Bloemhof 150-Feesboekie

Page 1


Feesprogram vir 2025

’N FEESTELIKE

welkom

Om 150 jaar van bestaan te vier, is ’n geleentheid om ons geskiedenis te herdenk, maar dit is allermins nie net ’n nostalgiese gebeurtenis nie, dit is ’n geleentheid om ons waardes opnuut te bevestig. Dit herinner ons aan die mense, tradisies en opofferings wat ons tot hier gebring het, maar dit skep ook die geleentheid vir samehorigheid.

Die sukses van die HMS Bloemhof oor 150 jaar is nie toevallig nie; dit is die resultaat van ’n noue vennootskap tussen leerders, alumni, ouers, opvoeders en die gemeenskap. Daarom is hierdie vieringe nie net belangrik nie – dit skep die geleentheid om te droom oor dit wat moontlik is en ons

INHOUDSOPGAWE

VOORWOORDE 02

visie vir die volgende 150 jaar te formuleer.

Neem asseblief met oorgawe aan hierdie fees deel!

Voorsitter: Beheerliggaam

150 JAAR LATER 04

FEESWEEK 10 ANDER GEBEURE 22

FEESOORSIG 06

150 STORIES 32

Feeskomitee – Santjie van Vuuren, Dinie Basson, Stephan Meyer, Susan Barnard, Laetitia Meyer & Winnie Viljoen Algemene navrae: Laurentia Roux – ontvangs@bloemhofschool.co.za | 021 887 3044

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

ME MARÉ BOSCH

Op die vooraand van ’n belangrike mylpaal in ons skool, maar ook ons dorp se geskiedenis, vra ek dié vraag: Hoekom is dit nodig om die 150-jarige bestaan van ’n skool te vier?

Hierdie fees is ’n geleentheid om terug te kyk op ons ryk geskiedenis, die ongelooflike prestasies van ons leerders en onderwysers te vier en ouers se insette en ondersteuning te gedenk.

Ons skool se sukses is gebou op ’n stewige fondament van waardes wat akademiese uitnemendheid, sport- en kulturele prestasies en betrokkenheid op ’n wye front verseker het. Ons vier egter nie net ons geskiedenis nie, maar ook die toekoms waaroor ons saam droom – en aktief aan bou.

Die Hoër Meisieskool Bloemhof nooi almal uit om deel te wees van die feestelikhede in ons 150ste bestaansjaar. Van spesiale geleenthede en optredes tot nostalgiese terugblikke, daar is iets vir almal om te geniet. Kom ervaar die trots en vreugde

van ons skoolgemeenskap en kom beleef hoe ons voortgaan om die potensiaal van elke dogter te ontsluit.

Veels geluk, Bloemhof, en ook aan elke Bloemhoffer en oud-Bloemhoffer!

Bosch Maré

BOODSKAP VAN DIE HOOFLEIERS

Die Bloemhof VRL se visie word vanjaar ’n werklikheid: Ons vier die vonk wat al 150 jaar lank Bloemhoffers se pad verlig.

Vir die Klas van 2025 – die graad 12’s wat destyds op ons eerste dag vér uit mekaar en met maskers in die Sentrum moes sit – is daar tyd vir partytjie voordat die voorbereiding vir die eindeksamen in alle erns begin. Om fees te vier by ’n skool wat ons liefhet, en dit saam met ander wat hul alma mater in hul harte dra, is besonders.

Vir die graad 8’s is die feesjaar ’n uitsonderlike verwelkomingsgeleentheid – dit gaan beslis ’n jaar wees wat julle nie gou sal vergeet nie. Vir die ander leerders is dit ’n voorreg om nie net vanjaar te kan feesvier nie, maar ook vólgende jaar, en

die jaar daarna... Die nalatenskap van Bloemhof is nimmereindigend.

Ons wil vir elke Bloemhoffer met dié raad laat: Neem elke oomblik in, maar besef ook wat jy vier. Wanneer jy jou gedenkboek in die hand het, weet dat jy deel vorm van hierdie roemryke geskiedenis. Geniet die feesjaar – en in die besonder die feesweek – en belééf dit ten volle, want jy is self besig om aan Bloemhof se geskiedenis te skryf. Vier dit wat was, dit wat is, en dit wat sal wees.

150 jaar van maroen, wit en blou: Semper Fidelis, altyd getrou.

Carlin& Nell

gebeurtenisse

VAN 1875 TOT NOU

26 Januarie 1875

Die Girls’ Public School open in Dorpstraat. Die eerste skoolhoof is Miss Juliette Gilson en daar is 46 leerders, wat 17 seuntjies insluit wat nog nie skoolgaande ouderdom is nie.

1878

Die skool skuif na die tweede gebou – in Kerkstaat. ’n Jaar later word die skool se naam, soos die koshuis s’n, ook Bloemhof.

1886

In Julie 1886 neem Miss ME (Etta) Colby as skoolhoof oor. Sy is die derde hoof.

1893

Miss Hannay word in Julie die vyfde (en laaste Amerikaanse) hoof .

1907

Die skool skuif na die sierlike rooibaksteen skoolgebou in Ryneveldstraat.

1921

Afrikaans word die voertaal van die hoërskool nadat dit sedert 1919 in die primêre fase gebruik is. Die eerste jaarblad in Afrikaans verskyn ook in 1921.

1934

Mej. CCG (Walla) van der Walt word die agtste skoolhoof.

19 November 1875

’n Koshuis open onder die naam “Bloemhof”, want dié losieshuis moet “bloemen voor de volk” kweek, aldus ds. Neethling.

1885

Miss CE (Carrie) Ingraham, wat die kindertuin bedryf het, word Bloemhof se tweede hoof.

1889

Miss AS (Alicia) Bleby word die vierde hoof. Sy word later Rustenberg Girls’ High School se eerste skoolhoof.

1897

’n Nuwe era breek aan: Mej. LJJ (Lucie) Joubert word die eerste Suid-Afrikaanse (en Afrikaanse!) skoolhoof. Sy bly lewenslank getrou aan Bloemhof en word later vereer deurdat háár naam aan een van ons drie huise gekoppel word.

1922

Mej. Maria Helena (May) le Roux, ’n oudleeder van Bloemhof, word die sewende skoolhoof.

1930

Die Bloemhofbond kom op 10 November amptelik tot stand.

1953

Die hoër en laer afdeling word geskei, met me. Charly Daneel as hoof van die Laerskool Bloemhof.

1939

Die eerste skildery word deur juf. Van der Walt vir die skool aangekoop.

1955

Mej. LC (Louisa) Swart word die negende skoolhoof. 1960

Die skool trek op 19 April na die nuwe (vierde en huidige) skoolgebou in Kochstraat. Die koshuis open later daardie jaar en ’n nuwe skoollied word deur twee leerders, Ida Scholtz (m 1960) en Estie Schoeman (m 1961), geskryf.

1964

’n Groot jaar vir Bloemhof: Mej. CES (Elize) Coetzee word die tiende hoof en sy stel die huisstelsel in. Die eerste interhuisatletiek vind plaas, en die eerste uitgawe van die Bloemhof Bulletin verskyn op 7 Augustus 1964.

1977

Die Laerskool Bloemhof en die Laerskool Paul Roos smelt saam om die Laerskool Eikestad te vorm. Bloemhof is voorts slegs ’n hoërskool.

1993

Die eerste 4M-atletiekbyeenkoms word deur ’n Bloemhofouer, Leona Amoraal, begin en vind op Coetzenburg plaas.

1996

Wilna van Heerden, toe adjunkhoof, reël hokkie- en netbalwedstryde teen die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje in Bloemfontein. Só word die interskole gebore.

2010

Mej. Wilna van Heerden word hoof; onder haar leiding word Bloemhof in 2024 as die beste kwintiel 5-skool in Suid-Afrika aangewys. Sy lei verskeie opgraderings in die skool se infrastruktuur en is die brein agter die huidige skooldrag.

2025

1961

’n Vereniging om die ouers en onderwyser met mekaar te verbind, die OnderwyserOuervereniging, word deur me. Swart gestig. Die eerste amptelike prysuitdeling vind plaas.

1973

Bloemhof kry ’n eie swembad.

1975

Bloemhof vier 100 jaar en die ou skoolgebou word tot nasionale monument verklaar.

1985

Mev. Louise Barrie (later Marais) word hoof nommer 11. Leerdergetalle daal, veral weens moeilike ekonomiese en sosiopolitieke omstandighede en die gewildheid van die nuwe HS Stellenbosch.

1994

Mej. Sanette Nowers, toe slegs 34 jaar oud, word die twaalfde skoolhoof. Onder haar leiding groei Bloemhof nie net in leerdergetalle nie, maar ook in nasionale aansien.

2008

Die Bloemhofsentrum open.

2012

’n Gebedsruimte word opgerig. In 2014 word die astrobaan geopen, in 2017 volg ’n atletiekoefenfasiliteit, die biblioteek word in 2018 ’n navorsingsentrum en in 2019 kry die skool ’n gimnasium.

Groot jolyt: me. Maré Bosch sluit aan as Bloemhof se veertiende hoof.

FEESJAAR: ’N OORSIG

DAAR IS IN 2025 IETS VIR ALMAL BY DIE #BLOEMHOF150 FEESJAAR

Almal is welkom

A Vir die personeel

Bloemhofbond (Oudleerders)

Vir huidige leerders

Ouers en voogde

Saterdag 15 Februarie 2025 BLOEMHOF FEESTAFEL

Saterdag 8 Maart – Sondag 16 Maart 2025 FEESWEEK

Dinsdag 15 April PAASFEESAANBIDDINGSAAND

Woensdag 23 Julie MEJ FEESJAAR

Saterdag 2 Augustus BLOEMHOF 150 MUSIEKFEES

Saterdag 9 Augustus MA-EN-DOGTERTEE TBV #CUPPAFORCANSA

Donderdag 23 Augustus MANNEAAND

Vrydag 3 Oktober PERSONEELWELSTANDSDAG

Dinsdag 28 Oktober LENTETEE

Vrydag 31 Oktober KERSAFSLUITING

November 2025 150-KUNSVEILING

SATERDAG 8 MAART

BLOEMHOF INFOGLOBE FEESMARK

WATERKASKENADES

SPOEGWOLF

MAANDAG 10 MAART

TALENTAAND

DINSDAG 11 MAART

BOEKBEKENDSTELLING: BLOEMHOF 150

WOENSDAG 12 MAART

GEMEENSKAPSUITREIK

DONDERDAG 13 MAART

BLOEMHOF COGENT GHOLFDAG

VRYDAG 14 MAART

GEDENKSTAPTOG

BLOEMHOFBONDTEE & SKOOLTOERE

KLASPARTYTJIES

STIGTERSDAGVIERINGE

NIE-KOEKERIGE KOEK & KELKIES

OUDPERSONEELGESELLIGHEID

OLD GIRLS GLANSAAND

VERJAARSDAGDANS

SATERDAG 15 MAART

OLD GIRLS BRUNCH

JUNIORDANS

SONDAG 16 MAART

DANKSEGGINGSDIENS

BLOEMHOF FEESTAFEL

15 FEBRUARIE 2025 | 18:00 | BLOEMHOF-GRONDE

Kom sit aan by ’n Italiaans-geïnspireerde feestafel in die koelte van ons boomryke terrein.

Die Bloemhof Feestafel is die eerste amptelike geleentheid op ons feeskalender en ook waar ons die volledige feesjaarprogram bekendstel.

R950 per persoon of R7600 per tafel – kaartjies op Quicket of via linktr.ee/hmsb Navrae: Laetitia Meyer | laetitia@remey.co.za

feesviering

8-16 MAART 2025

Expert Local Knowledge: I specialize in the area and understand the communi ty, the schools, and the market trends.

Professional Service:

With Remax Infoglobe’s global reach and a reputatio n for excellence, you’ll have access to the tools and resources you n eed to navigate the real estate journey with confidence.

Client-Focused Approach: My goal is to ensure you make an informed decision with peace of mind. I’ll be by your side every step of the way.

WATERKASKENADES

Kom klim, gly en speel saam op die Janine Visser-atletiekfasiliteit. Dis waterpret vir die jongspan, maar alle Bloemhoffers is welkom. As Ouma kans sien en haar swembroek saambring, kan sy ook in die lekkerte deel!   8 MAART 2025 | 10:00-12:00 | BLOEMHOF-GRONDE

R30 – kaartjies via Quicket, linktr.ee/hmsb of R50 op die dag

Navrae: Nina Edmunds | nina@bloemhofschool.co.za

Expert Local Knowledge:

I specialize in the area and understand the communi ty, the schools, and the market trends.

Professional Service:

With Remax Infoglobe’s global reach and a reputatio n for excellence, you’ll have access to the tools and resources you n eed to navigate the real estate journey with confidence.

Client-Focused Approach:

My goal is to ensure you make an informed decision with peace of mind. I’ll be by your side every step of the way.

SPOEGWOLF

8 MAART 2025 | 18:00-21:30 BLOEMHOF SENTRUM

’n Onvergeetlike aand van dans, sing, lag en samesyn – spesiaal vir hoërskoolleerders. Die verrigtinge sal reeds om 18:00 in die vierkant voor die sentrum afskop met stalletjies wat kos en koeldrank verkoop. Spoegwolf begin om 20:00 speel.

R250 – kaartjies via Quicket of linktr.ee/hmsb; of R300 by die deur | slegs hoërskoolleerders

Navrae: Dinie Basson | dinie@bloemhofschool.co.za | 021 887 3044

BLOEMHOF TALENTAAND

10 MAART 2025 | 18:30 | BLOEMHOF SENTRUM

Kom ondersteun Bloemhof se sangers, musikante, dansers en ander talentvolle leerders as hulle in die finaal van Bloemhof’s Got Talent deelneem. Stylikoon Minki van der Westhuizen, Die Heuwels Fantasties se Pierre Greeff en die televisiedokter en sanger Darren Green is beoordelaars. Groot pryse sluit onder meer ’n professionele opname in ’n klankateljee, ’n stel ontwerpersjuwele, en selfs ’n professionele fotosessie in.

R100 – kaartjies via Quicket of linktr.ee/hmsb

Navrae: Chester Meyer | chester@bloemhofschool.co.za

BOEKBEKENDSTELLING: BLOEMHOF 150

11 MAART 2025 | 18:30 | US MUSEUM (OU BLOEMHOFSKOOLGEBOU)

150 jaar se Bloemhofgeskiedenis is sorgsaam nageslaan en in ’n pragtige 300-bladsy gedenkboek vervat. Sluit by ons aan wanneer ons dié boek in die ou Bloemhofskool – die sierlike rooibaksteengebou in Ryneveldstraat – amptelik bekendstel. Spesiale uitgawes word opgeveil.

Kaartjies: Beskikbaar via Quicket of linktr.ee/hmsb; beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar

Navrae: Santjie van Vuuren | santjie@bloemhofschool.co.za | 021 887 3044

Let wel: Teen saktyd was die boek nog nie beskikbaar nie; die beeld hierbo is ter illustrasie.

GEMEENSKAPSUITREIK

12 MAART 2025 | 15:00-16:00 | AFTREEOORDE IN

STELLENBOSCH

Reeds in die beplanningsfase van die 150-feesjaar was daar een aspek waaroor die feeskomitee baie sterk gevoel het: ons moet op ’n manier dankie sê vir die Stellenboschgemeenskap wat ons skool deur hierdie 150 jaar gedra het.

Al was die hele gemeenskap nie direk met die skool verbind deur bv. ’n leerder, ouer, opvoeder of algemene werker van die skool te wees nie, het die breër gemeenskap van Stellenbosch tog ook ’n rol in die welstand van die skool gespeel. Dit is met groot dankbaarheid dat ons ook aan hierdie gemeenskap wat deur die jare die skool ondersteun het, dink.

Dankie aan inwoners wat briewe van bemoediging en erkenning en gelukwensing gestuur het, maar ook briewe van teregwysing of kritiek sodat ons kon regmaak, verskoning vra en verbeter. Dankie aan besighede, klein en groot, wat die skool ondersteun het of donateurs en borge was. Elke inset deur die gemeenskap wat ’n bydrae gelewer het om ons die skool te maak wat ons vandag is, verdien erkenning. Dit is onmoontlik om by elke mens of instansie uit te kom, maar deurdat ons alle aftreeoorde op die dorp op 12 Maart gaan besoek, wil ons met hierdie simboliese gebaar dankie sê aan almal wat in die verlede met hul gesindheid, tyd of fondse aan Bloemhof help bou het. Ons salueer elkeen van u.

Gratis: Alle Bloemhoffers en oudleerders is welkom om by ons aan te sluit

Navrae: Leerders – Venessa de Beer | venessa@bloemhofschool.co.za | 021 887 3044

Oudleerders – Ronél Sperling | bloemhofbond@bloemhofschool.co.za | 021 887 3044

GHOLFDAG 2025

13 MAART 2025 | BAIE VROEG TOT LEKKER LAAT | STELLENBOSCH GHOLFBAAN

Op 13 Maart 1874 word planne vir ’n nuwe skool vir Stellenbosch se Hollandssprekende dogters goedgekeur en in Januarie 1875 open die deure vir die eerste Bloemhoffers. Ons vier die skool se ámptelike verjaarsdag op 13 Maart by ons gholfdag!

Alhoewel vierballe vir die Bloemhof Cogent Gholfdag uitverkoop is, nooi ons belangstellendes uit om as borge of donateurs betrokke te raak. Ook die Bloemhof Simonsig Bouledag se spanne is reeds vol, maar die Bloemhofgemeenskap kan uitreik om ook hier betrokke te raak.

Leerders het elkeen ’n lootjieboekie ontvang – koop gerus ’n kaartjie, want wonderlike pryse is op die spel!

R20 per lootjiekaartjie – ondersteun asb. ons leerders met hul kaartjieverkope! Raak betrokke as borg: gholfdag@bloemhofschool.co.za of boule@bloemhofschool.co.za

GEDENKSTAPTOG

14 MAART 2025 | 08:00 | VERTREK VANAF DIE BLOEMHOF SENTRUM

Ons bring hulde aan die belangrike mense en plekke in ons skool se geskiedenis. Leerders stap van die skool in Krigeville tot by die standbeeld van prof. Hofmeyr (Kweekskool), dan tot by die standbeeld van ds. Neethling (Moederkerk), en uiteindelik tot by die ou Bloemhofskoolgebou in Ryneveldstraat, wat in 1907 deur juf. Lucie Joubert geopen is. Bloemhoffers kan vanjaar vir die eerste keer saam met die huisleiers die kransleggings beleef.

Gratis – oudleerders en oudonderwysers is veral welkom

Navrae: Elana Kruger | elana@bloemhofschool.co.za

BLOEMHOFBONDTEE

14 MAART 2025 | 10:00-11:30 | SKOOLSAAL

’n Vrolike oggendtee vir lede van die Bloemhofbond. Amptelike reüniegangers kan tussen 07:00 en 09:55 in die voorportaal registreer. Die verwelkoming van oudleerders begin om 10:00 in die skoolsaal. En wat is ’n verjaarsdag sonder ’n partytjie?

Huidige leerders hou klaspartytjies terwyl oudleerders op skooltoere gaan en die oggendtee in die skoolsaal geniet.

Gratis – oudleerders moet teen 28 Februarie hul bywoning bevestig

Navrae: Ronél Sperling | bloemhofbond@bloemhofschool.co.za

STIGTERSDAGVIERINGE

14 MAART 2025 | 11:45-13:00 | BLOEMHOF SENTRUM

Leerders en lede van die Bloemhofbond, wat ook oudonderwysers insluit, word uitgenooi om ons amptelike Stigtersdagvieringe by te woon. Ons verwag dat die Sentrum stampvol gaan wees, daarom is dit belangrik om bywoning teen 28 Februarie te bevestig.

Gratis – oudleerders moet teen 28 Februarie hul bywoning bevestig Navrae: Ronél Sperling | bloemhofbond@bloemhofschool.co.za

NIE-KOEKERIGE KOEK & KELKIES

14 MAART 2025 | 13:00 | BLOEMHOF VOORTUIN

Oudleerders word genooi om ’n glasie op Bloemhof se 150ste verjaarsdag te klink. Mondvol Soet sorg vir kulinêre koeke, maar dié geleentheid beloof om nie (te) koekerig te wees nie!

R150 – kaartjies via Quicket of linktr.ee/hmsb Navrae: Barbara-Jeanne Slazus | barbarajeanne.slazus@gmail.com

PERSONEELGESELLIGHEID

14 MAART 2025 | 13:00 | PERSONEELVIERKANT

Oudpersoneellede word spesiaal uitgenooi om direk ná Stigtersdag in die personeelkamer te kom inloer. Kuier weer saam met oudkollegas, deel stories en hoor hoe die huidige personeel deesdae dinge doen.

Gratis – uitnodigings is aan oudpersoneel gestuur wat op ons databasis is; as u nie een ontvang het nie, reik asseblief uit!

Navrae: Desiré Coetzee |desire@bloemhofschool.co.za

OLD GIRLS GLANSAAND

14 MAART 2025 | 18:00 | MIDDELVLEI LANDGOED

Alle oud-Bloemhoffers word hartlik uitgenooi na ons Old Girls Glansaand – ’n skemerkelkie ter viering van Bloemhof se 150ste bestaansjaar. Kom kuier saam met ou klasmaats, maak nuwe vriendinne en klink ‘n glasie op die alma mater in ons harte. Trek jou beste Bloemhof Bling aan!

R350 – kaartjies via Quicket of linktr.ee/hmsb

Navrae: Ronél Sperling | bloemhofbond@bloemhofschool.co.za

OLD GIRLS BRUNCH

15 MAART 2025 | 10:00 |

SOMERBOSCH WYNE

Blomme bly vir Bloemhoffers baie spesiaal en oudleerders onthou hoe hulle blomme op hul skooldrag vasgesteek het wanneer hulle verjaar het. Ons vier dié tradisie met nog iets wat spesiaal vir ons oudleerders gereël word: ’n Gesellige saamkuier by Somerbosch Wyne. Trek vrolik en blomryk aan, maar spring vinnig – spasie is beperk en ons vermoed die kaartjies gaan, soos die blomme destyds in juffrou Elize Coetzee se tuin, vinnig opgeraap word!

R290 – kaartjies via Quicket of linktr.ee/hmsb

Navrae: Ronél Sperling | bloemhofbond@bloemhofschool.co.za

KOM ONS DANS!

VERJAARSDAGDANS | 14 MAART 2025 | 19:00-22:30 | BLOEMHOF SENTRUM

Die VRL bied weer vanjaar die Verjaarsdagdans aan. In 2025 is dit ’n elegante geleentheid spesiaal vir ons graad 10-12’s; haal nou al jou dansskoene uit!

R270 – kaartjies via die VRL; hou die afkondigings dop; slegs graad 10-12’s

Navrae: Ilze Wright |ilze@bloemhofschool.co.za

JUNIOR DANS | 15 MAART 2025 | 19:00-22:00 | BLOEMHOF SENTRUM

Graad 8’s en 9’s – julle word vriendelik deur die graad 11’s na die Junior Dans genooi. Kry solank vir jou ’n mooi skemerkelkierokkie en ’n metgesel, want dit gaan ‘n onvergeetlike aand wees!

R170 – kaartjies via die graad 11’s; hou die afkondigings dop; slegs graad 8-9’s

Navrae: Hanneke van der Merwe |hanneke@bloemhofschool.co.za

DANKSEGGINGSDIENS

16 MAART 2025 | 18:00 | MOEDERKERK, STELLENBOSCH

Kom sluit die feesweek op ’n gewyde noot af. Alle lede van die Bloemhofgemeenskap word uitgenooi om ’n dankseggingsdiens in die Moederkerk by te woon. Die diens sal deur ds. Marié Britz, ’n Bloemhof-ouer en leraar by die kerk, gelei word.

Gratis – almal is welkom

Navrae: Ertru Hattingh | ertru@bloemhofschool.co.za

ander gebeure

SOMATOLOGIE

en nog geakkrediteerde

kwalifikasies deur ’n industrie-leier maak dit joune

Jou loopbaan. Jou besigheid. Jou toekoms

Kampusse met verblyf in Stellenbosch en Pretoria.

Die Isa Carstens® Akademie is geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ’n Hoër Opleidingsinstansie kragtens die Wet op Hoër Onderwys, 1997. Registrasiesertifikaatnommer: 2000/HE07/025. Kwalifikasies geregistreer by die SA Kwalifikasie-owerheid, SAQA ID-nommer: 83046 (NQF Vlak 6) & SAQA ID-nommer: 97898 (NQF Vlak 7).

Bloemhof 150

MEJ FEESJAAR

23 JULIE 2025 | 18:00 | BLOEMHOF SENTRUM

Die VRL nooi graad 11’s en 12’s uit om aan ’n prettige skoonheids-, mode-, en persoonlikheidskompetisie deel te neem. Ons kies vanuit die graad 11-groep ’n sjampanjenooi vir 2026 se 4M wanneer Bloemhof weer die gasvrou is. Een gelukkige matrikulant sal op 23 Julie as mej. Feesjaar gekroon word! Paul Roos Gimnasium neem ook deel – kom kyk wie is Bloemhof se mnr. Feesjaar!

Dié aand word in samewerking met Isa Carstens Academy aangebied en wonderlike pryse is op die spel.

Inskrywings en toegang – hou Bloemhof se sosiale mediaplatforms en die afkondigings dop Navrae: Ilze Wright | ilze@bloemhofschool.co.za

Mej Feesjaar

MA-EN-DOGTERTEE TBV #CUPPAFORCANSA

9 AUGUSTUS 2025 | 10:00 | BLOEMHOF SENTRUM

Kanker raak baie lewens, maar dit kan ook kleurvol wees. As deel van ons 150ste bestaansjaar nooi ons alle ma’s en dogters vir ’n “cuppa” uit – ’n oggendtee ten bate van CANSA. Bekende TV-persoonlikheid Hannes van Wyk en kankeroorwinnaar Anishka le Roux is die oggend se gassprekers. Ronellé Foster stel haar boek Kanker het my lewe gered, wat sy saam met Gerjo Ben van der Merwe geskryf het, bekend en deel die inspirerende verhaal van haar eie kankerreis.

Ons is op soek na gasvroue wat tafels teen R2,500 kan koop – reik asb. na me. Venessa de Beer uit vir meer inligting.

R2,500 per tafel – fondse ten bate van CANSA; inligting oor kaartjieverkope via gasvroue

R295 – boeke te koop

Tema en kleredrag: Kleurvol!

Navrae: Venessa de Beer | venessa@bloemhofschool.co.za | 021 887 3044

Ekonthoudiedagtoeek Ronellé ontmoet het: mySywasreedsbekendaanmyvia het,mikroskoop.Watekverwag was’nstortvloedtrane, rooi oë en iemand vir wie ek moeshoopinpraat.Maarekis reusagtige,begroetmet’nbreëglimlag, kleurvolleballonne en’nreënboogpersoonlikheid. pasiëntnawiesebloeduitslaejy’npaarkeermoetkyk egterdielaboratoriumhetniediemonstersomgeruilnie! metteen’nstroomvannegatieweprognostiese leukemiehaarspanuitstekendekliniesehematoloë) uitgewisenoorwin. leukemievry.sensitiewetoetsmetodesisRonellésedert Dis’nwonderlike,inspirerendepad Ronelléstap.Syleeflig,laghardendramettrots oorlewingtenspytevanaldierooiligteop padna volle genesing. JanamiSteenkamp Hematopatoloog PathCare FC Path (SA) Haem

ISBN:978-1-9909-6861-7

KANKER

Ek onthou Ronellé

Sy was reeds my mikroskoop. het, was rooi oë moes hoop begroet reusagtige, en ’n reënboogpersoonlikheid.

Bloemhof, julle is eersteklas. Veels geluk met die groot 150!

eerste keuse vir koffie, kos, kuiers en meer. Jou

@eerstekafee

MANNEAAND

23 AUGUSTUS

2025

| TYD & PLEK SAL BEVESTIG WORD

Augustus is dalk vrouemaand, maar op die 150-feeskalender is 23 Augustus Manneaand. Teen saktyd is presies wat beplan word steeds staatsgeheim, maar motors en mannewales word nie uitgesluit nie. Dit beloof om ’n aand vol pret vir elke Bloemhof-pappa, die Bloemhof Old Boys* en die handvol** manspersoneellede te wees.

* Ja! Daar is heelwat Bloemhof Old Boys wat in Laerskool Bloemhof was. Lees gerus in die gedenkboek oor hulle.

** Bedoelende: min, en nie dat hulle – soos die Old Boys –’n handvol kan wees nie!

Raak betrokke – ons is veral op soek na borgskappe vir pryse en produkte

Navrae: Laetitia Meyer | laetitia@remey.co.za

LENTETEE

28 OKTOBER 2025 | 10:00 | SKOOLSAAL

Een van die laaste kwartaal se gewildste geleenthede is die Lentetee, waar graad 8-11’s hul grootouers vir ’n teepartytjie uitnooi. Die klaskapteine reël self hierdie oggend en is verantwoordelik vir alles van uitnodiging tot décor en tafeldek, maar ons vertrou dat Tannie Woolies ook betrokke sal wees.

Gratis – ons kan ongelukkig slegs genooide gaste akkommodeer

Navrae: Reneé Bezuidenhout | rbezuidenhout@bloemhofschool.co.za

KERSAFSLUITING

31 OKTOBER 2025 | 11:00 | MOEDERKERK

Die skooljaar word op 31 Oktober met ons Kerssangdiens afgesluit. Die musiekdepartement sorg vir wonderlike klanke en graad 11-leerders deel die Kersverhaal. Almal is welkom.

Gratis – plek word vir oudleerders regs voor (aan die kerkkantoor se kant) gehou; ouers is welkom om op die galery te sit.

Navrae: Oudleerders: Ronél Sperling | bloemhofbond@bloemhofschool.co.za

Ouers: Laurentia Roux | ontvangs@bloemhofschool.co.za

BLOEMHOF 150 KUNSVEILING

NOVEMBER 2025 | PRESIESE DATUM, TYD & PLEK SAL BEVESTIG WORD

Maggie Loubser. Marlene Dumas. Marlene Steyn. Dié bekende kunstenaars het een ding in gemeen: hulle is almal oudleerders. Wat in 1939 met die aankoop van een skildery begin het, is vandag een van Bloemhof se grootste kultuurskatte – ’n groeiende kunsversameling.

Ons doen ’n beroep op oudleerders om kunswerke te skep en vir ons laaste feesgeleentheid te skenk. Huidige leerders kan ook kunstig raak – inskrywings is by mnr. Meyer in die kommunikasiekantoor beskikbaar.

Ons deel later in die jaar meer besonderhede oor die kunsveiling.

R20 – vir huidige leerders wat ’n kunswerk vir die uitstalling wil skep

Versoek – kunstenaars wat by ons projek betrokke wil wees, word vriendelik versoek om uit te reik

Navrae: Huidige leerders – Stephan Meyer | kommunikasie@bloemhofschoolco.za

Navrae: Kunsuitstalling en -veiling – Laetitia Meyer laetitia@remey.co.za

150 STORIES

DEURLOPEND | bit.ly/150BloemhofStories

Wie onthou die dag toe Prins, die skoolkat, ’n eekhoring op die matriekgronde gevang het en die graad 8’s histeries om hulp geroep het? Of die keer toe Interpol die Bloemhoftoergroep in Italië wakkergeklop het? Wat van die dag toe juffrou Nowers by die Wiskundedepartement ingestaan het en met bordkryt ’n lyn tot in die gang getrek het om die konsep van oneindige lyne te verduidelik?!

En daardie dag in Februarie 1964 toe Bloemhoffers Coetzenburg toe gestap het vir die héél eerste interhuisatletiek, ’n groot banier in die hand wat die huisleiers haastig die aand voor die tyd gemaak het en per ongeluk “Hofmeyr” verkeerd gespel het?

Bloemhof is vol herinneringe – klein stories wat groot impak op individue gemaak het. Deel asseblief jóú storie met ons.

Gratis – deel vandag nog jou storie by bit.ly/150BloemhofStories

Navrae: Stephan Meyer | 021 887 3044 of kommunikasie@bloemhofschool.co.za

@ PAUL ROOS

Baie geluk, Bloemhof!

#diebuurtwinkel

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.