
HMS Bloemhof COGENT Gholfdag | 13 Maart 2025

HMS Bloemhof COGENT Gholfdag | 13 Maart 2025
Hierdie veilingsitem is ’n natuurliefhebber se droom. Die stylvolle Buffelsdrift Game Lodge, ’n uitgestrekte wildsplaas teen die voet van die Swartberge, bied ’n unieke bosveld-ervaring in die hartjie van die Klein Karoo. Rust en Vrede se Ellen-versameling wyne maak daardie prentjiemooi sonsondergang soveel spesialer.
Die pakket sluit in:
Een nag se akkomodasie vir twee gaste ’n Safari en olifant-ervaring Rust en Vrede - Ellen-versameling wyne
Alto, wat langs die steil noordelike hange van die Helderberg uitgestrek is, het vir meer as ’n eeu ’n reputasie opgebou as een van die mees gerespekteerde en oudste rooiwynprodusente in Suid-Afrika.
Die Wine Drive Safari is in ’n unieke safari-tipe voertuig en neem jou deur die landgoed van 120 hektaar teen die pragtige hange van die Helderberg. Verken Waterford se bekroonde Landgoedwyne tussen die wingerde van hul oorsprong!
Die pakket sluit in:
3 liter wyn van Alto Waterford Wynsafari vir 8 mense
Bergzicht Jagtog & Hentiesbaai-verblyf
Bergzicht Game Lodge, net suid van Windhoek, bied topklas akkommodasie en trofee-gehalte geleenthede sodat jou jagtog gemaklik en lonend is. En terwyl jy in Namibië is, waarom nie by Hentiesbaai gaan uitspan nie?
Eagles is ’n luukse vakansiehuis naby die strand geleë en bied hotelvlakkommoditeite.
Die pakket sluit in:
Jagtog en akkommodasie vir twee jagters
Jag van vier gemsbokke
Alle etes, jagpermitte, voertuig & gids
Twee nagte vir agt mense by Eagles in Hentiesbaai
Bloemhof-koek
Cara Fourie, Mia Langenhoven en Bea Swart is graad 12-leerders en het vanjaar se Bloemhof Gholfdagkoek gebak. Dit is ’n vanieljekoek met karamelvulsel en met Amerikaanse botterversiersel en fondant bedek. Die kleurskema is eg aan Bloemhof se skoolkleure met die 150- en gholfdagelemente.
Dit is altyd ’n gesogte item op die veiling wat tradisioneel gekoop, teruggegee en wéér opgeveil word.
Hoeveel keer gaan dit vanjaar gebeur?!
Paternoster-naweek & Antonij Rupert-wyn
Mosselbankstrand in Paternoster het geen bekendstelling nodig nie, maar Djis Tjil se naam mag dalk die wenkbrou laat lig. Djis Tjil? Just Chill!
Dié luukse selfsorg-visserskothuis bied ’n 180º uitsig oor die see en is boonop kaalvoet-stapafstand van die bekende Voorstrandt Restaurant. Kom doen presies wat die naam sê: Ononderbroke ontspanning reg teen die strand. En gooi nou ’n bottel Anthonij Rupert by en dan is jy sonder ’n sorg in die wêreld!
Die pakket sluit in:
Akkomodasie vir vier volwassenes & vier kinders ’n 750ml bottel Anthonij Rupert Blend
’n Vierbal saam met David Frost
Al ooit daarvan gedroom om saam met die gholflegende David Frost ’n vierbal te speel? Nou is jou kans! David is in die jare ’80 en ’90 onder die top 10-gholfspelers in die wêreld gereken en het al menigte male die trofee gelig. Dit is nie net ’n eens-in-’n-leeftyd-leergeleentheid nie, maar jou kans om wonderlike gholfstories eerstehands aan te hoor. Daar is ook ‘n wynproe by Kaapzicht hierby ingesluit.
Die pakket sluit in:
’n Vierbal by die Stellenbosch Gholfbaan saam met David Frost – vir jou en twee ander spelers
Twee gholfkarretjies en perkfooie
Memorabilia
Kaapzicht-geskenkbewys: Terrior Tasting vir vier persone
Rupert & Rothchild-pakket
Die wynplaas tussen Franschhoek en die Paarl is prentjiemooi, maar Rupert & Rothchild se Manor House bied meer as net luukse verblyf en puik wyne.
Dis ’n besonderse ervaring om daar tuis te gaan en vier gelukkige gaste kan vir een nag BBP’s wees.
Die pakkat sluit in:
Een nag vir vier gaste in Rupert & Rothchild Manor House Gourmet ontbyt Privaat sjampanje-proe in die BBP-area
’n Rothchild kos-en-wynervaring vir vier gaste
’n Geskenkpak vir vier gaste
Rugby en braaivleis... is daar ’n beter kombinasie?
Dié veilingsitem sluit vier BBP-kaartjies vir die SA-Italië kragmeting van 5 Julie 2025 op Loftus Versveld in.
Daar is ook ’n lam, hout vir die braai en heerlike Shiraz van Groot Phesantekraal ingesluit, maar vlugte, vervoer, verblyf en die vuurhoutjies is jou verantwoordelikheid.
Die pakket sluit in:
Vier BBP-kaartjies vir die SA-Italië kragmeting (5 Julie 2025)
Vleis van een lam
36 kg braaihout
18 bottels Groot Phesantekraal Shiraz