Bloemhof het op Vrydag 8 Maart Stigtersdag gevier en die Huisleiers het na skool, soos per tradisie, kranse in die kleur van die huis wat hulle verteenwoordig neergelê by die stigters se gedenktekens in Stellenbosch. Die blommekranse word jaarliks ter herinnering van en met dankbaarheid teenoor die stigters van ons skool neergelê.
/HMBloemhof @hms_bloemhof bloemhofschool.co.za
Amptelike Nuusbrief van die Hoër Meisieskool Bloemhof | 20 Maart 2024 (5/2024)
VEELS GELUK, BLOEMHOF
ATLETE SEEVIER VIR BOLAND
TOP KUNSSTUDENTE AANGEWYS 5 14
4
BLOEMHOF VIER 149 JAAR
VEELS GELUK, BLOEMHOF!
Bloemhof is 149 jaar oud! Stigtersdag 2024 was ‘ n besonderse geleentheid en weereens ‘ n kosbare dag waar ons op Vrydag 8 Maart saam Bloemhof se 149ste verjaarsdag kon vier. Die ”Old Girls” het reünie gehou en ons stigters herdenk. Hulle het ook heerlik saamgekuier en herinneringe gedeel.
Daar was ook ‘ n spesiale program in die Sentrum waar oud-Bloemhoffers saam met die dames van Bloemhof die skool se bestaan kon vier Oud-Bloemhoffers wat sover terug as 1948 gematrikuleer het, het by ons aangesluit Die Accelerando Koor het die gehoor betower, terwyl juffrou Van Heerden haar laaste Stigtersdag saam met die dames gevier het met ' n kosbare toespraak Die hoofleiers van ons broer- en susterskool, Paul Roos Gimnasium en Rhenish Girls' High School, het ook Bloemhof geluk gewens met haar 149ste verjaarsdag en me Van Heerden bederf met die mooiste blomme
Oud-leerder Barbara-Jeanne Slazus (hoofdogter, 2004) was vanjaar ons gaspreker en het ‘ n energieke en spesiale boodskap en verjaarsdaggelukwensing aan haar alma mater gebied. Oud- en huidige Bloemhoffers is met haar toespraak op ' n wonderlike reis "down memory lane" geneem met foto's uit die Klas van 2004 se pad deur HMS Bloemhof. Haar klasmaats was ook daar om saam met haar in die herinneringe te deel.
Dit was ' n besonderse dag en ons sien uit na volgende jaa
STIGTERSDAG
VERJAARSDAGDANS
Bloemhof se jaarlikse Verjaarsdagdans het Vrydag 8 Maart plaasgevind Die aand is beslis ‘ n hoogtepunt op die Bloemhoffers se kalender Die graad 10 tot 12 dames het pragtig gelyk en die geleentheid gate uit geniet.
Baie dankie aan die VRL wat hierdie spog-geleentheid weereens moontlik gemaak het!
STIGTERSDAG
NUWE BEHEERLIGGAAM VIR 2024-2027
Bloemhof se nuutverkose Beheerliggaam vir die termyn 2024 tot 2027 is verlede week bevestig en ons is opgewonde om te weet Bloemhof is in hul bekwame hande vir die volgende drie jaar. Baie geluk aan die lede:
Ouerlede: Mnr Johann Stimie, mnr Scholtz Conradie, me Laetitia Meyer, mnr Gideon Roos, mnr Flippie Viljoen, mnr Adri Conradie & mnr Izak de Wet.
Opvoeders: Me Wilna van Heerden, me. Winnie Viljoen, me Elana Kruger & me Santjie van Vuuren. Nie-opvoeder: Me Jenny King.
Baie geluk aan hierdie dames en here. Ons waardeer opreg hulle insette, tyd en bereidwilligheid om HMS Bloemhof te lei.
Me Jenny King (Nie-opvoeder), mnr Johann Stimie (Ouer),
mnr Adri Conradie (Ouer), me Elana Kruger (Opvoeder), mnr Izak de Wet (Ouer), me Laetitia Meyer (Ouer), mnr Scholtz Conradie (Ouer), mnr Gideon Roos (Ouer), me Winnie Viljoen (Adjunkhoof) & mnr Flippie Viljoen (Ouer)
ISIXHOSA-KLAS BESOEK ROBBENEILAND
Die Graad 10-12 isiXhosa-leerders het Robbeneiland op Donderdag 14 Maart besoek Die weer het saamgespeel en dit was die mooiste dag met die see seepglad en spieëlblink. Die klas het heerlik koffie gedrink by Timeout in Waterfront en toe die museum besoek by die Nelson Mandela Gateway to Robben Island. Daarna het hulle die die luukse veerboot, Die Krotoa, gehaal na Robbeneiland Hier het hulle ' n uitgebreide toer van die eiland en die tronk gedoen asook Mandela se sel besoek. Ons gids was een van die voormalige tronkbewoners en dit was baie interessant. Die dogters se gedrag en voorkoms was uitstaande en meer as een keer het toeriste gevra wie ons is want ons lyk so mooi Wat ' n heerlike dag wat verseker ' n jaarlikse instelling sal word!
6
Nuutverkose Beheerliggaam van die HMS Bloemhof. Die lede is (van links na regs):
me Wilna van Heerden (Skoolhoof),
[Afwesig op foto: me Santjie van Vuuren]
Bloemhof vier Nasionale
Biblioteekweek met ' n boekuitstalling en "blind book date". Die gebeurtenis word vanjaar vanaf 15 to 24 Maart gevier en is ' n jaarlikse viering wat die belangrike rol beklemtoon wat biblioteke speel in die bevordering van kennis, die bevordering van geletterdheid en die bewaring van ons kulturele erfenis.
ISABEL KRAAI KONING BY EXPO
Isabel Lutz (Graad 10) het onlangs deelgeneem aan die Eskom Ekspo se Stellenbosch Streekskompetisie, waar sy met haar projek getiteld "Chat GPT - Friend or Foe in the Classroom", ' n goue medalje verwerf het Haar projek is daarna gekies as die Beste Junior Projek in Sosiale Wetenskappe waarna sy ook aan die Internasionale Wetenskap Ekspo in Johannesburg deelgeneem het. By hierdie geleentheid verwerf sy weer ' n goue medalje in die Sosiale Wetenskappe-kategorie waarna sy verkies word om in Mei aan die International Science Technology Engineering Competition in Bali deel te neem. Welgedaan, Isabel, ons is baie trots op jou en wens vir jou sterkte toe met die kompetisie
TOTSIENS AAN ONS UITRUILSTUDENT JILL!
Bloemhof het vandeesweek vir Jill Maass, ons Duitseuitruilstudent, gegroet Jill het in Januarie by Bloemhof aangesluit en sommer gou ingeskakel Sy het haar tyd by Bloemhof terdeë geniet en van graad 11-kamp tot Prestige heelhartig deelgeneem in die klas en ook buite die klaskamer. Jill sit nou haar ses maande-uitstappie na Suid-Afrika voort in Johannesburg waar sy by Helpmekaar Kollege gaan aansluit voordat sy in Junie terugkeer na haar tuisland.
Dankie vir die tyd saam, Jill, dit was ‘ n voorreg om jou by Bloemhof te kon verwelkom!
BIBLIOTEEKWEEK
7
DANKIE AAN ONS GHOLFDAG BORGE!
Abacus Development Company - My Space
Residence
Alto Wine Estate
Aphrodite Diamonds
Auto Excellence
Barry en Marise Andrag
Black Rose Gin
CanCan by Renegade Wines
Cape Crusade Padel
Cederberg Aqua - Nuiba Brands
Clos Malverne - Nuiba Brands
Cogent Hyper-automation
Delico
Dr EH Boer Inc Specialist Physician
Expedition North Somerset West
Fat Butcher
Fluss - CG Group
GLC Development - C4 Property Group
Glenelly Estate
Groenland Wyne
Grootsleutelfontein Private Game Reserve
Henro Smit
HVM Geregistreerde Ouditeure en Rekenmeesters
Investec
Joey’s Vleisprodukte
Kaapzicht
King Pie
Laminin Paints
Le Creuset
Lêka HQ Ice
Moore Stellenbosch
Nashua Winelands
Nedbank
Nooitgedacht Village
Oasis Water
Okasie
Overgaauw Landgoedwyn
Rupert & Rothschild Vignerons
Rust en Vrede Wine Estate
SHE
Simonsig Wine Estate
Standard Bank
Stay @ Nacht Wacht
USC Security
Terana Boerdery
Treadzone
Waterford Estate
Zevenwacht
DANKIE AAN ONS BOULEDAG BORGE!
BORGE!Annandale Wines
Avon
Blue Bird Café
Boss Iced Tea
CanCan
Cape Crusade Padel
Choice Clothing
Copper Kettle
Croydon
Crown
Deborah Ceramics
Expedition North
Fit Factory Pilates Studio
Genesis Beauty Salon
Ken Forrester Winery
Kleine Marie
Love At First Bite
Middelvlei Wines
Monna Deli
Noex Leather O Love Natural Theraputics
Plaaslik Local
Salon Suzette
Simonsig
So Natural Health Store
Soga Rocket Frozen Ices
Visio
Wilhelms Auto
Youtherapy
8
Bloemhof se eerste tennisspan het vanaf 7 tot 10 Maart in Paarl aan die Gerrie Berner Tennistoernooi deelgeneem. Die span wat bestaan het uit Carli Kruger, Anandie de Waal, Nina van Eeden, Milla Kotze, Marline Stoop, Marlia Nel en Charlotte Bouwer het uitstekende gevaar en algeheel 3de geëindig. Slegs die toptennisskole in die land word na hierdie toernooi uitgenooi en hierdie span het vir niemand teruggestaan nie. Hulle wen al drie hulle eerste wedstryde, teen Paarl Gim, Potch Gim en Waterkloof 7-0 maar buig die knie in die semi-finale teen Paarl Girls’ High. Welgedaan, dames, julle maak Bloemhof trots met jul algehele derde plek!
TENNISSTERRE BY KAVALIERS
Twaalf van Bloemhof se tennisspelers het die afgelope naweek die Kavaliers verteenwoordig by die Synergy Cup (Inter-provinsiale Toernooi) wat in George plaasgevind het. Die o.15- en o.19-spanne, waarvan die Bloemhoffers deel was, het goud gewen. Welgedaan aan elk van hierdie dames. Ons is baie trots op julle harde werk en die uitstekende prestasie!
TENNIS
9
ATLETIEKNUUS
Baie geluk aan die 19 Bloemhof-atlete wat in die Boland-atletiekspan opgeneem is! Hulle is:
Shammei Botha, Bea Wium, Gize Strydom, Lisa Steenkamp, Minke Shaw, Milana Stickling, Daniela Viljoen, Simone van der Merwe, Olivia Schwartz, Alecia Stander, Alet Lourens, Johane van Blerk, Nell Basson, Jeannie Myburgh, Mignonne de Beer, Juane Maass, Tayla Deerhans, Zahni Smit en Lara Ehlers.
Hierdie dames het die afgelope naweek die Bolandspan verteenwoordig by die Wes-Kaapse Atletiekkampioenskappe wat by Dal Josafat plaasgevind het. Die groep atlete van Bloemhof het 12 medaljes ingepalm! Die medaljes sluit in 2 goud, 6 silwer en 4 brons Ons atlete het ook onder die top 8 in twintig van hulle items geëindig. Die medaljewenners sluit in:
Goud:
Mignonne de Beer - 100m-hekkies
Zahni Smit - 200m
Silwer:
Mignonne de Beer - Verspring
Juane Maass - Spiesgooi
Nell Basson - 200m
Lara Ehlers - 200m
Lisa Steenkamp - 800m
Simone van der Merwe - 800m
Brons:
Alecia Stander - Hoogspring
Milana Stickling - 200m-naelope
Lisa Steenkamp - 1500m
Olivia Schwartz - 3000m
Baie geluk en welgedaan aan hierdie dames, ons is baie trots op julle!
10
VIANTE UITSTEKEND IN BOOGSKIET
Viante Rossouw het die afgelope naweek deelgeneem aan die 74ste Suid-Afrikaanse Boogskiet Kampioenskappe. Sy het in die o.18-kategorie vir Recurve Olimpiese Boog deelgeneem en vierde gekom. Wat ‘ n besonderse prestasie, baie geluk, Viante!
SIMONE DOEN DIT WEER
Simone van der Merwe vaar steeds uitstekend in vyfkamp en het verlede naweek by die Wes-Kaapse Vyfkamp en “Laser Run”-kampioenskappe weer as die o.17-kampioen weggestap. Welgedaan, Simone. Hou haar gerus dop!
OUD-BLOEMHOFFER NOU ‘N “BABA” PROTEA
Lisa Ingwersen, matrikulant van 2022, is na verskeie oefenkampe gekies as lid van die Protea o.21-Netbalspan. Die “Baba Proteas” wat uit 12 spelers bestaan speel 17-23 Maart 2024 in die African World Cup Qualifying-toernooi in Pretoria. Bloemhof is baie trots op Lisa en wens haar alle voorspoed en sukses toe vir hierdie toernooi.
11
HOKKIE
Ons hokkieseisoen het afgeskop met heelwat wedstryde en toernooie wat alreeds plaasgevind het. Hiermee die uitslae tot dusver:
O.16 DF MALAN TOERNOOI (9 MAART)
Wen DF Malan 1-0
Gelykop teen St Cyprians 0-0
Verloor teen Herschel 0-1
Wen Somerset College 2-0
19 DF MALAN TOERNOOI (10 MAART)
Wen DF Malan 1-0
Gelykop teen Herschel 0-0
Wen Fairmont 2-0
Wen St Cyprians 1-0
WEDSTRYDE TEEN RUSTENBURG GIRLS’ HIGH
o.19A wen 4-0
o.19B wen 3-1
o.16A wen 3-0
o.16B wen 5-0
o.16C wen 8-0
o.16D wen 5-0
o.14A wen 2-0
o.14B wen 1-0
o.14C verloor 0-1
SPRINGFEST TOERNOOI (16 MAART)
Wen Rustenburg 1-0
Wen Springfield 1-0
Wen Wynberg 2-0
Verloor teen Paarl Gimnasium 1-0
O
Foto’s:GideonRoos 12
O.19
NETBAL
Ons netbalseisoen het afgeskop met heelwat wedstryde en toernooie wat alreeds plaasgevind het. Hiermee die uitslae tot dusver:
RHENISH QUEST FOR THE BEST O 14-TOERNOOI
Wen Rustenburg 19-0
Wen Fairmont 20-1
Verloor Paarl Girls' High 9-15
Wen Parel Vallei 9-8
Wen DF Malan 15-2
Verloor La Rochelle 8‐14
o.15C wen 21-12
o.14C wen 21-7
o.14 D wen 23-11
HTS
DROSTDY WEDSTRYDE (16 MAART)
o.19A wen 39-17
o.19B wen 34-3
o.19C wen 23-15
o.19D wen 23-11
o.17A wen 19-9
o.17B wen 23-6
o.15A wen 28-12
o.15B wen 21-12
o.15C wen 21:4
o.15D wen 17:2
o.15E wen 35 - 3
o.14A wen 30-11
o.14B wen 11-7
RUSTENBURG GIRLS’ HIGH WEDSTRYDE (15 MAART)
13
BLOEMHOFFERS VEREER BY PJ OLIVIER
Die PJ Olivier Kunssentrum het op 5 Maart hul jaarlikse prysuitdeling gehou. Dié twee kunstige matrieks van 2023 het met die louere weggestap toe hul al drie van die matriek toekennings ontvang het.
Annette Bruwer is as toppresteerder in Visuele Kunste met ` n NSS-punt van 99% aangewys. Sy het ook die gesogte skoolhoofskild ontvang.
René Nieuwoudt is as die toppresteerder in Ontwerp Kuns aangewys met ` n NSS-punt van 95%.
Baie geluk, Dames!
14 ADVERTENSIES
Ons weeklikse program en Jaarkalender is op ons webtuiste beskikbaar. Dit word gereeld bygewerk om die nuutste inligting te vertoon. Klik gerus op die skakel om die program en kalender te besigtig:
PROGRAM & KALENDER
Alle sportprogramme, wedstrydbepalings en sportuitslae is op ons webtuiste beskikbaar Dit word gereeld bygewerk om die nuutste inligting te vertoon Klik gerus op die skakels om die items te besigtig:
SPORTPROGRAMME
SPORTOEFENTYE
ADVERTENSIES
ADVERTEER AAN DIE BLOEMHOF-GEMEENSKAP IN ONS AMPTELIKE NUUSBRIEF
Die nuusbrief verskyn elke tweede Vrydag in die skoolkwartaal (behalwe tydens die eksamen) en word op die d6 en die webwerf se digitale kennisgewingbord gedeel. Ons leerders ontvang dit per WhatsApp – ’n potensiële gehoor van 700 dogters en hul ouers.
‘n Kopie van die nuusbrief word ook op die skool se webwerf geplaas en die skakel word op ons sosiale mediaplatforms gedeel. Daar is tans 5500+ volgelinge op Instagram (@hms_bloemhof) en 7600 op Facebook (facebook.com/HMBloemhof).
Bespreek spasie vir die uitgawe voor of op Woensdae om 12:00 by kommunikasie@bloemhofschool.co.za – alle grafika (in PNG of JPEG formaat) moet ons teen die Donderdag om 12:00 bereik.
Voorbeelde van die nuusbrief kan by www.bloemhofschool.co.za/nuusbrief afgelaai word.
15 KENNISGEWINGS KENNISGEWINGS