore wat aan die eerste rondte deelgeneem het wat in die finaal gaan sing. Die finaal vind Saterdag, 24 Augustus, in die Endlersaal plaas.
Welgedaan aan die koor, Bloemhof is baie trots op julle en ons wens ons dogters baie sterkte toe!
Die junior toneelgroep is hard aan die werk aan hul produksie “Ag, asseblief, word net groot!”. Hulle het onlangs hul toneeldagkamp gehad. “Ag, asseblief, word net groot!” sal by vanjaar se Klein Libertas Toneelfees op die planke te siene wees en ons is opgewonde om die groep se finale produk te sien. Baie sterkte met die voorbereiding dames!
Hierdie talentvolle sprekers bewys net weer dat woorde werklik magtiger as die swaard is! Baie geluk aan elke spreker met haar puik prestasie.
Die datums van die finale rondtes is as volg:
ATKV Redenaars: 12-13 Augustus
Radikale Redenaars: 19 Oktober
Oppie Tong Af: 3-5 Oktober
Ons weeklikse program en jaarkalender is op ons webtuiste beskikbaar. Dit word gereeld bygewerk om die nuutste inligting te vertoon. Klik gerus op die skakel om die program en kalender te besigtig:
Alle sportprogramme, wedstrydbepalings en sportuitslae is op ons webtuiste beskikbaar Let daarop dat die program in die eksamen kan verander en dat enige veranderings of alternatiewe tye deur die afrigters aan leerders kommunikeer sal word. Programme is ook op die week se program beskikbaar. Klik gerus op die skakels om die items te besigtig:
Die nuusbrief verskyn elke tweede Vrydag in die skoolkwartaal (behalwe tydens die eksamen) en word op die d6 en die webwerf se digitale kennisgewingbord gedeel. Ons leerders ontvang dit per WhatsApp –’ n potensiële gehoor van 700 dogters en hul ouers
‘ n Kopie van die nuusbrief word ook op die skool se webwerf geplaas en die skakel word op ons sosiale mediaplatforms gedeel. Daar is tans 5500+ volgelinge op Instagram (@hms bloemhof) en 7600 op Facebook (facebook com/HMBloemhof)
Bespreek spasie vir die uitgawe voor of op Woensdae om 12:00 by kommunikasie@bloemhofschool.co.za – alle grafika (in PNG of JPEG formaat) moet ons teen die Donderdag om 12:00 bereik
Voorbeelde van die nuusbrief kan by www.bloemhofschool.co.za/nuusbrief afgelaai word.