ISABEL RY VIR GOEIE DOEL
Isabel Lutz en haar gesin het oor die afgelope Paasnaweek, 29 Maart tot 3 April, 600 km (meestal grondpaaie) fiets gery vanaf George tot by Stellenbosch (via Oudtshoorn, Calitzdorp, Riversdal, Swellendam en Greyton), waar Isabel 500 km hiervan self gery het. Die doel van hierdie geleentheid was om geld in te samel om belowende, hardwerkende en behoeftige Chemie-studente te help om hul studies suksesvol te voltooi. Dit vorm deel van ‘n fondsinsamelingsinisiatief binne die Universiteit van Stellenbosch met die naam “Wheels of Opportunity”.
Die geleentheid was ook haar manier om “terug te gee” vir die groot voorreg wat sy het om tot op internasionale vlak te kon vorder met haar Eskom Ekspo. Sy het haar eie "GivenGain"-projek beskikbaar gemaak vir mense wat haar kan help om R2500 in te samel (R5 per km wat sy gaan fietsry) vir die US-projek.
Wat ‘n ongelooflike inisiatief en prestasie. Welgedaan, Isabel!
ONS VERWELKOM NUWE PERSONEEL
Ons verwelkom graag ons twee nuwe personeellede, me Hesmé de Klerk en me Hester Fischer, by die Hoër Meisieskool Bloemhof. Juffrou de Klerk sluit aan by ons Afrikaans Departement as opvoeder en juffrou Fischer by Musiek Beide hierdie dames is uitstekend in hul veld en ons is beslis opgewonde om hulle deel van die Bloemhof-personeelkorps te hê
3
Me Hesmé de Klerk
Hester Fischer
Me
Huis Bloemhof se welstandsprogram het die afgelope Woensdagaand onder leiding van dr Carla Bezuidenhout, die skool se Opvoedkundige Sielkundige, afgeskop. Dit was ‘ n aand vol konneksie - met mekaar en jouself. Die aand was vol bederf met pizzas, Freezo’s en die fantastiese sprekers van die aand - Lindie en Paul Strydom, wat elke oomblik spesiaal gemaak het. Lindie en Paul het met die dames kom deel hoe dit lyk om op te daag en op te staan na ‘ n fout en teleurstelling, ’ n tema wat beslis die harte geroer het. Die dogters is ook bederf met ‘ n geskenkpakkie na afloop van die aand Baie dankie aan Revel, Plato Stellenbosch, Himalaya, Romans Pizza Stellenbosch en Kudu-koffie vir julle bydraes om ons dames te bederf en die aand moontlik te maak! Ons sien uit na nog vele geleenthede soos hierdie.
HUIS BLOEMHOF SE WELSTANDSPROGRAM SKOP AF
4
Drie van Bloemhof se swemmers, Jana Lombard, Maric de Roubaix en Arné Dryer, het die afgelope vakansie hulle klubs by die Junior Nasionale Swemkampioenskappe verteenwoordig en uitstekend gevaar.
Jana Lombard eindig 7de, 8ste en 9de in haar individuele items terwyl Maric 7de geëindig het Die “Lane Leader Team” waarvan hierdie dames deel was, het ook ‘ n Bronsmedalje verwerf in die Dogters 4 x 50m Vryslag Aflositem.
Welgedaan Dames, ons is baie trots op julle!
SIMONE VAAR UITSTEKEND
Simone van der Merwe het die afgelope vakansie aan die SABiathlon kampioenskappe deelgeneem en 2de geëindig.
Baie geluk aan Simone wat aanhou om uitstekende prestasies te lewer.
LAYLA TOPS IN SA-BOOGSKIET
Layla Viljoen het middel Maart aan die SA Nasionale Boogskiet Kompetisie in Johannesburg deelgeneem. Sy het vanjaar met goud weg gestap en beklee tans op nasionale vlak die eerste plek vir o.18-skuts in haar afdeling al is sy slegs 14 jaar oud - wat ‘n uitsonderlike prestasie! Sy het dus weereens haar Westelike Provinsie kleure gewerf en daar is groot moontlikhede vir internasionale deelname op die horison.
Welgedaan, Layla, ons is baie trots op jou en hou jou met groot afwagting dop.
5
SWEMNUUS
BLOEMHOF-ATLETE TOPS BY ASA-KAMPIOENSKAP
Drie van ons Bloemhof-atlete het uitstekend gevaar by die ASA Kampioenskappe wat onlangs in Pretoria plaasgevind het.
Lana Oberholzer het uitgeblink deur ' n ongelooflike 1ste plek in die 100m-hekkies los te hardloop en so ook vir die Wêreldkampioenskappe te kwalifiseer Sy behaal ook ' n 5de plek met haar 400mhekkies.
Mignonne de Beer spring ook by die byeenkoms ' n 3de plek in die o.19-verspring los en Simone van der Merwe behaal ' n 6de plek in die 800m.
Baie geluk aan die dames, Bloemhof is ongelooflik trots op julle en eer julle vir julle harde werk!
BLOEMHOFFERS BLINK UIT IN ONDERWATERHOKKIE
Drie van die Bloemhof-dames, Franci Beyers, Mikyla Lacock en Mickyla de Villiers, het die afgelope vakansie as deel van die Bolandspan aan die Nasionale Onderwaterhokkie Toernooi in SomersetWes deelgeneem en uitstekend gevaar:
Mickyla se o.16-span spog met die goue medalje
Franci se o.19A-span het met die 2de plek weggestap
Mikyla se o.19B-span het in die 6de plek geëindig
Welgedaan, Dames, ons is ongelooflik trots op julle.
6
HOKKIE
Ons hokkieseisoen is in volle swang met heelwat wedstryde en toernooie wat oor die vakansie plaasgevind het. Hiermee die uitslae van hierdie toernooie:
FAIRTREE O.16AB TOERNOOI (21 TOT 23 MAART)
o.16A UITSLAE:
Teen Durban Girls’ College wen 1-0
Teen Pearson gelykop 1-1
Teen Springfield wen 2-0
Teen HMS Paarl gelykop 1-1
Teen Hermanus wen 2-0
Teen Hugenote wen 3-0
Teen Affies gelykop 0-0
Teen Punt wen 3-0
Teen Fairmont wen 2-0
Finaal - Teen Paarl Gim wen 1-0
Die span is dus die wenners van die toernooi!
o.16B UITSLAE:
Teen Hugenote wen 7-0
Teen HMS Paarl wen 2-1
Teen HTS Drostdy wen 1-0
Teen Rhenish 0-0
Teen Paarl Gim verloor 0-1
Teen Pearson gelykop 0-0
Teen La Rochelle wen 3-0
Teen St Cyprians verloor 0-1
Teen HS Strand wen 1-0
Dus speel die span 9 wedstryde: wen 5, verloor 2 en speel in 2 gelykop.
O.14A DF MALAN-TOERNOOI (20 TOT 21 MAART)
Teen Springfield wen 1-0
Teen Somerset College wen 3-0
Teen Rhenish gelykop 0-0
Teen Rustenburg verloor 0-1
Teen Punt wen 2-0
Teen Fairmont wen 1-0
Teen Stellenberg wen 2-0
O.19A VOORSEISOEN TOERNOOI (2 APRIL)
Teen St Cyprians wen 1-0
Teen Paarl Gim verloor 0-1
Teen HMS Paarl wen 2-0
7
Foto’s:GideonRoos
Ons netbalspanne het aan heelwat toernooie oor die vakansie deelgeneem en uitstekend gevaar. Die uitslae van die toernooie is as volg:
O.19A FAIR CAPE LA ROCHELLE TOERNOOI
Wen Kempton Park 38-20
Wen Maties Legends 24-23
Verloor La Rochelle 25-28
Wen Montana (Pretoria) 28-24
Wen Waterkloof 35-22
Wen Parel Vallei 48-11
Verloor Oranje 28-34
Verloor uitspele teen La Rochelle 23-24
Die span eindig in die 3de plek by die toernooi en Lara Ehlers is ook aangewys as ons “most valuable player” na afloop van die toernooi.
PAARL GIRLS' HIGH SPORTSMANS WAREHOUSE TOERNOOI
o.19B
Verloor Charlie Hofmeyr A 16-22
Wen Langenhoven Gim 23-16
Wen HMS C 28-11
Verloor Fairmont A 16-17
Wen Paulus Joubert A 23-22
Wen HMS B 15-14
Verloor Sundowns 18-32
Wen Nico Malan B 27-18
Wen Paarl Gim B 23-17
o.14A
Wen Hugenote 25-5
Wen Tygerberg 26-5
Wen Girls High B 21-12
Wen Girls High A 17-11
Gelyk Parel Vallei 18-18
Wen Outeniqua 20-10
Wen Gim 20-11
Wen Swartland 22-13
Wen Langenhoven Gim 27-8
Wen Strand 31-12
Wen Milnerton 31-16
o.16A
Wen Outeniqua 21-15
Wen Augsburg 28-12
Wen Paarl Gim 19-15
Verloor Fairmont 8-19
Wen Tygerberg 18-11
Wen HMS B 24-12
Verloor HMS A 17-26
Wen Hugenote 25-6
Wen Charlie Hofmeyr 34-9
Wen Milnerton 26-11
Wen New Orleans 30-9
o.17A
Wen Tygerberg 18-9
Wen HMS B 21-11
Wen Parel Vallei 25-7
Wen Outeniqua 27-13
Wen HMS A 19-14
Wen Milnerton 32-14
Wen Charlie Hofmeyr (o.19) 19-11
Wen Paarl Gim 23-13
NETBAL
8
NETBAL
Ons netbalspanne het aan heelwat toernooie oor die vakansie deelgeneem en uitstekend gevaar. Een van die grootste toernooie in die land is by die Hoërskool Menlopark in Pretoria aangebied waar die spanne vir drie dae lank teen top-skole regoor Suid-Afrika gespeel het. Die uitslae van die toernooi was as volg:
MENLO-TOYOTA NETBALTOERNOOI PRETORIA
o.19A: Die span speel 10 wedstryde en wen 9 van die wedstryde!
Wen Helpmekaar 22-19
Wen Dinamika 30-24
Wen Noordheuwel 25-12
Wen Diamantveld 34-19
Wen Monnas 25-14
Verloor Menlopark 18-33
Wen Potch Gim 27-14
Wen Edenvale 30-13
Wen Duineveld 29-14
Wen Oranje 20-16
o.15A:
Verloor Noordheuwel 20-23
Verloor Ben Vorster 21-19
Verloor Dinamika 23-21
Wen Florida 30-4
Wen Menlopark 21-15
Verloor Helpmekaar 20-13
Verloor Potch Gim 22-19
Wen Duineveld 17-14
Wen Diamantveld 30-13
Verloor Oranje 15-13
Verloor Monument 23-17
9
10
Ons weeklikse program en Jaarkalender is op ons webtuiste beskikbaar. Dit word gereeld bygewerk om die nuutste inligting te vertoon. Klik gerus op die skakel om die program en kalender te besigtig:
PROGRAM & KALENDER
Alle sportprogramme, wedstrydbepalings en sportuitslae is op ons webtuiste beskikbaar. Dit word gereeld bygewerk om die nuutste inligting te vertoon. Klik gerus op die skakels om die items te besigtig:
SPORTPROGRAMME
SPORTOEFENTYE
11 KENNISGEWINGS KENNISGEWINGS
ADVERTEER AAN DIE BLOEMHOF-GEMEENSKAP IN ONS AMPTELIKE NUUSBRIEF
Die nuusbrief verskyn elke tweede Vrydag in die skoolkwartaal (behalwe tydens die eksamen) en word op die d6 en die webwerf se digitale kennisgewingbord gedeel. Ons leerders ontvang dit per WhatsApp – ’n
potensiële gehoor van 700 dogters en hul ouers.
‘n Kopie van die nuusbrief word ook op die skool se webwerf geplaas en die skakel word op ons sosiale mediaplatforms gedeel. Daar is tans 5500+ volgelinge op Instagram (@hms_bloemhof) en 7600 op Facebook (facebook.com/HMBloemhof).
Bespreek spasie vir die uitgawe voor of op Woensdae om 12:00 by kommunikasie@bloemhofschool.co.za – alle grafika (in PNG of JPEG formaat) moet ons teen die Donderdag om 12:00 bereik.
Voorbeelde van die nuusbrief kan by www.bloemhofschool.co.za/nuusbrief afgelaai word.
12
ADVERTENSIES