


Hoër Meisieskool Bloemhof tesame met die WKOD en Eskom Expo for Young Scientists, het verlede Vrydag vir Isabel Lutz sterkte toegewens waar sy Dinsdag 30 April vertrek het om SuidAfrika te verteenwoordig by die International Science Technology Engineering Competition (ISTEC) wat in Bali plaasvind.
Haar navorsingsprojek fokus op die impak van Kunsmatige Intelligensie (beter bekend as AI) in die klaskamer en beloof om groot opskudding by die kompetisie te veroorsaak. Isabel gaan haar navorsingsprojek, getiteld, "Integrasie van KI-geaktiveerde kletsbotte in die klaskamer - vriend of vyand?" by die kompetisie aanbied. Die gebruik van kunsmatige intelligente “chatbots” soos ChatGPT, Chatsonic en Google Gemini word reeds in klaskamers wêreldwyd gebruik. Tans worstel opvoeders regoor die wêreld met kwessies wat voortspruit uit die etiek van leerders wat kunsmatige intelligensie (KI) gebruik. Isabel se projek ondersoek die doeltreffendheid van die gebruik van kletsbotte om Engels Tweedetaal se leerders te help met die skryf van opstelle. Deur haar navorsing het sy probeer vasstel tot watter mate KI-integrasie aanvaarbaar is en hoe dit eties gemonitor kan word om enige oortredings te voorkom.
Hierdie navorsing is beslis toonaangewend en uiters relevant. Ons is ongelooflik trots op haar, eer haar harde werk en wens vir haar alle sterkte toe!
BLOEMHOFFER
Bloemhof is besonder trots op ons vier finaliste van die WKOD-Nedbank Beurskompetisie. Tydens die prysuitdelingsfunksie is Michelle Arendse as die wenner aangekondig! Hoër Meisieskool Bloemhof is dan ook die wenner onder al die deelnemende skole in vanjaar se kompetisie.
Janke Marais het ook by die prysuitdeling ‘n beurs ontvang en Janke en Michelle kan dus by enige universiteit van hul keuse in ‘n handelsrigting gaan studeer met die beurse wat aan hulle toegeken is. Bloemhof se ander twee finaliste, Zoe Nel en Mia Cornelissen, het vir hulle deelname sertifikate en kontantpryse ontvang.
Baie geluk aan elk van die dames, julle harde werk is beslis beloon. Welgedaan!
Ons graad 11-leerders wat Geskiedenis as vak neem het die 22ste April die Holocaust Museum, oftewel die “Cape Town Holocaust & Genocide Centre” in Kaapstad besoek. Hierdie uitstappie dien as ‘n addisionele leergeleentheid binne die kurrikulum waar die dames uitgedaag word om histories te dink en geskiedkundige bewyse, beide geskrewe en visueel, van nader te aanskou. Dit was beslis ‘n besondere ervaring vir elk van die leerders! Dankie ook aan ons Geskiedenisspesialis, me Anneke van der Merwe, wat hierdie tipe uitstappies moontlik maak.
Die dames van Bloemhof het Vrydag 19 April Wêreldboekedag (wat op 23 April plaasvind) met ‘n Civviedag ten bate van Samaritan’s Feet gevier. Die leerders en personeel het soos enige boek- of filmkarakter aangetrek en vir groot pret gesorg! Vanjaar het “Biggie Troll” gewen, met Gandalf in die tweede plek en die “Inside Out”-karakters in die derde plek. Die personeel het ook vanjaar uitgehaal en gewys hoe dit gedoen word. Wat ‘n prettige dag en tradisie by Bloemhof is dit nie!
Landloopseisoen is in volle swang en Bloemhof se span vaar uitstekend. Die junior- en seniorspanne het reeds aan drie byeenkomste deelgeneem en goeie prestasies gelewer. Die spanne presteer as volg:
Byeenkoms van 10 April te Hugenote:
7 juniors neem deel en die span wen die byeenkoms
3 seniors neem deel en die span eindig in die 5de plek
Byeenkoms van 17 April te Hoërskool Stellenbosch:
7 juniors neem deel en die span behaal die 2de plek
8 seniors neem deel en die span wen die byeenkoms
Byeenkoms van 24 April te Boland Landbou:
6 juniors neem deel en die span eindig in die 4de plek
2 seniors neem deel en die span eindig in die 4de plek
Welgedaan aan die dames, ons is baie trots op julle en wens vir julle sterkte toe met die res van die seisoen!
Baie geluk aan Nina van Eeden wat die onlangs aan die Cape Town Autumn TSA Tennistoernooi deelgeneem en die vroue ope afdeling in beide enkelen dubbelspel gewen het.
Wat 'n uitsonderlike prestasie vir hierdie jong tennisster. Ons is baie trots op jou Nina!
Bloemhof spog met 'n allemintige 15 leerders wat tot die Boland-hokkiespanne vir 2024 verkies is! Wat 'n uitstekende prestasie is dit nie. Die volgende dames is by die onderskeie spanne ingesluit:
o.18 A:
Elré Oosthuizen
Logan Marthinus
Bianca du Guisti
o.18B:
Lise de Villiers
Nie-reisende reserwe:
Janke Voges
o.16B:
Simone van der Merwe (Afwesig op foto)
o.16-streekspan:
Carli Bayer
Melite Stimie
Nie-reisende reserwes:
Micah de Wet (Afwesig op foto)
Daniela Viljoen (Afwesig op foto)
o.14A:
Klara-Lea Basson
Zani Boezaart
Madelie Botes
Gisela du Toit
o.14 B/C:
Mieke Groenewald
Baie geluk! Bloemhof is ongelooflik trots op elkeen van julle en eer julle harde werk en toewyding.
Ons hokkiespanne het die afgelope twee weke heelwat wedstryde gespeel en goed gevaar. Hiermeedieuitslaevanhierdiewedstryde:
(19 APRIL)
o.14B verloor 1-2
o.19A wen 8-1
HMS PAARL (20 APRIL)
o.14A wen 1-0
o.14B gelykop 0-0
o.14C gelykop 0-0
o.14D gelykop 1-1
o.16A gelykop 2-2
o.16B wen 2-0
o.16C gelykop 1-1
o.16D verloor 0-1
o.16E verloor 1-2
o.19A wen 3-1
o.19B gelykop 0-0
o.19C wen 5-2
o.19D verloor 1-2
HERSCHEL GIRLS SCHOOL (26 APRIL)
o.14A wen 2-0
o.14B gelykop 0-0
o.14C gelykop 1-1
o.16A verloor 1-5
o.16B wen 2-1
o.16C gelykop 0-0
o.16D wen 3-0
o.19A verloor1-5
o.19B wen 4-2
o.19C wen 6-0
PAREL VALLEI (22 APRIL)
o.19A wen 4-0
Foto’s: Jan van Zyl
Ons netbalspanne het heelwat wedstryde die afgelope twee weke gespeel en uitstekend gevaar. Die uitslae van die wedstryde is as volg:
o.14A verloor 10-18
o.14B gelyk 13-13
o.14C wen 11 -10
o.14D wen 23 -20
o.14E wen 15-11
o.14F verloor 25 - 6
o.14G verloor 8-9
o.14H verloor 6-14
o.15A wen 26-12
o.15B wen 19-15
o.15C verloor 13- 5
o.15D. Verloor 10-15
o.15E verloor 17-27
o.15F verloor 2-17
o.15G verloor 6-25
o.16A verloor 17-24
o.16B verloor 13-28
o.16C verloor 13-23
o.16D wen 13-12
o.16E verloor 17-19
o.16F verloor 5-18
o.17A verloor 15-22
o.17B verloor 11-25
o.17C verloor 11-29
o.17D verloor 10-14
o.19A wen 28-21
o.19B wen 21-15
o.19C verloor 10-20
o.19D wen 21-10
o.14C vs Hers o.14A: verloor 12-13
o.14D vs Hers o.14B: wen 25-10
o.14E vs Hers o.14C: wen 18-5
o.14F vs Hers o.14D: wen 8-1
o.15C vs Hers o.15A: wen 20-7
o.15D vs Hers o.15B: wen 14 -12
o.15E vs Hers o.15C: wen 28-5
o.15F vs Hers o.15D: wen 18-6
o.16C vs Hers o.16A: wen 22-7
o.16D vs Hers o.16B: wen 15-4
o.17C vs Hers o.17A: wen 20-4
o.19C vs Hers o.19A: wen 19-14
o.19D vs Hers o.19B: wen 11-21
Bloemhof bars van trots op ons eie atletieksterLanaOberholzer!
Sy het onlangs aan die ASA Senior Kampioenskappe in Pietermaritzburg deelgeneem en uitsonderlik presteer. Haar span wen die goue medalje in die 4x400m “mixedrelay”finaalensybehaal‘n5deplek indiefinaalvandie100m-hekkiesvirsenior vroue!
Wat ‘n ongelooflike prestasie. Welgedaan, Lana!
HMS Bloemhof se eerstespan netbaldogters het Maandag 29 April by ‘n spesiale geleentheid hulle splinternuwe “kit” ontvang. Hulle is sommer terselfde tyd sterkte toegewens met die Wildeklawer-toernooi waaraan hulle die naweek deelneem.
Ons is trots om aan te kondig dat die span vanjaar ondersteun word deur die Rola Motor Group en Rola Volvo Cars Somerset-Wes en die dames se prag toerusting is deur die borge aan die dames oorhandig. Baie dankie aan die groep vir julle ondersteuning en insette, dit word opreg waardeer!
Ons sien uit na die res van die netbalseisoen en hou styf duimvas vir die span
Bloemhof se Stringendo Strykorkes het op Saterdag 20 April aan die Stellenbosch Eisteddfod deelgeneem en ‘n uitstekende uitvoering gelewer. Die groep het ‘n Goud Plus 85-89% by die Eisteddfod ontvang, ’n besonderse prestasie! Baie geluk aan die dames en hul afrigter, mnr Pieter Adriaan Stofberg, wat talle ure ingesit het om die uitstekende klanke moontlik te maak, ons is baie trots op julle!
Ons weeklikse program en Jaarkalender is op ons webtuiste beskikbaar. Dit word gereeld bygewerk om die nuutste inligting te vertoon. Klik gerus op die skakel om die program en kalender te besigtig:
Alle sportprogramme, wedstrydbepalings en sportuitslae is op ons webtuiste beskikbaar. Dit word gereeld bygewerk om die nuutste inligting te vertoon. Klik gerus op die skakels om die items te besigtig:
SPORTPROGRAMME
SPORTOEFENTYE
Die nuusbrief verskyn elke tweede Vrydag in die skoolkwartaal (behalwe tydens die eksamen) en word op die d6 en die webwerf se digitale kennisgewingbord gedeel. Ons leerders ontvang dit per WhatsApp – ’n potensiële gehoor van 700 dogters en hul ouers.
‘n Kopie van die nuusbrief word ook op die skool se webwerf geplaas en die skakel word op ons sosiale mediaplatforms gedeel. Daar is tans 5500+ volgelinge op Instagram (@hms_bloemhof) en 7600 op Facebook (facebook.com/HMBloemhof).
Bespreek spasie vir die uitgawe voor of op Woensdae om 12:00 by kommunikasie@bloemhofschool.co.za
– alle grafika (in PNG of JPEG formaat) moet ons teen die Donderdag om 12:00 bereik.
Voorbeelde van die nuusbrief kan by www.bloemhofschool.co.za/nuusbrief afgelaai word.